1 IN die begin het Elohim die Hemele en die Aarde
geskape. [JeshaJaH
66:1; 2 Ezra 6:38; Psalm 85:11]
2 En die Aarde, sy het verwoes en vormloos geword,
en Duisternis was op die aangesig van die Afgrond, en die Gees van Elohim het
gesweef oor die aangesig van die waters. [JeshaJaH 45:18; Prediker 3:11]
3 En Elohim het gesê: Laat daar Lig wees! En daar
was Lig.
4 Toe sien Elohim dat die Lig suiwer was. En
Elohim het skeiding gemaak tussen die Lig en die Duisternis;
5 en Elohim het die Lig Dag genoem, en die
Duisternis het HY Nag genoem. En dit was aand en dit was môre, dit was die
eerste dag.
6 En Elohim het gesê: Laat daar ’n Koepel wees
tussen die waters, en die waters afgeskei van die waters. [JeshaJaH 48:1; DaniEl
3:60]
7 Elohim het toe die Koepel gemaak en die waters
onder die Koepel geskei van die waters bo die Koepel. En dit was so.
8 En Elohim het die Koepel Hemele genoem. En dit
was aand en dit was môre, dit was die tweede dag.
9 En Elohim het gesê: Laat die waters onder die
Hemele hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit
was so.
10 En Elohim het die droë grond Aarde genoem, en
die versameling van waters see genoem. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.
11 En Elohim het gesê: Laat uit die Aarde spruit;
grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat, volgens sy spesie, vrugte dra,
waarin sy saad is, op die Aarde. En dit was so.
12 En die Aarde het voortgebring grasspruitjies,
plante wat saad gee volgens hulle spesies en bome wat vrugte dra, waarin hulle
saad is, volgens hulle spesies. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.
13 En dit was aand en dit was môre, dit was die
derde dag.
14 En Elohim het gesê: Laat daar ligte wees aan
die Koepel van die Hemele, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en
laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
15 Laat hulle ook dien as ligte aan die Koepel van
die Hemele om op die Aarde te verlig. En dit was so.
16 Elohim het toe die twee groot ligte gemaak: die
groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook
die Sterre.
17 En Elohim het hulle aan die Koepel van die
Hemele gestel om op die Aarde te verlig
18 en om te heers oor die dag en oor die nag en om
skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien Elohim dat dit
suiwer was.
19 En dit was aand en dit was môre, dit was die
vierde dag.
20 En Elohim het gesê: Laat die waters wemel met
’n gewemel van lewende siele, en laat die voëls oor die Aarde vlieg langs die
Koepel van die Hemele.
21 En Elohim het die Groot Drake geskape en elke
lewende siel wat beweeg, waarvan die waters wemel, volgens hulle spesie; en al
die gevleuelde voëls volgens hulle spesie. Toe sien Elohim dat dit suiwer was.
22 En Elohim het hulle geseën en gesê: Wees
vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls in die
Aarde vermeerder.
23 En dit was aand en dit was môre, dit was die
vyfde dag.
24 En Elohim het gesê: Laat die Aarde voortbring
‘n lewende siel volgens haar spesie: vee, kruipende diere en wilde diere van
die Aarde volgens haar spesie. En dit was so.
25 En Elohim het die wilde diere van die Aarde
gemaak volgens haar spesie en die vee volgens haar spesie en al die diere wat
op die Adamah[adamiet se Aarde] kruip, volgens hulle spesie. Toe sien Elohim
dat dit suiwer was.
26 En Elohim het gesê: Laat ONS adamiete maak na
ONS beeld, na ONS gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en
die voëls van die Hemele en oor die vee en oor die hele Aarde en oor al die
diere wat op die Aarde kruip.
27 En Elohim het die adamiet geskape na SY beeld;
na die beeld van Elohim het HY hom geskape; man en vrou het HY hulle geskape. [Maleagi 2:15]
28 En Elohim het hulle geseën, en Elohim het gesê:
Wees vrugbaar en vermeerder en vul die Aarde, onderwerp haar en heers oor die
visse van die see en die voëls van die Hemele en oor alle lewende wesens wat op
die Aarde beweeg. [Wysheid van Salomo 10:2]
29 Verder het Elohim gesê: Ek gee nou aan julle al
die plante wat saad gee, wat op die hele Aarde is, en al die bome waar
boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees.
30 Maar aan al die lewendes van die Aarde en al
die voëls van die Hemele en al die kruipende diere op die Aarde, waarin ’n
lewende siel is, die groen plante as voedsel. En dit was so.
31 Toe sien Elohim dat alles wat HY gemaak het,
baie suiwer was. En dit was aand en dit was môre, dit was die sesde dag.
2 SO is dan voltooi die Hemele en die Aarde met
hulle ganse Leërmag.[Openbaring van Henog 11:33]
2 En Elohim het op die sewende dag Sy werk voltooi
wat HY gemaak het, en op die sewende dag gesabbatteer van al SY werk wat HY
gemaak het.
3 En Elohim het die sewende dag geseën en dit
apart gestel; omdat Elohim daarop gesabbatteer het van al die werk wat HY
geskep en gemaak het. [MattithJaHûW 12:8]
4 Dit is die stamboom van die Hemele en die Aarde
toe hulle geskape is.
5 In die dag toe JaHWeH Elohim die Aarde en die
Hemele gemaak het was daar nog geen struike van die veld in die Aarde nie, en
geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want JaHWeH Elohim het nog
nie laat reën op die Aarde nie, en daar was geen adamiete om die Adamah[adamiet
se Aarde] te bewerk nie.
6 Maar ‘n mis het opgetrek uit die Aarde en die
aangesig van al die Adamah[adamiet se Aarde] bevogtig.
7 En JaHWeH Elohim het die adamiet geformeer uit
die stof van die Adamah[adamiet se Aarde] en in sy neus die asem van die
lewendes geblaas. So het die adamiet dan ’n lewende siel geword. [2 Ezra 3:5]
8 Ook het JaHWeH Elohim ’n Tuin geplant in Eden,
in die Ooste, en daar aan die adamiet wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. [2 Ezra 3:6]
9 En JaHWeH Elohim het allerhande bome uit die
Adamah[adamiet se Aarde] laat uitspruit, begeerlik om te sien en suiwer om van
te eet; ook die Boom van die Lewe in die middel van die Tuin, en die Boom van
die Kennis van Suiwer en Besoedel. [Boekrol van Henog 24:5; 32:6]
10 En daar het ’n rivier uit Eden uitgegaan om die
Tuin nat te maak; en daarvandaan is hy verdeel en het vier lope geword.
11 Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy
wat om die hele Aarde van Hawila loop waar die goud is.
12 En die goud van dié Aarde is suiwer. Daar is
[ook] balsemgom en onikssteen.
13 En die naam van die tweede rivier is die Gihon.
Dit is hy wat om die hele Aarde van Kuwsh loop. [Boekrol van die Opregte 2:6]
14 En die naam van die derde rivier is die
Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.
15 Toe het JaHWeH Elohim die adamiet geneem en hom
in die Tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
16 En JaHWeH Elohim het aan die adamiet bevel
gegee en gesê: Van al die bome van die Tuin mag jy vry eet,
17 maar van die Boom van die Kennis van Suiwer en
Besoedel, van haar mag jy nie eet nie; want die dag as jy van haar eet, sal jy
sekerlik sterwe.
18 Ook het JaHWeH Elohim gesê: Dit is nie goed dat
die adamiet alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas.
19 En JaHWeH Elohim het uit die Adamah[adamiet se
Aarde] geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die Hemele en
hulle na die adamiet gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die
adam elke lewende siel genoem het, so moes hulle naam wees.
20 So het die Adam dan name gegee aan al die vee
en aan die voëls van die Hemele en aan al die wilde diere van die veld, maar
vir die Adam het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie.
21 Toe het JaHWeH Elohim ’n diepe slaap op die
adamiet laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy sykante geneem en die
plek met vlees toegemaak. [Openbaring van Henog 11:49, Boekrol van die Opregte 1:4,
JeHôWganan 19:34]
22 En JaHWeH Elohim bou die sykant wat Hy van die
adamiet geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die adamiet.
23 Toe sê die Adam: Dit is nou eindelik been van
my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal vrou genoem word, want sy is uit die
man geneem.
24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat
en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
25 En hulle was altwee naak, die adamiet en sy
vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
3 MAAR Nagash was listiger as al die lewendes van
die veld wat JaHWeH Elohim gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat
Elohim gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die Tuin nie?
2 En die vrou antwoord Nagash: Van die vrugte van
die bome in die Tuin mag ons eet,
3 maar van die vrugte van die Boom wat in die
middel van die Tuin is, het Elohim gesê: Julle mag van haar nie eet nie en haar
nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
4 Toe sê Nagash vir die vrou: Julle sal gewis nie
sterwe nie;
5 maar Elohim weet dat as julle van haar eet, julle
oë sal oopgaan, sodat julle soos Elohim sal wees deur suiwer en besoedel te
ken.
6 Toe sien die vrou dat die Boom goed was om van
te eet en dat sy ’n lus was vir die oë, ja, ’n Boom begeerlik om Insig te
verkry; en sy neem van haar vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en
hy het geëet. [Boekrol van Henog 32:6]
7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar
dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaar gewerk en vir hulle skorte
gemaak.
8 En hulle het die Stem van JaHWeH Elohim gehoor wandel
in die Tuin in die aandwindjie; en die adamiet en sy vrou het hulle verberg vir
die Aangesig van JaHWeH Elohim tussen die bome van die Tuin.
9 Toe roep JaHWeH Elohim na die adamiet en sê vir
hom: Waar is jy?
10 En hy antwoord: Ek het U geruis gehoor in die
Tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.
11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy
naak is? Het jy geëet van die Boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?
[Exodus
23:20]
12 En die adamiet sê: Die vrou wat U gegee het om
by my te wees, sy het vir my gegee van die Boom, en ek het geëet.
13 Daarop sê JaHWeH Elohim aan die vrou: Wat het
jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Nagash het my bedrieg, en ek het geëet. [Henog 69:6]
14 TOE sê JaHWeH Elohim aan Nagash: Omdat jy dit
gedoen het, is jy vervloek bo al die wilde wesens en bo al die lewendes van die
veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die
vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy [die saad] sal jou die kop vermorsel,
en jy sal hom in die hakskeen byt. [Psalm 139:22]
16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks
vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na
jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
17 En aan die adamiet het Hy gesê: Omdat jy
geluister het na die stem van jou vrou en van die Boom geëet het waarvan Ek jou
beveel het om nie te eet nie - vervloek is die Adamah[adamiet se Aarde] om jou
ontwil; met moeite sal jy van haar eet al die dae van jou lewe.
18 Ook sal sy vir jou dorings en distels
voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. [Spreuke 22:5; JeshaJaH 32:13]
19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet
totdat jy terugkeer na die Adamah[adamiet se Aarde], want uit haar is jy
geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
20 En die Adam het sy vrou Gawwah1 genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat
lewe.
21 En JaHWeH Elohim het vir die adamiet en sy vrou
‘n kleed van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
22 Toe sê JaHWeH Elohim: Nou het die adamiet
geword soos een van Ons deur suiwer en besoedel te ken. As hy nou maar nie sy
hand uitsteek en ook van die Boom van die Lewe neem en eet en lewe in ewigheid
nie! [Spreuke
3:18]
23 Toe stuur JaHWeH Elohim hom weg uit die Tuin
van Eden om die Adamah[adamiet se Aarde] te bewerk waaruit hy geneem is. [Wysheid van Salomo 10:1;
Boekrol van die Opregte 1:12]]
24 So het Hy dan die adamiet weggedrywe en Gérubs
aan die oostekant van die Tuin van Eden laat woon, met die Swaard wat vlam en
flikker, om die toegang tot die Boom van die Lewe te bewaak. [Levítikus 1:16; Odes van
Salomo 17:8]
4 EN die Adam het sy vrou Gawwah2 beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en
gesê: Ek het ’n man verkry van JaHWeH.
2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel
het ’n herder geword, en Kain ’n bewerker van die Adamah[adamiet se Aarde].
3 En na verloop van tyd het Kain van die vrugte
van die Adamah[adamiet se Aarde] aan JaHWeH as ‘n spysbydrae gebring.
4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy
kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En JaHWeH het Abel en sy spysbydrae
aangesien,
5 maar Kain en sy spysbydrae nie aangesien nie.
Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
6 En JaHWeH sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en
waarom laat jy jou hoof hang?
7 Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En
as jy nie goed doen nie – Verleiding lê en loer voor die deur, en haar begeerte
is na jou; maar jy moet oor haar heers.
8 En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe
hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom
doodgeslaan. [Wysheid van Salomo 10:3]
9 Toe sê JaHWeH vir Kain: Waar is jou broer Abel?
En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
10 En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die
bloed van jou broer roep na My vanuit die Adamah[adamiet se Aarde] uit. [Boekrol van Henog 22:7;
47:1; 2 Ezra 15:8; Openbaring 6:9-10]
11 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die
Adamah[adamiet se Aarde] wat haar mond oopgemaak het om die bloed van jou broer
uit jou hand te ontvang.
12 As jy die Adamah[adamiet se Aarde] bewerk, sal
sy haar vermoë aan jou nie meer gee nie; ’n swerwer en vlugteling sal jy wees
op die Aarde.
13 Daarop sê Kain aan JaHWeH: My skuld is te groot
om dit te dra.
14 Kyk, U verdryf my nou van die aangesig van die
Adamah[adamiet se Aarde] af; en van U Aangesig sal ek my verberg; ’n swerwer en
vlugteling sal ek op die Aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
15 Maar JaHWeH sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain
doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En JaHWeH het ’n Teken gegee aan
Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
16 Toe gaan Kain weg van die Aangesig van JaHWeH,
en hy het gewoon in die Aarde van Nod/Swerwers, aan die oostekant van Eden.
17 En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger
geword en Henog gebaar. Daarna bou hy ’n stad en noem die stad na die naam van
sy seun Henog.
18 En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die
vader van Megujael; en Megujael was die vader van Methushael; en Methushael;
die vader van Lameg.
19 En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die
naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.
20 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van
die tentbewoners en die veeboere.
21 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die
vader van almal wat op siters en fluite speel.
22 En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, ’n
smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van
Tubal-Kain was Naéma.
23 En Lameg het aan sy vroue gesê: Ada en Silla,
hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek het ‘n man
gedood vir my wond, en ‘n kind vir my kneusplek. [Boekrol van die Opregte 2:26-36]
24 Want Kain sal sewe maal gewreek word, maar
Lameg sewe-en-sewentig maal.
25 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n
seun gebaar en hom Set genoem. Want, [het sy gesê] Elohim het my ’n ander saad
geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het. [Boekrol van Henog 85:8]
26 En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos
genoem het. Toe het hulle die Naam van JaHWeH begin aanroep.
5 DIT is die Boekrol van die geslagsregister van
Adam. Die dag toe Elohim die adamiet geskape het, het Hy hom gemaak na die
ewebeeld van Elohim.
2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën
en hulle adamiete genoem, die dag toe hulle geskape is.
3 Toe Adam honderd-en-dertig jaar oud was, het hy
[’n seun] verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
4 En die dae van Adam, na die geboorte van Set,
was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
5 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef
het, negehonderd-en-dertig jaar, en hy het gesterwe.
6 Toe Set honderd-en-vyf jaar oud was, het hy die
vader van Enos geword.
7 En Set het ná die geboorte van Enos nog
agthonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
8 So was dan al die dae van Set
negehonderd-en-twaalf jaar, en hy het gesterwe.
9 Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader
van Kenan geword.
10 En Enos het ná die geboorte van Kenan nog
agthonderd-en-vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11 So was dan al die dae van Enos
negehonderd-en-vyf jaar, en hy het gesterwe.
12 Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die
vader van MahalalEl geword.
13 En Kenan het ná die geboorte van MahalalEl nog
agthonderd-en-veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14 So was dan al die dae van Kenan
negehonderd-en-tien jaar, en hy het gesterwe.
15 Toe MahalalEl vyf-en-sestig jaar oud was, het
hy die vader van Jered geword.
16 En MahalalEl het ná die geboorte van Jered nog
agthonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
17 So was dan al die dae van MahalalEl
agthonderd-vyf-en-negentig jaar, en hy het gesterwe.
18 Toe Jered honderd-twee-en-sestig jaar oud was,
het hy die vader van Henog geword.
19 En Jered het ná die geboorte van Henog nog
agthonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20 So was dan al die dae van Jered
negehonderd-twee-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.
21 Toe Henog vyf-en-sestig jaar oud was, het hy
die vader van Metúsalag geword.
22 En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog
driehonderd jaar met die Elohim gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
23 So was dan al die dae van Henog
driehonderd-vyf-en-sestig jaar.
24 En Henog het met die Elohim gewandel; en hy was
daar nie meer nie, want Elohim het hom weggeneem.
25 Toe Metúsalag honderd-sewe-en-tagtig jaar oud
was, het hy die vader van Lameg geword.
26 En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog
sewehonderd-twee-en-tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
27 So was dan al die dae van Metúsalag
negehonderd-nege-en-sestig jaar, en hy het gesterwe.
28 Toe Lameg honderd-twee-en-tagtig jaar
oud was, het hy ’n seun verwek
29 en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy
wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat
voortkom uit die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH vervloek het.
30 En Lameg het ná die geboorte van Noag nog
vyfhonderd-vyf-en-negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
31 So was dan al die dae van Lameg
sewehonderd-sewe-en-sewentig jaar, en hy het gesterwe.
32 En Noag was vyfhonderd jaar oud, en Noag het
die vader geword van Sem, Gam en Jafet.
6 TOE die adamiete op die aangesig van die
Adamah[adamiet se Aarde] begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, [Boekrol van Henog 6:1]
2 sien die Seuns van die Elohim dat die dogters
van die adamiete suiwer was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat
hulle verkies het. [Boekrol van Henog 15:3]
3 Toe sê JaHWeH: My Gees sal nie vir ewig in die
adamiet heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees
honderd-en-twintig jaar. [Boek van die Opregte 5:8; 6:22; Boekrol van Henog 64]
4 In dié dae was die Nefilim in die Aarde, en ook
daarna [sal dit so wees], toe die Seuns van die Elohim by die dogters van die
adamiete ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldadiges
uit die ou tyd, die manne van naam. [Boekrol van Henog 7:2; 86:3]
5 Toe JaHWeH sien dat die besoedeling van die
adamiet op die Aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink,
altyddeur net besoedel was,
6 het dit JaHWeH berou dat Hy die adamiet op die
Aarde gemaak het, en daar was smart in Sy Hart.
7 En JaHWeH sê: Ek sal die adamiet wat Ek geskape
het, van die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] verdelg, die adamiet
sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die Hemele; want dit
berou My dat Ek hulle gemaak het.
8 Maar Noag het Guns gevind in die Oë van JaHWeH.
9 Dit is die genelyn van Noag. Noag was ’n
regverdige en rasegte man, onder sy tydgenote. Noag het met die Elohim
gewandel. [Wysheid van Sirah 44:17; Boekrol van Henog 65:11]
10 En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en
Jafet.
11 Maar die Aarde was verdorwe voor die Aangesig
van die Elohim, en die Aarde was vol geweld.
12 Toe sien Elohim die Aarde aan, en - sy was
verdorwe, want alle vlees het sy wandel [op] die Aarde verderwe. [Boekrol van die Opregte
4:18]
13 En Elohim sê vir Noag: Die einde van alle vlees
het voor MY Aangesig gekom; want die Aarde is deur hulle vervul met geweld. En
kyk, EK gaan hulle saam met die Aarde verdelg.
14 Maak vir jou ’n Ark van goferhout. Met
afdelings moet jy die Ark maak en haar binne en buite met pik bestryk.
15 Só moet jy haar maak: driehonderd voorarm die
lengte van die Ark, vyftig voorarm haar breedte en dertig voorarm haar hoogte.
16 ’n Opening moet jy aan die Ark maak; en op die
maat van ’n voorarm moet jy haar aan die bokant afwerk en die deur van die Ark
in haar sykant insit. Jy moet haar met ’n onderste, tweede en derde
[verdieping] maak.
17 Want kyk, EK bring ’n vloed van water oor die
Aarde, om van onder die Hemele te verdelg alle vlees waar ’n gees van lewe in
is. Alles wat in die Aarde is, sal wegsterwe.
18 Maar met jou sal EK MY Verbond oprig, jy moet
in die Ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam
met jou.
19 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy
twee van elke [soort] in die Ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te
hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.
20 Van die voëls volgens hulle spesies en van die
vee volgens haar spesie, van al die kruipende diere van die Adamah[adamiet se
Aarde] volgens hulle spesies, twee van elkeen, moet na jou kom om in die lewe
te bly.
21 En jy, neem vir jou van al die voedsel wat
geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan
dien.
22 En Noag het dit gedoen. Net soos Elohim hom
beveel het, so het hy gedoen.
7 DAARNA het JaHWeH aan Noag gesê: Gaan in die Ark,
jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor My Aangesig in
hierdie geslag.
2 Van al die suiwer diere moet jy vir jou telkens
sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie suiwer
is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
3 Ook van die voëls van die Hemele telkens sewe
paar, die mannetjie met die wyfie, om die saad in die lewe te hou op die
aangesig van die hele Aarde.
4 Want oor nog sewe dae sal Ek laat reën op die
Aarde, veertig dae en veertig nagte, en al die lewende wesens wat Ek gemaak
het, op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] verdelg.
5 En Noag het gedoen volgens die bevel van JaHWeH.
6 En Noag was seshonderd jaar oud toe die vloed
van water oor die Aarde gekom het.
7 En Noag en sy seuns en sy vrou en die vroue van
sy seuns saam met hom het in die Ark gegaan vanweë die waters van die vloed. [Boekrol van Henog 89:1]
8 Van die suiwer diere en van die diere wat nie
suiwer is nie, en van die voëls en van alles wat op die Adamah[adamiet se
Aarde] kruip,
9 het daar twee-twee na Noag in die Ark gegaan, ’n
mannetjie en ’n wyfie, soos Elohim Noag beveel het.
10 Ná die sewe dae kom toe die waters van die
vloed op die Aarde.
11 In die seshonderdste jaar van die lewe van
Noag, in die tweede maand, op die sewentiende dag van die maand, op dieselfde
dag, is al die Fonteine van die groot Afgrond oopgebreek, en die sluise van die
Hemele is geopen
12 en die stortreën was op die Aarde veertig dae
en veertig nagte.
13 Op daardie selfde dag het Noag en Sem en Gam en
Jafet, die seuns van Noag, sowel as die vrou van Noag en die drie vroue van sy
seuns saam met hulle in die Ark gegaan.
14 Hulle en al die lewendiges volgens haar spesie
en al die vee volgens haar spesie en al die kruipende diere wat op die Aarde
kruip, volgens hulle spesies en al die voëls volgens hulle spesies, voëls van
allerhande vere -
15 van al die vlees waar ’n gees van lewe in was,
het twee-twee na Noag in die Ark gegaan.
16 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en
wyfie van alle vlees soos Elohim hom beveel het. En JaHWeH het agter hom
toegesluit.
17 En die vloed was veertig dae op die Aarde: die
waters het vermeerder en die Ark opgehef, sodat sy van die Aarde opgelig het.
18 En die waters het die oorhand gekry en
grootliks vermeerder op die Aarde, terwyl die Ark op die waters drywe.
19 En die waters het heeltemal die oorhand gekry
op die Aarde, sodat al die hoë berge onder die ganse Hemele bedek was.
20 Vyftien voorarm bokant hulle het die waters die
oorhand gekry, sodat die berge bedek was.
21 En alle vlees wat op die Aarde beweeg, het
weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gediertes wat op
die Aarde wemel, en al die adamiete.
22 Alles wat die gees van lewe in sy neusgate
gehad het, alles wat op die droë Aarde was, het doodgegaan.
23 So is dan al die lewende wesens verdelg wat op
die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] was, die adamiet sowel as die vee
en die kruipende diere en die voëls van die Hemele; hulle is verdelg van die
Aarde af. En net Noag het oorgebly en wat by hom in die Ark was.
24 En die waters het die oorhand behou op
die Aarde - honderd-en-vyftig dae.
8 EN Elohim het gedink aan Noag en aan al die wilde
diere en al die vee wat saam met hom in die Ark was; en Elohim het die Gees oor
die Aarde laat beweeg, sodat die waters gesak het.
2 Ook die Fonteine van die Afgrond en die sluise
van die Hemele het toegegaan, en die stortreën uit die Hemele het opgehou.
3 Toe het die waters geleidelik van die Aarde
teruggegaan, en die waters het afgeneem aan die end van honderd-en-vyftig dae.
4 En die Ark het in die sewende maand, op die
sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.
5 En die waters het geleidelik afgeneem tot die
tiende maand. In die tiende, op die eerste van die maand, het die toppe van die
berge sigbaar geword.
6 Toe het Noag aan die end van veertig dae die
venster oopgemaak van die Ark wat hy gebou het,
7 en ’n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer
gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die Aarde af.
8 Daarop laat hy ’n duif van hom af wegvlieg om te
sien of die waters oor die Adamah[adamiet se Aarde] verminder het.
9 Maar die duif het geen rusplek vir die holte van
haar voet gevind nie en na hom teruggekeer in die Ark; want die waters was oor
die hele Aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en haar gegryp en haar in die
Ark by hom gebring.
10 Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy
die duif weer uit die Ark.
11 En die duif het teen die aand na hom gekom, en
daar was ’n groen Olyfblad in haar bek! Toe merk Noag dat die waters oor die
Aarde verminder het.
12 Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif
uit. Maar sy het nie weer na hom teruggekeer nie.
13 In die seshonderd-en-eerste jaar, op die
eerste, van die eerste maand, het die waters weggedroog van die Aarde af. En
Noag het die deksel van die Ark weggeneem en uitgekyk, en die Adamah[adamiet se
Aarde] was droog -
14 in die tweede maand, op die sewe-en-twintigste
dag van die maand, was die Aarde droog.
15 En Elohim het met Noag gespreek en gesê:
16 Gaan uit die Ark, jy en jou vrou en jou seuns
en die vroue van jou seuns saam met jou.
17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by
jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die Aarde
kruip, dat hulle kan wemel in die Aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die
Aarde.
18 Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die
vroue van sy seuns saam met hom. [Boekrol van Henog 89:9]
19 Al die diere, alles wat kruip, en al die voëls,
alles wat op die Aarde beweeg, volgens hulle soorte, het uit die Ark uitgegaan.
20 En Noag het vir JaHWeH ’n altaar gebou en van
al die suiwer diere en al die suiwer voëls geneem en brandoffers op die altaar
gebring.
21 En JaHWeH het die aangename geur geruik, en
JaHWeH het in Sy Hart gesê: Ek sal die Adamah[adamiet se Aarde] verder nie meer
vervloek ter wille van die adamiet nie, want die versinsels van die adamiet se
hart is besoedel van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende
wesens tref soos Ek gedoen het nie.
22 Van nou af sal al die dae van die Aarde,
saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag nie ophou nie.
9 EN Elohim het Noag en sy seuns geseën en aan
hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die Aarde.
2 Die Vrees en die skrik vir julle sal wees oor al
die diere van die Aarde en al die voëls van die Hemele: alles wat op die
Adamah[adamiet se Aarde] beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle
hand oorgegee.
3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel
wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle.
4 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag
julle nie eet nie.
5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis:
van al die wilde wesens sal Ek dit eis. Ook van die adamiet, en van elke man of
sy broer, sal Ek die siel van die adamiet eis.
6 Hy wat die bloed van ’n adamiet vergiet, sy
bloed sal deur die adamiet vergiet word; want Elohim het die adamiet na SY
beeld gemaak.
7 Maar julle, wees vrugbaar en vermeerder; wemel
in die Aarde en vermeerder in haar.
8 Verder het Elohim met Noag en sy seuns by hom
gespreek en gesê:
9 Maar Ek, kyk, Ek rig My Verbond met julle op en
met julle saad na julle,
10 en met elke lewende siel wat by julle is: die
voëls, die vee en al die wilde diere van die Aarde by julle - al wat uit die
Ark uitgegaan het, naamlik al die diere van die Aarde.
11 En Ek rig My Verbond met julle op, dat alle
vlees nie weer deur die waters van ‘n vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar
geen vloed meer sal wees om die Aarde te verwoes nie. [Psalm 104:9]
12 En Elohim het gesê: Dit is die Teken van die
Verbond wat Ek sluit tussen My en julle en elke lewende siel wat by julle is,
vir ewige geslagte:
13 My boog gee Ek in die Wolkkolom; sy sal ’n
Teken wees van die Verbond tussen My en die Aarde.
14 As Ek dan die Wolkkolom oor die Aarde bring en
hierdie boog verskyn in die Wolkkolom,
15 dan sal Ek dink aan My Verbond wat daar bestaan
tussen My en julle en elke lewende siel, in alle vlees. En die waters sal nie
meer ’n vloed word om alle vlees te verdelg nie.
16 As die boog dan in die Wolkkolom staan, sal Ek
haar aansien om gedagtig te wees aan die ewige Verbond tussen Elohim en elke
lewende siel in alle vlees wat op die Aarde is.
17 En Elohim het vir Noag gesê: Dit is die Teken
van die Verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die Aarde is.
18 EN die seuns van Noag wat uit die Ark uitgegaan
het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän.
19 Hierdie [is die] drie seuns van Noag; en uit
hulle het die verstrooiing [oor] die hele Aarde plaasgevind.
20 En Noag het begin om ‘n man van die
Adamah[adamiet se Aarde] te wees en Hy het ‘n wingerd geplant.
21 Maar toe hy van die wyn gedrink het, het hy
dronk geword en naak in sy tent gelê.
22 En Gam, die vader van Kanaän, het sy vader se
naaktheid gesien en dit aan sy twee broers daarbuite te kenne gegee.
23 Toe neem Sem en Jafet die bo-kleed en hou dit
op hulle skouers terwyl hulle agteruitloop, en hulle het die naaktheid van
hulle vader bedek: hulle gesig was agtertoe gedraai, sodat hulle die naaktheid
van hulle vader nie gesien het nie. [Levítikus 18:8; 20:11]
24 Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy
jonger seun hom aangedoen het,
25 sê hy: Vervloek is Kanaän! ’n Kneg van die
knegte moet hy wees vir sy broers.
26 Verder het hy gesê: Geseënd is JaHWeH, die
Elohey van Sem, maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
27 Mag Elohim aan Jafet ruimte verskaf, en mag hy
woon in die tente van Sem, maar Kanaän moet sy dienskneg wees.
28 En Noag het ná die vloed driehonderd-en-vyftig
jaar gelewe.
29 So was dan al die dae van Noag
negehonderd-en-vyftig jaar, en hy het gesterwe. [Boekrol van die Opregte 13:9]
10 EN dit is die genelyn van die seuns van Noag:
Sem, Gam en Jafet - vir hulle is daar seuns gebore na die vloed.
2 Die seuns van Jafet was: Gomer en Magog en Madai
en Jawan en Tubal en Meseg en Tiras.
3 En die seuns van Gomer was: Ashkenaz en Rifat en
Togárma.
4 En die seuns van Jawan was: EliShah en
Tarsis, die Kittiërs en Dodaniete -
5 uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van
die nasies, in die dele van die Aarde, elkeen na sy taal, volgens hulle families,
in hulle nasies.
6 En die seuns van Gam was: Kuwsh en Mitsrajim en
Put en Kanaän.
7 En die seuns van Kuwsh was: Seba en Háwila en
Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan.
8 Kuwsh(Swart) was ook die vader van Nimrod. Hy
het begin om ’n geweldenaar op Aarde te wees.
9 Hy was ’n gewelddadige jagter voor die Aangesig
van JaHWeH. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, ’n geweldenaar voor die Aangesig van
JaHWeH.
10 En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en
Akkad en Kalne in die Aarde van Sínear.
11 Uit daardie Aarde het hy getrek na Assur en
gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag
12 en Resen, tussen Ninevé en Kalag - dit is die
groot stad.
13 En Mitsrajim was die vader van die Ludiete en
Anamiete en Lehabiete en Naftuhiete
14 en die Patrusiete en Kasluhiete - waaruit die
Filistyne voortgekom het - en Kaftoriete.
15 En Kanaän was die vader van Sidon, sy
eersgeborene, en Het
16 en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete
17 en die Hewiete en Arkiete en Siniete
18 en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En
daarna het die families van die Kanaäniete hulle versprei.
19 En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon
af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en
Adma en Sebóim tot by Lesa.
20 Dit was die seuns van Gam volgens hulle
families, na hulle tale, in hulle dele van die Aarde, in hulle nasies.
21 En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns
van Heber, die ouer broer van Jafet, is [seuns] gebore.
22 Die seuns van Sem was: Elam en Assur en
Arpagsad en Lud en Aram.
23 En die seuns van Aram was: Us en Hul en Geter
en Mas.
24 En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag
van Heber.
25 EN vir Heber is twee seuns gebore; die naam van
die een was Peleg, want in sy dae het die Aarde verdeeld geraak; en die naam
van sy broer was Joktan.
26 En Joktan was die vader van Almódad en
Selef en Hasarmawet en Jerag
27 en Hadóram en Usal en Dikla
28 en Obal en Abímael en Skeba
29 en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was
seuns van Joktan.
30 En hulle woonplek was van Mesa af in die
rigting van Sefar, die berg van die Ooste.
31 Dit is die seuns van Sem volgens hulle
families, na hulle tale, in hulle dele van die Aarde, volgens hulle nasies.
32 Dit is die families van die seuns van Noag
volgens hulle genelyn, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die
Aarde hulle verdeel ná die vloed.
11 EN die hele Aarde het dieselfde taal gehad en een
en dieselfde woorde.
2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ’n
laagte in die Aarde van Sínear; en daar het hulle gaan woon.
3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene
vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die
lymgrond vir klei.
4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ’n stad bou
en ’n toring waarvan die spits tot aan die Hemele reik; en laat ons vir ons ’n
naam maak, sodat ons nie oor die aangesig van die hele Aarde verstrooid raak
nie.
5 Toe daal JaHWeH neer om die stad en die toring
te besien waaraan die seuns van die Adamiete gebou het.
6 En JaHWeH sê: Daar is hulle nou een volk en het
almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir
hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar
verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
8 So het JaHWeH hulle dan daarvandaan oor die
aangesig van die hele Aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het
JaHWeH die taal van die hele Aarde verwar, en daarvandaan het JaHWeH hulle oor
die hele Aarde verstrooi.
10 DIT is die genelyn van Sem: Toe Sem honderd
jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar na die vloed.
11 En Sem het ná die geboorte van Arpagsad nog vyfhonderd
jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
12 Toe Arpagsad vyf-en-dertig jaar oud was, het hy
die vader van Selag geword.
13 En Arpagsad het ná die geboorte van Selag nog
vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader
van Heber geword.
15 En Selag het ná die geboorte van Heber nog
vierhonderd-en-drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
16 Toe Heber vier-en-dertig jaar oud was, het hy
die vader van Peleg geword.
17 En Heber het ná die geboorte van Peleg nog
vierhonderd-en-dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
18 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader
van Rehu geword.
19 En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog
tweehonderd-en-nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20 Toe Rehu twee-en-dertig jaar oud was, het hy
die vader van Serug geword.
21 En Rehu het ná die geboorte van Serug nog
tweehonderd-en-sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
22 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader
van Nahor geword.
23 En Serug het ná die geboorte van Nahor
tweehonderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
24 Toe Nahor nege-en-twintig jaar oud was, het hy
die vader van Tera geword.
25 En Nahor het ná die geboorte van Tera nog
honderd-en-negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die
vader geword van Abram, Nahor en Haran.
27 En dit is die genelyn van Tera: Tera het die
vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
28 En Haran het gesterwe terwyl sy vader Tera nog
geleef het, in die Aarde van sy geboorte, in Ur van die Chaldeërs.
29 En Abram en Nahor het vir hulle vroue geneem.
Die naam van Abram se vrou was Sarai, en die naam van Nahor se vrou was Milka,
die dogter van Haran, die vader van Milka en die vader van Jiska.
30 En Sarai was onvrugbaar, sy het geen kind gehad
nie.
31 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die
seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun
Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die
Aarde van Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon. [Boekrol van die Opregte
13:1]
32 En die dae van Tera was tweehonderd-en-vyf
jaar, en Tera het in Haran gesterwe
12 EN JaHWeH het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou
deel van die Aarde en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die deel van
die Aarde wat Ek jou sal wys. [Boekrol van die Opregte 13:23]
2 En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en
jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.
3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom
vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die families van die Adamah[adamiet
se Aarde] geseën word.
4 Toe het Abram weggetrek soos JaHWeH hom gesê
het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by
sy vertrek uit Haran. [Boekrol van die Opregte 13:26]
5 En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy
broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die siele
wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die deel Aarde van
Kanaän te gaan en in die Aarde van Kanaän gekom.
6 En Abram het deur die Aarde getrek na die plek
Sigem, tot by die terpentynboom Môreh. Die Kanaäniete was toe in die Aarde.
7 Daarop verskyn JaHWeH aan Abram en sê: Aan jou
saad sal Ek hierdie Aarde gee, toe bou hy daar ’n altaar vir JaHWeH wat aan hom
verskyn het.
8 En daarvandaan het hy verder versit na die
gebergte oos van BetEl en sy tent opgeslaan tussen BetEl aan die weste- en Ai
aan die oostekant, en daar vir JaHWeH ’n altaar gebou en die Naam van JaHWeH
aangeroep.[Exodus 6:3]
9 Daarna het Abram al verder na die Suidland
weggetrek.
10 En daar was hongersnood in die Aarde, sodat
Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die
hongersnood was swaar in die Aarde. [Boekrol van die Opregte 15:2]
11 En toe hy op die punt staan om Egipte in te
trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is, mooi
van aansien.
12 As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê:
Dit is sy vrou en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.
13 Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan
gaan ter wille van jou en my siel om jou ontwil in die lewe kan bly.
14 Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die
Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.
15 Ook het die vorste van Farao haar gesien en
haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.
16 En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil,
sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in
besit gekry het.
17 Maar JaHWeH het Farao en sy huis met groot plae
besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.
18 Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het
jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is
nie? [Boekrol
van die Opregte 15:29]
19 Waarom het jy gesê: Sy is my suster - sodat ek
haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem [haar] en gaan
weg.
20 En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel
gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.
13 SO het Abram dan uit Egipte na die Suidland
opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom.
2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en
goud.
3 En hy het van plek tot plek uit die Suidland
getrek tot by BetEl, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen
BetEl en Ai,
4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar
gebou het. En Abram het daar die Naam van JaHWeH aangeroep.
5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook
kleinvee en beeste en tente gehad.
6 En die Aarde kon hulle nie dra om saam te woon
nie, want hulle besittings was baie, sodat hulle nie saam kon woon nie.
7 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters
van Abram en die veewagters van Lot, ook het die Kanaäniete en Feresiete
destyds in die Aarde gewoon.
8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis
wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos
broers.
9 Lê die hele Aarde nie voor jou oop nie? Skei jou
tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek
links gaan.
10 Toe slaan Lot sy oë op en sien die hele
Jordaanstreek want al haar water was volop; voor die Aangesig van JaHWeH Sodom
en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die Tuin van
JaHWeH, soos die Aarde van Egipte.
11 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek
gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die
ander geskei.
12 Abram het bly woon in die Aarde van Kanaän, en
Lot het gaan woon in die stede van die [Jordaan]streek en sy tente tot by Sodom
opgeslaan.
13 En die manne van Sodom was besoedel en groot
oortreders voor die Aangesig van JaHWeH.
14 En JaHWeH sê vir Abram nadat Lot van hom geskei
het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en
suide, na die ooste en weste;
15 want die hele Aarde wat jy sien, haar sal Ek
aan jou gee en aan jou saad tot in ewigheid.
16 En Ek sal jou saad maak soos die stof van die
Aarde, sodat as iemand die stof van die Aarde kan tel, jou saad ook getel kan
word.
17 Maak jou klaar, trek die Aarde deur in haar
lengte en haar breedte, want Ek sal haar aan jou gee.
18 Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan
woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir JaHWeH
’n altaar gebou.
14 EN in die dae van Amrafel, die koning van Sínear,
Aríog, die koning van El-Lásar, Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal,
die koning van die nasies, [Boekrol van die Opregte 13:11]
2 het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning
van Sodom, en teen Birsa, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma,
en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.
3 Hulle het almal hulle leërs verenig in die
vallei Siddim, dit is die Soutsee.
4 Twaalf jaar lank het hulle Kedor-Laómer toe al
gedien, maar in die dertiende jaar het hulle gerebelleer. [Boekrol van die Opregte
13:11]
5 Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en
die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in
Ashtarowth-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van
Kirjatáim
6 en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by
El-Paran wat aan die wildernis lê.
7 Daarop het hulle omgedraai en by En-Mispat, dit
is Kadesh, gekom en die hele grondgebied van die Amalekiete verower en ook die
Amoriete wat in Háseson-Tamar woon.
8 Toe trek die koning van Sodom uit en die
koning van Gomorra en die koning van Adma(rooi Aarde) en die koning van Sebóim
en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in
slagorde teen hulle op,
9 teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en
Tídeal, die koning van die nasies, en Amrafel, die koning van Sínear, en Aríog,
die koning van El-Lásar: vier konings teen vyf.
10 Maar die laagte Siddim was vol gate in die
lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin
geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug.
11 En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra
en al hulle voedsel geneem en weggetrek.
12 Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al
sy goed geneem en weggetrek - want hy was in Sodom woonagtig.
13 Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel
dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre,
die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van
Abram.
14 Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene
weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek,
driehonderd-en-agttien, en hulle tot by Dan agtervolg -
15 hy het hulle in die nag van verskillende kante
aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba
wat noord van Damaskus lê.
16 En hy het al die goed teruggebring, en ook sy
broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
17 Ná sy terugkoms van die oorwinning op
Kedor-Laómer en die konings wat saam met hom was, het die koning van Sodom
uitgetrek hom tegemoet na die laagte Sawe, dit is die Koningslaagte.
18 En Melgisédek, die Koning van Salem, wat ’n
priester van die Hoogste El was, het Brood en Wyn gebring [Boekrol van die Opregte
23:35]
19 en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur
die Hoogste El die Skepper van Hemele en Aarde.
20 En geseënd is die Hoogste El, wat u vyande in u
hand gegee het, toe gee hy Hom die tiende van alles.
21 En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my
die siele, maar neem die besittings vir uself.
22 Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef
my hand op tot JaHWeH, die Hoogste El, die Skepper van Hemele en Aarde,
23 dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek
niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram
ryk gemaak.
24 Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het
en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre,
laat dié hulle deel neem.
15 NA hierdie dinge het die Woord van JaHWeH tot
Abram gekom in ’n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ’n Skild en
jou loon sal uitermatig vergroot.
2 Toe vra Abram: My Meester JaHWeH, wat sal U my
gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die
Damaskéner EliEzer is? [Boekrol van die Opregte 12:39; 23:24]
3 Verder het Abram gesê: Aan my het U geen saad
gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.
4 Toe kom die Woord van JaHWeH tot hom en sê:
Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam
sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
5 Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde:
Kyk nou op na die Hemele en tel die Sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir
hom: So sal jou saad wees.[2 Ezra 7:106-107]
6 En hy het in JaHWeH geglo; en HY het hom dit tot
Geregtigheid gereken.
7 Verder het Hy vir hom gesê: Ek - JaHWeH het jou
uitgelei uit Ur(vuur) van die Chaldeërs om jou hierdie Aarde te gee om haar te
besit.
8 En hy sê: My Meester JaHWeH, waaraan sal ek weet
dat ek haar in besit sal neem?
9 En Hy antwoord hom: Neem vir My ’n driejaaroud
vers en ’n driejaaroud bokooi en ’n driejaaroud ram en ’n tortelduif en ’n jong
duif.
10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit
middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie
verdeel nie.
11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af,
maar Abram het hulle weggejaag.
12 En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe
slaap op Abram, en kyk, ‘n skrik van groot duisternis het hom oorval.
13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou
saad besoekers sal wees in ’n Aarde wat aan hulle nie behoort nie; daar sal
hulle diensbaar wees en besoedel word vierhonderd jaar lank.
14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle
diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.
15 Maar jy sal na jou vaders gaan in Vrede, jy sal
in goeie ouderdom begrawe word.
16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom,
want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nog nie klaar nie.
17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was,
gaan daar ’n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
18 Op dié dag het JaHWeH met Abram ’n Verbond
gesluit en gesê: Aan jou saad gee Ek hierdie Aarde, van die rivier van Egipte
af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete
20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete
21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en
Jebusiete.
16 MAAR Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen
kinders gebaar nie; en sy het ’n Egiptiese slavin gehad en haar naam was Hagar.
2 En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, JaHWeH het
my nie toegelaat om moeder te word nie, gaan tog in by my slavin; miskien sal
ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.
3 Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die
Egiptiese, haar slavin - nadat Abram tien jaar in die Aarde van Kanaän gewoon
het - en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.
4 En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger
geword, maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in
haar oë geword.
5 En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen,
is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy
swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword, laat JaHWeH oordeel tussen my
en jou.
6 En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in
jou hand doen met haar soos dit goed is in jou oë, toe het Sarai haar sleg
behandel, en sy het van haar aangesig af weggevlug.
7 En die Boodskapper van JaHWeH het haar by ’n
fontein in die wildernis gevind, by die fontein op pad na Sur,
8 en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy
vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai
af weg.
9 Toe sê die Boodskapper van JaHWeH vir haar: Gaan
terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
10 Verder sê die Boodskapper van JaHWeH vir haar:
Ek sal jou saad grootliks vermeerder, sodat hulle vanweë hul menigte nie getel
kan word nie.
11 Ook sê die Boodskapper van JaHWeH vir haar:
Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Jismael noem, want
JaHWeH het jou in jou ellende verhoor.
12 En hy sal ’n wilde-esel van ’n adamiet wees: sy
hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers
woon.
13 Toe noem sy die Naam van JaHWeH wat met haar
gespreek het: U is ’n El wat sien, want sy het gesê: Het ek ook gesien, die Een
wat my sien?
14 Daarom noem hulle die put: Put van Lagai-Roï.
Dit lê daar tussen Kadesh en Bered.
15 En Hagar het vir Abram ’n seun gebaar; en Abram
het sy seun wat Hagar gebaar het, Jismael genoem.
16 En Abram was ses-en-tagtig jaar oud toe Hagar
Jismael vir Abram gebaar het.
17 TOE Abram nege-en-negentig jaar oud was, het
JaHWeH aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is El die Almagtige; wandel voor
My Aangesig, en wees rassuiwer. [Boek van die Opregte 13:8; DaniEl 3:35]
2 Dan sal Ek My Verbond sluit tussen My en jou, en
jou buitengewoon vermeerder.
3 Toe val Abram op sy aangesig, en Elohim het met
hom gespreek en gesê:
4 Wat My aangaan, kyk, My Verbond is met jou, en
jy sal die vader van ’n menigte van nasies word.
5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram (verhewe
vader) noem nie, maar jou naam sal wees Abraham (vader van menigtes), want Ek
maak jou ’n vader van ’n menigte van nasies.
6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal
jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
7 En Ek sal My Verbond oprig tussen My en jou en
jou saad na jou in hulle geslagte as ’n ewigdurende Verbond, om vir jou ’n
Elohim te wees en vir jou saad ná jou. [Levítikus 26:9, 42; Psalm 105]
8 En Ek sal aan jou en jou saad ná jou die Aarde
van jou vreemdelingskap gee, die hele Aarde van Kanaän, as ’n ewige besitting;
en Ek sal vir hulle ’n Elohim wees.
9 Verder het Elohim aan Abraham gesê: Maar jy moet
My Verbond hou, jy en jou saad ná jou, in julle geslagte.
10 Dit is My Verbond wat julle moet hou tussen My
en julle en jou saad ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word
11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid
besny word, en dit sal ’n Teken wees van die Verbond tussen My en julle.
12 ’n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle
besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is,
en die seun van ‘n uitlander wat met silwer gekoop is, wat nie van jou saad is
nie
13 die wat in jou huis gebore en wat met jou
silwer gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan My Verbond in julle
vlees wees as ’n ewige Verbond.
14 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie
aan die vlees van sy voorhuid besny is nie - dié siel [sal] haar afsny uit haar
volksgenote: hy het My Verbond verbreek. [JeségiEl 32:21]
15 Verder het Elohim aan Abraham gesê: Sarai, jou
vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sarah wees.
16 En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ’n seun
gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal
uit haar voortkom.
17 Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê
in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ’n kind gebore word? Of
kan Sarah, wat negentig jaar oud is, baar?
18 En Abraham sê aan die Elohim: Ag, mag Jismael
lewe voor U Aangesig!
19 Toe antwoord Elohim: Voorwaar, jou vrou Sarah
sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal My Verbond met
hom oprig as ’n ewige Verbond vir sy saad ná hom.
20 Ook wat Jismael aangaan, het Ek jou verhoor.
Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf
vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ’n groot nasie maak.
21 Maar My Verbond sal Ek oprig met Isak wat Sarah
vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.
22 En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het
Elohim van Abraham af opgevaar.
23 Daarop neem Abraham sy seun Jismael en almal
wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy silwer gekoop is, almal wat
manlik was onder die manne in die huis van Abraham, en hy het die vlees van
hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos Elohim met hom gespreek
het.
24 En Abraham was nege-en-negentig jaar oud toe hy
aan die vlees van sy voorhuid besny is.
25 En sy seun Jismael was dertien jaar oud toe hy
aan die vlees van sy voorhuid besny is.
26 Op daardie selfde dag is Abraham en sy
seun Jismael besny
27 en al die manne van sy huis - die wat in sy
huis gebore en die wat van ‘n uitlander met silwer gekoop is, is saam met hom
besny.
18 DAARNA het JaHWeH aan hom verskyn by die
terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste
van die dag.
2 Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie
Manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van
die tent af en buig hom na die Aarde toe.
3 En hy sê: My Meester, as ek nou Guns in U Oë
gevind het, gaan dan tog nie by U kneg verby nie.
4 Laat hulle tog ’n bietjie water bring, en was U
voete, en lê en rus onder die boom.
5 En laat ek ’n stukkie brood gaan haal, en
versterk U Hart - daarna kan U verder gaan - want daarom het U by U kneg aangekom.
En Hulle antwoord: Doen soos u gesê het.
6 Toe loop Abraham haastig in die tent na Sarah en
sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.
7 Daarop loop Abraham na die beeste en vang ’n
jong, suiwer kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het.
8 En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat
hy klaargemaak het, en sit dit aan Hulle voor, terwyl hy self by Hulle onder
die boom bly staan; en Hulle het geëet.
9 Toe sê Hulle vir hom: Waar is Sarah, u vrou? En
hy antwoord: Daar in die tent.
10 En Hy sê: Ek sal sekerlik weer na jou toe kom
teen die tyd van lewe - dan sal jou vrou Sarah ’n seun hê. En Sarah het
geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.
11 Maar Abraham en Sarah was oud, ver op hulle
dae; dit het met Sarah nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie.
12 En Sarah het in haar binneste gelag en gedink:
Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my eggenoot oud is?
13 Toe sê JaHWeH vir Abraham: Waarom het Sarah
daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?
14 Sou enige woord te wonderbaar vir JaHWeH wees?
Hierdie tyd, teen die tyd van lewe sal Ek na jou terugkom, en Sarah sal ’n seun
hê.
15 Maar Sarah het dit ontken en gesê: Ek het nie
gelag nie - want sy was bang, maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.
16 Toe staan die Manne daarvandaan op, en Hulle
het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met Hulle gegaan om Hulle
weg te bring.
17 Daarop sê JaHWeH: Sal Ek vir Abraham verberg
wat Ek gaan doen,
18 terwyl Abraham tog sekerlik ’n groot en magtige
nasie sal word en al My nasies van die Aarde in hom geseën sal word?
19 Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders
en sy huis na hom bevel sou gee dat hulle die Weg van JaHWeH moet hou om
Geregtigheid en Reg te doen; sodat JaHWeH oor Abraham kan bring wat Hy oor hom
gespreek het.
20 Verder het JaHWeH gesê: Die geroep oor Sodom en
Gomorra is waarlik groot, en hulle oortredinge is waarlik baie swaar.
21 Ek wil neerdaal en sien of hulle werklik
gehandel het soos haar geroep oor hulle is wat by My gekom het; en so nie, Ek
wil dit weet.
22 Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na
Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die Aangesig van JaHWeH.
23 En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook
die regverdige saam met die besoedelde ombring?
24 Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die
stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig
regverdiges wat in haar binneste is nie?
25 Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die
regverdige saam met die besoedelde om te bring, sodat die regverdige gelyk is
met die besoedelde. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die hele Aarde
geen Reg doen nie?
26 Toe sê JaHWeH: As Ek in Sodom vyftig
regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle
ontwil.
27 En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit
gewaag om met my Meester te spreek alhoewel ek stof en as is.
28 Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf
ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal
haar nie verwoes as Ek daar vyf-en-veertig vind nie.
29 En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê:
Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van
die veertig nie doen nie.
30 Verder sê hy: Laat my Meester tog nie woedend
word nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy
antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.
31 Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met my
Meester te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal
haar ter wille van die twintig nie verwoes nie.
32 Toe sê hy: Laat my Meester tog nie woedend word
nie, en laat my net hierdie keer spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En
Hy antwoord: Ek sal haar ter wille van die tien nie verwoes nie.
33 En JaHWeH het weggegaan toe Hy opgehou het om
met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.
19 EN die twee Boodskappers het in die aand in Sodom
aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot Hulle sien, het hy
opgestaan om Hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die Aarde
toe
2 en gesê: Kyk tog, my Meesters, draai tog uit na
die huis van U dienaar en bly die nag oor en was U voete; dan kan U vroeg
opstaan en U reis voortsit. Maar Hulle antwoord: Nee, Ons sal op die plein
vernag.
3 Maar hy het baie by Hulle aangehou, sodat Hulle
na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir Hulle ’n maaltyd berei
en ongesuurde koeke gebak, en Hulle het geëet.
4 Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne
van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele
bevolking, almal saam.
5 En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar
is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons
hulle kan beken.
6 Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang
en sluit die deur agter hom toe
7 en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie.
8 Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken
het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in
julle oë. Net aan hierdie Manne moet julle niks doen nie, want daarom het Hulle
onder die skaduwee van my dak ingekom.
9 Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê:
Hierdie een het gekom om [hier] as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig
die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het
sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.
10 Maar die Manne het Hulle hand uitgesteek en Lot
by Hulle in die huis gebring en die deur toegesluit.
11 Toe slaan Hulle die manne wat by die ingang van
die huis was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tevergeefs na die
ingang gesoek het.
12 Daarop sê die Manne vir Lot: Wie het jy hier
nog? ’n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad -
bring hulle uit die plek uit;
13 want Ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die
geroep oor haar groot is voor die Aangesig van JaHWeH, en JaHWeH het Ons
gestuur om haar te verwoes.
14 Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat
met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit,
want JaHWeH gaan die stad verwoes, maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos
een wat gekskeer.
15 En toe die dag begin breek, het die
Boodskappers by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou
twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie
omkom nie.
16 Maar hy het nog getalm, toe gryp die Manne hom
en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat JaHWeH hom wou verskoon; en
Hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.
17 En toe Hy hulle na buite uitgelei het, sê Hy:
Vlug oor jou siel! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die distrik bly staan
nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!
18 Daarop antwoord Lot hom: Ag nee, my Meester!
19 Kyk tog, U kneg het Barmhartigheid in U Oë
gevind, en U het U Medelye groot gemaak wat U aan my betoon het deur my siel in
die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder
dat die besoedeling my inhaal en ek sterwe nie.
20 Kyk tog, hierdie stad is naby om daarheen te
vlug, en sy is klein. Laat my tog daarheen vlug - is sy nie klein nie? - dat my
siel kan lewe!
21 En Hy sê vir hom: Kyk, Ek neem jou ook in
hierdie saak in guns aan, sodat Ek die stad waarvan jy gespreek het, nie sal
omkeer nie.
22 Vlug gou daarheen, want Ek kan niks doen
voordat jy daar aankom nie. Daarom noem hulle die stad Soar.
23 Die son het oor die Aarde opgegaan toe Lot in
Soar aankom.
24 En JaHWeH het swawel en vuur oor Sodom en
Gomorra laat reën van JaHWeH uit die Hemele, [2 Ezra 2:8]
25 en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele
distrik, ook al die inwoners van die stede en wat op die Adamah[adamiet se
Aarde] groei.
26 En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ’n
soutpilaar geword.
27 En Abraham is vroeg in die môre na die plek
waar hy voor die Aangesig van JaHWeH gestaan het.
28 Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die
aangesig van die hele Aarde van die distrik, sien hy dat die rook van die Aarde
optrek soos die rook van ’n smeltoond.
29 En onderwyl Elohim die stede van die distrik
verwoes, het Elohim aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy
die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was.
30 En Lot het uit Soar opgetrek en saam met sy
twee dogters gaan woon op die gebergte, want hy was bang om in Soar te bly;
daarom het hy saam met sy twee dogters in ’n spelonk gaan woon.
31 En die oudste het aan die jongste gesê: Ons
vader is oud, en daar is geen man in die Aarde om, na die reël van die hele
Aarde, by ons in te gaan nie.
32 Kom, laat ons aan ons vader wyn gee om te drink
en met hom gemeenskap hou, sodat ons deur ons vader ’n saadlyn in die lewe kan
hou.
33 Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te
drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy
dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
34 Die volgende dag sê die oudste aan die jongste:
Kyk, ek het verlede nag met my vader gemeenskap gehad; laat ons hom vannag weer
wyn gee om te drink; gaan dan in, hou met hom gemeenskap, dat ons deur ons
vader ’n saadlyn in die lewe kan hou.
35 Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn
om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder
dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
36 So het dan die twee dogters van Lot by hulle
vader bevrug geword,
37 en die oudste het ’n seun - gebaar en hom Moab
genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Moabiete. [Boekrol van die Opregte 19:58]
38 En die jongste het ook ’n seun gebaar en hom
Ben-Ammi genoem. Hy is die vader van die hedendaagse Ammoniete.
20 EN Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suide
van die Aarde en gaan woon tussen Kadesh en Sur en in Gerar as vreemdeling
vertoef.
2 En Abraham het van Sarah, sy vrou, gesê: Sy is
my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sarah haal.
3 Maar Elohim het in die nag by Abiméleg gekom in
’n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat
haal het, want sy is ’n besitter se besitting.
4 Maar Abiméleg het nog nie naby haar gekom nie;
daarom het hy gevra: My Meester, sal U ook ’n regverdige nasie ombring?
5 Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En
sy het self ook gesê: Hy is my broer, in die onskuld van my hart en in die
onskuld van my handpalms het ek dit gedoen.
6 Daarop antwoord die Elohim hom in die droom: Ek
weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou
daarvan teruggehou om nie teen My te oortree nie. Daarom het Ek jou nie
toegelaat om haar aan te raak nie.
7 Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is ’n
profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee
nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort.
8 Abiméleg is toe die môre vroeg op en het al sy
dienaars geroep en die hele saak voor hulle ore vertel, toe was die manne baie
bang.
9 En Abiméleg het Abraham laat roep en hom gevra:
Wat het jy ons aangedoen? En waarmee het ek teen jou oortree, dat jy oor my en
my koninkryk ’n groot oortreding gebring het? Dinge wat nie mag gebeur nie, het
jy my aangedoen.
10 Verder sê Abiméleg vir Abraham: Wat was jou
bedoeling dat jy dit gedoen het?
11 En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is
regtig geen Vrees vir Elohim in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou
sal doodmaak.
12 En sy is ook werklik my suster; sy is my vader
se dogter, maar nie my moeder se dogter nie; en sy het my vrou geword.
13 En toe Elohim my uit die huis van my vader laat
omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my
moet bewys - op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer.
14 Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe
en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sarah het hy aan hom
teruggegee.
15 En Abiméleg sê: Daar lê my Aarde voor jou oop;
woon waar dit goed is in jou oë.
16 En vir Sarah sê hy: Hier gee ek aan jou broer
duisend [sikkels] silwer. Kyk, dit is vir jou ’n bedekking van die oë met
betrekking tot elkeen wat by jou is, sodat jy in elke opsig geregverdig is.
17 Toe het Abraham tot die Elohim gebid, en Elohim
het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.
18 Want JaHWeH het elke moederskoot van die huis
van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sarah, die vrou van Abraham.
21 EN JaHWeH het Sarah besoek soos Hy beloof het; en
JaHWeH het aan Sarah gedoen soos Hy gespreek het:
2 Sarah het bevrug geword en vir Abraham in sy
ouderdom ’n seun gebaar op die bepaalde tyd wat Elohim genoem het.
3 En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is,
wat Sarah vir hom gebaar het, Isak genoem.
4 En Abraham het sy seun Isak besny toe hy agt dae
oud was, soos Elohim hom beveel het.
5 En Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak
vir hom gebore is.
6 En Sarah het gesê: ’n Gelag het Elohim my berei:
elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
7 Verder sê sy: Wie kon ooit aan Abraham voorspel
het: Sarah soog kinders? Want ek het ’n seun gebaar in sy ouderdom. [Jakobus 6:3d-3e]
8 En die kind het grootgeword en is gespeen. En
Abraham het ’n groot maaltyd berei op die dag toe Isak gespeen is.
9 Toe sien Sarah hoe die seun van Hagar, die
Egiptiese [slavin], wat sy vir Abraham gebaar het, spot;
10 en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en
haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak
erwe nie.
11 En die woord was baie verkeerd in die oë van
Abraham vanweë sy seun.
12 Maar Elohim het aan Abraham gesê: Laat dit nie
verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister
na Sarah in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ’n
saadlyn genoem word.
13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ’n
nasie maak, omdat hy jou saad is.
14 Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het
brood en ’n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer
te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en
rondgedwaal in die wildernis van Berséba.
15 En toe die water in die sak op was, het sy die
kind onder een van die bosse neergewerp
16 en geloop en op ’n afstand gaan sit so ver as
’n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien
nie. En sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.
17 Toe hoor Elohim die stem van
die seun, en die Boodskapper van Elohim het na Hagar geroep uit die Hemele en
haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want Elohim het na
die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.
18 Staan op, tel die seun op en hou
hom vas met jou hand, want Ek sal hom ’n groot nasie maak.
19 Daarop het Elohim haar oë
geopen, en sy sien ’n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die
seun laat drink.
20 En Elohim was met die seun; en
hy het grootgeword en in die wildernis gewoon en ’n boogskutter geword:
21 hy het in die wildernis van
Paran gewoon; en sy moeder het vir hom ’n vrou uit die Aarde van Egipte geneem.
22 IN dié tyd het Abiméleg en
Pigol, sy leërowerste, met Abraham gespreek en gesê: Elohim is met jou in alles
wat jy doen.
23 Sweer dan nou vir my hier by
Elohim dat jy met my en my seun en my kleinseun nie vals sal handel nie;
dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die Aarde
waarin jy as vreemdeling vertoef.
24 En Abraham antwoord: Ek sweer.
25 Maar Abraham het Abiméleg
aangespreek oor ’n put wat die dienaars van Abiméleg met geweld geneem het.
26 Daarop antwoord Abiméleg: Ek
weet nie wie dit gedoen het nie, en jy het my dit ook nie meegedeel nie, en ek
het daar ook niks van gehoor nie as net vandag.
27 Toe neem Abraham kleinvee en
beeste en gee dit aan Abiméleg; en hulle twee het ’n verbond gesluit;
28 Abraham het naamlik die sewe
ooilammers van die kleinvee eenkant uitgekeer.
29 Toe sê Abiméleg vir Abraham:
Wat beteken hierdie sewe ooilammers wat jy uitgekeer het?
30 En hy antwoord: Die sewe
ooilammers moet jy uit my hand aanneem, sodat hulle vir my ’n getuienis kan
wees dat ek hierdie put gegrawe het.
31 Daarom noem hulle dié plek
Berséba, omdat hulle twee daar gesweer het.
32 So het hulle dan ’n verbond
gesluit in Berséba. Daarna het Abiméleg en Pigol, sy leërowerste, klaargemaak
en na die Aarde van die Filistyne teruggegaan.
33 En hy het ’n tamarisk in
Berséba geplant en daar die Naam van JaHWeH, die Ewige El, aangeroep.
34 En Abraham het baie dae as
vreemdeling in die Aarde van die Filistyne vertoef.
22 Ná hierdie dinge het Elohim Abraham op die proef
gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! [Boekrol van die
Opregte 22:45]
2 Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy
liefhet, Isak, en gaan na die Aarde van MoriJaH en dra hom op as brandoffer op
een van die berge wat Ek jou sal aanwys. [Boekrol van die Opregte 23:2;
Hebreërs 11:17]
3 Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en
sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem;
en hy het hout gekloof vir ’n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat
die Elohim vir hom aangewys het. [Boekrol van die Opregte 23:21]
4 Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en
sien die plek van ver af.
5 En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier
met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om neer te buig en dan na julle
terugkom.
6 En Abraham het die hout vir die brandoffer
geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem.
So het hulle twee dan saam geloop.
7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My
vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die
hout, maar waar is die lam vir ’n brandoffer?
8 En Abraham antwoord: Elohim sal vir Homself die
lam vir ’n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.
9 Toe hulle kom op die plek wat die Elohim vir hom
aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het
hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.
10 Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes
om sy seun te bloei.
11 Maar die Boodskapper van JaHWeH het na hom van
die Hemele af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
12 En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek
nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy Elohim Vrees en jou seun,
jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens
’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan
en die ram geneem en dit opgedra as brandoffer in die plek van sy seun.
14 En Abraham het dié plek genoem: JaHWeH-Jireh!
(sal voorsien) Sodat vandag nog gesê word: Op die Berg van JaHWeH sal voorsien
word.
15 Toe roep die Boodskapper van JaHWeH vir die
tweede keer na Abraham van die Hemele af
16 en sê: Ek sweer by Myself, spreek JaHWeH, omdat
jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou saad
grootliks sal vermeerder soos die Sterre van die Hemele en soos die sand wat
aan die seestrand is; en jou saad sal die poort van sy vyande in besit neem.
18 En in jou saad sal al My nasies van die Aarde
geseën word, omdat jy na My Stem geluister het.
[Génesis
18:19]
19 En Abraham het na sy dienaars teruggekeer; en
hulle het klaargemaak en saam na Berséba gegaan. En Abraham het in Berséba bly
woon.
20 Ná hierdie dinge het hulle aan Abraham berig
gebring en gesê: Kyk, Milka het ook vir jou broer Nahor seuns gebaar:
21 Us, sy eersgeborene, en Bus, sy broer, en
KemûwEl, die vader van Aram,
22 ook Kesed en Haso en Pildas en Jidlaf en
BetuEl.
23 (En BetuEl was die vader van Rebekka.) Hierdie
agt het Milka vir Nahor, die broer van Abraham, gebaar.
24 En sy byvrou met haar naam van Reüma, sy het
ook Tebag en Gaham en Tahas en Máäga gebaar.
23 EN die lewensdae van Sarah was
honderd-sewe-en-twintig jaar. Dit was die lewensjare van Sarah.
2 En Sarah het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is
Hebron, in die Aarde van Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sarah te rouklaag
en haar te beween. [Boekrol van die Opregte 23:86; 36:5]
3 Daarna het Abraham opgestaan, van sy dode af
weg, en met die seuns van Het gespreek en gesê:
4 Ek is ’n besoeker en ‘n vreemdeling onder julle.
Gee my ’n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.
5 Toe antwoord die seuns van Het vir Abraham en sê
aan hom:
6 Luister na ons, my meester! U is ’n vors van
Elohim onder ons. Begraaf u dode in die beste graf wat ons het; niemand van ons
sal u sy graf weier om u dode te begrawe nie.
7 Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk
van die Aarde, voor die seuns van Het;
8 en hy het met hulle gespreek en gesê: As dit
julle siel [behaag] dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en
doen vir my ’n goeie woord by Efron, die seun van Sohar,
9 dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat
aan hom behoort, wat aan die end van sy grondgebied lê; laat hy dit vir die volle
som aan my gee, dat ek ’n graf onder julle mag besit.
10 En Efron het tussen die seuns van Het gesit.
Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het,
van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:
11 Nee, my meester, luister na my. Die stuk grond
gee ek aan u; ook die spelonk wat in haar is, haar gee ek aan u; voor die oë
van die seuns van my volk gee ek haar aan u; begraaf u dode.
12 Daarop het Abraham hom voor die aangesig, van
die volk van die Aarde neergebuig
13 en met Efron gespreek voor die ore van die volk
van die Aarde: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die silwer vir die
stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe.
14 En Efron het Abraham geantwoord en aan hom
gesê:
15 My meester, luister na my. ’n Stuk Aarde van
vierhonderd sikkels silwer - wat is dit tussen my en u? Begraaf maar u dode.
16 Toe luister Abraham na Efron, en Abraham het
aan Efron die silwer afgeweeg waarvan hy gespreek het voor die ore van die
seuns van Het - vierhonderd sikkels silwer gangbaar by die koopman.
17 So het dan die stuk grond van Efron wat in
Magpéla voor die aangesig van Mamre lê, die stuk grond en die spelonk wat in
haar is, en al die bome op die stuk grond wat op die ganse gebied daarvan
rondom staan,
18 die eiendom van Abraham geword voor die oë van
die seuns van Het, voor almal wat in die poort van sy stad ingegaan het.
19 Daarna het Abraham toe sy vrou Sarah begrawe in
die spelonk van die stuk grond van Magpéla, oostelik van Mamre, sy is Hebron,
in die Aarde van Kanaän.
20 So is dan die stuk grond en die spelonk wat in
haar was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om haar as graf in
eiendom te besit.
24 EN Abraham was oud en ver op sy dae, en JaHWeH
het Abraham in alles geseën.
2 Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy
huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,
3 dat ek jou kan laat sweer by JaHWeH, die Elohey
van die Hemele en Elohey van die Aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem
uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie; [Boekrol van Henog 58:4]
4 maar dat jy na my Aarde en my familie sal gaan
om vir my seun Isak ’n vrou te neem.
5 Toe sê die dienaar vir hom: Miskien sal die vrou
my nie wil volg na hierdie Aarde nie. Moet ek u seun dan maar terugbring in die
Aarde waaruit u weggetrek het?
6 En Abraham antwoord hom: Neem jou tog in ag dat
jy my seun nie weer daarheen bring nie.
7 JaHWeH, die Elohey van die Hemele, wat my uit my
vader se huis en uit die Aarde van my weggeneem het, en wat met my gespreek en
vir my gesweer het met die woorde: Aan jou saad sal EK hierdie Aarde gee - HY
sal SY Boodskapper voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar ’n vrou gaan
haal.
8 Maar as die vrou jou nie wil volg nie, dan is jy
ontslae van hierdie eed aan my. Jy moet net my seun nie weer daarheen bring
nie.
9 Toe lê die dienaar sy hand onder die heup van
Abraham, sy meester, en hy het vir hom gesweer, met die oog op hierdie saak.
10 En die dienaar het tien kamele van die kamele
van sy meester geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy meester
by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotamië, na die stad van Nahor, getrek.
11 En hy het die kamele laat neerkniel buitekant
die stad by ’n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water
te skep.
12 en gesê: JaHWeH, Elohey van Abraham, my
meester, laat ek [haar] tog vandag ontmoet, en toon Medelye aan Abraham, my
meester.
13 Hier staan ek by die fontein, terwyl die
dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.
14 Laat dit nou tog gebeur: as die dogter aan wie
ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook
u kamele laat drink - dan is sy dit wat U bestem het vir U kneg Isak, en
daaraan sal ek weet dat U Medelye aan my meester betoon het.
15 Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom
Rebekka uit wat vir BetuEl, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se
broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.
16 En die dogter was baie mooi van aansien, ’n
maagd, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en
haar kruik volgemaak en weer opgekom.
17 Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat
my tog ’n bietjie water uit jou kruik drink.
18 En sy antwoord: Drink, my meester! Daarop laat
sy gou haar kruik op haar hand afsak en laat hom drink.
19 Nadat sy hom genoeg laat drink het, sê sy: Ek
sal vir u kamele ook skep totdat hulle genoeg gedrink het.
20 Dadelik het sy toe haar kruik in die drinkbak
leeggemaak en weer na die put geloop om te skep en vir al sy kamele geskep.
21 En die man het haar stilswyend betrag om te
weet of JaHWeH sy weg voorspoedig gemaak het of nie.
22 En toe die kamele genoeg gedrink het, neem die
man ’n goue ring, ’n halfsikkel in gewig, en twee armbande vir haar hande, tien
[sikkels] goud in gewig.
23 En hy sê: Wie se dogter is jy? Vertel my tog.
Is daar plek vir ons in die huis van jou vader om te vernag?
24 Toe antwoord sy hom: Ek is die dogter van
BetuEl, die seun van Milka wat sy vir Nahor gebaar het.
25 Verder sê sy vir hom: Daar is ook strooi en
voer in oorvloed by ons, ook plek om te vernag.
26 Die man het neergebuig en plat geval
voor die Aangesig van JaHWeH
27 met die woorde: Geseënd sy JaHWeH, die Elohey
van Abraham, my meester, wat Sy Medelye en Sy Waarheid aan my meester nie
onttrek het nie. Wat my aangaan, JaHWeH het my op die weg gelei na die huis van
die broers van my meester.
28 Daarna het die dogter geloop en in die huis van
haar moeder vertel wat daar gebeur het.
29 En Rebekka het ’n broer gehad met die naam van
Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein.
30 Want toe hy die ring en die armbande aan die
hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So
het die man met my gespreek - het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar
staan by die kamele by die fontein,
31 en gesê: Kom in, geseënde van JaHWeH! Waarom
staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?
32 En die man het in die huis ingekom - die kamele
is afgesaal en vir die kamele is strooi en voer gegee, en water om sy voete te
was en die voete van die manne wat by hom was.
33 Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar
hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy
antwoord: Spreek maar.
34 Toe sê hy: Ek is die dienaar van Abraham.
35 En JaHWeH het my meester baie geseën, sodat hy
groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en
slavinne en kamele en esels gegee.
36 En Sarah, die vrou van my meester, het vir my
meester ’n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hom alles oorgegee
wat hy besit.
37 En my meester het my laat sweer en gesê: Jy
moet vir my seun geen vrou neem uit die dogters van die Kanaäniete in wie se
Aarde ek woon nie;
38 maar jy moet gaan na die huis van my vader en
na my familie en vir my seun ’n vrou gaan haal.
39 Toe het ek aan my meester gesê: Miskien sal die
vrou my nie volg nie.
40 Maar hy het my geantwoord: JaHWeH voor wie se
Aangesig ek gewandel het sal Sy Boodskapper met jou saamstuur, en Hy sal jou
weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun ’n vrou uit my familie en uit die
huis van my vader kan gaan haal.
41 Dan sal jy ontslae wees van die eed aan my: as
jy by my familie kom en hulle [haar] aan jou nie wil gee nie, dan is jy ontslae
van die eed aan my.
42 Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê:
JaHWeH, Elohey van Abraham, my meester, as U dan my weg waar ek op haar gaan,
voorspoedig wil maak
43 ek staan hier by die fontein - laat dit nou tog
gebeur: die maagd wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog ’n
bietjie water uit jou kruik drink -
44 en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook
vir u kamele sal ek skep - sy is die vrou wat JaHWeH vir die seun van my
meester bestem het.
45 Ek het nog nie klaar in my hart gespreek nie of
daar het Rebekka uitgekom met haar kruik op die skouer en na die fontein
afgedaal en geskep. Ek het toe vir haar gesê: Laat my tog drink!
46 En sy het dadelik haar kruik van haar laat
afsak en gesê: Drink, en ek sal u kamele ook laat drink. En ek het gedrink, en
sy het ook die kamele laat drink.
47 Toe vra ek haar en sê: Wie se dogter is jy? En
sy antwoord: Die dogter van BetuEl, die seun van Nahor wat Milka vir hom gebaar
het. Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande,
48 en ek het my in aanbidding neergebuig voor die
Aangesig van JaHWeH en JaHWeH geloof, die Elohey van Abraham, my meester, wat
my op die Weg van Waarheid gelei het om die dogter van my meester se broer vir
sy seun te gaan haal.
49 As julle dan nou Guns en Waarheid teenoor my
meester wil bewys, sê dit vir my; en so nie, sê dit vir my, dat ek regs of
links kan gaan.
50 Toe antwoord Laban en BetuEl en sê: Van JaHWeH
kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.
51 Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan
heen, dat sy ’n vrou kan wees vir die seun van jou meester, soos JaHWeH
gespreek het.
52 Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor,
het hy hom voor die Aangesig van JaHWeH neergebuig na die Aarde toe.
53 Daarna het die dienaar silwer- en goue goed en
klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het
hy kosbare geskenke gegee.
54 En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne
wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê
hy: Laat my trek na my meester!
55 Maar haar broer en haar moeder sê: Laat die
dogter ’n dag of tien by ons bly; daarna kan jy gaan.
56 Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie
aangesien JaHWeH my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my
meester kan gaan.
57 Toe sê hulle: Laat ons die dogter roep en vra
by haar mond.
58 En hulle het Rebekka geroep en haar gevra: Wil
jy met hierdie man saamgaan? En sy antwoord: Ja.
59 Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar
oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.
60 En hulle het Rebekka geseën en aan haar gesê:
Ons suster, mag jy duisende van tienduisende word, en mag jou saad die poort
van sy vyande in besit neem!
61 Toe het Rebekka en haar diensmeisies hulle
klaargemaak en op die kamele weggery en die man gevolg. So het die dienaar dan
Rebekka saamgeneem en weggetrek.
62 En Isak het uit die rigting van die put
Lagai-Roï gekom; want hy het gaan woon in die Aarde aan die suide.
63 En Isak het teen die aand uitgegaan om te peins
in die veld. En toe hy sy oë opslaan, sien hy meteens kamele aankom.
64 Rebekka het ook haar oë opgeslaan en Isak
gesien. Toe het sy van die kameel afgegly
65 en aan haar dienaar gesê: Watter man is dit wat
ons tegemoetloop in die veld? En die dienaar antwoord: Dit is my meester. Toe
neem sy die sluier en bedek haar.
66 Daarop het die dienaar aan Isak alles vertel
wat hy gedoen het.
67 En Isak het haar in die tent van sy moeder
Sarah ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar
liefgehad. So is Isak dan getroos na die dood van sy moeder.
25 EN Abraham het weer ’ n vrou geneem en haar naam
[was] Ketúra.
2 En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en
Mídian en Jisbak en Suag gebaar.
3 En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en
die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.
4 En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en
Henog en Abída en El-Daah. Hulle almal was seuns van Ketúra.
5 En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit
het,
6 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham
het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos
laat wegtrek, na die Aarde aan die ooste. [Boekrol van die Opregte 25:9]
7 En dit is die dae van die lewensjare van Abraham
wat hy geleef het: honderd-vyf-en-sewentig jaar.
8 Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie
ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.
9 En sy seuns Isak en Jismael het hom begrawe in
die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die
Hetiet, wat oos van Mamre lê,
10 die stuk grond wat Abraham van die seuns van
Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sarah.
11 Ná die dood van Abraham het Elohim sy seun Isak
geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï.
12 En dit is die genelyn van Jismael, die seun van
Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sarah, vir Abraham gebaar het
-
13 dit is die name van die seuns van Jismael,
hulle name volgens hulle genelyn: die eersgeborene van Jismael, Nébajot; dan
Kedar en Adbeël en Mibsam
14 en Misma en Duma en Massa,
15 Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.
16 Dit is die seuns van Jismael, en dit hulle
name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.
17 En dit is die lewensjare van Jismael:
honderd-sewe-en-dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy
is versamel by sy volksgenote.
18 En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat
oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom
gevestig.
19 EN dit is die genelyn van Isak, die seun van
Abraham: Abraham was die vader van Isak.
20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka,
die dogter van BetuEl, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die
Arameër, vir hom as vrou geneem het.
21 En Isak het JaHWeH gesmeek met die oog op sy
vrou, want sy was onvrugbaar; en JaHWeH het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka
swanger geword het.
22 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in
haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor [leef] ek dan? Daarop het sy gegaan
om JaHWeH te raadpleeg.
23 En JaHWeH het haar geantwoord: Twee nasies is
in jou skoot, en twee groepe sal geskei word uit jou binneste; en [een] groep
sal sterker wees as die ander groep; en die meerderheid sal die minderheid
dien.
24 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was
daar ’n tweeling in haar skoot.
25 En die eerste is gebore – met ‘n rooierige,
harige pels. Daarom het hulle hom Esau genoem.
26 En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand
die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was
sestig jaar oud by hulle geboorte. [2 Ezra 6:8]
27 En die seuns het grootgeword: Esau het ’n
ervare jagter geword, ’n man van die veld; maar Jakob was ’n rassuiwer man wat
in tente gewoon het.
28 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was
na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.
29 En Jakob het ’n kooksel klaargemaak en Esau het
moeg uit die veld gekom.
30 En Esau het Jakob bevel gegee en gesê: Laat my
tog sluk van die rooi [kooksel], want ek is moeg. Daarom het hulle hom
Edom/Rooi genoem.
31 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou
eersgeboortereg aan my.
32 En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat
die eersgeboortereg my dan?
33 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy
het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.
34 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel
lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het
Esau dan sy eersgeboortereg verag.
26 EN daar was hongersnood in die Aarde, buiten die
eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak
getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar.
2 En JaHWeH het aan hom verskyn en gesê: Moenie
aftrek na Egipte nie; woon in die Aarde wat Ek jou sal aanwys.
3 Vertoef as vreemdeling in hierdie deel van die
Aarde, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou saad sal Ek al
hierdie dele van die Aarde gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader
Abraham gesweer het.
4 En Ek sal jou saad vermeerder soos die Sterre
van die Hemele en aan jou saad al die dele van die Aarde gee, en in jou saad
sal al My nasies van die Aarde geseën word;
5 omdat Abraham na My Stem geluister en My
Ordening, My Gebooie, My Insettinge en My Wette onderhou het.
6 So het Isak dan in Gerar gebly.
7 En toe die manne van die plek hom na sy vrou
vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou - anders
sal die manne van die plek, [so het hy gedink], my miskien doodmaak ter wille
van Rebekka; want sy was mooi van aansien.
8 En toe hy al ’n lang tyd daar was, kyk Abiméleg,
die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met
Rebekka, sy vrou.
9 En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is
dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord
hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
10 En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen?
Hoe maklik kon een van die manne met jou vrou gemeenskap gehad en jy ’n skuld
oor ons gebring het!
11 Daarop gee Abiméleg bevel aan die hele volk en
sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik gedood word.
12 Isak het toe in dié Aarde gesaai en daardie
jaar honderdvoudig gewen, want JaHWeH het hom geseën. [Markus 4:8 , Thomas 12:2]
13 En die man het groot geword en altyddeur groter
geword totdat hy baie groot was:
14 hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie
bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.
15 En al die putte wat die dienaars van sy vader
in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en
met grond opgevul.
16 Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons,
want jy het vir ons veels te magtig geword.
17 Daarop het Isak vandaar weggetrek en laer
opgeslaan in die dal by Gerar en daar bly woon.
18 En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle
in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood
van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee
het.
19 En terwyl die dienaars van Isak in die dal
grawe, vind hulle daar ’n put met sterk water.
20 En die herders van Gerar het getwis met die
herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem,
omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
21 Daarop grawe hulle ’n ander put, en oor haar
het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.
22 Toe het hy vandaar versit en ’n ander put
gegrawe, en oor haar is nie getwis nie. Daarom het hy haar naam Réhobot genoem
en gesê: Ja, nou het JaHWeH vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in
die Aarde.
23 Daarna het hy vandaar opgetrek na Berséba.
24 En JaHWeH het aan hom in dieselfde nag verskyn
en gesê: Ek is die Elohey van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek
is met jou; en Ek sal jou seën en jou saad vermeerder ter wille van Abraham, My
kneg.
25 Toe bou hy daar ’n altaar, en hy het die Naam
van JaHWeH aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het
daar ’n put gegrawe.
26 Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam
met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste.
27 En Isak het hulle gevra: Waarom het julle na my
gekom, terwyl julle my haat en my van julle af weggestuur het?
28 Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat
JaHWeH met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ’n eed tussen ons wees,
tussen ons en jou; en laat ons ’n verbond sny met jou:
29 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons
jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in Vrede weggestuur
het. Jy is nou eenmaal die geseënde van JaHWeH.
30 Toe berei hy vir hulle ’n maaltyd, en hulle het
geëet en gedrink.
31 En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar
’n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom
af weggetrek.
32 Dieselfde dag kom toe die dienaars van Isak en
vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water
gekry.
33 En hy het haar Seba genoem. Daarom is die naam
van die stad Berséba tot vandag toe.
34 Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit,
die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter
van Elon, die Hetiet.
35 En hulle was vir Isak en Rebekka ’n bitter
verdriet.
27 TOE Isak oud geword het en sy oë swak was, sodat
hy nie kon sien nie, het hy sy oudste seun Esau geroep en vir hom gesê: My
seun! En hy het hom geantwoord: Hier is ek!
2 Toe sê hy: Kyk tog, ek het oud geword, ek weet
die dag van my dood nie.
3 Neem dan nou tog jou wapens, jou pylkoker en jou
boog, en gaan uit in die veld en jag vir my ’n stuk wild
4 en maak vir my ‘n lekker ete klaar soos ek dit
graag wil hê; en bring dit vir my om te eet; sodat my siel jou kan seën voordat
ek sterwe.
5 En Rebekka het geluister terwyl Isak met sy seun
Esau spreek. En Esau het in die veld gegaan om ’n stuk wild te jag en dit te
bring.
6 Toe het Rebekka met haar seun Jakob gespreek:
Kyk, ek het jou vader met jou broer Esau hoor spreek en sê:
7 Bring vir my ’n stuk wild en maak vir my ‘n
lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die Aangesig van JaHWeH voor
die aangesig van my dood.
8 My seun, luister dan nou na my, na wat ek jou
beveel.
9 Loop nou na die kleinvee en gaan haal vir my
daar twee suiwer bokkies, dat ek vir jou vader daarvan ’n lekker ete kan maak
soos hy dit graag wil hê.
10 Dan moet jy dit na jou vader bring, dat hy kan
eet; sodat hy jou kan seën voor die aangesig van sy dood.
11 Toe sê Jakob vir sy moeder Rebekka: Kyk, my
broer Esau is ’n harige man en ek is ’n gladde man.
12 Miskien sal my vader my betas, en ek sal in sy
oë wees soos ’n spotter; so sou ek dan ’n vloek oor my bring en nie ’n seën
nie.
13 Maar sy moeder antwoord hom: Laat jou vloek op
my wees, my seun! Luister net na my en gaan haal dit vir my.
14 Toe het hy dit gaan haal en na sy moeder
gebring. En sy moeder het daarvan ’n lekker ete gemaak soos sy vader dit graag
wou hê.
15 Ook neem Rebekka die beste klere van Esau, haar
oudste seun, wat by haar in die huis was, en sy trek dit vir Jakob, haar
jongste seun, aan;
16 en die velle van die bokkies trek sy oor sy
hande en oor die gladdigheid van sy nek,
17 en sy gee die lekker ete en die brood wat sy
gemaak het, in die hand van Jakob, haar seun.
18 Toe kom hy by sy vader en sê: My vader! En hy
antwoord: Hier is ek! Wie is jy, my seun?
19 En Jakob sê aan sy vader: Ek is Esau, u
eersgeborene. Ek het gedoen soos u my beveel het. Rig u tog op, sit en eet van
my wildsvleis, dat u siel my kan seën.
20 Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy
dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat JaHWeH u Elohey dit my laat
teëkom het.
21 En Isak sê vir Jakob: Kom tog nader, dat ek jou
kan betas, my seun, of jy waarlik my seun Esau is of nie.
22 En Jakob het nader gekom na sy vader Isak, en
hy het hom betas en gesê: Die stem is Jakob se stem, maar die hande is Esau se
hande.
23 Maar hy het hom nie geëien nie, omdat sy hande
harig was soos sy broer Esau se hande; en hy het hom geseën.
24 Hy het naamlik gevra: Is jy waarlik my seun
Esau? En hy het geantwoord: Ja.
25 Toe sê hy: Bring dit vir my nader, dat ek van
die wildsvleis van my seun kan eet, sodat my siel jou kan seën. En hy het dit
vir hom nader gebring, en hy het geëet. Hy het vir hom ook wyn gebring, en hy
het gedrink.
26 Daarop sê sy vader Isak vir hom: Kom tog nader
en soen my, my seun!
27 En hy het nader gekom en hom gesoen. Toe ruik
hy die geur van sy klere, en hy seën hom en sê: Kyk, die geur van my seun is
soos die geur van die veld wat JaHWeH geseën het.
28 En mag die Elohim jou gee van die Dou van die
Hemele en van die vettigheid van die Aarde en oorvloed van koring en druiwesap.
29 Volke sal jou dien, en gemeenskappe voor jou
neerbuig. Wees ’n vors oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle
voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou
seën.
30 Maar toe Isak Jakob klaar geseën het en Jakob
nog skaars van sy vader Isak af weggegaan het, kom sy broer Esau van die jag
af,
31 en hy maak ook ’n lekker ete en bring dit na sy
vader en sê aan sy vader: Laat my vader hom oprig en eet van die wildsvleis van
sy seun, sodat u siel my kan seën.
32 En sy vader Isak vra hom: Wie is jy? En hy
antwoord: Ek is u seun Esau, u eersgeborene.
33 Toe skrik Isak geweldig en sê: Wie is dit dan
wat wild gejag en vir my gebring het? En ek het van alles geëet voordat jy
gekom het, en hom geseën - ook sal hy geseënd bly!
34 Toe Esau die woorde van sy vader hoor, skreeu
hy met ’n baie groot en bitter geroep, en hy sê vir sy vader: Seën my ook, my
vader!
35 En hy antwoord: Jou broer het gekom met bedrog
en jou seën weggeneem.
36 Daarop sê hy: Sou hulle hom Jakob noem, omdat
hy my nou twee keer uitoorlê het? My eersgeboortereg het hy geneem, en daar het
hy nou my seën geneem! Verder vra hy: Het u vir my geen seën oorgehou nie?
37 Toe antwoord Isak en sê vir Esau: Kyk, ek het
hom as vors oor jou gestel en aan hom al sy broers as dienaars gegee; en ek het
hom met koring en druiwesap versorg. Wat kan ek dan nou vir jou doen, my seun?
38 Daarop het Esau aan sy vader gevra: Het u net
een seën, my vader? Seën my ook, my vader! En Esau het sy stem verhef en
geween.
39 Toe antwoord sy vader Isak en sê vir hom: Kyk,
die vettigheid van die Aarde sal jou woonplek wees, ook die Dou van die Hemele
daarbo.
40 En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal
jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.
41 En Esau het Jakob gehaat vanweë die seën
waarmee sy vader hom geseën het, en Esau het in sy hart gedink: Die dae van rou
oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak.
42 Maar toe hulle aan Rebekka die woorde van Esau,
haar oudste seun, vertel, stuur sy en laat Jakob, haar jongste seun, roep en sê
vir hom: Kyk, jou broer Esau sal hom op jou wreek deur jou dood te maak.
43 My seun, luister dan nou na my: maak jou klaar,
vlug tog na Haran, na my broer Laban,
44 en bly ’n rukkie by hom tot die woede
van jou broer bedaar,
45 tot die woede van jou broer teen jou bedaar en
hy vergeet het wat jy hom aangedoen het. Dan sal ek stuur en jou daar laat
haal. Waarom moet ek julle altwee op een dag verloor?
46 Verder sê Rebekka vir Isak: Ek is moeg vir my
lewe vanweë die dogters van Het. As Jakob ’n vrou neem uit die dogters van Het,
soos hulle is, uit die dogters van die Aarde - waarvoor lewe ek dan?
28 TOE het Isak Jakob geroep en hom geseën; en hy
het hom bevel gegee met die woorde: Jy mag geen vrou neem uit die dogters van
Kanaän nie.
2 Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis
van BetuEl, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die
dogters van Laban(blank), jou moeder se broer.
3 En mag El die Almagtige, jou seën en jou
vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy ’n menigte van volke kan word.
4 En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou
en jou saad saam met jou, dat jy die Aarde van jou vreemdelingskap in besit kan
neem wat Elohim aan Abraham gegee het.
5 So het Isak Jakob dan weggestuur, en hy het na
Paddan-Aram gegaan, na Laban, die seun van BetuEl, die Arameër, die broer van
Rebekka, die moeder van Jakob en Esau.
6 Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na
Paddan-Aram weggestuur het om daar vir hom ’n vrou te gaan haal, terwyl hy hom
geseën en hom bevel gegee het met die woorde: Jy mag geen vrou uit die dogters
van Kanaän neem nie;
7 en dat Jakob na sy vader en sy moeder geluister
het om na Paddan-Aram te gaan;
8 en toe Esau sien dat die dogters van Kanaän
besoedel was in die oë van sy vader Isak,
9 het Esau na Jismael gegaan en Máhalat, die
dogter van Jismael, die seun van Abraham, die suster van Nébajot, by sy vroue
vir hom as vrou geneem.
10 En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran
gegaan.
11 Daarop kom hy by ’n plek waar hy die nag
oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die
plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.
12 En hy het gedroom - daar is ’n leer op die
Aarde opgerig waarvan die spits tot aan die Hemele reik, terwyl die
Boodskappers van Elohim daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.
13 En kyk, JaHWeH het bo-aan gestaan en gesê: Ek
[is] JaHWeH, die Elohey van jou vader Abraham en Elohey van Isak. Die Aarde
waar jy op haar lê en slaap, haar sal Ek aan jou en jou saad gee;
14 en jou saad sal wees soos die stof van die
Aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en
in jou en jou saad sal al die families van die Adamah[adamiet se Aarde] geseën
word.
15 En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar
oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring na die Adamah[adamiet se
Aarde]; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê
het.
16 Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê:
Waarlik, JaHWeH is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.
17 En hy het bevrees geword en gesê: Hoe
ontsagwekkend is hierdie plek! Dit is hier niks anders as ’n Huis van Elohim
nie, en dit is hier die poort na die Hemele.
18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die
klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ’n gedenksteen op; en hy het
olie bo-op haar uitgegiet.
19 En hy het die plek BetEl genoem; maar die naam
van die stad was tevore Lus. [Boekrol van die Opregte 36:3]
20 En Jakob het ’n Gelofte gedoen en gesê: As
Elohim met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my
brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
21 en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom,
dan sal JaHWeH vir my Elohim wees.
22 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig
het, sal ’n Huis van Elohim wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U
sekerlik die tiendes afstaan.
29 TOE lig Jakob sy voete op en gaan na die Aarde
van die kinders van die Ooste.
2 En meteens sien hy ’n put in die veld en drie
troppe kleinvee wat op haar [die Aarde] lê, want uit dié put het hulle die vee
laat drink; en daar was ’n groot klip op die opening van die put.
3 En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle
die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit
hulle die klip weer op die opening van die put op haar plek.
4 Toe sê Jakob vir hulle: My broers, waar is julle
vandaan? En hulle antwoord: Ons kom van Haran.
5 En hy vra hulle: Ken julle vir Laban, die seun
van Nahor? En hulle antwoord: Ons ken hom.
6 Verder sê hy vir hulle: Gaan dit goed met hom?
En hulle antwoord: Dit gaan goed; en daar kom sy dogter Ragel aan met die vee.
7 En hy sê: Kyk, die dag is nog lank; dit is nie
tyd om die vee bymekaar te maak nie. Laat die vee drink, en gaan heen, laat
hulle wei.
8 Toe antwoord hulle: Ons kan nie voordat al die
troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put,
en ons laat die vee drink.
9 Terwyl hy nog met hulle praat, kom Ragel met die
kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas.
10 Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy
moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en
rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van
Laban, sy moeder se broer.
11 En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en
geween.
12 En Jakob het Ragel vertel dat hy haar vader se
broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader
vertel.
13 Toe Laban die tyding hoor van Jakob, die seun
van sy suster, loop hy hom tegemoet en omhels hom en soen hom en bring hom in
sy huis. En hy het aan Laban al hierdie dinge vertel.
14 Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en
my vlees. En hy het by hom die dae van ‘n maand gebly.
15 Daarop het Laban aan Jakob gevra: Sou jy my
verniet dien, omdat jy my broer is? Sê my wat jou loon moet wees.
16 En Laban het twee dogters gehad - die naam van
die oudste was Lea, en die naam van die jongste Ragel.
17 En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was lig
van gestalte en mooi om te aanskou.
18 En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy
gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter.
19 Toe antwoord Laban: Dit is beter dat ek haar
aan jou gee as dat ek haar aan ’n ander man gee. Bly by my.
20 So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en
hulle was in sy oë soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.
21 Toe sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, want
my dienstyd is om, dat ek by haar kan ingaan.
22 Daarop het Laban al die manne van die plek
versamel en ’n maaltyd berei.
23 Maar in die aand het hy sy dogter Lea geneem en
haar na hom gebring; en hy het by haar ingegaan.
24 En Laban het aan haar sy slavin Silpa gegee,
[naamlik] aan sy dogter Lea, as slavin.
25 En die anderdagmôre - daar was dit Lea! Daarom
het hy aan Laban gesê: Wat het u my nou aangedoen? Was ek nie vir Ragel by u in
diens nie? Waarom het u my dan bedrieg?
26 En Laban antwoord: Dit is hier by ons nie die
gewoonte om die jongste voor die aangesig van die oudste weg te gee nie.
27 Hou die volle bruilofsweek met haar; dan sal
ons jou die ander een ook gee vir die diens wat jy nog sewe jaar by my moet
volbring.
28 En Jakob het so gedoen: hy het die volle
bruilofsweek met haar gehou. Toe gee hy sy dogter Ragel aan hom as vrou.
29 En Laban het aan sy dogter Ragel sy slavin
Bilha gegee as slavin vir haar. [Boekrol van die Opregte 36:13]
30 En hy het ook by Ragel ingegaan en Ragel ook
meer liefgehad as Lea. En hy was by hom nóg sewe jaar in diens.
31 En toe JaHWeH sien dat Lea die nie-geliefde
was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.
32 En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en
hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, JaHWeH het my ellende aangesien,
want nou sal my man my liefhê.
33 En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar
en gesê: Gewis, JaHWeH het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een
ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.
34 En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar
en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns
gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem.
35 En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar
en gesê: Dié keer sal ek JaHWeH loof. Daarom het sy hom JeHûWdah genoem. En sy
het opgehou met baar.
30 EN toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders
baar nie, het Ragel jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: Gee vir my
kinders of anders sterf ek.
2 Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra:
Is ek dan in die plek van Elohim wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?
3 En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by
haar in, dat sy op my knieë kan baar en ek ook uit haar gebou kan word.
4 Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou
gegee, en Jakob het by haar ingegaan.
5 En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun
gebaar.
6 Toe sê Ragel: Elohim het aan my Reg verskaf en
my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.
7 En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug
geword en vir Jakob ’n tweede seun gebaar.
8 Toe sê Ragel: Ek het ‘n sterk worsteling met my
suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.
9 En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar,
neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.
10 En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ’n
seun gebaar.
11 Toe sê Lea: Rykdom! En sy het hom Gad genoem.
12 Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob
’n tweede seun gebaar.
13 Toe sê Lea: Ek [is], bly! want die dogters sal
my voorspoedig noem. En sy het hom Aser genoem.
14 En Ruben het in die dae van die koringoes
gegaan en in die veld liefdesappels gevind en dié na sy moeder Lea gebring. Toe
sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se liefdesappels.
15 Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy
my man geneem het nie, dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem? En Ragel
sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.
16 Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan
Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik
gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.
17 En Elohim het Lea verhoor: sy het bevrug geword
en vir Jakob ’n vyfde seun gebaar.
18 Toe sê Lea: Elohim het my loon gegee, omdat ek
my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.
19 En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob ’n
sesde seun gebaar.
20 Toe sê Lea: Elohim het my ’n mooi geskenk
gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns
gebaar. En sy het hom Sébulon genoem.
21 En daarna het sy ’n dogter gebaar en haar Dina
genoem.
22 En Elohim het aan Ragel gedink, en Elohim het
haar verhoor en haar skoot geopen:
23 sy het bevrug geword en ’n seun gebaar. Toe sê
sy: Elohim het my smaad weggeneem.
24 En sy het hom JôWsef genoem en gesê: Mag JaHWeH
vir my ’n ander seun daar byvoeg!
25 En nadat Ragel JôWsef gebaar het, sê Jakob vir
Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my deel van die Aarde kan gaan.
26 Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien
het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het.
27 Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in
jou oë gevind het - ek het waargeneem dat JaHWeH my om jou ontwil geseën het.
28 Verder sê hy: Bepaal vir my jou loon, en ek sal
dit gee.
29 Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u
gedien het en wat u vee by my geword het.
30 Want min was dit wat u voor my aangesig gehad
het, en dit het sterk vermeerder; en JaHWeH het u geseën op my voetspoor.
Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk?
31 En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord
Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek
weer u kleinvee oppas, ja, versorg -
32 ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en
daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die
skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit
moet my loon wees.
33 En my Geregtigheid sal later vir my getuig: as
u kom om my loon na te gaan, sal alles wat nie gestippel of bont is onder die
bokke, en wat nie swart is onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my
wees.
34 Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens
jou woord!
35 En hy het dieselfde dag uitgekeer die
gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit
aan hulle gehad het, en almal wat swart was onder die skaaplammers, en dié aan
sy seuns afgegee.
36 En hy het ’n afstand van drie dae bepaal tussen
hom en Jakob; en Jakob het die orige kleinvee van Laban opgepas.
37 Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier-,
amandel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodat die wit van die
latte uitkom;
38 en hy sit die latte wat hy geskil het, vlak
voor die vee in die trogge, in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en
hulle het op hitte gekom as hulle kom drink.
39 En die vee het op hitte gekom by die latte, en
die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes.
40 Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die
koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart was onder Laban se vee.
En hy het vir hom afsonderlike troppe gemaak en dié nie onder Laban se vee
gesit nie.
41 En elke keer as die sterkste diere op hitte
kom, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle op
hitte sou kom by die latte.
42 Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie
ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.
43 En die man het buitengewoon uitgebrei en baie
kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.
31 TOE hoor hy die woorde van die seuns van Laban,
dat hulle sê: Jakob het alles geneem wat ons vader s’n was; en uit wat ons
vader s’n was, het hy al hierdie rykdom verwerf.
2 Jakob het ook meteens aan die aangesig van Laban
gesien dat hy nie meer vir hom was soos gister en eergister nie.
3 En JaHWeH het aan Jakob gesê: Gaan terug na die
Aarde van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees.
4 Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea
veld toe roep na sy kleinvee
5 en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van
julle vader teenoor my nie meer is soos eergister nie, maar [die] Elohey van my
vader is met my.
6 En julle weet self dat ek met al my krag julle
vader gedien het;
7 maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon
tien maal verander. Maar Elohim het hom nie toegelaat om my skade aan te doen
nie.
8 As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees,
dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon
wees, dan lam al die vee gestreeptes.
9 So het Elohim dan die vee van julle vader
weggeneem en aan my gegee.
10 Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee op hitte
was, het ek my oë opgeslaan en in ’n droom gesien dat die bokramme wat die
kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was.
11 En die Boodskapper van die Elohim sê vir my in
die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek!
12 En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die
bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het
alles gesien wat Laban jou aandoen.
13 Ek is die El van BetEl waar jy die gedenksteen
gesalf het, waar jy aan My ’n Gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek
weg uit dié Aarde en gaan terug na die Aarde van jou geboorte.
14 Toe antwoord Ragel en Lea en sê vir hom: Het
ons nog deel of erfenis in die huis van ons vader?
15 Word ons nie deur hom as uitlanders beskou nie?
Want hy het ons verkoop en die silwer wat deur ons verkry is, geheel en al
deurgebring.
16 Want al die rykdom wat Elohim van ons vader
weggeneem het, kom ons en ons kinders toe. Doen dan nou alles wat Elohim jou
gesê het.
17 Toe maak Jakob hom klaar en laai sy kinders en
sy vroue op die kamele,
18 en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy
versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te
gaan na sy vader Isak in die Aarde van Kanaän.
19 Onderwyl Laban gaan om sy kleinvee te skeer,
het Ragel die huisidole van haar vader gesteel.
20 En Jakob het Laban, die Arameër, mislei deur
hom nie te vertel dat hy wou vlug nie.
21 So het hy dan gevlug met alles wat hy gehad
het: hy het hom klaargemaak en deur die Eufraat gegaan en sy aangesig gerig na
die gebergte van Gilead.
22 En op die derde dag kry Laban die tyding dat
Jakob gevlug het.
23 Daarop het hy sy broers saam met hom geneem en
hom agternagejaag, ’n afstand van sewe dae, en hom ingehaal in die gebergte van
Gílead.
24 Maar Elohim het na Laban, die Arameër, in die
nag gekom in ’n droom en vir hom gesê: Pas nou op dat jy met Jakob geen goed of
kwaad spreek nie.
25 En Laban het Jakob ingehaal; Jakob het sy tent
al opgeslaan gehad in die gebergte, en Laban met sy broers het dit opgeslaan in
die gebergte van Gílead.
26 Toe vra Laban vir Jakob: Wat het jy gedoen dat
jy my mislei en my dogters soos krygsgevangenes weggevoer het?
27 Waarom het jy stilletjies gevlug en my mislei
en my dit nie vertel nie, dat ek jou met vrolikheid en liedere, met tamboeryn
en siter kon weggebring het?
28 Ook het jy my nie toegelaat om my seuns en
dogters te soen nie. Nou het jy dwaas gehandel.
29 Dit is in my mag om julle skade aan te doen,
maar [die] Elohey van julle vader het verlede nag met my gespreek en gesê: Pas
nou op om met Jakob geen goed of kwaad te spreek nie.
30 Nou is jy dan eenmaal aan trek, omdat jy so erg
verlang het na die huis van jou vader – [maar] waarom het jy my gode gesteel?
31 Toe antwoord Jakob en sê vir Laban: Omdat ek
bevrees was, want ek het gedink u sal miskien u dogters met geweld van my
wegneem.
32 Die een by wie jy jou gode vind - hy mag nie
lewe nie! Ondersoek wat by my is, in teenwoordigheid van ons broers, en neem
dit vir u. Maar Jakob het nie geweet dat Ragel dit gesteel het nie.
33 Toe gaan Laban in die tent van Jakob en in die
tent van Lea en in die tent van die twee slavinne, maar hy het niks gekry nie;
en toe hy uit die tent van Lea uitgaan, kom hy in die tent van Ragel.
34 Maar Ragel het die huisidole geneem en dit in
die kameelsaal weggepak en daarop gaan sit. En Laban het die hele tent
deurgevoel, maar niks gekry nie.
35 Daarop sê sy vir haar vader: My meester moet
nie baie kwaai kyk nie, omdat ek nie vir u kan opstaan nie; want dit gaan met
my volgens die reël van die vroue. En hy het gesoek maar die huisidole nie
gekry nie.
36 Toe word Jakob kwaad, en hy het met Laban
getwis; en Jakob het geantwoord en vir Laban gesê: Waarin het ek gerebelleer,
wat is my oortreding, dat u my so vurig agternagesit het?
37 Nou dat u al my goed deurgevoel het - wat het u
van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat
hulle oordeel tussen ons twee.
38 Twintig jaar was ek nou by u. U skaap- en
bokooie het geen misdrag gehad nie, en die ramme van u kleinvee het ek nie
geëet nie.
39 Wat verskeur was, het ek nie na u gebring nie:
ek moes dit vergoed; van my hand het u dit geëis, of dit al bedags gesteel is
of snags gesteel is.
40 Ek was ’n man wat bedags deur die hitte verteer
is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë.
41 Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien
jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my
loon tien maal verander.
42 As die Elohey van my vader, die Elohey van
Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie - ja, dan sou u my met
leë hande weggestuur het. Elohim het my ellende en die moeitevolle arbeid van
my hande aangesien en verlede nag geoordeel.
43 Toe antwoord Laban en sê vir Jakob: Die dogters
is my dogters, en die seuns is my seuns, en die kleinvee is my kleinvee, ja,
alles wat jy sien, is myne; maar my dogters - wat sal ek hulle vandag kan
aandoen of aan hulle seuns wat hulle gebaar het?
44 Kom dan nou, laat ons ’n verbond sny, ek en jy,
dat dit ’n getuie tussen my en jou kan wees.
45 Daarop het Jakob ’n klip geneem en dit as
gedenksteen opgerig.
46 En Jakob het aan sy broers gesê: Bring klippe
bymekaar! En hulle het klippe gaan haal en ’n hoop gemaak en daar op die hoop
geëet.
47 En Laban het dit Jegar-Sahadúta genoem, maar Jakob
het dit Gal-ed genoem.
48 Toe sê Laban: Hierdie hoop is vandag ’n getuie
tussen my en jou. Daarom het hulle dit Gal-ed genoem,
49 en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag JaHWeH wag
hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.
50 As jy my dogters mishandel, en as jy vroue neem
by my dogters, dan is daar niemand by ons nie: Kyk, Elohim is getuie tussen my
en jou.
51 Verder sê Laban vir Jakob: Daar is dié hoop
klippe, en daar is die gedenksteen wat ek tussen my en jou opgerig het -
52 hierdie hoop klippe is getuie, en die
gedenksteen is getuie dat ék na jou kant toe hierdie hoop nie sal verbytrek
nie, en dat jy na my kant toe hierdie hoop en hierdie gedenksteen nie sal
verbytrek met besoedelde bedoelinge nie.
53 Die Elohey van Abraham en die Elohey van Nahor,
die Elohey van hulle vader, sal regter tussen ons wees. En Jakob het gesweer by
die Vrees van sy vader Isak.
54 Toe het Jakob ’n slagdier geslag op die
gebergte en sy broers genooi om brood te eet. En hulle het brood geëet en die
nag in die gebergte oorgebly.
55 En Laban het die môre vroeg opgestaan en sy
seuns en sy dogters gesoen en hulle geseën. Daarna het Laban vertrek en
teruggekeer na sy woonplek.
32 JAKOB het ook verder gereis, en die Boodskappers
van Elohim het hom ontmoet.
2 Toe hy Hulle sien, sê Jakob: Dit is ’n Leër van
Elohim! En hy het die plek Mahanáim genoem.
3 En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom
uit na sy broer Esau in die Aarde van Seïr, die landstreek van Edom,
4 en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet
julle aan my meester, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar - ek het as
vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;
5 en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en
slavinne verwerf, en my meester dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë.
6 En die boodskappers het na Jakob teruggekom en
gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en
vierhonderd man saam met hom.
7 Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en
hy het die volksgenote wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en
kamele in twee laers verdeel;
8 want hy het gedink: As Esau op die een laer
afkom en dit verslaan, sal die laer wat oorbly, vryraak.
9 En Jakob het gesê: o Elohey van my vader Abraham
en Elohey van my vader Isak, o JaHWeH, wat my beveel het: Gaan terug na jou
Aarde en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen
10 ek is te gering vir al die dade van Medelye en
Waarheid wat U aan U kneg bewys het; want ek het met my Staf oor hierdie
Jordaan getrek en nou twee laers geword.
11 Red my tog uit die hand van my broer, uit die
hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die
moeder saam met die kinders.
12 U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed
doen en jou saad maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie
getel kan word nie.
13 En hy het die nag daar oorgebly en van wat in
sy besit was, ’n geskenk geneem vir sy broer Esau:
14 tweehonderd bokooie en twintig bokke,
tweehonderd skaapooie en twintig ramme,
15 dertig kameelkoeie wat in die melk was, met
hulle kalfies, veertig koeie en tien bulle, twintig eselinne en tien jong
esels;
16 en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke
trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my aangesig uit, en laat
’n plek oop tussen trop en trop.
17 Daarop gee hy aan die eerste een bevel en sê:
As my broer Esau jou teëkom en jou vra: Aan wie behoort jy, en waarheen gaan
jy, en wie s’n is die goed daar voor jou?
18 dan moet jy antwoord: U dienaar Jakob s’n. Dit
is ’n geskenk wat hy aan my meester Esau stuur; en kyk, hy self kom ook agter
ons aan.
19 En hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan
die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het, en gesê: Net so moet
julle Esau antwoord as julle hom kry -
20 julle moet sê: Kyk, ook u dienaar Jakob kom
agter ons aan. Want hy het gedink: Laat ek hom versoen met die geskenk wat voor
my aangesig uitgaan en daarna sy aangesig sien - miskien sal hy my aangesig
verhoog.
21 So het die geskenk dan voor hom uit gegaan,
maar hy self het dié nag in die laer gebly.
22 En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee
vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die
Jabbok getrek: [Boekrol van die Opregte 32:49]
23 hy het hulle geneem en hulle deur die rivier
laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het.
24 Maar Jakob het alleen agtergebly, en ’n Man het
met hom geworstel tot dagbreek.
25 En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie,
raak Hy hom op die holte van sy heup, sodat die heup van Jakob uit lit geraak
het in die worsteling met Hom.
26 Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het
gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën.
27 En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord:
Jakob.
28 Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word
nie, maar JisraEl; want jy het geworstel met Elohim en met die mense en het
oorwin.
29 Daarop vra Jakob en sê: Maak tog U Naam bekend!
En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na My Naam? En Hy het hom daar geseën.
30 Toe noem Jakob die plek PeniEl; want, [het hy
gesê], ek het Elohim gesien van aangesig tot Aangesig, en my siel, sy is
gespaar.
31 En die son het vir hom opgegaan net toe hy
Peni–El verby was; en hy was mank aan sy heup.
32 Daarom eet die kinders van JisraEl die heupsening,
wat aan die holte is, tot vandag toe nie, omdat Hy Jakob op die holte van sy
heup, aan die heupsening, geraak het.
33 EN Jakob het sy oë opgeslaan, en toe hy meteens
Esau sien aankom en vierhonderd man saam met hom, het hy die kinders onder Lea
en Ragel en onder die twee slavinne verdeel.
2 En hy het die slavinne met hulle kinders eerste,
en Lea met haar kinders daaragter, en Ragel en JôWsef laaste opgestel;
3 maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom
sewe maal na die Aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het.
4 Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val
hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.
5 Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en
kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat
Elohim uit Barmhartigheid aan u dienaar geskenk het.
6 En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle
kinders, en hul neergebuig.
7 En Lea het ook nader gekom met haar kinders en
hul neergebuig; en daarna het JôWsef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.
8 Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie
hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my
meester.
9 Maar Esau sê: Ek het baie, my broer! Wat joune
is, laat dit joune bly!
10 Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u
oë gevind het, neem dan my spysbydrae uit my hand aan. Ek het u aangesig gesien
soos iemand wat die Aangesig van Elohim gesien het, en u het behae in my gehad.
11 Neem tog my begroetingsgeskenk wat u aangebied
is, want Elohim het my Barmhartigheid bewys, en ek het volop. En hy het by hom
aangehou, sodat hy dit aangeneem het.
12 Daarop sê hy: Laat ons opbreek en verder trek,
en ek sal langs jou trek.
13 Maar hy antwoord hom: My meester weet dat die
kinders swak is, en dat ek lammerooie en melkkoeie by my het; as hulle net een
dag ooreis word, dan sterf al die kleinvee.
14 My meester moet maar voor die aangesig van sy
dienaar uit trek, en ék sal op my gemak trek na die gang van die vee wat voor
my aangesig uit gaan, en na die gang van die kinders, tot ek by my meester in
Seïr aankom.
15 Toe sê Esau: Laat my tog van die manskappe wat
by my is, by jou laat staan. En hy antwoord: Waarvoor dan? Laat my guns in die
oë van my meester vind!
16 So het Esau dan dié dag teruggegaan padlangs na
Seïr toe.
17 Maar Jakob het takke opgerig om vir hom ’n
woning te bou en ‘n takskuiling/sukkoth vir sy vee gemaak. Daarom het hy die
plek genoem Sukkot.
18 En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem
wat in die Aarde van Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het - hy het sy laer
voor die stad opgeslaan
19 en die stuk grond gekoop waar hy sy tent
opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd
geldstukke.
20 Daar het hy ook ’n altaar opgerig en dit
genoem: El-Elohey-JisraEl (El die Magtige van JisraEl).
34 EN Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob
gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die Aarde te leer ken.
2 Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die
vors van die Aarde, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad
en haar onteer. [Boekrol van die Opregte 34:52]
3 En sy siel het verkleef geraak aan Dina, die
dogter van Jakob; en hy het die dogter liefgehad en na die hart van die dogter
gespreek.
4 Sigem het ook met sy vader Hemor gespreek en
gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou.
5 Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina
besoedel het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat
hulle gekom het.
6 En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob
uitgegaan om met hom te spreek.
7 En die seuns van Jakob het uit die veld gekom
toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, omdat hy ’n
skanddaad in JisraEl begaan het deur met die dogter van Jakob gemeenskap te
hou: so iets mag nie gebeur het nie. [Boekrol van die Opregte 34:53]
8 Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van
my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou
9 en verswaer julle met ons: gee aan ons julle
dogters, en neem vir julle ons dogters.
10 Bly maar by ons woon, en die Aarde, sy sal voor
julle oop lê; woon en reis deur haar en verwerf vaste besittings in haar.
11 En Sigem sê vir haar vader en haar broers: Laat
my guns vind in julle oë, en wat julle van my eis, sal ek gee.
12 Vra my ’n baie groot koopprys en geskenk, en ek
sal dit gee soos julle aan my sê; gee my net die dogter as vrou.
13 Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en
Hemor, sy vader, met bedrog - hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina
besoedel het -
14 en sê vir hulle: Ons kan dit nie doen om ons
suster aan ’n man te gee wat die voorhuid het nie, want dit sou ’n skande vir
ons wees.
15 Net op hierdie voorwaarde kan ons inwillig: as
julle word soos ons deurdat almal wat manlik is onder julle, besny word.
16 Dan sal ons ons dogters aan julle gee, en ons
sal julle dogters vir ons neem; en ons sal by julle woon en een volk word.
17 Maar as julle nie na ons luister om besny te
word nie, dan neem ons ons dogter en ons trek weg.
18 En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en
in die oë van Sigem, die seun van Hemor.
19 En die jongman het nie versuim om dit te doen
nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde
in die hele huis van sy vader.
20 Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort
van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:
21 Hierdie manne lewe in vrede met ons; daarom,
laat hulle in die Aarde woon en in haar rondtrek: die Aarde lê mos alkante toe
wyd voor hulle. Ons kan hulle dogters vir ons as vroue neem, en ons sal ons
dogters aan hulle gee.
22 Maar net op hierdie voorwaarde sal die manne
inwillig om by ons te woon, om een volk te word: as almal wat manlik is onder
ons, besny word soos hulle besny is.
23 Hulle vee en hulle besittings en al hulle diere
- sal dit nie ons s’n wees nie? Laat ons net inwillig, sodat hulle by ons kan
bly woon.
24 En hulle het geluister na Hemor en na sy seun
Sigem - almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is
besny, almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het.
25 Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was,
neem die twee seuns van Jakob, Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy
swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
26 Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met
die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit
en vertrek.
27 Die seuns van Jakob het op die gesneuweldes
afgekom en die stad geplunder, omdat hulle hulle suster besoedel het.
28 Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels -
wat in die stad en in die veld was - het hulle weggeneem.
29 En al hulle goed en al hulle kinders en hulle
vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die
huise was.
30 Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het my
ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die Aarde, die
Kanaäniete en Feresiete, terwyl ons ’n klein klompie is. As hulle hul teen my
versamel, sal hulle my verslaan, en ons sal verdelg word, ek en my huis.
31 Toe antwoord hulle: Hoe durf hy dan ons suster
as ’n hoer behandel!
35 DAARNA het Elohim vir Jakob gesê: Maak jou klaar,
trek op na BetEl en woon daar; en bou daar ’n altaar vir die El wat aan jou
verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau.
2 Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by
hom was: Verwyder die gode van die uitlander wat onder julle is, en suiwer
julle en trek ander klere aan;
3 en laat ons klaarmaak en optrek na BetEl; en ek
sal daar ’n altaar bou vir die El wat my geantwoord het op die dag van my
benoudheid en by my was op die Weg wat ek gegaan het.
4 Toe gee hulle aan Jakob al die gode van die
uitlander wat in hulle hand was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit
begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
5 En toe hulle weggetrek het, kom daar ’n skrik
van Elohim op die stede rondom hulle, sodat hulle die seuns van Jakob nie
agternagejaag het nie.
6 So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die
Aarde van Kanaän is - dit is BetEl - hy en al die volgelinge wat by hom was.
7 en hy het daar ’n altaar gebou en die plek
El-BetEl genoem, omdat die Elohim daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy
broer gevlug het.
8 En Debora, die oppasser van Rebekka, het
gesterwe, en sy is begrawe onderkant BetEl, onder die eikeboom. En hulle het
dit genoem: Eik van geween.
9 Toe verskyn Elohim weer aan Jakob, by sy
terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;
10 en Elohim sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal
verder nie Jakob genoem word nie, maar JisraEl sal jou naam wees. En Hy het hom
JisraEl genoem.
11 Verder sê Elohim vir hom: Ek is El die
Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies,
sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.
12 En die Aarde wat Ek aan Abraham en Isak gegee
het, haar sal Ek aan jou gee; en aan jou saad ná jou sal Ek die Aarde gee.
13 Toe het Elohim van hom af opgevaar op die plek
waar Hy met hom gespreek het.
14 En Jakob het ’n gedenksteen opgerig op die plek
waar Hy met hom gespreek het, ’n gedenksteen van klip, en op haar drank geskink
en olie op haar uitgegiet.
15 En Jakob het die plek waar Elohim met hom
gespreek het, BetEl genoem.
16 Daarna het hulle van BetEl af weggetrek. En toe
daar nog ’n stukkie van die Aarde oor was om by Efrat te kom, moes Ragel baar;
en sy het dit swaar gehad by die bevalling. [Boekrol van die Opregte 36:10]
17 En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê
die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook ’n seun vir u.
18 En toe haar siel uitgaan - want sy het gesterwe
- noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
19 So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op
die pad na Efrat, dit is Betlehem. [Boekrol van die Opregte 42:29]
20 En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf
opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe. [Boekrol van die Opregte
36:11]
21 En JisraEl het weggetrek en sy tent opgeslaan
aan die ander kant van Migdal-Eder.
22 En terwyl JisraEl in dié Aarde woon, het Ruben
gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En JisraEl het dit
gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf.
23 Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene
van Jakob, daarna Símeon en Levi en JeHûWdah en Issaskar en Sébulon.
24 Die seuns van Ragel: JôWsef en Benjamin.
25 En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel:
Dan en Náftali.
26 En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad
en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.
27 En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre,
by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook
Isak.
28 En die dae van Isak was honderd-en-tagtig jaar.
29 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en
hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob
het hom begrawe.
36 EN dit is die genelyn van Esau, dit is Edom.
2 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van
Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana,
die dogter van Sibeon, die Hewiet;
3 en Basmat, die dogter van Jismael, die suster
van Nébajot.
4 En Ada het vir Esau gebaar EliFaz, en Basmat het
gebaar Rehuel.
5 En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en
Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die Aarde van Kanaän.
6 Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters
en al die siele van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy
in die Aarde van Kanaän verwerf het, en hy trek in ‘n deel van die Aarde, wég
van sy broer Jakob af;
7 want hulle besittings was te groot om saam te
woon, en die Aarde waarin hulle vreemdelinge was, kon hulle nie dra vanweë
hulle vee nie.
8 En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr.
Esau, dit is Edom.
9 Dit is dan die genelyn van Esau, die vader van
die Edomiete in die gebergte Seïr.
10 Dit is die name van die seuns van Esau: EliFaz,
die seun van Ada, die vrou van Esau; Rehuel die seun van Basmat, die vrou van
Esau.
11 En die seuns van EliFaz was: Teman, Omar, Sefo
en Gáetam en Kenas.
12 En Timna was ’n byvrou van EliFaz, die seun van
Esau; en sy het vir EliFaz gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou
van Esau.
13 En dit is die seuns van Rehuel: Nahat en Serag,
Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
14 En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter
van Ana, die dogter van Sibeon, die vrou van Esau - sy het vir Esau gebaar
Jehus en Jáelam en Korag.
15 Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau.
Die seuns van EliFaz, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die
stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
16 die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die
stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van EliFaz in die Aarde van Edom; dit is
die seuns van Ada.
17 En dit is die seuns van Rehuel, die seun van
Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof
Missa. Dit is die stamhoofde van Rehuel in die Aarde van Edom. Dit is die seuns
van Basmat, die vrou van Esau.
18 En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van
Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die
stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
19 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle
stamhoofde. Dit is Edom.
20 Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die
inwoners van die Aarde: Lotan en Sobal en Sibeon en Ana
21 en Dison en Eser en Disan. Dit is die
stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die Aarde van Edom.
22 En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en
die suster van Lotan was Timna.
23 En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat
en Ebal, Sefo en Onam.
24 En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit
is dié Ana wat die warm Fonteine in die wildernis gekry het toe hy die esels
van sy vader Síbeon opgepas het.
25 En dit is die seuns van Ana: Dison; en
Oholibáma was die dogter van Ana.
26 En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban
en Jitran en Keran.
27 Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en
Akan.
28 Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.
29 Dit is die stamhoofde van die Horiete: die
stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,
30 die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof
Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die Aarde
van Seïr.
31 En dit is die konings wat geregeer het in die
Aarde van Edom voor die aangesig van die koning wat regeer het oor die kinders
van JisraEl:
32 Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom;
en die naam van sy stad was Dinhába.
33 En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van
Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
34 En ná die dood van Jobab het Husam, uit die
Aarde van die Temaniete, in sy plek geregeer.
35 En ná die dood van Husam het Hadad, die seun
van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek
geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
36 En ná die dood van Hadad het Samla van Masreka
in sy plek geregeer.
37 En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot,
aan die rivier, in sy plek geregeer.
38 En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die
seun van Akbor, in sy plek geregeer.
39 En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van
Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die
naam van sy vrou was Mehetabel, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
40 Dit is die name van die stamhoofde van Esau,
volgens hulle families, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof
Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet.
41 die stamhoof Oholibáma, die stamhoof
Ela, die stamhoof Pinon,
42 die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die
stamhoof Mibsar,
43 die stamhoof Magdiël, die stamhoof Iram. Dit is
die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die Aarde van hulle
besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
37 EN Jakob het gewoon in die Aarde van die
vreemdelingskap van sy vader, in die Aarde van Kanaän.
2 Dit is die genelyn van Jakob. JôWsef het as seun
van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers - hy was nog jonk -
met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En
JôWsef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.
3 En JisraEl het JôWsef meer lief gehad as al sy
seuns; want hy was vir hom ’n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ’n lang
kleed met moue gemaak. [Boekrol van die Opregte 41:6]
4 Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as
al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat
nie. [Boekrol
van die Opregte 41:8]
5 Ook het JôWsef ’n droom gehad wat hy aan sy
broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat.
6 Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie
droom wat ek gehad het.
7 Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land
toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar
rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig.
8 Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons
regeer? of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor
sy drome en oor sy woorde.
9 Daarna het hy nog ’n ander droom gehad en dit
aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ’n droom gehad - die son en die
maan en elf Sterre het hulle voor my neergebuig.
10 Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel,
het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ’n droom wat jy
gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor
jou na die Aarde neer te buig?
11 En sy broers was afgunstig op hom, maar sy
vader het die saak in gedagte gehou.
12 En sy broers het die kleinvee van hulle vader
by Sigem gaan oppas.
13 Toe sê JisraEl vir JôWsef: Pas jou broers nie
die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord
hom: Hier is ek!
14 Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die
welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig
terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem
aangekom.
15 Daarop kry ’n man hom terwyl hy in die veld
ronddwaal, en die man vra hom: Wat soek jy?
16 En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my
tog waar hulle die vee oppas.
17 Toe sê die man: Hulle het hiervandaan
weggetrek, want ek het hulle hoor sê: Laat ons na Dotan gaan. En JôWsef het
agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind.
18 En hulle het hom van ver af gesien. Maar
voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te
maak.
19 En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie
dromer aan!
20 Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een
van die putte gooi en sê: ’n Besoedelde wese het hom gevreet. Dan sal ons sien
wat van sy drome word.
21 Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand
gered deur te sê: Laat ons nie [die] siel van hom slaan nie.
22 Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed
vergiet nie, gooi hom in hierdie put wat in die wildernis is, maar moenie die
hand aan hom slaan nie - sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader
terug te bring.
23 En toe JôWsef by sy broers kom, trek hulle
JôWsef se kleed uit, die kleed met lang moue wat hy aangehad het,
24 en hulle neem hom en gooi hom in die put. Maar
die put was leeg; daar was geen water in nie.
25 Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en
toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ’n reisgeselskap Jismaeliete wat
uit Gílead kom - hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom - op pad om
dit na Egipte af te bring.
26 Toe sê JeHûWdah aan sy broers: Watter wins is
dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? [Boekrol van die Opregte 42:3]
27 Kom, laat ons hom aan die Jismaeliete verkoop,
maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En
sy broers het na hom geluister. [Boekrol van die Opregte 42:4]
28 En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het
hulle JôWsef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en JôWsef aan die
Jismaeliete verkoop vir twintig [sikkels] silwer. En hulle het JôWsef na Egipte
gebring.
29 Toe Ruben by die put terugkom, was JôWsef nie
in die put nie! Daarop skeur hy sy klere,
30 en hy gaan na sy broers terug en sê: Die seun
is nie daar nie! En ek, waar moet ek heen?
31 Toe neem hulle JôWsef se kleed, en hulle laat
‘n bok doodbloei en steek die kleed in die bloed,
32 en hulle stuur die lang kleed weg en laat dit
na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit
die kleed van u seun is of nie.
33 En hy het dit herken en gesê: Die kleed van my
seun! ’n Besoedelde wese het hom opgevreet. JôWsef is uitmekaar geruk!
34 Toe skeur Jakob sy klere en trek ’n roukleed om
sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
35 En al sy seuns en al sy dogters het moeite
gedoen om hom te troos, maar hy het geweier om hom te laat troos en gesê: Nee,
treurende sal ek na my seun in die Doderyk/Sheol afdaal! So het sy vader hom
dan beween.
36 En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan
Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
38 IN dié tyd het JeHûWdah afgetrek, van sy broers
af weg, en uitgedraai na ’n man van Adúllam met die naam van Hira.
2 En JeHûWdah het daar die dogter van ’n
Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het haar geneem en by haar
ingegaan.
3 En sy het bevrug geword en ’n seun gebaar, en sy
het hom Er genoem.
4 Daarna het sy weer bevrug geword en ’n seun
gebaar en hom Onan genoem.
5 En sy het nog weer ’n seun gebaar en hom Sela
genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het.
6 En JeHûWdah het vir Er, sy eersgeborene, ’n vrou
geneem, en haar naam [was] Tamar.
7 Maar Er, die eersgeborene van JeHûWdah, was
besoedel in die Oë van JaHWeH. Daarom het JaHWeH hom laat sterwe. [Boekrol van die Opregte
45:24]
8 Toe sê JeHûWdah vir Onan: Gaan in by die vrou
van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ’n
saadlyn.
9 Maar Onan het geweet dat die saadlyn nie syne
sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan,
dit op die Aarde verderwe om vir sy broer geen saadlyn te gee nie.
10 En dit was verkeerd in die Oë van JaHWeH wat hy
gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe. [Boekrol van die Opregte 45:26]
11 Toe sê JeHûWdah vir Tamar, sy skoondogter: Bly
’n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het
gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die
huis van haar vader.
12 En ná verloop van geruime tyd het die dogter
van Sua, die vrou van JeHûWdah, gesterwe. En toe JeHûWdah klaar getreur het,
het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend
Hira, die Adullamiet.
13 En hulle het Tamar te kenne gegee en gesê: Kyk,
jou skoonvader gaan op na Timna om sy kleinvee te skeer.
14 Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit
en bedek haar met ’n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang
van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword
het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.
15 Toe JeHûWdah haar sien, het hy haar vir ’n hoer
gehou, omdat sy haar gesig toegebind het;
16 en hy het na haar uitgedraai by die pad en
gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy
skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?
17 En hy antwoord: Ek sal jou ’n boklam van die
kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy ’n pand gee totdat jy dit stuur.
18 En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee?
Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is.
Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.
19 En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier
afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.
20 En JeHûWdah het die boklam gestuur deur middel
van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan
haal. Maar hy het haar nie gevind nie.
21 Toe vra hy die manne van haar woonplek: Waar is
daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer
nie.
22 Daarop gaan hy na JeHûWdah terug met die berig:
Ek het haar nie gevind nie. En die manne van die plek het ook gesê: Hier was
geen hoer nie.
23 Toe sê JeHûWdah: Laat sy dit hou, dat ons nie
’n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar
nie gevind nie.
24 Ná omtrent drie maande het hulle JeHûWdah laat
weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur
hoerery! En JeHûWdah sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.
25 Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar
skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger.
En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf
behoort.
26 En JeHûWdah het dit herken en gesê: Sy het reg
teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar
verder nie meer beken nie.
27 En toe sy sou baar, was daar ’n tweeling in
haar skoot.
28 En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek;
en die vroedvrou het dit gegryp en ’n rooi draad om sy hand gebind en gesê:
Hierdie een is eerste gebore.
29 Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy
broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres
genoem.
30 En daarna is sy broer gebore aan wie se hand
die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.
39 EN JôWsef is afgebring na Egipte; en Pótifar, ’n
hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom
gekoop uit die hand van die Jismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
2 En JaHWeH was met JôWsef, sodat hy ’n
voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy meester, die Egiptenaar,
gebly.
3 En toe sy meester sien dat JaHWeH met hom was,
en dat alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig is,
4 het JôWsef guns in sy oë gevind en hom gedien;
en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom
oorgegee.
5 En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en
oor alles wat in sy besit was, het JaHWeH die huis van die Egiptenaar geseën
ter wille van JôWsef; ja, die seën van JaHWeH was by alles wat syne was, in die
huis en op die veld.
6 En hy het alles wat syne was, aan JôWsef
oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die
brood wat hy geëet het. En JôWsef was skoon van gestalte en mooi van aansien.
7 Ná hierdie dinge het die vrou van sy meester
haar oë na JôWsef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.
8 Maar hy het geweier en aan die vrou van sy
meester gesê: Kyk, deur my is dit dat my meester geen kennis neem van wat in
die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.
9 Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en
het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie
groot besoedeling doen en oortree teen Elohim?
10 En nadat sy met JôWsef dag na dag gespreek het,
en hy na haar nie wou luister om langs haar te lê om met haar gemeenskap te hou
nie,
11 kom hy eendag in die huis om sy werk te doen
terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.
12 Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou
gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en
na buite geloop.
13 Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand
laat bly en buitentoe gevlug het,
14 roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle:
Kyk, hy het vir ons ’n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy
het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;
15 en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu,
het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.
16 En sy het sy kleed langs haar neergelê totdat
sy meester tuisgekom het.
17 En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek
en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om
met my gek te skeer;
18 en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy
kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.
19 Toe sy meester die woorde hoor waarmee sy vrou
hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen - het hy baie kwaad geword;
20 en die meester van JôWsef het hom laat vang en
hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning
opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.
21 Maar JaHWeH was met JôWsef, en Hy het Medelye
aan hom bewys en aan hom guns verleen in die oë van die owerste van die
gevangenis.
22 En die owerste van die gevangenis het almal wat
in die gevangenis opgesluit was, aan JôWsef toevertrou; en alles wat daar te
doen was, het hy gedoen.
23 Die owerste van die gevangenis het glad nie na
iets omgesien wat aan hom toevertrou was nie, omdat JaHWeH met hom was; en wat
hy doen, het JaHWeH voorspoedig laat wees.
40 NÁ hierdie
dinge het die skinker van die koning van
Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle meester, die koning van Egipte,
2 sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee
hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers.
3 En hy het hulle in bewaring gegee in die huis
van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar JôWsef gevange
was.
4 En die owerste van die lyfwag het JôWsef by
hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was ’n tyd lank in bewaring.
5 En hulle het altwee ’n droom gehad, elkeen sy
droom, in dieselfde nag, elkeen ’n droom met besondere betekenis, die skinker
en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit
het.
6 En JôWsef het die volgende môre by hulle gekom
en gesien dat hulle ontstemd was.
7 Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom
in bewaring was in die huis van sy meester, en sê: Waarom lyk julle aangesig
vandag so droewig?
8 En hulle antwoord hom: Ons het ’n droom gehad,
en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En JôWsef vra hulle: Is uitlegging
nie ’n saak van Elohim nie? Vertel my tog.
9 Toe vertel die voorman van die skinkers aan
JôWsef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar ’n wingerdstok voor my
aangesig,
10 en aan die wingerdstok was drie ranke; en
skaars het sy gebot of haar bloeisel was uit, haar trosse het ryp druiwe
geword.
11 En die beker van Farao was in my hand. En ek
het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in
die handpalm van Farao gegee.
12 Toe sê JôWsef vir hom: Dit is die uitlegging
daarvan: die drie ranke is drie dae.
13 Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef - jou
in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos
vroeër toe jy sy skinker was.
14 Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed
gaan, en betoon tog medelye aan my en maak melding van my by Farao en bring my
uit hierdie huis uit;
15 want ek is gesteel, ja gesteel, uit die Aarde
van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis
gesit het nie.
16 Toe die voorman van die bakkers sien dat hy ’n
suiwer uitlegging gegee het, sê hy aan JôWsef: Ook in my droom - toe was daar
drie mandjies met witbrood op my hoof.
17 en in die boonste mandjie was allerhande
eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die
mandjie bo-op my hoof weggepik.
18 Toe antwoord JôWsef en sê: Dit is die
uitlegging daarvan - die drie mandjies is drie dae.
19 Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou
verhef - hy sal jou aan ’n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af
wegpik.
20 En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao,
het hy ’n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die
skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars
verhef -
21 hy het die voorman van die skinkers herstel in
sy skinkersamp, sodat hy die beker in die handpalm van Farao kon gee,
22 maar die voorman van die bakkers het hy
opgehang - soos JôWsef dit aan hulle uitgelê het.
23 En die voorman van die skinkers het nie aan
JôWsef gedink nie, maar hom vergeet.
41 NÁ verloop
van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;
2 en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op
wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in die
rietgras.
3 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die
Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die
ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.
4 En die koeie wat lelik van aansien en maer van
vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het
Farao wakker geword.
5 En hy het weer aan die slaap geraak en nog ’n
keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel;
6 en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en
deur die oostewind verskroei was;
7 en die maer are het die sewe vet en vol are
verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ’n droom!
8 Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die
towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy
droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.
9 Toe het die voorman van die skinkers met Farao
gespreek en gesê: Ek moet vandag my oortredinge in gedagtenis bring.
10 Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my
in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman
van die bakkers.
11 En ons het in dieselfde nag ’n droom gehad, ek
en hy; ons het gedroom, elkeen ’n droom met besondere betekenis.
12 En daar was by ons ’n Hebreeuse jongman, ’n
kneg van die owerste van die lyfwag - aan hom het ons dit vertel, en hy het ons
drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.
13 En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit
gebeur - my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.
14 Toe laat Farao JôWsef roep, en hulle het hom
gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek;
en hy het by Farao gekom.
15 Toe sê Farao vir JôWsef: Ek het ’n droom gehad,
en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat
jy ’n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.
16 En JôWsef het Farao geantwoord en gesê: Niks
vir my nie! Elohim sal Farao ’n gunstige antwoord gee.
17 Toe sê Farao vir JôWsef: Kyk, ek het in my
droom gestaan op die wal van die Nyl,
18 en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat
vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras.
19 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op,
skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik
in die ganse Aarde van Egipte nie gesien nie.
20 En die maer en lelike koeie het die sewe eerste
vet koeie opgeëet:
21 dié het in hulle maag ingegaan, maar dit kon
nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik
soos in die begin. Toe het ek wakker geword.
22 Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe
vol en mooi are skiet op aan een steel.
23 En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor,
maer en deur die oostewind verskroei was;
24 en die sewe maer are het die sewe mooi are
verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my
inligting gee nie.
25 Toe sê JôWsef vir Farao: Die droom van Farao is
een en dieselfde. Wat die Elohim van plan is om te doen, het Hy aan Farao te
kenne gegee.
26 Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe
mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.
27 En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle
opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are
sal sewe jare van hongersnood wees.
28 Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het:
wat die Elohim van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.
29 Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in
die hele Aarde van Egipte;
30 maar daarna sal sewe jare van hongersnood
aanbreek, en al die oorvloed sal in die Aarde van Egipte vergeet word, en die
hongersnood sal die Aarde verteer.
31 En van die oorvloed sal in die Aarde niks
gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie
swaar wees.
32 En wat dit betref dat die droom twee maal vir
Farao herhaal is - dit is omdat die saak deur die Elohim vas besluit is en die
Elohim dit gou sal doen.
33 Laat Farao dan nou uitkyk na ’n verstandige en
wyse man en hom aanstel oor die Aarde van Egipte.
34 Farao moet so maak en opsigters oor die Aarde
aanstel en in die sewe jare van oorvloed ‘n vyfde deel hef van die Aarde van
Egipte.
35 En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie
jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in
die stede en dit wegbêre.
36 So sal dan die voedsel ’n voorraad wees vir die
Aarde vir die sewe jare van hongersnood wat in die Aarde van Egipte sal kom,
sodat die Aarde nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.
37 En die woord was goed in die oë van Farao en
van al sy dienaars.
38 Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons
wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van Elohim is?
39 En Farao sê vir JôWsef: Aangesien Elohim dit
alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie.
40 Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet
my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy.
41 Verder het Farao vir JôWsef gesê: Kyk, ek stel
jou aan oor die hele Aarde van Egipte.
42 Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en
sit dit aan die hand van JôWsef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en
die goue ketting om sy hals gehang
43 en hom laat ry op sy tweede rytuig; en hulle
het voor hom uitgeroep: Pas op! So het hy hom dan oor die hele Aarde van Egipte
aangestel.
44 En Farao sê vir JôWsef: Ek is Farao, maar
sonder jou mag niemand sy hand of voet in die hele Aarde van Egipte verroer
nie.
45 En Farao het JôWsef genoem Sáfenat-Panéag en
aan hom Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, as vrou gegee. En
JôWsef het uitgetrek oor die Aarde van Egipte.
46 En JôWsef was dertig jaar oud toe hy voor die
aangesig van Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en JôWsef het van Farao
af weggegaan en die hele Aarde van Egipte deurgetrek.
47 En die Aarde het met handevol opgelewer in die
sewe jare van oorvloed.
48 Toe het hy al die voedsel van die sewe jare
versamel wat in die Aarde van Egipte gekom het, en voedsel in die stede
weggesit - die voedsel van die landerye wat rondom elke stad was, het hy in
haar midde weggesit.
49 So het JôWsef dan ’n baie groot hoeveelheid
koring opgehoop soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel,
want dit was ontelbaar.
50 En vir JôWsef is twee seuns gebore - voordat
die jaar van hongersnood gekom het - wat Asenat, die dogter van Potiféra, die
priester van On, vir hom gebaar het.
51 En JôWsef het die eersgeborene Manasse genoem;
want, [het hy gesê], Elohim het my al my moeite laat vergeet en ook die hele
huis van my vader.
52 En die tweede het hy Efraim genoem; want, [het
hy gesê], Elohim het my vrugbaar gemaak in die Aarde van my ellende.
53 Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in
die Aarde van Egipte was, ten einde gekom,
54 en die sewe jare van hongersnood het begin
aankom soos JôWsef voorspel het. En daar was hongersnood in al die dele van die
Aarde, maar in die Aarde van Egipte was daar brood.
55 En toe die hele Aarde van Egipte honger gely en
die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao aan al die Egiptenaars: Gaan na
JôWsef, doen wat hy julle sê.
56 En die hongersnood was oor die hele aangesig
van die Aarde, en JôWsef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die
Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in die Aarde van Egipte.
57 En die hele Aarde het na JôWsef in Egipte gekom
om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die Aarde.
42 TOE Jakob merk dat daar koring in Egipte was, het
Jakob aan sy seuns gesê: Wat kyk julle so na mekaar?
2 En hy sê: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in
Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en
nie sterwe nie.
3 Daarop het tien van JôWsef se broers afgetrek om
koring uit Egipte te koop.
4 Maar Benjamin, die broer van JôWsef, het Jakob
nie saam met sy broers gestuur nie; want hy het gedink: Altemit kan ’n teëspoed
hom oorkom.
5 So het die seuns van JisraEl dan gekom om koring
te koop onder diegene wat daar aangekom het; want daar was hongersnood in die
Aarde van Kanaän.
6 En JôWsef was die maghebber oor die Aarde, hy
wat aan al die volke van die Aarde koring verkoop het; daarom het die broers
van JôWsef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die Aarde gebuig.
7 Sodra JôWsef sy broers sien, het hy hulle herken
maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en vir hulle
gesê: Waar kom julle vandaan? En hulle antwoord: Uit die Aarde van Kanaän om
voedsel te koop.
8 En JôWsef het sy broers herken, maar hulle het
hom nie herken nie.
9 Toe dink JôWsef aan die drome wat hy aangaande
hulle gedroom het; en hy sê vir hulle: Julle is spioene, julle het gekom om te
kyk waar die Aarde oop is.
10 Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my meester,
maar u dienaars het gekom om voedsel te koop.
11 Ons is almal seuns van een man, ons is eerlik;
u dienaars is geen spioene nie.
12 Toe sê hy vir hulle: Nee, maar julle het gekom
om te kyk waar die Aarde oop is.
13 En hulle antwoord: U dienaars is twaalf in
getal, ons is broers, seuns van een man in die Aarde van Kanaän; en kyk, die
jongste is nou by ons vader, maar die een is daar nie meer nie.
14 Toe sê JôWsef vir hulle: Dit is wat ek julle
gesê het: Julle is spioene!
15 Hieraan sal julle getoets word: so waar as
Farao leef, julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer
hierheen kom nie.
16 Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan
haal, maar julle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets
word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is
spioene!
17 Daarop het hy hulle saam drie dae lank in
bewaring laat hou.
18 En op die derde dag sê JôWsef vir hulle: Doen
dit, dan sal julle lewe; ek Vrees die Elohim!
19 As julle eerlik is, laat een van julle broers
gevange bly in die huis waar julle in bewaring is; maar gaan júlle, bring die
koring vir die honger van julle huisgesinne weg,
20 en bring julle jongste broer na my toe - dan
sal julle woorde waar gemaak word, en julle sal nie sterwe nie. En hulle het so
gedoen.
21 Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar, ons boet nou
vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons
gesmeek het en ons nie geluister het nie - daarom kom hierdie benoudheid oor
ons.
22 Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir
julle gesê nie: Oortree nie teen die seun nie? Maar julle het nie geluister
nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geëis.
23 En hulle het nie geweet dat JôWsef dit verstaan
nie, want daar was ’n tolk tussen hulle.
24 Toe draai hy hom van hulle af weg en ween.
Daarna het hy na hulle teruggegaan en met hulle gespreek; en hy het Símeon
onder hulle uitgeneem en hom voor hulle oë gebind.
25 Daarop gee JôWsef bevel om hulle sakke vol
koring te maak en elkeen se silwer weer in sy sak te sit en om aan hulle padkos
vir die reis saam te gee. En so is aan hulle gedoen.
26 En hulle het die koring op hulle esels gelaai
en daar weggetrek.
27 En toe die een sy sak oopmaak om sy esel in die
herberg voer te gee, sien hy sy silwer; en kyk, dit was somaar bo in sy sak!
28 En hy sê vir sy broers: My silwer is
teruggegee; hier lê dit dan ook in my sak! Toe het hulle hart hul begewe, en
hulle draai verskrik na mekaar toe en sê: Wat het Elohim ons nou aangedoen?
29 En hulle het by hul vader Jakob in die Aarde
van Kanaän gekom en hom alles vertel wat hulle wedervaar het en gesê:
30 Die man, die meester van die Aarde, het ons
hard aangespreek en ons vir spioene van die Aarde gehou.
31 Maar ons het aan hom gesê: Ons is eerlik en dat
ons geen spioene is nie.
32 Ons is twaalf broers, seuns van ons vader; die een
is daar nie meer nie, en die jongste is nou by ons vader in die Aarde van
Kanaän.
33 Daarop het die man, die meester van die Aarde,
aan ons gesê: Hieraan sal ek weet dat julle eerlik is - laat een van julle
broers by my bly; en neem vir die honger van julle huisgesinne en trek weg,
34 en bring julle jongste broer na my toe; dan sal
ek weet dat julle geen spioene is nie. As julle eerlik is, sal ek julle broer
aan julle teruggee, en julle mag in die Aarde rondtrek.
35 En toe hulle hul sakke leegmaak, was elkeen se
sakkie silwer daar in sy sak! En toe hulle hul sakkie silwer sien, hulle en hul
vader, was hulle bevrees.
36 Daarop sê Jakob, hulle vader, vir hulle: Julle
beroof my van kinders. JôWsef is weg! En Símeon is weg! En Benjamin wil julle
wegneem! Alles is teen my!
37 Toe spreek Ruben sy vader aan en sê: U kan my
twee seuns doodmaak as ek hom nie na u terugbring nie. Vertrou hom aan my toe,
en ék sal hom na u terugbring.
38 Maar hy sê: My seun sal nie saam met julle
aftrek nie, want sy broer is dood, en hy het alleen oorgebly; en as leed hom
oorkom op die pad wat julle sal gaan, dan sal julle my grys hare met kommer in
die Doderyk/Sheol laat afdaal.
43 EN die hongersnood was swaar in die Aarde.
2 En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring
het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer ’n bietjie
voedsel.
3 Toe het JeHûWdah hom geantwoord: Die man het ons
uitdruklik gewaarsku en gesê: Julle sal my aangesig nie sien as julle broer nie
by julle is nie.
4 As u ons broer saam met ons stuur, sal ons
aftrek en vir u voedsel koop;
5 maar as u hom nie stuur nie, sal ons nie aftrek
nie; want die man het aan ons gesê. Julle sal my aangesig nie sien as julle
broer nie by julle is nie.
6 Toe sê JisraEl: Waarom het julle so verkeerd
teen my gehandel deur die man te vertel dat julle nog ’n broer het?
7 En hulle antwoord: Die man het uitdruklik na ons
en ons familie gevra met die woorde: Lewe julle vader nog? Het julle nog ’n
broer? Toe het ons hom dit te kenne gegee volgens hierdie woorde. Kon ons dan
ooit weet dat hy sou sê: Bring julle broer af?
8 Daarop sê JeHûWdah aan sy vader JisraEl: Stuur
die seun saam met my; dan sal ons klaarmaak en wegtrek, sodat ons kan lewe en
nie sterwe nie - ons en ook u en ons kinders nie.
9 Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom
eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u
skuldig staan.
10 Ja, as ons nie getalm het nie, waarlik dan was
ons nou al twee maal terug.
11 Toe het JisraEl, hulle vader, vir hulle gesê:
As dit so is, doen dan dit: neem van die beste produkte van die Aarde in julle
sakke en bring vir die man ’n geskenk af - bietjie balsem en bietjie heuning,
speserye en gom, neute en amandels;
12 en neem dubbel soveel silwer met julle saam en
bring die silwer wat weer bo in julle sakke gesit is, met julle saam terug.
Miskien was dit ’n vergissing.
13 En neem julle broer - maak julle klaar en gaan
terug na die man.
14 En mag El, die Almagtige, julle Barmhartigheid
verleen voor die aangesig van die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin
saam met julle kan laat trek! En ek - as ek van kinders beroof is, dan is ek
beroof.
15 Daarop neem die manne dié geskenk, en hulle
neem dubbel soveel silwer saam met hulle en ook Benjamin, en hulle het
klaargemaak en na Egipte afgetrek en voor die aangesig van JôWsef gaan staan.
16 Toe JôWsef Benjamin by hulle sien, sê hy aan
die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak
dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet.
17 En die man het gedoen soos JôWsef beveel het,
en die man het die manne in die huis van JôWsef gebring.
18 En die manne het gevrees, omdat hulle in die
huis van JôWsef gebring is, en gesê: Ter wille van die silwer wat die vorige
keer in ons sakke teruggekom het, word ons ingebring om ons te oorrompel, ons
te oorval en ons as slawe te neem, saam met ons esels.
19 Daarom het hulle nader gekom na die man wat oor
die huis van JôWsef was, en met hom gespreek by die ingang van die huis
20 en gesê: Ag, my meester, ons het die vorige
keer net afgetrek om voedsel te koop,
21 maar toe ons in die herberg kom en ons sakke
oopmaak, was elkeen se silwer bo in sy sak - ons silwer volgens sy gewig - en
ons het dit saam met ons teruggebring.
22 Ons het ook ander silwer saam met ons afgebring
om voedsel te koop. Ons weet nie wie ons silwer in ons sakke gesteek het nie.
23 Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang
wees nie! Julle Elohey en die Elohey van julle vader het julle ’n skat in jul
sakke gegee. Julle silwer het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle
uitgebring.
24 En die man het die manne in die huis van JôWsef
gebring en water [aan hulle] gegee, en hulle het hul voete gewas; hy het ook
hulle esels voer gegee.
25 En hulle het die geskenk reggemaak teen [die
tyd] dat JôWsef die middag sou kom, want hulle het gehoor dat hulle daar brood
sou eet.
26 Toe JôWsef dan in die huis kom, het hulle vir
hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na
die Aarde toe.
27 En hy het hulle na hul welstand gevra en gesê:
Gaan dit goed met julle ou vader van wie julle gespreek het? Leef hy nog?
28 En hulle antwoord: Dit gaan goed met u dienaar,
ons vader; hy lewe nog. En hulle het hul eerbiedig neergebuig.
29 Toe slaan hy sy oë op en sien sy broer
Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie
julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag Elohim jou barmhartig wees, my
seun!
30 En JôWsef het gou gemaak, want sy binneste was
ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan
en daar geween.
31 Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hom
bedwing en gesê: Bring die ete op!
32 Toe bring hulle dit op vir homself en vir hulle
vir hulleself en vir die Egiptenaars vir hulle self want die Egiptenaars mag
nie saam met die Hebreërs brood [eet] nie, omdat dit vir die Egiptenaars ’n
gruwel is.
33 En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die
eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die
manne mekaar verbaas aan.
34 Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van
die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was vyf hande groter
as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom dronk
geword.
44 TOE gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en
sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan
vervoer, en sit elkeen se silwer bo in sy sak;
2 en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die
jongste se sak sit saam met die silwer vir sy koring. En hy het gehandel
volgens die woord wat JôWsef gespreek het.
3 Toe dit die môre lig word, het hulle die manne
laat trek, hulle met hul esels.
4 Hulle het uit die stad uitgetrek, hulle was nog
nie ver nie toe JôWsef aan die opsigter oor sy huis sê: Maak jou klaar en jaag
die manne agterna; en as jy hulle inhaal, vra hulle dan: Waarom het julle kwaad
vir goed vergelde?
5 Is dit nie die ding waaruit my meester drink en
waarmee hy altyd voorspel nie? Julle het verkeerd gehandel met wat julle gedoen
het.
6 En hy het hulle ingehaal en hierdie woorde aan
hulle meegedeel.
7 Toe sê hulle vir hom: Waarom spreek my meester
sulke woorde? Dit is ver van u dienaars om so iets te doen.
8 Kyk, die silwer wat ons bo in ons sakke gevind
het, het ons uit die Aarde van Kanaän aan u teruggebring - hoe sou ons dan
silwer of goud uit die huis van u meester kan steel?
9 Dié een van u dienaars by wie dit gevind word,
moet sterwe; en ons sal ook my meester se slawe wees.
10 Toe sê hy: Nou goed, laat dit wees soos julle
gesê het. Dié een by wie dit gevind word, is my slaaf. Maar júlle sal vry wees.
11 Daarop het hulle gou elkeen sy sak op die Aarde
neergesit en elkeen sy sak oopgemaak.
12 En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en
opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.
13 Toe skeur hulle hul klere, en elkeen laai sy
esel, en hulle gaan na die stad terug.
14 En JeHûWdah het saam met sy broers in die huis
van JôWsef gekom, terwyl hy nog daar was, en hulle het voor hom neergeval op
die Aarde.
15 Daarop sê JôWsef vir hulle: Wat is dit nou wat
julle gedoen het? Weet julle nie dat ’n man soos ek dit voorseggend sou
waarneem nie?
16 En JeHûWdah antwoord: Wat kan ons aan my
meester sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? Die Elohim
het die oortreding van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my meester se slawe,
ons sowel as hy by wie die beker gevind is.
17 Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen;
die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in
vrede op na julle vader.
18 Toe kom JeHûWdah nader na hom en sê: Ag, my
meester, mag u dienaar tog ’n woord spreek voor die ore van my meester, en laat
u woede nie teen u dienaar ontvlam nie, want u staan gelyk met Farao.
19 My meester het sy dienaars gevra en gesê: Het
julle ’n vader of broer?
20 En ons het my meester geantwoord: Ons het ’n ou
vader; en daar is ’n jong seun, ’n kind van die ouderdom, maar sy broer is
dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief.
21 Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na
my toe, dat ek my oog op hom kan rig.
22 En ons het my meester geantwoord: Die seun kan
sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat.
23 Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle
jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien
nie.
24 En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het
en hom die woorde van my meester te kenne gegee het,
25 het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons ’n
bietjie voedsel.
26 Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As
ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die
man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie.
27 En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle
weet dat my vrou vir my twee gebaar het -
28 die een het van my af weggegaan, en ek het
gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien
nie.
29 As julle nou hierdie een ook van my af wegneem
en hy leed oorkom, dan sal julle my grys hare met droefnis in die Doderyk/Sheol
laat afdaal.
30 As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en
die seun nie by ons is nie - omdat sy siel aan sy siel verkleef is -
31 sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie
is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in
die Doderyk/Sheol laat afdaal.
32 Want u dienaar het die seun deur borgskap van
my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek
lewenslank teenoor my vader skuldig staan.
33 Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die
seun my meester se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.
34 Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun
nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref
nie!
45 TOE kon JôWsef hom nie langer bedwing voor almal
wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar
het niemand by hom gestaan toe JôWsef hom aan sy broers bekend gemaak het nie.
2 Daarop bars hy in trane uit, sodat die
Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het.
3 En JôWsef sê vir sy broers: Ek is JôWsef! Leef
my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik
voor hom.
4 Verder sê JôWsef vir sy broers: Kom tog nader na
my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer JôWsef vir wie julle na
Egipte verkoop het.
5 Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen
ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens
te behou, het Elohim my voor julle uit gestuur.
6 Want daar was nou twee jaar hongersnood in die
Aarde, en daar is nog vyf jaar waarin nie geploeg of geoes sal word nie.
7 Maar Elohim het my voor julle uit gestuur om vir
julle ’n oorblyfsel op die Aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot
’n groot verlossing.
8 Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie,
maar die Elohim; en Hy het my ’n raadsman van Farao gemaak en ’n gebieder oor
sy hele huis en ’n regeerder in die hele Aarde van Egipte.
9 Trek gou op na my vader en sê vir hom: So spreek
u seun JôWsef: Elohim het my ’n gebieder oor die hele Aarde van Egipte gemaak.
Kom af na my, moenie versuim nie!
10 En u kan in die Aarde van Gosen woon en naby my
wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u
besit.
11 En ek sal u daar onderhou, want daar sal nog
vyf jaar hongersnood wees; sodat u nie verarm nie, u en u huis en alles wat aan
u behoort.
12 En kyk, julle oë sien dit, en die oë van my
broer Benjamin, dat dit my mond is wat met julle spreek.
13 Vertel my vader dan van al my oorvloedigheid in
Egipte en van alles wat julle gesien het, en bring my vader gou hierheen af.
14 Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en
ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween.
15 En hy het al sy broers gesoen en aan hulle
[hals] geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.
16 Toe die gerug in die huis van Farao gehoor word
dat JôWsef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy
dienaars.
17 En Farao het met JôWsef gespreek: Sê aan jou
broers: Doen dit, laai julle diere en trek weg na die Aarde van Kanaän.
18 En gaan haal julle vader en julle huisgesinne
en kom na my toe, dan sal ek julle die beste van die Aarde van Egipte gee; en
eet die vettigheid van die Aarde.
19 Jy kry dan bevel - doen dit: Neem vir julle uit
die Aarde van Egipte waens vir julle kinders en julle vroue, en vervoer julle
vader en kom.
20 En julle hoef geen spyt te hê oor julle
huisraad nie, want die beste van die hele Aarde van Egipte is julle s’n.
21 Die seuns van JisraEl het toe so gedoen; en
JôWsef het vir hulle waens verskaf volgens die bevel van Farao en hulle padkos
gegee vir die reis.
22 Hy het aan hulle almal, man vir man, ’n stel
nuwe klere gegee; maar aan Benjamin het hy driehonderd [sikkels] silwer en vyf
stel nuwe klere gegee.
23 En net so het hy ook aan sy vader gestuur tien
esels, gelaai met die beste goed van Egipte, en tien eselinne, gelaai met
koring en brood en voedsel vir sy vader op die reis.
24 Daarop het hy sy broers weggestuur, en hulle
het vertrek; en hy het aan hulle gesê: Moenie vir mekaar kwaad word op die pad
nie.
25 En hulle het opgetrek uit Egipte en in die
Aarde van Kanaän aangekom by hulle vader Jakob.
26 Toe hulle hom vertel: JôWsef lewe nog - en dat
hy regeerder is in die hele Aarde van Egipte - het sy hart beswyk, want hy het
hulle nie geglo nie.
27 Maar toe hulle hom al die woorde van JôWsef te
kenne gee wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat JôWsef
gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig
geword.
28 En JisraEl het gesê: Dit is genoeg! My seun
JôWsef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe.
46 EN JisraEl het weggetrek met alles wat aan hom
behoort het, en in Berséba gekom; en hy het slagdiere geslag aan die Elohey van
sy vader Isak.
2 En Elohim het tot JisraEl gespreek in naggesigte
en gesê: Jakob, Jakob! En hy antwoord: Hier is ek!
3 Toe sê Hy: Ek is El, die Elohey van jou vader.
Moenie bevrees wees om na Egipte af te trek nie, want Ek sal jou daar ’n groot
nasie maak.
4 Ek sal saam met jou aftrek na Egipte, en Ek sal
jou gewis ook weer laat optrek; en JôWsef sal jou oë toedruk.
5 Daarna het Jakob weggetrek van Berséba af. En
die seuns van JisraEl het hulle vader Jakob met hulle kinders en hulle vroue op
die waens gelaai wat Farao gestuur het om hom te vervoer.
6 En hulle het hul vee en besittings geneem wat
hulle in die Aarde van Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele
saadlyn saam met hom:
7 sy seuns en sy kleinseuns saam met hom; sy
dogters en kleindogters en sy hele saadlyn het hy saam met hom in Egipte
gebring.
8 En dit is die name van die seuns van JisraEl wat
in Egipte gekom het - Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.
9 En die seuns van Ruben: Henog en Pallu en Hesron
en Karmi.
10 En die seuns van Símeon: JemuEl en Jamin en
Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou.
11 En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.
12 En die seuns van JeHûWdah: Er en Onan en Sela
en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die Aarde van Kanaän; en die
seuns van Peres was Hesron en Hamul.
13 En die seuns van Issaskar: Tola en Puwa en Job
en Simron.
14 En die seuns van Sébulon: Sered en Elon en
JagleEl.
15 Dit is die seuns van Lea wat sy vir Jakob
gebaar het in Paddan-Aram, saam met sy dogter Dina; al die siele van sy seuns
en dogters was drie-en-dertig.
16 En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en
Esbon, Eri en Aródi en Areëli.
17 En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi
en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en MalkiEl.
18 Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy
dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.
19 Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: JôWsef
en Benjamin.
20 En vir JôWsef is in die Aarde van Egipte gebore
Manasse en Efraim wat Asenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir
hom gebaar het.
21 En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en
Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard.
22 Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore
is, almal saam veertien siele.
23 En die seuns van Dan: Husim.
24 En die seuns van Náftali: JagtseEl en Guni en
Jeser en Sillem.
25 Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy
dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe
siele.
26 Al die siele wat aan Jakob behoort het en uit
sy lendene afkomstig, na Egipte gegaan het, behalwe die vroue van die seuns van
Jakob, was almal saam ses-en-sestig siele.
27 En die seuns van JôWsef wat vir hom in Egipte
gebore is, was twee siele. Al die siele van die huis van Jakob wat in Egipte
gekom het, was sewentig.
28 En hy het JeHûWdah voor hom uit gestuur na
JôWsef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die
Aarde van Gosen aangekom.
29 Toe span JôWsef sy wa in, en hy trek op, sy
vader JisraEl tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om
sy hals geval en lank aan sy hals geween.
30 En JisraEl sê vir JôWsef: Nou kan ek sterwe
nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef!
31 Daarna het JôWsef met sy broers en die huis van
sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers
en die huis van my vader wat in die Aarde van Kanaän was, het na my gekom.
32 En die manne is herders van kleinvee - want
hulle was veeboere - en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle
besit, saamgebring.
33 En as Farao julle laat roep en sê: Wat is julle
nering?
34 dan moet julle antwoord: U dienaars was
veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders - sodat julle in
die Aarde van Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die
Egiptenaars ’n gruwel.
47 DAAROP het JôWsef gekom en aan Farao vertel en
gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle
besit, het gekom uit die Aarde van Kanaän, en daar is hulle nou in die Aarde
van Gosen.
2 En hy het uit die getal van sy broers vyf man
saamgeneem en hulle voorgestel voor die aangesig van Farao.
3 Toe sê Farao aan sy broers: Wat is julle nering?
En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons
vaders.
4 Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as
vreemdelinge in die Aarde te vertoef, want daar is geen weiding vir die
kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die Aarde van Kanaän
swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die Aarde van Gosen woon.
5 Daarop het Farao met JôWsef gespreek en gesê:
Jou vader en jou broers het na jou gekom.
6 Die Aarde van Egipte lê voor jou oop; laat jou
vader en jou broers in die beste deel van die Aarde woon; hulle kan in die
Aarde van Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel
hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.
7 Toe bring JôWsef sy vader Jakob in en stel hom
voor die aangesig van Farao. En Jakob het Farao gegroet met ’n seënwens.
8 Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae
van jou lewensjare?
9 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die
jare van my vreemdelingskap is honderd-en-dertig jaar. Min in getal en besoedel
was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die
lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.
10 Toe het Jakob Farao gegroet met ’n seënwens en
van Farao af weggegaan.
11 En JôWsef het vir Jakob en sy broers woonplekke
aangewys en aan hulle besitting in die Aarde van Egipte gegee, in die beste
deel van die Aarde, in die Aarde van Raämses, soos Farao beveel het.
12 En JôWsef het sy vader en sy broers en die hele
huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.
13 En daar was in die hele Aarde geen brood nie,
want die hongersnood was baie swaar, sodat die Aarde van Egipte en die Aarde
van Kanaän uitgeput was weens die hongersnood.
14 En JôWsef het al die silwer versamel wat in die
Aarde van Egipte en in die Aarde van Kanaän te vinde was, vir die koring wat
hulle gekoop het, en JôWsef het die silwer in die paleis van Farao gebring.
15 En toe die silwer in die Aarde van Egipte en in
die Aarde van Kanaän op was, het al die Egiptenaars na JôWsef gekom en gesê:
Gee vir ons brood! En: Waarom moet ons voor u oë sterwe, want die silwer is
gedaan?
16 En JôWsef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek
dit aan julle gee vir julle vee as die silwer gedaan is.
17 Toe bring hulle hul vee na JôWsef, en JôWsef
het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste
en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van
al hulle besittings aan vee.
18 Toe dié jaar om was, het hulle na hom gekom in
die tweede jaar en vir hom gesê: Ons kan dit voor die aangesig van my meester
nie wegsteek nie, maar die silwer is op en die besitting aan vee is my meester
s’n. Daar het niks vir my meester oorgebly nie as net ons lyf en ons Aarde.
19 Waarom moet ons voor u oë te gronde
gaan, ons sowel as ons landerye? Koop ons en ons deel van die Aarde vir brood,
dan sal ons met ons deel van die Aarde aan Farao diensbaar wees; en gee
saadkoring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie, en dat die Adamah[adamiet se
Aarde] nie woes word nie.
20 So het JôWsef dan die hele Aarde van Egipte vir
Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat
die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die Aarde dan Farao se eiendom
geword.
21 En wat die volk betref - hy het hulle laat
verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end
daarvan.
22 Net die Aarde van die priesters het hy nie gekoop
nie; want die priesters het ’n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle
vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul Aarde
nie verkoop nie.
23 Toe sê JôWsef aan die volk: Kyk, ek het vandag
julle en jul Adamah[adamiet se Aarde] vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir
julle, dat julle die Aarde kan besaai.
24 En by die insameling moet julle ’n vyfde deel
aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die
grond en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding
vir julle kinders.
25 En hulle antwoord: U het ons lewe gered. Laat
ons guns mag vind in die oë van my meester, dan sal ons die dienaars van Farao
wees.
26 En JôWsef het dit ’n wet gemaak tot vandag toe
vir die saaigrond van Egipte - die vyfde deel behoort aan Farao. Net die Aarde
van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.
27 So het JisraEl dan in die Aarde van Egipte
gewoon, in die Aarde van Gosen; en hulle het vaste besittings in haar verwerf
en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
28 En Jakob het sewentien jaar in die Aarde van
Egipte gelewe, sodat die dae van Jakob, die jare van sy lewe,
honderd-sewe-en-veertig jaar was.
29 En toe die dae van JisraEl nader kom dat hy
moes sterwe, het hy sy seun JôWsef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in
jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my Guns en
Waarheid - begrawe my tog nie in Egipte nie.
30 Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my
dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel
ooreenkomstig u woord.
31 Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom
gesweer. Toe het JisraEl in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.
48 NA hierdie dinge het hulle aan JôWsef meegedeel:
Kyk, u vader is siek. Toe neem hy sy twee seuns, Manasse en Efraim, met hom
saam.
2 En hulle het aan Jakob berig gebring en gesê:
Kyk, u seun JôWsef kom na u toe. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die
bed gaan sit.
3 En Jakob het vir JôWsef gesê: El die Almagtige,
het aan my verskyn by Lus, in die Aarde van Kanaän, en my geseën
4 en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en
jou vermeerder en jou tot ’n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou saad ná
jou hierdie Aarde as ewige besitting gee.
5 Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in die Aarde
van Egipte gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en
Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon.
6 Maar jou nakomelinge wat jy na hulle verwek het,
sal joune wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se
erfdeel.
7 En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my
gesterwe in die Aarde van Kanaän, op die reis toe daar nog ’n klein stuk Aarde
was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit
is Betlehem.
8 Toe JisraEl die seuns van JôWsef sien, sê hy:
Wie is dit?
9 En JôWsef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat
Elohim my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan
seën.
10 Maar JisraEl se oë was swaar van ouderdom, hy
kon nie sien nie. En toe hy hulle by hom bring, het hy hulle gesoen en hulle
omhels.
11 En JisraEl sê vir JôWsef: Ek het geen gedagte
gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, Elohim het my ook jou saad laat
sien.
12 Daarop laat JôWsef hulle van sy knieë af
weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die Aarde toe.
13 En JôWsef neem hulle twee, Efraim met sy
regterhand, links van JisraEl, en Manasse met sy linkerhand, regs van JisraEl,
en hy bring hulle by hom.
14 Toe steek JisraEl sy regterhand uit en lê dit
op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof
van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene.
15 En hy het JôWsef geseën en gesê: Die Elohim
voor wie se Aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die Elohim wat my
as Herder versorg het, vanaf my geboorte tot vandag toe,
16 die Boodskapper, die Losser wat my uit
besoedeling [gelos] het - mag Hy die jonges seën, en mag deur hulle my naam
genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder
in die Aarde in menigte.
17 Toe JôWsef sien dat sy vader sy regterhand op
die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van
sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te
bring.
18 En JôWsef sê aan sy vader: Nie so nie, my
vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.
19 Maar sy vader weier en sê: Ek weet, my seun, ek
weet. Hy sal ook ’n volk word, en hy sal ook groot word; nogtans sal sy jongste
broer groter wees as hy, en sy saad sal ’n menigte van nasies word.
20 So het hy hulle dan dié dag geseën en gesê: Met
jou sal JisraEl ’n seën toewens, met die woorde: Mag Elohim jou maak soos
Efraim en soos Manasse! So het hy dan Efraim voor die aangesig van Manasse
gestel.
21 Daarop sê JisraEl vir JôWsef: Kyk, ek gaan
sterwe, maar Elohim sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die
Aarde van julle vaders.
22 En ék gee jou een deel van die Aarde bo jou broers, wat ek met my swaard en
my boog van die Amoriete afgeneem het. [Boekrol van die Opregte 77:47]
49 DAARNA het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom
bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal
wedervaar.
2 Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na
JisraEl, julle vader!
3 Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die
eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
4 Opbruising soos van waters - jy sal die
vernaamste nie wees nie, want jy het die bed van jou vader besoedel. Hy het my
bed beklim. [Boekrol van die Opregte 36:14]
5 Símeon en Levi is broers. Hulle wapens is
werktuie van geweld.
6 Laat my siel nie kom in hulle raad nie, laat my
gees nie eens wees met hulle vergadering nie. Want in hul woede het hulle manne
doodgeslaan, en vir hulle vreugde het hulle beeste vermink.
7 Vervloek is hulle woede, want dit is heftig; en
hulle grimmigheid, want dit is hard. Ek sal hulle verdeel in Jakob en hulle
verstrooi in JisraEl.
8 JeHûWdah, jy is dit! Jou sal jou broers loof.
Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou
vader hulle neerbuig.
9 JeHûWdah is ’n jong leeu; van die roof af het jy
opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n Leeu en soos ’n Leeuin; wie
sal hom opjaag?
10 Die Septer sal van JeHûWdah nie wyk nie, nòg
die Wetgewer tussen Sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke
gehoorsaam wees.
11 Hy maak Sy jong esel vas aan die Wingerdstok en
die vul van Sy eselin aan die edelste Wynstok; Hy was Sy kleed in wyn en Sy
gewaad in die bloed van die druiwe.
12 Hy het Oë wat meer skitter as wyn en witter van
tande as melk.
13 Sébulon sal woon by die strand van die see; en
hy sal by die strand van die skepe wees, met die sykant na Sidon toe.
14 Issaskar is ’n sterkgebeende esel wat tussen
die veekrale lê.
15 Toe hy sien dat die rus goed en die Aarde
lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.
16 Dan regeer sy volk soos ‘n septer van JisraEl.
17 Dan word ‘n slang/nagash op die pad, ’n
horingadder in die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter
agteroorval.
18 Op U Verlossing wag ek, JaHWeH!
19 Gad - ’n bende sal hom aanval, maar hy sal
hulle aan die hakskeen gryp.
20 Aser, sy spys is vet, en hy lewer koninklike
lekkernye.
21 Náftali is soos ’n wildsbok so vry, hy wat mooi
woorde laat hoor.
22 JôWsef is ’n vrugbare seun, ’n vrugbare seun by
’n fontein; sy dogters hardloop oor die muur.
23 Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom
beskiet en hom bestry,
24 maar sy boog het gebuig in sterkte, en die arms
van sy hande het sterk gebly, deur die Hande van die Magtige van Jakob -
daarvandaan waar die Herder, die Steen van JisraEl, is,
25 van die El van jou vader, wat jou help, en met
die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van die Hemele daarbo, met
seëninge van die Afgrond wat daaronder lê, met seëninge van borste en
moederskoot.
26 Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref
die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels.
Dit sal wees op die hoof van JôWsef, en op die kroontjie van sy hoof [wat ‘n]
Separatis onder sy broers [is].
27 Benjamin is ’n wolf wat verskeur; in die môre
eet hy sy prooi, en in die aand deel hy buit uit.
28 Húlle almal is die twaalf Septers van JisraEl;
en dit is wat hulle vader aan hulle gesê het, en hy het hulle geseën; hy het
hulle geseën, elkeen volgens sy besondere seën.
29 Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle
gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat
op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is;
30 in die spelonk wat op die stuk grond van
Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die Aarde van Kanaän; die stuk grond wat
Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het.
31 Daar het hulle Abraham begrawe en Sarah, sy
vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea
begrawe -
32 die stuk grond en die spelonk wat in haar is,
wat gekoop is van die seuns van Het.
33 Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee
het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy
volksgenote versamel.
50 TOE val JôWsef op sy vader se aangesig, en hy het
oor hom geween en hom gesoen.
2 En JôWsef het aan sy dienaars, die geneeshere,
bevel gegee om sy vader te balsem. En die geneeshere het JisraEl gebalsem.
3 En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so
lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank
beween.
4 En toe die dae van geween oor hom verby was, het
JôWsef met die huis van Farao gespreek en gesê: As ek dan guns in julle oë
gevind het, spreek tog dit voor die ore van Farao:
5 My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan
sterwe; in my graf wat ek vir my in die Aarde van Kanaän uitgekap het, daar
moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal
ek terugkom.
6 En Farao sê: Trek op en begrawe jou vader soos
hy jou laat sweer het.
7 Toe het JôWsef opgetrek om sy vader te begrawe,
en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom
opgetrek, en al die oudstes van die Aarde van Egipte;
8 ook die hele huis van JôWsef en sy broers en die
huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het
hulle in die Aarde van Gosen laat agterbly.
9 En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as
ruiters, sodat dit ’n baie groot trek was.
10 En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom,
wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar ’n groot en baie swaar rouklag
gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.
11 Toe die inwoners van die Aarde, die Kanaäniete,
die roubedryf by die Steekdoring-dorsvloer sien, sê hulle: Dit is ’n swaar rou
vir die Egiptenaars. Daarom het hulle dit Abel-Misraim genoem, wat oos van die
Jordaan lê.
12 En sy seuns het met hom gedoen net soos hy
hulle beveel het:
13 sy seuns het hom weggebring na die Aarde van
Kanaän en hom begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, die stuk
grond wat Abraham as eiendomsgraf gekoop het van Efron, die Hetiet, oos van
Mamre.
14 Daarna het JôWsef na Egipte teruggegaan, hy en
sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat
hy sy vader begrawe het.
15 Toe die broers van JôWsef sien dat hulle vader
dood was, het hulle gesê: Sê nou JôWsef gaan ons as vyande behandel en hy gaan
ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!
16 Daarom het hulle hierdie boodskap na JôWsef
gestuur: U vader het voor die aangesig van sy dood bevel gegee met hierdie
woorde:
17 So moet julle vir JôWsef sê: Ag, vergewe tog
die rebellie van jou broers en hulle oortredinge, want hulle het jou kwaad
aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortredinge van ons wat die Elohey van u
vader dien. En JôWsef het geween toe hulle met hom spreek.
18 En sy broers het ook self gegaan en voor hom
neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe.
19 Maar JôWsef het hulle geantwoord: Moenie
bevrees wees nie; want is ek in die plek van Elohim?
20 Want julle het wel besoedelde dinge teen my
bedink, [maar] Elohim het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is,
om ’n groot volk in die lewe te hou.
21 Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en
julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
22 En JôWsef het in Egipte gewoon, hy en die huis
van sy vader. En JôWsef het honderd-en-tien jaar gelewe.
23 En JôWsef het van Efraim kinders gesien van die
derde [geslag]. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op JôWsef
se knieë gebore.
24 En JôWsef het aan sy broers gesê: Ek gaan
sterwe, maar Elohim sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie Aarde laat
optrek na die Aarde wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.
25 En JôWsef het die seuns van JisraEl laat sweer
en gesê: As Elohim sekerlik op julle ag sal gee - bring dan my gebeente
hiervandaan op.
26 En JôWsef het gesterwe, honderd-en-tien jaar
oud. En hulle het hom gebalsem, en hy is in ’n kis gesit in Egipte.
1 Grieks. Eva
1 EN dit is die name van die seuns van JisraEl wat
in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin:
2 Ruben, Símeon, Levi en JeHûWdah;
3 Issaskar, Sébulon en Benjamin;
4 Dan en Náftali, Gad en Aser.
5 En al die siele wat uit Jakob se lende
voortgekom het, was sewentig siele. Maar JôWsef was in Egipte.
6 En JôWsef het gesterwe, en al sy broers en
daardie hele geslag.
7 Maar die kinders van JisraEl was vrugbaar en het
baie geword, en hulle het vermeerder en buitengewoon magtig geword, sodat die
Aarde vol was van hulle.
8 Toe staan daar ’n nuwe koning oor Egipte op wat
niks van JôWsef geweet het nie.
9 Dié het aan sy volk gesê: Kyk, die volk van die
kinders van JisraEl is meer en magtiger as ons.
10 Kom, laat ons ’n slinkse plan teen hulle
beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog betrokke raak,
hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die Aarde optrek
nie.
11 Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle
aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die
voorraadstede Pitom en Raämses gebou.
12 Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het
hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die
kinders van JisraEl.
13 Daarom het die Egiptenaars die kinders
van JisraEl met hardheid laat dien
14 en hulle lewe verbitter deur swaar werk met
klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye - al dié werk wat
hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
15 En die koning van Egipte het met die Hebreeuse
vroedvroue - die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua - gespreek
16 en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by ’n
geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit ’n seun is, maak hom
dood; maar is dit ’n dogter, laat haar lewe.
17 Maar die vroedvroue het die Elohim gevrees en
nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die
seuntjies laat lewe.
18 Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue
roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat
lewe?
19 En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse
vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk - voordat die
vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.
20 Maar Elohim het aan die vroedvroue weldadigheid
bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.
21 En omdat die vroedvroue die Elohim gevrees het,
het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.
22 Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al
die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan
julle laat lewe.
2 EN ’n man uit die huis van Levi het gegaan en ’n
dogter van Levi geneem.
2 En die vrou het swanger geword en ’n seun
gebaar. En toe sy sien dat hy suiwer was, het sy hom drie mane [se dae]
weggesteek. [Openbaring 12:2]
3 Maar toe sy hom nie langer verborge kon hou nie,
het sy vir hom ’n Ark van biesies geneem en haar met lymgrond en pik bestryk;
en sy het die seuntjie in haar neergelê en haar in die riete aan die kant van
die rivier gesit.
4 En sy suster het op ’n afstand gaan staan om te
wete te kom wat met hom sou gebeur.
5 En Farao se dogter het na die Nyl afgegaan om ’n
bad te neem, terwyl haar diensmeisies aan die kant van die Nyl heen en weer
geloop het. Toe sien sy die Ark tussen die riete en stuur haar slavin en laat
dit haal.
6 Nadat sy haar oopgemaak het, sien sy die kind,
en kyk, dit was ’n seuntjie wat huil! En sy het hom jammer gekry en gesê: Dit
is een van die kinders van die Hebreërs.
7 Toe sê sy suster aan die dogter van Farao: Sal
ek vir u ’n pleegmoeder uit die Hebreeuse vroue gaan roep, dat sy vir u die
seuntjie kan soog?
8 En Farao se dogter antwoord haar: Ja. En die
jongmeisie het geloop en die seuntjie se moeder geroep.
9 Daarop sê Farao se dogter vir haar: Neem hierdie
seuntjie en soog hom vir my, en ek sal jou loon gee. En die vrou het die
seuntjie geneem en hom gesoog.
10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy
hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moshè genoem
en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.
11 En in dié dae toe Moshè al groot was, het hy na
sy broers uitgegaan en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ’n
Egiptiese man ’n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.
12 En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy
sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die
sand begrawe.
13 Die volgende dag het hy weer uitgegaan, en daar
was twee Hebreeuse manne wat met mekaar veg. Hy vra toe vir die boosdoener:
Waarom slaan jy jou naaste?
14 En hy antwoord: Wie het jou as owerste en
regter oor ons aangestel? Dink jy om my dood te slaan soos jy die Egiptenaar
omgebring het? En Moshè het gevrees en gesê: Waarlik, die saak het bekend
geword!
15 En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer
om Moshè dood te maak. Maar Moshè het van Farao af weggevlug en in die Aarde
van Mídian gaan woon. En hy het by ’n put gesit.
16 En die priester van Mídian het sewe dogters
gehad: dié het gekom om te put en die drinkbakke vol te maak om hulle vader se
kleinvee te laat drink.
17 Maar die veewagters het gekom en hulle
weggedrywe. Toe staan Moshè op en help hulle en laat hulle vee drink.
18 En toe hulle by hul vader Rehuel kom, sê hy:
Waarom kom julle vandag so gou?
19 En hulle antwoord: ’n Egiptiese man het ons uit
die hand van die veewagters verlos; en hy het ook volop vir ons geput en die
vee laat drink.
20 Daarop sê hy vir sy dogters: En waar is hy?
Waarom het julle die man dan daar laat staan? Roep hom, dat hy brood kan eet.
21 En Moshè het ingewillig om by die man te bly,
en hy het aan Moshè sy dogter Sippóra gegee.
22 En toe sy ’n seun baar, het hy hom Gersom
genoem. Want hy het gesê: Ek het ’n besoeker in ’n vreemde deel van die Aarde
geword.
23 En in daardie lang tyd het die koning van Egipte
gesterwe. En die kinders van JisraEl het gesug en geweeklaag vanweë die
slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot die
Elohim.
24 En Elohim het hulle gekerm gehoor, en Elohim
het gedink aan Sy Verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.
25 En Elohim het die kinders van JisraEl
aangesien, en Elohim het kennis geneem.
3 EN Moshè het die kleinvee opgepas van sy
skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En toe hy die kleinvee agter die
wildernis gedryf het, kom hy by die Berg van die Elohim, by Horeb.
2 Daarop verskyn die Boodskapper van JaHWeH aan
hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos
in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
3 En Moshè sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie
groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie.
4 Toe JaHWeH sien dat hy nuuskierig nader kom,
roep Elohim na hom uit die doringbos en sê: Moshè, Moshè! En hy antwoord: Hier
is ek.
5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene
van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is Adamah[adamiet se Aarde]
van Apartheid.
6 Verder sê Hy: Ek is die Elohey van jou vader,
die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob. Toe het Moshè
sy aangesig verberg, want hy was bevrees om die Elohim aan te sien.
7 En JaHWeH sê: Ek het duidelik gesien die ellende
van My volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers
gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. [Wysheid van Sirah 24:8]
8 Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand
van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie Aarde na ’n
suiwer en wye Aarde, na ’n Aarde wat oorloop van melk en heuning, na die
woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.
9 En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders
van JisraEl het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die
Egiptenaars hulle verdruk.
10 Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan
stuur; en lei My volk, die kinders van JisraEl, uit Egipte uit.
11 Maar Moshè het tot die Elohim gespreek: Wie is
ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van JisraEl uit Egipte sou
lei?
12 En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal
vir jou ’n Teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei
het, sal julle die Elohim op hierdie berg dien.
13 Hierop het Moshè tot die Elohim gespreek: Maar
as ek by die kinders van JisraEl kom en aan hulle sê: Die Elohey van julle
vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is Sy Naam? - wat moet ek
hulle antwoord?
14 En Elohim sê vir Moshè: EK IS WAT HY IS. Ook sê
Hy: So moet jy die kinders van JisraEl antwoord: EK IS het my na julle gestuur.
[JeHôWganan
8:18; Openbaring 1:8]
15 Toe sê Elohim verder vir Moshè: Dit moet jy aan
die kinders van JisraEl meedeel: JaHWeH, die Elohey van julle vaders, die
Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob, het my na julle
gestuur. Dit is My Naam vir ewig, en dit is My Gedenkteken van geslag tot
geslag. [Boekrol
van die Opregte 79:43]
16 Gaan heen en versamel die oudstes van JisraEl
en sê vir hulle: JaHWeH, die Elohey van julle vaders, het aan my verskyn, die
Elohey van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle
en op wat julle in Egipte aangedoen is.
17 Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die
ellende van Egipte laat optrek na die Aarde van die Kanaäniete en Hetiete en
Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, na ’n Aarde wat oorloop van melk
en heuning.
18 En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met
die oudstes van JisraEl na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom
sê: JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog
drie dagreise ver die wildernis intrek en aan JaHWeH, onse Elohey, slag.
19 Maar Ek weet dat die koning van Egipte julle
nie sal laat gaan nie, ook nie deur die Sterke Hand nie.
20 En Ek sal My Hand uitstrek in hul midde en
Egipte tref met al My [buitengewone] wonders wat Ek daarin sal doen; en daarna
sal hy julle laat trek.
21 En Ek sal aan hierdie volk guns verleen in die
oë van die Egiptenaars; en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek
nie,
22 maar elke vrou moet van haar buurvrou en van
haar wat in haar huis vertoef, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. En julle
moet dit op julle seuns en dogters sit, en so Egipte berowe.
4 TOE antwoord Moshè en sê: Maar as hulle my nie
glo en na my stem nie luister nie, maar sê: JaHWeH het nie aan jou verskyn nie?
2 Daarop vra JaHWeH vir hom: Wat is daar in jou
hand? En hy antwoord: ’n Staf.
3 En Hy sê: Gooi hom op die Aarde. Toe gooi hy hom
op die Aarde, en hy het ’n slang/nagash geword; en Moshè het vir hom gevlug.
4 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand uit en
gryp hom aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en hom gegryp, en hy
het ’n Staf in sy handpalm geword -
5 sodat hulle kan glo dat JaHWeH, die Elohey van
hulle vaders, die Elohey van Abraham, die Elohey van Isak en Elohey van Jakob,
aan jou verskyn het.
6 En JaHWeH het verder vir hom gesê: Steek tog jou
hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit
uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!
7 En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En
hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek,
was dit weer soos sy [ander] vlees!
8 En as hulle jou nie glo en aan die eerste
beduidende Teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste beduidende Teken
glo.
9 En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en
na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet hom op die droë
Aarde uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë Aarde bloed
word.
10 Toe sê Moshè aan JaHWeH: Ag, my Meester, ek is
nie ’n man van woorde nie - van gister of van eergister of vandat U met U kneg
gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.
11 En JaHWeH antwoord hom: Wie het vir die adamiet
die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek,
JaHWeH, nie?
12 Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees
en jou leer wat jy moet sê.
13 Maar hy sê: Ag, my Meester, stuur tog deur wie
U wil stuur.
14 Toe ontvlam die Woede van JaHWeH teen Moshè, en
Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan
praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly
wees in sy hart.
15 Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy
mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet
doen.
16 En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan
sal hy vir jou ’n mond wees en jy sal vir hom Elohim wees.
17 Neem dan hierdie Staf in jou hand waarmee jy
die tekens moet doen.
18 TOE gaan Moshè weg en kom by sy skoonvader
Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat
in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moshè: Gaan in
vrede.
19 Ook het JaHWeH vir Moshè in Mídian gesê: Gaan
heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou siel gesoek het, is dood.
20 Moshè neem toe sy vrou en sy seuns en laat
hulle op ’n esel ry, terug na die Aarde van Egipte. Moshè het ook die Staf van
die Elohim in sy hand geneem. [Boekrol van die Opregte 77:38-51]
21 En JaHWeH sê vir Moshè: Nou dat jy wegtrek om
na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor die aangesig van Farao
doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die
volk nie sal laat trek nie.
22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek JaHWeH: My
eersgebore seun is JisraEl. [2 Ezra 6:58]
23 Daarom beveel Ek jou: Laat My seun trek, dat hy
My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou [Moshè se] eersgebore seun laat sterwe. [Opregte 79:8-12]
24 En op die pad in die herberg het JaHWeH hom
teëgekom en wou hom doodmaak.
25 Toe neem Sippóra ’n skerp klip en sny die
voorhuid van haar seun af en dit het op sy voete geval en sy sê: Waarlik, jy is
vir my ’n bloedbruidegom! [Exodus 3:17]
26 En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê:
Bloedbruidegom! - met die oog op die besnydenis. [Génesis 17]
27 JaHWeH het ook aan Aäron gesê: Loop Moshè
tegemoet in die wildernis. En hy het geloop en hom in die Berg van die Elohim
aangetref en hom gekus.
28 Daarop vertel Moshè aan Aäron al die woorde van
JaHWeH waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het.
29 En Moshè en Aäron het vertrek en al die oudstes
van die kinders van JisraEl bymekaar laat kom;
30 en Aäron het al die woorde gespreek wat JaHWeH
aan Moshè gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk.
31 En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat
JaHWeH op die kinders van JisraEl ag gegee en hulle ellende aangesien het, het
hulle in aanbidding neergebuig.
5 EN daarna gaan Moshè en Aäron en sê vir Farao: So
spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Laat My volk trek, dat hulle vir My ’n
Fees kan hou in die wildernis. [Hebreërs 4:9]
2 Maar Farao antwoord: Wie is JaHWeH na wie se
Stem ek moet luister om JisraEl te laat trek? Ek ken JaHWeH nie, en ek sal
JisraEl ook nie laat trek nie. [Boekrol van die Opregte 79:44, 46]
3 Toe sê hulle: Die Elohey van die Hebreërs het
ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die wildernis intrek en aan JaHWeH
onse Elohey slag, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.
4 Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moshè
en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.
5 Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die
Aarde is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?
6 Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder
die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:
7 Julle moet die volk geen strooi meer gee om
bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir
hulle strooi versamel.
8 Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister
en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie;
want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons slag aan
onse Elohey!
9 Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle
daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.
10 Toe het die drywers van die volk en die
opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee
julle geen strooi nie.
11 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit
kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.
12 Toe het die volk deur die Aarde van Egipte
gegaan om stoppels te versamel vir strooi.
13 En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi
julle werke, volgens die dag tot dag se woorde aan julle net soos toe daar
strooi was.
14 En die opsigters van die kinders van JisraEl
wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde:
Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene
te maak, volbring nie?
15 Daarom het die opsigters van die kinders van
JisraEl gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met
u dienaars?
16 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en
hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die
skuld lê by u volk.
17 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui!
Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan JaHWeH slag.
18 Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie
gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.
19 Toe sien die opsigters van die kinders van
JisraEl dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul
bakstene, volgens die dag tot dag se woorde aan julle, nie verminder nie.
20 En hulle het Moshè en Aäron teëgekom, wat daar
gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,
21 en het vir hulle gesê: Mag JaHWeH op julle let
en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë
van sy dienaars, sodat julle ’n swaard in hulle hand gegee het om ons om te
bring.
22 TOE gaan Moshè weer na JaHWeH en sê: My
Meester, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog
gestuur?
23 Want vandat ek na Farao gegaan het om in U Naam
te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het U volk glad nie verlos nie.
6 DAAROP het JaHWeH Moshè geantwoord: Nou sal jy
sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur ’n Sterke Hand sal Hy hulle laat trek,
ja, deur ’n Sterke Hand gedwing, sal Hy hulle uit sy Aarde uitdrywe.
2 Verder het Elohim met Moshè gespreek en vir hom
gesê: Ek - JaHWeH.
3 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob
verskyn as El die Almagtige, maar met My Naam JaHWeH het Ek My nie aan hulle
bekend gemaak nie. [Génesis 12:8]
4 Ook het Ek My Verbond met hulle opgerig om hulle
die Aarde van Kanaän te gee, die Aarde van hulle vreemdelingskap waar hulle in
haar vertoef het;
5 en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders
van JisraEl wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan My
Verbond gedink.
6 Daarom, sê aan die kinders van JisraEl: Ek -
JaHWeH Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle
red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ’n Uitgestrekte Arm en deur
groot strafgerigte;
7 en Ek sal julle as My volk aanneem en vir julle
’n Elohim wees. En julle sal erken dat Ek - JaHWeH julle Elohey is wat julle
uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
8 En Ek sal julle bring in die Aarde waaromtrent
Ek My Hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek
sal dit aan julle as ’n besitting gee, Ek - JaHWeH.
9 Moshè het toe so met die kinders van JisraEl
gespreek, maar hulle het nie na Moshè geluister nie, uit ongeduldigheid en
weens die harde diens.
10 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
11 Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte,
dat hy die kinders van JisraEl vanaf sy Aarde moet laat uittrek.
12 Maar Moshè het voor die Aangesig van JaHWeH
gespreek en gesê: As die kinders van JisraEl na my nie geluister het nie, hoe
sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?
13 DAAROP het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek
en hulle met ’n boodskap gestuur na die kinders van JisraEl en na Farao, die
koning van Egipte, om die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte uit te
lei.
14 Dit is die hoofde van hulle vaders se huise.
Die seuns van Ruben, die eersgeborene van JisraEl: Henog en Pallu, Hesron en
Karmi; dit is die families van Ruben.
15 En die seuns van Símeon: JemuEl en Jamin en
Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van die Kanaänitiese vrou; dit is die
families van Símeon.
16 En dit is die name van die seuns van Levi
volgens hulle genelyn: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi
was honderd-sewe-en-dertig jaar.
17 Die seuns van Gerson: Libni en Simeï volgens
hulle families.
18 En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en
Hebron en UzziEl; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.
19 En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is
die families van Levi volgens hulle genelyn.
20 En Amram het JoWkêbed, sy tante, vir hom as vrou
geneem, en sy het vir hom Aäron en Moshè gebaar. En die lewensjare van Amram
was honderd-sewe-en-dertig jaar.
21 En die seuns van Jishar: Korag en Nefeg en
Sigri.
22 En die seuns van UzziEl: MisahaEl, El-Safan en
Sitri.
23 En Aäron het EliSheba, die dogter van
Ammínadab, die suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom
gebaar: Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar.
24 En die seuns van Korag: Assir en El-Kanah en
Abíasaf. Dit is die families van die Koragiete.
25 En El-Azar, die seun van Aäron, het vir hom een
van die dogters van PutiEl as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar.
Dit is die hoofde van die vaders van die Leviete volgens hulle families.
26 Dit is Aäron en Moshè aan wie JaHWeH gesê het:
Lei die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte volgens hulle menigtes.
27 DIT is hulle wat met Farao, die koning van
Egipte, gespreek het om die kinders van JisraEl uit Egipte uit te lei. Dit is
Moshè en Aäron.
28 Die dag toe JaHWeH met Moshè gespreek het in
die Aarde van Egipte,
29 het JaHWeH Moshè aangespreek met die woorde: Ek
- JaHWeH. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.
30 Toe sê Moshè voor die Aangesig van JaHWeH. Ek
is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?
7 EN JaHWeH het aan Moshè gesê: Kyk, Ek stel jou as
Elohim vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. [Exodus 11:8]
2 Jy moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou
broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van JisraEl uit sy
Aarde laat uittrek.
3 En Ék sal Farao se hart verhard en My tekens en
wonders in die Aarde van Egipte vermenigvuldig.
4 Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek
sal My Hand op die Aarde van Egipte lê en My menigtes, My volk, die kinders van
JisraEl, deur groot strafgerigte uit die Aarde van Egipte uitlei.
5 Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek JaHWeH is,
as Ek My Hand oor Egipte uitstrek en die kinders van JisraEl tussen hulle
uitlei.
6 Moshè en Aäron het toe gedoen volgens die bevel
van JaHWeH; so het hulle gedoen.
7 En Moshè was tagtig jaar en Aäron drie-en-tagtig
jaar oud toe hulle met Farao gespreek het.
8 En JaHWeH het Moshè en Aäron aangespreek
met die woorde:-
9 As Farao met julle spreek en sê: Doen tog ’n
wonderteken vir julleself - dan moet jy vir Aäron sê: Neem jou Staf en gooi hom
voor die aangesig van Farao neer; dan sal hy verander in ‘n draak.
10 Toe het Moshè en Aäron na Farao gegaan en
gedoen net soos JaHWeH hulle beveel het: Aäron het sy Staf voor die aangesig
van Farao en voor die aangesig van sy dienaars neergegooi, en hy het verander
in ‘n draak.
11 Daarop laat Farao óók die wyse manne en die
towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met
hulle towerkunste:
12 elkeen gooi sy staf neer, en hulle verander in
Drake! Maar Aäron se Staf het hulle stawwe verslind.
13 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na
hulle nie geluister het nie, soos JaHWeH gespreek het.
14 TOE sê JaHWeH vir Moshè: Farao se hart is verhard;
hy weier om die volk te laat trek.
15 Gaan môre vroeg na Farao toe - kyk, hy sal
uitgaan na die water; staan dan aan die kant van die Nyl om hom te ontmoet; en
neem die Staf wat in ’n slang/nagash verander het, in jou hand,
16 en sê vir hom: JaHWeH, die Elohey van die
Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat My volk trek, dat hulle My
kan dien in die wildernis. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.
17 So spreek JaHWeH: Hieraan sal jy weet dat Ek
JaHWeH is. Kyk, Ek sal met die Staf wat in My Hand is, op die water slaan wat
in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
18 En die visse in die Nyl sal doodgaan, sodat die
Nyl sal stink. En die Egiptenaars sal vergeefs trag om die water uit die Nyl te
drink.
19 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê vir
Aäron: Neem jou Staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars,
oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterputte en oor al hulle versamelplekke
van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Aarde van Egipte
wees, ook in hout- en in klipbakke.
20 Moshè en Aäron het toe so gedoen soos JaHWeH
beveel het - hy het die Staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan
voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die
Nyl is in bloed verander.
21 En die visse wat in die Nyl was, het
doodgegaan; en die Nyl het gestink, sodat die Egiptenaars die water uit die Nyl
nie kon drink nie. En daar was bloed in die hele Aarde van Egipte.
22 Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde
gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na
hulle nie geluister nie, soos JaHWeH gespreek het.
23 En Farao het omgedraai en huis toe gegaan en
dit ook nie ter harte geneem nie.
24 Maar al die Egiptenaars het rondom die Nyl na
water gegrawe om te drink, want hulle kon van die Nyl se water nie drink nie.
25 So het dan sewe dae verbygegaan nadat JaHWeH
die Nyl geslaan het.
8 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan na
Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH: Laat My volk trek, dat hulle My kan
dien.
2 En as jy weier om hulle te laat trek, kyk, dan
sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister, [Openbaring 16:13]
3 sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal
opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis
van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.
4 En die paddas sal teen jou en teen jou volk en
teen al jou dienaars opspring.
5 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê aan
Aäron: Steek jou hand uit met jou Staf oor die strome en oor die kanale en oor
die waterputte, en laat die paddas opkom oor die Aarde van Egipte.
6 En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte
uitgesteek, en daar het paddas opgekom en die Aarde van Egipte oordek.
7 Maar die towenaars het dieselfde gedoen met
hulle towerkunste en paddas laat opkom oor die Aarde van Egipte.
8 Toe het Farao Moshè en Aäron laat roep en gesê:
Bid tot JaHWeH, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die
volk laat trek, dat hulle aan JaHWeH kan slag.
9 Maar Moshè sê aan Farao: Aan u die eer bo my!
Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas
van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?
10 En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal
wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos JaHWeH onse
Elohey nie.
11 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en
u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.
12 Toe het Moshè en Aäron van Farao af weggegaan;
en Moshè het tot JaHWeH geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.
13 En JaHWeH het gedoen volgens die woord van
Moshè: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die
veld.
14 En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die
Aarde het gestink.
15 En toe Farao sien dat daar verligting kom, het
hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos JaHWeH gespreek het.
16 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Sê aan
Aäron: Steek jou Staf uit en slaan die stof van die Aarde, en dit sal muggies
word in die hele Aarde van Egipte.
17 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met
sy Staf uitgesteek en die stof van die Aarde geslaan, en daar het muggies gekom
op die adamiete en op die vee. Al die stof van die Aarde het muggies geword in
die hele Aarde van Egipte.
18 En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle
towerkunste om die muggies voort te bring, maar hulle kon nie. So was die
muggies dan op die adamiete en op die vee.
19 Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die Vinger
van Elohim! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het
nie, soos JaHWeH gespreek het.
20 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Maak jou môre
vroeg klaar en stel jou voor die aangesig van Farao - kyk, hy sal na die water
toe uitgaan - en sê vir hom: So spreek JaHWeH: Laat My volk trek, dat hulle My
kan dien.
21 Want as jy My volk nie laat trek nie, kyk, dan
stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die
muskiete, sodat die huise van die Egiptenaars vol muskiete sal wees, en selfs
die Adamah[adamiet se Aarde] waar hulle op haar [staan].
22 Maar Ek sal op dié dag die Aarde van Gosen,
waar My volk op haar woon, afsonder, dat daar geen muskiete sal wees nie; sodat
jy kan weet dat Ek JaHWeH is in die middel van die Aarde.
23 En Ek sal ’n onderskeid maak tussen My volk en
jou volk. Môre sal hierdie beduidende Teken plaasvind. [Maleagi 3:18]
24 En JaHWeH het so gedoen: dik swerms muskiete
het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Aarde
van Egipte gekom; die Aarde is deur die muskiete verwoes.
25 Toe laat Farao Moshè en Aäron roep en sê: Gaan
heen, slag aan julle Elohey in die Aarde.
26 Maar Moshè antwoord: Dit is nie reg om so te
doen nie; want wat ons aan JaHWeH onse Elohey slag, is ’n gruwel vir die
Egiptenaars. As ons iets wat ’n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë
slag, sal hulle ons dan nie stenig nie?
27 Laat ons drie dagreise ver die wildernis
intrek, dat ons aan JaHWeH onse Elohey kan slag soos Hy ons sal beveel.
28 Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle
aan JaHWeH julle Elohey kan slag in die wildernis; julle moet maar net nie te
ver wegtrek nie. Tree in vir my.
29 En Moshè antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en
sal tot JaHWeH bid, dat die muskiete môre Farao, sy dienaars en sy volk mag
verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek
om aan JaHWeH te slag nie.
30 Toe het Moshè van Farao af weggegaan en tot
JaHWeH gebid.
31 En JaHWeH het gedoen volgens die woord van
Moshè: Hy het die muskiete van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem.
Daar het nie een oorgebly nie.
32 Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard
en die volk nie laat trek nie.
9 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan na
Farao en sê vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Laat My
volk trek, dat hulle My kan dien.
2 Want as jy weier om [hulle] te laat trek en
hulle nog langer vashou,
3 kyk, dan sal die Hand van JaHWeH wees teen jou
vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen
die beeste en teen die kleinvee met ’n baie swaar pes.
4 En JaHWeH sal ’n onderskeid maak tussen die vee
van die JisraEliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van
alles wat aan die kinders van JisraEl behoort nie.
5 En JaHWeH het ’n bepaalde tyd gestel en gesê:
Môre sal JaHWeH dit doen in die Aarde.
6 En JaHWeH het dit die volgende dag gedoen: al
die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders
van JisraEl is nie een dood nie.
7 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van
die JisraEliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard,
en hy het die volk nie laat trek nie.
8 VERDER het JaHWeH aan Moshè en Aäron gesê: Neem
julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moshè dit na die Hemele
uitstrooi voor die oë van Farao;
9 en dit sal fyn stof word oor die hele Aarde van
Egipte en aan adamiete en wilde wesens swere veroorsaak wat in blare uitbreek,
in die hele Aarde van Egipte.
10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en
voor die aangesig van Farao gaan staan, en Moshè het dit na die Hemele
uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan adamiete en wilde
wesens.
11 En die towenaars kon voor die aangesig van
Moshè nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en
al die Egiptenaars.
12 Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, sodat hy
nie na hulle geluister het nie, soos JaHWeH aan Moshè gesê het.
13 VERDER het JaHWeH aan Moshè gesê: Maak jou môre
vroeg klaar en stel jou voor die aangesig van Farao en sê vir hom: So spreek
JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Laat My volk trek, dat hulle My kan dien.
14 Want hierdie keer sal Ek al My plae in jou hart
stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op
die hele Aarde is soos Ek nie.
15 Want anders sou Ek My Hand uitgestrek en jou en
jou volk met die pes getref het, en jy sou van die Aarde verdelg gewees het;
16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan,
dat Ek jou My Krag kan toon, en dat hulle My Naam op die hele Aarde kan
verkondig.
17 Versit jy jou nog teen My volk, dat jy hulle
nie wil laat trek nie?
18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd ’n baie
swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit
gegrond is tot nou toe nie.
19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy
in die veld het, in veiligheid bring; al die adamiete en die wilde wesens wat
in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie - op hulle sal die
hael val, sodat hulle sterwe.
20 Hy wat die Woord van JaHWeH gevrees het onder
die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;
21 maar hy wat op die Woord van JaHWeH geen ag
gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.
22 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand na die
Hemele uit, en daar sal hael wees in die hele Aarde van Egipte, oor adamiete en
wilde wesens en oor al die plante van die veld in die Aarde van Egipte.
23 En Moshè het sy Staf na die Hemele uitgesteek,
en JaHWeH het donder en hael gegee, en vuur het na die Aarde uitgeskiet; en
JaHWeH het hael op die Aarde van Egipte laat reën.
24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in
die hael, baie swaar, soos in die hele Aarde van Egipte nooit gewees het vandat
dit aan ’n nasie behoort het nie. [Openbaring 16:21]
25 En die hael het in die hele Aarde van Egipte
geslaan alles wat in die veld was, adamiete sowel as wilde wesens. Ook het die
hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.
26 Net in die Aarde van Gosen, waar die kinders
van JisraEl was, was daar geen hael nie.
27 Toe het Farao Moshè en Aäron laat roep en vir
hulle gesê: Ek het dié keer oortree. JaHWeH [is] die regverdige, maar ek en my
volk is besoedeldes.
28 Bid tot JaHWeH, want daar is oorgenoeg donder
van Elohim en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer
te bly nie.
29 Toe sê Moshè vir hom: So gou as ek die stad
uitgaan, sal ek my handpalms tot JaHWeH uitstrek: die donder sal ophou en die
hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die Aarde aan JaHWeH behoort.
30 Maar wat u en u dienaars betref - ek weet dat
julle nog nie ontsag het vir JaHWeH Elohim nie.
31 En die katoen en die gars was weggeslaan, want
die gars was in die aar en die katoen in die knop.
32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan
nie, want hulle is later.
33 So het Moshè dan uit die stad gegaan van Farao
af weg en sy handpalms tot JaHWeH uitgestrek. En die donder en hael het opgehou,
en die reën het nie meer op die Aarde gegiet nie.
34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die
donder ophou, het hy nog verder oortree en sy hart verhard, hy en sy dienaars.
35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die
kinders van JisraEl nie laat trek het nie, soos JaHWeH deur die hand van Moshè
gespreek het.
10 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Gaan na Farao
toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek
hierdie tekens van My onder hulle kan verrig,
2 en dat jy voor die ore van jou kind en jou
kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en My tekens wat Ek onder
hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek JaHWeH is.
3 Toe gaan Moshè en Aäron na Farao, en hulle sê
vir hom: So spreek JaHWeH, die Elohey van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om
jou voor My te verootmoedig? Laat My volk trek, dat hulle My kan dien.
4 Want as jy weier om My volk te laat trek, kyk,
dan bring Ek môre sprinkane in jou grondgebied,
5 en hulle sal die oog van die Aarde oordek, sodat
geen een die Aarde sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet van wat
gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle
uit die veld opgroei, sal hulle afeet.
6 En jou huise en die huise van al jou dienaars en
die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees - soos jou vaders en
die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag af dat hulle op die
Adamah[adamiet se Aarde] gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai
en van Farao af weggegaan.
7 Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal
die man vir ons ’n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle JaHWeH hulle
Elohey kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie?
8 Daarop bring hulle Moshè en Aäron na Farao
terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien JaHWeH julle Elohey. Wie is dit
eintlik wat wil gaan?
9 En Moshè antwoord: Ons wil gaan met ons
kindertjies en oues, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons
beeste wil ons gaan, want ons wil ’n Fees vir JaHWeH hou.
10 Toe sê hy vir hulle: Mag JaHWeH met julle wees
terwyl Ek julle en julle kindertjies sal wegstuur: Kyk!, daar is bedrog op
julle gesigte.
11 Loop, julle krygsmanne, en dien JaHWeH, want
dit is wat julle wou hê. En hulle is van Farao af verjaag.
12 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand uit oor
die Aarde van Egipte vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor die Aarde van
Egipte en al die plante van die Aarde opeet, alles wat die hael laat oorbly
het.
13 En Moshè het sy Staf oor die Aarde van Egipte
uitgesteek, en JaHWeH het ’n Gees uit die ooste in die Aarde gebring, daardie
hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die Gees uit die ooste die
sprinkane aangevoer:
14 die sprinkane het opgekom oor die hele Aarde
van Egipte en in die hele gebied van Egipte gaan sit, ’n baie groot menigte -
tevore was daar so ’n sprinkaanswerm nie gewees nie, en daarna sal so iets nie
weer voorkom nie.
15 En hulle het die oppervlakte van die hele Aarde
bedek, sodat die Aarde swart was; en hulle het al die plante van die Aarde
opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het - daar het
geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Aarde van
Egipte oorgebly nie.
16 Toe het Farao gou vir Moshè en Aäron laat roep
en gesê: Ek het oortree teen JaHWeH julle Elohey en teen julle.
17 Vergeef dan tog nou net dié keer my oortreding,
en tree in tot JaHWeH julle Elohey, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem.
18 En hy het van Farao af weggegaan en tot JaHWeH
toe genader.
19 Daarop laat JaHWeH ’n baie sterk Gees uit die
Weste omkeer; dié het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe.
Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.
20 Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, sodat hy
die kinders van JisraEl nie laat trek het nie.
21 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Steek jou
hand na die Hemele uit, en daar sal duisternis oor die Aarde van Egipte kom,
sodat ’n persoon die duisternis kan gryp.
22 Toe Moshè sy hand uitsteek na die Hemele, kom
daar ’n dik duisternis in die hele Aarde van Egipte, drie dae lank. [Openbaring 16:10]
23 Die een het die ander nie gesien nie, en
niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van
JisraEl het Lig in hulle woonplekke gehad. [Spreuke 4:18, 19]
24 Toe het Farao Moshè laat roep en gesê: Gaan
heen, dien JaHWeH; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word.
Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.
25 Maar Moshè antwoord: U moet self ook slagdiere
en brandoffers in ons hand gee, dat ons dit vir JaHWeH onse Elohey kan berei.
26 En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag
geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om JaHWeH onse Elohey te
dien. En ons weet nie hoe sal ons JaHWeH dien voordat ons daar kom nie.
27 Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, en hy
wou hulle nie laat trek nie.
28 Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas
op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien,
sal jy sterwe.
29 En Moshè antwoord: U het reg gepraat. Ek sal u
aangesig nie weer sien nie.
11 VERDER het JaHWeH vir Moshè gesê: Nog een plaag
sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat
trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan
wegdrywe.
2 Sê tog voor die ore van die volk dat elke man
van sy buurman en elke vrou van haar buurvrou silwergoed en goue goed moet eis.
3 En JaHWeH het aan die volk Guns verleen in die
oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moshè baie groot in die Aarde van
Egipte, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.
4 Toe sê Moshè: So het JaHWeH gespreek: Omtrent
middernag trek Ek uit dwarsdeur Egipte;
5 dan sal al die eersgeborenes in die Aarde van
Egipte sterwe, van Farao se eersgeborene af wat op sy troon sit, tot die
eersgeborene van die slavin agter die handmeul en al die eersgeborenes van die
wilde wesens.
6 En daar sal ’n groot droefheid en rouklaag in
die hele Aarde van Egipte wees soos daar nie gewees het en soos daar nie weer
sal wees nie.
7 Maar teen geeneen van die kinders van JisraEl
sal ’n hond sy tong verroer nie, van die man af tot die vee toe, dat julle kan
weet dat JaHWeH ’n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die JisraEliete.
8 Dan sal al hierdie dienaars van u na my toe
afkom en voor my neerbuig en sê: Trek uit, jy en die hele volk wat jou volg. En
daarna sal ek uittrek. Toe het hy van Farao af weggegaan in gloeiende woede. [Exodus 7:1]
9 En JaHWeH het vir Moshè gesê: Farao sal na julle
nie luister nie, sodat My wonders in die Aarde van Egipte groot kan word.
10 En Moshè en Aäron het al hierdie wonders voor
die aangesig van Farao gedoen. Maar JaHWeH het Farao se hart verhard, sodat hy
die kinders van JisraEl nie uit sy Aarde laat trek het nie.
12 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron in die Aarde van
Egipte gespreek en gesê:
2 Hierdie maand moet vir julle die begin van die
maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees. [Boekrol van Henog 72:6;
74:12; DaniEl 9:25]
3 Spreek tot die hele vergadering van JisraEl en
sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ’n lam neem volgens die
families, ’n lam vir ’n huisgesin.
4 Maar as ’n huisgesin te klein is vir ’n lam, dan
moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, hom neem volgens die
sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam
bereken.
5 Julle moet ’n rasegte lam hê, ’n jaaroud
rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle hom neem.
6 En julle moet hom in bewaring hou tot die
veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van
JisraEl moet hom laat doodbloei teen die aand.
7 En hulle moet van die bloed neem en dit stryk
aan die twee deurposte en aan die bodrumpel, aan die huise waarin hulle hom eet. [JeHôWganan 10:7;
Hebreërs 10:20]
8 En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet,
oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle hom met bitter kruie
eet. [JeHôWganan
6:53]
9 Julle moet van hom nie eet as hy rou is en as hy
in water gaargemaak is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam
met die binnegoed.
10 Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die
môre toe nie; maar wat van hom tot die môre oorbly, moet julle met vuur
verbrand.
11 En só moet julle hom eet: Julle heupe moet
omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig
moet julle hom eet. ’n Pasga van JaHWeH is hy.
12 Want Ek sal in hierdie nag deur die Aarde van
Egipte trek en al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte tref, van adamiete
sowel as van die wilde wesens. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van
Egipte, Ek - JaHWeH.
13 Maar die bloed sal vir julle ’n Teken wees aan
die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En
daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek die Aarde van
Egipte tref nie.
14 En hierdie dag moet vir julle ’n herinnering
wees, en julle moet dit as ’n Fees tot eer van JaHWeH vier. Julle moet dit in
julle geslagte as ’n ewige Instelling vier.
15 Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet;
alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder.
Want almal [wat iets] gesuurd eet, van die eerste dag af tot die sewende toe,
dié siel, sal haar afsny van JisraEl af.
16 En op die eerste dag moet daar ’n samekoms van
Apartheid wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ’n samekoms van
Apartheid wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elke
siel geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word.
17 Onderhou dan die Ongesuurde Brode, want op
daardie selfde dag het Ek julle leërs uit die Aarde van Egipte uitgelei. Daarom
moet julle hierdie dag in julle geslagte as ’n ewige Insetting hou.
18 In die eerste, op die veertiende dag van die
maand, in die aand, moet julle ongesuurde brode eet, tot op die
een-en-twintigste dag van die maand, in die aand.
19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle
huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel sal
haar afsny uit die vergadering van JisraEl, of hy ’n besoeker is of gebore in
die Aarde.
20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al
julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.
21 Moshè het toe al die oudstes van JisraEl laat
roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en
bloei die pasga.
22 En neem ’n bossie hisop en steek dit in die
bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bodrumpel en aan die twee
deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit
die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.
23 Want JaHWeH sal deurtrek om die Egiptenaars
swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bodrumpel en aan die twee
deurposte, sal JaHWeH by die deur verbygaan en die Verderwer nie toelaat om in
julle huise in te gaan om te slaan nie.
24 Onderhou dan hierdie woord as ’n Insetting vir
jou en jou kinders tot in ewigheid.
25 En as julle in die Aarde kom wat JaHWeH aan
julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie Instelling onderhou.
26 En as julle kinders julle vra: Wat beteken die
Instelling daar?
27 dan moet julle sê: Hy is die Slagdier van die
Pasga van JaHWeH wat oor die huise van die kinders van JisraEl in Egipte gegaan
het, toe Hy die Egiptenaars getref, maar ons huise gered het. Toe het die volk
buigend neergeval.
28 En die kinders van JisraEl het gegaan en dit
gedoen. Soos JaHWeH Moshè en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
29 En middernag het JaHWeH al die eersgeborenes in
die Aarde van Egipte getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon
gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene wat toe in die gevangenis
was, en al die eersgeborenes van die wilde wesens.
30 Toe staan Farao in die nag op, hy en al sy
dienaars en al die Egiptenaars, en daar was ’n groot roubeklag in Egipte, want
daar was geen huis waar geen dooie in was nie.
31 Daarop het hy Moshè en Aäron in die nag laat
roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die
kinders van JisraEl, en gaan dien JaHWeH soos julle gespreek het.
32 Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam
soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook.
33 En die Egiptenaars het by die volk sterk
aangehou - om hulle gou uit die Aarde uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is
almal dood!
34 Toe neem die volk hulle deeg voordat dit
ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die
skouers.
35 En die kinders van JisraEl het gehandel volgens
die woord van Moshè: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en
klere geëis;
36 en JaHWeH het aan die volk Guns verleen in die
oë van die Egiptenaars, daarom het hulle aan die versoek voldoen. So het hulle
dan die Egiptenaars berowe.
37 En die kinders van JisraEl het van Raämses na
Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die krygsmanne buiten die
kinders.
38 En ’n menigte mense van gemengde bloed het ook
saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste - ’n groot hoeveelheid vee.
39 En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte
gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie gesuurd nie, omdat hulle
uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir
hulle klaargemaak het nie.
40 En die tyd wat die kinders van JisraEl in
Egipte gewoon het, was vierhonderd-en-dertig jaar. [Opregte 81:3-4]
41 En ná verloop van vierhonderd-en-dertig jaar,
op daardie selfde dag, het al die menigtes van JaHWeH uit die Aarde van Egipte
uitgetrek.
42 Dit is ’n nag om plegtig onderhou te word tot
eer van JaHWeH, omdat Hy hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Dit is
dié nag van JaHWeH om plegtig onderhou te word by al die kinders van JisraEl in
hulle geslagte.
43 VERDER het JaHWeH aan Moshè en Aäron gesê: Dit
is die Insetting van die Pasga: Géén volksvreemde mag van hom eet nie.
44 Maar elke slaaf wat ’n man met silwer gekoop
het, dié moet hy besny; dan kan hy van hom eet.
45 Geen vreemde inwoner of huurling mag van hom
eet nie.
46 In een huis moet hy geëet word; jy mag niks van
die vleis uit die huis buitentoe bring nie; en julle mag geen been van hom
breek nie.
[JeHôWganan 19:36; Psalm 34:20]
47 Die hele vergadering van JisraEl moet hom hou.
48 En as ’n besoeker by jou vertoef en tot eer van
JaHWeH die Pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan
mag hy nader kom om hom te vier, en hy sal soos ’n kind van die Aarde wees.
Maar géén onbesnedene mag van hom eet nie.
49 Een Wet moet geld vir die kind van die Aarde en
vir die besoeker wat onder julle vertoef.
50 En al die kinders van JisraEl het dit gedoen.
Volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè en Aäron, so het hulle gedoen.
51 En op daardie selfde dag het JaHWeH die kinders
van JisraEl, volgens hulle leërafdelings, uit die Aarde van Egipte uitgelei.
13 TOE het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Sonder vir My al die eersgeborenes af. Alles wat
die moederskoot open onder die kinders van JisraEl, adamiete sowel as vee, dit
is Myne.
3 Verder het Moshè aan die volk gesê: Dink aan
hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want
JaHWeH het julle deur ’n Sterke Hand hiervandaan uitgelei; daarom mag [iets]
gesuurd nie geëet word nie.
4 Vandag trek julle uit, in die maand Abib.
5 En as JaHWeH jou bring in die Aarde van die
Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou
vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee, ’n Aarde wat oorloop van melk
en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand verrig.
6 Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en
op die sewende dag is daar Fees tot eer van JaHWeH.
7 Ongesuurde brode moet die sewe dae geëet word:
by jou mag [iets] gesuurd nie gesien word nie, en geen suurdeeg mag by jou in
jou hele grondgebied gesien word nie.
8 En jy sal jou seun op dié dag vertel en sê: Dit
geskied ter wille van wat JaHWeH aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek
het.
9 En sy moet vir jou as ’n Teken wees op jou hand
en ’n herinnering tussen jou oë, want die Wet van JaHWeH, sal in jou mond wees;
want deur ’n Sterke Hand het JaHWeH jou uit Egipte uitgelei.
10 En jy moet hierdie Insetting onderhou op haar
bepaalde tyd, van jaar tot jaar.
11 En as JaHWeH jou in die Aarde van die
Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ’n eed beloof het, en Hy haar
aan jou gee,
12 dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan
JaHWeH afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê - wat
manlik is, behoort aan JaHWeH.
13 Maar elke eersteling van ’n esel moet jy met ’n
lam loskoop. En as jy hom nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die
eersgeborenes van adamiete onder jou seuns moet jy loskoop.
14 En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken
dit? dan moet jy hom antwoord: JaHWeH het ons deur ’n Sterke Hand uit Egipte,
uit die slawehuis, uitgelei.
15 Want toe Farao dit moeilik gemaak het om ons te
laat trek, het JaHWeH al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte gedood, van
die eersgeborene van ‘n man tot die eersgeborene van ‘n wilde wese. Daarom slag
ek aan JaHWeH alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die
eersgeborenes van my seuns koop ek los.
16 En dit sal as ’n Teken wees op jou hand en ’n
voorhoofsband tussen jou oë; want JaHWeH het ons deur ’n Sterke Hand uit Egipte
uitgelei.
17 TOE Farao die volk laat trek het, het Elohim
hulle nie op die pad na die Aarde van die Filistyne gelei nie, alhoewel sy
nader was; want Elohim het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog
sien, en teruggaan na Egipte.
18 Daarom het Elohim die volk laat wegdraai in die
rigting na die wildernis, na die Skelfsee toe. En die kinders van JisraEl het
goed gewapend uit die Aarde van Egipte opgetrek.
19 En Moshè het die gebeente van JôWsef met hom
saamgeneem; want hy het die kinders van JisraEl plegtig laat sweer en gesê: Elohim
sal eindelik op julle ag gee; bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan
op.
20 So het hulle dan van Sukkot af weg getrek en
laer opgeslaan in Etam, aan die kant van die wildernis.
21 En JaHWeH het voor hulle uitgetrek, bedags in
die Wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in die Vuurkolom om hulle
voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.
22 Die Wolkkolom het nie bedags en die Vuurkolom
nie snags voor die aangesig van die volk gewyk nie.
14 TOE het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Sê aan die kinders van JisraEl dat hulle moet
omdraai en laer opslaan voor die aangesig van Pi-Hágirot, tussen Migdol en die
see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see.
3 Dan sal Farao van die kinders van JisraEl sê:
Hulle is verdwaal in die Aarde, die wildernis het hulle ingesluit.
4 En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle
agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag gewigtig maak, en die
Egiptenaars sal weet dat Ek JaHWeH is. En hulle het so gedoen.
5 Toe die koning van Egipte berig ontvang dat die
volk gevlug het, het die hart van Farao en van sy dienaars teenoor die volk
verander, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons JisraEl laat trek het,
sodat hulle ons nie meer dien nie?
6 Daarop het hy sy strydwa ingespan en sy
manskappe saam met hom geneem.
7 En hy het seshonderd uitgesoekte strydwaens
geneem en al die ander strydwaens van Egipte, en die beste vegsmanne op elkeen
daarvan.
8 En JaHWeH het die hart van Farao, die koning van
Egipte, verhard, sodat hy die kinders van JisraEl agtervolg het. Maar die
kinders van JisraEl het deur ’n Uitgestrekte Hand uitgetrek.
9 En die Egiptenaars het hulle agtervolg - al
Farao se perde [en] strydwaens, sy ruiters en sy leërmag - en hulle ingehaal
terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-Hágirot, voor die
aangesig van Baäl-Sefon.
10 Toe Farao naby kom, slaan die kinders van
JisraEl hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en
hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van JisraEl tot JaHWeH
geroep.
11 En hulle het vir Moshè gesê: Het u, omdat daar
in Egipte glad geen grafte is nie, ons saamgeneem om in die wildernis te
sterwe? Wat het u ons nou aangedoen, dat u ons uit die Aarde van Egipte
uitgelei het?
12 Is dit nie die woord wat ons aan u in Egipte
gesê het nie: Laat ons met rus, dat ons die Egiptenaars kan dien? Want dit is
beter vir ons om die Egiptenaars te dien as om in die wildernis te sterwe.
13 Maar Moshè het aan die volk gesê: Wees nie
bevrees nie, staan vas en aanskou die Verlossing van JaHWeH wat Hy vandag vir
julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle
nie weer sien in ewigheid nie.
14 JaHWeH sal vir julle stry, en julle moet stil
wees.
15 Toe vra JaHWeH vir Moshè: wat roep jy na My? Sê
aan die kinders van JisraEl dat hulle moet wegtrek.
16 En jy, hef jou Staf op en steek jou hand uit
oor die see en kloof dit, sodat die kinders van JisraEl dwarsdeur die see op
droë Aarde kan trek. [Wysheid van Salomo 19:7]
17 En Ek, kyk, Ek sal die hart van die Egiptenaars
verhard, sodat hulle agter hulle aan gaan. En Ek wil My gewigtig maak aan Farao
en sy hele leërmag, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.
18 En die Egiptenaars sal weet dat Ek JaHWeH is,
as Ek My gewigtig maak op Farao, en op sy strydwaens en op sy ruiters.
19 En die Boodskapper van die Elohim wat voor die
aangesig van die leër van JisraEl uit getrek het, het daar weggegaan en agter
hulle aan getrek. En die Wolkkolom het ook van voor hulle aangesig weggetrek en
agter hulle gaan staan;
20 so het hy dan tussen die leër van die
Egiptenaars en die leër van JisraEl in gekom. En hy was ‘n wolk van Duisternis
vir die een, maar het die nag Verlig vir die ander: sodat die een nie naby die
ander kon kom die hele nag deur nie.
21 Toe steek Moshè sy hand oor die see uit, en
JaHWeH het deur ’n sterk Gees uit die ooste die see laat wegvloei, die hele nag
deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof. [JeshaJaH 51:10]
22 En die kinders van JisraEl het midde-in die see
getrek op droë Aarde. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter- en
aan hul linkerkant.
23 Toe het die Egiptenaars hulle gejaag en agter
hulle aan getrek - al Farao se perde, sy strydwaens en sy ruiters - die see in.
24 En in die môrewaak het JaHWeH, in die Vuur- en
Wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die
Egiptenaars in verwarring gebring.
25 En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat
insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van
JisraEl af wegvlug, want JaHWeH stry vir hulle teen die Egiptenaars.
26 Daarop sê JaHWeH vir Moshè: Steek jou hand uit
oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle
strydwaens en oor hulle ruiters.
27 En Moshè het sy hand oor die see uitgesteek, en
die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het
dit tegemoet gevlug. So het JaHWeH dan die Egiptenaars binne-in die see
gestort. [Boekrol
van Henog 89:27]
28 En toe die waters terugvloei, het hulle die
strydwaens en die ruiters van Farao se hele leërmag wat agter hulle die see
ingetrek het, oordek. Geeneen van hulle het oorgebly nie.
29 Maar die kinders van JisraEl het binne-in die
see op droë Aarde getrek. En die waters was vir hulle ’n muur aan hul regter-
en aan hul linkerkant.
30 So het JaHWeH JisraEl dan dié dag uit die hand
van die Egiptenaars verlos. En JisraEl het die Egiptenaars dood gesien aan die
kant van die see.
31 Ook het JisraEl die magtige daad gesien wat
JaHWeH aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk JaHWeH gevrees en geglo
in JaHWeH en aan Moshè, Sy kneg.
15 TOE het Moshè en die kinders van JisraEl hierdie
lied tot eer van JaHWeH gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot
eer van JaHWeH, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die
see gewerp.
2 JaHH is my Krag en my lofprysing, en Hy het tot
my Verlossing gekom. Hy is my El, Hom sal ek roem; die Elohey van my vader, Hom
sal ek verhoog. [Exodus 17:16]
3 JaHWeH is ’n Krygsman; JaHWeH is Sy Naam.
4 Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die
see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.
5 Die Afgrond het hulle oordek. Hulle het in die
kolke gesink soos ’n klip.
6 U Regterhand o JaHWeH, is vergroot deur Krag. U
Regterhand, o JaHWeH, het die vyand in stukke verbreek.
7 En in U grote Hoogheid werp U diegene neer wat
teen U opstaan. U stuur U brandende Woede uit: Hy verteer hulle soos ’n
stoppel.
8 En deur die Gees van U Woede het die waters
hulle opgestapel, die strome het bly staan soos ’n wal, die Afgrond het styf
geword in die hart van die see.
9 Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal,
buit verdeel, my siel sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my
hand sal hulle uitroei.
10 U het met U Gees geblaas: die see het hulle
oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.
11 O JaHWeH, wie is soos U onder die elim1 ? Wie is soos U, Adellik in Apartheid, gedug
in roemryke dade, een wat wonders doen?
12 U het U Regterhand uitgestrek, die Aarde het
hulle verslind.
13 U het deur U Medelye die volk gelei wat U
verlos het; U het hulle deur U Krag na die woning van U Apartheid gevoer. [Exodus 17:16]
14 Die volke het dit gehoor, hulle het gesidder;
weë het die inwoners van Filistéa aangegryp.
15 Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing
het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.
16 Verskrikking en Vrees het op hulle geval; deur
die grootheid van U Arm was hulle stom soos ’n klip, terwyl U volk deurtrek,
JaHWeH, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.
17 U bring hulle in en plant hulle op die bergland
van U erfenis, die plek, o JaHWeH, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die
Apartheidsplek wat U hande gestig het, my Meester!
18 JaHWeH sal regeer vir Ewig tot in Ewigheid.
19 Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy
ruiters, het in die see ingegaan, en JaHWeH het die waters van die see oor
hulle laat terugkom. Maar die kinders van JisraEl het binne-in die see op droë
Aarde getrek.
20 En Mirjam, die profetes, die suster van Aäron,
het ’n tamboeryn in haar hand geneem; en al die vroue het uitgegaan agter haar
aan, met tamboeryne en in koordanse.
21 En Mirjam het hulle al singende geantwoord:
Sing tot eer van JaHWeH, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter
in die see gewerp.
22 DAAROP het Moshè die JisraEliete laat wegtrek
van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die wildernis Sur. Hulle het toe
drie dae lank in die wildernis getrek en geen water gekry nie.
23 En hulle het in Mara gekom, maar kon die water
van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.
24 Toe murmureer die volk teen Moshè en sê: Wat
moet ons drink?
25 En hy het JaHWeH aangeroep, en JaHWeH het hom
’n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet
geword. Daar het Hy vir hulle ’n Insetting en Verordening vasgestel en hulle
daar beproef [2 Ezra 1:23]
26 en gesê: As jy getrou na die Stem van JaHWeH
jou Elohey luister en doen wat reg is in Sy Oë, en luister na Sy Gebooie en al
Sy Insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op die
Aarde van Egipte gelê het nie; want Ek - JaHWeH-Genees. [MattithJaHûW 4:23; Exodus
23:25; Hoséa 11:3]
27 Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf
waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer
opgeslaan.[Openbaring
7:17]
16 TOE hulle van Elim af wegtrek, het die hele
vergadering van die kinders van JisraEl in die wildernis Sin gekom, wat tussen
Elim en Sinai lê, op die vyftiende dag van die tweede maand na hulle uittog uit
die Aarde van Egipte.
2 En die hele vergadering van die kinders van
JisraEl het teen Moshè en teen Aäron in die wildernis gemurmureer.
3 En die kinders van JisraEl het aan hulle gesê:
Het ons maar in die Aarde van Egipte deur die Hand van JaHWeH gesterwe toe ons
by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie
wildernis uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
4 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Kyk, Ek sal vir julle
brood uit die Hemele laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat
insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in My Wet sal wandel of nie.
5 En op die sesde dag, as hulle berei wat hulle
inbring, sal dit dubbel soveel wees as wat hulle daagliks insamel.
6 Toe sê Moshè en Aäron aan al die kinders van
JisraEl: Vanaand, dan sal julle weet dat JaHWeH julle uit die Aarde van Egipte
uitgelei het.
7 En môre vroeg, dan sal julle die Glansrykheid
van JaHWeH sien, omdat Hy julle murmureringe teen JaHWeH gehoor het - want wat
is ons, dat julle teen ons murmureer?
8 Daarop sê Moshè: [Dit sal gebeur] as JaHWeH
julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat JaHWeH
julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle
murmureringe is nie teen ons nie, maar teen JaHWeH.
9 Verder het Moshè met Aäron gespreek: Sê aan die
hele vergadering van die kinders van JisraEl: Kom nader voor die Aangesig van
JaHWeH, want Hy het julle murmureringe gehoor.
10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die
kinders van JisraEl toespreek, draai hulle na die wildernis toe en meteens
verskyn die Glansrykheid van JaHWeH in die wolk.
11 Ook het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
12 Ek het die murmureringe van die kinders van
JisraEl gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in
die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek-JaHWeH julle Elohey
is.
13 En in die aand het daar kwartels opgekom en die
laer oordek. En in die môre was daar ’n doulaag rondom die laer.
14 En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor
die wildernis iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die Aarde.
15 Toe die kinders van JisraEl hom sien, sê hulle
vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê
Moshè vir hulle: Dit is die brood wat JaHWeH julle gee om te eet.
16 Dit is die saak wat JaHWeH beveel het: Samel
van hom in, elkeen na sy behoefte: ’n gomer vir elke persoon volgens julle
sieletal; elkeen moet hom neem vir die wat in sy tent is.
17 En die kinders van JisraEl het so gedoen: hulle
het ingesamel, die een baie en die ander min.
18 Maar toe hulle hom met die gomer meet, het hy
wat baie ingesamel het, niks oorgehad nie; en hy wat min ingesamel het, nie te
min nie. Elkeen na sy behoefte het hulle ingesamel.
19 En Moshè het vir hulle gesê: Niemand moet van
hom laat oorbly tot môre toe nie.
20 Maar hulle het nie na Moshè geluister nie:
sommige het van hom laat oorbly tot die môre toe. Toe bring hy wurms voort en
hy het gestink. Daarom het Moshè baie kwaad geword vir hulle.
21 EN hulle het hom môre vir môre ingesamel,
elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt hy weg.
22 En op die sesde dag het hulle ’n dubbele porsie
brood ingesamel, twee gomers vir elkeen. En al die owerstes van die vergadering
het gekom en dit aan Moshè vertel.
23 Toe sê hy vir hulle: Dit is wat JaHWeH gespreek
het: Môre is dit sabbatsonderhouding, ‘n Sabbat van Apartheid aan JaHWeH. Wat
julle wil bak, bak hom; en wat julle wil gaarmaak, maak hom gaar; en bêre vir
julle alles wat oor is, om hom te bewaar tot die môre toe.
24 En hulle het hom gebêre tot die môre toe, soos
Moshè beveel het; en hy het nie bederwe nie, en daar het geen wurms in gekom
nie.
25 Toe sê Moshè: Eet hom vandag, want dit is
vandag die Sabbat van JaHWeH. Vandag sal julle hom nie in die veld kry nie.
26 Ses dae lank moet julle hom insamel, maar op
die sewende dag is dit Sabbat; dan sal hy daar nie wees nie.
27 En op die sewende dag het van die mense
uitgegaan om in te samel, maar hulle het niks gekry nie.
28 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Hoe lank weier julle
om My Gebooie en My Wette te onderhou?
29 Kyk, omdat JaHWeH julle die Sabbat gegee het,
daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar
hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
30 So het die volk dan op die sewende dag
gesabbatteer.
31 En die huis van JisraEl het hom MAN genoem. En
hy was wit soos koljandersaad, en hy het gesmaak soos heuningkoek.
32 Verder het Moshè gesê: Dit is die saak wat
JaHWeH beveel het: ’n Gomer vol moet van hom bewaar word vir julle geslagte,
dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die wildernis laat eet het, toe Ek
julle uit die Aarde van Egipte uitgelei het.
33 Moshè sê toe vir Aäron: Neem ’n kruik en gooi
’n gomer vol manna daarin, en sit hom voor die Aangesig van JaHWeH neer, om hom
vir julle geslagte te bewaar.
34 Soos JaHWeH Moshè beveel het, so het Aäron hom
voor die Aangesig van die Getuienis neergesit om bewaar te word.
35 En die kinders van JisraEl het die manna
veertig jaar lank geëet totdat hulle na ’n bewoonde Aarde gekom het. Die manna
het hulle geëet totdat hulle by die grens van die Aarde van Kanaän gekom het.
36 En ’n gomer is die tiende van ’n efa.
17 DAAROP het die hele vergadering van die kinders
van JisraEl, volgens die bevel van JaHWeH, van plek tot plek uit die wildernis
Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om
te drink nie.
2 Toe twis die volk met Moshè en sê: Gee julle vir
ons water om te drink. Maar Moshè antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom
versoek julle JaHWeH?
3 Maar die volk het daar gesmag na water, en die
volk het teen Moshè gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat
optrek om ons en ons kinders en ons vee van dors te laat omkom?
4 Toe het Moshè JaHWeH aangeroep en gesê: Wat moet
ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.
5 En JaHWeH het Moshè geantwoord: Trek voor die
aangesig van die volk uit, en neem van die oudstes van JisraEl met jou saam; en
neem jou Staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
6 Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb
staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uitkom, dat die volk kan
drink. En Moshè het so gedoen voor die oë van die oudstes van JisraEl
7 en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die
twis van die kinders van JisraEl en omdat hulle JaHWeH versoek het deur te sê:
Is JaHWeH in ons midde of nie?
8 DAAROP het Amalek gekom om teen JisraEl by
Rafidim te veg.
9 En Moshè het aan JeHôWshua gesê: Kies vir ons
manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die top van die heuwel staan
met die Staf van die Elohim in my hand.
10 En JeHôWshua het gedoen soos Moshè aan hom gesê
het, om te veg teen Amalek. Maar Moshè, Aäron en Hur het op die top van die
heuwel geklim.
11 En telkens as Moshè sy hand ophou, was JisraEl
die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste.
12 Maar die hande van Moshè het swaar geword;
daarom het hulle ’n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy op haar kon
sit. En Aäron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander
anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder.
13 En JeHôWshua het Amalek en sy volk met die
skerpte van die swaard ’n neerlaag toegebring.
14 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Skrywe dit as ’n
herinnering in ’n Boekrol en prent dit vir JeHôWshua in, dat Ek die gedagtenis
van Amalek onder die Hemele heeltemal sal uitdelg. [Boekrol van die Opregte 81:61]
15 En Moshè het ’n altaar gebou en dit genoem:
JaHWeH is my Banier.
16 En hy het gesê: JaHH, die Hand by die Troon van
JaHWeH, het oorlog gesweer teen Amalek van geslag tot geslag. [Exodus 15:2 & 13]
18 TOE Jetro, die priester van Mídian, Moshè se
skoonvader, hoor alles wat Elohim aan Moshè en aan sy volk JisraEl gedoen het -
dat JaHWeH JisraEl uit Egipte uitgelei het -
2 het Jetro, Moshè se skoonvader, Sippóra, die
vrou van Moshè, geneem - nadat hy haar teruggestuur het -
3 en haar twee seuns. (Die naam van die een was
Gersom, want hy het gesê: Ek het ’n besoeker geword in ’n vreemde Aarde;
4 en die naam van die ander was EliEzer; want,
[het hy gesê], die Elohey van my vader is my Hulp en het my van Farao se swaard
verlos.)
5 En Jetro, Moshè se skoonvader, het met sy seuns
en sy vrou na Moshè gekom in die wildernis waar hy by die Berg van die Elohim
met die laer gestaan het.
6 En hy het Moshè laat weet: Ek, jou skoonvader
Jetro, kom na jou met jou vrou en haar twee seuns saam met haar.
7 Daarop gaan Moshè uit, sy skoonvader tegemoet,
en hy het gebuig en hom gesoen; en hulle het na mekaar se welstand gevra en in
die tent ingegaan.
8 Moshè vertel toe aan sy skoonvader alles wat
JaHWeH aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van JisraEl, gedoen het; al
die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat JaHWeH hulle verlos
het.
9 En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat
JaHWeH aan JisraEl gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars
verlos het.
10 Daarop sê Jetro: Geseënd is JaHWeH wat julle
verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die
volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.
11 Nou weet ek, groot is JaHWeH bo al die gode,
naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen julle.
12 Daarop het Jetro, Moshè se skoonvader, ’n
brandoffer en slagdiere [gebring] vir die Elohim. En Aäron en al die oudstes
van JisraEl het gekom om saam met Moshè se skoonvader brood te eet voor die
Aangesig van die Elohim.
13 En die volgende dag het Moshè gesit om Reg te
spreek vir die volk; en die volk het voor Moshè gestaan van die môre tot die
aand toe.
14 En toe Moshè se skoonvader sien alles wat hy
vir die volk doen, sê hy: Wat is dit wat jy vir die volk doen? Waarom sit jy
alleen, en die hele volk staan voor jou van die môre tot die aand toe?
15 En Moshè antwoord sy skoonvader: Omdat die volk
na my kom om Elohim te raadpleeg.
16 As hulle ’n saak het, kom hulle na my; en dan
moet ek regspraak tussen volksgenote gee en die Insettinge van Elohim en Sy
Wette bekend maak.
17 Maar Moshè se skoonvader sê vir hom: Die ding
wat jy doen, is nie goed nie.
18 Jy sal heeltemal uitgeput raak, jy sowel as
hierdie volk wat by jou is. Want die saak is te swaar vir jou; jy kan dit nie
alleen doen nie.
19 Luister nou na my; ek sal jou raad gee, en
Elohim sal met jou wees. Wat jou betref, wees jy die verteenwoordiger van die
volk by die Elohim en bring jy die sake voor die Elohim,
20 en onderrig hulle in die Insettinge en die
Wette, en maak hulle die Weg in haar bekend waarop hulle moet gaan, en die werk
wat hulle moet doen.
21 Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne
wat die Vrees van Elohim het, manne van Waarheid wat onregverdige wins haat. En
stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes
oor vyftig en owerstes oor tien;
22 en laat hulle voortdurend oor die volk die
regspraak uitoefen: al die groot sake moet hulle na jou bring, maar in al die
klein sake moet hulle self regspreek. Maak dit so ligter vir jou, en laat hulle
saam met jou dra.
23 As jy dit doen en Elohim dit jou beveel, kan jy
dit uithou en sal ook al hierdie mense tevrede na hulle woonplek gaan.
24 Moshè het toe geluister na sy skoonvader en
alles gedoen wat hy gesê het -
25 Moshè het bekwame manne uit die hele JisraEl
gekies en hulle as hoofde oor die volk aangestel - owerstes oor duisend,
owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien.
26 En hulle het voortdurend oor die volk die
regspraak uitgeoefen: die moeilike sake het hulle na Moshè gebring, maar in al
die klein sake self reggespreek.
27 Toe het Moshè sy skoonvader laat gaan, en hy
het na sy deel van die Aarde getrek.
19 IN die derde maand ná die uittog van die kinders
van JisraEl uit die Aarde van Egipte, op dieselfde dag, het hulle in die
wildernis Sinai gekom – [Boekrol van die Opregte 82:6]
2 hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die
wildernis Sinai gekom en in die wildernis laer opgeslaan. En JisraEl het daar
teenoor die berg laer opgeslaan.
3 Maar Moshè het opgeklim na die Elohim toe, en
JaHWeH het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van
Jakob sê en aan die kinders van JisraEl verkondig:
4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars
gedoen het, en dat Ek julle op Arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring
het.
5 As julle dan nou terdeë na My Stem luister en My
Verbond hou sal julle My persoonlike eiendom uit al die volke wees, want die
hele Aarde is Myne.
6 En julle sal vir My ’n koninkryk van priesters
en ’n aparte nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van JisraEl
moet meedeel.
7 En Moshè het gekom en die oudstes van die volk
laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat JaHWeH hom beveel het.
8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles
wat JaHWeH spreek, sal ons doen. En Moshè het die woorde van die volk aan
JaHWeH oorgebring.
9 En JaHWeH het met Moshè gespreek: Kyk, Ek sal in
’n dik Wolkkolom na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en
hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moshè het die woorde van die volk aan
JaHWeH meegedeel.
10 Verder het JaHWeH aan Moshè gesê: Gaan na die
volk en sonder hulle af, vandag en môre, en laat hulle hul klere was
11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op
die derde dag sal JaHWeH voor die oë van die hele volk op die berg Sinai
afdaal.
12 Ook moet jy vir die volk ’n grens rondom aanwys
en sê: Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen wat
die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.
13 Geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet
sekerlik gestenig of sekerlik met ’n pyl geskiet word; of dit ’n wilde wese of
’n mens is - hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag
hulle op die berg klim.
14 Toe het Moshè van die berg af na die volk
gegaan en die volk in gereedheid gebring, en hulle het hul klere gewas.
15 En hy het aan die volk gesê: Hou julle klaar
teen die derde dag; moenie naby die vroue kom nie. [Openbaring 14:4]
16 En op die derde dag toe dit môre word, was daar
donderslae en blitse en ’n swaar Wolkkolom op die berg en die geluid van ’n
baie sterk ramshoring, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het. [Openbaring 10]
17 Daarop het Moshè die volk uit die laer gelei om
die Elohim te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg.
18 En die hele berg Sinai het gerook, omdat die
Aangesig van JaHWeH in vuur daarop neergedaal het. En Sy rook het opgetrek soos
die rook van ’n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
19 Toe die geluid van die ramshoring sterker en
sterker word, het Moshè gespreek, en Elohim het hom telkens hardop geantwoord.
20 Terwyl JaHWeH op die berg Sinai neerdaal, op
die top van die berg, het JaHWeH Moshè na die top van die berg geroep, en Moshè
het opgeklim.
21 En JaHWeH het vir Moshè gesê: Klim af, waarsku
die volk dat hulle nie na JaHWeH toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan
val nie.
22 En ook die priesters wat naby JaHWeH kom, moet
hulleself apart hou, sodat JaHWeH nie teen hulle losbreek nie.
23 Toe het Moshè JaHWeH geantwoord: Die volk kan
nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken
die berg af en stel dit apart.
24 Daarop sê JaHWeH vir hom: Gaan heen, klim af.
Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag
nie deurbreek om na JaHWeH toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek
nie.
25 En Moshè het na die volk toe afgeklim en hulle
dit aangesê.
20 TOE het die Elohim al hierdie woorde gespreek en
gesê:
2 Ek is JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die
slawehuis, uitgelei het. [2 Ezra 7:88-108]
3 Jy mag geen gode van andere voor My Aangesig hê nie,
4 jy mag vir jou geen gesnede afbeelding of enige beliggaming maak van wat
bo in die Hemele is, of van wat in die Aarde is, of van wat in die waters onder
die Aarde is nie,
5 jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH
jou Elohey, is ’n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die
kinders, aan die derde en aan die vierde [geslag] van die wat My haat.
6 En bewys Barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My Gebooie
onderhou.
7 Jy mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal
die een wat Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie.
8 Gedenk die Sabbatdag, deur dit apart te stel,
9 ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
10 maar die sewende dag is die Sabbat van JaHWeH jou Elohey; [dan] mag jy
géén werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, [of] jou dienskneg of jou
diensmaagd, of jou vee of die besoeker wat in jou poorte is nie
11 want in ses dae het JaHWeH die Hemele en die Aarde gemaak, die see en
alles wat daarin is, en op die sewende dag het HY gerus. Daarom het JaHWeH die
Sabbatdag geseën deur dit apart te verklaar.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word op die
Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou Elohey aan jou gee. [MattithJaHûW 23:9]
13 Jy mag nie moor nie. [Deuteronómium 19:11]
14 Jy mag nie vermeng nie.
15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou
begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat
van jou naaste is nie.
18 En toe die hele volk die donderslae en die
blitse en die geluid van die ramshoring en die rokende berg bemerk, het die
volk dit gesien en gebewe en op ’n afstand bly staan.
19 En hulle het vir Moshè gesê: Spreek u met ons,
dat ons kan luister; maar laat Elohim nie met ons spreek nie, anders sterwe
ons.
20 Toe antwoord Moshè die volk: Wees nie bevrees
nie, want die Elohim het gekom om julle te beproef en dat Sy Vrees voor julle
oë mag wees, sodat julle nie oortree nie.
21 So het die volk dan op ’n afstand bly staan.
Maar Moshè het nader gegaan na die wolkedonkerheid waar die Elohim [is].
22 Toe sê JaHWeH vir Moshè: So moet jy met die
kinders van JisraEl spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die
Hemele af gespreek het.
23 Julle mag naas My geen gode van silwer en gode
van goud maak nie.
24 ’n Altaar van Adamah[adamiet se Aarde] moet jy
vir My maak, slag op haar jou brandoffers en jou vergoedinge, jou kleinvee en
beeste. Op elke plek waar Ek My Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en
jou seën.
25 Maar as jy vir My ’n klipaltaar maak, mag jy
haar nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap oor haar
swaai, dan besoedel jy haar.
26 Jy mag ook nie met trappe na My altaar opklim
nie, dat jou geslagsdele nie daarop ontbloot word nie.
21 EN dit is die Verordeninge wat jy hulle moet
voorhou:
2 As jy ’n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar
lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan.
3 As hy alleen kom, moet hy alleen vrygelaat word;
as hy getroud is, moet sy vrou saam met hom vrygelaat word.
4 As sy meester aan hom ’n vrou gee en sy vir hom
seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar meester se eiendom
wees, terwyl hy alleen vrygelaat word.
5 Maar as die slaaf reguit sê: Ek het my meester,
my vrou en my kinders lief; ek wil nie as vryman weggaan nie -
6 dan moet sy meester hom na die Elohim bring en
hom by die deur of die deurpos bring; en sy meester moet sy oor met ’n els
deurboor; daarna moet hy hom vir altyd dien.
7 En as iemand sy dogter as slavin verkoop, mag sy
nie soos die slawe weggaan nie.
8 As sy haar meester nie beval nie wat haar vir
homself bestem het, moet hy haar laat loskoop. Hy is nie geregtig om haar aan
’n uitlandse volk te verkoop nie, omdat hy bedrieglik met haar gehandel het.
9 Maar as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met
haar handel volgens die Reg van die dogters;
10 as hy vir hom ’n ander een neem, mag hy haar
voedsel, haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.
11 En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen
nie, sal sy gratis weggaan, sonder silwer.
12 Hy wat ’n man slaan, dat hy sterwe, moet
sekerlik gedood word.
13 Maar as hy dit daar nie op toegelê het nie,
maar Elohim dit sy hand laat ontmoet het, dan sal Ek jou ’n plek aanwys
waarheen hy kan vlug.
14 Maar as iemand moedswillig teen sy naaste
handel, om hom met lis dood te maak, moet jy hom van My altaar af wegneem, om
te sterwe.
15 En hy wat sy vader of moeder slaan, moet
sekerlik gedood word.
16 En hy wat ’n persoon steel en hom verkoop - of
as hy in sy besit gevind word - dié moet sekerlik gedood word.
17 En hy wat sy vader of moeder vloek, moet
sekerlik gedood word.
18 En as manne twis en die een die ander slaan met
’n klip of met die vuis, sodat hy nie sterwe nie, maar bedlêend word -
19 as hy weer opstaan en buite met sy stok
rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy
vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word.
20 En as iemand sy slaaf of slavin met ’n stok
slaan, dat dié onder sy hand sterwe, moet dit sekerlik gewreek word.
21 Maar as hy ná een of twee dae nog lewe, moet
dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.
22 En as manne met mekaar veg en ’n swanger vrou
so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy
sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit
deur skeidsregters gee.
23 Maar is daar ’n letsel, dan moet jy gee siel
vir siel,
24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir
hand, voet vir voet,
25 brandplek vir brandplek, wond vir wond,
kwesplek vir kwesplek.
26 En as iemand sy slaaf of slavin op die oog
slaan en hy dit beskadig, moet hy hom vry laat weggaan vir sy oog.
27 En as hy die tand van sy slaaf of die tand van
sy slavin uitslaan, moet hy hom laat vry gaan vir sy tand.
28 En as ’n bees ’n man of ’n vrou stoot, sodat hy
sterwe, moet die bees sekerlik gestenig word; en sy vleis mag nie geëet word
nie, maar die baas van die bees sal ongestraf bly.
29 Maar as die bees tevore al stoterig gewees het
en sy baas gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ’n man of ’n
vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word.
30 As aan hom ‘n losprys opgelê word, moet hy vir
die vrystelling van sy siel alles gee wat hom opgelê word.
31 Of hy ’n seun gestoot het of ’n dogter, volgens
hierdie Reg moet met hom gehandel word.
32 As die bees ’n slaaf of slavin stoot, moet hy
aan hulle meester dertig sikkels silwer gee, en die bees moet gestenig word.
33 En as iemand ’n put oopmaak, of as iemand ’n
put grawe en hom nie toemaak nie, en ’n bees of esel val daarin,
34 moet die eienaar van die put vergoeding gee: hy
moet aan die eienaar [van die dier] silwer gee, maar die dooie dier moet syne
wees.
35 En as iemand se bees die bees van ’n ander
stoot, sodat dit sterwe, moet hulle die lewendige bees verkoop en die silwer
daarvan verdeel; en die dooie een moet hulle ook verdeel.
36 Of as dit bekend was dat die bees tevore al
stoterig gewees het, en sy baas dit nie opgepas het nie, moet hy ten volle bees
vir bees vergoed; maar die dooie een moet syne wees.
22 AS iemand ’n bees of ’n stuk kleinvee steel en
dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ’n bees vergoed en vier stuks
kleinvee vir ’n stuk kleinvee.
2 As ’n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy
word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie;
3 as die son oor hom opgegaan het, ontstaan
daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet
hy vir sy diefstal verkoop word.
4 As die gesteelde goed - of dit ’n bees, ’n esel
of ’n stuk kleinvee is - nog lewendig in sy besit gevind word, moet hy dubbel
vergoeding gee.
5 As iemand ’n stuk veld of ’n wingerd laat afwei
en sy vee vry laat loop, sodat dit in die veld van ’n ander wei, moet hy van
die beste van sy veld en die beste van sy wingerd as vergoeding gee.
6 As ’n vuur uitbreek en die dorings vat, sodat ’n
mied of die ongesnyde graan of die veld verteer word, moet hy wat die vuur aan
die brand gesteek het, ten volle vergoeding gee.
7 As iemand aan sy naaste silwer of goed in
bewaring gee, en dit word uit die man se huis gesteel, moet die dief, as hy
uitgevind word, dubbel vergoeding gee.
8 As die dief nie uitgevind word nie, moet die
eienaar van die huis na die Elohim gaan [om te beslis] of hy nie sy hand na sy
naaste se goed uitgestrek het nie.
9 By alle sake van opstandigheid, of dit gaan oor
’n bees, oor ’n esel, oor kleinvee, oor klere of oor enigiets wat verloor is,
waarvan iemand sê: Dit is myne! moet die saak van altwee voor die Elohim kom;
die een wat deur die Elohim skuldig verklaar word, moet aan sy naaste dubbel
vergoeding gee.
10 As iemand aan sy naaste ’n esel of bees of stuk
kleinvee of enige dier gee om op te pas, en dit gaan dood of raak gebreklik of
word weggevoer sonder dat iemand dit sien,
11 dan moet die eed by JaHWeH tussen hulle twee
beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die
eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee
nie.
12 Maar as dit van hom weggesteel is, moet hy aan
die eienaar vergoeding gee.
13 As dit verskeur is, moet hy dit as bewys bring;
wat verskeur is, hoef hy nie te vergoed nie.
14 En as iemand van sy naaste iets te leen vra, en
dit breek of gaan dood terwyl die eienaar daar nie by is nie, moet hy ten volle
vergoeding gee.
15 As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen
vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, kom die huurfooi daarvoor.
16 As iemand ’n maagd wat nie verloof is nie,
verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as
sy vrou koop.
17 As haar vader beslis weier om haar aan hom te
gee, moet hy silwer gee volgens die huweliksprys vir ’n maagd.
18 Die towerheks mag jy nie laat lewe nie.
19 Elkeen wat met ’n dier gemeenskap het, moet
sekerlik gedood word.
20 Hy wat aan gode van andere slag, behalwe aan
JaHWeH alleen, moet met die banvloek getref word.
21 Jy mag ook die besoeker nie kwel of hom verdruk
nie, want julle was besoekers in die Aarde van Egipte.
22 Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie.
23 As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik,
dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor,
24 en My Woede sal ontvlam, en Ek sal julle met
die Swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.
25 As jy aan My volk, aan die arme by jou, silwer
leen, mag jy vir hom nie soos ’n skuldeiser wees nie: julle mag hom geen rente
oplê nie.
26 As jy ooit jou naaste se gewaad as pand neem,
moet jy hom dit teruggee voor die son ondergaan;
27 want sy is sy enigste bedekking, sy is sy
bekleding vir sy vel. Waarin moet hy anders slaap? En as hy na My roep, sal Ek
hoor, want Ek is barmhartig.
28 Jy mag Elohim nie vloek nie, en ’n owerste
onder jou volk mag jy nie verwens nie.
29 Hou nie terug die rypheid van jou sap nie. Gee
My die eersgeborene van jou seuns.
30 Jy moet dieselfde doen met jou beeste en jou
kleinvee: sewe dae moet hy by sy moeder wees; op die agtste dag moet jy hom aan
My gee.
31 En julle moet vir My manne van Apartheid wees.
Daarom mag julle nie vleis eet wat in die veld verskeur is nie. Julle moet dit
vir die honde gooi.
23 JY mag geen vernietigende gerug rondstrooi nie.
Moenie jou hand saam met die besoedelde stel om ’n verkeerde getuie te wees
nie.
2 Jy mag die meerderheid nie volg in besoedelde
dinge nie. En jy mag in ’n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid
aan om die Reg te verdraai nie.
3 Ook mag jy die geringe nie voortrek in sy
regsaak nie.
4 As jy jou teëstander se bees of esel teëkom wat
ronddwaal, moet jy dit sekerlik vir hom terugbring.
5 As jy jou teëstander se esel onder sy las sien
lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam
met hom aflaai.
6 Jy mag die Reg van die arme in hulle regsaak nie
verdraai nie.
7 Hou jou ver van valse sake af. En moenie die
onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die besoedelde nie
regverdig nie.
8 Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want
die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges.
9 Jy mag die besoeker ook nie verdruk nie; want
julle ken self die siel van ’n besoeker, omdat julle besoekers in die Aarde van
Egipte gewees het.
10 En ses jaar lank moet jy jou Aarde besaai en
haar produkte insamel;
11 maar in die sewende moet jy haar ongebruik en
braak laat lê, dat die arm persone van jou volk kan eet; en wat hulle laat
oorbly, kan die diere van die veld opeet. So moet jy doen met jou wingerd en
jou olyfbome.
12 Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die
sewende dag moet jy sabbatteer, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun
van jou slavin en die besoeker kan asem skep.
13 En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle
jul in ag neem. En die naam van gode van andere mag julle nie vermeld nie; dit
mag uit jou mond nie gehoor word nie.
14 Drie maal in die jaar moet jy vir My ’n Fees
hou.
15 Die Fees van die Ongesuurde Brode moet jy hou:
sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die
bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek - maar
hulle mag nie met leë hande voor My Aangesig verskyn nie;
16 verder die Fees van die Oes, van die
Eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die Fees van die
Insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die Aarde insamel.
17 Drie maal in die jaar moet al jou manspersone
voor die Aangesig van My Meester JaHWeH verskyn.
18 Jy mag die bloed van My Slagdier nie saam met
[iets] gesuurd slag nie. Ook mag die vet van My Fees nie tot die môre toe
oorbly nie.
19 Die beste van die eerstelinge van jou Aarde
moet jy in die Huis van JaHWeH jou Elohey bring. Jy mag die bokkie nie kook in
sy moeder se melk nie. [JeHôWganan 6:53]
20 Kyk, Ek stuur ’n Boodskapper voor jou uit om
jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak
het. [Exodus
32:34; 33:2; JeshaJaH 37:36; JeségiEl 1:28; 43:6]
21 Neem jou in ag vir Hom en luister na Sy Stem;
wees nie opstandig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie verskoon nie,
want My Naam is in Hom. [2 Ezra 1:4, 5; 10:27]
22 Maar as jy terdeë na Sy Stem luister en alles
doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou
teëstanders wees.
23 Want My Boodskapper sal voor jou uit gaan en
jou bring na die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Kanaäniete, Hewiete en
Jebusiete; en Ek sal hulle vernietig.
24 Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en
hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen na hulle werke nie; maar jy moet hulle
heeltemal omverwerp en hulle torings heeltemal afbreek.
25. En julle moet JaHWeH julle Elohey dien; dan
sal Hy jou brood en water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder. [Exodus 15:26; JeshaJaH
3:1; 57:18, 19]
26 Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou
Aarde wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak.
27 Ek sal My Skrik voor jou uit stuur en elke volk
waarby jy kom, in verwarring bring. En Ek sal al jou vyande vir jou laat vlug.
28 Ook sal Ek perdebye voor jou uit stuur; dié sal
die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit verdrywe.
29 Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit
verdrywe nie, dat die Aarde nie woes word en die wilde wesens van die land nie
teen jou te veel word nie.
30 Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit
verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die Aarde beërwe.
31 En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee
af tot by die See van die Filistyne, en van die wildernis af tot by die
Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die Aarde in julle hand gee, en jy sal
hulle voor jou uit verdrywe. [Deuteronómium 2:9; Spreuke 31:15]
32 Jy mag met hulle of met hulle gode geen verbond
maak nie.
33 Hulle mag in jou Aarde nie woon nie, dat hulle
jou nie verlei om teen My te oortree nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, hy
sal vir jou ’n strik wees.
24 DAARNA het Hy vir Moshè gesê: Klim na JaHWeH toe
op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van JisraEl, en
buig julle neer van ver af.
2 En laat Moshè alleen nader kom na JaHWeH toe,
maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
3 Toe Moshè kom en aan die volk al die woorde van
JaHWeH en al die Verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en
sê: Al die woorde wat JaHWeH gespreek het, sal ons doen.
4 En Moshè het al die woorde van JaHWeH opgeskrywe
en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg ’n altaar gebou, en twaalf
gedenkstene volgens die twaalf stamme van JisraEl.
5 En hy het jongmanne van die kinders van JisraEl
gestuur; dié het brandoffers opgeneem en bulle as slagdiere as vergoeding aan
JaHWeH geslag.
6 En Moshè het die helfte van die bloed geneem en
hom in ‘n kom gegooi en die helfte van die bloed op die altaar gesprinkel.
7 En hy het die Boekrol van die Verbond geneem en
haar voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat JaHWeH
gespreek het, sal ons doen en daarna luister. [Wysheid van Sirah 24:23]
8 Toe neem Moshè die bloed en sprinkel hom uit op
die volk en sê: Dit is die bloed van die Verbond wat JaHWeH met julle gesluit
het op grond van al hierdie woorde.
9 Daarop het Moshè opgeklim met Aäron, Nadab en
Abíhu en sewentig van die oudstes van JisraEl.
10 En hulle het die Elohey van JisraEl gesien, en
onder Sy voete net soos ’n vloerwerk van saffierstene en so suiwer soos die
Hemele self.
11 Maar Hy het Sy Hand nie na die uitgesoektes van
die kinders van JisraEl uitgestrek nie, en hulle het die Elohim aanskou; daarop
het hulle geëet en gedrink. [Wysheid van Salomo 10:20]
12 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Klim op die berg na My
toe en vertoef daar, dat Ek jou die Kliptablette kan gee en die Wet en Gebooie
wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
13 Hierop het Moshè klaargemaak en JeHôWshua, sy
dienaar. En Moshè het opgegaan na die Berg van die Elohim
14 en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot
ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan
na hulle gaan.
15 Toe Moshè die berg opklim, het die Wolkkolom
die berg oordek.
16 En die Glansrykheid van JaHWeH het op die berg
Sinai gebly, en die Wolkkolom het dit ses dae lank oordek. En op die sewende
dag het Hy na Moshè geroep uit die Wolkkolom.
17 En die verskyning van die Glansrykheid van
JaHWeH was in die oë van die kinders van JisraEl soos ’n verterende vuur op die
top van die berg.
18 En Moshè het binne-in die Wolkkolom ingegaan en
die berg opgeklim. En Moshè was op die berg veertig dae en veertig nagte. [2 Ezra 14:4]
25 TOE het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Sê aan die kinders van JisraEl dat hulle aan My
’n skenking moet bring; van elkeen wie se hart hom aandrywe, moet julle My
skenking bring.
3 En dit is die skenking wat julle van hulle kant
moet bring: goud en silwer en koper;
4 en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe
en fyn linne en bokhaar;
5 en rooigeverfde ramsvelle en gebreide velle en
akasiahout;
6 olie vir die kandelaar, speserye vir die
salfolie en vir die reukwerk van speserye;
7 oniksstene en stene om in te lê vir die skouerkleed
en die borstas.
8 Ook moet hulle vir My ’n Apartheidsplek maak,
dat Ek in hulle midde kan vertoef.
9 Volgens alles wat Ek jou laat sien - die plan
van die Tabernakel en die plan van alles wat daarby behoort - so moet julle
maak.
10 HULLE moet dan ’n Ark van akasiahout maak. Twee
en ’n halwe voorarm moet haar lengte, en ‘n halwe voorarm haar breedte, en ‘n
halwe voorarm haar hoogte wees. [Sirag 24:10]
11 En jy moet haar oortrek met suiwer goud, van
binne en van buite moet jy haar oortrek. En jy moet daaraan ’n goue kroonlys
maak rondom.
12 En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit
aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die
ander kant is.
13 En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit
oor met goud.
14 En steek die draaghoute in die ringe aan
weerskante van die Ark om die Ark daarmee te dra.
15 Die draaghoute moet in die ringe van die Ark
bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie.
16 Daarna moet jy in die Ark die Getuienis sit wat
Ek aan jou sal gee.
17 Maak ook ’n Versoendeksel van suiwer goud. Twee
en ’n halwe voorarm moet haar lengte, en ‘n halwe voorarm haar breedte wees.
18 Maak ook twee Gérubs van goud. Van smeewerk
moet jy hulle maak, aan die twee ente van die Versoendeksel.
19 En maak een Gérub aan die een ent en een Gérub
aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die Versoendeksel, moet julle die
Gérubs maak, aan die twee ente.
20 En die Gérubs moet die Vleuels boontoe
uitgesprei hou, terwyl hulle met hul Vleuels die Versoendeksel beskut; en hulle
Aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die Gérubs moet op die
Versoendeksel gerig wees.
21 En sit die Versoendeksel bo-op die Ark; maar in
die Ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee.
22 En daar sal Ek met jou saamkom, en van die
Versoendeksel af, tussen die twee Gérubs uit wat op die Ark van die Getuienis
is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van JisraEl sal beveel. [Exodus 40:34; Wysheid van
Sirah 24:10]
23 MAAK ook ’n tafel van akasiahout. Twee voorarm
moet sy lengte, en ’n voorarm sy breedte, halwe voorarm sy hoogte wees.
24 En trek hom oor met suiwer goud, en maak
daarvoor ’n goue kroonlys rondom.
25 Maak daarvoor ook ’n lys van ’n handbreedte rondom;
en maak ’n goue kroonlys vir die lys rondom.
26 En maak daar vier goue ringe voor, en sit die
ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote.
27 Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir
die draaghoute om die tafel te dra.
28 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek
dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word.
29 Maak ook sy skottels en sy panne en sy kanne en
sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit maak.
30 En op die tafel moet jy voortdurend brood voor
My Aangesig neersit. [DaniEl 11:31; Hebreërs 9:2]
31 EN jy sal haar, die kandelaar maak van suiwer
goud. Van smeewerk moet die kandelaar, haar voetstuk en haar stam gemaak word;
haar kelkies, haar knoppe en haar blomme, hulle sal uit haar [een stuk wees].
32 En ses arms moet uit haar sykante uitgaan: drie
arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit haar
ander kant.
33 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een
arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm,
’n knop en ’n blom - so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar
uitgaan.
34 Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies
soos amandelblomme wees, haar knoppe en haar blomme: [Númeri 17:8; JirmeJaH 1:11; Openbaring
1:13]
35 daar moet ’n knop wees onder die twee arms wat
uit haar uitgaan; en ’n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en ’n
knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan - vir die ses arms wat uit die
kandelaar uitgaan.
36 Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam,
uit haar een stuk wees - alles van haar saam een stuk smeewerk van suiwer goud.
37 Jy moet haar sewe lampe maak, en hulle moet
haar lampe opsteek om dwarsoor haar aangesig te verlig. [Openbaring 1:20]
38 Haar vuurtange en haar bakkies moet van suiwer
goud wees.
39 Van ’n talent suiwer goud moet hulle haar maak
- al hierdie voorwerpe.
40 En kyk dat jy haar maak volgens die voorbeeld
daarvan wat jou op die berg getoon is.
26 EN die Tabernakel moet jy van tien tentdoeke
maak, van fyn dubbeldraad-linne en koningsblou en purperrooi en bloedrooi
stowwe, met Gérubs; as kunstige werk moet jy hulle maak.
2 Die lengte van elke tentdoek moet agt-en-twintig
voorarm wees en die breedte van elke tentdoek vier voorarm. Al die tentdoeke
moet een maat hê.
3 Vyf van die tentdoeke moet aanmekaar gewerk
wees, vrou teen haar suster. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, vrou teen haar
suster. [JeségiEl
1:23]
4 En jy moet lissies van koningsblou stof maak aan
die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak
aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
5 Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek
maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die
tweede stel behoort. Die lissies moet vrou teen haar suster wees.
6 Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die
tentdoeke saamvoeg met die hakies, vrou teen haar suster, sodat die Tabernakel
een geheel is.
7 Ook moet jy doeke van bokhaar maak as ’n
tentseil oor die Tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
8 Die lengte van elke tentdoek moet dertig voorarm
wees en die breedte van elke tentdoek vier voorarm: die elf tentdoeke moet een
maat hê.
9 En jy moet vyf van die tentdoeke besonders
aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy
dubbel vou, aan die voorkant van die Tent.
10 En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van
die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die
[laaste] tentdoek van die tweede stel.
11 Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die
hakies in die lissies steek; en jy moet die Tent saamvoeg, sodat hy een geheel
is.
12 En wat betref die oorhangende gedeelte aan die
tentdoeke - die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant
van die Tabernakel.
13 En ’n voorarm aan die een- en ‘n voorarm aan
die ander kant oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die
sykante van die Tabernakel, aan weerskante, om hom te oordek.
14 Jy moet ook vir die Tent ’n dekkleed van
rooigeverfde ramsvelle maak en ’n dekkleed van gebreide velle daar bo-oor
15 JY moet ook vir die Tabernakel die regopstaande
style van akasiahout maak.
16 Die lengte van die styl moet tien voorarm wees,
en ‘n voorarm en half die breedte van elke styl.
17 Twee hande vir een styl ewe-vêr vrou teen haar
suster wat met mekaar verbind is. So moet jy haar maak vir al die style van die
Tabernakel.
18 En die style vir die Tabernakel moet jy maak:
twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
19 Jy moet ook veertig silwer-voetstukke onder die
twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en
twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
20 En vir die ander sykant van die Tabernakel, aan
die noordekant, twintig style
21 met hulle veertig silwervoetstukke: twee
voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
22 En vir die agterkant van die Tabernakel, teen
die weste, moet jy ses style maak.
23 Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van
die Tabernakel, aan die agterkant.
24 En hulle moet van onder dubbel wees, en net so
moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees;
hulle moet die twee hoeke vorm.
25 So moet daar dan agt style wees met hulle
silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en
twee voetstukke onder die ander styl.
26 Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf
vir die style van die een sykant van die Tabernakel
27 en vyf dwarshoute vir die style van die ander
sykant van die Tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant
van die Tabernakel teen die weste.
28 En die middelste dwarshout moet in die middel
van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
29 En jy moet die style met goud oortrek; en hulle
ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet
jy ook met goud oortrek.
30 So moet jy dan die Tabernakel oprig volgens die
Regsplan wat jou op die berg getoon is.
31 VERDER moet jy ’n voorhangsel maak van
koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As
kunstige werk moet jy haar maak, met Gérubs. [MattithJaHûW 27:51; Lukas 23:45;
Hebreërs 9:3]
32 En jy moet haar ophang aan vier pilare van akasiahout
wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier
silwervoetstukke staan.
33 En jy moet die voorhangsel onder die hakies
ophang; en bring die Ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En
die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die Apartheid [en] die
Apartheid van die Aparthede. [Hebreërs 9:3]
34 En jy moet die Versoendeksel op die Ark van die
Getuienis neerlê in die Apartheid van die Aparthede.
35 En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en
die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die Tabernakel. Maar die
tafel moet jy aan die noordekant sit.
36 Jy moet ook vir die ingang van die Tent ’n
bedekking maak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn
dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
37 En maak vir die bedekking vyf pilare van
akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en
jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.
27 JY moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf
voorarm moet die lengte wees en vyf voorarm die breedte - vierkantig moet die
altaar wees - en drie voorarm sy hoogte.
2 En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy
horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek.
3 En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy
skoppe en sprinkelflesse en vurke en vuurtange. Al dié gereedskap moet jy van
koper maak.
4 Jy moet daar ’n traliewerk aan maak, ’n netwerk
van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke.
5 En jy moet dit onder die lys van die altaar
bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom.
6 Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak,
draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper.
7 En die draaghoute moet in die ringe gesteek
word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra.
8 Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou
op die berg getoon is, so moet hulle dit maak.
9 JY moet ook die voorhof van die Tabernakel maak.
Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees
van fyn dubbeldraad-linne; honderd voorarm moet die lengte vir die een kant
wees;
10 daarby twintig pilare met hulle twintig
kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees.
11 So moet daar ook aan die noordekant, in die
lengte, behangsels wees, honderd [voorarm] lank; daarby twintig pilare met
hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van
silwer wees.
12 En in die breedte van die voorhof, aan die
westekant, moet daar behangsels van vyftig voorarm wees; daarby tien pilare en
hulle tien voetstukke.
13 En die breedte van die voorhof aan die
oostekant, teen sonop, vyftig voorarm -
14 sodat daar vyftien voorarm behangsels vir die
een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
15 en vir die ander kant vyftien voorarm vir die
behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke;
16 en vir die poort van die voorhof ’n bedekking
van twintig voorarm, van koningsblou, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn
dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier
voetstukke.
17 Al die pilare van die voorhof moet rondom van
silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle
voetstukke van koper.
18 Die lengte van die voorhof moet honderd voorarm
wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf voorarm, van fyn
dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.
19 Aangaande al die gereedskap van die Tabernakel,
by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle
moet van koper wees.
20 En jy moet die kinders van JisraEl beveel dat
hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om
voortdurend ’n brandende lamp te hê.
21 In die Tent van Samekoms, buitekant die
voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns haar regmaak [om
te brand] van die aand tot die môre voor die Aangesig van JaHWeH. Sy sal ’n
ewige Insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van
JisraEl.
28 DAN moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met
hom, uit die kinders van JisraEl, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die
priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, El-Azar en Itamar, die seuns van
Aäron.
2 En jy moet vir jou broer Aäron klere van
Apartheid maak, tot eer en tot sieraad.
3 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is,
wat Ek met die Gees van Wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om
hom apart te stel, sodat hy vir My die priesteramp kan bedien.
4 En dit is die klere wat hulle moet maak: ’n
borstas en ’n skouerkleed en ’n mantel en ’n kunstig bewerkte kleed, ’n tulband
en ’n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, klere van Apartheid maak,
en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
5 En hulle moet die goud en die koningsblou en
purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.
6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud,
koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as
kunstige werk.
7 Hy moet twee skouerstukke hê wat aan mekaar vas
is; aan die twee bo-ente moet hy saamgevoeg word.
8 En die band wat aan hom is om hom vas te bind,
moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud,
koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
9 En jy moet twee oniksstene neem en die name van
die kinders van JisraEl op hom graveer:
10 ses van dié name op die een steen en die ses
ander name op die ander steen volgens hulle genelyn.
11 Met graveerwerk, soos op ’n seëlsteen uitgesny
word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van
JisraEl. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.
12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke
van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van JisraEl -
Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die Aangesig van JaHWeH om
hulle in gedagtenis te bring.
13 Jy moet dan kassies van goud maak
14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos
toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan
die kassies vas.
15 Jy moet ook die borstas van die Reg maak van
kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy hom maak; van goud,
koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet
jy hom maak.
16 Vierkantig moet hy wees en dubbel gevou; ’n
span sy lengte en ’n span sy breedte.
17 En voorsien hom van ’n steeninvulling van vier
rye stene: ’n ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag moet die eerste ry
wees
18 En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en
’n jaspis.
19 En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n
ametis.
20 En die vierde ry: ’n chrisoliet en ’n oniks en
’n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.
21 En die stene moet volgens die name van die
kinders van JisraEl twaalf wees, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen
uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.
22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings,
soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.
23 En maak by die borstas twee goue ringe; en
bevestig die twee ringe aan die twee [bo]-ente van die borstas,
24 en maak die twee goue toutjies aan die twee
ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;
25 en maak die twee [ander] ente van die twee
toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van
die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.
26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig
dié aan die twee [onder]-ente van die borstas, aan die kant wat teen die
skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
27 En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan
die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan
by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die
ringe van die skouerkleed met ’n koningsblou toutjie vasbind, sodat dit bo die
band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe
nie.
29 So moet Aäron dan die name van die kinders van
JisraEl in die borstas van die Reg op sy hart dra as hy na die Apartheid gaan,
om [hulle] voortdurend in gedagtenis te bring voor die Aangesig van JaHWeH.
30 Jy moet ook in die borstas van die Reg die Urim
en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die
Aangesig van JaHWeH ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders
van JisraEl voortdurend op sy hart dra voor die Aangesig van JaHWeH.
31 En jy moet die mantel van die skouerkleed
heeltemal van koningsblou stof maak.
32 En die opening vir die hoof moet in die middel
van hom wees. Rondom die opening moet ’n soom van wewerswerk wees. Soos die
opening van ’n borsharnas moet hy daaraan wees, dat hy nie kan skeur nie.
33 En maak aan die soom van hom granaatjies van
koningsblou en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom van hom rondom, en
daar tussenin goue klokkies rondom
34 ’n goue klokkie en ’n granaatjie, ’n goue
klokkie en ’n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.
35 En Aäron moet hom aanhê om te kan dien, sodat
die geluid daarvan gehoor word as hy na die Apartheid, voor die Aangesig van
JaHWeH gaan en as hy uitgaan, dat hy nie sterwe nie.
36 Verder moet jy ’n plaat van suiwer goud maak en
op hom graveer, soos op ’n seëlsteen uitgesny word: APARTHEID AAN JAHWEH. [ZekarJaH 3:5; Odes van
Salomo 8:15]
37 En maak hom vas aan ’n koningsblou toutjie,
sodat hy aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet hy
wees. [Odes
van Salomo 9:8-9; 23:21]
38 So moet hy dan op die voorhoof van Aäron wees,
sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die Aparthede wat die kinders
van JisraEl sal apart stel - al hulle apartgestelde(s) [gawes]. En hy moet
voortdurend op sy voorhoof wees, dat hulle voor die Aangesig van JaHWeH
welgevalle mag vind. [Boekrol van die Opregte 23:15]
39 Jy moet ook die kleed van fyn linne kunstig
bewerk. Jy moet ook ’n tulband van fyn linne maak, en ’n gordel moet jy van
veelkleurige werk maak.
40 En maak ‘n kleed vir die seuns van Aäron, en
maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle ‘n hoofbedekking maak, tot eer en
tot sieraad.
41 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam
met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en verklaar hulle apart, sodat
hulle vir My die priesteramp kan bedien.
42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van
die geslagsdele te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.
43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in
die Tent van Samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die
Apartheid te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is
’n ewige Insetting vir hom en vir sy saad na hom.
29 EN dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om
hulle apart te stel, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong
bul en twee ramme wat raseg is,
2 en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie
gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit
maak.
3 En sit dit in een mandjie, en bring dit aan in
die mandjie saam met die jong bul en die twee ramme.
4 Dan moet jy Aäron en sy seuns laat nader kom na
die ingang van die Tent van Samekoms en hulle met water was.
5 En neem die klere en beklee Aäron met ‘n kleed
en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en
bind hom die band van die skouerkleed om.
6 En plaas die tulband op sy hoof, en bevestig die
separatisme van die Apartheid aan die tulband.
7 Neem dan die salfolie en giet haar op sy hoof en
salf hom.
8 Ook sy seuns moet jy laat nader kom, en laat
hulle ‘n kleed aantrek,
9 en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy
seuns, en bind vir hulle hoofbedekkings om, dat hulle die priesteramp kan besit
as ’n ewige Insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.
10 En jy moet die jong bul aanbring voor die
aangesig van die Tent van Samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op
die kop van die jong bul lê.
11 En bloei die jong bul voor die Aangesig van
JaHWeH by die ingang van die Tent van Samekoms.
12 Dan moet jy van die bloed van die jong bul neem
en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige
bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet.
13 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en
die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit
op die altaar aan die brand.
14 Maar die vleis van die bul en sy vel en sy mis
moet jy buitekant die laer met vuur verbrand. Hy is vir die oortreding.
15 Neem dan die een ram, en Aäron en sy seuns moet
hulle hande op die ram se kop lê;
16 daarna moet jy die ram doodbloei en sy bloed
neem en sprinkel dit rond op die altaar.
17 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was
sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.
18 Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die
brand steek. Hy is ’n brandoffer aan JaHWeH; ’n aangename geur, deur vuur berei
is hy aan JaHWeH.
19 Dan moet jy die ander ram neem, en Aäron en sy
seuns moet hulle hande op die ram se kop lê;
20 jy moet dan die ram doodbloei en van sy bloed
neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy
seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle
regtervoet. En die orige bloed moet jy rond sprinkel op die altaar.
21 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar
is, neem en van die salfolie en dit spat op Aäron en op sy klere sowel as op sy
seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy suiwer kan wees en sy
klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.
22 En neem van die ram die vet en die vetstert,
ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee
niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud - want hy is ’n ram vir die
inhuldiging -
23 en een ronde brood en een oliebroodkoek en een
platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die Aangesig van JaHWeH
is.
24 En lê hom alles op die handpalms van Aäron en
op die handpalms van sy seuns, en wuif hom swaaiende voor die Aangesig van
JaHWeH.
25 Neem hom dan uit hulle hand en steek hom op die
altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as aangename geur voor die Aangesig
van JaHWeH. Hy is deur vuur berei aan JaHWeH.
26 En neem die bors van die ram vir die
inhuldiging van Aäron en wuif dit swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH;
daarna moet dit jou deel wees.
27 En jy moet die bors vir die swaaiende
[aanbieding] apart hou sowel as die boud van die skenking, wat gewuif en gehef
is van die ram vir die inhuldiging, wat vir Aäron en sy seuns is.
28 En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot ’n
ewige Insetting van die kant van die kinders van JisraEl, want dit is ’n
skenking; en dit sal vir My altaar ‘n skenking wees van die kant van die
kinders van JisraEl, vir hulle vergoeding - hulle skenking aan JaHWeH.
29 En die klere van die Apartheid van Aäron moet
vir sy seuns na hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.
30 Die een van sy seuns wat in sy plek priester
word, wat in die Tent van Samekoms sal ingaan om in die Apartheid te dien, moet
dit sewe dae lank aantrek.
31 En jy moet die ram vir die inhuldiging neem en
sy vleis in ’n apartgestelde plek gaarmaak.
32 Dan moet Aäron en sy seuns die ram se vleis eet
en die brood wat in die mandjie is, by die ingang van die Tent van Samekoms.
33 En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening
bewerk is - waarmee hulle hande gevul was toe dit apart gestel is; maar ’n
verbasterde mag daarvan nie eet nie, want Apartheid is hulle.
34 En as daar van die vleis van die instelling of
van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand;
dit mag nie geëet word nie, want - Apartheid is hy.
35 So moet jy dan met Aäron en sy seuns doen net
soos Ek jou beveel het. Sewe dae lank moet hulle wyding duur.
36 Jy moet ook daagliks ’n bul berei vir
versoening van oortredinge: en daarna die altaar skoonmaak deur daarvoor
versoening te doen; en jy moet hom salf om hom apart te stel.
37 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die
altaar en hom apart hou. So sal dan die altaar ‘n Apartheid van Aparthede word:
elkeen wat aan die altaar raak, word gewyd.
38 EN dit is wat jy op die altaar moet berei: twee
jaaroud-lammers voortdurend, dag vir dag.
39 Die een lam moet jy in die môre berei, en die
ander lam moet jy teen die aand berei,
40 met ’n tiende [van ’n efa] fynmeel, gemeng met
’n kwart-hin uitgestampte olie, en as drank ’n kwart-hin wyn vir die een lam.
41 En die ander lam moet jy teen die aand berei.
Jy moet dit klaarmaak volgens die spysbydrae in die môre en volgens haar drank
wat by haar behoort, tot ’n aangename geur. Dit is deur vuur berei aan JaHWeH.
42 [Sy moet ’n] voortdurende brandoffer vir julle geslagte
wees, by die ingang van die Tent van Samekoms, voor die Aangesig van JaHWeH,
waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
43 En daar sal Ek met die kinders van JisraEl
saamkom en [die tent] sal apart gestel word in Glansrykheid.
44 So sal Ek dan die Tent van Samekoms en die
altaar inseën. Ek sal Aäron en sy seuns ook apart hou om vir My die priesteramp
te bedien.
45 En Ek sal onder die kinders van JisraEl vertoef
en vir hulle die Elohim wees;
46 en hulle sal weet dat Ek JaHWeH, hulle Elohey
is wat hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het om in hulle midde te woon.
Ek - JaHWeH hulle Elohey.
30 JY moet ook ’n altaar maak om reukwerk te brand.
Van akasia- hout moet jy hom maak.
2 ’n Voorarm moet sy lengte wees en ’n voorarm sy
breedte - vierkantig moet hy wees; en twee voorarm sy hoogte. Sy horings moet,
daarmee saam, uit een stuk wees.
3 En jy moet dit met suiwer goud oortrek: die
plaat en die sykante rondom en die horings. En maak vir hom ’n goue kroonlys
rondom.
4 Maak ook twee goue ringe vir hom onderkant die
kroonlys aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet
dien as plekke vir draaghoute om hom daarmee te dra.
5 En maak die draaghoute van akasiahout, en trek
dit oor met goud.
6 Sit hom dan voor die voorhangsel wat voor die
aangesig van die Ark van die Getuienis is, voor die aangesig van die
Versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom.
7 En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan
die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy haar aan die brand
steek.
8 En as Aäron teen die aand die lampe opsteek,
moet hy haar aan die brand steek as ’n voortdurende reukwerk voor die Aangesig
van JaHWeH, in julle geslagte.
9 Julle mag op hom geen verbasterde reukwerk of brandoffer
of spysbydrae bring nie. Julle mag ook geen drank op hom inskink nie.
10 En Aäron moet een maal in die jaar aan die
horings van hom versoening doen; met die bloed vir die versoening van
oortreding moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle
geslagte. ‘n Apartheid van Aparthede is hy aan JaHWeH.
11 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: [1 Kronieke 21:22]
12 As jy die volle getal van die kinders van
JisraEl opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy siel, ‘n
losprys aan JaHWeH gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag
wees as hulle getel word nie.
13 Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes
oorgaan: ’n halfsikkel volgens die sikkel van die Apartheid - die sikkel is
twintig gera - ’n halfsikkel as skenking aan JaHWeH.
14 Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig
jaar oud en daarbo, moet die skenking vir JaHWeH gee.
15 Die ryke moet nie meer en die arme moet nie
minder as ’n halfsikkel bring nie, as hulle die skenking van JaHWeH gee om vir
julle siele versoening te doen.
16 Neem dan die versoeningsilwer van die kinders
van JisraEl en bestee dit aan die bediening van die Tent van Samekoms, dat dit
die kinders van JisraEl in herinnering kan bring voor die Aangesig van JaHWeH,
om vir julle siele versoening te doen.
17 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
18 Jy moet ook ’n koperwaskom maak met sy
kopervoetstuk, om in te was; en sit hom tussen die Tent van Samekoms en die
altaar, en gooi water in hom,
19 dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle
voete uit hom kan was.
20 As hulle in die Tent van Samekoms gaan, moet
hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle die altaar
nader om te dien deur ‘n vuurbereiding aan die brand te steek aan JaHWeH.
21 Hulle moet dan hul hande en hulle voete was,
sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ’n ewige Insetting wees, vir
hom en sy saad in hulle geslagte.
22 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê: [Wysheid van Sirah 24:14,
15; Openbaring 8:4]
23 En jy, neem vir jou van die beste speserye:
vyfhonderd [sikkels] fyn mirre en die helfte soveel geurige kaneel,
tweehonderd-en-vyftig [sikkels], en tweehonderd-en-vyftig [sikkels] geurige
kalmoes
24 en vyfhonderd [sikkels] kassie, volgens die
sikkel van die Apartheid, en ’n hin olyfolie;
25 en maak van haar salfolie van Apartheid, ’n
salfmengsel soos ’n salfmenger haar maak; salfolie van Apartheid moet sy wees. [2 Ezra 2:12]
26 Met haar moet jy dan die Tent van Samekoms salf
en die Ark van die Getuienis
27 en die tafel met al sy gereedskap en die
kandelaar met haar gereedskap en die altaar vir soet geur
28 en die altaar vir die brandoffer met al sy
gereedskap en die waskom met sy voetstuk.
29 So moet jy hulle dan apart stel, dat hulle ‘n
Apartheid van Aparthede kan wees. Elkeen wat aan hulle raak, word gewyd.
30 Jy moet ook Aäron en sy seuns salf en hulle
apart hou om vir My die priesteramp te bedien.
31 En jy moet met die kinders van JisraEl spreek
en sê: Sy sal vir My ’n salfolie van Apartheid wees in julle geslagte.
32 Op geen adamiet se liggaam mag sy uitgegiet
word nie; julle mag ook, na dieselfde voorskrif, so iets nie maak nie:
Apartheid is sy; Apartheid moet sy vir julle wees.
33 Elkeen wat so iets meng of iets van haar aan ’n
verbasterde laat kom, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
34 Verder het JaHWeH vir Moshè gesê: Neem vir jou
speserye: storaksgom en naeltjies en galbanum - speserye en ook suiwer wierook;
alles in gelyke hoeveelhede,
35 en maak daar reukwater van, ’n mengsel soos die
salfmenger haar maak, gesout, suiwer Apartheid.
36 En vrywe ’n gedeelte van haar heeltemal fyn, en
sit ’n deel van haar neer voor die Aangesig van die Getuienis in die Tent van
Samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; ‘n Apartheid van Aparthede moet sy vir
julle wees.
37 En die reukwerk wat jy moet maak - na dieselfde
voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as Apartheid aan JaHWeH moet sy vir
jou wees.
38 Elkeen wat so iets maak om aan haar te ruik,
moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
31 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Kyk, Ek het BesalEl die seun van Uri, die seun
van Hur, van die stam van JeHûWdah, by sy naam geroep;
3 en Ek het hom vervul met die Gees van Elohim,
met Wysheid en Verstand en Kennis om te werk,
4 om kunstige planne uit te dink, om dit uit te
voer in goud en silwer en koper,
5 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word,
en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
6 En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van
Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is,
het Ek Wysheid gegee, dat hulle alles wat Ek jou beveel het, kan maak:
7 die Tent van Samekoms en die Ark van die
Getuienis en die Versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by
die tent,
8 en die tafel met sy gereedskap en die suiwer
kandelaar met al haar gereedskap en die altaar vir soet geur;
9 ook die altaar vir die brandoffer met al sy
gereedskap en die waskom met sy voetstuk
10 en die kunstige klere en die klere van die
Apartheid van Aäron die priester en die klere van sy seuns, om die priesteramp
te bedien;
11 ook die salfolie en die reukwerk van speserye
vir die Apartheid net soos Ek jou beveel het, moet hulle haar maak.
12 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
13 Spreek jy met die kinders van JisraEl en sê:
Julle moet sekerlik My Sabbatte onderhou, want sy is ’n Teken tussen My en
julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek JaHWeH is wat julle
apart hou.
14 Onderhou dan die Sabbat, want sy moet vir julle
apartgestel wees. Hy wat haar besoedel, moet sekerlik gedood word; want elkeen
wat in haar werk verrig, en dié siel, sal haar afsny vanuit haar volksgenote
af.
15 Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die
sewende dag moet dit wees ’n Sabbat van sabbatsonderhouding - Apartheid aan
JaHWeH. Elkeen wat op die Sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
16 En die kinders van JisraEl moet die Sabbat
gedenk deur die Sabbat te doen in hulle geslagte as ’n ewige Verbond.
17 Tussen My en die kinders van JisraEl is sy vir
ewig ’n Teken; want in ses dae het JaHWeH die Hemele en die Aarde gemaak, maar
op die sewende dag het Hy gesabbatteer en Hom verkwik.
18 En Hy het aan Moshè, toe Hy geëindig het om met
hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee,
tafels van klip, beskrywe met die Vinger van Elohim. [Lukas 11:20]
32 TOE die volk sien dat Moshè vertoef om van die
berg af te kom, het die volk rondom Aäron versamel en vir hom gesê: Kom, maak
vir ons gode wat voor ons uit trek; want hierdie Moshè, die man wat ons uit die
Aarde van Egipte laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie. [2 Petrus 3:4]
2 En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat
aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir
my.
3 Toe het die hele volk die goue ringe afgeruk wat
aan hulle ore was, en dit na Aäron gebring.
4 En hy het dit uit hulle hand geneem en dit met
die beitel bewerk en daar ’n gegote kalf van gemaak. Daarop sê hulle: Dit is
joú god, o JisraEl, wat jou uit die Aarde van Egipte laat optrek het.
5 Toe Aäron hom sien, het hy vir hom ’n altaar
gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar Fees tot eer van JaHWeH.
6 En hulle het die ander dag vroeg klaargemaak en
brandoffers opgedra en vergoedinge aangebring; daarop het die volk gaan sit om
te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.
7 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Gaan heen, klim af,
want jou volk wat jy uit die Aarde van Egipte laat optrek het, het verderflik
gehandel.
8 En hulle het gou van die Weg afgewyk wat Ek
hulle beveel het. Hulle het vir hulle ’n gegote kalf gemaak en voor hom
neergebuig en aan hom geslag en gesê: Hy is joú god o JisraEl, wat jou uit die
Aarde van Egipte laat optrek het.
9 Verder het JaHWeH vir Moshè gesê: Ek het hierdie
volk gesien, en kyk, dit is ’n hardnekkige volk.
10 Laat My dan nou begaan, dat My Woede teen hulle
ontvlam en Ek hulle verteer. Dan sal Ek jou tot ’n groot nasie maak.
11 Maar Moshè het JaHWeH sy Elohey om
Barmhartigheid gesmeek en gesê: Waarom, o JaHWeH, sou U Woede ontvlam teen U
volk wat U met grote Krag en met ’n Sterke Hand uit die Aarde van Egipte
uitgelei het?
12 Waarom sou die Egiptenaars spreek en sê: In
kwaadwilligheid het Hy hulle uitgelei om hulle in die berge om te bring en
hulle van die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] af te vernietig? Wend U
af van die gloed van U brandende Woede, en laat dit U berou oor die benoudheid
van U volk.
13 Gedenk aan Abraham, Isak en JisraEl, U knegte,
vir wie U by Uself gesweer en aan wie U gesê het: Ek sal julle saad
vermenigvuldig soos die Sterre van die Hemele, en hierdie hele Aarde waarvan Ek
gespreek het, sal Ek aan julle saad gee, dat hulle dit vir ewig kan beërwe.
14 Toe het JaHWeH berou oor die besoedeling wat Hy
uitgespreek het, dat Hy Sy volk sou aandoen.
15 En Moshè het omgedraai en van die berg
afgeklim, met die twee tafels van die Getuienis in sy hand, tafels wat op altwee
kante beskrywe was; hulle was op die een en op die ander kant beskrywe.
16 En die tafels was die werk van Elohim. Die
skrif was ook die skrif van Elohim, in die tafels gegraveer.
17 En toe JeHôWshua die stem van die volk hoor hoe
hulle juig, sê hy aan Moshè: Daar is oorlogsgeraas in die laer.
18 Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die
wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat treur oor ‘n
neerlaag nie: ek hoor die geneurie van aanbiddingsgesang.
19 En toe hy naby die laer kom en die kalf en
koordanse sien, het die woede van Moshè ontvlam, en hy het die tafels uit sy
hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel.
20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het,
en hom in die vuur verbrand en hom fyn gemaal. Toe het hy hom op die water
gestrooi en die kinders van JisraEl hom laat drink.
21 En Moshè het vir Aäron gesê: Wat het hierdie
volk jou aangedoen, dat jy so ’n groot straf oor hulle gebring het?
22 Toe antwoord Aäron: Laat die woede van my
meester nie ontvlam nie. U self ken die volk, dat hulle deur en deur besoedel
is.
23 Hulle het dan aan my gesê: Maak vir ons gode
wat voor ons uit trek, want hierdie Moshè, die man wat ons uit die Aarde van
Egipte laat optrek het, ons weet nie wat van hom geword het nie.
24 Daarop het ek hulle geantwoord: Wie goud het,
laat dié dit afruk! En hulle het dit aan my gegee. En ek het dit in die vuur
gegooi, en hierdie kalf het daaruit gekom.
25 Toe Moshè sien dat die volk bandeloos was -
want Aäron het hulle bandeloos laat word tot leedvermaak onder hulle
teëstanders -
26 het Moshè in die poort van die laer gaan staan
en gesê: Wie vír JaHWeH is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom
versamel.
27 En hy het vir hulle gesê: So spreek JaHWeH, die
Elohey van JisraEl: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en
weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy
naaste en elkeen die naaste [aan hom] doodmaak.
28 En die seuns van Levi het gehandel volgens die
woord van Moshè, en daar het van die volk op dié dag omtrent drieduisend man
geval.
29 Toe het Moshè gesê: Vul vandag julle hand tot
JaHWeH - want elkeen is teen sy seun en teen sy broer - sodat Hy vandag ’n seën
oor julle kan gee.
30 EN die volgende dag het Moshè aan die volk
gesê: Júlle het ’n groot oortreding begaan; maar nou sal ek na JaHWeH opklim:
miskien kan ek vir julle oortredinge versoening doen.
31 En Moshè het na JaHWeH teruggegaan en gesê: Ag,
hierdie volk het ’n groot oortreding begaan en vir hulle ‘n god van goud
gemaak.
32 Nou dan, as U tog maar hulle oortredinge wou
vergewe! En so nie, delg my dan maar uit U Boekrol wat U geskryf het!
33 Toe het JaHWeH Moshè geantwoord: Wie teen My
oortree het, dié sal Ek uitvee uit My Boekrol. [Psalm 69:28; Openbaring van Henog
13:83, 102; Boekrol van Henog 108:3]
34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou
gesê het. Kyk, My Boodskapper sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek
besoeking doen, dan sal Ek hulle oortreding oor hulle besoek. [Exodus 23:20]
35 So het JaHWeH dan die volk getref, omdat hulle
die kalf gemaak het wat Aäron vervaardig het.
33 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek: Gaan heen,
trek hier vandaan op, jy en die volk wat jy uit die Aarde van Egipte laat
optrek het, na die Aarde wat Ek met ’n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof
het, met die woorde: Aan jou saad sal Ek haar gee;
2 en Ek sal ’n Boodskapper voor jou uit stuur - en
die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe - [Exodus 23:20]
3 na ’n Aarde wat oorloop van melk en heuning;
want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy ’n hardnekkige volk is;
anders sal jy op die weg verteer word.
4 Toe die volk hierdie ellendige woord hoor, het
hulle getreur; en niemand het sy versiersels aangesit nie.
5 En JaHWeH het met Moshè gespreek: Sê aan die
kinders van JisraEl: Julle is ’n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou
midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou
af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.
6 Toe het die kinders van JisraEl hulleself
gestroop van hul versiersels, van die berg Horeb af.
7 En Moshè het elke keer ’n tent geneem en hom vir
hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het hom genoem die
Tent van Samekoms. En elkeen wat JaHWeH wou raadpleeg, het uitgegaan na die
Tent van Samekoms wat buitekant die laer was.
8 En as Moshè uitgaan na die tent, staan die hele
volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moshè
agterna tot hy in die tent ingegaan het.
9 En as Moshè in die tent ingaan, kom die
Wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met
Moshè.
10 En as die hele volk die Wolkkolom sien staan by
die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang
van sy tent.
11 Dan spreek JaHWeH met Moshè van Aangesig tot
aangesig soos ’n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug;
maar sy dienaar JeHôWshua, ’n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die
tent verwyder nie.
12 Toe het Moshè met JaHWeH gespreek: U sê nou wel
aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam
met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook
Guns in My Oë gevind.
13 As ek dan nou Guns in U Oë gevind het, maak my
dan tog U Weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek Guns in U Oë kan vind. En
bedink tog dat hierdie nasie U volk is.
14 En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die
rusplek te verskaf?
15 Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie,
laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
16 Want waaraan sou dan bekend word dat ek Guns in
U Oë gevind het, ek en U volk ? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie ?
So sal ons, ek en U volk, apart wees van elke volk wat op die aangesig van die
Adamah[adamiet se Aarde] is.
17 Toe sê JaHWeH aan Moshè: Ook hierdie versoek
wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het Guns gevind in My
Oë, en Ek ken jou by die naam.
18 Daarop vra hy: Laat my tog U Glansrykheid sien.
19 Maar Hy antwoord: Ek sal al My Suiwerheid by
jou laat verbygaan en voor jou die Naam van JaHWeH uitroep; maar Ek sal Guns
betoon aan wie Ek Guns wil betoon, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. [Boekrol van Henog 92:4]
20 Verder het Hy gesê. Jy kan My Aangesig nie sien
nie, want geen adamiet kan My sien en bly lewe nie.
21 Ook het JaHWeH gesê: Kyk, hier is ’n plek by My
waar jy op die rots kan gaan staan.
22 En as My Glansrykheid verbygaan, sal Ek jou in
die skeur van die rots stel en jou met My handpalm oordek totdat Ek verbygegaan
het.
23 En as Ek My handpalm wegneem, sal jy My van
agter sien; maar My Aangesig kan nie gesien word nie.
34 TOE het JaHWeH aan Moshè gesê: Kap vir jou twee
Kliptablette soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat
op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
2 En hou jou gereed teen die môre, en klim in die
môre op die berg Sinai en gaan daar staan by My op die top van die berg.
3 Maar niemand mag saam met jou opklim nie; laat
daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of
beeste teen hierdie berg wei nie.
4 Toe het hy twee Kliptablette gekap soos die
eerstes, en Moshè het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim,
soos JaHWeH hom beveel het, en die twee Kliptablette in sy hand geneem.
5 En JaHWeH het neergedaal in die Wolkkolom en
daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van JaHWeH uitgeroep.
6 En toe JaHWeH by hom verbygaan, het Hy geroep:
JaHWeH, JaHWeH, barmhartige en innemende El, stadig om kwaad te word en groot
van Medelye en Waarheid;
7 wat Medelye het met duisende, wat losbandigheid
en opstandigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat
die losbandigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die
kindskinders, aan die derde en aan die vierde [geslag].
8 Toe het Moshè hom gou na die Aarde toe
gebuig en neergeval
9 en gesê: My Meester, my Meester, as ek
Barmhartigheid in U Oë gevind het, laat U dan tog in ons midde trek; want dit
is ’n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons oortredinge, en
neem ons aan as ’n Erfdeel.
10 Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit ’n Verbond; voor
jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele Aarde en onder al die
nasies nie gedoen is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van
JaHWeH kan sien. Want ontsagwekkend is dit wat Ek aan jou gaan doen.
11 Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek
verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en
Jebusiete.
12 Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met
die inwoner van die Aarde waar jy op haar gaan nie; sodat hy nie miskien ’n
strik by jou word nie.
13 Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle
torings verbrysel en sy Houtkruise afkap.
14 Want jy mag jou nie neerbuig voor ’n god van
ander nie; want JaHWeH se Naam is Jaloers - ’n jaloerse El is Hy.
15 Sluit tog nie ’n verbond met die inwoner van
die Aarde nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en slag aan hulle gode,
sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy slagdiere eet;
16 en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en
sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan
laat hoereer.
17 Jy mag vir jou geen gegote gode maak nie.
18 DIE Fees van die Ongesuurde Brode moet jy hou;
sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die
bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte
uitgetrek.
19 Alles wat die moederskoot open, is Myne; ook al
jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.
20 Maar die eersteling van ’n esel moet jy met ’n
lam loskoop; en as jy hom nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou
eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor My Aangesig
verskyn nie.
21 Ses dae moet jy arbei, maar op die sewende dag
moet jy sabbatteer. In die ploegtyd en in die oestyd moet jy sabbatteer.
22 Die Fees van die Weke moet jy ook hou, [die
Fees] van die eerstelinge van die koringoes; en die Fees van die Insameling by
die wisseling van die jaar.
23 Al jou manspersone moet drie maal in die jaar
voor die Aangesig van My Meester JaHWeH, die Elohey van JisraEl, verskyn.
24 Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou
grondgebied uitbrei, sodat niemand jou Aarde sal begeer nie terwyl jy opgaan om
te verskyn voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey, drie maal in die jaar.
25 Jy mag nie die bloed van My Slagdier saam met
[iets] gesuurd bloei nie, en die Slagdier van die Fees van die Pasga mag nie
tot die môre toe oorbly nie.
26 Die beste van die eerstelinge van jou Aarde
moet jy in die Huis van JaHWeH jou Elohey bring. Jy mag die bokkie nie gaarmaak
in sy moeder se melk nie.
27 Verder het JaHWeH vir Moshè gesê: Skrywe vir
jou hierdie woorde neer, want volgens hierdie woorde het Ek ’n Verbond gesluit
met jou en met JisraEl.
28 En hy was daar by JaHWeH veertig dae en veertig
nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En hy het op die
tafels die woorde van die Verbond, die Tien Woorde, geskrywe.
29 En toe Moshè van die berg Sinai afdaal - die
twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moshè toe hy van die berg
afdaal - het Moshè nie geweet dat die vel van sy gesig geglans het omdat Hy met
Hom gespreek het nie.
30 En toe Aäron en al die kinders van JisraEl
Moshè sien, het die vel van sy gesig geglans! Daarom was hulle bevrees om naby
hom te kom.
31 Maar Moshè het hulle geroep, en Aäron en al die
owerstes in die vergadering het na hom teruggekom; en Moshè het met hulle
gespreek.
32 En daarna het al die kinders van JisraEl nader
gekom, en hy het hulle alles beveel wat JaHWeH met hom gespreek het op die berg
Sinai.
33 Toe Moshè klaar met hulle gespreek het, het hy
’n sluier oor sy gesig getrek.
34 Maar as Moshè voor die Aangesig van JaHWeH kom
om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan
uitgaan en aan die kinders van JisraEl meedeel wat hom beveel is,
35 sien die kinders van JisraEl die gesig van
Moshè, dat die vel van Moshè se gesig geglans het; daarop trek Moshè dan weer
die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.
35 TOE het Moshè die hele vergadering van die
kinders van JisraEl bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat
JaHWeH beveel het, om dit te doen:
2 Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar die
sewende dag sal vir julle ‘n Sabbat van Apartheid wees, ’n dag van
Sabbatsonderhouding tot eer van JaHWeH. Elkeen wat daarop werk verrig, moet
gedood word.
3 Julle mag op die Sabbat geen vuur aansteek in
enigeen van julle woonplekke nie.
4 Verder het Moshè die hele vergadering van die
kinders van JisraEl toegespreek en gesê: Dit is die saak wat JaHWeH beveel het:
5 Neem van julle besittings ’n skenking aan
JaHWeH. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die skenking van
JaHWeH: goud en silwer en koper;
6 en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe
en fyn linne en bokhaar;
7 en rooigeverfde ramsvelle en gebreide velle en
akasiahout;
8 en olie vir die kandelaar en speserye vir die
salfolie en vir die reukwerk van speserye;
9 en oniksstene en stene om in te lê, vir die
skouerkleed en die borstas.
10 En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet
kom en alles maak wat JaHWeH beveel het:
11 die Tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy
hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke;
12 die Ark en haar draaghoute, die Versoendeksel
en die voorhangsel tot bedekking;
13 die tafel met sy draaghoute en al sy
gereedskap, en die toonbrode;
14 en die kandelaar tot verligting, met haar
gereedskap en haar lampe, en die olie vir die kandelaar,
15 en die altaar vir soet geur met sy draaghoute,
en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang
van die Tabernakel;
16 die altaar vir die brandoffer met sy traliewerk
van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk;
17 die behangsels van die voorhof, sy pilare en
haar voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof;
18 die penne van die Tabernakel en die penne van
die voorhof met hulle lyne;
19 die kunstige klere om in die Apartheid te dien,
die klere van die Apartheid vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om
die priesteramp te bedien.
20 Toe het die hele vergadering van die kinders
van JisraEl van Moshè af weggegaan.
21 En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie
se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die skenking van JaHWeH gebring
vir die werk aan die Tent van Samekoms en vir sy hele bediening en vir die
klere van die Apartheid;
22 die manne het met die vroue gekom, elkeen wat
gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade,
allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat goud wuiwende geswaai het aan
JaHWeH,
23 en elkeen wat in besit was van koningsblou en
purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn linne en bokhaar en rooigeverfde
ramsvelle en gebreide velle, het dit gebring.
24 Elkeen wat ’n skenking van silwer of koper kon
aanbied, het die skenking van JaHWeH gebring; en elkeen wat akasiahout besit
het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.
25 En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar
eie hande gespin en die spinsel gebring: die koningsblou en purperrooi en
bloedrooi stowwe en die fyn linne.
26 En al die vroue wie se hart opgewek is deur die
Wysheid, het die bokhaar gespin.
27 En die owerstes het die oniksstene gebring en
die stene om in te lê, vir die skouerkleed en die borstas,
28 en die speserye en die olie vir die kandelaar
en vir die salfolie en vir die reukwerk van speserye.
29 Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf
het om iets vrywillig by te dra vir al die werk wat JaHWeH deur die hand van
Moshè beveel het - as vrywillige skenkings aan JaHWeH het die kinders van
JisraEl dit gebring.
30 Daarop het Moshè aan die kinders van JisraEl
gesê: Kyk, JaHWeH het BesalEl, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam
van JeHûWdah, by sy naam geroep;
31 en Hy het hom met die Gees van Elohim vervul,
met Wysheid, met Verstand en met Kennis om te werk; [Boekrol van Henog 49:3; JeshaJaH
11:2]
32 en om kunstige planne uit te dink, om dié uit
te voer in goud en silwer en koper,
33 en deur snywerk in stene wat ingelê moet word,
en deur houtsnywerk - om werksaam te wees in allerhande kunsarbeid.
34 Hy het dit ook in sy hart gegee om [ander] te
onderrig, aan hom en aan Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan.
35 Hy het hulle hart gevul met Wysheid om
allerhande werk te maak van ’n ambagsman en ’n kunstenaar en van ’n bewerker
van veelkleurige goed in koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn
linne, en van ’n wewer - hulle wat al die werk moes verrig en kunstige planne
moes uitdink.
36 SO moet dan BesalEl en Ohóliab en elkeen wat
kunsvaardig is, aan wie JaHWeH Wysheid en Verstand gegee het om met Kennis al
die werk tot vervaardiging van die Apartheid te verrig, dit maak net soos wat
JaHWeH beveel het.
2 En Moshè het BesalEl en Ohóliab geroep en elkeen
wat kunsvaardig was, in wie se hart JaHWeH Wysheid gegee het; elkeen wie se
hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om haar klaar te maak.
3 En hulle het voor die oë van Moshè ontvang al
die skenkings wat die kinders van JisraEl vir die verrigting van die werk by
die vervaardiging van die Apartheid gebring het. Maar húlle het vir hom nog
elke môre vrywillige skenkings gebring.
4 Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die
werk van die Apartheid besig was, man vir man, van die werk af gekom waar hulle
mee besig was,
5 en hulle het met Moshè gespreek en gesê: Die
volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan JaHWeH
die vervaardiging beveel het.
6 Daarop het Moshè bevel gegee, en hulle het ’n
oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige
werksaamheid verrig in verband met die skenking aan die Apartheid nie. Toe het
die volk opgehou om te bring;
7 want die boustof was vir hulle genoeg om die
hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly.
8 SO het dan almal wat kunsvaardig was onder die
werkmense die Tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn
dubbeldraad-linne en koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe, met Gérubs;
as kunstige werk het hy dit gemaak.
9 Die lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig
voorarm en die breedte van elke tentdoek vier voorarm. Al die tentdoeke het een
maat gehad.
10 En hy het vyf van die tentdoeke
aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaar
gewerk, die een aan die ander.
11 En hy het lissies van koningsblou stof gemaak
aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak
aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek,
en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die
tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander.
13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die
tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die
Tabernakel een geheel was.
14 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as ’n
tentseil oor die Tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.
15 Die lengte van elke tentdoek was dertig
voorarm, en die breedte van elke tentdoek vier voorarm: die elf tentdoeke het
een maat gehad.
16 En hy het vyf van die tentdoeke besonders
aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.
17 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom
van die [laaste] tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan
die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
18 Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die
tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.
19 Ook het hy vir die tent ’n dekkleed van
rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n dekkleed van gebreide velle.
20 Hy het ook vir die Tabernakel die regopstaande
style van akasiahout gemaak.
21 Die lengte van die styl was tien voorarm, en
anderhalf voorarm die breedte van elke styl.
22 Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar
verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die Tabernakel.
23 En hy het die style vir die Tabernakel gemaak:
twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
24 En hy het veertig silwervoetstukke onder die
twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en
twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
25 Hy het ook vir die ander sykant van die
Tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak
26 met hulle veertig silwervoetstukke: twee
voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
27 En vir die agterkant van die Tabernakel, teen
die weste, het hy ses style gemaak.
28 Ook het hy twee style vir die hoeke van die
Tabernakel aan die agterkant gemaak.
29 En hulle was dubbel van onder, en net so was
hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir
die twee hoeke.
30 So was daar dan agt style met hulle
silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl.
31 Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak:
vyf vir die style van die een sykant van die Tabernakel
32 en vyf dwarshoute vir die style van die ander
sykant van die Tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant
van die Tabernakel teen die weste.
33 En hy het die middelste dwarshout gemaak om
dwarsdeur te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.
34 En hy het die style met goud oorgetrek; en
hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die
dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.
35 Verder het hy die voorhangsel gemaak van
koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as
kunstige werk het hy haar gemaak, met Gérubs.
36 En hy het vier pilare van akasiahout vir haar
gemaak en hulle met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het
daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.
37 Hy het ook vir die ingang van die tent ’n
bedekking gemaak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn
dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;
38 en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle
kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf
voetstukke was van koper.
37 EN BesalEl het die Ark van akasiahout gemaak;
twee en ’n half voorarm was haar lengte, en ‘n voorarm en ‘n half haar breedte,
en ‘n voorarm en ‘n half haar hoogte.
2 En hy het haar oorgetrek met suiwer goud, van
binne en van buite; en hy het aan haar ’n goue kroonlys gemaak rondom.
3 En hy het vir haar vier goue ringe gegiet, aan
haar vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander
kant was.
4 En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en
haar met goud oorgetrek;
5 en hy het die draaghoute in die ringe gesteek
aan weerskante van die Ark om die Ark te dra.
6 Hy het ook ’n Versoendeksel van suiwer goud
gemaak. Twee en ’n half voorarm was haar lengte, en ‘n voorarm en ‘n half haar
breedte.
7 Ook het hy twee Gérubs van goud gemaak. Van
smeewerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die Versoendeksel.
8 Een Gérub aan die een ent en een Gérub aan die
ander ent. Uit een stuk, saam met die Versoendeksel, het hy die Gérubs gemaak,
aan die twee ente.
9 En die Gérubs het die Vleuels boontoe uitgesprei
gehou, terwyl hulle met hul Vleuels die Versoendeksel beskut; en hulle
Aangesigte was man teen sy broer gerig. Die gesigte van die Gérubs was op die
Versoendeksel gerig.
10 Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak.
Twee voorarm was sy lengte, en ’n voorarm sy breedte, en ‘n voorarm en ‘n half
sy hoogte.
11 En hy het hom met suiwer goud oorgetrek en
daarvoor ’n goue kroonlys gemaak rondom.
12 Hy het ook vir hom ’n lys van ’n handbreedte
gemaak rondom; en hy het ’n goue kroonlys vir die lys gemaak rondom.
13 Hy het ook vier goue ringe vir hom gegiet; en
hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
14 Naby die lys was die ringe as plekke vir die
draaghoute om die tafel te dra.
15 Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak
en hom met goud oorgetrek om die tafel te dra.
16 En hy het die gereedskap gemaak wat op die
tafel moes wees; sy skottels en sy panne en sy bekers en sy kanne waarmee
gegiet moes word, van suiwer goud.
17 Hy het ook die kandelaar van suiwer goud
gemaak. Van smeewerk het hy die kandelaar gemaak, haar voetstuk en haar stam;
haar kelkies, haar knoppe en haar blomme, hulle het vanuit haar gekom.
18 En ses arms het uit haar sykante uitgegaan:
drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit
haar ander kant.
19 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een
arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm,
’n knop en ’n blom - so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
20 Maar aan die kandelaar self was vier kelkies
soos amandelblomme, haar knoppe en haar blomme:
21 daar was ’n knop onder die twee arms wat uit
haar uitgaan; en ’n knop onder die twee arms wat uit haar uitgaan; en ’n knop
onder die twee arms wat uit haar uitgaan - vir die ses arms wat uit haar
uitgaan.
22 Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam,
uit haar een stuk - alles van haar saam een stuk smeewerk van suiwer goud.
23 En hy het haar sewe lampe gemaak en haar
vuurtange en haar bakkies van suiwer goud.
24 Van ’n talent suiwer goud het hy haar gemaak
met al haar gereedskap.
25 En hy het die altaar vir soet geur van
akasiahout gemaak; ’n voorarm was sy lengte en ’n voorarm sy breedte,
vierkantig, en twee voorarm sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een
stuk.
26 En hy het hom met suiwer goud oorgetrek: die
plaat, die sykante en die horings. En hy het vir hom ’n goue kroonlys gemaak
rondom.
27 Hy het ook twee goue ringe vir hom gemaak,
onderkant die kroonlys aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir
draaghoute om hom daarmee te dra.
28 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en
dit met goud oorgetrek.
29 Hy het ook die salfolie van Apartheid gemaak en
die suiwer reukwerk van speserye, soos ’n salfmenger haar maak.
38 HY het ook die altaar vir die brandoffer van
akasiahout gemaak. Vyf voorarm was sy lengte en vyf voorarm sy breedte,
vierkantig, en drie voorarm sy hoogte.
2 En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak;
sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het hom met koper oorgetrek.
3 Hy het ook al die gereedskap van die altaar
gemaak: die potte en die skoppe en die sprinkelflesse, die drietandvurke en die
koolpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.
4 Ook het hy vir die altaar ’n traliewerk gemaak,
’n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte [van die
altaar].
5 En hy het vier ringe aan die vier ente van die
kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.
6 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak
en dit met koper oorgetrek.
7 En hy het die draaghoute in die ringe gesteek,
aan die kante van die altaar, om hom daarmee te dra; hy het dit hol, van
planke, gemaak.
8 Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy
kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van
die Tent van Samekoms gedien het.
9 Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die
suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn
dubbeldraad-linne, honderd voorarm lank;
10 daarby twintig pilare met hulle twintig
kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;
11 en aan die noordekant honderd voorarm; daarby
twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van
die pilare was van silwer.
12 En aan die westekant was daar behangsels,
vyftig voorarm lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme
en die ringe van die pilare was van silwer.
13 En aan die voorkant, aan die oostekant, was
daar vyftig voorarm;
14 vyftien voorarm behangsels vir die een kant,
daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;
15 en vir die ander kant - aan weerskante van die
poort van die voorhof - vyftien voorarm behangsels, daarby drie pilare met
hulle drie voetstukke.
16 Al die behangsels van die voorhof rondom was
van fyn dubbeldraad-linne;
17 en die voetstukke van die pilare was van koper,
en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van
hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van
silwerringe voorsien.
18 En die bedekking van die poort van die voorhof
was veelkleurige werk, van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn
dubbeldraad-linne: twintig voorarm was die lengte, en die hoogte - tewens die
breedte [van die stof] - vyf voorarm, net soos die behangsels van die voorhof.
19 Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke
van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en
hulle ringe van silwer.
20 En al die penne vir die Tabernakel en die
voorhof rondom was van koper.
21 DIT is die berekening van die koste van die
Tabernakel, van die Tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel
van Moshè, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun
van die priester Aäron.
22 En BesalEl, die seun van Uri, die seun van Hur,
van die stam van JeHûWdah, het alles gemaak wat JaHWeH Moshè beveel het.
23 En saam met hom Ohóliab, die seun van Ahísamag,
van die stam van Dan, ’n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in koningsblou en
in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne.
24 Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al
die werk van die Apartheid - die goud wat swaaiende aangebied was, het bedra
nege-en-twintig talente en sewe-honderd-en-dertig sikkels volgens die sikkel
van die Apartheid.
25 En die silwer van die geteldes van die vergadering
was honderd talente en duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels volgens die
sikkel van die Apartheid;
26 ’n beka vir elke persoon, dit is ’n halfsikkel
volgens die sikkel van die Apartheid, van elkeen wat oorgegaan het na die
geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik
seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig [man].
27 En die honderd talente silwer het gedien om die
voetstukke van die Apartheid en die voetstukke van die voorhangsel te giet;
honderd voetstukke vir honderd talente, ’n talent vir ’n voetstuk.
28 Maar van die
duisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig [sikkels] het hy kramme vir die pilare
gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.
29 En die koper wat swaaiende aangebied was, het
bedra sewentig talente en tweeduisend-vierhonderd sikkels.
30 En hy het daaruit die voetstukke van die ingang
van die Tent van Samekoms gemaak en die altaar van koper en sy kopertraliewerk
en al die gereedskap van die altaar;
31 en die voetstukke van die voorhof rondom en die
voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die Tabernakel,
ook al die penne van die voorhof rondom.
39 HULLE het ook kunstige klere van koningsblou en
purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die Apartheid te dien. Ook het
hulle die klere van die Apartheid vir Aäron gemaak soos JaHWeH Moshè beveel
het.
2 En hy het die skouerkleed gemaak van goud,
koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
3 En hulle het van die goud dun plate geslaan, en
hy het dit in drade gesny om dit in te werk in die koningsblou en purperrooi en
bloedrooi stowwe en in die fyn linne - ’n kunstige werk.
4 Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aan
mekaar vas was; aan die twee [bo]-ente was dit saamgevoeg.
5 En die band wat daaraan was om dit vas te bind,
was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, koningsblou en
purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos JaHWeH Moshè
beveel het.
6 Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in
kassies van goud, gegraveer soos op ’n seëlsteen ingesny word, volgens die name
van die kinders van JisraEl.
7 En hy het hulle op die skouerstukke van die
skouerkleed bevestig as herinnering aan die kinders van JisraEl, soos JaHWeH
Moshè beveel het.
8 Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak
soos die werk van die skouerkleed; van goud, koningsblou en purperrooi en
bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
9 Hy was vierkantig; dubbel gevou het hulle die
borstas gemaak; ’n span sy lengte en ’n span sy breedte, dubbel gevou was hy.
10 En hulle het in hom vier rye stene ingevul: ’n
ry met ’n karneool, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.
11 En die tweede ry: ’n karbonkel, ’n saffier en
’n jaspis.
12 En die derde ry: ’n hiasint, ’n agaat en ’n
ametis.
13 En die vierde ry: ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n
sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.
14 En die stene was volgens die name van die
kinders van JisraEl twaalf, volgens hulle name. Soos op ’n seëlsteen uitgesny
word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.
15 Hulle het ook by die borstas gedraaide kettings
gemaak, soos toutjies gedraai, van suiwer goud;
16 en hulle het twee goue kassies en twee goue
ringe gemaak, en die twee ringe aan die twee [bo]-ente van die borstas
bevestig,
17 en hulle het die twee goue toutjies aan die
twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.
18 Maar die twee [ander] ente van die twee
toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dié dan aan die
skouerstukke van die skouerkleed bevestig, aan die voorkant daarvan.
19 Hulle het ook twee goue ringe gemaak en dié aan
die twee [onder]-ente van die borstas bevestig, aan die kant wat teen die
skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
20 En hulle het twee goue ringe gemaak en dié aan
die twee skouerstukke van die skouerkleed bevestig, onderaan, aan die voorkant
daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
21 En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die
ringe van die skouerkleed met ’n koningsblou toutjie vasgebind, sodat dit bo
die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed
kon afskuiwe nie, soos JaHWeH Moshè beveel het.
22 En hy het die mantel van die skouerkleed van
wewerswerk gemaak, heeltemal van koningsblou stof.
23 En die opening van die mantel was in die middel
daarvan soos die opening van ’n borsharnas; die opening het ’n soom rondom
gehad, dat dit nie sou skeur nie.
24 En aan die soom van die mantel het hulle
granaatjies gemaak van koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe [en fyn]
dubbeldraad-[linne].
25 Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak
en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die soom van die mantel
rondom, tussen die granaatjies in:
26 ’n klokkie en ’n granaatjie, ’n klokkie en ’n
granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos JaHWeH
Moshè beveel het.
27 Hulle het ook ‘n kleed van fyn linne gemaak,
van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;
28 en die tulband van fyn linne en die versierde
hoofbedekkings van fyn linne en onderklere van linne en fyn gedraaide
witgebleikte linne;
29 en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van
koningsblou en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos JaHWeH
Moshè beveel het.
30 Hulle het ook die plaat van die separatisme van
die Apartheid van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op
’n seëlsteen uitgesny word: APARTHEID AAN JAHWEH.
31 En hulle het ’n koningsblou toutjie daaraan
vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos JaHWeH Moshè beveel het.
32 So is dan al die werk aan die Tabernakel van
die Tent van Samekoms voltooi; en die kinders van JisraEl het hom gemaak net
soos JaHWeH Moshè beveel het; so het hulle hom gemaak.
33 En hulle het die Tabernakel na Moshè gebring,
die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakies, sy style, sy dwarshoute
en sy pilare en sy voetstukke,
34 en die dekkleed van rooigeverfde ramsvelle en
die dekkleed van gebreide velle en die voorhangsel tot bedekking;
35 die Ark van die Getuienis met haar draaghoute
en die Versoendeksel;
36 die tafel met al sy gereedskap en die
toonbrode;
37 die suiwer kandelaar met haar lampe, die lampe
wat daarop gerangskik moes word, met al haar gereedskap en die olie vir die
kandelaar;
38 verder die goue altaar en die salfolie en die
reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;
39 die altaar van koper en sy kopertraliewerk, sy
draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;
40 die behangsels van die voorhof, sy pilare en
haar voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en
haar penne, en al die gereedskap vir die diens in die Tabernakel van die Tent
van Samekoms;
41 die kunstige klere, om in die Apartheid te
dien, die klere van die Apartheid vir die priester Aäron en die klere van sy
seuns, om die priesteramp te bedien.
42 Net soos JaHWeH Moshè beveel het, so het die
kinders van JisraEl die hele werk gemaak.
43 En Moshè het die hele werk bekyk - en hulle het
dit gemaak soos JaHWeH beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moshè hulle
geseën.
40 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Op die dag van die eerste maand, op die eerste
van die maand, moet jy die Tabernakel van die Tent van Samekoms oprig.
3 En jy moet in hom plaas die Ark van die
Getuienis en die Ark met die voorhangsel bedek.
4 Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit
wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en haar lampe opsteek.
5 En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor
die aangesig van die Ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking
van die ingang van die Tabernakel ophang.
6 Jy moet ook die altaar vir die brandoffer voor
die aangesig van die ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms
neersit.
7 En jy moet die waskom tussen die Tent van Samekoms
en die altaar neersit en daar water in gooi.
8 En maak die voorhof rondom, en hang die
bedekking aan die poort van die voorhof op.
9 Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die
Tabernakel salf en alles wat in hom is, en hom seën met alles wat by hom hoort;
en Apartheid sal hy wees.
10 Jy moet ook die altaar vir die brandoffer salf
met al sy gereedskap, en jy moet die altaar apart stel, en die altaar sal ‘n
Apartheid van Aparthede wees.
11 SALF dan die waskom en sy voetstuk, en wy hom.
12 Jy moet ook Aäron en sy seuns laat nader kom,
na die ingang van die Tent van Samekoms toe, en jy moet hulle met water was.
13 Trek vir Aäron dan die klere van die Apartheid
aan; en salf hom en hou hom apart, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
14 Jy moet ook sy seuns laat nader kom en hulle ‘n
kleed aantrek.
15 Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het,
dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle ’n
ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
16 En Moshè het gedoen net soos JaHWeH hom beveel
het; so het hy gedoen.
17 En in die eerste maand, in die tweede jaar, op
die eerste van die maand, is die Tabernakel opgerig.
18 En Moshè het die Tabernakel opgerig: hy het sy
voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy
pilare opgerig.
19 En hy het die tentseil oor die Tabernakel
gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos JaHWeH Moshè
beveel het.
20 Verder het hy die Getuienis geneem en in die
Ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die Ark ingesteek, en die
Versoendeksel het hy bo-op die Ark gesit.
21 Toe het hy die Ark in die Tabernakel gebring en
die voorhangsel tot bedekking opgehang en die Ark van die Getuienis bedek, soos
JaHWeH Moshè beveel het.
22 Hy het ook die tafel in die Tent van Samekoms
neergesit, aan die kant van die Tabernakel, teen die noorde, buitekant die
voorhangsel. [Levtikus 1:11]
23 En hy het die brood daarop gerangskik voor die
Aangesig van JaHWeH soos JaHWeH Moshè beveel het.
24 Hy het ook die kandelaar in die Tent van
Samekoms gesit, teenoor die tafel, aan die suidekant van die Tabernakel.
25 En hy het die lampe opgesteek voor die Aangesig
van JaHWeH, soos JaHWeH Moshè beveel het.
26 En hy het die goue altaar in die Tent van
Samekoms neergesit, voor die aangesig van die voorhangsel,
27 en reukwerk van speserye daarop aan die brand
gesteek, soos JaHWeH Moshè beveel het.
28 Hy het ook die bedekking van die ingang van die
Tabernakel opgehang.
29 En hy het die altaar vir die brandoffer by die
ingang van die Tabernakel van die Tent van Samekoms neergesit, en hy het die
brandoffer en die spysbydrae daarop gebring, soos JaHWeH Moshè beveel het.
30 Hy het ook die waskom tussen die Tent van
Samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.
31 En Moshè en Aäron en sy seuns het daaruit hulle
hande en voete gewas.
32 As hulle ingaan in die Tent van Samekoms of
nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos JaHWeH Moshè
beveel het.
33 Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die
Tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof
opgehang. So het Moshè dan die werk voltooi.
34 Toe het die Wolkkolom die Tent van Samekoms
oordek, en die Glansrykheid van JaHWeH het die Tabernakel gevul, [Exodus 25:22; Wysheid van
Sirah 24:10]
35 sodat Moshè nie in die Tent van Samekoms kon
ingaan nie, omdat die Wolkkolom daarop gerus en die Glansrykheid van JaHWeH die
Tabernakel gevul het.
36 En as die Wolkkolom van die Tabernakel af optrek,
het die kinders van JisraEl elke keer weggetrek op al hulle togte;
37 maar as die Wolkkolom nie optrek nie, dan trek
hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.
38 Want die Wolkkolom van JaHWeH was bedags op die
Tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van
JisraEl, op al hulle togte.
1 Mv. el
1 EN JaHWeH het Moshè geroep en met hom gespreek
uit die Tent van Samekoms en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As enige adamiet van julle aan JaHWeH ’n bydrae wil naderbring, kan
julle jul bydrae naderbring van vee - van beeste of van kleinvee.
3 As sy bydrae ’n brandoffer is van beeste, moet
hy ’n rasegte bul wees wat hy naderbring. By die ingang van die Tent van
Samekoms moet hy hom naderbring, sodat hy Vreugde voor die Aangesig van JaHWeH
kan vind.
4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer
lê, dan sal hy vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te
doen.
5 Dan moet hy die jong bul voor die Aangesig van
JaHWeH bloei; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed naderbring
en die bloed rondsprinkel op die altaar wat by die ingang van die Tent van
Samekoms is.
6 Dan moet hy die brandoffer afslag en hom in sy
stukke sny.
7 En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur
op die altaar neersit en hout op die vuur reglê.
8 Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die
stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die vuur van die altaar is.
9 Maar die binnegoed en die pote moet hy met water
was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as
brandoffer, ’n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH.
10 En as sy bydrae ’n stuk kleinvee is, van skape
of van bokke, as brandoffer, moet dit ’n rasegte ram wees wat hy naderbring. [Boekrol van die Opregte
23:51]
11 En hy moet hom doodbloei aan die noordekant van
die altaar, voor die Aangesig van JaHWeH; en die seuns van Aäron, die
priesters, moet sy bloed rondsprinkel op die altaar. [Exodus 40:22]
12 Daarna moet hy hom in sy stukke verdeel, met
die kop en die vet, en die priester moet hom reglê op die hout wat op die vuur
van die altaar is.
13 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met
water was, en die priester moet dit alles naderbring en op die altaar aan die
brand steek; ’n brandoffer is dit, ’n vuurbereiding van aangename geur aan
JaHWeH.
14 En as sy bydrae aan JaHWeH ’n brandoffer is van
voëls, moet hy sy bydrae naderbring van tortelduiwe of van 'n jong duif.
15 En die priester moet haar na die altaar
naderbring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed
moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.
16 Dan moet hy die krop met die vere daaraan
verwyder en haar by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek. [Génesis 3:24; Levítikus
4:12]
17 Dan moet hy haar by die vlerke skeur sonder om
hulle af te trek; en die priester moet haar op die altaar aan die brand steek,
op die hout wat oor die vuur is; ’n brandoffer is sy, ’n vuurbereiding van
aangename geur aan JaHWeH.
2 EN as ‘n siel aan JaHWeH ’n spys-bydrae
naderbring, moet sy bydrae fynmeel wees en hy moet olie op haar giet en wierook
op haar voeg;
2 en hy moet haar na die seuns van Aäron, die
priesters, bring; en die priester moet van haar ’n handvol neem, van haar
fynmeel en van haar olie, met al haar wierook; en hy moet haar as herinnering
op die altaar, as ’n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH bring.
3 En wat oorbly van die spysbydrae, is vir Aäron
en sy seuns, ‘n Apartheid van Aparthede, uit die vure van JaHWeH.
4 En as jy ‘n spysbydrae as skenking naderbring
wat in die oond gebak is, moet sy fynmeel wees, ongesuurde koeke met olie
gemeng, en ongesuurde platkoeke met olie bestryk.
5 En as jou spysbydrae ‘n aanbieding van die
bakplaat is, moet sy fynmeel wees met olie gemeng en ongesuurd.
6 Breek haar in stukkies en giet olie oor haar: ’n
spysbydrae is sy.
7 En as jou spysbydrae ‘n aanbieding uit die pan
is, moet sy van fynmeel met olie berei word.
8 Dan moet jy die spysbydrae wat daarvan berei
word, aan JaHWeH naderbring: hulle moet haar na die priester aanbring, en hy
moet haar na die altaar dra.
9 En die priester moet ‘n gedeelte aflig van die
spysbydrae van herinnering en daarvan op die altaar aan die brand steek, as ’n
vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH.
10 En wat oorbly van die spysbydrae, is vir Aäron
en sy seuns, ‘n Apartheid van Aparthede, uit die vure van JaHWeH.
11 Enige spysbydrae wat julle naderbring aan
JaHWeH, sy mag nie van iets wat gesuurd is, berei word nie; want van géén
suurdeeg of heuning mag hy aan die brand steek uit sy vuur aan JaHWeH nie.
12 As ’n bydrae van eerstelinge mag julle haar aan
JaHWeH naderbring, maar op die altaar mag sy nie as aangename geur kom nie.
13 En jy moet al jou aanbiedings en spysbydrae met
sout berei, en jy mag die sout van die Verbond van jou Elohey by jou spysbydrae
en aanbiedings nie laat ontbreek nie; by almal moet jy jou sout naderbring. [MattithJaHûW 5:13]
14 En as jy aan JaHWeH ’n spysbydrae van eerstelinge
naderbring, moet jy as spysbydrae van jou eerstelinge naderbring: are wat in
die vuur droog gebraai is, gebreekte korrels van vars graan. [ZekarJaH 13:9]
15 En voeg olie op haar en plaas wierook op haar;
’n spysbydrae is sy.
16 Dan moet die priester vir haar herinnering, ’n
[deel] van haar gebreekte koring en van haar olie met al haar wierook, aan die
brand steek as ’n vuurbereiding aan JaHWeH.
3 EN as sy bydrae ‘n slagdier van vergoedinge is,
en as hy dit naderbring van beeste;- bul of vers, moet hy ‘n rasegte voor die
Aangesig van JaHWeH naderbring.
2 En hy moet sy hand op die kop van sy bydrae lê
en dit laat doodbloei by die ingang van die Tent van Samekoms. En die seuns van
Aäron, die priesters, moet die bloed rondsprinkel op die altaar.
3 Dan moet hy van die slagdier van vergoedinge ’n
bereiding deur vuur aan JaHWeH naderbring: die vet wat oor die binnegoed lê, en
al die vet wat oor die binnegoed is;
4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die
lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem.
5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar
aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo-op die vuur, as
’n vuurbereiding van aangename geur aan JaHWeH.
6 En as sy slagdier kleinvee is, as vergoeding aan
JaHWeH, moet hy ‘n rasegte ram of ooi naderbring.
7 As hy ’n lam naderbring as sy bydrae, moet hy
dit voor die Aangesig van JaHWeH naderbring
8 en sy hand op die kop van sy bydrae lê en dit
doodbloei voor die Tent van Samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed
rond sprinkel op die altaar.
9 Daarna moet hy van die slagdier van vergoedinge,
die vet deur vuur berei aan JaHWeH naderbring: die hele vetstert - naby die
stuitjie moet hy dit wegneem - en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die
vet wat oor die binnegoed is,
10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die
lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem.
11 En die priester moet dit op die altaar aan die
brand steek as brood deur vuur berei aan JaHWeH.
12 En as sy bydrae ’n bok is, moet hy dit voor die
Aangesig van JaHWeH naderbring
13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit
doodbloei voor die aangesig van die Tent van Samekoms; en die seuns van Aäron
moet die bloed rondsprinkel op die altaar.
14 Dan moet hy daarvan sy bydrae deur vuur berei
aan JaHWeH naderbring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat op
die binnegoed is,
15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die
lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem.
16 En die priester moet dit op die altaar aan die
brand steek as brood deur vuur berei vir ’n aangename geur. Al dié vet - aan
JaHWeH.
17 ’n Ewige Insetting is dit vir julle geslagte in
al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.
4 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: As ‘n
siel in swakheid oortree teen enige een van die Gebooie van JaHWeH en een van
die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen -
3 as die gesalfde priester oortree, sodat die volk
daardeur skuldig word, moet hy vir die oortreding wat hy begaan het, ’n jong
rasegte bul aan JaHWeH naderbring vir sy oortreding;
4 en hy moet die bul bring na die ingang van die
Tent van Samekoms, voor die Aangesig van JaHWeH, en moet sy hand op die kop van
die bul lê en die bul bloei voor die Aangesig van JaHWeH.
5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van
die bul neem en dit na die Tent van Samekoms bring,
6 en die priester moet sy vinger in die bloed
steek en van die bloed sewe maal spat sprinkel voor die Aangesig van JaHWeH, by
die voorhangsel van die Apartheid.
7 Ook moet die priester van die bloed stryk aan
die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die Tent van
Samekoms is, voor die Aangesig van JaHWeH; en hy moet al die orige bloed van
die bul uitgiet aan die onderkant van die altaar vir die brandoffer wat by die
ingang van die Tent van Samekoms is;
8 en al dié vet moet hy van die bul aflig vir die
oortreding; die vet wat op die binnegoed lê, en al die vet wat op die binnegoed
is,
9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die
lendene is, en die lap aan die lewer - by die niere moet hy dit wegneem -
10 soos dit van die bul, die slagdier van
vergoedinge afgelig word - en die priester moet dit aan die brand steek op die
altaar vir die brandoffer.
11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die
kop en die pote en die binnegoed en die mis -
12 die hele bul moet hy buitekant die laer
uitbring op ’n suiwer plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout
met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand
word.
[Levítikus 1:16]
13 En as die hele vergadering van JisraEl hulle
misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle [iets] doen,
wat verbied word in al die Gebooie van JaHWeH, en skuldig word;
14 en wanneer die oortredinge wat hulle teen haar
oortree het, bekend word, moet die vergadering ’n jong bul vir hulle oortreding
laat naderkom en hom voor die aangesig van die Tent van Samekoms bring,
15 en die oudstes van die vergadering moet hulle
hande op die kop van die bul lê voor die Aangesig van JaHWeH, en die bul moet
voor die Aangesig van JaHWeH gebloei word.
16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed
van die bul in die Tent van Samekoms bring,
17 en die priester moet sy vinger in die bloed
steek en sewe maal voor die Aangesig van JaHWeH, by die aangesig van die
voorhangsel spat.
18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings
van die altaar wat in die Tent van Samekoms voor die Aangesig van JaHWeH is.
Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die
brandoffer-altaar wat by die ingang van die Tent van Samekoms is;
19 en hy moet al die vet van hom aflig en
op die altaar aan die brand steek
20 en met die bul doen soos hy met die bul vir
oortreding gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle
versoening doen, en dit sal hulle vergewe word.
21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer
uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het - dit is vir die oortreding
van die vergadering.
22 As ’n owerste oortree en in swakheid [iets]
doen, wat verbied word in al die Gebooie van JaHWeH sy Elohey, en hy skuldig
word;
23 of as sy oortreding wat hy so gedoen het, aan
hom bekend word, moet hy as sy bydrae bring ’n rasegte bok, ’n ram;
24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en
hom doodbloei op die plek waar hulle die brandoffer voor die Aangesig van
JaHWeH doodgebloei het; dit is vir die oortreding.
25 Dan moet die priester die bloed vir die
oortreding met sy vinger neem en dit aan die horings van die altaar vir die
brandoffer stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar
vir die brandoffer uitgiet.
26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die
brand steek soos die vet van die slagdiere van die vergoedinge. So moet die
priester dan vir hom versoening doen weens sy oortredinge, en dit sal hom
vergewe word.
27 En as ‘n siel van die volk van die Aarde in
swakheid oortree, omdat hy [iets] doen wat teen een van JaHWeH se Gebooie is,
en hy skuldig word;
28 of as sy oortredinge wat hy begaan het, aan hom
bekend word, dan moet hy as sy bydrae bring ’n rasegte bok, ’n ooi, vir die
oortreding wat hy gedoen het;
29 en hy moet sy hand op die kop van haar vir die
oortreding lê en haar doodbloei vir die oortreding op die plek van die
brandoffer.
30 Dan moet die priester van haar bloed met sy
vinger neem en dit aan die horings van die altaar vir die brandoffer stryk;
maar al haar bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet;
31 en al haar vet moet hy wegneem soos die vet van
die slagdiere van die vergoedinge af weggeneem is, en die priester moet dit op
die altaar aan die brand steek as aangename geur vir JaHWeH. So moet die
priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
32 Maar ingeval hy ’n lam as sy bydrae vir
oortreding bring, moet sy ’n rasegte ooi wees wat hy bring;
33 en hy moet sy hand lê op haar kop, vir die
oortreding en haar doodbloei vir die oortreding op die plek waar hulle die
brandoffer doodgebloei het.
34 Dan moet die priester van haar bloed neem vir
die oortreding en met sy vinger aan die horings van die altaar vir die
brandoffer stryk, maar al haar [orige] bloed moet hy aan die onderkant van die
altaar uitgiet;
35 en al haar vet moet hy wegneem soos die vet van
die slagdiere van die vergoedinge weggeneem word, en die priester moet dit
brand op die altaar ooreenkomstig die vuurbereiding aan JaHWeH. So moet die
priester dan vir hom versoening doen vir die oortreding wat hy begaan het, en
dit sal hom vergewe word.
5 EN as ‘n siel oortree - dat hy die luid
uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan
weet - as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy straf moet dra;
2 of as ‘n siel enigiets aanraak wat besoedel is -
die karkas van ’n besoedelde wilde dier of die karkas van besoedelde vee of die
karkas van 'n besoedelde gedierte wat rondkruip - en dit vir hom verborge was,
maar hy besoedel geword het en skuldig is;
3 of as hy iets vuils van ’n adamiet aanraak -
volgens al die besmetlikheid waardeur hy hom kan besoedel - en dit vir hom
verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is;
4 of as ‘n siel sweer terwyl hy onverskillig met
die lippe praat om kwaad of goed te doen - volgens alles wat ’n adamiet met ’n
eed onverskillig kan praat - en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete
gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;
5 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is,
moet hy bely wat hy teen haar oortree het. [JeshaJaH 53:7]
6 En hy moet vir sy skuld aan JaHWeH, dit is vir
die oortreding waarmee hy oortree het, ’n vroulike bring uit die kleinvee, ‘n
lam of ‘n bok-ooi uit die bokke vir die oortreding. En die priester moet vir
die oortreding versoening doen.
7 Maar as hy nie ’n stuk kleinvee kan bekostig nie,
moet hy as boete vir wat hy oortree het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe
aan JaHWeH bring, een vir die skuld en een vir die brandoffer;
8 en hy moet hulle na die priester naderbring, dié
een eerste wat as bydrae vir die oortreding bedoel is, en haar kop vlak voor
haar nek afknyp sonder om dit af te trek.
9 Dan moet hy van die bloed vir die oortreding
teen die kant van die altaar spat; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die
onderkant van die altaar uitgedruk word; vir die oortreding.
10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens
verordening berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die
oortreding wat hy begaan het, en dit sal hom vergewe word.
11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong
duiwe kan bekostig nie, moet hy as bydrae vir wat hy oortree het, die tiende
van ’n efa fynmeel vir die oortreding bring. Hy moet geen olie op haar gooi en
geen wierook op haar voeg nie, want [vir] die oortreding is sy.
12 En hy moet haar na die priester bring, en die
priester moet uit haar ’n handvol neem as herinnering en haar op die altaar oor
die vure van JaHWeH bring; vir die oortreding [is] sy.
13 So moet die priester dan vir hom versoening
doen vir die oortreding wat hy begaan het in enigeen van hierdie gevalle, en
dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die
spysbydrae.
14 Ook het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
15 As ‘n siel foutiewelik handel en die pad byster
raak deur te oortree in die apartgesteldes van JaHWeH, moet hy as skuld aan
JaHWeH bring ’n rasegte ram van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in
sikkels silwer, volgens die sikkel van die Apartheid, vir die skuld.
16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die
Aparthede oortree het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en
dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen met die
ram vir die skuld, en dit sal hom vergewe word.
17 En as ‘n siel oortree en enigiets doen vanuit
al die Gebooie wat JaHWeH verbied het om te doen al weet sy dit nie, en skuldig
word, moet sy haar straf dra,
18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting,
’n rasegte ram vir sy skuld na die priester bring; en die priester moet vir hom
versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit
sal hom vergewe word.
19 Dit is vir sy skuld; waarmee hy hom skuldig
gemaak het teenoor JaHWeH.
6 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
2 As ‘n siel oortree en ontrou handel teen JaHWeH
deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand
gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,
3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit
ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ’n adamiet kan doen
om hom daardeur te laat oortree -
4 as hy dan oortree het en skuldig word, moet hy
teruggee wat hy deur roof ontneem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom
toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;
5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet
daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan
hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.
6 En vir sy skuld, moet hy aan JaHWeH ’n rasegte
ram uit die kleinvee, na jou skatting, vir sy skuld na die priester bring.
7 Dan moet die priester vir hom versoening doen
voor die Aangesig van JaHWeH, en dit sal hom vergewe word - enigiets wat hy
gedoen het, sodat hy daardeur skuldig word.
8 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is
die Wet van die brandoffer: Sy, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die
altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die vuur van die altaar moet
aan die brand gehou word.
10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en
die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe
die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar
uitgooi.
11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere
aantrek, en die as buitekant die laer op ’n suiwer plek uitbring.
12 En die vuur op die altaar moet aan die brand
gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre op haar
hout aan die brand steek en die brandoffer op haar reglê en hy moet die vet van
die vergoedinge op haar brand.
13 Vuur moet voortdurend op die altaar aan die brand
gehou word, dit mag nie geblus word nie.
14 En dit is die Wet van die spysbydrae: Die seuns
van Aäron moet haar voor die Aangesig van JaHWeH naderbring na die aangesig van
die altaar,
15 en een moet van haar ’n handvol neem, van die
spysbydrae se fynmeel met haar olie, en al haar wierook wat op die spysbydrae
is, en hy moet haar op die altaar aan die brand steek as aangename geur van
haar herinnering vir JaHWeH.
16 En wat van haar oorbly, moet Aäron en sy seuns
eet; ongesuurd moet sy geëet word in ’n apartgestelde plek; in die voorhof van
die Tent van Samekoms moet hulle van haar eet.
17 Sy mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle
deel het Ek haar uit My vure gegee. ‘n Apartheid van Aparthede is sy vir die
oortreding en die skuld.
18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron,
mag haar eet. Sy is ’n ewige Insetting vir julle geslagte uit die vure van
JaHWeH. Elkeen wat aan haar raak word apart.
19 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
20 Dit is die bydrae van Aäron en sy seuns wat
hulle aan JaHWeH moet naderbring op die dag as hy gesalf word: die tiende van
’n efa fynmeel as voortdurende spysbydrae; die helfte van haar in die môre en
die helfte in die aand.
21 Sy moet op ’n plaat met olie berei word;
deurmekaargeroer moet jy haar bring; in gebakte brokkies moet jy die spysbydrae
naderbring as aangename geur vir JaHWeH.
22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy
plek gesalf word, haar berei, as ’n ewige Insetting. Sy moet geheel en al vir
JaHWeH aan die brand gesteek word.
23 So moet dan elke spysbydrae van ’n priester
volledig verbrand word; sy mag nie geëet word nie.
24 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die
Wet vir die oortreding: Op die plek waar die brandoffer doodgebloei word, moet sy
vir die oortreding voor die Aangesig van JaHWeH doodgebloei word. ‘n Apartheid
van Aparthede is sy.
26 Die priester moet die oortredings [bydrae] eet;
op ’n apartgestelde plek moet sy geëet word, in die voorhof van die Tent van
Samekoms.
27 Alles wat aan haar vleis raak, word apart; en
as daar van haar bloed op ’n kledingstuk spat, moet jy die stuk wat op haar
spat, in ’n apartgestelde plek was.
28 En ’n erdepot waar sy in gaargemaak is, moet
stukkend gebreek word; maar as sy in ’n koperpot gaargemaak is, moet dit
geskuur en met water afgespoel word.
29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag
haar eet; ‘n Apartheid van Aparthede [is] sy.
30 Maar vir elke oortredings[bydrae] waarvan ’n
deel van haar bloed in die Tent van Samekoms gebring word, om in die Apartheid
versoening te doen, mag nie geëet word nie; sy moet met vuur verbrand word.
7 EN hierdie is die Wet vir die skuld: ‘n Apartheid
van Aparthede [is] hy.
2 Op die plek waar hulle die brandoffer
doodgebloei het, moet hulle vir die skuld laat doodbloei, en hy moet die bloed
rond sprinkel op die altaar.
3 En hy moet al die vet van hom naderbring: die
vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,
4 en die twee niere en die vet op hom wat aan die
lendene is, en die lap aan die lewer - bo die niere moet hy dit wegneem.
5 En die priester moet dit op die altaar aan die
brand steek, want dit moet deur vuur berei word aan JaHWeH; vir skuld.
6 Almal wat manlik is onder die priesters, mag hom
eet. Op ’n aparte plek moet hy geëet word; ‘n Apartheid van Aparthede is hy.
7 Soos vir die oortreding, so ook vir die skuld;
een Wet geld vir beide – hy is vir die priester wat daarvoor versoening doen.
8 En die priester wat die brandoffer van iemand
naderbring - die vel van die brandoffer wat hy nadergebring het, aan die
priester, aan hom kom dit toe.
9 En elke spysbydrae wat in die oond gebak word,
en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat haar
naderbring, aan hom kom sy toe.
10 En elke spysbydrae, met olie gemeng of droog,
aan al die seuns van Aäron kom sy toe, aan die een so goed as aan die ander.
11 En dit is die Wet aangaande die slagdiere van
die vergoedinge wat hulle aan JaHWeH naderbring:
12 Wanneer hy dit vir ‘n aanbieding van
danksegging naderbring, moet hy by die slagdier vir danksegging naderbring:
ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en
fynmeel wat as koeke deurmekaar geroer is, met olie gemeng;
13 buiten die koeke moet hy naderbring die bydrae
van die gesuurde brood, daarmee saam die slagdier vir die danksegging by sy
vergoeding.
14 En hy moet daarvan, een uit elke gawe, as
bydrae aan JaHWeH naderbring; aan die priester wat die bloed van die
vergoedinge sprinkel, aan hom kom dit toe.
15 En hy moet die vleis van die slagdier van sy
vergoeding eet vir ‘n danksegging op die selfde dag as wat hy dit bydra; hy mag
niks tot die môre laat lê nie.
16 En as die slagdier wat hy aanbied, ’n gelofte
of vrywillige skenking is, moet dit geëet word op die dag as hy sy slagdier
naderbring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.
17 Maar wat van die vleis van die slagdier
oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.
18 En as daar van die vleis van die slagdier van
vergoeding op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit
naderbring, nie met Vreugde aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word
nie; besoedel sal dit wees, en die siel wat daarvan eet, moet haar
ongeregtigheid dra.
19 En die vleis wat aan iets vuils raak, mag nie
geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis
betref - elkeen wat gesuiwer is, mag vleis eet.
20 Maar die siel wat vleis eet van die slagdier
van die vergoedinge wat JaHWeH toekom, terwyl daar besoedeling aan hom is, dié
siel sal haar afsny uit haar volksgenote.
21 EN as ‘n siel aan iets wat besoedel is raak,
aan iets besoedels van ’n adamiet of aan ’n besoedelde dier of aan enige
besoedelde verfoeisel, en dan eet van die vleis van die slagdier van die vergoedinge
aan JaHWeH; dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote.
22 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
23 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Géén
vet van ’n bees of skaap of bok mag julle eet nie.
24 Maar die vet van ‘n karkas en die vet van wat
verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet
nie.
25 Want almal [wat] vet eet uit die vee wat hy
naderbring van haar vuur berei aan JaHWeH; dié siel wat dit eet, sal haar afsny
uit haar volksgenote.
26 Ook mag julle géén bloed van voëls of van vee
in enigeen van julle woonplekke eet nie.
27 Elke siel wat maar enigsins bloed eet; dié siel
sal haar afsny uit haar volksgenote.
28 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
29 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Hy
wat aan JaHWeH sy slagdier van vergoeding naderbring, moet sy bydrae aan JaHWeH
bring uit die slagdier van sy vergoeding;
30 met sy eie hande moet hy na die vure van JaHWeH
bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit wuiwend te swaai
voor die Aangesig van JaHWeH.
31 En die priester moet die vet op die altaar aan
die brand steek, maar die bors kom Aäron en sy seuns toe.
32 Julle moet ook die regterboud aan die priester
as bydrae gee vir My altaar uit julle vergoeding.
33 Hy wat uit die seuns van Aäron naderkom met die
bloed en die vet van die vergoedinge, kry die regterboud as sy deel.
34 Want die geswaaide bors en die bygedrae boud
het Ek van die kinders van JisraEl vir My altaar uit hulle vergoedinge geneem
en dit aan Aäron, die priester, en aan sy seuns gegee as ’n deel wat hulle vir
ewig toekom van die kant van die kinders van JisraEl.
35 Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van
sy seuns uit die vure van JaHWeH, op die dag toe Hy hulle nadergebring het om
die priesteramp vir JaHWeH te bedien -
36 wat JaHWeH beveel het om hulle te gee van die
kant van die kinders van JisraEl, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is ’n
ewige Insetting vir hulle geslagte.
37 Dit is die Wet vir die brandoffer, die
spysbydrae en die oortredings[bydrae] asook die skuld[bydrae] en die instelling
van die slagdiere van die vergoedinge
38 wat JaHWeH Moshè by die berg Sinai beveel het,
op die dag toe hy die kinders van JisraEl in die wildernis Sinai beveel het om
hulle bydraes aan JaHWeH nader te bring.
8 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
2 Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die
klere en die salf-olie en die bul vir die oortreding en die twee ramme en die
mandjie met ongesuurde koeke,
3 en versamel die hele vergadering by die ingang
van die Tent van Samekoms.
4 En Moshè het gedoen soos JaHWeH hom beveel het,
en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die Tent van Samekoms.
5 Toe sê Moshè aan die vergadering: Dit is die
saak wat JaHWeH beveel het om te doen.
6 En Moshè het Aäron en sy seuns laat nadergebring
en hulle met water gewas. [Lukas 12:50]
7 Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met
die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed
aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die
skouerkleed omgebind.
8 Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die
borstas die Urim en die Tummim gesit.
9 En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan
die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die separatisme van die
Apartheid, bevestig, soos JaHWeH Moshè beveel het.
10 Toe het Moshè die salfolie geneem en die
Tabernakel en alles wat in hom was, gesalf en hom gewy verklaar. [Die Wysheid van Sirah
24:15]
11 En hy het van haar sewe maal op die altaar
gespat en die altaar gesalf en al sy gereedskap, met die waskom en sy voetstuk,
om hulle te suiwer.
12 Daarna het hy van die salfolie op die hoof van
Aäron gegiet en hom gesalf om hom apart te stel.
13 Ook het Moshè die seuns van Aäron laat nader
kom en hulle die kleed aangetrek en hulle gegord met ’n gordel en hulle die
hoofbedekkings omgebind soos JaHWeH aan Moshè beveel het.
14 Daarop het hy die bul vir die oortreding laat
aankom, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die bul vir die oortreding
gelê.
15 En Moshè het hom doodgebloei en die bloed
geneem en daarvan met sy vinger rondom aan die horings van die altaar gestryk
en die altaar gesuiwer van die oortredinge; maar die orige bloed het hy aan die
onderkant van die altaar uitgegooi. So het hy hom dan gesuiwer deur daar
versoening voor te doen.
16 Verder het hy al die vet wat op die binnegoed
was en die lap aan die lewer en die twee niere en hulle vet geneem, en Moshè
het dit op die altaar aan die brand gesteek.
17 Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis
het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos JaHWeH aan Moshè beveel het.
18 Daarop het hy die ram vir die brandoffer
nadergebring, en Aäron en sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.
19 En Moshè het hom doodgebloei en die bloed rond
gesprinkel op die altaar.
20 Hy het ook die ram in sy stukke verdeel, en
Moshè het die kop en die stukke en die vet aan die brand gesteek;
21 maar die binnegoed en die pote het hy met water
gewas, en Moshè het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; sy was ’n
brandoffer as aangename geur, deur vuur berei was sy aan JaHWeH, soos JaHWeH
aan Moshè beveel het.
22 Daarop het hy die ander ram, die ram vir die
inhuldiging, nadergebring; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van
die ram gelê.
23 En Moshè het hom doodgebloei en van die bloed
geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand
en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
24 Moshè het ook die seuns van Aäron laat nader
kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle
regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moshè
die orige bloed rondgesprinkel op die altaar.
25 En hy het die vet geneem met die vetstert en al
die vet wat aan die binnegoed was, en die lap aan die lewer en die twee niere
en hulle vet en die regterboud.
26 Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke
wat voor die Aangesig van JaHWeH was, een ongesuurde koek geneem en een
oliebrood-koek en een platkoek; en hy het hulle op die stukke vet en op die
regterboud neergesit
27 en dit alles op die handpalms van Aäron en die
handpalms van sy seuns gelê; en hy het dit swaaiende voor die Aangesig van
JaHWeH gewuif.
28 Daarop het Moshè dit uit hulle handpalms geneem
en dit op die altaar, bo-op die brandoffer, aan die brand gesteek; ’n
instelling was dit as aangename geur, deur vuur berei aan JaHWeH.
29 Verder het Moshè die bors geneem en dit
swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH gewuif; van die ram vir die inhuldiging
het dit aan Moshè as deel toegekom, soos JaHWeH Moshè beveel het.
30 Moshè het ook van die salfolie en van die bloed
wat aan die altaar was, geneem en dit op Aäron, op sy klere, sowel as op sy
seuns en op die klere van sy seuns gespat. So het hy dan Aäron, sy klere, sowel
as sy seuns en die klere van sy seuns gesuiwer.
31 Toe sê Moshè vir Aäron en sy seuns: Kook die
vleis by die ingang van die Tent van Samekoms en eet dit daar met die brood wat
in die wydingsmandjie is, soos ek beveel en gesê het: Aäron en sy seuns moet
dit eet.
32 Maar wat van die vleis en die brood oorbly,
moet julle met vuur verbrand.
33 Ook mag julle sewe dae lank nie by die ingang
van die Tent van Samekoms uitgaan nie tot op die dag dat die dae van julle
wyding verby is; want sewe dae lank moet julle wyding duur.
34 Soos vandag gedoen is, het JaHWeH beveel om
[verder] te doen, om vir julle versoening te bewerk.
35 Julle moet dan by die ingang van die Tent van
Samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die Ordening van JaHWeH
hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
36 En Aäron en sy seuns het al die dinge gedoen
wat JaHWeH deur die hand van Moshè beveel het.
9 EN op die agtste dag het Moshè Aäron en sy seuns
en die oudstes van JisraEl geroep
2 en aan Aäron gesê: Neem vir jou ’n jong bulkalf
vir die oortreding en ’n ram as brandoffer, altwee raseg; en bring hulle nader
voor die Aangesig van JaHWeH.
3 En spreek met die kinders van JisraEl en sê:
Neem ’n bokram vir die oortreding en ’n kalf en ’n lam, altwee een jaar oud en
raseg, as brandoffer,
4 ook ’n bul en ’n ram as vergoedinge te slag voor
die Aangesig van JaHWeH; en spysbydrae met olie gemeng; want vandag verskyn
JaHWeH aan julle.
5 Toe het hulle voor die Tent van Samekoms gebring
wat Moshè beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan
voor die Aangesig van JaHWeH.
6 En Moshè het gesê: Dit is die woord wat JaHWeH
julle beveel het, doen dit, sodat julle die Glansrykheid van JaHWeH kan sien.
7 En Moshè het vir Aäron gesê: Kom nader na die
altaar en berei vir jou oortreding en jou brandoffer, en doen versoening vir
jou en vir die volk, en berei die bydrae van die volk, en doen versoening vir
hulle soos JaHWeH beveel het.
8 Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die
kalf vir die oortreding doodgebloei wat vir hom bedoel was.
9 En die seuns van Aäron het die bloed na hom
nadergebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings
van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die
altaar uitgegiet.
10 Maar die vet en die niere en die lap aan die
lewer vir die oortreding, hy het hom op die altaar aan die brand gesteek soos
JaHWeH aan Moshè beveel het.
11 En die vleis en die vel het hy buitekant die
laer met vuur verbrand. [Lukas 13:33]
12 Toe het hy die brandoffer doodgebloei, en die
seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondgesprinkel op
die altaar.
13 Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy
stukke aangegee, met die kop, en hy het haar aan die brand gesteek op die
altaar.
14 En hy het die binnegoed en die pote gewas en
dit aan die brand gesteek bo-op die brandoffer op die altaar.
15 Daarna het hy die bydrae van die volk
nadergebring; hy het die bok vir die oortreding van die volk geneem, en hom
doodgebloei vir die oortreding soos die eerste.
16 Verder het hy die brandoffer nadergebring en
haar berei volgens die Verordening.
17 En hy het die spysbydrae nadergebring en sy
palms van haar gevul en van haar aan die brand gesteek op die altaar, langs die
brandoffer van die môre.
18 Toe het hy die bul en die ram doodgebloei wat
vir die volk as slagdiere van vergoedinge dien; en die seuns van Aäron het vir
hom die bloed aangegee - wat hy toe rond gesprinkel het op die altaar -
19 en die stukke vet van die bul, en van die ram
die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer;
20 en hulle het die stukke vet op die borsstukke
gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.
21 Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron
swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH gewuif soos Moshè beveel het.
22 Daarna het Aäron sy hande na die volk toe
opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die oortredings [bydrae],
brandoffer en vergoedings [bydrae] gebring het.
23 Daarop het Moshè en Aäron in die Tent van
Samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die
Glansrykheid van JaHWeH het verskyn - aan die hele volk -
24 Vuur het van die Aangesig van JaHWeH uitgegaan
en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk
dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.
10 EN die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het
elkeen hul vuurtange gekry en vuur op haar gegooi en ‘n bewieroking daarop
gesit en verbasterde vuur voor die Aangesig van JaHWeH nadergebring, wat Hy
hulle nie beveel het nie.
2 Daarop het daar vuur van voor die Aangesig van
JaHWeH uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die Aangesig van
JaHWeH.
3 Toe sê Moshè vir Aäron: Dit is wat JaHWeH
gespreek het deur te sê: In die wat My nader, aan hom sal Ek toegewy wees, en
agtenswaardig in die aangesig van die volk. En Aäron was stom van verbasing.
4 En Moshè het MisahaEl en El-Safan, die seuns van
UzziEl, die oom van Aäron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle
broers van die Aangesig van die Apartheid af weg, buitekant die laer uit.
5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul kleed
buitekant die laer uitgedra soos Moshè gesê het.
6 Daarop sê Moshè aan Aäron en sy seuns El-Azar en
Itamar: Ontbloot nie julle hoof nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat
julle nie sterwe en Hy in Woede teen die hele vergadering losbreek nie. Maar
julle broers, die hele huis van JisraEl, kan die brand beween wat JaHWeH aangesteek
het.
7 Julle mag ook uit die ingang van die Tent van
Samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van
JaHWeH is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moshè.
8 En JaHWeH het met Aäron gespreek en gesê:
9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou
seuns saam met jou as julle in die Tent van Samekoms ingaan, dat julle nie
sterwe nie; ’n ewige Insetting is dit vir julle geslagte;
10 en julle moet onderskeid maak tussen die
Apartheid en die vermengde, en tussen verbastering en rasegtheid;
11 en julle moet die kinders van JisraEl leer al
die Insettinge wat JaHWeH deur die hand van Moshè aan hulle verkondig het.
12 En Moshè het met Aäron gespreek en met sy seuns
El-Azar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysbydrae wat uit die vure van
JaHWeH oorgebly het, en eet haar ongesuurde koeke langs die altaar; want ‘n
Apartheid van Aparthede [is] sy.
13 Daarom moet julle haar in ’n apartgestelde plek
eet, want sy is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vure van JaHWeH; want
so is aan my bevel gegee.
14 Ook die geswaaide bors en die bygedrae boud
moet julle op ’n suiwer plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou;
want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle vir My altaar uit My
vergoeding van die kinders van JisraEl gegee.
15 Die bygedrae boud en die geswaaide bors moet
saam met die vure van vetstukke gebring word om dit swaaiende voor die Aangesig
van JaHWeH te wuif; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou ’n deel wees
wat aan julle vir ewig toekom soos JaHWeH beveel het.
16 En Moshè het rondgesoek na die bok vir die
oortreding, maar sy was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir El-Azar en
Itamar, die seuns van Aäron wat oorgebly het; en hy het gesê:
17 Waarom het julle haar nie in die Plek van die
Apartheid geëet vir die oortreding nie? Want ‘n Apartheid van Aparthede [is]
sy, en Hy het haar aan julle gegee om die skuld van ongeregtigheid van die
vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die Aangesig van
JaHWeH.
18 Kyk, haar bloed mag nie na die Apartheid
gebring word nie. Julle moet haar sekerlik in die Apartheid eet soos ek beveel
het.
19 Toe sê Aäron vir Moshè: Kyk, hulle het vandag
genader met hul oortredings [bydrae] en hul brandoffer voor die Aangesig van
JaHWeH, en sulke dinge het my oorgekom; het ek vandag van die
oortredings[bydrae] geëet, sou dit goed gewees het in die Oë van JaHWeH?
20 Toe Moshè dit hoor, was dit goed in sy oë.
11 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en aan
hulle gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Dit is
die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die Aarde is.
3 Alles wat onder die diere gesplitste kloue het,
en wel heeltemal gesplitste kloue, [en] herkou - dit mag julle eet.
4 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die
wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou,
maar het geen gesplitste kloue nie - besoedel is hy vir julle;
5 en die das, want hy herkou, maar het geen
gesplitste kloue nie - besoedel is hy vir julle;
6 en die haas, want hy herkou, maar het geen
gesplitste kloue nie - besoedel is hy vir julle;
7 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, ja,
heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie - besoedel is hy vir julle.
8 Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan
hulle karkas nie raak nie - besoedel is hulle vir julle.
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is:
alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere - dit
mag julle eet.
10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die
seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van elke lewende
siel wat in die water is - ’n gruwel is dit vir julle.
11 Ja, ’n gruwel moet hulle vir julle wees; van
hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle karkasse moet vir julle ’n gruwel
wees.
12 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het
nie - ’n gruwel is dit vir julle.
13 En die volgende moet julle van die voëls vir ’n
gruwel hou - hulle mag nie geëet word nie, ’n gruwel is hulle: die arend en die
lammervanger en die aasvoël;
14 en die kuikendief en die valk volgens haar
spesie;
15 elke kraai volgens sy spesie;
16 en die volstruis en die naguil en die seemeeu
en die kleinvalk volgens hulle spesies;
17 en die steenuil en die visvanger en die
steunuil;
18 en die silweruil en die pelikaan en die
klein-aasvoël;
19 en die groot-sprinkaanvoël, die reier volgens
haar spesie, die hoep-hoep en die vlermuis.
20 Al die insekte met vlerke wat op vier [pote]
loop - ’n gruwel is hulle vir julle.
21 Maar die volgende mag julle eet van al die
insekte met vlerke wat op vier pote loop: wat bokant die pote springbene het om
daarmee op die Aarde te spring.
22 Van hulle mag julle die volgende eet: die
treksprinkaan volgens sy spesie en die boomsprinkaan volgens hulle spesies en
die springer volgens hulle spesies en die voetganger volgens hulle spesies.
23 Maar al die ander insekte met vlerke wat vier
pote het - ’n gruwel is hulle vir julle.
24 En deur hierdie [diere] word julle besoedel- elkeen
wat aan hulle karkas raak, sal tot die aand toe besoedel wees;
25 en elkeen wat van hulle karkas dra, moet sy
klere was en sal tot die aand toe besoedel wees -
26 aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat
nie heeltemal gesplits is nie, en wat nie herkou nie. Besoedel is hulle vir
julle; elkeen wat aan hulle raak, sal besoedel wees.
27 En alles wat op kaal pote loop onder al die
viervoetige diere - besoedel is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle karkas
raak, sal tot die aand toe besoedel wees.
28 Ook hy wat hulle karkas dra, moet sy klere was
en sal besoedel wees tot die aand toe. Besoedel is hulle vir julle.
29 En die volgende is vir julle besoedel onder die
ongediertes wat op die Aarde wemel: die mol en die muis en die akkedis volgens
hulle spesies,
30 en die krimpvarkie en die geitjie en die
klipsalmander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
31 Hulle is vir julle besoedel onder al die
ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe
besoedel wees.
32 En alles waar een van hulle op val as hulle
dood is, sal besoedel wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak,
elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot
die aand toe besoedel wees; dan sal dit gesuiwer wees.
33 En elke erdevoorwerp waar een van hulle in val
- alles wat daarin is, sal vuil wees, en julle moet die voorwerp self stukkend
breek;
34 enige voedsel wat geëet word waar water op kom,
sal [daarin] besoedel wees; en enige drank wat in so ’n voorwerp, van watter
soort ook, gedrink kan word, sal besoedel wees.
35 En alles waar iets van hulle karkas op val, sal
besoedel wees; ’n bakoond of ’n kookstaander moet stukkend geslaan word; hulle
is besoedel, en besoedel moet hulle vir julle wees.
36 Maar ’n fontein of put, ’n versamelplek van
water, sal suiwer wees; maar hy wat aan die karkas daarin raak, sal besoedel
wees.
37 En as van hulle karkas val op enige saad wat
gesaai word - dit sal suiwer wees.
38 Maar as daar water op die saad gegooi word, en
van hulle karkas daarop val, dan sal dit vir julle besoedel wees.
39 En as daar van die diere wat vir julle as
voedsel dien, doodgaan, sal hy wat aan die karkas raak, tot die aand toe
besoedel wees;
40 en hy wat van dié karkas eet, moet sy klere was
en sal besoedel wees tot die aand toe. En hy wat dié karkas dra, moet sy klere
was en sal besoedel wees tot die aand toe.
41 En al die ongediertes wat op die Aarde wemel,
is ’n gruwel - dit mag nie geëet word nie.
42 Alles wat op die buik seil en alles wat op vier
[pote] loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die
Aarde wemel - julle mag dit nie eet nie, want dit is ’n gruwel.
43 Moenie julle siel ’n gruwel maak deur enige
ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie besoedel, sodat julle daardeur
besoedel word nie.
44 Want Ek [is] JaHWeH julle Elohey; stel julself
dan apart en wees apartes, want Ek is apart; daarom, besoedel julself nie deur
enige ongedierte wat op die Aarde kruip nie.
45 Want Ek - JaHWeH het julle uit die Aarde van
Egipte laat optrek om julle Elohim te wees. So moet julle dan apartes wees,
omdat Ek apart [is].
46 Dit is die Wet oor die diere en die voëls en
elke lewende siel wat roer in die water en aangaande elke siel wat op die Aarde
wemel,
47 om te onderskei tussen wat besoedel en suiwer
is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
12 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: As ’n
vrou swanger word en ’n seun baar, sal sy sewe dae lank besoedel wees; soos in
die dae van haar menstruasie as sy ongesteld is, sal sy besoedel wees.
3 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van
sy voorhuid besny word.
4 Dan moet sy drie-en-dertig dae in die bloed wat
suiwering aanbring, bly. Aan enige iets van Apartheid, mag sy nie raak nie en
in die Apartheidsplek mag sy nie kom nie totdat die dae van haar suiwering
verby is.
5 Maar as sy ’n dogter baar, sal sy twee weke
besoedel wees soos by haar menstruasie. Dan moet sy ses-en-sestig dae in die
bloed wat suiwering aanbring, bly.
6 En as die dae van haar suiwering in die geval
van ’n seun of ’n dogter verby is, moet sy ’n jaaroud-lam as brandoffer en ’n
jong duif of tortelduif vir oortreding bring na die ingang van die Tent van
Samekoms, na die priester toe;
7 wie haar sal naderbring voor die Aangesig van
JaHWeH en oor haar versoening doen; dan sal sy gesuiwer wees van haar
bloedvloeiïng. Dit is die Wet van haar wat baar, in die geval van ’n seun of ’n
dogter.
8 Maar as haar hand ’n lam nie kan bekostig nie,
moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een vir
oortreding; en die priester moet oor haar versoening doen; dan sal sy gesuiwer
wees.
13 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
2 As ’n adamiet in die vel van sy vlees ’n swelsel
of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees ’n plaag van
melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die
priesters, gebring word;
3 en die priester moet na die aangetaste deel in
die vel van die vlees kyk. Het die hare op die deel wit geword, en lyk dit of
die deel dieper is as die vel van sy vlees dan is dit die plaag van
melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom aangetas verklaar.
4 Maar as dit ’n wit vlek in die vel van sy vlees
is en dit nie dieper lyk as die vel nie, en die hare daarvan nie wit geword het
nie, moet die priester die merk op die vel van die aangetaste persoon sewe dae
lank verbind.
5 As die priester hom op die sewende dag bekyk en
sien dat die aangetaste deel, volgens wat hy kan sien, dieselfde gebly het, die
deel nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester nog ’n keer sewe
dae lank die merk op die vel verbind.
6 Bekyk die priester hom dan op die sewende dag
nog ’n keer en sien hy dat die aangetaste deel dof van kleur geword en die deel
in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom gesuiwer verklaar.
Dit is ’n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy gesuiwer.
7 Maar as die uitslag werklik in die vel versprei
nadat hy hom aan die priester vertoon het om gesuiwer te word, moet hy hom nog
’n keer aan die priester vertoon.
8 En sien die priester dat die uitslag in die vel
versprei het, dan moet die priester hom aangetas verklaar. Dit is melaatsheid.
9 As die plaag van melaatsheid aan ’n adamiet is,
moet hy na die priester gebring word.
10 En as die priester sien dat daar ’n wit swelsel
in die vel is wat die hare wit gemaak het, terwyl daar lewende vlees in die
swelsel groei,
11 dan is dit ’n verouderde melaatsheid in die vel
van sy vlees, en die priester moet hom aangetas verklaar. Hy moet hom nie
opsluit nie, want hy is aangetas.
12 Maar as die melaatsheid so geweldig in die vel
uitbreek, dat die melaatsheid die hele vel van die aangetaste persoon van sy
hoof tot sy voete oordek, so ver as wat die oë van die priester kan sien;
13 en sien die priester dat die melaatsheid sy
hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon gesuiwer verklaar: hy
het heeltemal wit geword, hy is gesuiwer.
14 Maar so gou as lewende vlees aan hom gesien
word, sal hy besmet wees;
15 en as die priester die lewende vlees sien, moet
hy hom aangetas verklaar. Die lewende vlees is besmet, dit is melaatsheid.
16 Maar as die lewende vlees weer weggaan en hy
wit word, moet hy na die priester kom.
17 As die priester hom dan bekyk en sien dat die
aangetaste deel wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon
gesuiwer verklaar; hy is suiwer.
18 Maar as daar in die vlees aan hom, naamlik in
die vel, ’n sweer is en gesond word,
19 maar in die deel van die sweer ’n wit swelsel
of ’n rooierige wit vlek kom, moet hy hom aan die priester vertoon.
20 As die priester sien dat dit dieper lyk as die
vel, en die hare daarvan wit geword het, dan moet die priester hom aangetas
verklaar; dit is ’n plaag van melaatsheid, dit het in die sweer uitgebreek.
21 Maar as die priester dit bekyk, en daar geen
wit hare op is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword
het, dan moet die priester die merk op die vel sewe dae lank toebind.
22 En as dit werklik in die vel versprei, moet die
priester hom aangetas verklaar; dit is ’n plaag [van melaatsheid].
23 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie
versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom
gesond verklaar.
24 Of as in die vlees, in sy vel ’n brandplek van
vuur is en die nuwe vlees van die brandplek ’n rooierige of wit vlek is;
25 en die priester dit bekyk en sien dat die hare
op die ligte vlek wit geword het en dit dieper lyk as die vel, dan is dit
melaatsheid; in die brandplek het dit uitgebreek. Daarom moet die priester hom
aangetas verklaar; dit is die plaag van melaatsheid.
26 Maar as die priester dit bekyk en sien dat op
die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof
van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
27 Dan moet die priester hom op die sewende dag
bekyk. As dit werklik in die vel versprei het, moet die priester hom aangetas
verklaar; dit is ’n plaag van melaatsheid.
28 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in
die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel
van die brandplek. Daarom moet die priester hom gesuiwer verklaar, want dit is
die litteken van die brandplek.
29 Verder, as daar by ’n man of vrou ’n aangetaste
deel aan die hoof of in die baard is,
30 en die priester die deel bekyk en sien dat dit
dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom
aangetas verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die
baard.
31 Maar as die priester die plaag van skurfte
bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op
is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank
die merk op die vel verbind.
32 Bekyk die priester dan op die sewende dag die
aangetaste deel en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen
geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,
33 dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe
deel moet hy nie skeer nie, en die priester moet aan die skurwe persoon nog
sewe dae lank die merk op die vel verbind.
34 Bekyk die priester dan die skurfte op die
sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit
nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom gesuiwer verklaar. En
hy moet sy klere was en sal suiwer wees.
35 Maar as die skurfte werklik in die vel versprei
nadat hy suiwer verklaar is,
36 en die priester dit bekyk en sien dat die
skurfte in die vel versprei het, dan hoef die priester nie na die geel hare te
soek nie; hy is besmet.
37 Maar as die skurfte, volgens hy kan sien,
dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy
is gesuiwer, en die priester moet hom suiwer verklaar.
38 Verder, as ’n man of vrou in die vel van hulle
vlees ligte vlekke, wit vlekke het,
39 en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke
in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel
uitgebreek het; hy is suiwer.
40 En as ’n man se hoof kaal word, is hy ’n
kaalkop; hy is suiwer.
41 En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het
hy ’n bles; hy is suiwer.
42 Maar as daar in die kaalte of in die bles ’n
rooierige wit deel is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in
die bles.
43 As die priester dit bekyk en sien dat die
swelsel van die aangetaste deel in die kaalte of in die bles rooierig wit is,
wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees,
44 dan is hy ’n melaatse, hy is besmet; die
priester moet hom sekerlik aangetas verklaar; op sy hoof het hy die plaag.
45 Verder moet in die klere van die melaatse op
wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard
bedek en roep: Aangetas, aangetas!
46 Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy siek
wees. Besmet is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning
wees.
47 Verder, as daar in ’n kledingstuk die plaag van
melaatsheid is, in ’n kledingstuk van wol of linne;
48 of in die skeerdraad of die inslag van linne of
wol, of in ’n vel of enige leerwerk;
49 en die aangetaste deel in die kledingstuk of in
die vel of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp liggroen of
rooierig is, dan is dit ’n plaag van melaatsheid, en hulle moet die priester
dit laat sien.
50 Die priester moet dan die aangetaste deel bekyk
en die aangetaste deel sewe dae lank opsluit.
51 Dan moet hy op die sewende dag die deel bekyk;
as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag
of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag ’n
kwaadaardige melaatsheid; so iets is besmet.
52 Daarom moet hy die kledingstuk of die
skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die
aangetaste deel is, verbrand; want dit is ’n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet
met vuur verbrand word.
53 Maar as die priester sien dat die deel in die
kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp nie
versprei het nie,
54 dan moet die priester beveel dat hulle die voorwerp
was waar die deel aan is; en hy moet dit nog ’n keer sewe dae lank toemaak.
55 As die priester dan die aangetaste voorwerp
bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die deel nog net so lyk, hoewel die deel
nie versprei het nie, dan is dit besmet; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is
’n invreting aan die agter- of aan die voorkant.
56 Maar as die priester sien dat die deel, nadat
dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of
uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur.
57 Maar as dit nog in die kledingstuk of in die
skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit
[melaatsheid] wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur
verbrand.
58 Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die
inslag of enige leervoorwerp wat jy was - as die deel daaruit verdwyn het, moet
dit nog ’n keer gewas word, en dit sal gesuiwer wees.
59 Dit is die Wet oor die plaag van melaatsheid in
’n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige
leervoorwerp, om dit gesuiwer of besmet te verklaar.
14 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê:
2 Dit is die Wet van die melaatse op die dag van
sy suiwering. Hy moet na die priester gebring word,
3 en die priester moet buitekant die laer gaan. As
die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg
is,
4 moet die priester bevel gee dat hulle vir hom
wat gesuiwer moet word, twee lewendige rasegte voëls en sederhout en
skarlakendraad en hisop moet bring.
5 Die priester moet ook bevel gee dat hulle die
een voël in ’n erdepot oor vars water bloei.
6 Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die
sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek
in die bloed van die voël wat oor die vars water doodgebloei is.
7 En hy moet op hom wat van die melaatsheid
gesuiwer moet word, sewe maal spat en hom suiwer, en die lewendige voël moet hy
oor die oop veld laat wegvlieg.
8 Dan moet hy wat gesuiwer moet word, sy klere was
en al sy hare afskeer en ’n bad neem; dan sal hy gesuiwer wees. En daarna kan
hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
9 En op die sewende dag moet hy al sy hare
afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue - al sy hare moet hy afskeer; en
hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy suiwer wees.
10 En op die agtste dag moet hy twee rasegte
lammers neem en een jaaroud rasegte ooilam en drie-tiendes [van ’n efa] fynmeel
as spysbydrae, met olie gemeng, en een log olie.
11 En die priester wat die suiwering bewerk, moet
die man wat gesuiwer word, en dié [gawes] voor die Aangesig van JaHWeH by die
ingang van die Tent van Samekoms bring.
12 En die priester moet die een lam neem en dit
saam met die log olie vir die skuld naderbring en dit swaaiende voor die
Aangesig van JaHWeH wuif.
13 Dan moet hy die lam doodbloei vir die
oortreding op die plek waar hulle die brandoffer sal doodbloei, naamlik in die
Plek van die Apartheid; net soos vir die oortredinge en vir die skuld behoort
sy aan die priester; ‘n Apartheid van Aparthede is sy.
14 En die priester moet die bloed van die
skuld[bydrae] neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom
wat gesuiwer word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van
sy regtervoet.
15 Die priester moet ook van die log olie neem en
haar giet in die priester se linker handpalm.
16 Dan moet die priester sy regtervinger in die
olie steek wat in sy linker handpalm is, en met sy vinger van die olie sewe
maal spat voor die Aangesig van JaHWeH.
17 En van die orige olie wat in sy handpalm is,
moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gesuiwer word, en aan
die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die
bloed van die skuld.
18 Wat dan oor is van die olie wat in die priester
se handpalm is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gesuiwer word. So moet
die priester dan vir hom versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH.
19 Die priester moet haar berei vir die
oortredings[bydrae] en vir hom wat gesuiwer word, versoening doen weens sy
onsuiwerheid; en daarna moet hy die brandoffer laat doodbloei.
20 En die priester moet die brandoffer en die
spysbydrae op die altaar opdra. So moet die priester dan vir hom versoening
doen, en hy sal suiwer wees.
21 Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie,
moet hy een lam as skuld[bydrae] neem om haar te swaai, om vir hom versoening
te doen; daarby een-tiende [van ’n efa] fynmeel met olie gemeng as spysbydrae,
en ’n log olie;
22 ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe - wat
hy kan bekostig en die een sal wees as oortredings[bydrae] en die ander vir die
brandoffer.
23 Hy moet hulle dan op die agtste dag ná sy
suiwering na die priester bring by die ingang van die Tent van Samekoms voor
die Aangesig van JaHWeH.
24 En die priester moet die lam vir die
skuld[bydrae] en ‘n log olie neem; en die priester moet haar swaaiende voor die
Aangesig van JaHWeH wuif.
25 Dan moet hy die lam van die skuld[bydrae]
bloei, en die priester moet van die bloed van die skuld neem en dit stryk aan
die regteroorlel van hom wat gesuiwer word, en aan die duim van sy regterhand
en aan die groottoon van sy regtervoet.
26 Ook moet die priester van die olie in die
priester se linker handpalm giet.
27 Dan moet die priester met sy regtervinger van
die olie wat in sy linker handpalm is, sewe maal spat voor die Aangesig van
JaHWeH.
28 En die priester moet van die olie wat in sy
handpalm is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gesuiwer word, en aan die
duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-oor die bloed
vir die skuld smeer.
29 Wat dan oor is van die olie wat in die priester
se handpalm is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gesuiwer word, om
versoening vir hom te doen voor die Aangesig van JaHWeH.
30 Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of
van die jong duiwe wat hy kan bekostig -
31 die een vir die oortreding en die ander vir die
brandoffer, saam met die spysbydrae. So moet die priester dan vir hom wat
gesuiwer word, versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH.
32 Dit is die Wet vir hom op wie die plaag van
melaatsheid was, wat by sy suiwering nie vermoënd is nie.
33 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
34 As julle in die Aarde van Kanaän inkom wat Ek
julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in ’n huis van die
Aarde van julle besitting laat kom,
35 moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan
die priester te kenne gee en sê: Dit lyk my of daar ’n plaag in die huis is.
36 En die priester moet bevel gee dat hulle die
huis ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die
huis is, nie besmet word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te
bekyk.
37 As hy die plaag bekyk en sien dat die plaag aan
die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper
lyk as die muur,
38 dan moet die priester uit die huis uitgaan na
die deur van die huis en die huis sewe dae lank toesluit.
39 Op die sewende dag moet die priester dan
terugkom; sien hy dan dat die plaag hom uitgebrei het aan die mure van die
huis,
40 dan moet die priester bevel gee dat hulle die
klippe uitbreek waaraan die plaag is, en haar buitekant die stad op die
besoedelde plek gooi.
41 En die huis moet hulle binnekant rondom afkrap
en die klei wat hulle afgekrap het, buitekant die stad op ’n besoedelde plek
weggooi.
42 Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek
van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.
43 Maar as die plaag weer in die huis uitbreek
nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en hy gepleister is,
44 moet die priester kom; en as hy sien dat die
plaag in die huis versprei het, dan is dit ’n kwaadaardige melaatsheid in die
huis; hy is besmet.
45 Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe
en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op
’n besoedelde plek uitbring.
46 En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle
hom toegesluit hou, sal tot die aand toe besoedel wees.
47 En hy wat in die huis slaap, moet sy klere was;
en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.
48 Maar as die priester kom en sien dat die plaag
nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die
priester die huis gesuiwer verklaar, want die aangetaste plek het gesond
geword.
49 Dan moet hy om die huis te suiwer van
besoedeling twee voëls neem en sederhout en skarlakendraad en hisop,
50 en die een voël in ’n erdepot oor vars water
bloei.
51 Dan moet hy die sederhout en die hisop en die
skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die
doodgebloeide voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal
bespat.
52 So moet hy dan die huis suiwer van besoedeling
met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en
die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.
53 Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die
stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening
doen, en hy sal gesuiwer wees.
54 Dit is die Wet oor elke plaag van
melaatsheid en oor skurfte
55 en oor melaatsheid van klere en huise
56 en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,
57 om te onderrig wanneer iets besmet en wanneer
iets suiwer is. Dit is die Wet oor die melaatsheid.
15 VERDER het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As enige man ’n vloeiing uit sy geslagsdeel het, dan is die vog
besoedel.
3 En dit sal sy besoedeling deur die vloeiing
wees: As sy geslagsdeel die vog laat loop of sy geslagsdeel verstop raak van
die vog - dit is ’n besmetting in hom.
4 Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal
besoedel wees; en alles waar hy op sit, sal besoedel wees.
5 En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was
en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel;
6 en die een wat gaan sit op die voorwerp waarop
hy gesit het wat die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly
tot die aand toe besoedel;
7 en die een wat aan die liggaam raak van hom wat
die vloeiing het, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe
besoedel.
8 En as hy wat die vloeiing het, op ’n gesuiwerde
spuug, moet dié een sy klere was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe
besoedel.
9 En elke saal waar hy op ry wat die vloeiing het,
sal besoedel wees.
10 En elkeen wat aan iets raak wat onder hom is,
sal besoedel wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was
en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel.
11 En elkeen aan wie hy raak wat die vloeiing het,
sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere
was en ’n bad neem, en hy bly tot die aand toe besoedel.
12 Ook die erdegoed waar hy wat die vloeiing het,
aan raak, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in
die water afgespoel word.
13 En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing
gesuiwer word, moet hy sewe dae tel ná sy suiwering en sy klere was en sy
liggaam in vars water bad; dan sal hy gesuiwer wees.
14 En op die agtste dag moet hy vir hom twee
tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die Aangesig van JaHWeH kom, by die
ingang van die Tent van Samekoms, en dié aan die priester gee;
15 en die priester moet hulle berei, die een vir
die oortreding en die ander vir die brandoffer; so moet die priester dan vir
hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH.
16 En as daar van ’n man ’n saadvloeiïng uitgaan,
moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe besoedel
wees.
17 Ook elke kledingstuk en elke vel waar die
saadvloeiïng op kom, moet in die water gewas word en dit bly tot die aand toe
vuil.
18 En wat die vrou aangaan met wie ’n man
saad[vloeiing] gedurende vleeslike gemeenskap het - altwee moet ’n bad neem en
sal tot die aand toe besoedel wees.
19 En as ’n vrou ’n vloeiing het, [en] die
vloeiing in haar vlees bloed is, dan bly sy sewe dae lank in haar besoedeling;
en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe besoedel wees.
20 En alles waar sy gedurende haar aantasting op
lê, sal besoedel wees; en alles waar sy op sit, sal besoedel wees.
21 En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere
was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel.
22 En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy
op sit, moet sy klere was en ’n bad neem en hy bly tot die aand toe besoedel;
23 en as daar iets op die bed is of op die
voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe besoedel
wees.
24 En as ’n man met haar gemeenskap het, sodat
haar aantasting op hom kom, sal hy sewe dae lank besoedel wees; en elke bed
waar hy op lê, sal besoedel wees.
25 En as ’n vrou lank ’n vloeiing van haar bloed
het, buiten die tyd van haar menstruasie, of as sy vloei oor haar aantasting,
moet sy gedurende al die dae van haar besoedelde vloeiing wees soos in die dae
van haar menstruasie; sy is aangetas.
26 Elke bed waar sy gedurende al die dae van haar
vloeiing op lê, sal vir haar soos die bed van haar menstruasie wees; en alles
waar sy op sit, sal net so besoedel wees soos iets wat deur haar menstruasie
besoedel is.
27 En elkeen wat aan hierdie dinge raak, sal
besoedel wees: dié een moet sy klere was en ’n bad neem en bly tot die aand toe
besoedel.
28 Maar as sy van haar vloeiing herstel het, moet
sy sewe dae tel, en daarna sal sy gesuiwer wees.
29 En op die agtste dag moet sy vir haar twee
tortelduiwe of twee jong duiwe neem en dié by die ingang van die Tent van
Samekoms na die priester bring.
30 Dan moet die priester die een vir die
oortreding en die ander vir die brandoffer berei; en die priester moet vanweë
haar besoedelde vloeiing oor haar versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH.
31 So moet julle dan die besoedeling van die
kinders van JisraEl afskei, dat hulle nie deur hulle besoedeling sterwe nie -
deurdat hulle nie My Tabernakel wat in hulle midde is, besoedel nie.
32 Dit is die Wet vir hom wat ’n vloeiing het en
vir hom van wie ’n saadvloeiïng uitgaan, sodat hy daardeur besoedel word;
33 en vir die vrou wat deur haar menstruasie
ongesteld is, en vir die een wat aan ’n vloeiing ly, man of vrou, en vir ’n man
wat met ’n aangetaste vrou gemeenskap het.
16 EN JaHWeH het met Moshè gespreek ná die dood van
die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die Aangesig van
JaHWeH nader gekom het;
2 en JaHWeH het aan Moshè gesê: Spreek met jou
broer Aäron dat hy nie in enige tyd na die Apartheid moet gaan nie, binnekant
die voorhangsel, voor die Versoendeksel wat op die Ark is, sodat hy nie sterwe
nie; want Ek verskyn in die Wolkkolom op die Versoendeksel.
3 Hiermee moet Aäron na die Apartheid ingaan: met
’n jong bul vir die oortreding en ’n ram vir die brandoffer.
4 Hy moet ’n linnekleed van Apartheid aantrek en
’n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ’n linnegordel moet hy hom gord en
’n linnetulband moet op sy hoof wees. Klere van Apartheid is hulle; en hy moet
sy vlees in water was en dit aantrek.
5 En van die vergadering van die kinders van
JisraEl moet hy twee bokramme vir die oortreding en een ram vir die brandoffer
neem.
6 Dan moet Aäron die bul vir die oortreding
naderbring wat vir homself en sy huis versoening doen.
7 Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor
die Aangesig van JaHWeH bring by die ingang van die Tent van Samekoms.
8 En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp,
een lot vir JaHWeH en een lot vir Azázel.
9 Dan moet Aäron die bok naderbring waar die lot
vir JaHWeH op gekom het en hom vir die oortreding berei; [MattithJaHûW 27:16-26]
10 maar die bok waar die lot vir Azázel op gekom
het, moet lewendig voor die Aangesig van JaHWeH gestel word, om oor hom
versoening te bewerk deur hom vir Azázel na die wildernis te stuur. [1 Konings 2:34]
11 Aäron moet dan die bul vir die oortreding wat
vir hom bedoel is, naderbring en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet
die bul vir die oortreding doodbloei wat vir hom bedoel is,
12 en die vuurtange vol gloeiende kole van die
altaar voor die Aangesig van JaHWeH wegneem; daarby sy hande vol fyngestampte
reukwerk van speserye en haar binnekant die voorhangsel bring.
13 En hy moet die reukwerk op die vuur voor die Aangesig
van JaHWeH lê, dat die rook van die reukwerk die Versoendeksel wat op die
Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.
14 En hy moet van die bloed van die bul neem en
dit met sy vinger op die Versoendeksel aan die oostekant spat; en voor die
Versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed spat.
15 Dan moet hy die bok wat vir die volk bedoel is,
doodbloei vir die oortreding en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met
sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit spat op
die Versoendeksel en voor die Versoendeksel.
16 So moet hy dan oor die Apartheid versoening
doen vanweë die besoedeling van die kinders van JisraEl en vanweë hulle
opstandigheid, wat hulle oortredinge ook al mag wees; so moet hy dit ook doen
vir die Tent van Samekoms wat by hulle te midde van hulle besoedeling vertoef.
17 En geen adamiet mag in die Tent van Samekoms
wees as hy ingaan om in die Apartheid versoening te doen totdat hy uitkom nie
en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van
JisraEl.
18 Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die
Aangesig van JaHWeH is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van
die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die
altaar stryk
19 en met sy vinger van die bloed sewe maal op hom
spat. So moet hy hom dan suiwer en apart stel van die onsuiwerhede van die
kinders van JisraEl.
20 En as hy die versoening van die Apartheid en
die Tent van Samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok
naderbring;
21 en Aäron moet sy twee hande op die kop van die
lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtigheid van die
kinders van JisraEl en al hulle oortredinge, wat hulle oortreding ook al mag
wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man wat gereed
staan, na die wildernis toe stuur.
22 So moet die bok dan op hom al hulle oortredinge
na ’n onbewoonde Aarde wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.
23 Dan moet Aäron in die Tent van Samekoms ingaan
en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die Apartheid ingegaan
het, en dit daar neerlê.
24 En hy moet sy liggaam op ’n apartgestelde plek
in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en
die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te
doen.
25 Ook moet hy die vet vir die oortreding op die
altaar aan die brand steek.
26 En hy wat die bok vir Azázel weggedrywe het,
moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer
kom. [MattithJaHûW
3:13-17]
27 Maar die bul vir die oortreding en die bok vir
die oortreding waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die
Apartheid, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis
en hulle mis moet met vuur verbrand word.
28 En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy
liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
29 En sy moet vir julle ’n ewige Insetting wees:
in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul siel
verootmoedig en géén werk doen nie - die kind van die Aarde sowel as die
besoeker wat onder julle vertoef.
30 Want op hierdie dag moet hy vir julle
versoening doen om julle te suiwer; van al julle oortredinge moet julle voor
die Aangesig van JaHWeH gesuiwer word.
31 ’n Sabbat van Sabbats-onderhouding moet sy vir
julle wees, en julle moet jul siel verootmoedig. Sy is ’n ewige Insetting.
32 En die priester wat gesalf en aangestel sal
word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening
doen; en hy moet die linneklere, die klere van die Apartheid, aantrek
33 en versoening doen vir die Apartheidsplek van
die Apartheid; ook moet hy vir die Tent van Samekoms en die altaar versoening
doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy
versoening doen.
34 En dit moet vir julle ’n ewige Insetting wees
om vir die kinders van JisraEl weens al hulle oortredinge een maal in die jaar
versoening te doen. En hy het gedoen soos JaHWeH Moshè beveel het.
17 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die
kinders van JisraEl en sê vir hulle: Dit is die saak wat JaHWeH beveel het:
3 Elkeen uit die huis van JisraEl wat ’n bees of
’n lam of ’n bok in die laer laat doodbloei of hom buitekant die laer laat
bloei,
4 moet hom nie bring by die ingang van die Tent
van Samekoms om hom nader te bring as ‘n bydrae aan JaHWeH voor die aangesig
van die Tabernakel van JaHWeH nie - as bloedskuld moet dit dié man aangereken
word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk
uit;
5 sodat die kinders van JisraEl hulle slagdiere
wat hulle gewoon was om op die oop veld te slag, aan JaHWeH by die ingang van
die Tent van Samekoms na die priester kan bring en hom as slagdier kan slag as
vergoeding aan JaHWeH.
6 Dan moet die priester die bloed op die altaar
van JaHWeH by die ingang van die Tent van Samekoms sprinkel en die vet aan die
brand steek as aangename geur vir JaHWeH.
7 En hulle mag nie meer hulle slagdier slag aan
die bok-demone agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ’n ewige
Insetting wees vir hulle geslagte.
8 En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van
JisraEl en uit die besoekers wat onder hulle vertoef, wat ’n brandoffer of ’n
slagdier bring,
9 en hom nie by die ingang van die Tent van
Samekoms bring om hom vir JaHWeH te berei nie - dié man moet uit sy volksgenote
uitgeroei word.
10 EN elkeen uit die huis van JisraEl en uit die
besoekers wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet - teen die een
wat die bloed eet, sal Ek My Aangesig rig teen die siel en haar uitroei vanuit
haar volk.
11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en
Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen;
want die bloed bewerk versoening deur die siel.
12 Daarom het Ek aan die kinders van JisraEl gesê:
Geen siel van julle mag enige bloed eet nie; ook die besoeker wat onder julle
vertoef, mag geen bloed eet nie.
13 En elkeen uit die kinders van JisraEl en uit
die besoekers wat onder hulle vertoef, wat ’n stuk wild of ’n voël vang wat
geëet mag word - hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond
toemaak;
14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy
bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van JisraEl gesê:
Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees
is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
15 En elke siel wat ’n karkas eet of iets wat
verskeur is, ’n kind van die Aarde sowel as ’n besoeker, moet sy klere was en
’n bad neem, en hy bly tot die aand toe besoedel. Dan sal hy gesuiwer wees.
16 Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie
bad nie, moet hy sy skuld van ongeregtigheid dra.
18 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: Ek - JaHWeH julle Elohey.
3 Volgens die werke van die Aarde van Egipte waar
julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die Aarde
van Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in
hulle insettinge nie wandel nie.
4 My Regsprake moet julle doen en My Insettinge
hou om daarin te wandel. Ek - JaHWeH julle Elohey.
5 Hou dan My Insettinge en My Regsprake wat die
adamiet moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek - JaHWeH.
6 Geen man van julle mag sy naaste bloedverwant
nader om die geslagsdeel te ontbloot nie. Ek - JaHWeH.
7 Jy mag die geslagsdele van jou vader en die
geslagsdele van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder - jy mag haar
geslagsdele nie ontbloot nie.
8 Jy mag die geslagsdele van die vrou van jou
vader nie ontbloot nie; dit is die geslagsdele van jou vader. [Génesis 9:23; JeségiEl
22:10; 23:18]
9 Die geslagsdele van jou suster, die dogter van
jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore - haar
geslagsdele mag jy nie ontbloot nie.
10 Die geslagsdele van jou seun se dogter of van
jou dogter se dogter - hulle geslagsdele mag jy nie ontbloot nie; want hulle is
jou eie geslagsdele.
11 Die geslagsdele van die dogter van jou vader se
vrou, wat deur jou vader verwek is - sy is jou suster, haar geslagsdele mag jy
nie ontbloot nie.
12 Jy mag die geslagsdele van jou vader se suster
nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.
13 Jy mag die geslagsdele van jou moeder se suster
nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.
14 Jy mag die geslagsdele van jou vader se broer
nie ontbloot nie: jy mag nie sy vrou nader nie; sy is jou tante.
15 Jy mag die geslagsdele van jou skoondogter nie
ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar geslagsdele nie ontbloot nie.
16 Jy mag die geslagsdele van jou broer se vrou
nie ontbloot nie; dit is die geslagsdele van jou broer.
17 Jy mag die geslagsdele van ’n vrou en haar
dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy
nie neem om haar geslagsdele te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante.
Bloedvermenging [is] dit.
18 Jy mag ook geen vrou teen haar suster as
mededingster byneem om haar naaktheid te ontbloot langs die ander in haar lewe.
19 Ook mag jy nie ’n vrou nader terwyl sy onsuiwer
is deur haar menstruasie, om haar geslagsdele te ontbloot nie.
20 En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou
naaste se vrou hê om jou met haar te besoedel nie.
21 En van jou saad mag jy nie laat wegvloei om
deel te hê aan Molog nie, dat jy die Naam van jou Elohey nie besoedel nie. Ek -
JaHWeH.
22 Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap
hê soos [iemand] met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel.
23 En jy mag met géén wilde wese vleeslike
gemeenskap hê om jou daardeur te besmet nie. ’n Vrou mag ook nie voor die
aangesig van ’n wilde wese gaan staan om met hom gemeenskap te hê nie. Dit is
’n gruwelike vermenging. [Levítikus 20:16]
24 Besoedel julle nie deur al hierdie dinge nie,
want deur al hierdie dinge is die nasies besmet wat Ek voor julle uit verdryf.
25 So het die Aarde dan besmet geword; en Ek straf
haar oor haar Ongeregtigheid, sodat die Aarde haar inwoners uitspuug.
26 Maar julle moet My Insettinge en My Regsprake
onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie - die kind van die Aarde of
die besoeker wat onder julle vertoef.
27 Want die mense van die Aarde, wat voor julle
gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die Aarde het besmet geword.
28 Laat die Aarde julle dan nie uitspuug as julle
haar besoedel nie, soos sy die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.
29 Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen
- die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.
30 Daarom moet julle My Ordening onderhou om niks
te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle
jul nie daardeur besmet nie. Ek - JaHWeH julle Elohey.
19 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die hele vergadering van die kinders
van JisraEl en sê vir hulle: Apartes moet julle wees, want Ek - JaHWeH julle
Elohey, is apart.
3 Elkeen moet sy moeder en sy vader eer, en My
Sabbatte hou. Ek - JaHWeH julle Elohey.
4 Begeef julle nie tot drek en maak vir julle geen
gegote gode nie. Ek - JaHWeH julle Elohey.
5 En as julle ’n slagdier vir vergoeding aan
JaHWeH slag, moet julle hom slag met Vreugde.
6 Op die dag as julle hom slag en die dag daarna,
moet hy geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur
verbrand word.
7 En as hy tog op die derde dag geëet word, sal hy
’n besoedelde ding wees; hy sal nie met welgevalle aangeneem word nie.
8 En hy wat hom eet, moet sy straf dra, want hy
het die Apartheid van JaHWeH, besoedel. en dié siel sal haar afsny uit haar
volksgenote.
9 En as julle die oes van julle land afoes, moet
jy die kant van jou Aarde nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel
nie.
10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en
die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die
besoeker moet jy dit laat oorbly. Ek - JaHWeH julle Elohey.
11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg
nie, en niemand mag sy vennoot bedrieg nie.
12 En julle mag nie vals sweer by My Naam en so
die Naam van jou Elohey besoedel nie. Ek - JaHWeH.
13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie.
Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.
14 Jy mag ’n dowe nie vloek nie, en voor die
blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou Elohey vrees. Ek - JaHWeH.
15 Julle mag geen onreg doen in die Reg nie. Jy
mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie.
Met Geregtigheid moet jy oor jou volksgenoot oordeel.
16 Jy mag nie as ’n skinderbek onder jou
volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie.
Ek - JaHWeH.
17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy
moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen oortreding op jou
laai nie.
18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor
die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Ek - JaHWeH.
19 Julle moet My Insettinge hou. Twee soorte van
jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou land moet jy nie met twee soorte saad
besaai nie. En ’n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou
kom nie.
20 En as ’n man vleeslike gemeenskap het met ’n
vrou wat ’n slavin is, vir ’n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop
of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag
nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.
21 En hy moet vir sy skuld aan JaHWeH bring by die
ingang van die Tent van Samekoms - ’n ram vir die skuld;
22 en die priester moet met die ram vir skuld vir
hom versoening doen voor die Aangesig van JaHWeH weens die oortreding wat hy gedoen
het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy oortreding wat hy gedoen het.
23 En as julle in die Aarde inkom en allerhande
vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as voorhuide beskou; drie jaar lank
moet dit vir julle onbesnede wees; daar mag nie van geëet word nie.
24 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte ’n
Apartheid wees, Feesgawes aan JaHWeH wees;
25 en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet
om vir julle die oes meer te maak. Ek - JaHWeH julle Elohey.
26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle
mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.
27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond
wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.
28 En julle mag aan [die] siel geen insnyding maak
in julle vlees nie en geen ingeprikte tekening/tatoeërmerk in julle vel maak
nie. Ek - JaHWeH.
29 Besoedel jou dogter nie deur haar vir hoerery
aan te hou nie, sodat die Aarde nie hoereer en die Aarde vol bloedvermenging
word nie.
30 Julle moet My Sabbatte hou en My Apartheidsplek
eerbiedig. Ek - JaHWeH.
31 Begeef julle nie tot die geeste van
afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle
te besoedel nie. Ek - JaHWeH julle Elohey.
32 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die
persoon van ’n grysaard eer; en jy moet jou Elohey vrees. Ek - JaHWeH.
33 En as ’n besoeker by jou op jou Aarde vertoef,
mag julle hom nie verdruk nie.
34 Die besoeker wat by julle vertoef, moet vir
julle wees soos ’n kind van die Aarde wat onder julle is. En jy moet hom liefhê
soos jouself, want julle was besoekers in die Aarde van Egipte. Ek - JaHWeH
julle Elohey.
35 Julle mag geen onreg doen in die Reg, in
lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.
36 Julle moet ’n regte weegskaal hê, regte
weegstene, ’n regte efa en ’n regte hin. Ek - JaHWeH julle Elohey wat julle uit
die Aarde van Egipte uitgelei het.
37 Daarom moet julle al My Insettinge en al My
Regsprake onderhou en hulle doen. Ek - JaHWeH.
20 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
2 Jy moet ook aan die kinders van JisraEl sê:
Elkeen uit die kinders van JisraEl of uit die besoekers wat in JisraEl vertoef,
wat enige van sy saad aan Molog gee, moet sekerlik gedood word. Die volk van
die Aarde moet hom stenig.
3 En Ek sal My Aangesig teen dié man rig en sal
hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy saad aan Molog gegee om My
Apartheidsplek te besoedel asook die Naam van My Apartheid het hy besoedel.
4 En as die volk van die Aarde hulle oë maar
enigsins toemaak vir dié man as hy van sy saad aan Molog gee, sodat hulle hom
nie doodmaak nie,
5 dan sal Ek My Aangesig rig teen dié man en sy
familie, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Molog aan te
hoereer, uitroei onder hulle volk uit.
6 En as die siel keer na die geeste van
afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek My
Aangesig teen dié siel rig en haar uitroei onder sy volk uit.
7 Stel julself dan apart en wees apartes, Ek -
JaHWeH julle Elohey.
8 En onderhou My Insettinge en doen haar. Ek [is]
JaHWeH wat julle apart hou.
9 Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet
sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op
hom.
10 En as iemand vermeng met ’n man se vrou,
vermeng met sy naaste se vrou, moet die manspersoon sowel as die vrou wat
vermeng, het, sekerlik gedood word.[Brief van Jakobus 4:4]
11 En as ’n man met sy vader se vrou gemeenskap
het, het hy die geslagsdele van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik
gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. [Génesis 9:23]
12 En as ’n man met sy skoondogter gemeenskap het,
moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ’n gruwelike vermenging
bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.
13 En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het
soos ’n man met ’n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet
sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
14 En as ’n man ’n vrou en haar moeder neem, is
dit bloedvermenging hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand: daar mag geen
bloedvermenging onder julle wees nie.
15 En as ’n man vleeslike gemeenskap het met ’n
wilde wese, moet hy sekerlik gedood word, en die wilde wese moet julle
vrekslaan.
16 En as ’n vrou enige wilde wese nader om daarmee
vleeslike gemeenskap te hê, moet jy die vrou en die wilde wese vrekslaan. Hulle
moet sekerlik vrekgemaak word. Hulle bloedskuld is op hulle. [Levítikus 18:23]
17 En as ’n man sy suster neem, sy vader se dogter
of sy moeder se dogter, en hy haar geslagsdele sien en sy sy geslagsdele sien,
is dit ’n skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van hulle volk
uitgeroei word. Hy het die geslagsdele van sy suster ontbloot; hy moet sy straf
dra.
18 En as ’n man met ’n vrou gemeenskap het wat
menstrueer, en haar geslagsdele ontbloot - hy het haar bloedvloeiïg ontbloot en
die Fontein van haar bloed - dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle
volk uit.
19 Ook mag jy die geslagsdele van jou moeder se
suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy
bloedverwante ontbloot; hulle moet hul straf dra.
20 En as ’n man met sy tante gemeenskap het, het
hy die geslagsdele van sy oom ontbloot. Hulle moet hul straf dra; sonder
kinders sal hulle sterwe.
21 En as ’n man sy broer se vrou neem, is dit
bloedskande. Hy het die geslagsdele van sy broer ontbloot; sonder kinders sal
hulle wees.
22 Onderhou dan al My Insettinge en al My
Regsprake en doen haar, dat die Aarde waarheen Ek julle bring om in haar te
woon, julle nie uitspuug nie.
23 En julle mag nie wandel in die insettinge van
die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle
gedoen; daarom het Ek ’n afsku van hulle gekry.
24 En Ek het vir julle gesê: Julle sal hulle
Adamah[adamiet se Aarde] in besit neem, en Ék sal haar aan julle as besitting
gee, ’n Aarde wat oorloop van melk en heuning. Ek - JaHWeH julle Elohey het
julle van die volke afgesonder.
25 Daarom moet julle ’n onderskeid maak tussen die
suiwer en besoedelde diere, en tussen die besoedelde en suiwer voëls; en maak
julle siel nie ’n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die
Adamah[adamiet se Aarde] roer nie - wat Ek vir julle uitgesonder het deur dit
besoedel te verklaar.
26 En julle moet vir My apartes wees, want Ek -
JaHWeH, is apart; en Ek het julle van die volke afgeskei om Myne te wees.
27 As daar ’n man of vrou ’n medium vir geeste is,
of ’n fortuinverteller, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig
word. Hulle bloedskuld is op hulle.
21 EN JaHWeH het vir Moshè gesê: Spreek met die
priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Met ’n siel moet [hy] hom nie
besoedel onder sy volksgenote nie;
2 behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan
sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;
3 en aan sy suster wat ‘n maagd is, sy
nabestaande, wat nie aan ’n man toebehoort het nie - aan haar mag hy hom
besoedel.
4 Hy mag hom as getroude man nie besoedel onder sy
volksgenote om hom te onteer nie.
5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die
rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.
6 Laat hulle apartes aan hulle Elohey wees en die
Naam van hulle Elohey nie besoedel nie; want hulle brand die vure van JaHWeH,
en die brood van hulle Elohey bring hulle nader, sodat hulle apart gestel wees.
7 Hulle mag geen vrou neem wat ’n hoer of ’n
onteerde is nie; en ’n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem
nie; want hy is apart gestel aan sy Elohey.
8 Daarom moet jy hom apart hou, omdat hy die brood
van jou Elohey naderbring. Hy moet vir jou apart gestel wees, want Ek - JaHWeH,
hou julle apart.
9 En as die dogter van ’n priester haar besoedel
om te hoereer, besoedel sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.
10 En die priester wat die hoogste onder sy broers
is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om
die klere aan te trek - hy mag sy hoof nie ontbloot nie en geen skeure in sy
klere maak nie.
11 En hy mag by geen siel van ‘n dooie kom nie,
[selfs] aan sy vader en moeder hom nie besoedel nie;
12 en hy mag uit die Apartheidsplek nie uitgaan
nie, sodat hy die Apartheidsplek van sy Elohey nie besoedel nie, want die
Separatisme van die Salwingsolie van sy Elohey is op hom. Ek - JaHWeH.
13 En hy moet ’n vrou in haar maagdelike staat
neem.
14 ’n Weduwee of een wat verstoot is of ’n
besoedelde, [of] ’n hoer - hulle moet hy nie neem nie; maar ’n maagd uit sy
volksgenote moet hy as vrou neem,
15 dat hy nie sy saad onder sy volksgenote vermeng
nie; want Ek - JaHWeH hou hom apart.
16 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
17 Spreek met Aäron en sê: Laat ‘n man uit jou
saad, in al julle geslagte, aan hom [wie] ’n gebrek is, hy mag nie nader kom om
die brood van sy Elohey nader te bring nie.
18 Want elke man wat ‘n gebrek aan hom het, mag
nie nader kom nie: ’n blinde man of ’n lamme of een wat ‘n plat neus het of
iemand by wie ’n liggaamsdeel te lank is,
19 of iemand wat ’n gebreekte voet of ’n
gebreekte arm het,
20 of wat ’n boggel het of uitgeteer is of ’n vlek
in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of aan sy testikels gekastreer is.
21 Elke man wat ‘n gebrek aan hom het uit die saad
van Aäron, die priester, mag nie nader kom om die vure van JaHWeH te brand nie.
’n Gebrek is aan hom; hy mag nie kom om die brood van sy Elohey nader te bring
nie.
22 [Wat] die brood van sy Elohey [aangaan], van
die apartgesteldes van die Aparthede en uit die Aparthede [moet] hy eet;
23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na
die altaar nie nader kom nie, omdat ’n gebrek aan hom is, dat hy My
Apartheidsplekke nie besoedel nie; want Ek - JaHWeH stel hulle apart.
24 En Moshè het dit aan Aäron en sy seuns gesê en
aan al die kinders van JisraEl.
22 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle hulself
moet afskei van die apartgesteldes, van die kinders van JisraEl, wat hulle aan
My toewy - sodat hulle [die] Naam van My Apartheid nie besoedel nie. Ek -
JaHWeH.
3 Sê vir hulle: Enigeen in julle saad wat uit al
julle geslagte na die Aparthede, nader kom wat die kinders van JisraEl aan
JaHWeH toewy, terwyl sy besmetting op hom is; dié siel sal haar afsny van My
Aangesig af weg. Ek - JaHWeH.
4 Niemand uit die saad van Aäron wat melaats is of
’n vloeiing het, mag in die Aparthede eet voordat hy nie gesuiwer is nie. En hy
wat aan iemand raak wat deur ’n siel besmet is, of ‘n man van wie saad in
gemeenskap uitgegaan het,
5 of ‘n man wat aan enige kruipende ongedierte
raak, waardeur hy besoedel word, of aan ’n adamiet, deur wie hy besoedel word
ten gevolge van watter besoedeling ook al -
6 ‘n siel wat aan so iets raak, sal tot die aand
toe besoedel wees, en hy mag van die Aparthede nie eet nie tensy dat hy sy
liggaam in die water gebad het.
7 Maar as die son onder is, sal hy gesuiwer wees;
en daarna kan hy van die aparthede eet, want dit is sy voedsel.
8 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet,
sodat hy daardeur nie besoedel word nie. Ek - JaHWeH.
9 Hulle moet dan My Verordeninge onderhou, dat
hulle geen oortreding op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle haar
besoedel het. Ek - JaHWeH stel hulle apart.
10 Ook mag geen verbasterde eet [wat] van
Apartheid is nie. ’n Bywoner by ’n priester en ’n dagloner mag nie eet [wat]
van Apartheid is nie.
11 Maar as ’n priester ‘n siel met sy silwer koop,
mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; hulle mag van sy voedsel
eet.
12 Maar as die dogter van ’n priester aan ’n
verbasterde man behoort, mag sy van die bydraes van die Aparthede nie eet nie.
13 Maar as die dogter van ’n priester ‘n weduwee
is of verstoot word en sy kinderloos in die huis van haar vader terugkom soos
in haar jeug, dan mag sy van die brood van haar vader eet; maar geen
verbasterde mag van hom eet nie.
14 En as iemand by vergissing iets eet wat van
Apartheid is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en so gee aan die priester
wat van die Apartheid is.
15 So moet hulle dan die apartheids [-gawes], wat
die kinders van JisraEl aan JaHWeH afgee, nie besoedel nie,
16 en op hulle geen straf vir oortreding laai
deurdat hulle van die apartgesteldes sou eet nie; want Ek - JaHWeH stel dit
apart.
17 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
18 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die
kinders van JisraEl en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van JisraEl of uit
die besoekers in JisraEl wat sy bydrae naderbring - al hulle Geloftes en al
hulle vrywillige bydraes wat hulle aan JaHWeH as brandoffer naderbring -
19 so dat julle Vreugde kan vind: ’n manlike dier
wat raseg is, van die beeste, die lammers of die bokke.
20 Julle mag nie iets naderbring wat ‘n gebrek aan
hom het nie, want dit sal julle nie vreugde verskaf nie.
21 En as iemand ’n slagdier van vergoedinge aan
JaHWeH naderbring om ’n buitengewone Gelofte te doen of as vrywillige skenking,
van die beeste of die kleinvee, dan moet dit raseg wees, sodat dit welgevallig
kan wees; geen gebrek mag daaraan wees nie.
22 Wat blind is of wat gebreekte of verminkte
liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag - dit moet julle aan JaHWeH nie
naderbring nie, en daarvan mag julle vir JaHWeH geen vuurbereiding op die
altaar lê nie.
23 Maar ’n bees of stuk kleinvee waarvan ’n
liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige skenking berei; maar
vir ‘n Gelofte sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.
24 ’n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur
uitskeur of uitsny, mag julle aan JaHWeH nie naderbring nie: in julle Aarde mag
julle dit nie doen nie,
25 en uit die hand van ’n volksvreemde mag julle
geen brood naderbring aan julle Elohey nie van enige van hierdie [nie], want
hulle korrupsie kleef aan hulle, gebreke is in hulle: hulle sal vir julle nie
met welgevalle aangeneem word nie.
26 Verder het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
27 As ’n bees of ’n lam of ’n bok aankom, moet dit
sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit
met welgevalle vir ‘n bydrae aangeneem word, deur vuur berei aan JaHWeH.
28 ’n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam
met sy kleintjie op een dag doodbloei nie.
29 En as julle ’n slagdier slag as ‘n danksegging
tot JaHWeH, slag dit tot julle vreugde.
30 Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle
moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek - JaHWeH.
31 Hou dan My Gebooie en doen haar. Ek - JaHWeH.
32 En besoedel die Naam van My Apartheid nie,
sodat Ek bekend gemaak kan word onder die kinders van JisraEl. Ek - JaHWeH hou
julle apart,
33 en het julle uit die Aarde van Egipte uitgelei
om vir julle ’n Elohim te wees. Ek - JaHWeH.
23 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: Die Feestye van JaHWeH wat julle moet uitroep as samekomste in Apartheid
- dit is My Feestye.
3 Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die
sewende dag is dit ’n Sabbat van Sabbatsonderhouding, ’n samekoms van
Apartheid; géén werk mag julle doen nie - dit is ’n Sabbat van JaHWeH in al
julle woonplekke.
4 Dit is die Feestye van JaHWeH, samekomste van
Apartheid wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd.
5 In die eerste maand, op die veertiende van die
maand, teen die aand, is die Pasga van JaHWeH;
6 en op die vyftiende dag van hierdie maand is die
Fees van die Ongesuurde Brode van JaHWeH; sewe dae lank moet julle ongesuurde
brode eet.
7 Op die eerste dag moet daar vir julle ’n
samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
8 Maar julle moet nader kom om sewe dae lank aan
JaHWeH ’n bereiding deur vuur te bring. Op die sewende dag moet daar ’n
samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
9 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
10 Spreek met die kinders van JisraEl en sê aan
hulle: As julle in die Aarde kom wat Ek julle gee en haar oes afoes, moet julle
die Eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.
11 En hy moet die Gerf voor die Aangesig van
JaHWeH wuif, sodat Hy vir julle ‘n Vreugde kan wees; die dag ná die Sabbat moet
die priester Hom wuif.
12 Julle moet ook op die dag as julle die Gerf
wuif, ’n jaaroud-lam wat raseg is as brandoffer aan JaHWeH berei,
13 en die spysbydrae wat by hom behoort,
twee-tiendes [van ’n efa] fynmeel met olie gemeng deur vuur berei aan JaHWeH,
’n aangename geur, en by hom die drank van wyn, ’n kwart-hin.
14 En julle mag geen brood of gebraaide koring van
vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die bydrae van
julle Elohey bring. Dit is ’n ewige Insetting vir julle geslagte in al julle
woonplekke.
15 Dan moet julle tel van die dag ná die Sabbat,
van die dag af dat julle die gerf geswaai het - sewe volle weke moet dit wees;
16 tot die dag ná die sewende Sabbat moet julle
vyftig dae tel; dan moet julle ’n nuwe spysbydrae aan JaHWeH naderbring. [Deuteronómium 26]
17 Julle moet uit jul woonplekke twee geswaaide
brode bring; sy moet van twee-tiendes [van ’n efa] fynmeel wees; gesuurd moet
sy gebak word as eerstelinge aan JaHWeH.
18 Julle moet naderbring by die brood sewe
jaaroud-lammers wat raseg is, een jong bul en twee ramme. Sy moet ’n brandoffer
aan JaHWeH wees saam met hulle spysbydrae en hulle drank wat daarby behoort as
vuur van aangename geur aan JaHWeH.
19 En julle moet een bokram vir die oortreding
berei. Ook twee jaaroud-lammers as slagdiere van ver-goedinge
20 en die priester moet hulle saam met die brood
van eerstelinge swaaiende voor die Aangesig van JaHWeH wuif saam met die twee
lammers; Apartheid is hulle aan JaHWeH vir die priester.
21 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ’n
Samekoms van Apartheid moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen
nie. Dit is ’n ewige Insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
22 En as julle die oes van jul Aarde afoes, moet
jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie
versamel nie. Vir die arme en die besoeker moet jy dit laat oorbly. Ek - JaHWeH
julle Elohey.
23 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
24 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: In
die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ’n dag van
Sabbatsonderhouding wees, ’n herinnering deur [basuin]geklank, ’n Samekoms van
Apartheid.
25 Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle
moet aan JaHWeH ’n bereiding deur vuur naderbring.
26 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
27 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is
dit die dag van Versoening. ’n Samekoms van Apartheid moet dit vir julle wees;
dan moet julle jul siel verootmoedig en aan JaHWeH ’n bereiding deur vuur
naderbring.
28 En op daardie selfde dag mag julle géén werk
doen nie, want dit is ’n dag van Versoening om vir julle versoening te doen
voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey.
29 Want elke siel wat haar nie verootmoedig in
liggaam [op] die dag nie, dié siel sal haar afsny uit haar volksgenote.
30 En elke siel wat in liggaam enige werk doen
[op] hierdie dag, Ek sal dié siel vernietig vanuit haar volk uit.
31 Julle mag géén werk doen nie; dit is ’n ewige
Insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.
32 ’n Sabbat van Sabbatsonderhouding moet dit vir
julle wees, en julle moet jul siel verootmoedig. Op die negende van die maand
na sononder, van sononder tot sononder, moet julle op jul Sabbat sabbatteer.
33 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
34 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Op
die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die Fees van
die Takskuilings aan JaHWeH.
35 Op die eerste dag moet daar ’n samekoms van
Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
36 Sewe dae lank moet julle aan JaHWeH ’n
bereiding deur vuur naderbring. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n
samekoms van Apartheid wees, en julle moet aan JaHWeH ’n bereiding deur vuur
naderbring. Dit is ’n Feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
37 Dit is die Feestye van JaHWeH wat julle moet
uitroep as samekomste van Apartheid om aan JaHWeH ’n bereiding deur vuur nader
te bring: ’n brandoffer en spysbydrae, ’n slagdier en die dranke soos vir die
dag tot dag woorde aan julle; [1 Ezra 5:52]
38 behalwe die Sabbatte van JaHWeH en behalwe
julle gawes en behalwe al julle Geloftes en behalwe al julle vrywillige bydraes
wat julle aan JaHWeH gee.
39 Maar op die vyftiende dag van die sewende
maand, wanneer julle die produkte van die Aarde insamel, moet julle die Fees
van JaHWeH sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit ‘n Sabbatsonderhouding,
en op die agtste dag is dit Sabbatsonderhouding.
40 En op die eerste dag moet julle vir julle neem
die opbrengs van pragtige bome, met palms van palmtakke en takke van digte bome
en wilgers van die vlei, en sewe dae lank voor die Aangesig van JaHWeH julle
Elohey vrolik wees.
41 En julle moet dit as Fees van JaHWeH sewe dae
in die jaar vier. Dit is ’n ewige Insetting vir julle geslagte. In die sewende
maand moet julle dit vier.
42 Sewe dae lank moet julle in ‘n takskuiling
woon; almal wat in JisraEl gebore is, moet in ‘n takskuiling woon,
43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die
kinders van JisraEl in takskuilings laat woon het toe Ek hulle uit die Aarde
van Egipte uitgelei het. Ek - JaHWeH julle Elohey.
44 So het Moshè dan die Feestye van JaHWeH aan die
kinders van JisraEl bekend gemaak.
24 EN JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl dat hulle
vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar moet bring, om
voortdurend ’n brandende lamp te hê.
3 Aäron moet haar buitekant die voorhangsel van
die Getuienis, in die Tent van Samekoms, regmaak [om te brand] van die aand tot
die môre voor die Aangesig van JaHWeH, voortdurend. Dit is ’n ewige Insetting
vir julle geslagte.
4 Hy moet op die suiwer kandelaar die lampe
regmaak [om te brand] voor die Aangesig van JaHWeH, voortdurend.
5 Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan
bak, twee tiendes [van ’n efa] moet elke koek wees;
6 en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in
’n stapel, op die suiwer tafel voor die Aangesig van JaHWeH.
7 En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg,
wat vir die brood as herdenking moet dien, as bereiding deur vuur aan JaHWeH.
8 Op elke Sabbatdag moet hy dit voortdurend voor
die Aangesig van JaHWeH regsit, van die kant van die kinders van JisraEl as ’n
ewige Insetting.
9 En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle
moet dit in ’n aparte plek eet; want Apartheid van Aparthede is dit aan hom,
uit die vure van JaHWeH - ’n ewige Insetting.
10 EN die seun van ’n JisraElitiese vrou - maar hy
was die seun van ’n Egiptiese man - het uitgegaan tussen die kinders van
JisraEl in; en die seun van die JisraElitiese vrou en ’n JisraElitiese man het
met mekaar geveg in die laer.
11 Toe het die seun van die JisraElitiese vrou die
NAAM gelaster en gevloek. Daarom het hulle hom na Moshè gebring. En die naam
van sy moeder was Sélomit, die dogter van Dibri, van die stam van Dan.
12 En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat
hulle ’n beslissing kon verkry volgens bevel van JaHWeH.
13 En JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê:
14 Bring die vloeker buitekant die laer uit, en
almal wat hom gehoor het, moet hulle hande op sy hoof lê; dan moet die hele
vergadering hom stenig.
15 En met die kinders van JisraEl moet jy spreek en
sê: As iemand sy Elohey vloek, sal hy sy oortreding dra.
16 En wie die Naam van JaHWeH laster, moet
sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die
besoeker net soos die kind van die Aarde - as hy die NAAM laster, moet hy
gedood word.
17 En ‘n man wat enige siel van ‘n adamiet
verslaan, hy moet sekerlik gedood word.
18 Maar hy wat ’n siel van vee slaan, moet daar
vergoeding voor gee; siel vir siel.
19 En as iemand aan sy volksgenoot ’n gebrek
toebring - soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word:
20 breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand -
dieselfde gebrek wat hy aan ’n adamiet toebring, moet ook aan hom toegebring
word.
21 Hy dan wat vee doodslaan, moet daar vergoeding
voor gee; maar hy wat ’n adamiet doodslaan, moet gedood word.
22 Net een Reg moet daar vir julle wees - die
besoeker moet soos die kind van die Aarde wees; Ek - JaHWeH julle Elohey.
23 Moshè het toe met die kinders van JisraEl
gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig.
En die kinders van JisraEl het gedoen soos JaHWeH aan Moshè beveel het.
25 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek by die berg
Sinai en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As julle in die Aarde inkom wat Ek julle gee, laat die Aarde sabbatteer,
’n Sabbat vir JaHWeH. [JeshaJaH 29:1]
3 Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar
lank jou wingerd snoei en haar produk insamel;
4 maar in die sewende jaar moet daar vir die Aarde
’n Sabbat van Sabbatsonderhouding wees, ’n Sabbat van JaHWeH; jou land mag jy
nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
5 Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie,
en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ’n jaar
van Sabbats-onderhouding vir die Aarde wees.
6 En die Sabbat van die Aarde sal julle voedsel
wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou vreemdeling wat
by jou vertoef,
7 en vir jou vee en die lewende wat in jou deel
van die Aarde is, sal al haar produkte wees om te eet.
8 En tel vir jouself sewe sabbatte van jare – sewe
maal sewe jaar; sodat die dae van die sewe sabbatte van jare vir jou
nege-en-veertig jaar is.
9 Dan moet jy in die sewende maand, op die tiende
van die maand, ’n geblaas van ramshoring laat deurgaan; in die dag van
Versoening moet julle die ramshoring deur julle hele deel van die Aarde laat
gaan.
10 En julle moet die vyftigste jaar afsonder en ’n
vrylating in die Aarde uitroep aan al haar bewoners. Dit moet vir julle ’n
jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy familie
teruggaan.
11 ’n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir
julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan en moet dit
nie snoei nie – separatisme [is dit].
12 Want dit is ’n jubeljaar, dit moet vir julle ‘n
Apartheid wees: van die Aarde af moet julle haar produkte eet.
13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy
besitting teruggaan.
14 Daarom, as jy iets aan jou naaste verkoop of
van jou naaste koop, moet julle mekaar nie verdruk nie;
15 volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy
van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar ’n oes is, moet hy dit aan
jou verkoop;
16 volgens die groter aantal jare moet jy die
koopprys daarvan vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die
koopprys daarvan verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.
17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en
vrees jy jou Elohey; Ek - JaHWeH julle Elohey.
18 En doen My Insettinge en onderhou My Regsprake
en doen haar, dat julle veilig kan woon in die Aarde.
19 En die Aarde sal haar vrug gee, en julle sal
volop eet en veilig op haar woon.
20 En as julle sê: Wat moet ons in die sewende
jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie? -
21 dan gebied Ek My seën vir julle in die sesde
jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer.
22 En in die agtste jaar moet julle saai en van
die ou produkte eet tot die negende jaar toe; totdat haar produkte hiervan
inkom, moet julle die oue eet.
23 Die Aarde moet ook nie vir altyd verkoop word
nie; want die Aarde is Myne, omdat julle besoekers en vreemdelinge by My is.
24 Daarom moet julle, in die hele Aarde van julle
besitting, Reg van Lossing van die Aarde toelaat.
25 As jou broer verarm en van sy besitting
verkoop, moet sy losser wat sy naasbestaande is, kom en hy moet los wat sy
broer verkoop het.
26 En as iemand geen losser het nie, maar dit kan
bekostig en genoeg vind vir die lossing,
27 moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en
wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy
besitting teruggaan.
28 Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop
nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar
toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting
teruggaan.
29 En as iemand ’n woonhuis in ’n ommuurde stad
verkoop, moet daar Reg van Lossing wees tot die end van die jaar dat dit
verkoop is; ’n jaar lank moet daar Reg van Lossing wees.
30 Maar as dit nie gelos word voordat ’n hele jaar
verby is nie, moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eiendom
van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nie vry word nie.
31 Maar die huise van die dorpe wat rondom geen
muur het nie, moet by die veld van die Aarde gereken word; daar moet Reg van
Lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.
32 Wat die stede van die Leviete aangaan, die
huise in die stede wat in hulle besit is - vir die Leviete moet daar ’n ewige
Reg van Lossing wees.
33 En as iemand van die Leviete dit sal los, moet
die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar
vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder
die kinders van JisraEl.
34 En die weiveld om hulle stede mag nie verkoop
word nie, want sy is ’n ewige besitting vir hulle.
35 En as jou broer by jou verarm en agterraak,
moet jy hom ondersteun, soos ’n besoeker en vreemdeling, dat hy by jou kan
lewe.
36 Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar
jy moet jou Elohey vrees, dat jou broer by jou kan lewe.
37 Jou silwer mag jy hom nie op rente gee nie, en
jou eetware mag jy nie teen wins gee nie.
38 Ek - JaHWeH julle Elohey, wat julle uit die
Aarde van Egipte uitgelei het om julle die Aarde van Kanaän te gee, om julle
Elohim te wees.
39 En as jou broer by jou verarm en hom aan jou
verkoop, mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.
40 Soos ’n dagloner, soos ’n vreemdeling moet hy
by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;
41 dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy
kinders saam met hom; en hy moet na sy familie terugkeer en na die besitting
van sy vaders teruggaan.
42 Want hulle is My knegte wat Ek uit die Aarde
van Egipte uitgelei het; hulle mag nie verkoop word as slawe nie.
43 Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar
jy moet jou Elohey vrees.
44 Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou
sal behoort - van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ’n slaaf
of slavin koop.
45 En ook van die kinders van die vreemdeling wat
by julle vertoef - van hulle mag julle koop en van hulle familie wat by julle
is, wat hulle in julle Aarde verwek het; en dié sal vir julle ’n besitting
wees.
46 En julle mag dié aan julle kinders ná julle
nalaat as ’n erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor
julle broers, die kinders van JisraEl, die een oor die ander - oor hom mag jy
nie met hardheid heers nie.
47 En as ’n besoeker of vreemdeling by jou
vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan ’n besoeker [of]
bywoner by jou verkoop, of aan ’n familielid uit die familie van ’n besoeker,
48 dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop
het, Reg van Lossing wees; een van sy broers kan hom los,
49 of sy oom of sy oom se seun kan hom los, of een
van sy bloedverwante uit sy familie kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan
hy homself los.
50 En hy moet met sy koper reken van die jaar af
dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy
hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare; soos ’n dagloner sal hy dan
dié tyd by hom gewees het.
51 As daar nog baie jare is, moet hy volgens hulle
sy lossing uit die silwer waarvoor hy gekoop is, teruggee;
52 en as daar maar min jare tot die jubeljaar toe
oor is, moet hy daarmee rekening hou; volgens die jare moet hy sy lossing teruggee.
53 Soos een wat van jaar tot jaar loonarbeider is,
moet hy by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor jou oë heers nie.
54 En as hy nie op dié wyse gelos word nie, moet
hy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom.
55 Want die kinders van JisraEl is My knegte; My
knegte is hulle wat Ek uit die Aarde van Egipte uitgelei het. Ek - JaHWeH julle
Elohey.
26 JULLE mag vir julle geen drek maak nie; ‘n
gesnede afbeelding of ’n kliptoring mag julle vir julle nie oprig nie en ’n
vertoonstuk van klip in julle Aarde nie opstel om julle neer te buig oor haar
nie; Ek - JaHWeH julle Elohey.
2 My Sabbatte moet julle hou en My Apartheidsplek
eerbiedig. Ek - JaHWeH.
3 As julle in My Insettinge wandel en My Gebooie
hou en haar doen,
4 sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die
Aarde sal haar opbrengs gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
5 En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die
druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul
brood volop eet en veilig in julle Aarde woon.
6 Ook sal Ek Vrede gee in die Aarde, sodat julle
sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die besoedelde
wesens uit die Aarde laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle Aarde trek
nie.
7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal
voor julle val deur die swaard.
8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd
van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die
swaard.
9 En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar
maak en julle vermenigvuldig; en My Verbond sal Ek met julle bevestig. [Génesis 17; Psalm 105]
10 Julle sal ou koring van vorige jare eet en die
oue laat plek maak vir die nuwe.
11 En Ek sal My Tabernakel onder julle oprig, en
My Siel sal van julle geen afsku hê nie.
12 En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ’n
Elohim wees, en julle sal vir My ’n volk wees.
13 Ek - JaHWeH julle Elohey, het julle uit die
Aarde van Egipte uitgelei, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het
julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie
Gebooie nie doen nie;
15 en as julle My Insettinge verwerp, en as julle
siel van My Regsprake’n afsku het, sodat julle nie al My Gebooie doen nie en My
Verbond verbreek -
16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal
verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en
die siel laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle
vyande sal dit opeet.
17 En Ek sal My Aangesig teen julle rig, sodat
julle voor die aangesig van jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor
julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal
Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle oortredinge te tugtig.
19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal
julle Hemele maak soos yster en julle Aarde soos koper.
20 En julle krag sal tevergeefs verbruik word,
want julle Aarde sal haar opbrengs nie gee nie, en die bome van die Aarde sal
hulle vrugte nie gee nie.
21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil
luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle
oortredinge. [Boekrol van Henog 97:10]
22 En Ek sal die wilde wesens van die veld onder
julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle
verminder, sodat julle Paaie verlate sal wees.
23 En as julle hierdeur jul nie deur My laat
tugtig nie, maar julle teen My versit,
24 sal Ek My ook teen julle versit en julle ook
sewevoudig tref weens julle oortredinge.
25 En Ek sal ’n Swaard oor julle bring wat die
wraak van die Verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal
Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee
word.
26 As Ek vir julle die Staf van die Brood
verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die
gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie.
27 As julle ook hierom nie na My luister nie, maar
julle teen My versit,
28 sal Ek My Grimmigheid teen julle versit, en Ek
sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle oortredinge.
29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en
die vlees van julle dogters sal julle eet.
30 En Ek sal julle Hoogtes verwoes en julle
sontorings verdelg en julle lyke op die lyke van julle drek-idole gooi; en My
Siel sal ’n afsku van julle hê.
31 En Ek sal julle stede puinhope maak en julle
apartheidsplekke verwoes en julle aangename geur nie ruik nie.
32 Ja, Ek self sal die Aarde verwoes, sodat julle
vyande wat in haar woon, oor haar verstom sal staan.
33 En Ek sal julle onder die nasies verstrooi en
’n Swaard agter julle uittrek; en julle Aarde sal verlate en julle stede
puinhope word.
34 Dan sal die Aarde vir haar Sabbatte vergoeding kry,
al die dae van haar verwoesting, terwyl julle in die Aarde van julle vyande is;
dan sal die Aarde sabbatteer en vir haar Sabbatte vergoeding gee.
35 Al die dae van haar verwoesting sal sy
sabbatteer - omdat sy nie gesabbatteer het op julle Sabbatte toe julle op haar
gewoon het nie.
36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly
het - Ek sal in hulle hart ’n vreesagtigheid bring in die Aarde van hulle
vyande, sodat die geruis van ’n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en
hulle sal vlug, soos iemand vir ’n swaard vlug en val sonder dat iemand
agtervolg.
37 En hulle sal struikel die een oor die ander
soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor die
aangesig van julle vyande nie kan standhou nie.
38 Maar julle sal omkom onder die nasies, en die
Aarde van julle vyande sal julle verteer.
39 En die wat onder julle oorgebly het, sal oor
hulle ongeregtigheid wegteer in die Aarde van julle vyande, ja, ook oor die
ongeregtigheid van hulle vaders sal julle saam met hulle wegteer.
40 Dan sal hulle hul skuld bely en die
ongeregtigheid van hulle vaders erken deurdat hulle ontrou teen My gehandel
het; en ook dat hulle hul teen My versit het,
41 [sodat] Ék My ook teen hulle versit het en
hulle in die Aarde van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom
dan verneder en hulle dan gestraf word vir hul ongeregtigheid,
42 sal Ek dink aan My Verbond met Jakob; en ook
aan My Verbond met Isak en ook aan My Verbond met Abraham sal Ek dink, en aan
die Aarde sal Ek dink. [Génesis 17]
43 Maar die Aarde moet [eers] van hulle verlate
wees en moet vir haar Sabbatte vergoeding kry, terwyl sy woes lê sonder hulle;
en hulle sal vir hul ongeregtigheid gestraf word, omdat, ja, omdat hulle My
Regsprake verwerp en hulle siel van My Insettinge ’n afsku gehad het.
44 Maar ook dan, as hulle in die Aarde van hul
vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ’n
einde aan hulle sou maak en My Verbond met hulle sou verbreek nie; Ek - JaHWeH
hulle Elohey.
45 Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die
Verbond van die voorvaders wat Ek uit die Aarde van Egipte voor die oë van die
nasies uitgelei het om vir hulle ’n Elohim te wees. Ek - JaHWeH.
46 Dit is die Insettinge en die Regsprake en die
Wette wat JaHWeH tussen Hom en die kinders van JisraEl by die berg Sinai deur
die hand van Moshè gegee het.
27 VERDER het JaHWeH tot Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As iemand ’n buitengewone Gelofte aflê - siele aan JaHWeH [toewy]
volgens jou skatting,
3 dan moet jou skatting vir ’n manspersoon van
twintig tot sestig jaar, dan moet jou skatting vyftig sikkels silwer wees,
volgens die sikkel van die Apartheid.
4 Maar is dit ’n vrou, dan moet jou skatting
dertig sikkels wees.
5 En is dit iemand van vyf tot twintig jaar, dan
moet jou skatting vir ’n manspersoon twintig sikkels wees en vir ’n vroulike
tien sikkels.
6 Maar is dit iemand van ’n maand oud tot vyf
jaar, dan moet jou skatting vir die manlike vyf sikkels silwer wees en jou
skatting vir die vroulike drie sikkels silwer.
7 En is dit iemand van sestig jaar oud en daarbo -
is dit ’n manspersoon, dan moet jou skatting vyftien sikkels wees en vir ’n
vrou tien sikkels.
8 Maar as hy te arm is vir die geskatte bedrag,
moet hy voor die aangesig van die priester gestel word, sodat die priester hom
kan skat; volgens wat hy wat die Gelofte gedoen het, kan bekostig, moet die
priester hom skat.
9 En as dit vee is waarvan hulle aan JaHWeH ’n
bydrae naderbring, moet alles wat hy uit haar aan JaHWeH gee, apart gestel
wees.
10 Hy mag hom nie omwissel of omruil nie - ’n
suiwere vir ’n besoedelde of ’n besoedelde vir ’n suiwere nie; maar as hy tog
’n dier vir ’n ander een omruil, moet dit en die geruilde apart gestel wees.
11 En as dit enige besoedelde dier is, mag hulle
aan JaHWeH geen bydrae naderbring nie. Hy moet die dier voor die aangesig van
die priester stel,
12 en die priester moet dit skat of dit suiwer of
besoedel is; na jou skatting, priester, so sal dit wees.
13 Maar as hy haar wil los, moet hy die vyfde deel
daarvan bo jou skatting byvoeg.
14 En as iemand sy huis opdra as Apartheid aan
JaHWeH, moet die priester dit skat of dit suiwer of besoedel is; soos die
priester dit skat, so moet dit bly.
15 En as hy wat dit gewy het, sy huis wil los,
moet hy die vyfde deel van die silwer van jou skatting daar byvoeg; dan sal dit
syne wees.
16 En as iemand ’n stuk land van sy besitting aan
JaHWeH opdra, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: ’n homer
garssaad op vyftig sikkels silwer.
17 As hy sy stuk land van die jubeljaar af toewy -
volgens jou skatting, moet dit bly.
18 Maar as hy sy stuk land ná die jubeljaar toewy,
moet die priester vir hom die silwer bereken na die jare wat tot die [volgende]
jubeljaar oor is; en dit moet van jou skatting afgetrek word.
19 En as hy wat die stuk land afgesonder het, haar
beslis wil los, moet hy die vyfde deel van die silwer van jou skatting daar
byvoeg; en dit sal syne bly.
20 En as hy die stuk land nie los nie, of as hy
die stuk land aan ’n ander verkoop, mag sy nie meer gelos word nie;
21 maar die stuk land moet, as sy in die jubeljaar
vry word, [as] Apartheid aan JaHWeH opgedra wees soos ’n stuk land onder die
ban; die besit van haar kom aan die priester toe.
22 En as hy aan JaHWeH ’n stuk land afsonder wat
hy gekoop het, wat nie van die Aarde van sy besitting is nie,
23 moet die priester vir hom die bedrag van die
skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting
gee [as] Apartheid aan JaHWeH.
24 In die jubeljaar moet die stuk land terugkom
aan hom van wie hy haar gekoop het, aan hom wat in besit was van die Aarde.
25 En alles wat jy skat, moet volgens die sikkel
van die Apartheid wees; die sikkel moet twintig gera wees.
26 Maar die eersgeborene van ’n dier wat as
eersgeborene aan JaHWeH behoort, dit mag niemand afsonder nie; of dit ’n bees
is of ’n stuk kleinvee - dit behoort aan JaHWeH.
27 Maar is dit van ’n besoedelde dier, dan moet hy
dit na jou skatting loskoop en die vyfde deel daarvan byvoeg; en as dit nie
gelos word nie, moet dit na jou skatting verkoop word.
28 Maar niks van die bangoed wat iemand aan JaHWeH
wil opdra, van alles wat aan hom behoort - adamiete of vee of land wat in sy
besit is - mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed, ‘n Apartheid van
Aparthede is dit aan JaHWeH.
29 Elkeen wat onder die ban is, wat onder die
adamiete met die ban getref is, mag nie losgekoop word nie; hy moet sekerlik
gedood word.
30 Ook al die tiendes van die Aarde, of van die
saad van die Aarde, of van die vrugte van die bome, dit behoort aan JaHWeH; dit
is Apartheid aan JaHWeH.
31 Maar as iemand van sy tiende iets wil los, moet
hy die vyfde deel daarvan byvoeg.
32 Wat betref al die tiendes van beeste en
kleinvee - alles wat onder die herderstaf deurgaan - die tiende sal apart
gestel aan JaHWeH wees.
33 Hulle mag nie ondersoek of dit suiwer of
besoedel is nie, en dit nie omruil nie; maar as hulle dit tog omruil, moet dit
en die geruilde apart wees; dit mag nie gelos word nie.
34 Dit is die Gebooie wat JaHWeH Moshè by die berg
Sinai vir die kinders van JisraEl beveel het.
1 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek in die
wildernis Sinai, in die Tent van Samekoms, op die eerste van die tweede maand,
in die tweede jaar nadat hulle uit die Aarde van Egipte uitgetrek het, en gesê:
2 Neem julle die volle getal van die hele
vergadering van die kinders van JisraEl op volgens hulle families, by die huis
van hulle vaders, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof;
3 van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op
kommando moet uittrek in JisraEl, dié moet julle tel volgens hulle
leërafdelings, jy en Aäron.
4 En met julle saam moet daar van elke stam ’n man
wees, ’n manlike hoof by die huis van hulle vaders.
5 En dit is die name van die manne wat julle moet
bystaan: Vir Ruben: EliSur, die seun van Sedéür;
6 vir Símeon: SelumiEl, die seun van Suri-Shadday;
7 vir JeHûWdah: Nagson, die seun van Ammínadab;
8 vir Issaskar: NethanEl, die seun van Suar;
9 vir Sébulon: EliAb, die seun van Helon;
10 vir die kinders van JôWsef: vir Efraim:
EliShama, die seun van Ammíhud; vir Manasse: GamliEl, die seun van Pedásur;
11 vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni;
12 vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai;
13 vir Aser: PagiEl, die seun van Ogran;
14 vir Gad: El-Jasaf, die seun van DeuEl;
15 vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan.
16 Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep
was, die owerstes oor die stamme, van hul vaders, die stamhoofde oor duisende
van JisraEl.
17 Toe het Moshè en Aäron dié manne geneem wat met
hulle name aangewys was,
18 en hulle het die hele vergadering op die eerste
van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens
hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van twintig
jaar oud en daarbo, hoof vir hoof,
19 soos JaHWeH aan Moshè beveel het. En hy het
hulle getel in die wildernis Sinai.
20 En die seuns van Ruben, die eersgeborene van
JisraEl - hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle
vaders, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig
jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -
21 hulle geteldes van die stam van Ruben was
ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.
22 Van die seuns van Símeon, hulle geslagsregister
volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, hoof
vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op
kommando moet uittrek -
23 hulle geteldes van die stam van Símeon was
nege-en-vyftigduisend-driehonderd.
24 Van die seuns van Gad, hulle geslagsregister
volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van
twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -
25 hulle geteldes van die stam van Gad was
vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.
26 Van die seuns van JeHûWdah, hulle
geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die
getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek
-
27 hulle geteldes van die stam van JeHûWdah was
vier-en-sewentigduisend-seshonderd.
28 Van die seuns van Issaskar, hulle
geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die
getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek
-
29 hulle geteldes van die stam van Issaskar was
vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.
30 Van die seuns van Sébulon, hulle
geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die
getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek
-
31 hulle geteldes van die stam van Sébulon was
sewe-en-vyftigduisend-vierhonderd.
32 Van die seuns van JôWsef, van die seuns van
Efraim, hulle geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle
vaders, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op
kommando moet uittrek -
33 hulle geteldes van die stam van Efraim was
veertigduisend-vyfhonderd;
34 van die seuns van Manasse, hulle
geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die
getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek
-
35 hulle geteldes van die stam van Manasse was
twee-en-dertigduisend-tweehonderd.
36 Van die seuns van Benjamin, hulle
geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die
getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek
-
37 hulle geteldes van die stam van Benjamin was
vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.
38 Van die seuns van Dan, hulle geslagsregister
volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van
twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -
39 hulle geteldes van die stam van Dan was
twee-en-sestigduisend-sewehonderd.
40 Van die seuns van Aser, hulle geslagsregister
volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die getal name, van
twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek -
41 hulle geteldes van die stam van Aser was
een-en-veertigduisend-vyfhonderd.
42 Van die seuns van Náftali, hulle
geslagsregister volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders, na die
getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek
-
43 hulle geteldes van die stam van Náftali was
drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
44 Dit is die geteldes wat Moshè en Aäron en die
owerstes van JisraEl getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families.
45 So was dan al die geteldes van die kinders van
JisraEl volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in
JisraEl op kommando moet uittrek -
46 al die geteldes dan was
seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.
47 Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike
stam, is onder hulle nie getel nie.
48 JaHWeH het naamlik met Moshè gespreek en gesê:
49 Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en
hulle volle getal onder die kinders van JisraEl nie opneem nie;
50 maar stel jy die Leviete aan oor die Tabernakel
van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat by hom hoort. Hulle
moet die Tabernakel dra en alles wat by hom hoort, en hulle moet hom bedien en
rondom die Tabernakel laer opslaan.
51 En as die Tabernakel wegtrek, moet die Leviete
hom afbreek; en as die Tabernakel rus, moet die Leviete hom oprig; en die
verbasterde wat nader kom, moet gedood word.
52 En die kinders van JisraEl moet laer opslaan
elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings.
53 Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die
Tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die
kinders van JisraEl kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die
Tabernakel van die Getuienis waarneem.
54 En die kinders van JisraEl het dit gedoen; net
soos JaHWeH Moshè beveel het, so het hulle gedoen.
2 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
2 Die kinders van JisraEl moet laer opslaan elkeen
by sy vaandel by die veldtekens van die huis van hul vader; op ’n afstand
rondom die Tent van Samekoms moet hulle laer opslaan.
3 En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer
opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van JeHûWdah volgens hulle
leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns
van JeHûWdah wees.
4 En sy leër met hulle geteldes was
vier-en-sewentigduisend-seshonderd.
5 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die
stam van Issaskar; en NethanEl, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns
van Issaskar wees.
6 En sy leër met hulle geteldes was
vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.
7 [Verder] die stam van Sébulon; en EliAb, die
seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.
8 En sy leër met sy geteldes was
sewe-en-vyftigduisend-vierhonderd.
9 Al die geteldes in die laer van JeHûWdah was
honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle
moet eerste opbreek.
10 Die vaandel van die laer van Ruben volgens
hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en EliSur, die seun van
Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.
11 En sy leër met sy geteldes was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.
12 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees
die stam van Símeon; en SelumiEl, die seun van Suri-Shadday, moet owerste oor
die seuns van Símeon wees.
13 En sy leër met hulle geteldes was
nege-en-vyftigduisend-driehonderd.
14 Verder die stam van Gad; en El-Jasaf, die seun
van Rehuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.
15 En sy leër met hulle geteldes was
vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.
16 Al die geteldes in die laer van Ruben was
honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings.
En hulle moet tweede opbreek.
17 Daarna moet die Tent van Samekoms opbreek: die
laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so
moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.
18 Die vaandel van die laer van Efraim volgens
hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en EliShama, die seun van
Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.
19 En sy leër met hulle geteldes was
veertigduisend-vyfhonderd.
20 En langs hom die stam van Manasse; en GamliEl,
die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.
21 En sy leër met hulle geteldes was
twee-en-dertigduisend-tweehonderd.
22 Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die
seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.
23 En sy leër met hulle geteldes was
vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.
24 Al die geteldes in die laer van Efraim was
honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet
derde opbreek.
25 Die vaandel van die laer van Dan moet aan die
noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van
Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.
26 En sy leër met hulle geteldes was
twee-en-sestigduisend-sewehonderd.
27 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees
die stam van Aser; en PagiEl, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns
van Aser wees.
28 En sy leër met hulle geteldes was
een-en-veertigduisend-vyfhonderd.
29 Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun
van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.
30 En sy leër met hulle geteldes was
drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
31 Al die geteldes in die laer van Dan was
honderd-sewe-en-vyftigduisend-seshonderd. Hulle moet laaste opbreek volgens
hulle vaandels.
32 Dit is die geteldes van die kinders van JisraEl
volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle
leërafdelings was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.
33 Maar die Leviete is onder die kinders van
JisraEl nie getel nie, soos JaHWeH aan Moshè beveel het.
34 En die kinders van JisraEl het gedoen net soos
JaHWeH Moshè beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en
so het hulle opgebreek elkeen volgens sy families, uit die huis van hulle
vaders.
3 EN dit is die genelyn van Aäron en Moshè op die
dag toe JaHWeH met Moshè op die berg Sinai gespreek het.
2 En dit is die name van die seuns van Aäron: die
eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, El-Azar en Itamar.
3 Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde
priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.
4 Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die
Aangesig van JaHWeH toe hulle verbasterde vuur voor die Aangesig van JaHWeH in
die wildernis Sinai nadergebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar
El-Azar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.
5 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
6 Laat die stam van Levi nader kom, en stel hulle
voor die aangesig van die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.
7 En hulle moet sy diens waarneem en die diens van
die hele vergadering voor die aangesig van die Tent van Samekoms, om die
dienswerk van die Tabernakel te verrig.
8 En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die
Tent van Samekoms en vir die diens van die kinders van JisraEl, om die
dienswerk van die Tabernakel te verrig.
9 En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns
gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van JisraEl.
10 Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat
hulle hul priesteramp kan waarneem; en die verbasterde wat nader kom, moet
gedood word.
11 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
12 Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die
kinders van JisraEl uit in die plek van al die eersgeborenes wat die
moederskoot open, uit die kinders van JisraEl, dat die Leviete Myne kan wees.
13 Want al die eersgeborenes is Myne: op die dag
toe Ek al die eersgeborenes in die Aarde van Egipte getref het, het Ek al die
eersgeborenes in JisraEl vir My afgesonder, adamiete sowel as diere; hulle moet
Myne wees. Ek - JaHWeH.
14 En JaHWeH het met Moshè gespreek in die
wildernis Sinai en gesê:
15 Tel die seuns van Levi uit die huis van hulle
vaders, volgens hulle families; almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo
- dié moet jy tel.
16 En Moshè het hulle volgens die bevel van JaHWeH
getel soos dit hom beveel is.
17 En dit was die seuns van Levi volgens hulle
name: Gerson en Kehat en Merári.
18 En dit is die name van die seuns van Gerson
volgens hulle families: Libni en Símeï.
19 En die seuns van Kehat volgens hulle families:
Amram en Jishar, Hebron en UzziEl.
20 En die seuns van Merári volgens hulle families:
Magli en Musi. Dit is die families van die Leviete ooreenkomstig die huis van
hulle vaders.
21 Aan Gerson behoort die familie van die Libniete
en die familie van die Simeïete. Dit is die families van die Gersoniete.
22 Hulle geteldes volgens die getal van almal wat
manlik was, van ’n maand oud en daarbo - hulle geteldes was
seweduisend-vyfhonderd.
23 Die families van die Gersoniete moet laer
opslaan agter die Tabernakel aan die westekant.
24 En owerste oor die familie van die Gersoniete
moet El-Jasaf, die seun van LaEl, wees.
25 En die seuns van Gerson moet by die Tent van
Samekoms versorg: die Tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir
die ingang van die Tent van Samekoms;
26 en die behangsels van die voorhof en die
bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die Tabernakel en op die
altaar is, en sy lyne - alles wat by sy bediening behoort.
27 En aan Kehat het behoort die familie van die
Amramiete en die familie van die Jishariete en die familie van die Hebroniete
en die familie van die UzziEliete. Dit is die families van die Kehatiete.
28 Volgens die getal van almal wat manlik is, van
’n maand oud en daarbo, was daar agtduisend-ses-honderd wat die diens van die
Apartheid waargeneem het.
29 Die families van die seuns van Kehat moet laer
opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die suidekant.
30 En die hoof oor huis van die vader van die
families van die Kehatiete moet wees El-Safan, die seun van UzziEl.
31 En hulle moet versorg: die Ark en die tafel en
die kandelaar en die altare en die gereedskap van die Apartheid waarmee hulle
diens doen, en die voorhangsel en alles wat by die bediening daarvan behoort.
32 En die hoof van die owerstes van Levi moet wees
El-Azar, die seun van Aäron, die priester, die toesighouer oor die wat die
diens van die Apartheid waarneem.
33 Aan Merári het behoort die familie van die
Magliete en die familie van die Musiete. Dit is die families van Merári.
34 En hulle geteldes volgens die getal van almal
wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was sesduisend-tweehonderd.
35 En die hoof oor die huis van die vader vir die
families van Merári moet wees SuriEl, die seun van Abihail; hulle moet laer
opslaan aan die kant van die Tabernakel, aan die noordekant.
36 En die toesig van die seuns van Merári - wat
hulle te besorg het - moet wees oor die style van die Tabernakel en sy
dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele
diens wat daarby behoort;
37 en die pilare van die voorhof rondom en hulle
voetstukke en hulle penne en hulle lyne.
38 En die wat voor die aangesig van die Tabernakel
laer opslaan, aan die oostekant, voor die aangesig van die Tent van Samekoms,
teen sonop, moet wees Moshè en Aäron met sy seuns wat die diens van die
Apartheidsplek waarneem, naamlik die diens vir die kinders van JisraEl; en die
verbasterde wat nader kom, moet gedood word.
39 Al die geteldes van die Leviete wat Moshè en
Aäron volgens die bevel van JaHWeH, volgens hulle families getel het, almal wat
manlik was, van ’n maand oud en daarbo, was twee-en-twintigduisend.
40 En JaHWeH het aan Moshè gesê: Tel al die
manlike eersgeborenes van die kinders van JisraEl, van ’n maand oud en daarbo,
en neem die getal van hulle name op.
41 En jy moet vir My - Ek - JaHWeH - die Leviete
neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van JisraEl, en die
vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die
kinders van JisraEl.
42 En Moshè het, soos JaHWeH aan hom beveel het,
al die eersgeborenes onder die kinders van JisraEl getel.
43 En al die manlike eersgeborenes volgens die
getal name, van ’n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was
twee-en-twintigduisend tweehonderd-drie-en-sewentig.
44 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
45 Neem die Leviete in die plek van al die
eersgeborenes onder die kinders van JisraEl, en die vee van die Leviete in die
plek van hulle vee, sodat die Leviete Myne kan wees. Ek - JaHWeH.
46 Wat aangaan die loskoping van die
tweehonderd-drie-en-sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes
van die kinders van JisraEl,
47 moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die
sikkel van die Apartheid moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
48 En jy moet die silwer as losprys van die wat
onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
49 Daarop het Moshè die loskoop-silwer geneem van
die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
50 van die eersgeborenes van die kinders van JisraEl
het hy die silwer geneem, duisend-driehonderdvyf-en-sestig [sikkels] volgens
die sikkel van die Apartheid.
51 En Moshè het die loskoop-silwer aan Aäron en sy
seuns gegee volgens die bevel van JaHWeH, soos JaHWeH aan Moshè beveel het.
4 EN JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
2 Neem die volle getal van die seuns van Kehat op,
onder die seuns van Levi uit, volgens hulle families, uit die huis van hulle
vaders,
3 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar,
almal wat dienspligtig is, om werk by die Tent van Samekoms te verrig.
4 Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by
die Tent van Samekoms wees, [aangaande] Apartheid van die Aparthede.
5 By die opbreek van die laer moet Aäron en sy
seuns kom en die voorhangsel tot bedekking afneem en met haar die Ark van die
Getuienis bedek.
6 En hulle moet ’n dekkleed van gebreide velle
daarop sit en ’n doek, heeltemal van koningsblou stof, daar bo-oor uitsprei en
sy draaghoute insteek.
7 Hulle moet ook oor die toonbrood-tafel ’n
koningsblou doek uitsprei en daarop neersit die skottels en die panne en die
bekers en die kanne vir die skinking; ook moet die voortdurende brood daarop
wees.
8 Daarna moet hulle ’n skarlaken doek daaroor
uitsprei en dit met ’n dekkleed van gebreide velle toemaak en sy draaghoute
insteek.
9 Dan moet hulle ’n koningsblou doek neem en die
kandelaar tot verligting bedek, met haar lampe en haar vuurtange en haar
bakkies en al haar oliekanne waarmee hulle vir haar diens doen.
10 En hulle moet haar met al haar gereedskap op ’n
dekkleed van gebreide velle neerlê en haar op die draagbaar sit.
11 En oor die goue altaar moet hulle ’n
koningsblou doek uitsprei en hulle met ’n dekkleed van gebreide velle toemaak
en sy draaghoute insteek.
12 Hulle moet ook al die gereedskap neem waarmee
hulle diens in die Apartheid doen, en dit op ’n koningsblou doek neerlê en met
’n dekkleed van gebreide velle toemaak en dit op die draagbaar sit.
13 En hulle moet die as van die altaar verwyder en
daar ’n purper doek oor uitsprei.
14 En hulle moet al sy gereedskap daarop neersit
waarmee hulle daarby diens doen: die koolpanne, die drietandvurke en die skoppe
en die sprinkelflesse, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ’n
dekkleed van gebreide velle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.
15 En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek
van die laer, klaar is met die toemaak van die Apartheid asook al die
gereedskap van die Apartheid, wanneer die geselskap vertrek dan moet die seuns
van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die Apartheid [se dinge] raak
nie, sodat hulle nie sterwe nie. Dit is die vrag wat die seuns van Kehat moet
dra van die Tent van Samekoms.
16 En die toesig van El-Azar, die seun van die
priester Aäron, is oor die olie vir die kandelaar en die reukwerk van speserye
en die voortdurende spysbydrae en die salfolie; die toesig oor die hele
Tabernakel en oor alles wat in die Apartheid is, asook die bybehorende
gereedskap.
17 En JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
18 Sorg dat die stam uit die families van die
Kehatiete nie onder die Leviete uitgeroei word nie.
19 Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en
nie sterwe nie wanneer hulle na die Apartheid van die Aparthede aankom: Aäron
en sy seuns moet ingaan en hulle aanstel elkeen oor sy dienswerk en oor sy
vrag.
20 Maar hulle moet nie ingaan om te sien hoe die
Apartheid verslind nie, sodat hulle nie sterwe nie.
21 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
22 Neem die volle getal op ook van die seuns van
Gerson uit die huis van hulle vaders, volgens hulle families.
23 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en
daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te
verrig by die Tent van Samekoms.
24 Dit sal die dienswerk van die families van die
Gersoniete wees by die diens en by die vrag:
25 hulle moet die tentdoeke van die Tabernakel
dra, ook die Tent van Samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van gebreide velle
wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die Tent van Samekoms
26 en die behangsels van die voorhof en die
bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die
Tabernakel en op die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by
die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet
hulle verrig.
27 Die hele dienswerk van die seuns van die
Gersoniete – in al hul vragte en in al hul dienste - moet wees volgens die
bevel van Aäron en sy seuns; en reken hulle toe die beskerming van al hulle
vragte.
28 Dit is die dienswerk vir die families van die
seuns van die Gersoniete by die Tent van Samekoms; en wat hulle te besorg het,
moet plaasvind onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.
29 Wat aangaan die seuns van Merári - dié moet jy
tel volgens hulle families, uit die huis van hulle vaders.
30 Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en
daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig is, om die dienswerk van die
Tent van Samekoms te verrig.
31 En dit is wat by hulle vragte besorg moet word,
hulle hele dienswerk by die Tent van Samekoms: die style van die Tabernakel met
sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke
32 en die pilare van die voorhof rondom met hulle
voetstukke en hulle penne en hulle lyne - al die gereedskap sowel as alles wat
by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg
moet word, moet julle met die naam aanwys.
33 Dit is die dienswerk vir die families van die
seuns van Merári, hulle hele diens by die Tent van Samekoms onder leiding van
Itamar, die seun van die priester Aäron.
34 En Moshè en Aäron en die owerstes van die
vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle families en
volgens die huis van hulle vaders;
35 van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar,
almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die Tent van Samekoms.
36 En hulle geteldes was volgens hulle families
tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.
37 Dit is die geteldes van die families van die
Kehatiete, almal wat by die Tent van Samekoms gedien het, wat Moshè en Aäron
volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè getel het.
38 En die geteldes van die seuns
van Gerson volgens hulle geslagte en volgens die huis van hulle vaders,
39 van dertig jaar oud en daarbo,
tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die Tent
van Samekoms -
40 hulle geteldes was volgens
hulle families, volgens die huis van hulle vaders,
tweeduisend-seshonderd-en-dertig.
41 Dit is die geteldes van die
families van Gerson se seuns almal wat by die Tent van Samekoms gedien het, wat
Moshè en Aäron volgens die bevel van JaHWeH getel het.
42 En die geteldes van die
families van Merári se seuns volgens hulle families, volgens die huis van hulle
vaders,
43 van dertig jaar oud en daarbo,
tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die Tent
van Samekoms -
44 hulle geteldes was volgens hulle families
drieduisend-tweehonderd.
45 Dit is die geteldes van die
families van Merári se seuns wat Moshè en Aäron volgens die bevel van JaHWeH
deur die hand van Moshè getel het.
46 Al die getelde Leviete wat
Moshè en Aäron en die owerstes van JisraEl getel het, volgens hulle families
uit die huis van hulle vaders,
47 van dertig jaar oud en daarbo,
tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was om dienswerk te verrig en die diens
van die vrag by die Tent van Samekoms -
48 hulle geteldes was
agtduisend-vyfhonderd-en-tagtig.
49 Volgens die bevel van JaHWeH
deur die hand van Moshè is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy vrag;
op die aanwysings, soos JaHWeH Moshè beveel het.
5 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van
JisraEl dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat ’n
vloeiing het, en almal wat deur ’n siel besoedel is.
3 Man sowel as vrou moet julle
wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul
laer besoedel waar Ek in hulle midde woon nie.
4 En die kinders van JisraEl het
so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos JaHWeH met Moshè gespreek
het, so het die kinders van JisraEl gedoen.
5 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
6 Spreek met die kinders van JisraEl: As ’n man of
vrou uit die adamiete ontrou teenoor JaHWeH handel en so ‘n oortreding begaan,
en dié siel skuldig word,
7 dan moet hulle hul die oortreding wat hulle
begaan het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die
vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom
skuldig gemaak het.
8 Maar as die man geen losser het aan wie die
skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan
JaHWeH, ook aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom
versoening doen.
9 En elke bydrae van al die apartheids [gawes] van
die kinders van JisraEl wat hulle na die priester naderbring, moet syne wees.
10 En elkeen se gewyde [gawes] - dit moet syne
wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.
11 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
12 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As iemand se vrou afwyk en ’n troubreuk teen hom begaan,
13 en ’n man met haar vleeslike gemeenskap het en
saad in haar gestort het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy
nie uitgevind is nie - hoewel sy haar besoedel het - terwyl daar geen getuie
teen haar is en sy nie betrap is nie;
14 en daar kom ’n gees van jaloersheid oor hom,
sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar [inderdaad] besoedel het; of ’n
gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy
haar nie besoedel het nie;
15 dan moet die man sy vrou na die priester bring,
en hy moet haar bydrae vir haar saambring: ’n tiende van ’n efa garsmeel; hy
moet geen olie op haar giet en geen wierook oor haar nie, omdat dit ’n
spysbydrae vir agterdog is, ’n spysbydrae wat die herinnering vir
ongeregtigheid in gedagtenis bring.
16 En die priester moet haar naderbring en haar
voor die Aangesig van JaHWeH stel.
17 En die priester moet water van apartes in ’n
erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die Tabernakel is, moet die
priester neem en in die water gooi.
18 Daarna moet die priester die vrou voor die
Aangesig van JaHWeH stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die
spysbydrae van herinnering op haar handpalms sit - ’n spysbydrae van
jaloersheid is sy; en in die hand van die priester moet daar wees die water van
bitter smart wat die vloek bring.
19 En die priester moet haar besweer en aan die
vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou
man toebehoort het, nie afgewyk het in besoedeling nie - wees dan vry van
hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.
20 Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort
het, afgewyk en jou besmet het deurdat ’n man behalwe jou eie man met jou
vleeslike gemeenskap gehad het
21 so moet dan die priester die vrou met die eed
van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag JaHWeH jou
tot ’n vervloeking en ’n verwensing maak onder jou volk deurdat JaHWeH jou heup
laat inval en jou skoot laat opswel;
22 en mag hierdie water wat die vloek bring, in
jou ingewande ingaan om die moederskoot te laat opswel en die heup te laat
inval. Dan moet die vrou sê: Amein, amein!
23 Daarna moet die priester hierdie vervloekinge
in ’n boekrol skrywe en dit in die water van bitter smart uitvee;
24 en hy moet die vrou laat drink die water van
bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar
kan ingaan tot bitter smart.
25 En die priester moet uit die hand van die vrou
die spysbydrae van jaloersheid neem en die spysbydrae voor die Aangesig van
JaHWeH wuif en haar na die altaar naderbring.
26 Die priester moet ook van die spysbydrae ’n
handvol, as haar herinnering, neem en haar op die altaar aan die brand steek;
en daarna moet hy die vrou die water laat drink.
27 En as hy haar die water laat drink het, dan
sal, as sy haar besoedel en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat
die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar moederskoot sal opswel
en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk ’n vervloeking wees.
28 Maar as die vrou haar nie besoedel het nie,
maar suiwer is, sal sy vry en vrugbaar wees.
29 Dit is die Wet oor die jaloersheid: As ’n vrou
afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar besoedel;
30 of as oor ’n man die gees van jaloersheid kom
en hy op sy vrou jaloers word - dan moet hy die vrou voor die Aangesig van
JaHWeH stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele Wet.
31 En die man sal vry wees van skuld, maar dié vrou
sal haar straf dra.
6 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As ’n man of ’n vrou ’n buitengewone Gelofte aflê, die Gelofte van ’n
Separatis, om hom aan JaHWeH af te sonder,
3 moet hy hom van wyn en sterk drank afskei;
wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag
hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.
4 Al die dae van sy separatisme mag hy niks eet
van alles wat van die wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en doppe
nie.
5 Al die dae van die Gelofte van sy separatisme
mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom afskei
aan JaHWeH, hy moet apart wees - hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.
6 Al die dae van sy separatisme aan JaHWeH, mag hy
nie by ’n dooie siel kom nie.
7 Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy
suster - aan hulle mag hy hom nie besoedel as hulle dood is nie; want die
separatisme van sy Elohey is op sy hoof.
8 Al die dae van sy separatisme is hy apart aan
JaHWeH.
9 En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe,
sodat hy die separatisme oor sy hoof besoedel, moet hy op die dag van sy
suiwering sy hoof skeer; op die sewende dag moet hy dit skeer.
10 En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe
of twee jong duiwe na die priester, na die ingang van die Tent van Samekoms,
bring.
11 En die priester moet een vir die oortreding en
een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy oortree het by die
siel; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag toewy.
12 Daarna moet hy die dae van sy separatisme aan
JaHWeH opdra en ’n jaaroud-lam vir sy skuld bring; en die vorige dae moet
wegval, omdat sy separatisme besoedel is.
13 En dit is die Wet van die Separatis: Op die dag
as die dae van sy separatisme om is, moet hulle hom na die ingang van die Tent
van Samekoms bring;
14 en hy moet sy bydrae aan JaHWeH naderbring: een
jaaroud-lam wat raseg is as brandoffer en een jaaroud ooilam wat raseg is vir
die oortreding en een ram wat raseg is as vergoeding
15 en ’n mandjie ongesuurde koeke van fynmeel,
koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk, en hulle
spysbydrae en hulle dranke wat daarby hoort.
16 En die priester moet dit voor die Aangesig van
JaHWeH naderbring vir sy oortreding en sy brandoffer vir hom berei.
17 Hy moet ook die ram as slagdier van vergoeding
aan JaHWeH gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester
moet sy spysbydrae en sy drank vir hom berei.
18 Die Separatis moet dan by die ingang van die
Tent van Samekoms die hoof van sy separatisme skeer en die hare van sy hoof van
sy separatisme neem en dit op die vuur gooi wat onder die slagdier van die
vergoeding is.
19 Verder moet die priester die gekookte blad van
die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde
platkoek; en hy moet hulle op die handpalms van die Separatis sit nadat hy dié
[hare] van sy separatisme afgeskeer het.
20 En die priester moet dit wuiwend swaai voor die
Aangesig van JaHWeH. Apartheid [is] hy vir die priester saam met die geswaaide
bors en die bygedrae boud. En daarna mag die Separatis wyn drink.
21 Dit is die Wet vir die Separatis wat sy bydrae
aan JaHWeH beloof op Aarde van sy separatisme, behalwe wat sy hand kan bied. Volgens
die Gelofte wat hy beloof het, só moet hy doen volgens die Wet van separatisme.
22 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
23 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet
julle die kinders van JisraEl seën deur vir hulle te sê:
24 JaHWeH sal jou seën en jou behoed;
25 JaHWeH verlig Sy Aangesig oor jou en sal jou
barmhartig wees;
26 JaHWeH sal Sy Aangesig oor jou verhef en aan
jou Vrede gee.
27 So moet hulle dan My Naam op die kinders van
JisraEl lê; en Ék sal hulle seën.
7 EN op die dag toe Moshè die Tabernakel opgerig en
voltooi het, het hy hom gesalf en geseën met al sy gereedskap, en die altaar
met al sy gereedskap, het hy gesalf en geseën,
2 het die owerstes van JisraEl, die hoofde van die
huise van hulle vaders, [bydraes] nadergebring - hulle was die owerstes van die
stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het -
3 hulle het hul bydrae voor die Aangesig van JaHWeH
gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee owerstes en ’n bees vir
elkeen; en hulle het dit voor die aangesig van die Tabernakel nadergebring.
4 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
5 Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word
om die dienswerk van die Tent van Samekoms te verrig; en jy moet dit aan die
Leviete gee, aan elkeen volgens sy dienswerk.
6 Toe het Moshè die waens en die beeste geneem en
dit aan die Leviete gegee:
7 twee waens en vier beeste het hy aan die seuns
van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;
8 en vier waens en agt beeste het hy aan die seuns
van Merári gegee volgens hulle dienswerk, onder leiding van Itamar, die seun
van die priester Aäron.
9 Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee
nie; want die diens van die Apartheid het op hulle gerus: hulle moes dit op die
skouers dra.
10 En die owerstes het die inhuldiging van die
altaar [bydraes] nadergebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het
hulle bydrae voor die aangesig van die altaar gebring.
11 En JaHWeH het tot Moshè gespreek en gesê: Elke
owerste moet, elkeen op ’n afsonderlike dag, sy bydrae naderbring vir die
inwyding van die altaar.
12 En hy wat op die eerste dag sy bydrae
nadergebring het, was Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van
JeHûWdah.
13 En sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
14 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
15 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
16 een bokram vir die oortreding;
17 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Nagson, die
seun van Ammínadab.
18 Op die tweede dag het NethanEl, die seun van
Suar, die owerste van Issaskar, nadergebring -
19 hy het sy bydrae nadergebring: een
silwerskottel, honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles
van sewentig sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel
met olie gemeng as spysbydrae;
20 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
21 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
22 een bokram vir die oortreding;
23 en as slagdier van die vergoeding: twee beeste,
vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van NethanEl,
die seun van Suar.
24 Op die derde dag die owerste van die kinders
van Sébulon, EliAb, die seun van Helon.
25 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
26 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
27 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
28 een bokram vir die oortreding;
29 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme; vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van EliAb, die
seun van Helon.
30 Op die vierde dag die owerste van die kinders
van Ruben, EliSur, die seun van Sedéür.
31 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
32 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
33 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
34 een bokram vir oortreding;
35 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van EliSur, die
seun van Sedéür.
36 Op die vyfde dag die owerste van die kinders
van Símeon, SelumiEl, die seun van Suri-Shadday.
37 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
38 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
39 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
40 een bokram vir oortreding;
41 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van SelumiEl, die
seun van Suri-Shadday.
42 Op die sesde dag die owerste van die kinders
van Gad, El-Jasaf, die seun van DeuEl.
43 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
44 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
45 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
46 een bokram vir oortreding;
47 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van El-Jasaf, die
seun van DeuEl.
48 Op die sewende dag die owerste van die kinders
van Efraim, EliShama, die seun van Ammíhud.
49 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
50 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
51 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
52 een bokram vir oortreding;
53 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van EliShama, die
seun van Ammíhud.
54 Op die agtste dag die owerste van die kinders
van Manasse, GamliEl, die seun van Pedásur.
55 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
56 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
57 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
58 een bokram vir oortreding;
59 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van GamliEl, die
seun van Pedásur.
60 Op die negende dag die owerste van die kinders
van Benjamin, Abídan, die seun van Gideóni.
61 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
62 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
63 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
64 een bokram vir oortreding;
65 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Abídan, die
seun van Gideóni.
66 Op die tiende dag die owerste van die kinders
van Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
67 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
68 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
69 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as brandoffer;
70 een bokram vir oortreding;
71 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Ahiëser, die
seun van Ammísaddai.
72 Op die elfde dag die owerste van die kinders
van Aser, PagiEl, die seun van Ogran.
73 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
74 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
75 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
76 een bokram vir oortreding;
77 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van PagiEl, die
seun van Ogran.
78 Op die twaalfde dag die owerste van die kinders
van Náftali, Ahíra, die seun van Enan.
79 Sy bydrae was: een silwerskottel,
honderd-en-dertig [sikkels] haar gewig; een silwer sprinkelfles van sewentig
sikkels volgens die sikkel van die Apartheid; altwee vol fynmeel met olie
gemeng as spysbydrae;
80 een pan van tien [sikkels] goud, vol reukwerk;
81 een jong bul, een ram, een jaaroud-lam as
brandoffer;
82 een bokram vir oortreding;
83 en as slagdier van vergoeding: twee beeste, vyf
ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud-lammers. Dit was die bydrae van Ahíra, die
seun van Enan.
84 Dit was die inhuldiging van die altaar van die
kant van JisraEl se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf
silwerskottels, twaalf silwer sprinkelflesse, twaalf goue panne -
85 elke skottel honderd-en-dertig [sikkels]
silwer, en elke sprinkelfles sewentig; al die silwer van die goed was
tweeduisend-vierhonderd volgens die sikkel van die Apartheid -
86 twaalf goue panne, vol reukwerk; elke pan tien
[sikkels] volgens die sikkel van die Apartheid; al die goud van die panne was
honderd-en-twintig [sikkels].
87 Al die beeste vir die brandoffer was twaalf
bulle; die ramme twaalf, die jaaroud-lammers twaalf, met hulle spysbydrae; en
twaalf bokramme vir oortreding.
88 En al die beeste van die slagdiere van
vergoeding was vier-en-twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig,
die jaaroud-lammers sestig. Dit is die inhuldiging van die altaar nadat dit
gesalf is.
89 En as Moshè in die Tent van Samekoms gegaan het
om met Hom te spreek, het hy die Stem met hom hoor spreek van die Versoendeksel
af wat op die Ark van die Getuienis is, tussen die twee Gérubs uit. So het Hy
dan met hom gespreek.
8 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met Aäron en sê vir hom: As jy die lampe
opsteek, moet die sewe lampe die voorkant van die kandelaar verlig.
3 En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die
kandelaar het hy haar lampe opgesteek soos JaHWeH aan Moshè beveel het.
4 En dit was die maaksel van die kandelaar: smeewerk
uit goud; selfs haar stam en haar blomme was smeewerk; volgens die beeltenis
wat JaHWeH aan Moshè getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.
5 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
6 Neem die Leviete onder die kinders van JisraEl
uit en suiwer hulle.
7 En so moet jy met hulle doen om hulle te suiwer:
Spat op hulle die water vir oortreding; en hulle moet ’n skeermes oor hulle
hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself suiwer.
8 Daarna moet hulle ’n jong bul neem en die
spysbydrae wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en ’n ander jong bul
moet jy vir die oortreding neem.
9 En jy moet die Leviete voor die aangesig van die
Tent van Samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van
JisraEl versamel.
10 Dan moet jy die Leviete voor die Aangesig van
JaHWeH laat nader kom, en die kinders van JisraEl moet hulle hande op die
Leviete lê.
11 En Aäron moet die Leviete beweeg voor die
Aangesig van JaHWeH as ‘n geswaaide [aanbieding] namens die kinders van
JisraEl, sodat hulle daar kan wees vir die dienswerk van JaHWeH.
12 En die Leviete moet hulle hande op die kop van
die bulle lê; en berei jy een vir die oortreding en een vir die brandoffer vir
JaHWeH, om vir die Leviete versoening te doen.
13 Dan moet jy die Leviete stel voor die aangesig
van Aäron en voor die aangesig van sy seuns en hulle swaaiende aan JaHWeH
beweeg.
14 En jy moet die Leviete onder die kinders van
JisraEl uit afsonder, dat die Leviete Myne kan wees.
15 En daarna moet die Leviete inkom om die Tent
van Samekoms te bedien. So moet jy hulle dan suiwer en hulle bewegend swaai.
16 Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die
kinders van JisraEl uit, in die plek van alles wat die moederskoot open - al
die eersgeborenes uit die kinders van JisraEl - het Ek hulle vir My geneem.
17 Want al die eersgeborenes onder die kinders van
JisraEl is Myne, van adamiete en van diere; op die dag toe Ek al die
eersgeborenes in die Aarde van Egipte getref het, het Ek hulle vir My
afgesonder.
18 En Ek het die Leviete in die plek van al die
eersgeborenes onder die kinders van JisraEl geneem
19 en die Leviete gegee - hulle is gegee aan Aäron
en sy seuns onder die kinders van JisraEl uit om die dienswerk van die kinders
van JisraEl in die Tent van Samekoms te verrig en om vir die kinders van
JisraEl versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders
van JisraEl as die kinders van JisraEl na die Apartheid aankom nie.
20 En Moshè en Aäron en die hele vergadering van
die kinders van JisraEl het met die Leviete gedoen net soos JaHWeH Moshè
aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van JisraEl met hulle
gedoen.
21 En die Leviete het hulleself gesuiwer en hulle
klere gewas, en Aäron het hulle wuiwend beweeg voor die Aangesig van JaHWeH; en
Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te suiwer.
22 En daarna het die Leviete gekom om hulle
dienswerk in die Tent van Samekoms voor die aangesig van Aäron en voor die
aangesig van sy seuns te verrig; soos JaHWeH Moshè aangaande die Leviete beveel
het, so het hulle met hulle gedoen.
23 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
24 Dit is die saak wat die Leviete betref: Van
vyf-en-twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die
dienswerk van die Tent van Samekoms.
25 Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van
diensplig en nie meer diens doen nie -
26 hy kan sy broers in die Tent van Samekoms
behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig
nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.
9 EN JaHWeH het met Moshè gespreek in die wildernis
Sinai - in die tweede jaar nadat hulle uit die Aarde van Egipte uitgetrek het,
in die eerste maand- en gesê
2 dat die kinders van JisraEl die Pasga op die
bepaalde tyd moet hou.
3 Op die veertiende dag in hierdie maand, teen
sononder, moet julle hom op die bepaalde tyd hou; volgens al Sy Insettinge en
al Sy Regsprake moet julle hom hou.
4 Toe het Moshè met die kinders van JisraEl
gespreek dat hulle die Pasga moet hou.
5 En hulle het die Pasga gehou op die veertiende
dag van die eerste maand, net na sononder, in die wildernis Sinai; net soos
JaHWeH Moshè beveel het, so het die kinders van JisraEl gedoen.
6 En daar was manne wat deur die siel van ’n
adamiet besoedel geword het en op dieselfde dag die Pasga nie kon hou nie.
Daarom het hulle nader gekom voor die aangesig van Moshè en voor die aangesig
van Aäron op dieselfde dag,
7 en dié manne het vir hom gesê: Ons is besoedel
deur die siel van ’n adamiet; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die
bydrae van JaHWeH nie op die bepaalde tyd onder die kinders van JisraEl sou
naderbring nie?
8 En Moshè het vir hulle gesê: Bly staan, dat ek
kan hoor wat JaHWeH julle sal beveel.
9 Toe het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
10 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: As
iemand van julle of van julle geslagte deur ’n siel besoedel word of op ’n ver
reis is, moet hy tog die Pasga vir JaHWeH hou.
11 In die tweede maand, op die veertiende dag,
teen sononder, moet hulle hom hou; met ongesuurde brode en bitter kruie moet
hulle hom eet.
12 Hulle moet van hom niks laat oorbly tot die
môre toe of ’n been van hom breek nie; volgens die hele Insetting van die Pasga
moet hulle hom hou.
13 Maar die man wat suiwer is en nie op reis is
nie en nalaat om die Pasga te hou, dié siel sal haar afsny uit haar
volksgenote; want hy het die bydrae van JaHWeH nie op die bepaalde tyd
nadergebring nie. Dié man moet sy straf dra.
14 En as ’n besoeker by julle vertoef en die Pasga
vir JaHWeH hou, moet hy hom hou volgens die Insetting van die Pasga en volgens
die Verordening van hom. Sy moet een Insetting vir julle wees, vir die besoeker
sowel as die kind van die Aarde.
15 EN op die dag toe hulle die Tabernakel opgerig
het, het die Wolkkolom die Tabernakel van die Tent van die Getuienis oordek, en
in die aand was dit oor die Tabernakel soos ’n gedaante van vuur, tot die môre
toe.
16 So was dit voortdurend: die Wolkkolom het dit
oordek, en snags ’n gedaante van vuur.
17 En so dikwels as die Wolkkolom van die Tent af
optrek, het die kinders van JisraEl daarna weggetrek; en op die plek waar die
Wolkkolom rus, daar het die kinders van JisraEl laer opgeslaan -
18 volgens die bevel van JaHWeH het die kinders
van JisraEl weggetrek en volgens die bevel van JaHWeH laer opgeslaan; al die
dae wat die Wolkkolom oor die Tabernakel gerus het, het hulle in die laer
gestaan.
19 En as die Wolkkolom baie dae oor die Tabernakel
bly, het die kinders van JisraEl die diens van JaHWeH waargeneem en nie
weggetrek nie.
20 Maar somtyds was die Wolkkolom net ’n paar dae
oor die Tabernakel - volgens die bevel van JaHWeH het hulle laer opgeslaan, en
volgens die bevel van JaHWeH het hulle weggetrek.
21 En somtyds was die Wolkkolom daar van die aand
tot die môre - as die Wolkkolom in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by
dag of by nag - as die Wolkkolom optrek, het hulle weggetrek;
22 of ná twee dae of ’n maand of langer - as die
Wolkkolom lank oor die Tabernakel bly, het die kinders van JisraEl in die laer
gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.
23 Volgens die bevel van JaHWeH het hulle laer
opgeslaan, en volgens die bevel van JaHWeH het hulle weggetrek. Hulle het die
opdrag van JaHWeH in ag geneem volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van
Moshè.
10 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Maak vir jou twee silwertrompette; van smeewerk
moet jy dit maak; en hulle moet vir jou dien om die vergadering byeen te roep
en om die laers te laat opbreek.
3 As hulle dan daarop blaas, moet die hele
vergadering by jou byeenkom by die ingang van die Tent van Samekoms.
4 Maar as hulle op een daarvan blaas, moet by jou
byeenkom die owerstes, die stamhoofde van JisraEl.
5 En as julle alarm blaas, moet die laers opbreek
wat aan die oostekant staan.
6 Maar as julle die tweede keer alarm blaas, moet
die laers opbreek wat aan die suidekant staan. Alarm moet hulle blaas as hulle
moet opbreek.
7 Maar as die vergadering byeen moet kom, moet
julle blaas, maar nie alarm maak nie.
8 En die seuns van Aäron, die priesters, moet op
die trompette blaas; en dié [trompette] moet vir julle ’n ewige Insetting in
julle geslagte wees.
9 En as julle in jul Aarde in oorlog kom teen die
vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan
julle gedink word voor die Aangesig van JaHWeH julle Elohey, en julle sal van
jul vyande verlos word.
10 Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle
Feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by My
slagdiere vir vergoedinge op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in
herinnering te bring voor die Aangesig van julle Elohey. Ek - JaHWeH julle
Elohey.
11 IN die tweede jaar, in die tweede maand, op die
twintigste van die maand, het die Wolkkolom opgetrek van die Tabernakel van die
Getuienis af.
12 En die kinders van JisraEl het van plek tot
plek weggetrek uit die wildernis Sinai, en die Wolkkolom het gaan rus in die
wildernis Paran.
13 So het hulle dan die eerste keer weggetrek
volgens die bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè.
14 En eerste het weggetrek die vaandel van die
laer van JeHûWdah se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling
was Nagson, die seun van Ammínadab.
15 En oor die afdeling van die stam van Issaskar
se kinders was NethanEl, die seun van Suar.
16 En oor die afdeling van die stam van Sébulon se
kinders was EliAb, die seun van Helon.
17 Toe is die Tabernakel afgebreek; en die seuns
van Gerson en die seuns van Merári, die draers van die Tabernakel, het
weggetrek.
18 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer
van Ruben volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was Elísur, die seun
van Sedéür.
19 En oor die afdeling van die stam van Símeon se
kinders was SelumiEl, die seun van Suri-Shadday.
20 En oor die afdeling van die stam van Gad se
kinders was El-Jasaf, die seun van DeuEl.
21 Daarna het die Kehatiete, die draers van die Apartheidsplek,
weggetrek. En [die ander] het die Tabernakel opgerig voordat hulle aangekom
het.
22 Daarna het weggetrek die vaandel van die laer
van Efraim se kinders volgens hulle leërafdelings; en oor sy afdeling was
EliShama, die seun van Ammíhud.
23 En oor die afdeling van die stam van Manasse se
kinders was GamliEl, die seun van Pedásur.
24 En oor die afdeling van die stam van Benjamin
se kinders was Abídan, die seun van Gideóni.
25 Toe het weggetrek die vaandel van die laer van
Dan se kinders wat, volgens hulle leërafdelings, die agterhoede vir al die
leërs was; en oor sy afdeling was Ahiëser, die seun van Ammísaddai.
26 En oor die afdeling van die stam van Aser se
kinders was PagiEl, die seun van Ogran.
27 En oor die afdeling van die stam van Náftali se
kinders was Ahíra, die seun van Enan.
28 Dit is die optogte van die kinders van JisraEl
volgens hulle leërafdelings. En hulle het weggetrek.
29 En Moshè het vir Hobab, die seun van Rehuel,
die Midianiet, die swaer van Moshè, gesê: Ons trek na die plek waarvan JaHWeH
gesê het: Ek sal haar aan julle gee. Trek saam met ons sodat jy jou kan suiwer;
want JaHWeH het oor JisraEl ‘n suiwering gespreek.
30 Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek
nie; maar ek sal na my deel van die Aarde en my familie gaan.
31 Toe sê hy: Moet ons tog nie verlaat nie, juis
daarom dat jy weet hoe ons laer moet opslaan in die wildernis, en jy sal vir
ons as oë dien.
32 En as jy met ons saamtrek, sal ons daardie
suiwering wat JaHWeH ons mee gaan suiwer, ook aan jou doen.
33 En hulle het van die Berg van JaHWeH af drie
dagreise ver getrek; en die Verbondsark van JaHWeH het drie dagreise ver voor
hulle uit getrek om vir hulle ’n rusplek uit te soek. [JirmeJaH 2:2]
34 En die Wolkkolom van JaHWeH was bedags oor
hulle as hulle uit die laer wegtrek.
35 En as die Ark wegtrek, het Moshè gesê: Staan
op, JaHWeH, dat U vyande verstrooi kan word en U haters voor U Aangesig kan
vlug.
36 En as sy rus, het hy gesê: Keer terug, JaHWeH,
na die tienduisende van die duisende van JisraEl!
11 DIE murmurering van die volk was besoedel in die
Oor van JaHWeH en toe JaHWeH dit hoor, het Sy Woede ontvlam, en die Vuur van
JaHWeH het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
2 Toe het die volk na Moshè geroep, en Moshè het
tot JaHWeH gebid; en die Vuur het gestaak.
3 Daarom het hulle die plek Tabéra genoem, omdat
die Vuur van JaHWeH onder hulle gebrand het.
4 EN die gepeupel wat onder hulle was, is met lus
bevang. Toe het die kinders van JisraEl weer geween en gesê: Wie sal vir ons
vleis gee om te eet?
5 Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet
kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die
knoffel.
6 Maar nou is ons siel dor; daar’s glad niks nie:
net die manna is voor ons oë.
7 Die manna was soos koljandersaad, en dit het
gelyk na balsemgom.
8 Die volk het rondgeloop en hom versamel en in
handmeule gemaal of in vysels gestamp, en hulle het hom in potte gekook en
daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos die smaak van
oliekoeke.
9 En as die Dou snags op die laer val, het die
manna ook daarop geval.
10 Toe het Moshè die volk, volgens hulle families,
elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die Woede van JaHWeH het grootliks
ontvlam; ook was dit besoedeling in die oë van Moshè.
11 En Moshè sê aan JaHWeH: Waarom het U U kneg
kwaad aangedoen en waarom het ek geen Barmhartigheid in U Oë gevind nie, dat U
die las van hierdie hele volk op my lê?
12 Het ék hierdie hele volk dan ontvang? Of het ék
hulle gebaar, dat U vir my sê: Dra hulle aan jou bors soos ’n oppasser die
suigling dra, na die Adamah[adamiet se Aarde] wat U aan hulle vaders met ’n eed
beloof het?
13 Waarvandaan moet ek vleis kry om aan al hierdie
volk te gee? Want hulle ween by my en sê: Gee vir ons vleis, dat ons kan eet.
14 Ek alleen kan hierdie hele volk nie dra nie,
want dit is vir my te swaar.
15 En as U so met my wil handel, slaan my dan maar
liewer dood as ek Barmhartigheid in U Oë gevind het, en laat ek my besoedeling
nie aanskou nie.
16 Toe sê JaHWeH aan Moshè: Bring vir My sewentig
manne uit die oudstes van JisraEl bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes
van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die Tent van Samekoms, dat
hulle daar by jou kan staan.
17 Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en
van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou
help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.
18 En aan die volk moet jy sê: Sonder julle af tot
môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die Ore van JaHWeH geween en
gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte.
Daarom sal JaHWeH vir julle vleis gee, en julle sal eet. [Wysheid van Salomo 16:20]
19 Julle sal nie een dag of twee dae eet nie, of
vyf dae of tien dae of twintig dae nie -
20 maar ‘n maand se dae, totdat dit uit julle neus
uitkom en julle daarvan walg; omdat julle JaHWeH wat in julle midde is, verwerp
en voor Sy Aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte
uitgetrek?
21 Toe sê Moshè: Seshonderdduisend te voet is die
volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle
sal ’n maand se dae lank eet!
22 Sal daar vir hulle kleinvee en beeste
doodgebloei word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van
die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?
23 Maar JaHWeH sê vir Moshè: Sou die Hand van
JaHWeH te kort wees? Nou sal jy sien of My woord vir jou uitkom of nie.
24 Toe het Moshè uitgegaan en die Woorde van
JaHWeH aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes
van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die Tent laat staan.
25 Daarop het JaHWeH neergedaal in die Wolkkolom
en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op
die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle
geprofeteer; maar daarna nie meer nie.
26 Maar twee manne het in die laer agtergebly: die
naam van die een was El-Dad en die naam van die ander Medad; en die Gees het op
hulle gerus - hulle het behoort by die wat opgeskrywe was, hoewel hulle nie na
die Tent uitgegaan het nie - en hulle het in die laer geprofeteer.
27 Toe hardloop ’n seun en vertel dit aan Moshè en
sê: El-Dad en Medad profeteer in die laer.
28 En JeHôWshua, die seun van Nun, die dienaar van
Moshè van sy jeug af, antwoord en sê: My meester Moshè, belet hulle dit!
29 Maar Moshè sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as
die hele volk van JaHWeH maar profete was, dat JaHWeH SY Gees oor hulle mag
gee!
30 Daarop het Moshè hom in die laer teruggetrek,
hy en die oudstes van JisraEl.
31 Toe het ’n Gees wat van JaHWeH kom, uitgevaar
en kwartels van die see af oorgebring en op die laer gestrooi omtrent ’n
dagreis hier en omtrent ’n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent
twee voorarm bokant die Aarde.
32 Toe het die volk opgestaan daardie hele dag en
die hele nag en die hele volgende dag en die kwartels versamel. Hy wat die
minste gehad het, het tien homer versamel. En hulle het dit oral vir hulle
uitgesprei rondom die laer. [Wysheid van Salomo 16:2]
33 Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat
dit gekou was, toe die Woede van JaHWeH alreeds teen die volk ontvlam het, en
JaHWeH het onder die volk ’n baie groot slagting teweeggebring.
34 Daarom het hulle dié plek genoem
Kibrot-Hattáäwa; want daar het hulle die volk begrawe wat so begerig was.
35 Van Kibrot-Hattáäwa af het die volk weggetrek
na Háserot toe, en hulle het in Háserot gebly.
12 EN Mirjam en Aäron het teen Moshè gespreek vanweë
die vrou van Kuwshland wat hy geneem het; want hy het ’n vrou van Kuwshland
geneem. [Boekrol
van die Opregte 72:37, 76:5]
2 En hulle het gesê: Het JaHWeH dan maar alleen
met Moshè gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En JaHWeH het dit
gehoor.
3 Maar die man Moshè was baie sagmoedig, meer as
al die adamiete op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde].
4 Toe het JaHWeH dadelik met Moshè en Aäron en
Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die Tent van Samekoms! En hulle drie
het uitgekom.
5 En JaHWeH het in die Wolkkolom neergedaal en by
die ingang van die Tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en
hulle twee het uitgekom.
6 Toe sê Hy: Hoor tog My woorde. As julle profeet
van JaHWeH is, sal Ek deur ’n gesig My aan hom bekend maak, deur ’n droom sal
Ek met hom spreek.
7 So is dit nie met My kneg Moshè nie: in My hele
Huis is hy getrou.
8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur
aanskouing en nie deur raaiselagtige woorde nie; en hy sien die Gestalte van
JaHWeH. Waarom het julle dan nie gevrees om teen My kneg, teen Moshè, te spreek
nie?
9 En die Woede van JaHWeH het teen hulle ontvlam,
en Hy het weggegaan.
10 En toe die Wolkkolom van die Tent af weggetrek
het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en -
sy was melaats!
11 Daarop sê Aäron vir Moshè: Ag, my meester, lê
tog nie op ons die oortreding wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.
12 Laat sy tog nie wees soos ’n dooie van wie se
vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.
13 En Moshè het JaHWeH aangeroep en gesê: o El,
maak haar tog gesond!
14 Toe sê JaHWeH vir Moshè: As haar vader net maar
in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy
sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem
word.
15 En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die
laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.
16 Maar daarna het die volk van Háserot af
weggetrek en in die wildernis Paran laer opgeslaan.
13 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
2 Stuur vir jou manne uit, dat hulle die Aarde van
Kanaän wat Ek aan die kinders van JisraEl sal gee, kan verken. Van elke
vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen ’n owerste onder hulle.
3 En Moshè het hulle uitgestuur uit die wildernis
Paran, volgens die bevel van JaHWeH - hulle almal manne wat hoofde was van die
kinders van JisraEl.
4 En dit is hulle name: Van die stam van Ruben:
Sámmua, die seun van Sakkur.
5 Van die stam van Símeon: Safat, die seun van
Hori.
6 Van die stam van JeHûWdah: Kaleb, die seun van
Jefúnne.
7 Van die stam van Issaskar: Jígeal, die seun van
JôWsef.
8 Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van
Nun.
9 Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van
Rafu.
10 Van die stam van Sébulon: GadiEl, die seun van
Sodi.
11 Van die stam van JôWsef, vir die stam van
Manasse: Gaddi, die seun van Susi.
12 Van die stam van Dan: AmmiEl, die seun van
Gemálli.
13 Van die stam van Aser: Setur, die seun van
MikaEl.
14 Van die stam van Náftali: Nagbi, die seun van
Wofsi.
15 Van die stam van Gad: GeuEl, die seun van Magi.
16 Dit is die name van die manne wat Moshè gestuur
het om die Aarde te verken; En Moshè het Hoséa, die seun van Nun, JeHôWshua
genoem.
17 En Moshè het hulle gestuur om die Aarde van
Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die
gebergte.
18 En bekyk die Aarde, hoe sy is, en die volk wat
op haar woon, of hy sterk of swak, of hy min of baie is;
19 en hoe die Aarde is waar hulle in woon, of sy
suiwer of besoedel is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of
vestings;
20 ook hoe die Aarde is, of sy vet of skraal is,
of daar bome in haar is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die
Aarde saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe.
21 En hulle het opgetrek en die Aarde verken van
die wildernis Sin af tot by Rehob, na die ingang van Hammat -
22 hulle het in die Suidland opgetrek en tot by
Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die
Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor die aangesig van Soan in Egipte gebou.
23 Daarop het hulle tot by die dal Eskol gekom en
daar ’n rank met een tros druiwe afgesny, en twee het dit aan ’n draagstok
gedra; ook van die granate en van die vye.
24 Dié plek het hulle die dal Eskol genoem vanweë
die tros wat die kinders van JisraEl daar afgesny het.
25 En ná verloop van veertig dae het hulle
teruggekom van die Aarde te verken.
26 En hulle het weggegaan en by Moshè en Aäron en
die hele vergadering van die kinders van JisraEl gekom in die wildernis Paran,
in Kadesh, en aan hulle berig gebring, en aan die hele vergadering en hulle die
vrugte van die Aarde laat sien.
27 En hulle het hom vertel en gesê: Ons het gekom
in die Aarde waarheen u ons gestuur het; en waarlik, sy loop oor van melk en
heuning, en dit is haar vrugte.
28 Maar die volk wat in die Aarde woon, is sterk,
en die stede is versterk en baie groot; en ons het daar ook die kinders van die
Enakiete (reuse) gesien.
29 Die Amalekiete woon in die Aarde van die Suide,
maar die Hetiete en Jebusiete en Amoriete woon in die gebergte, en die
Kanaäniete woon by die see en aan die kant van die Jordaan.
30 Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor
Moshè en gesê: Laat ons gerus optrek en haar in besit neem; want ons kan haar
sekerlik oorweldig.
31 Maar die manne wat saam met hom opgetrek het,
het gesê: Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as ons.
32 So het hulle dan slegte gerugte onder die
kinders van JisraEl versprei oor die Aarde wat hulle verken het, deur te sê:
Die Aarde wat ons deurgetrek het om haar te verken, is ’n Aarde wat haar
inwoners verteer; en al die mense wat ons in haar midde gesien het, is groot
manne.
33 Ons het daar ook die Nefilim gesien, die
kinders van Enak, van die Nefilim afkomstig; en ons was soos sprinkane in ons
oë; so was ons ook in hulle oë.
14 TOE het die hele vergadering uitgeroep - hulle
het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween.
2 En al die kinders van JisraEl het gemurmureer
teen Moshè en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as
ons maar in die Aarde van Egipte gesterf het! Of as ons maar hier in die
wildernis gesterf het!
3 En waarom bring JaHWeH ons na hierdie Aarde om
deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ’n buit word. Sal dit nie
beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?
4 En hulle sê vir mekaar: Laat ons ’n hoof aanstel
en na Egipte teruggaan.
5 Toe het Moshè en Aäron op hulle aangesig geval
voor die aangesig van die hele vergadering van die gemeente van die kinders van
JisraEl.
6 En JeHôWshua, die seun van Nun, en Kaleb, die
seun van Jefúnne, twee van die wat die Aarde verken het, het hulle klere
geskeur
7 en die hele vergadering van die kinders van
JisraEl toegespreek en gesê: Die Aarde wat ons deurgetrek het om te verken, is
’n buitengewoon goeie Aarde.
8 As JaHWeH ’n welbehae in ons het, sal Hy ons in
hierdie Aarde inbring en haar aan ons gee, ’n Aarde wat oorloop van melk en
heuning.
9 Rebelleer nie teen JaHWeH nie, en wees julle nie
bevrees vir die volk van die Aarde nie, want hulle is ons spys. Hulle
beskutting het van hulle gewyk, en JaHWeH is met ons. Wees nie bevrees vir
hulle nie!
10 Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig
moet word. En die Glansrykheid van JaHWeH het verskyn in die Tent van Samekoms
voor al die kinders van JisraEl.
11 Daarop het JaHWeH aan Moshè gesê: Hoe lank sal
hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die
tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
12 Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei;
en Ek sal jou ’n groter en sterker nasie maak as hulle.
13 Toe het Moshè tot JaHWeH gespreek: Maar die
Egiptenaars het gehoor dat U deur U Krag hierdie volk onder hulle uit laat
optrek het
14 en dit aan die inwoners van hierdie Aarde gesê.
Hulle het gehoor dat U, JaHWeH, in die midde van hierdie volk is; dat U,
JaHWeH, duidelik waarneembaar verskyn; dat U Wolkkolom oor hulle staan en U in
die Wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in die Vuurkolom by nag.
15 As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan
sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:
16 Omdat JaHWeH hierdie volk nie kon inbring in
die Aarde wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, het Hy hulle laat doodbloei
in die wildernis.
17 Laat dan nou tog die Krag van my Meester groot
word, soos U gespreek het deur te sê:
18 JaHWeH is stadig om kwaad te word en betoon
groot Medelye, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit
ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die
kinders, aan die derde en aan die vierde [geslag].
19 Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk
na die grootheid van U Medelye, en soos U hierdie volk van Egipte af tot
hiertoe vergewe het.
20 Toe sê JaHWeH: Ek vergewe, volgens jou woord.
21 So waar as Ek leef, vul, sal die Glansrykheid van
JaHWeH, die hele Aarde,
22 want al die manne wat My Glansrykheid en My
tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die wildernis gedoen het, en My nou al
tien maal versoek het en na My Stem nie geluister het nie,
23 hulle sal die Aarde nie sien wat Ek aan hulle
vaders met ’n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal haar nie sien
nie.
24 Maar My kneg Kaleb, omdat ’n ander gees in hom
was en hy volhard het om My te volg - hom sal Ek bring in die Aarde waarin hy
gekom het, en sy saadlyn sal haar in besit neem.
25 Die Amalekiete en die Kanaäniete woon in die
laagte - draai môre weg en trek tog die wildernis in, op pad na die Skelfsee.
26 Daarna het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek
en gesê:
27 Hoe lank sal hierdie besoedelde vergadering
[aanhou] dat hulle teen My protesteer? Ek het die geklaery van die kinders van
JisraEl gehoor waarmee hulle teen My bly protesteer.
28 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek
JaHWeH, waarlik, soos julle voor My Ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.
29 Julle lyke sal in hierdie wildernis lê, naamlik
al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo,
julle wat teen My geprotesteer het.
30 Waarlik, júlle sal nie in die Aarde kom waaroor
Ek My Hand opgehef het om julle in haar te laat woon nie, behalwe Kaleb, die
seun van Jefúnne, en JeHôWshua, die seun van Nun.
31 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle
sal ’n buit word - dié sal Ek inbring en dié sal die Aarde leer ken wat julle
verwerp het.
32 Maar julle lyke sal in hierdie wildernis lê.
33 En julle kinders sal soos herders rondtrek in
die wildernis, veertig jaar lank, en sal so [die gevolge van] julle hoerery dra
totdat julle karkasse in die wildernis verteer is.
34 Volgens die getal dae dat julle die Aarde
verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul dade van
Ongeregtigheid dra, veertig jaar lank, en My teëstand gewaar word.
35 Ek - JaHWeH, het dit gespreek; waarlik, dit sal
Ek aan hierdie hele besoedelde vergadering doen wat teen My bymekaargekom het.
Hulle sal in hierdie wildernis omkom en daar sterwe.
36 En die manne wat Moshè gestuur het om die Aarde
te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat
protesteer het deur ’n slegte gerug aangaande die Aarde te versprei,
37 die manne wat ’n gerug van besoedeling
aangaande die Aarde versprei het, het gesterwe deur ’n plaag voor die Aangesig
van JaHWeH.
38 Maar van dié manne wat die Aarde gaan verken
het, het JeHôWshua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die
lewe gebly.
39 En toe Moshè hierdie woorde aan al die kinders
van JisraEl gesê het, het die volk baie getreur
40 en die môre vroeg klaargemaak en op die top van
die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat JaHWeH
gesê het, want ons het oortree.
41 Maar Moshè het gesê: Waarom oortree julle tog
teen die Mond van JaHWeH, aangesien dit tog nie sal gebeur nie?
42 Moenie optrek nie, want JaHWeH is nie in julle
midde nie - anders word julle verslaan voor die aangesig van julle vyande.
43 Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar
voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van JaHWeH afvallig
geword het, daarom sal JaHWeH nie met julle wees nie.
44 Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die
top van die berg te klim; maar die Verbondsark van JaHWeH en Moshè het nie uit
die laer gewyk nie.
45 Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in
dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by
Horma.
15 DAARNA het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As julle in die Aarde van julle inwoning kom wat Ek aan julle gee,
3 en as julle ’n vuurbereiding aan JaHWeH wil
berei, ’n brandoffer of slagdier - deur ’n buitengewone Gelofte te bring of as
vrywillige skenking of by julle Feestye - om vir JaHWeH ’n aangename geur van
beeste of van kleinvee te berei,
4 dan moet die een wat sy bydrae aan JaHWeH
naderbring, as spysbydrae naderbring ’n tiende [van ’n efa] fynmeel, gemeng met
’n kwart-hin olie;
5 en wyn vir die drank, ’n kwart-hin, moet jy
berei by die brandoffer of by die slagdier van een lam.
6 Of vir ’n ram moet jy as spysbydrae berei
twee-tiendes [van ’n efa] fynmeel, met ’n derde van ’n hin olie gemeng.
7 En vir die drank moet jy naderbring ’n derde van
’n hin wyn as aangename geur aan JaHWeH.
8 En as jy ’n jong bul as brandoffer of ‘n
slagdier berei, om ’n buitengewone Gelofte te doen of as vergoeding aan JaHWeH,
9 moet hy by die jong bul as spysbydrae naderbring
drie-tiendes [van ’n efa] fynmeel met ’n half-hin olie gemeng.
10 En bring nader, vir die drank: ’n half-hin wyn,
as vuur van aangename geur aan JaHWeH.
11 So moet gedoen word by elke bees of by elke ram
of by ’n lam van die skape of van die bokke.
12 Volgens die getal wat julle berei - so moet
julle doen by elkeen volgens hulle getal.
13 Elke kind van die Aarde moet hierdie dinge op
dieselfde manier doen, om ’n vuur van aangename geur aan JaHWeH nader te bring.
14 En as ’n besoeker by julle vertoef, of hy wat
vir geslagte onder julle is, en ’n vuur van aangename geur vir JaHWeH berei -
soos julle doen, so moet hy doen.
15 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde
Insetting geld vir julle en vir die besoeker wat [by julle] vertoef. ’n Ewige
Insetting in julle geslagte is sy: soos julle, so moet die besoeker voor die
Aangesig van JaHWeH wees.
16 Een Wet en een Reg moet geld vir julle en vir
die besoeker wat by julle vertoef.
17 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
18 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As julle in die Aarde kom waarheen Ek julle bring,
19 moet julle, as julle van die brood van die
Aarde eet, ’n bydrae aan JaHWeH afgee.
20 As eersteling van julle growwe meel moet julle
’n koek as bydrae afgee; net soos die bydrae van die dorsvloer, so moet julle
dit afgee.
21 Van die eerstelinge van julle growwe meel moet
julle ’n bydrae aan JaHWeH gee in julle geslagte.
22 Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie
Gebooie wat die Woord van JaHWeH aan Moshè meegedeel het, doen nie -
23 alles wat JaHWeH julle deur Moshè beveel het
van die dag af dat JaHWeH dit beveel het en verder in julle geslagte -
24 dan moet die hele vergadering, as dit buiten
die wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir ’n
brandoffer as aangename geur aan JaHWeH, met sy spysbydrae en sy drank wat
volgens Reg daarby behoort; en een bokram vir die oortreding.
25 En die priester moet versoening doen vir die
hele vergadering van die kinders van JisraEl, en dit sal hulle vergewe word;
want ’n swakheid was dit, en hulle het hul bydrae as bereiding deur vuur aan
JaHWeH vir hul oortreding, weens hulle swakheid, voor die Aangesig van JaHWeH
gebring.
26 Dit sal dan die hele vergadering van die
kinders van JisraEl vergewe word, ook die besoeker wat onder hulle vertoef;
want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.
27 En as ’n enkele siel in swakheid oortree, moet
sy ’n jaaroud bokooi vir die oortreding naderbring.
28 En die priester moet versoening doen op die
siel wat misgaan het, weens haar oortredinge in swakheid voor die Aangesig van
JaHWeH begaan, om vir haar versoening te doen; en dit sal haar vergewe word.
29 Wat die kind van die Aarde onder die kinders
van JisraEl aangaan en die besoeker wat onder hulle vertoef - een en dieselfde
wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.
30 Maar die siel wat iets moedswillig doen, van
die kinders van die Aarde of van die besoekers; as hy JaHWeH versmaad sal dié
siel haar afsny van binne haar volk uit.
31 Want die Woord van JaHWeH het sy verag en Sy gebod
verbreek. In afsnyding, sal sy afgesny word - die siel - haar ongeregtigheid
[is] in haar.
32 EN toe die kinders van JisraEl in die wildernis
was, het hulle ’n man gekry wat op die Sabbatdag hout bymekaarmaak.
33 En die wat hom gekry het terwyl hy hout
bymekaarmaak, het hom na Moshè en Aäron en na die hele vergadering
nadergebring.
34 En hulle het hom in die gevangenis gesit, want
dit was nie beslis wat met hom gedoen moes word nie.
35 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Die man moet sekerlik
gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.
36 Toe het die hele vergadering hom buitekant die
laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos JaHWeH aan Moshè
beveel het.
37 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
38 Spreek met die kinders van JisraEl en sê aan
hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle
geslagte, en aan die hoekklossies ’n draad van koningsblou stof vasbind. [JeHôWganan 14:26]
39 En sy sal julle as klossies dien: as julle haar
sien, moet julle aan al die Gebooie van JaHWeH dink, dat julle haar doen en nie
jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
40 sodat julle al My Gebooie onthou en doen, en
apartes aan julle Elohey mag wees.
41 Ek - JaHWeH julle Elohey wat julle uit die
Aarde van Egipte uitgelei het om vir julle ’n Elohim te wees. Ek - JaHWeH julle
Elohey.
16 EN Korag, die seun van Jishar, die seun van
Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van EliAb, en On, die
seun van Pelet, seuns van Ruben, het [manne] geneem,
2 en hulle het opgestaan voor die Aangesig, van
die Oë van Moshè, saam met tweehonderd-en-vyftig man uit die kinders van
JisraEl, owerstes van die vergadering, manne wat opgeroep was vir die
volksvergadering, berugte manne.
3 En hulle het bymekaargekom teen Moshè en Aäron
en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal,
is apartes; en JaHWeH is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan bo die
vergadering van JaHWeH?
4 Toe Moshè dit hoor, het hy op sy aangesig geval;
5 en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en
gesê: Môre vroeg, dan sal JaHWeH bekend maak wie Hom toebehoort en wie die
apartgestelde is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na
Hom laat nader kom.
6 Doen dit: Kry vir julle vuurtange, Korag en sy
hele bende,
7 en neem môre vuur daarin en lê daar reukwerk op
voor die Aangesig van JaHWeH; dan sal die man wat JaHWeH uitkies, die
apartgestelde wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!
8 Verder het Moshè vir Korag gesê: Luister tog,
kinders van Levi!
9 Is dit julle nie genoeg dat die Elohey van
JisraEl julle uit die vergadering van JisraEl afgeskei het om julle na Hom te
laat nader kom, om die dienswerk van JaHWeH se Tabernakel te verrig en te staan
voor die aangesig van die vergadering om hulle te dien nie,
10 en Hy jou laat nader kom het en al jou broers,
die kinders van Levi, saam met jou - dat julle nou ook die priesteramp begeer?
11 Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen
JaHWeH vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?
12 En Moshè het gestuur om Datan en Abíram, die
seuns van EliAb, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.
13 Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n Aarde wat
oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die wildernis om te
bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?
14 Ook het jy ons nie gebring in ’n Aarde wat oorloop
van melk en heuning en aan ons geen land en Wingerde as Erfdeel gegee nie. Wil
jy die oë van hierdie manne uitgrawe? Ons sal nie opkom nie.
15 Toe het Moshè baie kwaad geword, en hy het aan
JaHWeH gesê: Sien hulle eerbetoon nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle
geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.
16 Verder het Moshè vir Korag gesê: Jy en jou hele
bende, sorg dat julle môre voor die Aangesig van JaHWeH is, jy en hulle en
Aäron.
17 En neem julle elkeen sy koolpan en sit daar
reukwerk op, en bring dit nader voor die Aangesig van JaHWeH elkeen sy koolpan,
tweehonderd-en-vyftig koolpanne, ook jy en Aäron elkeen met sy koolpan.
18 Toe het hulle elkeen sy koolpan geneem en daar
vuur op gesit en reukwerk op gelê; en hulle het gaan staan by die ingang van
die Tent van Samekoms, ook Moshè en Aäron.
19 En Korag het die hele vergadering teen hulle
bymekaar laat kom by die ingang van die Tent van Samekoms. En die Glansrykheid
van JaHWeH is deur die hele vergadering gesien.
20 En JaHWeH het met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
21 Skei julle af van hierdie vergadering, en Ek
sal hulle in ’n oomblik verteer.
22 Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o
El, Elohey van die Geeste van alle vlees! Sal een man oortree en U op die hele
vergadering woedend word?
23 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
24 Spreek met die vergadering en sê: Maak dat
julle wegkom rondom die woning van Korag, Datan en Abíram!
25 Toe het Moshè opgestaan en na Datan en Abíram
gegaan, en die oudstes van JisraEl het agter hom aan gegaan.
26 Daarop het hy die vergadering toegespreek en
gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie besoedelde manne en raak nie
aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle oortredinge
omkom nie.
27 En hulle het gemaak dat hulle wegkom rondom die
woning van Korag, Datan en Abiram; maar Datan en Abíram het uitgekom en gaan
staan by die deur van hulle tente saam met hulle vroue en seuns en kindertjies.
28 Toe sê Moshè: Hieraan sal julle weet dat JaHWeH
my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is
nie:
29 as hierdie adamiete sterwe soos alle adamiete
sterwe en met die straf van alle adamiete gestraf word, dan het JaHWeH my nie
gestuur nie.
30 Maar as JaHWeH iets nuuts skep en die
Adamah[adamiet se Aarde] haar Mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan
hulle behoort, en hulle lewendig na die Doderyk/Sheol afdaal, dan sal julle
weet dat hierdie manne JaHWeH verag het.
31 En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het,
skeur die Adamah[adamiet se Aarde] wat onder hulle was,
32 en die Aarde het haar Mond oopgemaak en hulle
verslind saam met hul huisgesinne en al die adamiete wat aan Korag behoort het
en al die goed.
33 So het hulle dan met alles wat hulle s’n was,
lewendig na die Doderyk/Sheol afgedaal; en die Aarde het hulle oordek, en hulle
het omgekom uit die midde van die vergadering.
34 En die hele JisraEl wat rondom hulle was, het
gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die Aarde ons!
35 Toe het ‘n Vuur van JaHWeH uitgegaan en die
tweehonderd-en-vyftig man verteer wat die reukwerk nadergebring het.
36 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
37 Sê aan El-Azar, die seun van die priester
Aäron, dat hy die koolpanne uit die brand moet wegneem en die vuur ver weg moet
strooi; want dit is afgesonder-
38 die koolpan van die wat oortree het ten koste
van hulle siele; en daarvan moet dun plate geslaan word as ’n oortreksel vir
die altaar. Want hulle het dié voor die Aangesig van JaHWeH nadergebring -
daarom is dit gewyd; en dit sal vir die kinders van JisraEl ’n beduidende teken
wees.
39 Toe het die priester El-Azar die koolpanne van
koper geneem waarmee [hulle bydraes] nadergebring het, waaroor hulle verbrand
is, en hulle het dit plat geslaan as ’n oortreksel vir die altaar -
40 ’n herinnering vir die kinders van JisraEl,
sodat enige man – ‘n verbasterde , wat nie uit die saad van Aäron is nie, nie
sal nader kom om reukwerk voor die Aangesig van JaHWeH aan die brand te steek
nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos JaHWeH deur die hand
van Moshè gespreek het.
41 Maar die volgende dag het die hele vergadering
van die kinders van JisraEl teen Moshè en Aäron geprotesteer en gesê: Júlle het
die volk van JaHWeH gedood.
42 En terwyl die vergadering teen Moshè en Aäron
bymekaarkom, het hulle hul na die Tent van Samekoms gedraai, en meteens het die
Wolkkolom hom oordek en die Glansrykheid van JaHWeH is gesien.
43 En toe Moshè en Aäron tot voor die Tent van
Samekoms kom,
44 het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
45 Trek julle terug uit hierdie vergadering, dat
Ek hulle in ’n oomblik kan verteer. Toe val hulle op hul aangesig,
46 en Moshè sê vir Aäron: Neem die koolpan en
plaas vuur van die altaar op haar en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na
die vergadering en doen versoening vir hulle; want Woede het van die Aangesig
van JaHWeH uitgegaan, die plaag het uitgebreek!
47 Toe neem Aäron dit soos Moshè gespreek het en
hardloop onder die vergadering in, en kyk, die plaag het al onder die volk
uitgebreek! En hy het die reukwerk daarop gelê en versoening gedoen vir die
volk.
48 En terwyl hy tussen die dooies en die lewendes
staan, het die plaag opgehou.
49 En die wat deur die plaag gesterf het, was
veertienduisend-sewehonderd, buiten die wat gesterf het om Korag se ontwil.
50 Daarop gaan Aäron na Moshè terug by die ingang
van die Tent van Samekoms; en die plaag is gestuit.
17 DAARNA het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en neem van
hulle vir elke stam ’n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf
stawwe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
3 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van
Levi; want een staf moet daar wees vir die stamhoof oor die huis van sy vader.
4 En jy moet hulle wegsit in die Tent van Samekoms
voor die Aangesig van die Getuienis waar Ek met julle saamkom.
5 En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bot;
en Ek sal die geklaery van die kinders van JisraEl wat hulle teen julle geklae
het, stilmaak teenoor My.
6 Daarop het Moshè met die kinders van JisraEl
gespreek; en al hulle owerstes het hom ’n staf gegee, vir elke owerste een
volgens hulle stamme, twaalf stawwe. Aäron se staf was ook onder hulle stawwe.
7 En Moshè het die stawwe voor die Aangesig van
JaHWeH in die Tent van die Getuienis neergesit.
8 En toe Moshè die volgende dag in die Tent van
die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi,
gebot: hy het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat
ryp word! [JirmeJaH 1:11; MattithJaHûW 24:32]
9 Toe bring Moshè al die stawwe wat voor die
Aangesig van JaHWeH was, na al die kinders van JisraEl toe uit; en hulle het
dit gesien en elkeen sy staf geneem.
10 Daarop het JaHWeH vir Moshè gesê: Bring die
staf van Aäron terug voor die Aangesig van die Getuienis om hom te bewaar as
Teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle geklaery, dat
hulle nie sterwe nie.
11 En Moshè het dit gedoen; soos JaHWeH hom beveel
het, so het hy gedoen.
12 Toe het die kinders van JisraEl met Moshè gespreek
en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!
13 Elkeen wat enigsins nader kom na die Tabernakel
van JaHWeH, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te
sterwe?
18 EN JaHWeH het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en
die huis van jou vader saam met jou moet die skuld met betrekking tot die
Apartheids-plek dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die skuld met
betrekking tot julle priesteramp dra.
2 En laat ook jou broers, die stam van Levi, die
stam van jou vader, saam met jou nader kom, dat hulle by jou kan aansluit en
jou dien, terwyl jy en jou seuns saam met jou voor die Aangesig van die Tent
van Getuienis is.
3 En hulle moet jou diens waarneem en die diens
van die hele Tent; maar naby die voorwerpe van die Apartheid en naby die altaar
mag hulle nie kom nie, dat hulle nie sterwe, hulle sowel as julle nie.
4 Maar hulle moet by jou aansluit en die diens van
die Tent van Samekoms waarneem: al die dienswerk van die Tent; en ’n
verbasterde mag nie na julle toe nader kom nie.
5 En julle moet die diens van die Apartheid en die
diens van die altaar waarneem, sodat daar verder geen toorn oor die kinders van
JisraEl kom nie.
6 Want Ek self het julle broers, die Leviete,
onder die kinders van JisraEl uit geneem as ’n gawe vir julle, hulle wat aan
JaHWeH gegee is om die dienswerk van die Tent van Samekoms te verrig.
7 Maar jy en jou seuns saam met jou moet julle
priesteramp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat
binnekant die voorhangsel is, en julle moet diens verrig. As ’n dienswerk wat
geskenk word, gee Ek julle die priesteramp; en die verbasterde wat naby kom,
moet gedood word.
8 Verder het JaHWeH met Aäron gespreek: Ek self
het jou die diens van My bydraes gegee; wat betref al die apartheids [gawes]
van die kinders van JisraEl, aan jou gee Ek haar as aandeel en aan jou seuns as
ewige Insetting.
9 Van die Apartheid van die Aparthede, met
uitsondering van wat verbrand word, moet sy joune wees: al hulle bydraes,
naamlik elke spysbydrae en alles vir hul oortredinge en al die vir hul skuld,
wat hulle aan My bring - as Apartheid van Aparthede moet sy vir jou en jou
seuns wees.
10 In die Apartheid van die Aparthede moet jy haar
eet; almal wat manlik is, mag haar eet; Apartheid moet sy vir jou wees.
11 Sy moet ook joune wees: die skenkings van hulle
geskenke, van al die geswaaide [aanbiedings] van die kinders van JisraEl; Ek
gee haar aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige Insetting.
Elkeen wat suiwer is in jou huis, mag haar eet.
12 Al die beste van die olie en al die beste van
die druiwesap en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan JaHWeH gee, dit
gee Ek aan jou.
13 Die eerstelinge van alles wat in die Aarde is,
wat hulle aan JaHWeH bring, moet joune wees. Elkeen wat suiwer is in jou huis,
mag dit eet.
14 Alles wat onder die ban is in JisraEl, moet
joune wees.
15 Alles wat die moederskoot open - alle vlees wat
hulle vir JaHWeH naderbring, adamiete en diere - moet joune wees; maar die
eersgeborenes van adamiete moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die
eersgeborenes van besoedelde diere loskoop.
16 En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf ’n
maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting vir die silwer van vyf sikkels
volgens die sikkel van die Apartheid; dit is twintig gera.
17 Maar die eersgeborene van ’n bees of die
eersgeborene van ’n skaap of die eersgeborene van ’n bok moet jy nie loskoop
nie; Apartheid is hulle; hulle bloed moet jy sprinkel op die altaar en hulle
vet aan die brand steek as bereiding deur vuur van ‘n aangename geur aan
JaHWeH.
18 En hulle vleis moet joune wees; soos die
geswaaide bors en die regterboud moet dit joune wees.
19 Al die skenkings van die Aparthede wat die
kinders van JisraEl aan JaHWeH afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou
dogters saam met jou as ’n ewige Insetting. Dit is ’n ewige Soutverbond voor
die Aangesig van JaHWeH, vir jou en jou saad saam met jou. [MattithJaHûW 5:13; 2
Kronieke 13:5; Markus 9:50]
20 Ook het JaHWeH vir Aäron gesê: Jy sal in hulle
Aarde nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en
jou Erfenis onder die kinders van JisraEl.
21 En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die
tiendes in JisraEl as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die
dienswerk van die Tent van Samekoms.
22 En die kinders van JisraEl moet nie meer
naderkom na die Tent van Samekoms nie, om nie hulle skuld van oortredinge op
hulle te laai sodat hulle sterwe nie.
23 Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die
Tent van Samekoms verrig, en hulle moet hul skuld dra - ’n ewige Insetting in
julle geslagte. En onder die kinders van JisraEl moet hulle geen erfdeel kry
nie.
24 Want die tiendes van die kinders van JisraEl
wat hulle aan JaHWeH as bydrae afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom
het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van JisraEl geen
erfdeel kry nie.
25 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
26 Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle
sê: As julle van die kinders van JisraEl die tiendes neem wat Ek aan julle van
hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ’n bydrae aan JaHWeH afgee,
’n tiende van die tiende.
27 En julle bydrae sal vir julle gereken word soos
koring van die dorsvloer af en soos die volheid uit die parskuip.
28 Só moet julle ook ’n bydrae aan JaHWeH afgee
van al julle tiendes wat julle van die kinders van JisraEl neem, en julle moet
daarvan die bydrae van JaHWeH aan die priester Aäron gee.
29 Van al jul gawes wat julle sal ophef moet die
bydrae aan JaHWeH gegee word, van al die vet daarvan, as gewyde deel daarvan.
30 Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste
daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrengs van die
dorsvloer en as opbrengs van die parskuip.
31 En julle mag haar op enige plek eet, julle en
jul huisgesin; want sy is vir julle ’n loon vir jul dienswerk by die Tent van
Samekoms.
32 En julle sal daarby geen skuld op julle laai as
julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die apartheids[gawes] van
die kinders van JisraEl nie besoedel nie, sodat julle nie sterwe nie.
19 VERDER het JaHWeH met Moshè en Aäron gespreek en
gesê:
2 Dit is ‘n Insetting van die Wet volgens die
bevel van JaHWeH: Spreek met die kinders van JisraEl dat hulle vir jou ’n rooi
koei bring; wat raseg is, wat geen gebrek in haar het nie, en waarop geen juk
gekom het nie.
3 En julle moet haar aan die priester El-Azar gee,
en hulle moet haar buitekant die laer uitbring en voor hom bloei.
4 En die priester El-Azar moet van haar bloed met
sy vinger neem en van haar bloed sewe maal in die rigting van die voorkant van
die Tent van Samekoms spat.
5 Daarna moet hulle die koei voor sy oë verbrand;
haar vel en haar vleis en haar bloed, saam met haar mis, moet hulle verbrand.
6 En die priester moet sederhout en hisop en
skarlakendraad neem en dit binne-in die brand van die koei gooi.
7 Dan moet die priester sy klere was en sy liggaam
in die water bad, en daarna mag hy in die laer kom; en die priester sal tot die
aand toe besoedel wees.
8 Ook die een wat haar verbrand het, moet sy klere
in die water was en sy liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe
besoedel wees.
9 En ’n suiwer man moet die as van die koei
bymekaarmaak en buitekant die laer op ’n gesuiwerde plek neersit, en sy moet
vir die vergadering van die kinders van JisraEl bewaar word vir die
suiweringswater: sy is ’n oortredingsoffer.
10 En die een wat die as van die koei
bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe besoedel wees. En
sy moet vir die kinders van JisraEl en vir die besoeker wat onder hulle
vertoef, ’n ewige Insetting wees.
11 Die een wat aan enige dooie siel van ’n adamiet
raak, hy sal sewe dae lank besoedel wees.
12 Op die derde dag en op die sewende dag moet hy
hom daarmee suiwer van besoedeling, dan sal hy gesuiwer wees; maar as hy hom op
die derde dag en op die sewende dag nie suiwer van besoedeling nie, sal hy nie
gesuiwer wees nie.
13 Elkeen wat raak aan ’n dooie siel van die
adamiet wat gesterf het, en hom nie suiwer van besoedeling nie, besoedel die
Tabernakel van JaHWeH, dié siel sal haar afsny van JisraEl. Omdat geen
suiweringswater op hom uitgegooi is nie, sal hy besoedel wees; sy besoedeling
is nog aan hom.
14 Dit is die Wet: As ‘n adamiet in ’n tent
sterwe, sal elkeen wat in die tent kom en al wat in die tent is, sewe dae lank
besoedel wees.
15 Ook al die oop goed wat nie met ’n deksel
toegebind word nie, is besoedel.
16 En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak
wat deur die swaard verslaan is, of aan ’n dooie of aan ’n adamiet se doodsbeen
of aan ’n graf, sal sewe dae lank besoedel wees.
17 En die besoedelde moet dan van die as neem wat
verbrand is vir die oortreding, en daar vars water in ’n pot op gooi;
18 en ’n suiwer man moet hisop neem en dit in die
water insteek en op die tent spat en op al die goed en op die siele wat daar
gewees het; ook op hom wat aan ’n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan
’n dooie of aan ’n graf geraak het. [JeHôWganan 19:29]
19 En die suiwere moet die besoedelde
op die derde en op die sewende dag bespat en hom op die sewende dag suiwer van
besoedeling. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand
sal hy skoon wees.
20 Maar as iemand besoedel word en
hom nie suiwer van besoedeling nie, dié siel sal haar afsny uit die midde van
die vergadering, want hy het die Apartheidsplek van JaHWeH besoedel:
suiweringswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is besoedel. [JeHôWganan 13:10]
21 En sy moet vir hulle ’n ewige
Insetting wees. En die een wat die suiweringswater spat, moet sy klere was; en
die een wat aan die suiweringswater raak, sal tot die aand toe besoedel wees.
22 Ja, alles waaraan die
besoedelde raak, sal besoedel wees; en die siel wat aan hom raak, sal tot die
aand toe besoedel wees.
20 EN toe die kinders van JisraEl, die hele
vergadering, in die wildernis Sin kom, in die eerste maand, het die volk in
Kadesh gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
2 En daar was geen water vir die vergadering nie.
Toe het hulle teen Moshè en Aäron saamgekom.
3 En die volk het met Moshè getwis, en hulle het
gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die
Aangesig van JaHWeH gesterf het!
4 En waarom het julle die vergadering van JaHWeH
in hierdie wildernis gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek
om ons in hierdie besoedelde plek te bring? Dit is geen plek van saad of van
vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink
nie.
6 Daarop gaan Moshè en Aäron van die vergadering
af weg na die ingang van die Tent van Samekoms, en hulle het op hul aangesig
geval; toe verskyn die Glansrykheid van JaHWeH aan hulle.
7 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom,
jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy
sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die
vergadering en hulle vee laat drink.
9 Toe neem Moshè die staf voor die Aangesig van
JaHWeH weg soos Hy hom beveel het.
10 En Moshè en Aäron het die vergadering voor die
rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges,
moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?
11 Daarop tel Moshè sy hand op en hy slaan die
rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die
vergadering gedrink het en hulle vee.
12 Toe sê JaHWeH vir Moshè en Aäron: Omdat julle
in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van JisraEl Hoog te ag
nie, sal julle hierdie vergadering nie in die Aarde inbring wat Ek aan hulle
gegee het nie.
13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders
van JisraEl met JaHWeH getwis het en Hy Hom onder hulle as die Hooggeagte laat
ken het.
14 Daarna het Moshè uit Kadesh boodskappers na die
koning van Edom gestuur: So sê jou broer JisraEl: Jy weet self al die
moeilikheid wat ons oorgekom het.
15 Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het
baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg
behandel.
16 Toe het ons JaHWeH aangeroep, en HY het ons
stem gehoor: HY het ’n Boodskapper gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is
ons nou in Kadesh, ’n stad op die grens van jou grondgebied.
17 Laat ons tog deur jou Aarde trek: ons sal nie
deur landerye of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie;
ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons
deur jou grense getrek het.
18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek
nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoet trek.
19 Toe sê die kinders van JisraEl vir hom: Ons sal
met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die
prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek - verder niks nie.
20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En
Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met ’n sterk hand.
21 So het Edom dan geweier om JisraEl toe te laat
om deur sy grondgebied te trek. Daarop het JisraEl van hom af weggedraai.
22 EN die kinders van JisraEl, die hele vergadering,
het van Kadesh af weggetrek en by die berg Hor gekom.
23 En JaHWeH het met Moshè en Aäron by die berg
Hor, op die grens van die Aarde van Edom, gespreek en gesê:
24 Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want
hy mag nie kom in die Aarde wat Ek aan die kinders van JisraEl gegee het nie,
omdat julle teen My bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.
25 Neem Aäron en sy seun El-Azar, en laat hulle op
die berg Hor opklim;
26 en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun
El-Azar aan en bring Aäron om daar te sterf.
27 Toe het Moshè gedoen volgens die bevel van
JaHWeH: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.
28 En Moshè het Aäron se klere uitgetrek en dit sy
seun El-Azar aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg,
maar Moshè en El-Azar het van die berg afgeklim.
29 En toe die hele vergadering sien dat Aäron
gesterf het, het die hele huis van JisraEl Aäron beween dertig dae lank.
21 TOE die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in
die Suidland gewoon het, hoor dat JisraEl met die pad van Atarim kom, het hy
teen JisraEl geveg en sommige van hulle as gevangenes weggevoer.
2 Daarop het JisraEl aan JaHWeH ’n Gelofte gedoen
en gesê: As U hierdie volk heeltemal in ons hand gee, sal ons hulle stede met
die banvloek tref.
3 En JaHWeH het gehoor na die stem van JisraEl en
die Kanaäniete oorgegee. En hulle het hulle en hul stede met die banvloek
getref en die plek Horma genoem.
4 Toe trek hulle van die berg Hor af weg op pad na
die Skelfsee om die Aarde van Edom om te trek; maar die siel van die volk het
op die pad ongeduldig geword.
5 En die volk het teen Elohim en teen Moshè
gespreek: Waarom het U ons uit Egipte laat optrek om in die wildernis te
sterwe? Want daar is geen brood en geen water nie, en ons siel walg van die
ellendige kos.
6 Toe stuur JaHWeH slange/nagashim onder die volk
in wat die volk gebyt het; en baie mense uit JisraEl het gesterwe. [Wysheid van Salomo 16:5]
7 En die volk het na Moshè gekom en gesê: Ons het
oortree deurdat ons teen JaHWeH en teen u gespreek het. Bid tot JaHWeH, dat Hy
die slange van ons wegneem. En Moshè het vir die volk gebid.
8 Daarop sê JaHWeH aan Moshè: Maak vir jou ‘n
Seraf en sit dit op ‘n paal, dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
9 Toe het Moshè ’n slang/nagash van koper gemaak
en hom op ’n paal gesit: en as ’n slang iemand gebyt het en hy kyk na die koper
slang, het hy in die lewe gebly.
10 En die kinders van JisraEl het weggetrek en
laer opgeslaan in Obot.
11 DAARNA het hulle weggetrek van Obot af en laer
opgeslaan in Ijje-Haäbárim in die wildernis wat oostelik aan Moab vas lê.
12 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer
opgeslaan by die spruit Sered.
13 Daarvandaan het hulle weggetrek en laer
opgeslaan oorkant die Arnon wat in die wildernis is en uit die grondgebied van
die Amoriete kom; want die Arnon is die grens van Moab, tussen Moab en die
Amoriete.
14 Daarom word gesê in die Boekrol van die Oorloë
van JaHWeH: Waheb in Sufa en die spruite, die Arnon; [Boekrol van die Opregte 90:48]
15 en die hang van die spruite wat na die streek
van Ar afloop en leun teen die grondgebied van Moab.
16 En daarvandaan [het hulle] na Beër getrek. Dit
is die put waarvan JaHWeH aan Moshè gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek
vir hulle water kan gee.
17 Toe het JisraEl hierdie lied gesing: Spring op,
o put! Besing haar!
18 o Put wat die vorste gegrawe het, wat die
edeles van die volk gedelf het, met die septer, met hulle stawwe! - En uit die
wildernis uit na Mattána toe;
19 en van Mattána na NachaliEl; en van NachaliEl
na Bamot;
20 en van Bamot na die dal wat in die veld van
Moab lê, by die top van Pisga, en oor die [verlate woestynheuwels] van Jesimon
afkyk.
21 En JisraEl het boodskappers gestuur na Sihon,
die koning van die Amoriete, en gesê:
22 Laat my deur jou Aarde trek. Ons sal nie
wegdraai in die landerye of in die wingerde nie; ons sal die water van die
putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou tot ons deur jou grondgebied
getrek het.
23 Maar Sihon het JisraEl nie toegelaat om deur sy
grondgebied te trek nie; maar Sihon het al sy manskappe versamel en uitgetrek
na die wildernis, JisraEl tegemoet; en toe hy by Jahas kom, het hy teen JisraEl
geveg.
24 Maar JisraEl het hom verslaan met die skerpte
van die swaard en sy Aarde in besit geneem van die Arnon af tot by die Jabbok,
tot by die kinders van Ammon; want die grens van die kinders van Ammon was
sterk.
25 So het JisraEl dan al hierdie stede ingeneem,
en JisraEl het gewoon in al die stede van die Amoriete, in Hesbon en in al sy
onderhorige plekke.
26 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning
van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die
Moabiete en het dié se hele Aarde tot by die Arnon uit sy hand geruk.
27 Daarom sê die spreukdigters: Kom na Hesbon toe!
Laat die stad van Sihon gebou en bevestig word!
28 Want ’n vuur het uitgegaan uit
Hesbon, ’n vlam uit die vesting van Sihon; dit het Ar van die Moabiete verteer,
die Baäls van die Hoogtes van Arnon.
29 Wee jou, Moab! Jy is verlore,
volk van Kamos! Hy het sy seuns prysgegee as vlugtelinge, en sy dogters in
gevangenskap, aan Sihon, die koning van die Amoriete.
30 Toe het ons hulle beskiet;
verlore was Hesbon tot by Dibon; en ons het verwoes tot by Nofag, met vuur tot
by Medéba.
31 So het JisraEl dan gewoon in
die Aarde van die Amoriete.
32 Daarna het Moshè gestuur om
Jaéser te bespied, en hulle het sy onderhorige plekke ingeneem, en hy het die
Amoriete wat daar was, uit hulle besitting verdrywe.
33 Toe het hulle gedraai en in die
rigting van Basan opgetrek. En Og, die koning van Basan, hy en al sy manskappe,
het hulle tegemoet getrek na Edréï om te veg.
34 Daarop sê JaHWeH aan Moshè:
Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy Aarde in
jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die
koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
35 En hulle het hom verslaan en sy
seuns en sy hele volk, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het
nie; en hulle het sy Aarde in besit geneem.
22 DAARNA het die kinders van JisraEl weggetrek en
laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo.
2 Toe Balak, die seun van Sippor, sien alles wat
JisraEl die Amoriete aangedoen het,
3 het Moab baie bang geword vir die volk, want
hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van JisraEl.
4 Toe sê Moab vir die oudstes van Mídian: Nou sal
hierdie menigte opeet alles wat rondom ons is, soos ’n bees die groenigheid van
die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab.
5 Daarop het hy boodskappers gestuur na Bíleam,
die seun van Beor, in Petor wat by die Eufraat is, in die Aarde van die kinders
van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek;
kyk, hulle het die oppervlakte van die Aarde oordek en staan gelaer teenoor my.
6 Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my,
want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle ’n slag kan slaan en
hulle uit die Aarde verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en
die een wat jy vervloek, is vervloek.
7 Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van
Mídian gegaan met waarsêersloon by hulle en by Bíleam gekom en hom die woorde
van Balak meegedeel.
8 Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor;
dan sal ek julle berig bring soos wat JaHWeH aan my sal sê. Toe het die vorste
van Moab by Bíleam gebly.
9 En Elohim het na Bíleam gekom en gesê: Wie is
die manne daar by jou?
10 En Bíleam het die Elohim geantwoord: Balak, die
seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet:
11 Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek en
hulle het die oppervlakte van die Aarde oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my;
miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.
12 Toe sê Elohim vir Bíleam: Jy mag nie saam met
hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd. [Boekrol van die Opregte
85:48]
13 Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die
vorste van Balak: Gaan na julle Aarde, want JaHWeH het geweier om my saam met
julle te laat gaan.
14 En die vorste van Moab het klaargemaak en by
Balak gekom en gesê: Bíleam het geweier om saam met ons te gaan.
15 Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en
aansienliker was as die ander;
16 en hulle het by Bíleam gekom en aan hom gesê:
So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom
nie.
17 Want ek sal jou baie hoog vereer en alles wat
jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.
18 Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van
Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van JaHWeH
my Elohey nie oortree om klein of groot te doen nie.
19 Nou dan, bly julle tog ook vannag hier, dat ek
mag weet wat JaHWeH verder aan my sal sê.
20 En god het in die Nag na Bíleam gekom en aan
hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, staan dan op, gaan met hulle
saam; maar net wat ek jou sê, dit moet jy doen.
21 Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy
eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.
22 Maar die Woede van Elohim het ontvlam, omdat hy
weggetrek het; en die Boodskapper van JaHWeH het gaan staan in die pad as sy
teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.
23 En die esel het die Boodskapper van JaHWeH in
die pad sien staan, met Sy ontblote swaard in Sy Hand; daarom het die esel uit
die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om
haar na die pad te stuur.
24 Daarop gaan die Boodskapper van JaHWeH in ’n
nou pad tussen die wingerde staan - ’n muur duskant en ’n muur anderkant.
25 En toe die esel die Boodskapper van JaHWeH
sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur;
daarom het hy haar weer geslaan.
26 En die Boodskapper van JaHWeH het weer verder
gegaan en bly staan op ’n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te
draai nie.
27 Toe die esel die Boodskapper van JaHWeH sien,
gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met ’n
stok geslaan.
28 Maar JaHWeH het die bek van die esel geopen, en
sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan
het?
29 Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die
spot met my drywe. Was daar net ’n swaard in my hand - dan het ek jou sekerlik
doodgeslaan.
30 En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel
waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte
om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.
31 Toe open JaHWeH die oë van Bíleam, sodat hy die
Boodskapper van JaHWeH in die pad sien staan met Sy ontblote swaard in Sy Hand,
en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
32 En die Boodskapper van JaHWeH vra hom: Waarom
het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as jou
teëstander, want [jou] weg is onbesonne in My Oog!
33 Maar die esel het My gesien en nou al drie maal
voor My uitgedraai. As sy nie voor My Aangesig uitgedraai het nie - dan het Ek
jou alte seker gedood en haar laat lewe.
34 Toe antwoord Bíleam die Boodskapper van JaHWeH:
Ek het oortree, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het
nie. Maar nou, as dit verkeerd is in U Oë, sal ek teruggaan.
35 En die Boodskapper van JaHWeH sê vir Bíleam:
Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek.
So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan.
36 Toe Balak hoor dat Bíleam kom, het hy uitgetrek
hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van
die grondgebied.
37 En Balak sê vir Bíleam: Het ek nie herhaaldelik
na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is
ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?
38 En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na
jou gekom. Is ek nou wel in staat om iets te spreek? Die woord wat Elohim in my
mond lê, dit sal ek spreek.
39 Bíleam het toe saam met Balak gegaan, en hulle
het by Kirjat-Husot gekom.
40 En Balak het beeste en kleinvee geslag en
daarvan aan Bíleam gestuur en aan die vorste wat by hom was.
41 En in die môre het Balak Bíleam geneem en hom
op die hoogtes van Bamot laat opklim vanwaar hy die kant van die volk kon sien.
23 TOE sê Bíleam vir Balak: Bou vir my hier sewe
altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.
2 En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het; en
Balak en Bíleam het ’n bul en ’n ram op elke altaar laat opgaan.
3 Daarop sê Bíleam vir Balak: Bly by jou
brandoffer staan, en ek sal heengaan; miskien sal JaHWeH my tegemoetkom, en wat
Hy my ook al laat sien, sal ek jou bekend maak. En hy het na ’n kaal heuwel
gegaan.
4 En Elohim het Bíleam tegemoet gekom, en hy het
vir Hom gesê: Sewe altare het ek reggemaak en ’n bul en ’n ram op elke altaar
laat opgaan.
5 Toe lê JaHWeH ’n woord in Bíleam se mond en sê:
Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
6 En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar
staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab.
7 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram
laat Balak my haal, die koning van Moab - uit die berge van die Ooste: Kom
vervloek Jakob vir my, en kom, verwens JisraEl.
8 Hoe sal ek vloek wie El nie vloek nie? En hoe
sal ek verwens vir wie JaHWeH nie verwens nie?
9 Want van die top van die rotse af sien ek hom,
en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, ’n volk wat afgesonderd woon en hom
nie tot die nasies reken nie.
10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie,
volgens getal, die vierde deel van JisraEl? Laat my siel sterwe die dood van
die opregtes, en laat my einde soos syne wees!
11 Toe sê Balak vir Bíleam: Wat het jy my
aangedoen? Ek het jou laat haal om my vyande te vloek, en kyk, jy het net
geseën!
12 En hy antwoord daarop dit: Moet ek dan nie
sorgvuldig alles spreek wat JaHWeH in my mond lê nie?
13 Daarop sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na
’n ander plek vanwaar jy hom kan sien - net sy kant sal jy sien, maar heeltemal
kan jy hom nie sien nie - en vervloek hom daarvandaan vir my.
14 En hy het hom saamgeneem na die Veld van die
Wagte, op die top van Pisga, en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke
altaar laat opklim.
15 Toe sê hy vir Balak: Bly hier staan by jou
brandoffer, en ek sal daar op ’n ontmoeting wag.
16 En JaHWeH het Bíleam ontmoet en ’n woord in sy
mond gelê en gesê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
17 En hy het by hom gekom terwyl hy daar staan by
sy brandoffer, en die vorste van Moab by hom. En Balak sê vir hom: Wat het
JaHWeH gespreek?
18 Toe hef hy sy spreuk aan en sê: Staan op Balak,
en hoor! Luister na my, seun van Sippor!
19 El is geen man dat Hy sou lieg nie; of ’n seun
van ‘n adamiet dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie,
of spreek en dit nie waar maak nie?
20 Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy
geseën, dan kan ek dit nie keer nie.
21 Hy aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien
geen bekommernis in JisraEl nie. JaHWeH sy Elohey is met hom, en die gejubel
tot eer van die Koning is by hom.
22 El wat hulle uit Egipte uitgelei het, is vir
hulle soos die horing van ’n eenhoring.
23 Want daar is geen towery teen Jakob of
waarsêery teen JisraEl nie. Nou sal van Jakob en van JisraEl gesê word wat El
gedoen het.
24 Kyk, ’n volk wat opstaan soos ’n leeuin, en
soos ’n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van
die wat verslaan is, drink nie.
25 Toe se Balak vir Bíleam: Jy moet hulle glad nie
vloek nie, en jy moet hulle glad nie seën nie.
26 Maar Bíleam antwoord en sê vir Balak: Het ek
nie dit met jou gespreek nie: Alles wat JaHWeH spreek, dit sal ek doen?
27 Verder se Balak vir Bíleam: Kom tog, ek sal jou
na ’n ander plek saamneem; miskien sal dit reg wees in die oë van die gode dat
jy hulle vir my daarvandaan vervloek.
28 Toe neem Balak vir Bíleam saam na die top van
Peor wat oor die [woesteny van] Jesimon afkyk.
29 Daarop se Bíleam vir Balak: Bou vir my hier
sewe altare, en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.
30 En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het en
’n bul en ’n ram op elke altaar laat opklim.
24 TOE Bíleam sien dat dit suiwer was in die Oë van
JaHWeH om JisraEl te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery
gewend nie, maar sy gesig na die wildernis gedraai.
2 Toe Bíleam sy oë opslaan en JisraEl sien soos hy
volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van Elohim op hom gekom.
3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam,
die seun van Beor, spreek, en die sterk man met geopende oog spreek.
4 Die hoorder van die woorde van El spreek, hy wat
die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.
5 Hoe suiwer is jou tente, o Jakob, jou wonings, o
JisraEl!
6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek,
soos tuine by ’n rivier, soos alewees wat JaHWeH geplant het, soos seders by
die water.
7 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is in
magtige waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom
verhef!
8 El wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom
soos die horing van ’n eenhoring; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle
gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.
9 Hy buig hom, hy gaan lê soos ’n leeu en soos ’n
leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle
wat jou vervloek!
10 Toe het Balak baie kwaad geword vir Bíleam en
sy handpalms saamgeslaan, en Balak het aan Bíleam gesê: Ek het jou laat roep om
my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën!
11 Trek dan nou gou na jou woonplek! Ek het gesê
dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, JaHWeH het jou van verering teruggehou.
12 Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie
alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:
13 Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek
kan die bevel van JaHWeH nie oortree om suiwer of besoedel uit my eie hart te
doen nie; wat JaHWeH spreek, dit sal ek spreek.
14 En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek
sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van
die dae.
15 Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam,
die seun van Beor, spreek, en die sterk man met geopende oog spreek.
16 Die hoorder van die woorde van El spreek, en hy
wat die wetenskap van die Hoogste El ken, wat die gesigte van die Almagtige
sien, wat neerval en geopende oë het.
17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom,
maar nie naby nie: ’n Ster kom te voorskyn uit Jakob, en ’n Septer kom uit
JisraEl op, en Hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges
omver.
18 Ook sal Edom ’n besitting wees; en Seïr, Sy
vyande, sal ’n besitting wees, maar JisraEl neem toe in krag.
19 En laat daar Een uit Jakob heers en die
oorblywendes uit die stede van Ar vernietig.
20 Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef
en gesê: Amalek is die eersteling van die nasies, maar sy einde is verdelging.
21 Toe hy die Keniete sien, het hy sy spreuk
aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.
22 Ewenwel sal Kain tot verwoesting wees. Hoe lank
nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer.
23 Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee,
wie sal lewe as El dít beskik?
24 En skepe kom van die kant van die Kittiërs af,
en hulle verneder Assur en hulle verneder Heber; en hy is ook tot ondergang
bestem.
25 Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek en
na sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.
25 TOE JisraEl in Sittim gebly het, het die volk
begin vermeng deur te hoereer met die dogters van die Moabiete -
2 dié het die volk na die slagdiere van haar gode
uitgenooi; en die volk het geëet en hulle neergebuig voor haar gode.
3 So het JisraEl hom dan gekoppel aan Baäl-Peor,
en die Woede van JaHWeH het teen JisraEl ontvlam.
4 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Neem al die hoofde van
die volk en hang die oortreders op in die volle son vir JaHWeH, sodat die
brandende Woede van JaHWeH van JisraEl afgewend kan word.
5 Daarop het Moshè aan die rigters in JisraEl
gesê: Slaan elkeen sy manne dood wat hulle aan Baäl-Peor gekoppel het.
6 En daar het ’n man gekom, een uit die kinders
van JisraEl, en ’n Midianitiese vrou na sy volksgenote nadergebring, voor die
oë van Moshè en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van
JisraEl, terwyl hulle ween by die ingang van die Tent van Samekoms.
7 Toe Pínehas, die seun van El-Azar, die seun van
die priester Aäron, dit sien, het hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n
spies in sy hand geneem
8 en agter die JisraElitiese man aan gegaan in die
tent en hulle twee deurboor, die JisraElitiese man en die vrou, in haar maag.
Daarna het die plaag onder die kinders van JisraEl opgehou.
9 En die wat deur die plaag gesterf het, was
vier-en-twintigduisend.
10 Toe het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
11 Pínehas, die seun van El-Azar, die seun van die
priester Aäron, het My Grimmigheid van die kinders van JisraEl afgewend deurdat
hy jaloers vir My onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van JisraEl in
My jaloersheid nie verteer het nie. [1 Makkabeërs 2:26]
12 Daarom spreek: Kyk, Ek sluit met hom My
Vredesverbond, [Psalm 34:14; Wysheid van Sirah 45:23, 24; Boekrol van Henog 11:2; JeshaJaH
54:10; JeségiEl 34:25; Maleagi 2:5; Markus 9:50]
13 en dit sal vir hom en sy saad ná hom die
Verbond van ewige Priesterskap wees, omdat hy vir sy Elohey geywer en
versoening vir die kinders van JisraEl gedoen het.
14 En die naam van die JisraElitiese man wat
verslaan is, wat saam met die Midianiet verslaan is, was Simri, die seun van
Salu, owerste van ’n familie van die Simeoniete.
15 En die naam van die Midianitiese vrou wat
verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was stamhoof van ’n familie in
Mídian.
16 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
17 Behandel die Midianiete as vyand en verslaan
hulle,
18 want hulle het julle as vyand behandel deur
hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak
van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle landgenoot, wat op die dag
van die plaag weens Peor verslaan is.
26 EN ná die plaag het JaHWeH met Moshè en met
El-Azar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê:
2 Neem julle die volle getal van die hele
vergadering van die kinders van JisraEl op, van twintig jaar oud en daarbo, uit
die huis van hul vaders, almal wat op kommando moet uittrek in JisraEl.
3 En Moshè en die priester El-Azar het hulle
toegespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
4 [Laat hulle opneem,] van twintig jaar oud en
daarbo, volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè. En die kinders van JisraEl wat
uit die Aarde van Egipte uitgetrek het, was:
5 Ruben, die eersgeborene van JisraEl; die seuns
van Ruben was: Henog die familie van die Henogiete; van Pallu die familie van
die Palluïete;
6 van Hesron die familie van die Hesroniete; van
Karmi die familie van die Karmiete.
7 Dit is die families van die Rubeniete; en hulle
geteldes was drie-en-veertigduisend-sewehonderd-en-dertig.
8 En die seuns van Pallu was: EliAb;
9 en die seuns van EliAb was: NemuEl en Datan en
Abíram. Dit is Datan en Abíram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis
het teen Moshè en Aäron in die bende van Korag toe daar teen JaHWeH getwis is.
10 En die Aarde het haar Mond oopgemaak en hulle
verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die
tweehonderd-en-vyftig man verteer het; en hulle het tot ’n teken geword.
11 Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie.
12 Die seuns van Símeon volgens hulle families:
van NemuEl die familie van die NemuEliete; van Jamin die familie van die
Jaminiete; van Jagin die familie van die Jaginiete;
13 van Serag die familie van die Sargiete, van
Saul die familie van die Sauliete.
14 Dit is die families van die Simeoniete,
twee-en-twintig-duisend-tweehonderd.
15 Die seuns van Gad volgens hulle families: van
Sefon die familie van die Sefoniete; van Haggi die familie van die Haggiete;
van Suni die familie van die Suniete;
16 van Osni die familie van die Osniete; van Eri
die familie van die Eriete;
17 van Arod die familie van die Arodiete; van
Areëli die familie van die Areëliete.
18 Dit is die families van die seuns van Gad
volgens hulle geteldes, veertigduisend-vyfhonderd.
19 Die seuns van JeHûWdah was: Er en Onan; maar Er
en Onan het gesterwe in die Aarde van Kanaän.
20 En die seuns van JeHûWdah volgens hulle
families: van Sela die familie van die Selaniete; van Peres die familie van die
Parsiete; van Serag die familie van die Sargiete.
21 En die seuns van Peres: van Hesron die familie
van die Hesroniete; van Hamul die familie van die Hamuliete.
22 Dit is die families van JeHûWdah volgens hulle
geteldes, ses-en-sewentigduisend-vyfhonderd.
23 Die seuns van Issaskar volgens hulle families:
Tola die familie van die Tolaïete; van Puwa die familie van die Puniete;
24 van Jasub die familie van die Jasubiete, van
Simron die familie van die Simroniete.
25 Dit is die families van Issaskar volgens hulle
geteldes, vier-en-sestigduisend-driehonderd.
26 Die seuns van Sébulon volgens hulle families:
van Sered die familie van die Sardiete; van Elon die familie van die Eloniete;
van JagleEl die familie van die JagleEliete.
27 Dit is die families van die Sebuloniete volgens
hulle geteldes, sestigduisend-vyfhonderd.
28 Die seuns van JôWsef volgens hulle families
was: Manasse en Efraim.
29 Die seuns van Manasse: van Magir die familie
van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die familie
van die Gileadiete.
30 Dit is die seuns van Gílead: van Jeser die
familie van die Jesriete; van Helek die familie van die Helkiete;
31 en AsriEl die familie van die AsriEliete; en
Segem die familie van die Sigmiete;
32 en Semída die familie van die Semidaïete; en
Hefer die familie van die Hefriete.
33 Maar Selófhad, die seun van Hefer, het geen
seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selófhad
was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa.
34 Dit is die families van Manasse; en hulle
geteldes was twee-en-vyftigduisend-sewehonderd.
35 Dit is die seuns van Efraim volgens hulle
families: van Sutélag die familie van die Sutalgiete; van Beger die familie van
die Bagriete; van Tahan die familie van die Tahaniete.
36 En dit is die seuns van Sutélag: van Eran die
geslag van die Eraniete.
37 Dit is die families van die seuns van Efraim
volgens hulle geteldes, twee-en-dertigduisend-vyfhonderd. Dit is die seuns van
JôWsef volgens hulle families.
38 Die seuns van Benjamin volgens hulle families:
van Bela die familie van die Baliete; van Asbel die familie van die Asbeliete; van
Ahíram die familie van die Ahiramiete;
39 van Sefúfam die familie van die Sufamiete; van
Hufam die familie van die Hufamiete.
40 En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; Ard
die familie van die Ardiete; van Naäman die familie van die Naämiete.
41 Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle
families; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd.
42 Dit is die seuns van Dan volgens hulle
families: van Suham die familie van die Suhamiete. Dit is die families van Dan
volgens hulle families.
43 Al die families van die Suhamiete volgens hulle
geteldes was vier-en-sestigduisend-vierhonderd.
44 Die seuns van Aser volgens hulle families: van
Jimna die familie van die Jimnaïete; van Jiswi die familie van die Jiswiete;
van Bería die familie van die Beriïete;
45 van die seuns van Bería: van Heber die familie
van die Hebriete; van MalkiEl die familie van die MalkiEliete.
46 En die naam van die dogter van Aser was Serag.
47 Dit is die families van die seuns van Aser
volgens hulle geteldes, drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
48 Die seuns van Náftali volgens hulle families:
van JagtseEl die familie van die JagtseEliete; van Guni die familie van die
Guniete;
49 van Jeser die familie van die Jisriete; van
Sillem die familie van die Sillemiete.
50 Dit is die families van Náftali volgens hulle
families; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd.
51 Dit is die geteldes van die kinders van
JisraEl: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig.
52 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
53 Vir hierdie mense moet die Aarde as erfenis
verdeel word volgens die getal name.
54 Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel
groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elkeen
moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.
55 Nogtans moet die Aarde deur die lot verdeel
word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe.
56 Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word
tussen die wat baie en die wat min is.
57 En dit is die geteldes van Levi volgens hulle
families: van Gerson die familie van die Gersoniete; van Kehat die familie van
die Kehatiete; van Merári die familie van die Merariete.
58 Dit is die families van Levi: die familie van
die Libniete, die familie van die Hebroniete, die familie van die Magliete, die
familie van die Musiete, die familie van die Koragiete. En Kehat was die vader
van Amram.
59 En die naam van Amram se vrou was JoWkêbed, die
dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar:
Aäron en Moshè en Mirjam, hulle suster.
60 En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, El-Azar
en Itamar.
61 En Nadab en Abihu het gesterwe toe hulle
verbasterde vuur voor die Aangesig van JaHWeH gebring het.
62 En hulle geteldes was drie-en-twintig-duisend,
almal wat manlik was van ’n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder
die kinders van JisraEl nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van
JisraEl gegee is nie.
63 Dit is hulle wat deur Moshè en die priester
El-Azar getel is, wat die kinders van JisraEl in die vlaktes van Moab getel
het, by die Jordaan van Jérigo.
64 En onder hulle was daar niemand van die wat
deur Moshè en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van
JisraEl in die wildernis Sinai getel het.
65 Want JaHWeH het van hulle gesê: Sterwe sal
hulle in die wildernis! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die
seun van Jefúnne, en JeHôWshua, die seun van Nun.
27 DAARNA het nader gekom die dogters van Selófhad,
die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van
Manasse, van die families van Manasse, die seun van JôWsef dit is die name van
sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa -
2 en hulle het gaan staan voor die aangesig van
Moshè en voor die aangesig van die priester El-Azar en voor die aangesig van
die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die Tent van Samekoms,
en gesê:
3 Ons vader het in die wildernis gesterwe, en hy
het nie behoort by die bende van die wat teen JaHWeH vergader het in die bende
van Korag nie, maar hy het vir sy skuld gesterwe en geen seuns gehad nie.
4 Waarom sou die naam van ons vader uit sy familie
weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons ’n besitting onder
die broers van ons vader.
5 Toe bring Moshè hulle saak van Reg voor die
Aangesig van JaHWeH.
6 En JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
7 Die dogters van Selófhad praat reg. Jy moet
hulle sekerlik ’n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die
erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.
8 En met die kinders van JisraEl moet jy spreek en
sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter
laat oorgaan.
9 En as hy geen dogter het nie, moet julle sy
erfdeel aan sy broers gee.
10 En as hy geen broers het nie, moet julle sy
erfdeel aan die broers van sy vader gee.
11 En as sy vader geen broers het nie, moet julle
sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat die naaste aan hom is uit sy familie, en
dié moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van JisraEl ’n
Regspraak wees, volgens bevel van JaHWeH aan Moshè.
12 DAARNA het JaHWeH aan Moshè gesê: Klim op
hierdie gebergte Abárim, en bekyk die Aarde wat Ek aan die kinders van JisraEl
gegee het.
13 En as jy haar gesien het, sal jy ook by jou
volksgenote versamel word soos jou broer Aäron versamel is;
14 omdat julle in die wildernis Sin, toe die
vergadering getwis het, teen My bevel wederstrewig gewees het om My nie by die
water voor hulle oë hoog te ag nie. Dit is die water van Mériba by Kadesh, in
die wildernis Sin.
15 Toe het Moshè tot JaHWeH gespreek en gesê:
16 Laat JaHWeH, die Elohey van die geeste van alle
vlees, ’n man oor die vergadering aanstel
17 wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek,
en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van JaHWeH nie
mag wees soos skape wat geen wagter het nie.
18 Toe sê JaHWeH aan Moshè: Neem vir jou
JeHôWshua, die seun van Nun, ’n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,
19 en stel hom voor die aangesig van die priester
El-Azar en voor die aangesig van die hele vergadering, en gee hom ’n opdrag
voor hulle oë;
20 en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele
vergadering van die kinders van JisraEl kan luister.
21 En hy moet voor die priester El-Azar staan, dat
dié vir hom die Regspraak van die Urim kan vra voor die Aangesig van JaHWeH;
volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle
intrek, hy en al die kinders van JisraEl saam met hom en die hele vergadering.
22 En Moshè het volgens bevel van JaHWeH JeHôWshua
geneem en hom voor die aangesig van die priester El-Azar en voor die aangesig
van die hele vergadering gestel,
23 en hy het hom die hande opgelê en hom ’n opdrag
gegee net soos JaHWeH deur die hand van Moshè gespreek het.
28 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: Julle moet daarvoor sorg om My bydraes, My brood vir My vuur as aangename
geur vir My, op die bepaalde tyd aan My nader te bring.
3 En jy moet vir hulle sê: Dit is die bereiding
deur vuur wat julle aan JaHWeH moet naderbring: twee rasegte jaaroud-lammers
elke dag as ’n voortdurende brandoffer.
4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die
ander lam moet jy teen die aand berei;
5 met ’n tiende van ’n efa fynmeel as spysbydrae,
gemeng met ’n kwart-hin uitgestampte olie.
6 Sy is die voortdurende brandoffer wat by die
berg Sinai ingestel is as aangename geur, ’n bereiding deur vuur aan JaHWeH.
7 En haar drank wat daarby behoort, moet wees ’n
kwart-hin vir elke lam. In die Apartheid moet jy die drankaanbieding van sterk
drank aan JaHWeH uitgiet.
8 En die ander lam moet jy teen die aand berei;
met dieselfde spysbydrae as in die môre en met jou drank wat daarby behoort,
moet jy haar berei - ’n vuur van aangename geur aan JaHWeH.
9 Maar op die Sabbatdag twee rasegte
jaaroud-lammers en twee-tiendes [van ’n efa] fynmeel as spysbydrae, met olie
gemeng, en haar drank wat daarby behoort.
10 Sy is die brandoffer van die Sabbat op elke
Sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en haar drank wat daarby behoort.
11 En by die begin van julle maande moet julle ’n
brandoffer aan JaHWeH naderbring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud-lammers
wat raseg is.
12 en drie-tiendes [van ’n efa] fynmeel as
spysbydrae, met olie gemeng, vir elke bul, en twee-tiendes fynmeel as
spysbydrae, met olie gemeng, vir die een ram;
13 en een-tiende fynmeel as spysbydrae, met olie
gemeng, vir elke lam. Sy is ’n brandoffer, ’n aangename geur, ’n bereiding deur
vuur aan JaHWeH.
14 En hulle dranke moet wees ’n half-hin wyn vir
’n bul en ’n derde van ’n hin vir ’n ram en ’n kwart-hin vir ’n lam. Sy is die
brandoffer by elke maand by sy maand, vir die maande van die jaar.
15 Ook moet een bokram vir die oortreding aan
JaHWeH berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en haar drank.
16 EN in die eerste maand, op die veertiende dag
van die maand, is die Pasga van JaHWeH.
17 En op die vyftiende dag vanaf hierdie maand is
dit Fees; sewe dae lank moet Ongesuurde Brode geëet word.
18 Op die eerste dag moet daar ’n samekoms van
Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
19 Maar julle moet naderbring deur vuur berei, as
brandoffer aan JaHWeH: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud-lammers;
raseg moet hulle vir julle wees.
20 En hulle spysbydrae fynmeel met olie gemeng:
drie-tiendes [van ’n efa] vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle
berei.
21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe
lammers berei.
22 Daarby een bokram vir die oortreding om vir
julle versoening te doen.
23 Berei dit behalwe die brandoffer van die môre,
wat ‘n voortdurende brandoffer is.
24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank,
die brood deur vuur berei as aangename geur vir JaHWeH; by die voortdurende
brandoffer moet hy gemaak word - en sy drank.
25 En op die sewende dag moet daar vir julle ’n
samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
26 En op die dag van die eerstelinge, as julle ’n
nuwe spysbydrae aan JaHWeH naderbring na julle [Fees van] Weke, moet daar vir
julle ’n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
27 Dan moet julle ’n brandoffer as aangename geur
aan JaHWeH naderbring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud-lammers;
28 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng,
drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,
29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
30 een bokram om vir julle versoening te doen.
31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die
spysbydrae wat daarby behoort, moet julle dit berei - hulle moet raseg vir
julle wees - en hulle dranke.
29 EN in die sewende maand, op die eerste van die
maand, moet daar vir julle ’n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag
julle doen nie; dit moet vir julle ’n dag van geklank wees.
2 Dan moet julle ’n brandoffer as aangename geur
vir JaHWeH berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud-lammers wat raseg is;
3 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng,
drie-tiendes [van ’n efa] vir die bul, twee-tiendes vir die ram,
4 en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
5 en een bokram vir die oortreding om vir julle
versoening te doen;
6 behalwe die brandoffer van die maandsvernuwing
en haar spysbydrae wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en haar
spysbydrae wat daarby behoort, en hulle dranke volgens die Verordening - tot ’n
aangename geur, ’n bereiding deur vuur aan JaHWeH.
7 En op die tiende van hierdie sewende maand moet
daar vir julle ’n samekoms van Apartheid wees, en julle moet julle siel
verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.
8 Dan moet julle ’n brandoffer as aangename geur
aan JaHWeH naderbring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud-lammers; wat raseg
is;
9 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng,
drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,
10 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
11 een bokram vir die oortreding, behalwe die
oortreding van die versoening en die voortdurende brandoffer en haar spysbydrae
wat daarby behoort - en hulle dranke.
12 En op die vyftiende dag van die sewende maand
moet daar vir julle ’n samekoms van Apartheid wees; géén beroepswerk mag julle
doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir JaHWeH ’n Fees vier.
13 En julle moet as brandoffer, as vuurbereiding
van aangename geur aan JaHWeH naderbring: dertien jong bulle, twee ramme,
veertien jaaroud-lammers; wat raseg is;
14 en hulle spysbydrae: fynmeel met olie gemeng,
drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van
die twee ramme,
15 en een-tiende vir elke lam van die veertien
lammers;
16 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort.
17 Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle,
twee ramme, veertien rasegte jaaroud-lammers;
18 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die
bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening;
19 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffers, en haar spysbydrae en hulle dranke.
20 En op die derde dag: elf bulle, twee ramme,
veertien rasegte jaaroud-lammers;
21 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die
bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening;
22 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffer, en haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort.
23 Verder op die vierde dag: tien bulle, twee
ramme, veertien rasegte jaaroud-lammers;
24 hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bulle,
die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening;
25 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort.
26 En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en
veertien rasegte jaaroud-lammers;
27 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die
bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening;
28 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffer, en haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort.
29 Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme,
veertien rasegte jaaroud-lammers;
30 en hulle spysbydrae en hulle dranke vir die
bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening;
31 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort.
32 En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme,
veertien rasegte jaaroud-lammers;
33 en hulle spysbydrae en hulle drank vir die
bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening;
34 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffer, haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort.
35 Op die agtste dag moet daar vir julle ’n
Feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
36 En julle moet as brandoffer, as vuurbereiding
van aangename geur aan JaHWeH naderbring: een bul, een ram, sewe rasegte
jaaroud-lammers;
37 hulle spysbydrae en hulle dranke vir die bul,
die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die Verordening;
38 en een bokram vir die oortreding, behalwe die
voortdurende brandoffer, en haar spysbydrae en haar drank wat daarby behoort.
39 Berei hulle tot eer van JaHWeH op julle
Feestye, behalwe julle Geloftes en julle vrywillige skenkings, en vir jou
brandoffers en vir jou spysbydraes en vir jou drank en vir jou vergoeding.
40 En Moshè het aan die kinders van JisraEl alles
gesê volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè.
30 EN Moshè het met die stamhoofde van die kinders
van JisraEl gespreek en gesê: Dit is die Woord volgens die bevel van JaHWeH:
2 As iemand aan JaHWeH ’n Gelofte doen of ’n eed
sweer waardeur hy sy siel verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord
nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
3 Maar as ’n vrou aan JaHWeH ’n Gelofte doen of
haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar
jeug,
4 en haar vader van haar Gelofte hoor of van die
onthouding waartoe sy haar siel verbind het, en haar vader swyg teenoor haar,
dan sal al haar Geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haar siel
verbind het, sal van krag wees.
5 Maar as haar vader haar terughou op die dag dat
hy daarvan hoor, sal al haar Geloftes en elke onthouding waartoe sy haar siel
op haar verbind het, nie van krag wees nie; en JaHWeH sal haar dit vergewe,
omdat haar vader haar teruggehou het.
6 Maar as sy trou terwyl haar Geloftes op haar rus
of iets wat haar lippe haastig uitgespreek het, waardeur sy haar siel verbind
het,
7 en haar man daarvan hoor, op watter dag ook al,
en teenoor haar swyg, dan sal haar Geloftes van krag wees, en elke onthouding
waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees.
8 Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor,
haar terughou, dan maak hy haar Gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat
haar lippe haastig uitgespreek is, waardeur sy haar siel verbind het; en JaHWeH
sal haar dit vergewe.
9 Maar die Geloftes van ’n weduwee of van ’n vrou
wat verstoot is - alles waardeur sy haar siel verbind het, sal op haar van krag
wees.
10 En as sy in die huis van haar man ’n Gelofte
doen of haar siel met ’n eed verbind om haar te onthou,
11 en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg,
haar nie terughou nie, dan sal al haar Geloftes van krag wees, en elke
onthouding waartoe sy haar siel verbind het, sal van krag wees.
12 Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet
maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe
uitgegaan het, van haar Geloftes of van die verbintenis [op] haar siel tot
onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en JaHWeH sal
haar dit vergewe.
13 Elke Gelofte en elke eed van onthouding om die
siel te verootmoedig - haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot
niet maak.
14 Maar as haar man van dag tot dag geheel en al
teenoor haar swyg, dan maak hy al haar Geloftes of elke onthouding waartoe sy
haar verbind het, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor
haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het.
15 Maar as hy dit uitdruklik tot niet maak nadat
hy al daarvan gehoor het, dan dra hy haar ongeregtigheid.
16 Dit is die Insettinge volgens ’n bevel van
JaHWeH aan Moshè, tussen ’n man en sy vrou, tussen ’n vader en sy dogter terwyl
sy in haar jeug in haar vader se huis is.
31 EN JaHWeH het met Moshè gespreek en gesê:
2 Neem wraak vir die kinders van JisraEl op die
Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.
3 Daarop het Moshè met die volk gespreek en gesê:
Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan
trek om die wraakgerig van JaHWeH aan Mídian te voltrek.
4 Duisend vir elke stam van al die stamme van
JisraEl moet julle na die oorlog stuur.
5 Toe is daar uit die duisende van JisraEl duisend
vir elke stam gelewer, twaalfduisend wat vir die oorlog gewapen was.
6 En Moshè het hulle na die oorlog gestuur,
duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester El-Azar, na
die oorlog, met voorwerpe van die Apartheid en die trompette by hom om alarm te
blaas.
7 En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian,
volgens ‘n bevel van JaHWeH aan Moshè, en het al die manlike persone gedood.
8 Ook het hulle die konings van Mídian gedood by
die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings
van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.
9 Maar die kinders van JisraEl het die vroue van
die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere
en al hulle vee en al hulle rykdom gebuit.
10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en
al hulle laers het hulle met vuur verbrand
11 en al die roof geneem en al die buit, adamiete
en diere.
12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en
die roof na Moshè en die priester El-Azar en na die vergadering van die kinders
van JisraEl gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van
Jérigo is.
13 En toe Moshè en die priester El-Azar en al die
owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
14 het Moshè kwaad geword vir die aanvoerders van
die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die
veldtog af gekom het.
15 En Moshè het vir hulle gesê: Het julle al die
vroue laat lewe?
16 Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir
die kinders van JisraEl ’n oorsaak van troubreuk teenoor JaHWeH in die saak van
Peor, sodat die plaag in die vergadering van JaHWeH was.
17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike
[geslag] onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat ‘n man geken en met
hom gemeenskap gehad het.
18 Maar laat al die kinders onder die vroulike
persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, vir julle in die lewe
bly.
19 En julle, slaan sewe dae lank ’n kamp op
buitekant die laer; elkeen wat ’n siel gedood en elkeen wat aan ’n gesneuwelde
geraak het - julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag suiwer van
besoedeling, julle en jul gevangenes.
20 Ook moet julle al die klere en elke ding van
leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout suiwer van
besoedeling.
21 En die priester El-Azar het aan die krygsmanne
wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die Wetsinsetting volgens ‘n bevel
van JaHWeH aan Moshè.
22 Net die goud en die silwer, die koper,
die yster, die tin en die lood -
23 elke ding wat in die vuur kan kom - moet julle
deur die vuur laat deurgaan, en dit sal skoon wees; ewenwel moet dit deur
suiwerings-water gesuiwer word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie,
moet julle deur die water laat deurgaan.
24 Julle moet ook jul klere op die sewende dag
was; dan sal julle gesuiwer wees; en daarna mag julle in die laer kom.
25 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
26 Neem die volle getal op van wat as buit
weggevoer is, van adamiete en van diere, jy en die priester El-Azar en die
hoofdelike vaders van die vergadering;
27 en verdeel die buit tussen die wat met die
oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele
vergadering.
28 En hef ’n bydrae vir JaHWeH van die krygsmanne
wat na die oorlog uitgetrek het - een siel uit elke vyfhonderd - van die
adamiete en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.
29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee
dit aan die priester El-Azar as ’n bydrae aan JaHWeH.
30 Maar uit die helfte van die kinders van JisraEl
moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die adamiete, uit die beeste,
uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete
gee wat die diens by die Tabernakel van JaHWeH waarneem.
31 En Moshè en die priester El-Azar het gedoen
volgens ‘n bevel van JaHWeH aan Moshè.
32 En die buit, die oorskot van die roof wat die
krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee;
33 en twee-en-sewentigduisend beeste;
34 en een-en-sestigduisend esels;
35 en die siele van adamiete, uit die vroulike
persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was
twee-en-dertigduisend. [Deuteronómium 21:11]
36 En die helfte, die deel van hulle wat na die
oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd
stuks kleinvee.
37 En die bydrae aan JaHWeH uit die kleinvee was
seshonderd vyf-en-sewentig.
38 En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die
bydrae daarvan aan JaHWeH twee-en-sewentig.
39 En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en
die bydrae daarvan aan JaHWeH een-en-sestig.
40 En die siele van adamiete was sestienduisend,
en die bydrae daarvan aan JaHWeH twee-en-dertig siele.
41 En Moshè het aan die priester El-Azar die deel
gegee wat as bydrae aan JaHWeH bestem was, volgens die bevel van JaHWeH aan
Moshè.
42 En uit die helfte van die kinders van JisraEl
wat Moshè van die vegsmanne afgedeel het -
43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee
was driehonderdsewe-en-dertigduisend-vyfhonderd;
44 en die beeste was ses-en-dertigduisend;
45 en die esels dertigduisend-vyfhonderd;
46 en die siele van adamiete sestienduisend -
47 uit die helfte van die kinders van JisraEl het
Moshè geneem - van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van adamiete en van
diere - en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die Tabernakel van
JaHWeH waarneem, volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè.
48 Toe het die aanvoerders oor die duisende van
die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na
Moshè
49 en aan Moshè gesê: U dienaars het die volle
getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie
een vermis nie.
50 Daarom bring elkeen van ons as bydrae aan
JaHWeH wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe,
oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die Aangesig
van JaHWeH.
51 Toe het Moshè en die priester El-Azar die goud,
allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aange-neem.
52 En al die goud van die bydrae wat hulle aan
JaHWeH afgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels, afkomstig
van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle
buitgemaak.
54 So het Moshè en die priester El-Azar dan die
goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die Tent
van Samekoms gebring om die kinders van JisraEl voor die Aangesig van JaHWeH in
herinnering te bring.
32 EN die kinders van Ruben en die kinders van Gad
het baie vee gehad, ’n groot menigte. En toe hulle die Aarde van Jaéser en die
Aarde van Gílead bekyk het, vind hulle uit dat die plek ’n plek vir vee was.
2 Daarop het die kinders van Gad en die kinders
van Ruben gekom en met Moshè en die priester El-Azar en met die owerstes van
die vergadering gespreek en gesê:
3 Atarot en Dibon en Jaéser en Nimra en Hesbon en
El-Aleh en Sebam en Nebo en Behon -
4 die Aarde wat JaHWeH voor die aangesig van die
vergadering van JisraEl uit verower het - is ’n Aarde vir vee, en u dienaars
het vee.
5 Verder het hulle gesê: As ons barmhartigheid in
u oë gevind het, laat hierdie Aarde aan u dienaars as ’n besitting gegee word;
bring ons nie oor die Jordaan nie.
6 Maar Moshè het die kinders van Gad en die
kinders van Ruben geantwoord: Sal julle broers oorlog toe trek, en wil julle
hier bly?
7 Waarom tog wil julle die hart van die kinders
van JisraEl daarvan afkerig maak om deur te trek in die Aarde wat JaHWeH aan
hulle gegee het?
8 So het julle vaders gedoen toe ek hulle van
Kadesh-Barnéa af gestuur het om die Aarde te bekyk.
9 Toe hulle tot by die dal Eskol opgetrek en die
Aarde bekyk het, het hulle die hart van die kinders van JisraEl afkerig gemaak
om in die Aarde in te trek wat JaHWeH aan hulle gegee het.
10 Daarom het die Woede van JaHWeH dieselfde dag
ontvlam, en Hy het gesweer en gesê:
11 Waarlik, geeneen van die manne wat uit Egipte
opgetrek het, van twintig jaar oud en daarbo, sal die Adamah[adamiet se Aarde]
sien wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het nie; want hulle
het nie volhard om My te volg nie -
12 behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, die
Kenissiet, en JeHôWshua, die seun van Nun; want hulle het volhard om JaHWeH te
volg.
13 En die Woede van JaHWeH het teen JisraEl
ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die wildernis laat rondswerwe,
totdat die hele geslag verteer was wat besoedel gehandel het in die Oë van
JaHWeH.
14 En kyk, julle het opgestaan in die plek van
julle vaders, afstammelinge van manne wat oortreders is, om die brandende Woede
van JaHWeH teen JisraEl nog te vererger.
15 As julle van Hom afvallig word, sal Hy hulle
nog langer in die wildernis laat bly, en julle sal hierdie hele volk te gronde
laat gaan.
16 Toe kom hulle na hom toe aan en sê: Ons sal
hier skaapkrale bou vir ons vee en stede vir ons kinders.
17 Maar ons self sal ons haastig wapen voor die
aangesig van die oë van die kinders van JisraEl, totdat ons hulle op hul
woonplek bring; en ons kinders sal in die versterkte stede bly vanweë die
bewoners van die Aarde.
18 Ons sal nie na ons huise teruggaan voordat die
kinders van JisraEl elkeen in besit van sy erfdeel gekom het nie.
19 Want ons sal nie saam met hulle wes van die
Jordaan en verder weg erwe nie, omdat ons erfdeel duskant die Jordaan, teen
sonop, ons s’n geword het.
20 Toe sê Moshè vir hulle: As julle dit doen, as
julle jul voor die Aangesig van JaHWeH vir die oorlog bewapen
21 en elke gewapende man van julle voor die
Aangesig van JaHWeH deur die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor sy aangesig
uit verdrywe het
22 en die Aarde voor die Aangesig van JaHWeH
onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die
Aangesig van JaHWeH en voor JisraEl, en hierdie Aarde sal vir julle ’n
besitting word voor die Aangesig van JaHWeH.
23 Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan oortree
julle teen JaHWeH, en weet dan dat julle oortreding julle sal inhaal.
24 Bou vir julle stede vir jul kinders en krale
vir jul kleinvee, en doen wat uit julle mond uitgegaan het.
25 Toe het die kinders van Gad en die kinders van
Ruben met Moshè gespreek en gesê: U dienaars sal doen soos my meester beveel
het.
26 Ons kinders, ons vroue, ons vee en al ons
lasdiere sal daar in die stede van Gílead bly;
27 maar u dienaars, almal wat vir die oorlog
gewapen is, sal voor die Aangesig van JaHWeH na die oorlog oortrek soos my
meester gespreek het.
28 Toe het Moshè aangaande hulle aan die priester
El-Azar en aan JeHôWshua, die seun van Nun, en aan die hoofdelike vaders uit
die stamme van die kinders van JisraEl bevel gegee,
29 en Moshè het aan hulle gesê: As die kinders van
Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat
vir die oorlog gewapen is, voor die Aangesig van JaHWeH, en die Aarde voor
julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die Aarde van Gílead as ’n besitting.
30 Maar as hulle nie gewapend saam met julle
oortrek nie, moet hulle onder julle in die Aarde van Kanaän besittings verkry.
31 En die kinders van Gad en die kinders van Ruben
het geantwoord en gesê: Volgens die Woord van JaHWeH aan u dienaars, so sal ons
doen.
32 Ons sal gewapend oortrek voor die Aangesig van
JaHWeH na die Aarde van Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan
sal ons s’n wees.
33 So het Moshè dan aan hulle gegee, aan die
kinders van Gad en die kinders van Ruben en die halwe stam van Manasse, die
seun van JôWsef, die koninkryk van Sihon, koning van die Amoriete, en die
koninkryk van Og, koning van Basan, die Aarde volgens haar stede met die
grondgebied wat daarby behoort, die stede van die Aarde rondom.
34 En die kinders van Gad
het Dibon gebou en Atarot en Aroër
35 en Aterot-Sofan en Jaéser en
Jógbeha
36 en Bet-Nimra en Bet-Haran
versterkte stede en skaapkrale.
37 En die kinders van
Ruben het Hesbon gebou en El-Aleh en Kirjataim
38 en Nebo en Baäl-Meon - met
verandering van die name - en Sibma; en hulle het die stede wat hulle gebou
het, name gegee.
39 En die seuns van Magir, die
seun van Manasse, het na Gílead gegaan en haar verower en die Amoriete verdrywe
wat in haar was.
40 En Moshè het Gílead aan Magir,
die seun van Manasse, gegee; en hy het in haar gewoon.
41 En Jaïr, die seun van Manasse,
het gegaan en hulle tentdorpe ingeneem en dit tentdorpe van Jaïr genoem.
42 En Nobag het gegaan en Kenat en
die onderhorige plekke ingeneem en vir haar die naam Nobag gegee.
33 DIT is die trekke van die kinders van JisraEl wat
uit die Aarde van Egipte uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder die
hand van Moshè en Aäron.
2 Volgens die bevel van JaHWeH het Moshè die
plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is
hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.
3 Hulle het van Raämses af opgebreek in die eerste
maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die Pasga het
die kinders van JisraEl deur ’n Sterke Hand voor die oë van al die Egiptenaars
uitgetrek,
4 terwyl die Egiptenaars besig was om dié te
begrawe wat JaHWeH onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het
JaHWeH aan hulle gode strafgerigte voltrek.
5 Toe die kinders van JisraEl van Raämses af
opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.
6 En hulle het van Sukkot af opgebreek en laer
opgeslaan in Etam wat aan die kant van die wildernis lê.
7 En hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai
na Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor die
aangesig van Migdol.
8 En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en
dwarsdeur die see gegaan na die wildernis toe; en hulle het drie dagreise ver
die wildernis van Etam ingetrek en laer opgeslaan in Mara.
9 En hulle het van Mara af opgebreek en by Elim
gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het
daar laer opgeslaan.
10 En hulle het van Elim af opgebreek en laer
opgeslaan by die Skelfsee.
11 En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en
laer opgeslaan in die wildernis Sin.
12 En hulle het uit die wildernis Sin opgebreek en
laer opgeslaan in Dofka.
13 En hulle het van Dofka af opgebreek en laer
opgeslaan in Alus.
14 En hulle het van Alus af opgebreek en laer
opgeslaan in Ráfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.
15 En hulle het van Ráfidim af opgebreek en laer
opgeslaan in die wildernis Sinai.
16 En hulle het uit die wildernis Sinai opgebreek
en laer opgeslaan in Kibrot-Hattáäwa.
17 En hulle het van Kibrot-Hattáäwa af opgebreek
en laer opgeslaan in Haserot.
18 En hulle het van Haserot af opgebreek en laer
opgeslaan in Ritma.
19 En hulle het van Ritma af opgebreek en laer
opgeslaan in Rimmon-Peres.
20 En hulle het van Rimmon-Peres af opgebreek en
laer opgeslaan in Libna.
21 En hulle het van Libna af opgebreek en laer
opgeslaan in Rissa.
22 En hulle het van Rissa af opgebreek en laer
opgeslaan in Keheláta.
23 En hulle het van Keheláta af opge-breek en laer
opgeslaan by die berg Sefer.
24 En hulle het van die berg Sefer af opgebreek en
laer opgeslaan in Hárada.
25 En hulle het van Hárada af opgebreek en laer
opgeslaan in Mákhelot.
26 En hulle het van Mákhelot af opgebreek en laer
opgeslaan in Tahat.
27 En hulle het van Tahat af opgebreek en laer
opgeslaan in Terag.
28 En hulle het van Terag af opgebreek en laer
opgeslaan in Mitka.
29 En hulle het van Mitka af opgebreek en laer
opgeslaan in Hasmóna.
30 En hulle het van Hasmóna af opgebreek en laer
opgeslaan in Móserot.
31 En hulle het van Móserot af opgebreek en laer
opgeslaan in Béne-Jáäkan.
32 En hulle het van Béne-Jáäkan af opgebreek en
laer opgeslaan in Hor-Hággidgad.
33 En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en
laer opgeslaan in Jotbáta.
34 En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer
opgeslaan in Abróna.
35 En hulle het van Abróna af opgebreek en laer
opgeslaan in Eseon-Geber.
36 En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en
laer opgeslaan in die wildernis Sin, sy is Kadesh.
37 En hulle het van Kadesh af opgebreek en laer
opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die Aarde van Edom.
38 Toe het die priester Aäron op bevel van JaHWeH
op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog
van die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte, in die vyfde maand, op
die eerste van die maand.
39 En Aäron was honderd-drie-en-twintig jaar oud
toe hy op die berg Hor gesterf het.
40 En die Kanaäniet, die koning van Arad, wat in
die Suidland in die Aarde van Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van
JisraEl aankom.
41 En hulle het van die berg Hor af opgebreek en
laer opgeslaan in Sálmona.
42 En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer
opgeslaan in Punon.
43 En hulle het van Punon af opgebreek en laer
opgeslaan in Obot.
44 En hulle het van Obot af opgebreek en laer
opgeslaan in Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab.
45 En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer
opgeslaan in Dibon-Gad.
46 En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer
opgeslaan in Almon-Diblataim.
47 En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek
en laer opgeslaan in die gebergte Abárim, voor die aangesig van Nebo.
48 En hulle het van die gebergte Abárim af
opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo.
49 En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van
Bet-Hajésimot af tot by Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab.
50 En JaHWeH het met Moshè gespreek in die vlaktes
van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
51 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As julle deur die Jordaan in die Aarde van Kanaän intrek,
52 moet julle al die bewoners van die Aarde voor
julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk vernietig; ook moet julle al hulle
gegote beelde vernietig en al hulle Hoogtes verwoes.
53 En julle moet die Aarde in besit neem en in
haar woon; want Ek het die Aarde aan julle gegee om haar te besit.
54 En julle moet die Aarde deur die lot as Erfdeel
verwerwe, volgens julle families; vir die wat baie is, moet julle hulle erfdeel
groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die
lot vir iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet
julle dit as erfdeel verwerwe.
55 Maar as julle die bewoners van die Aarde nie
voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos
dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle beveg
in die Aarde waar julle in woon.
56 En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal
Ek aan julle doen.
34 VERDER het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As julle in die Aarde van Kanaän kom, sal sy die Aarde wees wat aan
julle as erfdeel sal toekom; die Aarde van Kanaän volgens haar grense.
3 Julle suidekant dan moet van die wildernis Sin
af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die
einde van die Soutsee af wees;
4 en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai
en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kadesh-Barnéa; dan moet dit
aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.
5 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die
spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.
6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir
julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens
wees.
7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die
Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.
8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek
tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.
9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit
moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.
10 Verder moet julle as jul oostelike grens die
lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.
11 En die grens moet afloop van Sefam af na
Haribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange
van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.
12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan
totdat dit doodloop by die Soutsee. Sy moet vir julle die Aarde wees volgens
haar grense rondom.
13 En Moshè het aan die kinders van JisraEl bevel
gegee en gesê: Sy is die Aarde wat julle deur die lot as Erfdeel sal verwerwe,
volgens die bevel van JaHWeH om aan die nege stamme en aan die halwe stam te
gee.
14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete
volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens
hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang - hulle het hul
erfdeel ontvang.
15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle
erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.
16 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
17 Dit is die name van die manne wat vir julle die
Aarde as erfenis moet verdeel: die priester El-Azar en JeHôWshua, die seun van
Nun.
18 Daarby moet julle uit elke stam een owerste
neem om die Aarde as erfenis te verdeel.
19 En dit is die name van die manne: van die stam
van JeHûWdah - Kaleb, die seun van Jefúnne;
20 en van die stam van Símeon se kinders -
ShemuEl, die seun van Ammihud;
21 van die stam van Benjamin EliDad, die seun van
Kislon;
22 en van die stam van Dan se kinders as owerste -
Bukki, die seun van Jogli;
23 van die kinders van JôWsef: van die stam van
Manasse se kinders as owerste HanniEl, die seun van Efod;
24 en van die stam van Efraim se kinders as
owerste - KemûwEl, die seun van Siftan;
25 en van die stam van Sébulon se kinders as
owerste – El-Safan, die seun van Parnag;
26 en van die stam van Issaskar se kinders as
owerste PáltieEl, die seun van Assan;
27 en van die stam van Aser se kinders as owerste
- Ahíhud, die seun van Selómi;
28 en van die stam van Náftali se kinders as
owerste – PedahEl, die seun van Ammihud.
29 Dit is hulle wat volgens die bevel van JaHWeH
die erfenis vir die kinders van JisraEl in die Aarde van Kanaän moet verdeel.
35 EN JaHWeH het met Moshè gespreek in die vlaktes
van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
2 Gee bevel aan die kinders van JisraEl dat hulle
aan die Leviete van hulle erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet
julle weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
3 En die stede moet vir hulle dien om te bewoon;
maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en
al hulle lewende hawe wees.
4 En die weiveld van die stede wat julle aan die
Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend voorarm rondom wees.
5 En julle moet buitekant die stad meet: aan die
oostekant tweeduisend voorarm en aan die suidekant tweeduisend voorarm en aan
die westekant tweeduisend voorarm en aan die noordekant tweeduisend voorarm, en
die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.
6 En die stede wat julle aan die Leviete gee, moet
die ses stede vir ontvlugting wees wat julle moet gee, dat die een wat
doodgeslaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee-en-veertig stede
gee.
7 Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet
wees agt-en-veertig stede, hulle saam met hul weiveld.
8 En wat die stede betref wat julle uit die
besitting van die kinders van JisraEl gee - julle moet van die wat baie is, baie
neem, en van die wat min is, min neem; elke [stam] moet van sy stede aan die
Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.
9 Verder het JaHWeH met Moshè gespreek en gesê:
10 Spreek met die kinders van JisraEl en sê vir
hulle: As julle deur die Jordaan na die Aarde van Kanaän trek,
11 moet julle gunstig geleë stede vir julle
uitsoek; as stede vir ontvlugting moet hulle vir julle dien, dat die een wat
doodgeslaan het, een wat per abuis ’n siel doodgeslaan het, daarheen kan vlug.
12 En die stede moet vir julle as toevlug van die
losser wees, sodat hy wat doodgeslaan het, nie sterwe voordat hy voor die
aangesig van die vergadering in Regspraak gestaan het nie.
13 En die stede wat julle gee, moet vir julle, ses
in getal, as stede vir ontvlugting dien.
14 Drie van die stede moet julle oos van die
Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die Aarde van Kanaän gee; stede vir
ontvlugting moet hulle wees.
15 Vir die kinders van JisraEl en die besoeker en
die vreemdeling onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat
elkeen daarheen kan vlug wat per abuis ’n siel doodgeslaan het.
16 Maar as hy hom slaan met ’n ystervoorwerp,
sodat hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood
word.
17 En as hy hom slaan met ’n klip in die hand -
waardeur iemand kan sterwe - en hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die
moordenaar moet sekerlik gedood word.
18 Of as hy hom slaan met ’n houtvoorwerp in die
hand - waardeur iemand kan sterwe - en hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die
moordenaar moet sekerlik gedood word.
19 Die losser van die bloed, hy moet die
moordenaar doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak.
20 En as hy hom uit haat stamp of met opset na hom
gooi, sodat hy sterwe,
21 of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat
hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is ’n
moordenaar; die losser van die bloed moet die moordenaar doodmaak as hy hom
kry.
22 Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap,
stamp of enigiets sonder opset na hom gooi;
23 of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe
– [as hy], sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl
hy geen vyand van hom was en die ellende nie gesoek het nie,
24 dan moet die vergadering tussen hom wat
doodgeslaan het, en die losser van die bloed oordeel volgens hierdie Reg.
25 En die vergadering moet hom wat doodgeslaan
het, red uit die hand van die losser van die bloed, en die vergadering moet hom
laat teruggaan na sy stad van ontvlugting waarheen hy gevlug het; en hy moet in
haar bly tot die dood van die hoëpriester wat met die Apartheid se olie gesalf
is.
26 Maar as hy wat doodgeslaan het, ooit buitekant
die grens van sy stad van ontvlugting gaan waarheen hy moes vlug,
27 en die losser van die bloed hom buitekant die
grens van sy stad van ontvlugting kry, en die losser van die bloed hom
doodslaan wat doodgeslaan het, dan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
28 Want hy moet in sy stad van ontvlugting bly tot
die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat
doodgeslaan het, teruggaan na die Aarde waar sy besitting lê.
29 En dit moet vir julle ’n Regspraak wees in
julle geslagte, in al julle woonplekke.
30 As iemand ’n siel doodslaan, moet die
moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie
genoegsaam om ‘n siel tot die dood te veroordeel nie.
31 Maar julle mag geen losprys aanneem vir die
siel van ’n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik
gedood word.
32 Ook mag julle geen losprys aanneem om iemand
vry te stel van die vlug na sy vrystad - sodat hy kan teruggaan om in die Aarde
te woon - tot op die dood van die [hoë]priester nie.
33 En julle mag die Aarde nie besoedel waar julle
in haar is nie; want die bloed besoedel die Aarde, en vir die Aarde word geen versoening
gedoen vir die bloed wat in haar vergiet is nie, as net deur die bloed van hom
wat dit vergiet het. [1 Konings 2:31]
34 En jy mag die Aarde waar julle in haar woon,
nie besoedel nie, omdat Ek in haar midde woon; want Ek - JaHWeH, woon in die
midde van die kinders van JisraEl.
36 EN die hoofdelike vaders oor die familie van die
kinders van Gilead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte
van JôWsef se kinders, het nader gekom en voor die aangesig van Moshè en voor
die aangesig van die owerstes, die hoofdelike vaders van die kinders van
JisraEl, gespreek
2 en gesê: volgens die bevel van JaHWeH moet my
meester die Aarde deur die lot as erfenis aan die kinders van JisraEl gee; ook
volgens die bevel van JaHWeH moet my meester die erfdeel van ons broer Selofhad
aan sy dogters gee.
3 As hulle nou die vroue word van een van die
seuns uit die [ander] stamme van die kinders van JisraEl, dan word hulle
erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die
stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot
aangewys is, ingekort word.
4 En as die jubeljaar vir die kinders van JisraEl
aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby
hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se
stam weggeneem word.
5 Toe het Moshè die kinders van JisraEl gelas op
die bevel van JaHWeH en gesê: Die stam van die kinders van JôWsef praat reg.
6 Dit is die Woord volgens ‘n bevel van JaHWeH
aangaande die dogters van Selófhad: Laat hulle die vroue word van hom wat
suiwer is in hulle oë; hulle moet net trou in ’n familie van die stam van hulle
vader,
7 sodat die erfdeel van die kinders van JisraEl
nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van JisraEl moet elkeen die
erfdeel van die stam van sy vaders vashou.
8 En elke dogter wat ’n erfdeel kry, uit die
stamme van die kinders van JisraEl, moet die vrou word van een uit die familie
van die stam van haar vader, sodat die kinders van JisraEl elkeen die erfdeel
van sy vaders kan erwe.
9 So sal dan ’n erfdeel nie van een stam na ’n
ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van JisraEl moet elkeen
sy erfdeel vashou.
10 Volgens die bevel van JaHWeH aan Moshè, so het
die dogters van Selófhad gedoen:
11 Magla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die
dogters van Selófhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;
12 hulle het die vroue geword [van manne] uit die
families van die kinders van Manasse, die seun van JôWsef. So het dan hulle
erfdeel gebly in die stam van die familie van hulle vader.
13 Dit is die Gebooie en die Regsprake volgens die
bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè aan die kinders van JisraEl, in die
vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.
1DIT is die woorde waarmee Moshè die hele JisraEl
toegespreek het oos van die Jordaan in die wildernis, in die Vlakte teenoor
Suf, tussen Paran en Tofel en Laban en Háserot en Di-Sahab.
2 Elf dae is die pad van Horeb af na die gebergte
Seïr tot by Kadesh-Barnéa.
3 En in die veertigste jaar, in die elfde maand,
op die eerste van die maand, het Moshè met die kinders van JisraEl gespreek
volgens die bevel van JaHWeH;
4 nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat
in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in Ashtarowth gewoon
het, in Edréï verslaan het.
5 Oos van die Jordaan in die Aarde van Moab het
Moshè onderneem om hierdie Wet te verduidelik deur te sê:
6 JaHWeH onse Elohey het met ons by Horeb gespreek
en gesê: Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.
7 Trek weg en breek op en gaan na die gebergte van
die Amoriete en na al sy naburige plekke: die Vlakte, die Gebergte en die
Laeveld en die Suidland en by die seekus - die Aarde van die Kanaäniete en die
Líbanon, tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.
8 Kyk, Ek gee die Aarde aan julle oor; gaan in en
neem die Aarde in besit wat JaHWeH aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met
’n eed beloof het om haar aan hulle te gee en aan hulle saad ná hulle.
9 En ek het met julle in dié tyd gespreek en gesê:
Ek kan julle alleen nie dra nie.
10 JaHWeH julle Elohey het julle vermenigvuldig;
en kyk, julle is vandag soos die Sterre van die Hemele in menigte.
11 Mag JaHWeH, die Elohey van julle vaders, by
julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle
beloof het!
12 Hoe sou ek die moeilikheid en die las en die
regsake van julle alleen kan dra?
13 Bring tog wyse en verstandige en ervare manne
aan volgens julle stamme, dat ek hulle as julle hoofde kan aanstel.
14 Hierop het julle my geantwoord en gesê: Die
woord wat u gespreek het, is goed om uit te voer.
15 Toe het ek die hoofde van julle stamme, wyse en
ervare manne, geneem en hulle as hoofde oor julle aangestel, owerstes oor
duisend en owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien en
opsigters volgens julle stamme.
16 En ek het in dié tyd aan julle regters bevel
gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ’n man
en sy broer en die besoeker wat by hom is.
17 Julle mag in die Reg nie partydig wees nie;
julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand spaar nie, want die
Reg is die saak van Elohim, maar die saak wat vir julle te moeilik is, moet julle
na my toe naderbring, en ek sal dit in verhoor neem.
18 So het ek julle dan in dié tyd al die dinge
beveel wat julle moet doen.
19 Toe het ons van Horeb af opgebreek, en ons het
daardie hele groot en vreeslike wildernis deurgetrek wat julle op pad na die
gebergte van die Amoriete gesien het, volgens die bevel van JaHWeH onse Elohey;
en ons het tot by Kadesh-Barnéa gekom.
20 Toe het ek vir julle gesê: Julle het tot by die
gebergte van die Amoriete gekom wat JaHWeH onse Elohey aan ons sal gee.
21 Kyk, JaHWeH jou Elohey het die Aarde aan jou
oorgegee; trek op, neem haar in besit volgens die Woord van JaHWeH, die Elohey
van jou vaders; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
22 Toe het julle almal na my toe nader gekom en
gesê: Laat ons manne voor ons uitstuur, dat hulle vir ons die Aarde kan verken
en ons berig kan bring aangaande die pad waarlangs ons in haar moet optrek, en
die stede waarby ons sal kom.
23 En die saak was goed in my oë, sodat ek twaalf
man uit julle, uit elke stam een man, geneem het.
24 En hulle het weggedraai en na die gebergte
opgetrek en tot by die dal Eskol gekom en haar verken.
25 Hulle het toe van die vrugte van die Aarde met
hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die
Aarde wat JaHWeH onse Elohey aan ons sal gee, is goed.
26 Maar julle wou nie optrek nie, maar was
wederstrewig teen die bevel van JaHWeH julle Elohey.
27 En julle het in jul tente geprotesteer en gesê:
Omdat JaHWeH ons haat, het Hy ons uit die Aarde van Egipte uitgelei om ons in die
hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.
28 Waarheen moet ons optrek? Ons broers het ons
hart laat versmelt deur te sê: Dit is ’n volk groter en hoër van gestalte as
ons; die stede is groot en tot aan die Hemele versterk; en ons het daar ook die
kinders van die Enakiete gesien.
29 Toe het ek aan julle gesê: Word nie verskrik en
wees nie bevrees vir hulle nie.
30 JaHWeH julle Elohey wat voor jul uittrek, Hy
sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het
31 en in die wildernis, waar jy gesien het hoe
JaHWeH jou Elohey jou gedra het soos ’n man sy seun dra, op die hele pad wat
julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.
32 Maar ondanks hierdie woord het julle nie geglo
in JaHWeH julle Elohey nie,
33 wat voor julle uit getrek het op die pad om vir
julle ’n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die Vuur om julle
te laat sien op die pad waar julle in haar moes trek, en bedags in die
Wolkkolom.
34 En toe JaHWeH die stem van julle woorde hoor,
het Hy woedend geword en gesweer en gesê:
35 Waarlik, geeneen van hierdie manne, hierdie
besoedelde geslag, sal die gesuiwerde Aarde sien wat Ek met ’n eed beloof het
om aan julle vaders te gee nie -
36 behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne; hy sal haar
sien, en aan hom en sy kinders sal Ek die Aarde gee. Hy sal in haar loop, omdat
hy volhard het om JaHWeH te volg.
37 Ook was JaHWeH woedend op my om julle ontwil,
sodat Hy gesê het: Jy sal daar ook nie inkom nie.
38 JeHôWshua, die seun van Nun, wat voor jou staan
- hy sal daar inkom; versterk hom, want hy sal JisraEl haar laat beërwe.
39 En julle kindertjies van wie julle gesê het:
Hulle sal ’n buit word! en julle kinders wat vandag van geen suiwerheid of
besoedeling weet nie - hulle sal daar inkom en aan hulle sal Ek haar gee, en
hulle sal haar in besit neem.
40 Maar julle, draai om en trek weg na die
wildernis op pad na die Skelfsee.
41 Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons
het teen JaHWeH oortree; ons self sal optrek en veg net soos JaHWeH onse Elohey
ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en daar nog maklik
oor dink om in die gebergte op te trek,
42 het JaHWeH vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag
nie optrek en veg nie - want Ek is nie in julle midde nie - dat julle nie voor
die aangesig van julle vyande verslaan word nie.
43 Maar toe ek met julle gespreek het, het julle
nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van JaHWeH en het
vermetel in die gebergte opgetrek.
44 Toe het die Amoriete wat in dié gebergte gewoon
het, uitgetrek julle tegemoet en julle agtervolg soos die bye maak; en hulle
het julle verstrooi in Seïr tot by Horma.
45 En julle het teruggekom en voor die Aangesig
van JaHWeH geween, maar JaHWeH het na julle stem nie geluister en julle geen
gehoor gegee nie.
46 So het julle dan baie dae in Kadesh gebly,
solank as julle daar gebly het.
2 DAARNA het ons gedraai en weggetrek na die
wildernis, op pad na die Skelfsee, volgens die Woord van JaHWeH aan my, en ons
het om die gebergte Seïr getrek, baie dae lank.
2 Toe het JaHWeH met my gespreek en gesê:
3 Julle het lank genoeg om hierdie
gebergte getrek. Draai noordwaarts weg
4 en gee aan die volk bevel en sê: Julle gaan trek
deur die grondgebied van julle broers die kinders van Esau wat in Seïr woon, en
hulle sal vir julle vrees; pas dan goed op;
5 begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie,
want Ek sal julle van hulle Aarde selfs nie ’n tree van ‘n voetsool gee nie;
want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as ’n besitting gegee.
6 Voedsel moet julle van hulle met silwer koop,
dat julle kan eet; en julle moet ook water van hulle met silwer koop, dat julle
kan drink.
7 Want JaHWeH jou Elohey het jou geseën in al die
werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot wildernis; nou veertig
jaar lank was JaHWeH jou Elohey met jou; geen ding het jou ontbreek nie.
8 Daarop het ons verder getrek, weg van ons
broers, die kinders van Esau wat in Seïr woon, weg van die pad deur die Vlakte,
weg van Elat en Éseon-Geber; ons het toe weggedraai en verder getrek op pad na
die wildernis van Moab.
9 Toe het JaHWeH vir my gesê: Behandel Moab nie as
vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van
sy Aarde as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as ’n
besitting gegee het. [Exodus 23:31; Spreuke 31:16]
10 Die Emiete het tevore in haar gewoon, ’n volk
groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete.
11 Hulle word ook vir Refaïete gehou, soos die
Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.
12 Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar
die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit
verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos JisraEl gedoen het met die Aarde
van sy besitting wat JaHWeH aan hulle gegee het.
13 Maak nou klaar en trek oor die spruit Sered.
Toe het ons oor die spruit Sered getrek.
14 En die dae van ons trek van Kadesh-Barnéa af
totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt-en-dertig jaar totdat die
hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos JaHWeH aan hulle dit
gesweer het.
15 So was die Hand van JaHWeH dan ook teen hulle
om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.
16 En toe al die krygsmanne heeltemal onder die
volk uit weggesterf het,
17 het JaHWeH met my gespreek en gesê:
18 Jy trek vandag die grens van Moab by Ar oor,
19 en jy sal kom in die nabyheid van die kinders
van Ammon; behandel hulle nie as vyande en begeef jou nie in die oorlog teen
hulle nie; want Ek sal jou niks van die kinders van Ammon se Aarde as besitting
gee nie, omdat Ek haar aan die kinders van Lot as besitting gegee het.
20 Sy word ook as ’n deel van die Aarde van
Refaïete beskou; Refaïete het tevore in haar gewoon, en die Ammoniete het hulle
Samsummiete genoem -
21 ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte
soos die Enakiete - maar JaHWeH het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié
uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;
22 soos Hy in die geval van die kinders van Esau
gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle
dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.
23 Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig
was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek
gaan woon.
24 Maak julle klaar, breek op en trek deur die
Arnonrivier. Kyk, Ek gee Sihon, die koning van Hesbon, die Amoriet, en sy Aarde
in jou hand; begin om haar in besit te neem, en begeef jou in die oorlog teen
hom.
25 Vandag sal Ek begin om die skrik en die vrees
vir jou op die volke onder die hele Hemele te lê, sodat hulle, as hulle die
tyding aangaande jou hoor, voor jou sal sidder en bewe van angs.
26 Toe het ek boodskappers gestuur uit die
wildernis Kedémot na Sihon, die koning van Hesbon, met woorde van vrede om te
sê:
27 Laat my deur jou Aarde gaan; ek sal net
padlangs trek; ek sal nie regs of links uitdraai nie.
28 Voedsel moet jy my verkoop vir silwer, dat ek
kan eet; en water moet jy my gee vir silwer, dat ek kan drink; laat my net te
voet deurtrek -
29 soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en
die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het - totdat ek deur die Jordaan
trek in die Aarde wat JaHWeH onse Elohey aan ons sal gee.
30 Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie
by hom laat deurtrek nie; want JaHWeH jou Elohey het sy gees verhard en sy hart
verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.
31 En JaHWeH het vir my gesê: Kyk, Ek begin om
Sihon en sy Aarde aan jou oor te gee; begin om haar in besit te neem, om sy
Aarde in besit te neem.
32 Toe het Sihon uitgetrek ons tegemoet, hy en sy
hele volk, om te veg by Jahas.
33 En JaHWeH onse Elohey het hom aan ons oorgegee,
sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.
34 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem en
elke stad met die banvloek getref, manne en vroue en kinders; ons het niemand
laat oorbly nie.
35 Net die vee het ons vir ons gebuit en die buit
van die stede wat ons ingeneem het.
36 Van Ároër af wat aan die kant van die
Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen
vesting onneembaar nie - JaHWeH onse Elohey het alles aan ons oorgegee.
37 Net naby die Aarde van die kinders van Ammon
het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die
gebergte en alles wat JaHWeH onse Elohey verbied het.
3 DAARNA het ons weggedraai en op pad na Basan
opgetrek; en Og, die koning van Basan, het uitgetrek ons tegemoet, hy en sy
hele volk, om te veg by Edréï.
2 Toe het JaHWeH vir my gesê: Wees nie bevrees vir
hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy deel van die Aarde in jou hand;
en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die
Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
3 En JaHWeH onse Elohey het ook Og, die koning van
Basan, en sy hele volk in ons hand gegee, sodat ons hom verslaan het, totdat
daar van hom niemand oor was wat oorgebly het nie.
4 En ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar
was geen vesting wat ons van hulle nie afgeneem het nie: sestig stede, die hele
landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan.
5 Al hierdie stede was versterk met hoë mure,
poorte en grendels, behalwe ’n groot menigte onbemuurde stede.
6 En ons het hulle met die banvloek getref soos
ons met Sihon, die koning van Hesbon, gedoen het deur elke stad, manne, vroue
en kinders met die banvloek te tref.
7 Maar al die vee en die buit van die stede het
ons vir ons gebuit.
8 So het ons dan in dié tyd die Aarde uit die hand
van die twee konings van die Amoriete duskant die Jordaan geneem, van die
Arnonrivier af tot by die berg Hermon -
9 die Sidoniërs noem Hermon Sirjon; maar
die Amoriete noem dit Senir-
10 al die stede van die gelykveld en die hele
Gílead en die hele Basan tot by Salga en Edréï, stede van die koninkryk van Og
in Basan.
11 Want Og, die koning van Basan, het net alleen
oorgebly van die Refaïete. Is sy bed, ’n ysterbed, nie daar in Rabbah van die
kinders van Ammon nie? Nege voorarm is haar lengte en vier voorarm haar
breedte, volgens die voorarm van ‘n man.
12 En hierdie Aarde het ons in dié tyd in besit
geneem: van Aroër af, wat by die Arnonrivier lê, en die helfte van die gebergte
van Gílead met die stede daarvan het ek aan die Rubeniete en die Gadiete gegee.
13 En die orige deel van Gílead saam met die hele
Basan, die koninkryk van Og, het ek aan die halwe stam van Manasse gegee - die
hele landstreek Argob. Daardie hele Basan word Aarde van die Refaïete genoem.
14 Jaïr, die seun van Manasse, het die hele
landstreek Argob tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete gekry en
dit, naamlik Basan, na sy naam Jaïrsdorpe genoem tot vandag toe.
15 En aan Magir het ek Gílead gegee.
16 Maar aan die Rubeniete en die Gadiete het ek
van Gílead af tot by die Arnonrivier gegee, die middel van die rivier, saam met
sy oewerland, en tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon.
17 Daarby die Vlakte en die Jordaan, saam met sy
grondgebied, van Kinnéret af tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, onder
aan die hange van Pisga teen die ooste.
18 Verder het ek in dié tyd aan julle bevel gegee
en gesê: JaHWeH julle Elohey het aan julle hierdie Aarde gegee om haar in besit
te neem; gewapend moet julle voor die aangesig van die jul broers, die kinders
van JisraEl, oortrek - al die dapper manne.
19 Net julle vroue en julle kinders en julle vee -
ek weet dat julle baie vee het - kan in julle stede bly wat ek aan julle gegee
het;
20 totdat JaHWeH aan julle broers soos aan julle
rus gee, en hulle ook die Aarde in besit neem wat JaHWeH julle Elohey aan hulle
oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat
ek aan julle gegee het.
21 Ook het ek JeHôWshua in dié tyd beveel en gesê:
Jou oë het alles gesien wat JaHWeH julle Elohey aan hierdie twee konings gedoen
het. So sal JaHWeH aan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek.
22 Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want
dit is JaHWeH julle Elohey wat vir julle stry.
23 Ook het ek JaHWeH in dié tyd gesmeek en gesê:
24 My Meester JaHWeH! U het begin om U kneg U
Grootheid en U Sterke Hand te laat sien; want watter el is daar in die Hemele
en op die Aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?
25 Laat my tog oortrek en die goeie Aarde sien wat
oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Líbanon!
26 Maar JaHWeH het woedend vir my geword om julle
ontwil en my nie verhoor nie; maar JaHWeH het vir my gesê: Dit is nou genoeg!
Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.
27 Klim op die top van Pisga en slaan jou oë op na
die weste en na die noorde en na die suide en na die ooste, en bekyk haar met
jou oë; want jy mag oor hierdie Jordaan nie gaan nie.
28 Gee dan bevel aan JeHôWshua, en versterk hom en
bemoedig hom, want hý sal voor die aangesig van hierdie volk uit deurtrek, en
hý sal hulle die Aarde wat jy sal sien, laat erwe.
29 En ons het in die dal teenoor Bet-Peor gebly.
4 LUISTER dan nou, JisraEl, na die Insettinge en
die Regsprake wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en
die Aarde wat JaHWeH, die Elohey van julle vaders, aan julle sal gee, in besit
mag neem.
2 Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks
byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die Gebooie van
JaHWeH julle Elohey mag onderhou, wat ek julle beveel.
3 Julle oë het gesien wat JaHWeH weens Baäl-Peor
gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het
JaHWeH jou Elohey onder jou uit verdelg.
4 Julle daarenteen wat JaHWeH julle Elohey
aangehang het, is vandag nog almal in die lewe.
5 Kyk, ek het julle Insettinge en Regsprake geleer
soos JaHWeH my Elohey my beveel het, om so te handel in die Aarde waarheen
julle gaan om haar in besit te neem.
6 Onderhou Haar dan en doen Haar; want Sy is julle
Wysheid en julle Verstand voor die oë van die volke wat al hierdie Insettinge
sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en verstandige volk.
7 Want watter groot nasie het elohim wat vir hulle
so naby is soos JaHWeH onse Elohey so dikwels as ons Hom aanroep?
8 En watter groot nasie is daar wat sulke
regverdige Insettinge en Regsprake het soos hierdie hele Wet wat ek julle
vandag voorhou?
9 Neem jou net in ag en wees terdeë op jou hoede,
dat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie, en dat hulle uit jou
hart nie wyk al die dae van jou siel nie; en jy moet dit aan jou kinders en jou
kindskinders bekend maak:
10 die dag dat jy voor die Aangesig van JaHWeH jou
Elohey by Horeb gestaan het, toe JaHWeH aan my gesê het: Vergader die volk vir
My, en Ek sal hulle My Woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al
die dae wat hulle op die Adamah[adamiet se Aarde] lewe, en dit aan hulle
kinders kan leer.
11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg
gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die Hemele,
met donkerheid, die Wolkkolom en duisternis.
12 En JaHWeH het met julle uit die vuur gespreek;
julle het ’n Stem van woorde gehoor, maar geen Gestalte gesien nie, net ’n Stem
was daar.
13 Toe het Hy aan julle Sy Verbond verkondig wat
Hy julle beveel het om te doen, die Tien Bevele, en haar op twee Kliptablette
geskrywe.
14 Ook het ek volgens die bevel van JaHWeH julle
die Insettinge en Regsprake geleer, dat julle haar kan doen in die Aarde
waarheen julle oortrek om haar in besit te neem.
15 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle
siele - want julle het géén Gestalte gesien op die dag dat JaHWeH by Horeb uit
die vuur met julle gespreek het nie -
16 sodat julle nie verderflik handel deurdat julle
vir julle ’n gesnede afbeelding, ’n beliggaming van enige idool maak nie: ’n
model van man of vrou,
17 ’n model van enige dier wat op die Aarde is, ’n
model van enige gevleuelde voël wat in die lug vlieg,
18 ’n model van enigiets wat op die Adamah[adamiet
se Aarde] kruip, ’n model van enige vis wat in die water onder die Aarde is;
19 dat jy ook jou oë nie na die Hemele opslaan, en
as jy die son sien en die maan en die Sterre, die hele leër van die Hemele, jou
laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie - dinge wat JaHWeH jou
Elohey aan al die volke onder die hele Hemele uitgedeel het.
20 Maar JaHWeH het julle geneem en julle uit die
yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om Sy erfvolk te wees soos dit vandag is.
21 Ook was JaHWeH woedend vir my om julle ontwil,
en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die
goeie Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee nie.
22 Want ek sal in hierdie Aarde sterwe, ek sal oor
die Jordaan nie gaan nie; maar julle sal oorgaan en daardie goeie Aarde in
besit neem.
23 Neem julle in ag dat julle die Verbond van
JaHWeH julle Elohey, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle
geen gesnede afbeelding maak nie - ’n beliggaming van enigiets wat JaHWeH jou
Elohey jou verbied het.
24 Want JaHWeH jou Elohey is ’n verterende Vuur,
’n jaloerse El.
25 As jy kinders en kindskinders sal verwek en
julle in die Aarde verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle ’n gesnede
afbeelding maak, ’n beliggaming van enigiets, en doen wat besoedel is in die Oë
van JaHWeH jou Elohey om Hom te tart,
26 dan neem ek vandag die Hemele en die Aarde as
getuies teen julle dat julle sekerlik gou uit die Aarde sal vergaan waarheen
julle oor die Jordaan trek om haar in besit te neem; julle sal die dae op haar
nie verleng nie, maar sekerlik verdelg word.
27 En JaHWeH sal julle onder die volke verstrooi,
en ’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen JaHWeH julle
sal drywe.
28 En daar sal julle gode dien, die werk van
adamitiese hande, hout en klip wat nie sien en nie hoor en nie eet en nie ruik
nie.
29 Dan sal julle daarvandaan JaHWeH jou Elohey
soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.
30 As jy in die nood is en al hierdie dinge aan
die einde van die dae oor jou kom, sal jy na JaHWeH jou Elohey terugkeer en na
Sy Stem luister.
31 Want JaHWeH jou Elohey is ’n barmhartige El; Hy
sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die Verbond
van jou vaders wat Hy hulle gesweer het, nie vergeet nie.
32 Want doen tog ondersoek na die vorige dae wat
voor jou gewees het, van die dag af dat Elohim adamiete op die Aarde geskape
het, en van die een einde van die Hemele tot by die ander einde van die Hemele,
of so iets groots gebeur het of iets dergeliks gehoor is.
33 Het ’n volk die stem van ‘n god uit die vuur
hoor spreek, soos jy gehoor het, en in die lewe gebly?
34 Of het ’n god probeer om vir hom ’n nasie uit
’n nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog
en deur ’n Sterke Hand en ’n Uitgestrekte Arm en deur groot skrikwekkende dade
soos JaHWeH julle Elohey met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?
35 Jy self het gesien, dat jy kan weet, Hy JaHWeH
[is] die Elohim; daar is geen ander buiten Hom nie.
36 Uit die Hemele het Hy jou Sy Stem laat hoor om
jou te onderrig; en op die Aarde het Hy jou Sy groot Vuur laat sien, en jy het
Sy Woorde uit die Vuur gehoor.
37 En omdat Hy jou vaders liefgehad en hulle saad
na hulle uitverkies het, en Hy jou deur Sy Grote Krag uit Egipte uitgelei het,
38 om nasies groter en magtiger as jy voor jou uit
te verdrywe en jou in te bring om hulle Aarde aan jou as erfenis te gee soos sy
vandag is,
39 daarom moet jy vandag weet en ter harte neem,
Hy JaHWeH, [is] die Elohim, bo in die Hemele en onder op die Aarde; daar is
geen ander nie.
40 En jy moet Sy Insettinge en Sy Gebooie hou wat
ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en
dat jy die dae mag verleng op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou
Elohey jou vir altyd sal gee.
41 Toe het Moshè drie stede afgesonder oos van die
Jordaan, teen sonop,
42 sodat hy wat doodgeslaan het, daarheen kon
vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het, terwyl hy hom van gister en
eergister af nie vyandig was nie; sodat hy in een van hierdie stede kan vlug en
in die lewe bly.
43 Betser in die wildernis, in die Aarde van die
gelykveld, vir die Rubeniete; en Ramot in Gílead vir die Gadiete; en Golan in
Basan vir die Manassiete.
44 EN sy is die Wet wat Moshè voor die aangesig
van die kinders van JisraEl gestel het.
45 Sy is die Getuienisse en die Insettinge en die
Regsprake wat Moshè meegedeel het aan die kinders van JisraEl by hulle uittog
uit Egipte,
46 oos van die Jordaan, in die dal teenoor
Bet-Peor, in die Aarde van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon
gewoon het, wat deur Moshè en die kinders van JisraEl verslaan is by hulle
uittog uit Egipte;
47 en hulle het sy Aarde in besit geneem en die
Aarde van Og, die koning van Basan, die twee konings van die Amoriete oos van
die Jordaan, teen sonop;
48 van Aroër af, wat aan die kant van die
Arnonrivier lê, tot by die Berg van Sion, dit is Hermon,
49 en die hele Vlakte oos van die Jordaan, teen
sonop tot by die See van die Vlakte, onderaan die hange van Pisga.
5 EN Moshè het die hele JisraEl laat roep en vir
hulle gesê: Hoor, JisraEl, die Insettinge en die Regsprake wat ek vandag voor
julle ore uitspreek; julle moet haar leer en haar sorgvuldig hou.
2 JaHWeH onse Elohey het by Horeb met ons ’n
Verbond gesluit.
3 Met ons vaders het JaHWeH hierdie Verbond nie
gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.
4 Van Aangesig tot aangesig het JaHWeH op die berg
uit die vuur met julle gespreek -
5 ek het in dié tyd tussen JaHWeH en julle gestaan
om aan julle die Woord van JaHWeH bekend te maak, want julle was bevrees vir
die Vuur en het nie op die berg geklim nie en Hy het gesê:
6 Ek -
JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei
het.
7 Jy mag geen gode van andere voor My Aangesig hê nie,
8 jy
mag vir jou geen gesnede afbeelding, enige beliggaming, maak van wat bo in die
Hemele is, of van wat onder op die Aarde is, of van wat in die waters onder die
Aarde is nie,
9 jy
mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JaHWeH jou
Elohey, is ’n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die
kinders, en aan die derde en aan die vierde [geslag] van die wat My haat;
10 en
betoon Barmhartigheid met duisende van die wat My liefhet en My Gebooie
onderhou.
11 Jy
mag die Naam van JaHWeH jou Elohey nie verydel nie, want JaHWeH sal die een wat
Sy Naam verydel, nie ongestraf laat bly nie.
12
Onderhou die Sabbatdag deur dit apart te stel, soos JaHWeH jou Elohey jou
beveel het [13] Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
14
maar die sewende dag is die Sabbat van JaHWeH jou Elohey; [dan] mag jy géén
werk doen nie - jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou
diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou besoeker wat in
jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
15 En
jy moet daaraan dink dat jy in die Aarde van Egipte ’n slaaf was, en JaHWeH jou
Elohey jou daarvandaan uitgelei het deur ’n Sterke Hand en ’n Uitgestrekte Arm;
daarom het JaHWeH jou Elohey jou beveel om die Sabbatdag te doen.
16 Eer
jou vader en jou moeder soos JaHWeH jou Elohey jou beveel het, dat jou dae
verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die Adamah[adamiet se Aarde]
wat JaHWeH jou Elohey aan jou gee.
17 Jy mag nie moor nie.
18 En
jy mag nie vermeng nie.
19 En
jy mag nie steel nie.
20 En
jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
21 En
jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, en jy mag nie na jou naaste se huis
hunker nie - na sy landerye of sy dienskneg of sy diensmaagd, sy os of sy esel
of iets wat van jou naaste is nie.
22 Met hierdie woorde het JaHWeH julle hele
vergadering op die berg, uit die Vuur, die Wolkkolom en die wolkedonkerheid met
’n Groot Stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het haar op twee
Kliptablette geskrywe en haar aan my gegee.
23 En toe julle die Stem uit die Duisternis hoor,
terwyl die berg met vuur brand, het julle na my toe nader gekom, al die hoofde
van julle stamme en julle oudstes,
24 en gesê: Kyk, JaHWeH onse Elohey het ons Sy
Glansrykheid en Sy Grootheid laat sien, en ons het Sy Stem uit die Vuur gehoor;
vandag het ons gesien dat Elohim met die adamiet spreek en hy in die lewe bly.
25 Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie
groot Vuur sal ons verteer. As ons die Stem van JaHWeH onse Elohey nog langer
hoor, sal ons sterwe.
26 Want wie is daar van alle vlees wat die Stem
van die lewende Elohim uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe
gebly het?
27 Gaan ú naderby en hoor alles wat JaHWeH onse
Elohey sal sê; dan kan u ons alles meedeel wat JaHWeH onse Elohey met ú sal
spreek, en ons sal dit hoor en doen.
28 En JaHWeH het die stem van julle woorde gehoor
toe julle met my gespreek het. Toe sê JaHWeH vir my: Ek het gehoor die stem van
die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed
wat hulle gespreek het.
29 Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te
vrees en al My Gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir
ewig goed kan gaan.
30 Gaan sê vir hulle: Gaan maar terug na julle
tente toe.
31 Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan
meedeel al die Gebooie en die Insettinge en die Regsprake wat jy hulle moet
leer, dat hulle haar kan doen in die Aarde wat Ek hulle sal gee om haar in
besit te neem.
32 Sorg dan dat julle doen volgens die bevel van
JaHWeH julle Elohey; julle mag nie regs of links afwyk nie.
33 In die hele Weg volgens die bevel van JaHWeH
julle Elohey moet julle wandel, sodat julle kan lewe en julle suiwer kan word
en julle die dae kan verleng in die Aarde wat julle in besit sal neem. [Psalm 18:30]
6 DIT is dan die Gebooie, die Insettinge en die
Regsprake wat julle moet leer volgens die bevel van JaHWeH julle Elohey, sodat
julle haar kan doen in die Aarde waarheen julle oortrek om haar in besit te
neem;
2 dat jy JaHWeH jou Elohey kan vrees om al Sy
Insettinge en Sy Gebooie wat ek jou beveel, te hou - jy en jou kind en jou
kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.
3 Hoor dan, JisraEl, en onderhou haar sorgvuldig,
dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig volgens die
Woord van JaHWeH die Elohey van jou vaders, ’n Aarde wat oorloop van melk en
heuning.
4 HOOR, JisraEl, JaHWeH onse Elohey, JaHWeH [is] EEN.
5 Daarom moet jy JaHWeH jou Elohey liefhê met jou
hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet
in jou hart wees;
7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor
spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy
opstaan.
8 Ook moet jy haar as ’n Teken bind op jou hand,
en sy moet as ’n voorhoofsband tussen jou oë wees.
9 En jy moet haar op die deurposte van jou huis en
op jou poorte skrywe.
10 En as JaHWeH jou Elohey jou inbring in die
Aarde wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met ’n eed beloof het om
jou te gee - groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie,
11 en huise vol van allerhande goed wat jy nie
gevul het nie, en uitgekapte reënbakke wat jy nie uitgekap, wingerde en
olyfbome wat jy nie geplant het nie - en jy eet en versadig word,
12 neem jou dan in ag dat jy JaHWeH nie vergeet
wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het nie.
13 Jy moet JaHWeH jou Elohey vrees en Hom dien; en
by Sy Naam moet jy sweer.
14 Julle mag nie agter gode van andere aan loop
nie, uit die gode van die volke wat rondom julle is nie
15 want JaHWeH jou Elohey is ’n jaloerse El by jou
- sodat die Woede van JaHWeH jou Elohey nie teen jou ontvlam en Hy jou van die
aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] verdelg nie.
16 Julle mag JaHWeH julle Elohey nie versoek soos
julle Hom by Massa versoek het nie.
17 Julle moet die Gebooie van JaHWeH julle Elohey
en Sy getuienisse en Sy Insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.
18 En jy moet doen wat reg en suiwer is in die Oë
van JaHWeH, dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die
gesuiwerde Aarde wat JaHWeH aan jou vaders met ’n eed beloof het,
19 terwyl Hy al jou vyande voor jou uit verjaag
volgens die Woord van JaHWeH.
20 As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken
die Getuienisse en die Insettinge en die Regsprake volgens die bevel van JaHWeH
onse Elohey aan julle?
21 dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van
Farao in Egipte; maar JaHWeH het ons deur ’n Sterke Hand uit Egipte uitgelei.
22 En JaHWeH het groot tekens en wonders verrig
met besoedeling in Egipte oor Farao en sy hele huis, voor ons oë. [Boekrol van die Opregte
80:2]
23 En Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te
bring, sodat Hy ons die Aarde kan gee wat Hy aan ons vaders met ’n eed beloof
het.
24 En JaHWeH het ons beveel om al hierdie
Insettinge te volbring, om JaHWeH onse Elohey te vrees, dat ons altyd suiwer
mag wees, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.
25 En Sy sal Geregtigheid vir ons wees as ons
sorgvuldig al hierdie Gebooie hou voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey soos
Hy ons beveel het. [Lukas 7:35]
7 As JaHWeH jou Elohey jou inbring in die Aarde
waarheen jy gaan om haar in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit
verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en
Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;
2 en JaHWeH jou Elohey hulle aan jou oorgee, dat
jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag
geen verbond met hulle maak en hulle nie barmhartig wees nie.
3 Jy mag nie met hulle verswaer nie - jy mag jou
dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;
4 want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat
hulle gode van andere dien en die Woede van JaHWeH teen julle ontvlam en Hy jou
gou verdelg.
5 Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare
moet julle omgooi en hulle torings verbrysel en hulle Houtkruise omkap en hulle
gesnede afbeeldings met vuur verbrand.
6 Want jy is ’n apartgestelde volk vir JaHWeH jou
Elohey; jou het JaHWeH jou Elohey uitverkies om uit al die volke wat op die
aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] is, Sy Eiendomsvolk te wees.
7 JaHWeH het ’n welgevalle aan julle gehad en
julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want
julle was die geringste van al die volke.
8 Maar omdat JaHWeH julle liefgehad en die eed
gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het JaHWeH julle met ’n Sterke
Hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van
Egipte, verlos.
9 Jy moet dan weet: JaHWeH jou Elohey, Hy [is] die
Elohim, die getroue El wat die Verbond hou en Medelye het met die wat Hom
liefhet en Sy Gebooie onderhou, in duisend geslagte. [Psalm 105]
10 Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen
persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met Sy hater nie
versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde.
11 Hou dan die Gebooie en die Insettinge en die
Regsprake wat ek jou vandag beveel om haar te volbring.
12 En omdat julle na hierdie Regsprake sal luister
en haar hou en volbring, sal JaHWeH jou Elohey vir jou die Verbond hou en met
jou die Medelye hê wat Hy vir jou vaders gesweer het;
13 en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou
vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en jou vrugte op die
Adamah[adamiet se Aarde], jou koring en jou druiwesap en jou olie, die aanteel
van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die Aarde wat Hy aan jou
vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee. [Génesis 17]
14 Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal
by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
15 En JaHWeH sal elke krankheid van jou wegneem en
al die siektes van besoedeling van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar
Hy sal dit lê op almal wat jou haat.
16 En jy sal al die volke verteer wat JaHWeH jou
Elohey aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode
nie dien nie; want hulle sal vir jou ’n strik wees.
17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer
as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? -
18 wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink
gedurig aan wat JaHWeH jou Elohey aan Farao en die hele Egipte gedoen het,
19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en
die tekens en die wonders en die Sterke Hand en die Uitgestrekte Arm waardeur
JaHWeH jou Elohey jou uitgelei het; so sal JaHWeH jou Elohey aan al die volke
doen vir wie jy bevrees is.
20 En JaHWeH jou Elohey sal ook die perdebye onder
hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het.
21 Skrik nie vir hulle nie, want JaHWeH jou Elohey
is by jou, ’n groot en gedugte El.
22 En JaHWeH jou Elohey sal hierdie nasies so
langsamerhand voor jou uit verjaag; jy mag hulle nie gou vernietig nie, dat die
wilde wesens nie teen jou die oorhand kry nie.
23 Maar JaHWeH jou Elohey sal hulle aan jou oorgee
en hulle in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word.
24 Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat
jy hulle naam onder die Hemele kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou
totdat jy hulle verdelg het nie.
25 Die gesnede afbeelding van hulle gode moet
julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie
begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is
vir JaHWeH jou Elohey ’n gruwel.
26 En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie,
sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet van haar heeltemal ’n
afsku van hê en haar geheel en al as gruwel beskou; want sy is onder die
banvloek.
8 AL die Gebooie wat ek jou vandag beveel, moet
julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag
inkom en die Aarde in besit neem wat JaHWeH aan julle vaders met ’n eed beloof
het.
2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs
JaHWeH jou Elohey jou nou veertig jaar lank in die wildernis gelei het tot jou
verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy Sy Gebooie
sal hou of nie.
3 En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly
en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou
bekend te maak dat die adamiet nie van brood alleen lewe nie, maar dat die
adamiet lewe van alles wat uit die Mond van JaHWeH uitgaan. [ JeHôWganan 6:33 ]
4 Jou klere het aan jou nie verslyt en jou voet
het nou veertig jaar lank nie geswel nie.
5 Erken dan in jou hart dat JaHWeH jou Elohey jou
onderrig soos ’n man sy seun onderrig,
6 en hou die Gebooie van JaHWeH jou Elohey om in
Sy Weë te wandel en Hom te vrees.
7 Want JaHWeH jou Elohey bring jou in ’n
gesuiwerde Aarde, ’n Aarde van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat
in die laagtes en op die berge uitkom;
8 ’n Aarde van koring en gars en Wingerdstokke en
Vyebome en granate; ’n Aarde van olieryke Olyfbome en Heuning;
9 ’n Aarde waarin jy brood sonder skaarste in haar
sal eet, waarin niks jou sal ontbreek nie; ’n Aarde waarvan al haar klippe in
haar yster is, en uit haar berge sal jy koper uitkap;
10 en jy sal eet en versadig word en JaHWeH jou
Elohey loof oor die gesuiwerde Aarde wat Hy jou gegee het.
11 Neem jou in ag dat jy JaHWeH jou Elohey nie
vergeet deur Sy Gebooie en Sy Regsprake en Sy Insettinge wat ek jou vandag
beveel, nie te hou nie;
12 sodat jy nie miskien eet en versadig word nie
en mooi huise bou en bewoon,
13 en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou
silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder
14 en jou hart haar dan verhef, dat jy JaHWeH jou
Elohey vergeet wat jou uit die Aarde van Egipte, uit die slawehuis, uitgelei
het;
15 wat jou deur die groot en vreeslike wildernis
gelei het, deur brandende Nagashim en skerpioene en ’n dorsland sonder water;
wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het;
16 wat jou in die wildernis manna laat eet het,
wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om
uiteindelik aan jou goed te doen -
17 en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte
van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.
18 Maar dink aan JaHWeH jou Elohey, dat dit Hy is
wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy Sy Verbond kan bevestig wat Hy aan
jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.
19 Maar as jy nogtans JaHWeH jou Elohey vergeet en
agter gode van andere aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan
verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;
20 soos die nasies wat JaHWeH voor julle
vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die Stem van JaHWeH julle Elohey
nie geluister het nie.
9 HOOR, JisraEl, jy trek vandag deur die Jordaan om
nasies in besit te gaan neem wat groter en sterker is as jy, stede wat groot en
tot aan die Hemele versterk is,
2 ’n groot volk van hoë gestalte, die kinders van
die Enakiete, wat jy self ken en van wie jy hoor sê het: Wie kan standhou voor
die aangesig van die kinders van Enak?
3 Weet dan vandag dat JaHWeH jou Elohey die Een is
wat voor jou oortrek soos ’n verterende vuur. Hy sal hulle vernietig en hulle
voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos
JaHWeH jou beloof het.
4 As JaHWeH jou Elohey hulle voor jou uit verjaag,
moet dan nie in jou hart spreek en sê: JaHWeH het my ter wille van my
geregtigheid ingebring om hierdie Aarde in besit te neem nie; want weens die
besoedeling van hierdie nasies verdryf JaHWeH hulle voor jou uit.
5 Nie ter wille van jou geregtigheid en die
opregtheid van jou hart kom jy in om hulle Aarde in besit te neem nie, maar
weens die besoedeling van hierdie nasies verdryf JaHWeH jou Elohey hulle voor
jou uit, en om die woord te vervul wat JaHWeH vir jou vaders, Abraham, Isak en
Jakob, gesweer het.
6 Weet dan dat JaHWeH jou Elohey nie ter wille van
jou geregtigheid jou hierdie gesuiwerde Aarde gee om haar in besit te neem nie,
want jy is ’n hardnekkige volk.
7 Dink daaraan, vergeet nie hoe jy JaHWeH jou
Elohey in die wildernis woedend gemaak het nie; van die dag af dat jy uit die
Aarde van Egipte uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was
julle wederstrewig teen JaHWeH.
8 Ja, by Horeb het julle JaHWeH vertoorn, sodat
JaHWeH woedend was met julle om julle te verdelg.
9 Toe ek op die berg geklim het om die
Kliptablette te ontvang, die tafels van die Verbond wat JaHWeH met julle
gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly - brood
het ek nie geëet en water nie gedrink nie -
10 en JaHWeH het my die twee Kliptablette gegee
wat beskrywe was met die Vinger van Elohim, en daarop al die woorde volgens die
Woord van JaHWeH op die berg, uit die vuur, op die dag van die vergadering.
11 En aan die einde van veertig dae en veertig
nagte het JaHWeH my die twee Kliptablette gegee, die tafels van die Verbond,
12 en JaHWeH het vir my gesê: Staan op, klim
hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het
verderflik gehandel; hulle het gou afgewyk van die Weg wat Ek hulle beveel het;
hulle het vir hulle ’n gegote beeld gemaak.
13 Verder het JaHWeH met my gespreek en gesê: Ek
het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is ’n hardnekkige volk.
14 Laat My staan dat Ek hulle verdelg en hulle
naam onder die Hemele uitdelg; en Ek sal jou ’n nasie maak wat magtiger is en
meer as hulle.
15 Daarop het ek omgedraai en van die berg
afgeklim terwyl die berg met vuur brand, en die twee tafels van die Verbond was
in my twee hande.
16 Toe sien ek dat julle waarlik teen JaHWeH julle
Elohey oortree het; julle het vir julle ’n gegote kalf gemaak; julle het gou
afgewyk van die Weg wat JaHWeH julle beveel het.
17 En ek het die twee tafels gegryp en dit uit my
twee hande gegooi en haar voor julle oë verbrysel.
18 Daarop het ek voor die Aangesig van JaHWeH
neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank - brood het
ek nie geëet en water nie gedrink nie - vanweë al julle oortredinge wat julle
begaan het deur te doen wat besoedel is in die Oë van JaHWeH om Hom te tart.
19 Want ek was bang vir die Woede en die
Grimmigheid waarmee JaHWeH op julle so woedend was, dat Hy julle wou verdelg;
maar JaHWeH het my dié keer ook verhoor.
20 Ook was JaHWeH baie woedend op Aäron, sodat Hy
hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.
21 En ek het julle oortredinge, die kalf wat julle
gemaak het, geneem en hom met vuur verbrand en hom stukkend gestamp en terdeë
gemaal totdat hy so fyn soos stof was; en dié stof het ek in die stroom gegooi
wat van die berg afkom.
22 Ook by Tabéra en by Massa en by Kibrot-Hattáäwa
het julle elke keer JaHWeH vertoorn.
23 En toe JaHWeH julle uit Kadesh-Barnéa gestuur
het met die woorde: Trek op en neem die Aarde in besit wat Ek julle gegee het -
was julle wederstrewig teen die bevel van JaHWeH julle Elohey en het julle Hom
nie geglo en na Sy Stem nie geluister nie.
24 Wederstrewig was julle teen JaHWeH van die dag
af dat ek julle ken.
25 En ek het neergeval voor die Aangesig van
JaHWeH, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat JaHWeH
gesê het dat Hy julle wou verdelg.
26 En ek het tot JaHWeH gebid en gesê: My Meester
JaHWeH, stort U volk en U Erfdeel wat U deur U Grootheid verlos het, wat U uit
Egipte deur ’n Sterke Hand uitgelei het, nie in die verderf nie.
27 Dink aan U knegte Abraham, Isak en Jakob; kyk
nie na die hardheid van hierdie volk of na hulle besoedeldheid en hulle
oortredinge nie,
28 sodat die Aarde waar U ons uitgelei het, nie
kan sê nie: Omdat JaHWeH hulle nie kon bring in die Aarde wat Hy hulle beloof
het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die
wildernis te laat sterwe!
29 Hulle is tog U volk en U Erfdeel wat U deur U
grote Krag en Uitgestrekte Arm uitgelei het.
10 IN dié tyd het JaHWeH vir my gesê: Kap vir jou
twee Kliptablette soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou
ook ’n Ark van hout.
2 En Ek sal op die tafels skrywe die Woorde wat op
die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet haar in die Ark sit.
3 Toe het ek ’n Ark van akasiahout gemaak en twee
Kliptablette soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels
in my hand.
4 En Hy het op die tafels, volgens die eerste
skrif, die Tien Woorde geskrywe volgens die Woord van JaHWeH op die dag van die
vergadering by die berg uit die vuur; en JaHWeH het haar aan my gegee.
5 En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en
die tafels in die Ark gesit wat ek gemaak het; en sy het daar gebly, soos
JaHWeH my beveel het.
6 En die kinders van JisraEl het van Béërot
Bené-Jáäkan weggetrek na Moséra toe. Daar het Aäron gesterwe, en daar is hy
begrawe; en sy seun El-Azar het die priesteramp in sy plek bedien.
7 Daarvandaan het hulle weggetrek na Gudgodah, en
van Gudgodah na Jotbat, ’n Aarde van waterstrome.
8 In dié tyd het JaHWeH die stam van Levi
afgesonder om die Verbondsark van JaHWeH te dra, om voor die Aangesig van
JaHWeH in Sy diens te staan en in Sy Naam te seën tot vandag toe.
9 Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy
broers nie; JaHWeH is sy Erfdeel, volgens die Woord van JaHWeH jou Elohey.
10 EN ék het op die berg gestaan soos die vorige
dae, veertig dae en veertig nagte lank; en JaHWeH het my ook dié keer verhoor;
JaHWeH wou jou nie in die verderf stort nie.
11 Maar JaHWeH het vir my gesê: Staan op, gaan
heen om voor die aangesig van die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom
en die Aarde in besit neem wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het om aan
hulle te gee.
12 En nou, JisraEl, wat eis JaHWeH jou Elohey van
jou as net om JaHWeH jou Elohey te vrees, in al Sy Weë te wandel en Hom lief te
hê en JaHWeH jou Elohey te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
13 om te hou die Gebooie van JaHWeH en Sy
Insettinge wat ek jou vandag beveel, dat jy suiwer kan bly?
14 Kyk, aan JaHWeH jou Elohey behoort die Hemele,
ook die hoogste Hemele, die Aarde en alles wat in haar is.
15 Maar net aan jou vaders het JaHWeH ’n welgevalle
gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle saad na hulle, uit al die
volke uitverkies, soos dit vandag is.
16 Besny dan die voorhuid van julle hart en
verhard julle nek nie verder nie.
17 Want JaHWeH, julle Elohey, Hy is die Elohey van
die Elohim en Meester van die meesters, die El, die Grote, die Magtige en die
Gevreesde, wat die gesig nie aansien en geen omkoopgeskenk aanneem nie;
18 wat Reg verskaf aan die wees en die weduwee, en
die besoeker liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.
19 Daarom moet julle die besoeker liefhê, want
julle was besoekers in die Aarde van Egipte.
20 JaHWeH jou Elohey moet jy vrees, Hom moet jy
dien en Hom moet jy aanhang en by Sy Naam sweer.
21 Hy is jou lof, en Hy is jou Elohey wat hierdie
groot en ontsagwekkende dinge wat jou oë gesien het, aan jou gedoen het.
22 Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte
afgetrek, maar nou het JaHWeH jou Elohey jou gemaak soos die Sterre van die
Hemele in menigte.
11 DAAROM moet jy JaHWeH jou Elohey liefhê en altyd
Sy Ordening, Sy Insettinge sowel as Sy Regsprake en Sy Gebooie onderhou.
2 En julle moet vandag weet dat [ek] nie [spreek]
tot julle kinders wat die Onderwysing van JaHWeH julle Elohey nie geken en nie
gesien het nie: Sy Grootheid, Sy Sterke Hand en Sy Uitgestrekte Arm
3 en Sy Tekens en Sy Dade wat Hy in Egipte gedoen
het aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy hele Aarde;
4 en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte,
aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat
aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat JaHWeH hulle omgebring het
tot vandag toe;
5 en wat Hy vir julle in die wildernis gedoen het
tot julle aankoms op hierdie plek;
6 en wat Hy aan Datan en Abíram, die seuns van
EliAb, die seun van Ruben, gedoen het - hoe die Adamah haar Mond oopgemaak en
hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter
hulle aan, onder die hele JisraEl verslind het;
7 maar julle eie oë het gesien al die groot werke
wat JaHWeH gedoen het.
8 Onderhou dan al die Gebooie wat ek jou vandag
beveel, dat julle sterk kan wees en inkom en die Aarde in besit neem waarheen
julle oortrek om haar in besit te neem,
9 en dat julle die dae kan verleng op die
Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan julle vaders met ’n eed beloof het om aan
hulle en hul saad te gee, ’n Aarde wat oorloop van melk en heuning.
10 Want die Aarde waarheen jy gaan om haar in
besit te neem, is nie soos die Aarde van Egipte waar julle uitgetrek het, wat
jy met jou saad besaai en met jou voet, soos ’n groentetuin, natgelei het nie.
11 Maar die Aarde waarheen julle oortrek om haar
in besit te neem, is ’n Aarde van berge en laagtes wat van die reën van die
Hemele water drink;
12 ’n Aarde waar JaHWeH jou Elohey voor sorg; die
Oë van JaHWeH jou Elohey is voortdurend in haar, van die begin van die jaar tot
die einde van die jaar.
13 As julle dan goed luister na hierdie Gebooie
wat ek julle vandag beveel, om JaHWeH julle Elohey lief te hê en Hom te dien
met julle hele hart en met julle hele siel,
14 dan sal Ek die reën van julle Aarde gee op die
regte tyd, vroeë reëns en laat reëns, sodat jy jou koring en jou druiwe en jou
olie kan insamel.
15 En Ek sal plante gee op jou veld vir jou vee,
en jy sal eet en versadig word.
16 Neem julle in ag dat julle hart nie verlei word
nie, sodat julle afwyk en gode van andere dien en voor hulle neerbuig,
17 en die Woede van JaHWeH teen julle ontvlam en
Hy die Hemele toesluit, sodat daar geen reën is en die Adamah[adamiet se Aarde]
nie haar opbrengs gee nie, en julle gou uit die gesuiwerde Aarde omkom wat
JaHWeH julle gee.
18 Lê dan hierdie woorde van my Weg in julle hart
en in julle siel, en bind haar as ’n Teken op julle hand en laat haar as ’n
voorhoofsband tussen julle oë wees,
19 en leer haar aan julle kinders deur daaroor te
spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy
opstaan;
20 en skryf haar op die deurposte van jou
huis en op jou poorte,
21 sodat julle dae en die dae van julle kinders in
die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan julle vaders met ’n eed beloof het
om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die Hemele bo-oor die
Aarde.
22 Want as julle ywerig al hierdie Gebooie hou wat
ek julle beveel, om haar te doen deur JaHWeH julle Elohey lief te hê, in al Sy
Weë te wandel en Hom aan te hang,
23 dan sal JaHWeH al hierdie nasies voor julle uit
verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting
verdrywe.
24 Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan
julle behoort; van die wildernis en die Líbanon, van die rivier, die
Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.
25 Niemand sal teen julle standhou nie; JaHWeH
julle Elohey sal die skrik en Vrees vir julle oor die hele Aarde laat kom waar
julle in haar sal loop, soos Hy julle beloof het.
26 Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek
voor -
27 die seën as julle luister na die Gebooie van
JaHWeH julle Elohey wat ek julle vandag beveel;
28 en die vloek as julle nie luister na die
Gebooie van JaHWeH julle Elohey nie, maar afwyk van die Weg wat ek julle vandag
beveel, om agter gode van andere aan te loop wat julle nie geken het nie.
29 As JaHWeH jou Elohey jou dan inbring in die
Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem, moet jy die seën op die berg
Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal.
30 Lê hulle nie oorkant die Jordaan, agter die pad
by die ingang van die son, in die Aarde van die Kanaäniete nie, wat in die
Vlakte woon, teenoor Gilgal, by die terpentynbome van Môreh nie?
31 Want julle trek deur die Jordaan om die Aarde
in besit te gaan neem wat JaHWeH julle Elohey aan julle sal gee; en julle sal
haar in besit neem en in haar woon.
32 Onderhou dan sorgvuldig al die Insettinge en
die Regsprake wat ek julle vandag voorhou.
12 DIT is die Insettinge en die Regsprake wat julle
sorgvuldig moet hou in die Aarde wat JaHWeH, die Elohey van jou vaders, jou
gegee het om haar in besit te neem al die dae wat julle op die Adamah[adamiet
se Aarde] lewe.
2 Julle moet terdeë verniel al die plekke waar die
nasies wat julle gaan verdrywe, hulle gode gedien het op die hoë berge en op
die heuwels en onder elke groen boom.
3 En julle moet hulle altare omgooi en hulle
torings verbrysel en hulle Houtkruise met vuur verbrand en die gesnede
afbeeldings van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn.
4 So mag julle nie doen met JaHWeH julle Elohey
nie;
5 maar die plek wat JaHWeH julle Elohey uit al
julle stamme sal uitkies om Sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle
opsoek en daarheen moet jy kom. [Deuteronómium 16:2]
6 En daarheen moet julle jul brandoffers bring en
julle slagdiere en julle tiendes en die bydrae van julle hand en julle Gelofte-
en julle vrywillige skenkings en die eersgeborenes van julle beeste en van
julle kleinvee.
7 En daar moet julle voor die Aangesig van JaHWeH
julle Elohey eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle
jul hand aan slaan, waarin JaHWeH jou Elohey jou geseën het.
8 Julle moet nie doen net soos ons vandag hier
doen nie - elkeen net maar wat reg is in sy eie oë.
9 Want julle het nog nie gekom in die rusplek en
in die Erfenis wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee nie.
10 Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in
die Aarde wat JaHWeH julle Elohey julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van
al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.
11 Dan moet julle na die plek wat JaHWeH julle
Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle
beveel: julle brandoffers en julle slagdiere, julle tiendes en die bydrae van
julle hand en al julle keurige beloftes wat julle belowe aan JaHWeH.
12 En julle moet vrolik wees voor die Aangesig van
JaHWeH julle Elohey, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en
julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of
erfenis saam met julle nie.
13 Neem jou in ag dat jy jou brandoffers nie bring
op elke plek wat jy sien nie.
14 Maar op die plek wat JaHWeH in een van jou
stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat
ek jou beveel.
15 Slegs in alle toegewing [aan] jou siel [mag] jy
slag en eet, vleis volgens [die] seëning van JaHWeH jou Elohey, wat Hy vir jou
gee in al jou poorte; die besoedelde en die suiwere mag daarvan eet, soos van
die gemsbok en die takbok.
16 Net die bloed mag julle nie eet nie; jy moet
dit soos water op die Aarde uitgooi.
17 Jy mag in jou poorte nie eet
die tiendes van jou koring en jou druiwesap en jou olie en die eersgeborenes
van jou beeste en jou kleinvee en al jou Geloftes wat jy beloof, en jou
vrywillige bydrae en die bydraes van jou hand nie.
18 Maar jy moet dit eet voor die
Aangesig van JaHWeH jou Elohey op die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies,
jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in
jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey
oor alles waar jy jou hand aan slaan.
19 Neem jou in ag dat jy die
Leviet nie aan sy lot oorlaat solank as jy op die Adamah[adamiet se Aarde] lewe
nie.
20 As JaHWeH jou Elohey jou
grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet - omdat
jou siel lus het om vleis te eet - in alle toegewing [aan] jou siel [mag] jy
vleis eet.
21 As die plek wat JaHWeH jou
Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van
jou beeste en jou kleinvee slag wat JaHWeH jou gee, soos ek jou beveel het; en
jy [mag] eet in jou poorte in alle toegewing [aan] jou siel.
22 Maar soos die gemsbok en die
takbok geëet word, so moet jy dit eet; die besoedelde en die suiwere moet dit
saam eet.
23 Bly daar net vas by dat jy die
bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met
die vleis eet nie.
24 Jy mag haar nie eet nie; op die
Aarde moet jy haar uitgooi soos water.
25 Jy mag haar nie eet nie, dat
dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die Oë
van JaHWeH.
26 Net jou apartheidsgawes, wat jy
het, en jou Gelofte moet jy neem en na die plek kom wat JaHWeH sal uitkies;
27 en jy moet jou brandoffers, die
vleis en die bloed, berei op die altaar van JaHWeH jou Elohey, en die bloed van
jou slagdiere moet op die altaar van JaHWeH jou Elohey uitgegiet word; maar die
vleis moet jy eet.
28 Luister sorgvuldig na al
hierdie Woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed
kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat suiwer en opreg is in die Oë van
JaHWeH jou Elohey.
29 As JaHWeH jou Elohey die nasies
waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei,
en jy hulle verdrywe en in hulle Aarde woon,
30 neem jou dan in ag dat jy nie,
agter hulle aan, verstrik word nadat hulle voor jou uit verdelg is nie, en dat
jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien?
dat ek ook so kan doen.
31 So mag jy nie handel met JaHWeH
jou Elohey nie; want alles wat vir JaHWeH ’n gruwel is, wat Hy haat, het hulle
vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle
met vuur vir hulle gode.
32 Alles wat ek julle beveel, dit
moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks byvoeg en daar niks van weglaat
nie.
13 AS ’n profeet of een wat as dromer optree, by jou
opstaan en jou ’n voorteken of wonder aankondig,
2 en die voorteken of wonder kom uit wat hy jou
beloof het met die woorde: Laat ons agter gode van andere aan loop - wat jy nie
geken het nie - en hulle dien,
3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié
profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want JaHWeH julle Elohey
beproef julle om te weet of julle werklik JaHWeH julle Elohey liefhet met julle
hele hart en met julle hele siel.
4 Julle moet JaHWeH julle Elohey navolg en Hom
vrees en Sy Gebooie hou en na Sy Stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
5 Maar dié profeet of dié man wat as dromer
optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van JaHWeH julle Elohey
wat julle uit die Aarde van Egipte uitgelei en jou uit die slawehuis verlos
het, deur jou af te drywe van die Weg wat JaHWeH jou Elohey jou beveel het om
in haar te wandel. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei.
6 As jou broer, die seun van jou moeder, of jou
seun of dogter of die vrou wat jy liefhet, of jou vriend wat soos jou eie siel
is, jou in die geheim verlok en sê: Laat ons gaan en gode van andere dien - wat
jy en jou vaders nie geken het nie,
7 uit die gode van die volke wat rondom julle is,
naby jou of ver van jou af; van die een einde van die Aarde tot by die ander
einde van die Aarde -
8 dan moet jy nie inwillig en na hom nie luister
nie; ook mag jou oog hom nie verskoon nie, en jy mag jou nie ontferm en niks om
sy ontwil wegsteek nie,
9 maar jy moet hom sekerlik doodmaak; jou hand moet
eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk.
10 En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy
het probeer om jou weg te drywe van JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van
Egipte, uit die slawehuis, uitgelei het.
11 En die hele JisraEl sal dit hoor en vrees, en
hulle sal nie meer so ’n besoedelde ding by jou doen nie.
12 As jy in een van jou stede wat JaHWeH jou
Elohey jou gee om daar te woon, hoor sê:
13 Sekere mans, seuns van Belijaal het by jou
opgetree en die inwoners van hulle stad verlei deur te sê: Laat ons gaan en
gode van andere dien - wat julle nie geken het nie -
14 dan moet jy terdeë ondersoek en naspeur en
uitvra, en as sy die Waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel by jou
gedoen,
15 dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik
verslaan met die skerpte van die swaard deur haar met die banvloek te tref en
alles wat in haar is, ook haar vee, met die skerpte van die swaard.
16 En al haar buit moet jy op die stadsplein
bymekaarbring en die stad en al haar buit heeltemal met vuur verbrand aan
JaHWeH jou Elohey; en sy sal vir ewig ’n puinhoop wees, sy sal nie weer opgebou
word nie.
17 Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou
hand bly kleef nie, sodat JaHWeH Hom van Sy brandende Woede kan afwend en aan
jou Barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos
Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het -
18 as jy luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey
om al Sy Gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die
Oë van JaHWeH jou Elohey.
14 JULLE is kinders van JaHWeH julle Elohey; julle
mag julle ter wille van ’n dooie nie stukkend kerwe of ’n kaalte tussen julle
oë maak nie.
2 Want jy is ’n volk apart gestel aan JaHWeH jou
Elohey, en jou het JaHWeH uitverkies om Sy Eiendomsvolk te wees uit al die
volke wat op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] is.
3 Jy mag niks eet wat ’n gruwel is nie.
4 Dit is die diere wat julle mag eet: ’n bees, ’n
skaap en ’n bok;
5 ’n takbok en ’n gemsbok en ’n gestippelde takbok
en ’n steenbok en ’n ribbok en ’n eland en ’n klipspringer;
6 en al die diere wat gesplitste kloue het, en wel
heeltemal in twee gesplitste kloue, [en] herkou onder die diere dié mag julle
eet.
7 Maar die volgende mag julle nie eet nie van die
wat herkou en van die wat die gesplitste kloue het: die kameel en die haas en
die das, want hulle herkou maar het geen gesplitste kloue nie - besoedel is
hulle vir julle;
8 ook die vark, want hy het gesplitste kloue, maar
is geen herkouer nie - besoedel is hy vir julle. Van hulle vleis mag julle nie
eet en hulle karkas mag julle nie aanraak nie.
9 Dit mag julle eet van alles wat in die water is:
alles wat vinne en skubbe het, mag julle eet.
10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het nie,
mag julle nie eet nie - besoedel is dit vir julle.
11 Al die suiwer voëls mag julle eet.
12 Maar dit is wat julle uit hulle nie mag eet
nie: die arend en die lammervanger en die aasvoël;
13 en die kuikendief en die valk en die blouvalk
volgens haar spesie;
14 en elke kraai volgens sy spesie;
15 en die volstruis en die naguil en die seemeeu
en die kleinvalk volgens hulle spesies;
16 en die steenuil en die groot-uil en die
silweruil;
17 en die pelikaan en die klein-aasvoël en die
visvanger;
18 en die groot-sprinkaanvoël en die reier volgens
haar spesie, en die hoep-hoep en die vlermuis.
19 En al die insekte met vlerke moet vir julle
besoedel wees; hulle mag nie geëet word nie.
20 Al die suiwer voëls mag julle eet.
21 Julle mag geen karkas eet nie; vir die besoeker
wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ’n
uitlander verkoop; want jy is ’n apartgestelde volk aan JaHWeH jou Elohey. Jy
mag die bokkie nie gaarmaak in sy moeder se melk nie.
22 Jy moet noukeurig die hele opbrengs van jou
saad - wat jaar vir jaar uit die land uitspruit - vertien.
23 En jy moet voor die Aangesig van JaHWeH jou
Elohey op die plek wat Hy sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon, die tiendes
eet van jou koring, van jou druiwesap en van jou olie en die eersgeborenes van
jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om JaHWeH jou Elohey altyd te
vrees.
24 En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie
kan vervoer nie, omdat die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam
daar te vestig, te ver van jou af is, as JaHWeH jou Elohey jou sal seën,
25 dan moet jy dit tot silwer maak en die silwer
in jou hand bind en na die plek gaan wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies.
26 Dan moet jy die silwer gee vir alles wat jou
siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou
siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die Aangesig van JaHWeH jou
Elohey en vrolik wees, jy en jou huis.
27 Maar die Leviet wat in jou poorte is, hom moet
jy nie aan sy lot oorlaat nie, want hy het geen deel of erfenis saam met jou
nie.
28 Aan die einde van drie jaar moet jy uitbring al
die tiendes van jou produkte in dié jaar en dit in jou poorte wegsit;
29 dan moet die Leviet kom omdat hy geen deel of
erfenis saam met jou het nie - en die besoeker en die wees en die weduwee wat
in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat JaHWeH jou Elohey
jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
15 AAN die einde van sewe jaar moet jy ’n
kwytskelding laat plaasvind.
2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke
skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en
sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van JaHWeH is daar ’n kwytskelding
uitgeroep.
3 Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou
broer het, moet jou hand kwytskeld.
4 Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want
JaHWeH sal jou ryklik seën in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis
sal gee om haar in besit te neem;
5 as jy net goed luister na die Stem van JaHWeH
jou Elohey om sorgvuldig te hou al hierdie Gebooie wat ek jou vandag beveel.
6 Want JaHWeH jou Elohey seën jou soos Hy jou
beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen
nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
7 As daar by jou ’n arme is, een uit jou broers,
in een van jou poorte, in jou Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, dan moet
jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
8 Maar jy moet jou hand wyd oopmaak vir hom, en jy
moet gewillig aan hom leen, genoegsaam vir sy behoefte, wat hom ontbreek.
9 Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen
besoedelde gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van
kwytskelding, is naby - en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom
niks gee nie, en hy teen jou na JaHWeH roep, dat jy skuldig word nie.
10 Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet
nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal JaHWeH jou
Elohey jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.
11 Want die arme sal in die Aarde nie ontbreek
nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer,
vir die ellendige en die arme in jou Aarde.
12 As jou broer, ’n Hebreeuse man of ’n Hebreeuse
vrou, hom aan jou verkoop, moet hy jou ses jaar lank dien; maar in die sewende
jaar moet jy hom as vryman van jou laat weggaan.
13 En as jy hom as vryman van jou laat weggaan,
moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.
14 Jy moet hom ’n behoorlike voorraad saamgee van
jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wynpers; waarin JaHWeH jou Elohey jou
geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.
15 En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf in die
Aarde van Egipte was, en dat JaHWeH jou Elohey jou verlos het; daarom beveel ek
jou vandag hierdie saak.
16 Maar as hy vir jou sê: Ek wil nie van jou
weggaan nie - aangesien hy jou en jou huis liefhet, omdat dit vir hom goed was
by jou -
17 dan moet jy ’n els neem en dit deur sy oor en
in die deur steek, sodat hy vir altyd jou slaaf word; en ook met jou slavin
moet jy net so doen.
18 Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as
vryman van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van ’n dagloner het hy
vir jou ses jaar lank ingedien; en JaHWeH jou Elohey sal jou seën in alles wat
jy doen.
19 Al die eersgeborenes van die manlike [geslag]
wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan JaHWeH jou
Elohey afsonder; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die
eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
20 Voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey moet jy
hom jaar vir jaar eet op die plek wat JaHWeH sal uitkies, jy en jou huis.
21 Maar as daar ’n gebrek aan is - lam of blind,
enige besoedelde gebrek - dan moet jy hom nie aan JaHWeH jou Elohey slag nie;
22 in jou poorte mag jy hom eet, die besoedelde en
die suiwere saam, soos die gemsbok en die takbok.
23 Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet hom
op die Aarde uitgooi soos water.
16 ONDERHOU die maand Abib en doen jy [die] Pasga
vir JaHWeH jou Elohey; want in die maand Abib het JaHWeH jou Elohey jou in die
nag uit Egipte uitgelei.
2 En jy moet vir JaHWeH jou Elohey as Pasga
kleinvee en beeste slag, op die plek wat JaHWeH sal uitkies om Sy Naam daar te
laat woon. [Deuteronómium 12:5]
3 Jy mag niks gesuurd by hom eet nie; sewe dae
lank moet jy ongesuurde brode by hom eet, brood van behoeftigheid - want baie
haastig het jy uit die Aarde van Egipte uitgetrek - sodat jy al die dae van jou
lewe die dag van jou uittog uit die Aarde van Egipte in gedagtenis kan hou.
4 En daar mag by jou sewe dae lank geen suurdeeg
in jou hele grondgebied gesien word nie; ook mag niks van die vleis wat jy die
eerste dag in die aand slag, tot die môre toe oorbly nie.
5 Jy mag die Pasga nie slag in een van jou poorte
wat JaHWeH jou Elohey aan jou gee nie.
6 Maar op die plek wat JaHWeH jou Elohey sal
uitkies om Sy Naam daar te laat woon, moet jy die Pasga slag, in die aand teen
sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.
7 Dan moet jy hom gaarmaak en eet op die plek wat
JaHWeH jou Elohey sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou
tente gaan.
8 Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op
die sewende dag is daar ’n Feestyd vir JaHWeH jou Elohey; dan mag jy geen werk
doen nie.
9 Sewe weke moet jy tel; vandat die sekel die
eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke begin tel.
10 Dan moet jy die Fees van die Weke hou vir
JaHWeH jou Elohey ooreenkomstig die vrywillige skenking van jou hand wat jy sal
gee, namate JaHWeH jou Elohey jou sal seën.
11 En jy moet vrolik wees voor die Aangesig van
JaHWeH jou Elohey, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en
die Leviet wat in jou poorte is, en die besoeker en die wees en die weduwee wat
by jou is, op die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te
laat woon.
12 En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf in
Egipte was; en jy moet hierdie Insettinge sorgvuldig hou.
13 Die Fees van die Takskuiling moet jy sewe dae
lank hou as jy van jou dorsvloer en jou wynpers insameling hou.
14 En jy moet vrolik wees op jou Fees, jy en jou
seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die besoeker en
die wees en die weduwee wat in jou poorte is.
15 Sewe dae lank moet jy vir JaHWeH jou Elohey
Fees hou op die plek wat JaHWeH sal uitkies; want JaHWeH jou Elohey sal jou
seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar
vrolik wees.
16 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor
die Aangesig van JaHWeH jou Elohey verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op
die Fees van die Ongesuurde Brode en op die Fees van die Weke en op die Fees
van die Takskuilings; en hulle mag nie met leë hande voor die Aangesig van
JaHWeH verskyn nie;
17 elkeen volgens die gawe van sy hand
ooreenkomstig die seën van JaHWeH jou Elohey wat Hy jou gegee het.
18 Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in
al jou poorte wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee volgens jou stamme; en hulle
moet die volk oordeel volgens ’n regverdige Regspraak.
19 Jy mag die Reg nie verdraai nie; jy mag nie
partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk
verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die regverdiges.
20 Geregtigheid, Geregtigheid moet jy najaag, dat
jy kan lewe en die Aarde in besit kan neem wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee.
21 Jy mag vir jou nie ’n Houtkruis - van enige boom
- plant langs die altaar van JaHWeH jou Elohey wat jy vir jou sal maak nie.
22 Ook mag jy vir jou geen kliptoring, wat JaHWeH
jou Elohey haat, oprig nie.
17 JY mag aan JaHWeH jou Elohey geen bees of stuk
kleinvee waaraan ’n gebrek is, of waarin iets besoedels is, slag nie; want dit
is vir JaHWeH jou Elohey ’n gruwel.
2 As by jou, in een van jou poorte wat JaHWeH jou
Elohey jou sal gee, ’n man of ’n vrou gevind word wat doen wat besoedel is in
die Oë van JaHWeH jou Elohey deur Sy Verbond te oortree,
3 en gode van andere gaan dien en voor hulle
neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die Hemele - wat Ek
nie beveel het nie -
4 en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan
moet jy terdeë ondersoek instel, en as sy die Waarheid is, staan die saak vas,
is hierdie gruwel in JisraEl gedoen,
5 dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie
besoedelde ding gedoen het, na jou poorte uitbring - die man of die vrou - en
jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
6 Op die verklaring van twee getuies of drie
getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die
verklaring van een getuie nie.
7 Die hand van die getuies moet eerste teen hom
wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan
die besoedeling uit jou midde uitroei.
8 As ’n saak vir jou te swaar is om te beslis oor
manslag, oor Regsprake en oor verwonding - regsake in jou poorte - dan moet jy
klaarmaak en opgaan na die plek wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies;
9 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na
die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou
die Regspraak te kenne gee.
10 En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak
wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat JaHWeH sal uitkies; en jy moet
sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.
11 Ooreenkomstig die Wet wat hulle jou leer en
volgens die Regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of
links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.
12 En die man wat hoogmoedig handel, dat hy nie
luister na die priester wat staan om daar JaHWeH jou Elohey te dien, of na die
regter nie - dié man moet sterwe. So moet jy dan die besoedeling uit JisraEl
uitroei.
13 En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie
meer vermetel handel nie.
14 As jy kom in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey
jou sal gee, en haar in besit neem en in haar woon en dan sê: Ek wil ’n koning
oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,
15 dan moet jy sekerlik ’n koning oor jou aanstel
wat JaHWeH jou Elohey sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ’n
koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor
jou aanstel nie.
16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie,
en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie,
aangesien JaHWeH vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie
pad nie.
17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy
hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud
aanskaf nie.
18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit,
moet hy vir hom ’n afskrif van hierdie Wet in ’n boekrol skrywe, uit dié wat
voor die Levitiese priesters lê;
19 en sy moet by hom wees, en hy moet al die dae
van sy lewe in haar lees, dat hy kan leer om JaHWeH sy Elohey te vrees deur al
die woorde van hierdie Wet en hierdie Insettinge te hou, om haar te doen;
20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie
en hy van die Gebooie nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng
in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder JisraEl.
18 DIE Levitiese priesters, die hele stam van Levi,
mag geen deel of erfenis saam met JisraEl hê nie; van die vure van JaHWeH en
van Sy Erfdeel moet hulle eet.
2 En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie;
JaHWeH is sy Erfdeel soos Hy hom beloof het.
3 En dit moet die Reg van die priesters wees van
die kant van die volk, van die wat My slagdier slag, of dit ’n bees of ’n stuk
kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die
pens gee.
4 Die eerstelinge van jou koring, jou druiwesap en
jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom
gee.
5 Want JaHWeH jou Elohey het hom uit al jou stamme
uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van JaHWeH, hy en sy
seuns.
6 En as ’n Leviet uit een van jou poorte kom, uit
die hele JisraEl waar hy vertoef het, en hy na alle begeerte van sy siel kom na
die plek wat JaHWeH sal uitkies,
7 dan moet hy dien in die Naam van JaHWeH sy
Elohey soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die Aangesig van JaHWeH
staan;
8 ’n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat
hy verkoop volgens familiebesit.
9 As jy kom in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou
sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen
nie.
10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun
of sy dogter deur die vuur laat deurgaan - wat met waarsêery, goëlery of met
verklaring van voortekens of towery of heksery omgaan nie,
11 of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees
van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir
JaHWeH ’n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf JaHWeH jou Elohey hulle
voor jou uit.
13 Rassuiwerheid moet jy beoefen voor JaHWeH jou
Elohey.
14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting
verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, JaHWeH jou
Elohey het jou nie so iets toegelaat nie.
15 ’n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos
ek is, sal JaHWeH jou Elohey vir jou verwek; na Hom moet julle luister - [Lukas 13:33]
16 net soos jy van JaHWeH jou Elohey by Horeb
gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die Stem van
JaHWeH my Elohey nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie,
anders sterf ek.
17 Toe het JaHWeH aan my gesê: Dit is goed wat
hulle gespreek het.
18 ’n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die
midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal My Woorde in Sy Mond lê, en Hy
sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel.
19 En die man wat nie luister na My Woorde wat Hy
in My Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.
20 Maar die profeet wat so vermetel is om woorde
in My Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die
naam van elohim van andere spreek, dié profeet moet sterwe.
21 En as jy in jou hart sê: Hoe sal ons die Woord
weet wat JaHWeH nie gespreek het nie? -
22 as die profeet in die Naam van JaHWeH spreek,
en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit wat die Woord van
JaHWeH nie gespreek het nie; deur hoogmoedigheid het die profeet dit gespreek;
jy mag vir hom nie bang wees nie.
19 AS JaHWeH jou Elohey die nasies uitroei wie se
Aarde JaHWeH jou Elohey jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en
in hulle stede en in hulle huise woon,
2 dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou
Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee om haar in besit te neem.
3 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou Aarde wat
JaHWeH jou Elohey jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat ’n
doodslag begaan het, daarheen kan vlug.
4 En dit is die saak van hom wat doodgeslaan het,
wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan,
terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie;
5 en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om
hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster
glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe - hy moet in een van
hierdie stede vlug om in die lewe te bly;
6 sodat die losser van die bloed hom wat
doodgeslaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal - omdat die
pad lank is - en die siel van hom nie doodslaan nie, terwyl hy die dood nie
volgens Reg verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie
vyandig was nie.
7 Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet
jy vir jou afsonder.
8 En as JaHWeH jou Elohey jou grondgebied uitbrei,
soos Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, en jou die hele Aarde gee wat Hy
beloof het om aan jou vaders te gee
9 - as jy sorgvuldig al hierdie Gebooie hou wat ek
jou vandag beveel om haar te doen, om JaHWeH jou Elohey lief te hê en altyd in
Sy Weë te wandel - dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,
10 sodat geen onskuldige bloed vergiet word
binne-in jou Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee, en bloedskuld
op jou kom nie.
11 Maar as iemand sy naaste haat en hom voorlê en
teen hom opstaan en [die] siel slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie
stede vlug,
12 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom
daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die losser van die
bloed oorgee, dat hy kan sterwe. [Exodus 20:13]
13 Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet
die onskuldige bloed uit JisraEl wegdoen, dat jy suiwer kan wees
14 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders
getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou
sal gee om haar in besit te neem, mag jy nie verlê nie.
15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake
enige ongeregtigheid of enige oortreding, by enige misstap wat hy begaan nie;
op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal ’n
saak van krag wees.
16 As ’n kwaadwillige getuie teen iemand optree om
van ’n oortreding teen hom te getuig,
17 dan moet die twee manne wat die regsaak het,
gaan staan voor die Aangesig van JaHWeH, voor die aangesig van die priesters en
die regters wat daar in dié dae sal wees.
18 En die regters moet terdeë ondersoek doen, en
is die getuie ’n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig,
19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het
om met sy broer te doen; so moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei.
20 En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer
verder by jou so besoedeld handel nie.
21 En jou oog mag nie verskoon nie: siel vir siel,
oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.
20 AS jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en
perde en strydwaens sien, ’n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle
nie vrees nie; want JaHWeH jou Elohey wat jou uit die Aarde van Egipte laat
optrek het, is met jou.
2 En as julle na die geveg kom, moet die priester
nader kom en die volk toespreek;
3 en hy moet aan hulle sê: Hoor, JisraEl, julle
trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word
nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie;
4 want dit is JaHWeH julle Elohey wat saam met
julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning
te gee.
5 Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê:
Wie is die man wat ’n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan
teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy
nie.
6 En wie is die man wat ’n wingerd geplant en haar
nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die
oorlog sterwe en iemand anders haar in gebruik neem nie.
7 En wie is die man wat hom met ’n vrou verloof en
haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog
sterwe en iemand anders haar neem nie.
8 Dan moet die opsigters verder die volk toespreek
en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis
toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie.
9 En as die opsigters die volk klaar toegespreek
het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word.
10 As jy naby ’n stad kom om teen haar te veg,
moet jy aan haar vrede aanbied.
11 En as sy jou ’n antwoord van vrede gee en vir
jou oopmaak, moet die hele volk wat in haar gevind word, aan jou dienspligtig
wees en jou dien.
12 Maar as sy geen vrede met jou sluit nie, maar
oorlog teen jou wil voer, moet jy beleër teen haar.
13 En JaHWeH jou Elohey sal haar in jou hand gee,
en jy moet al haar manne met die skerpte van die swaard verslaan;
14 net die vroue en die kinders en die vee en
alles wat in die stad is - al haar buit moet jy vir jou roof; en jy moet die
buit van jou vyande eet wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het.
15 So moet jy met al die stede maak wat baie ver
van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie.
16 Maar van die stede van hierdie volke wat JaHWeH
jou Elohey jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.
17 Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek
tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en
Jebusiete, soos JaHWeH jou Elohey jou beveel het;
18 sodat hulle julle nie leer om te handel volgens
al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen JaHWeH julle
Elohey oortree nie.
19 As jy ’n stad baie lank beleër deur oorlog teen
haar te voer om haar te verower, moet jy haar bome nie verwoes deur die byl
teen hom te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag hulle nie afkap nie; want
is die bome van die veld dan adamiete, dat hulle deur jou in beleëring moet
kom?
20 Net bome waarvan jy weet dat dit geen
vrugtebome is nie, dié mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat
teen jou oorlog voer, ’n skans bou totdat sy val.
21 As hulle in die Adamah[adamiet se Aarde] wat
JaHWeH jou Elohey jou sal gee om haar in besit te neem, een vind wat dood in
die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,
2 dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en
die afstand meet na die stede wat rondom die een lê wat gedood is.
3 En die stad wat die naaste lê aan hom wat gedood
is - die oudstes van dié stad moet ’n jong koei neem waarmee in haar nie gewerk
is nie, wat nie in ’n juk getrek het nie.
4 En die oudstes van dié stad moet die koei
afbring in ’n dal met standhoudende water waarin nie gewerk of gesaai word nie;
en hulle moet daar in die dal die koei se nek breek.
5 Dan moet die priesters, die seuns van Levi,
aankom; want JaHWeH jou Elohey het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die
Naam van JaHWeH te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en
verwonding afgehandel word.
6 En al die oudstes van dié stad wat die naaste
woon aan hom wat gedood is, moet hulle hande was oor die koei waarvan die nek
in die dal gebreek is;
7 en hulle moet verklaar en sê: Ons hande het
hierdie bloed nie vergiet nie, en ons oë het dit nie gesien nie.
8 Doen versoening vir U volk JisraEl wat U, o
JaHWeH, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op U volk JisraEl rus nie, en
laat die bloedskuld vir hulle versoen word.
9 En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde
verwyder as jy doen wat reg is in die Oë van JaHWeH.
10 As jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en
JaHWeH jou Elohey hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,
11 en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat lig
van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem, [Númeri 31:35]
12 dan moet jy haar in jou huis inbring; en sy
moet haar hoof skeer en haar naels knip.
13 En sy moet die klere waarin sy weggevoer is,
uittrek en in jou huis bly en haar vader en haar moeder ’n maan se dae beween;
en daarna kan jy by haar ingaan en haar besitter wees en sy sal jou vrou wees.
14 En as jy geen behae in haar het nie, moet jy
haar volgens haar siel laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir silwer verkoop
nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onderwerp het.
15 As ’n man twee vroue het, een wat hy liefhet en
een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as
die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde
vrou;
16 dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy
besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde
vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene,
nie.
17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die
nie-geliefde vrou, erken deur aan hom ’n dubbele deel te gee van alles wat hy
besit; want hy is die eersteling van sy krag: die Reg van eersgeboorte is syne.
18 As iemand ’n koppige en wederstrewige seun het,
wat nie luister na die stem van sy vader en na die stem van sy moeder nie, en
hulle hom tugtig, maar hy na hulle nie luister nie,
19 dan moet sy vader en sy moeder hom neem en hom
uitbring na die oudstes van sy stad en na die poort van sy woonplek,
20 en hulle moet aan die oudstes van sy stad sê:
Hierdie seun van ons is koppig en wederstrewig, hy luister nie na ons stem nie,
hy is ’n deurbringer en dronkaard.
21 Dan moet al die manne van sy stad hom stenig,
dat hy sterwe. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei, en die
hele JisraEl sal dit hoor en vrees.
22 En as in iemand ’n wetsoortreding is waar die
Reg die doodstraf bepaal en hy gedood
word en jy hom aan ’n paal ophang, [Lukas 23:21]
23 dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie,
maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is
deur Elohim vervloek. En jy mag jou Adamah [adamiet se Aarde] wat JaHWeH jou
Elohey jou as erfenis sal gee, nie besoedel nie.
22 JY mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee
nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou
broer terugbring.
2 En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie
ken nie, moet jy dit in jou huis neem, en dit moet by jou wees totdat jou broer
dit soek; dan moet jy dit aan hom teruggee.
3 So moet jy ook doen met sy esel, en so moet jy
doen met sy kleed, ja, so moet jy doen met alles wat van jou broer wegraak, wat
hy verloor en wat jy vind; jy mag jou nie verberg nie.
4 Jy mag die esel van jou broer of sy bees nie
sien val op die pad en jou vir hulle verberg nie; saam met hom moet jy hulle
sekerlik ophelp.
5 ’n Vrou mag geen klere van ‘n krygsman dra nie,
en ’n krygsman mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is
vir JaHWeH jou Elohey ’n gruwel.
6 As jy op pad ’n voëlnes kry in een of ander boom
of op die Aarde, met klein voëltjies of eiers, terwyl die moeder op die klein
voëltjies of op die eiers sit, mag jy die moeder nie saam met die kleintjies
wegneem nie.
7 Jy moet die moeder sekerlik laat wegvlieg, maar
die kleintjies mag jy vir jou neem, dat dit met jou goed kan gaan en jy die dae
kan verleng.
8 As jy ’n nuwe huis bou, moet jy ’n leuning aan
jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan
afval nie.
9 Jy mag in jou Wingerd nie twee soorte saad saai
nie, tensy die volle opbrengs van die saad wat jy gesaai het en die opbrengs
van die Wingerd afsonderlik van mekaar is.
10 Jy mag nie met ’n os en ’n esel tegelyk ploeë
nie.
11 Jy mag geen gemengde stof, wol en linne
tegelyk, aantrek nie.
12 Klossies moet jy vir jou maak aan die vier
hoeke van jou kleed waar jy jou mee toemaak.
13 As ’n man ’n vrou neem en by haar
ingaan en haar dan haat
14 en teen haar ‘n besoedelde naam gee en ’n gerug
oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom,
het ek die maagdelikheid nie aan haar gevind nie,
15 dan moet die vader en die moeder van die dogter
die bewys van die dogter se maagdelikheid neem en na die oudstes van die stad
by die poort uitbring.
16 En die vader van die dogter moet aan die
oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar
gehaat;
17 en kyk, hy het [haar] slegte dinge nagegee deur
te sê: Ek het aan jou dogter die maagdelikheid nie gevind nie - maar dit is die
bewys van my dogter se maagdelikheid. En hulle moet die kledingstuk voor die
aangesig van die oudstes van die stad uitsprei.
18 Dan moet die oudstes van dié stad die
man neem en hom tugtig
19 en hom ’n boete van honderd [sikkels] silwer
oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ’n besoedelde naam oor
’n maagd van JisraEl versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie
wegstuur solank as hy lewe nie.
20 Maar as hierdie woord Waarheid is: Die
maagdelikheid is aan die dogter nie gevind nie -
21 dan moet hulle die dogter na die deur van haar
vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy
sterwe, omdat sy ’n skanddaad in JisraEl begaan het deur in die huis van haar
vader te hoereer. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei.
22 As ’n man betrap word terwyl hy met ’n getroude
vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe: die man wat met die vrou
gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die besoedeling uit JisraEl
uitroei.
23 As ’n dogter, ’n maagd, aan ’n man verloof is,
en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,
24 dan moet julle hulle twee na die poort van dié
stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die
stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer
het. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde uitroei.
25 Maar as die man die verloofde dogter in die
veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man wat
met haar gemeenskap gehad het, alleen sterwe;
26 maar aan die dogter moet jy niks doen nie: daar
is in die dogter geen oortreding wat die dood verdien nie; want soos wanneer ’n
man teen sy naaste opstaan en sy siel doodslaan, so is hierdie geval.
27 Want hy het haar in die veld gekry; die
verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.
28 As ’n man ’n dogter, ’n maagd, kry wat nie
verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word
betrap,
29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad
het, die vader van die dogter vyftig [sikkels] silwer gee; en sy moet sy vrou
wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie wegstuur solank as hy lewe nie.
30 ’n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie,
en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie.
23 HY wat hom deur verbryseling laat vermink of wie
die manlike deel laat afsny het, mag in die vergadering van JaHWeH nie kom nie.
2 Geen baster mag in die vergadering van JaHWeH
kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van JaHWeH nie kom nie. [Klaagliedere van JirmeJaH
1:10]
3 Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering
van JaHWeH kom nie; selfs hulle tiende geslag mag in die vergadering van JaHWeH
nie binnegaan, tot sover as ewigheid nie;
4 omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie
met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die
seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië, teen jou gehuur het om jou te vloek.
5 Maar JaHWeH jou Elohey wou nie na Bíleam luister
nie; maar JaHWeH jou Elohey het vir jou die vloek in ’n seën verander, omdat
JaHWeH jou Elohey jou liefgehad het.
6 Jy mag hulle vrede en hulle voorspoed solank as
jy lewe, vir ewig nie soek nie.
7 Die blosende man moet jy nie as ’n gruwel beskou
nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ’n gruwel beskou nie,
want jy was ’n besoeker in sy Aarde. [Handelinge 10:28]
8 Kinders wat vir hulle in die derde geslag gebore
word, mag in die vergadering van JaHWeH kom.
9 Wanneer jy as leër teen jou vyande uittrek,
weerhou julle dan van enigiets wat besoedel is.
10 As daar iemand by jou is wat weens ’n voorval
by nag nie suiwer is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die
laer inkom nie.
11 Maar as die aand aankom, moet hy hom in die
water bad; en teen sonsondergang mag hy in die laer inkom.
12 Jy moet buitekant die laer ’n plek hê, en
daarheen moet jy uitgaan.
13 En jy moet by jou gereedskap ’n grafie hê; as
jy dan buitekant gaan sit, moet jy daarmee grawe en wat van jou uitgegaan het,
weer toemaak.
14 Want JaHWeH jou Elohey wandel midde-in jou laer
om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer apart
gestel wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend
nie.
15 Jy mag ’n slaaf wat van sy meester na jou
ontsnap het, nie aan sy meester oorlewer nie.
16 Hy moet by jou bly, in jou midde, in die plek
wat hy in een van jou poorte uitkies, waar dit vir hom goed is; jy mag hom nie
verdruk nie.
17 Daar mag geen hoer uit die dogters van JisraEl
wees nie; en daar mag geen homoseksueel uit die seuns van JisraEl wees nie.
18 Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die Huis
van JaHWeH jou Elohey as enige Gelofte bring nie; want dié altwee is vir JaHWeH
jou Elohey ’n gruwel.
19 Jy mag jou broer geen rente oplê nie, rente van
silwer, rente van eetware, rente van enigiets wat ’n mens teen rente uitleen
nie.
20 Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer
mag jy geen rente oplê nie, sodat JaHWeH jou Elohey jou kan seën in alles waar
jy jou hand aan slaan in die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem.
21 As jy aan JaHWeH jou Elohey ’n Gelofte doen,
moet jy nie versuim om hom te betaal nie; want JaHWeH jou Elohey sal hom
sekerlik van jou eis, en hy sal ’n oortreding vir jou word.
22 Maar as jy nalaat om te belowe, sal dit geen
oortreding in jou wees nie.
23 Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen
soos jy aan JaHWeH jou Elohey vrywillig beloof het - wat jy met jou mond
gespreek het.
24 As jy in die wingerd van jou naaste kom, mag jy
na jou siel tot versadiging druiwe eet, maar in jou tas mag jy niks steek nie.
25 As jy in die ongesnyde graan van jou naaste
kom, mag jy met jou hand are afpluk; maar ’n sekel mag jy nie swaai in die
ongesnyde graan van jou naaste nie.
24 AS ’n man ’n vrou neem en met haar trou, en as sy
dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het,
en hy haar ’n brief van skeiding skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis
wegstuur,
2 en sy uit sy huis uittrek en weggaan en
’n ander man s’n word,
3 en dié laaste man haar haat en haar ’n brief van
skeiding skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié
laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het -
4 dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het,
haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy besoedel geword het nie; want
dit is ’n gruwel voor die Aangesig van JaHWeH, en jy mag op die Aarde wat
JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
5 As ’n man pas getroud is, hoef hy nie op
kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie;
een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het,
vreugde verskaf.
6 Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip
as pand neem nie, want hy neem die siel as pand.
7 As iemand betrap word wat ’n siel uit sy broers,
uit die kinders van JisraEl, steel en hom hard behandel en hom verkoop, dan
moet dié dief sterwe. So moet jy dan die besoedeling uit jou midde verbrand.
8 Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om
baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal
leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.
9 Dink aan wat JaHWeH jou Elohey op die pad, by
julle uittog uit Egipte, aan Mirjam gedoen het.
10 As jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy in
sy huis nie ingaan om sy pand te gaan haal nie;
11 buite moet jy bly staan, en die man aan wie jy
geleen het, moet die pand vir jou buitentoe uitbring.
12 En as hy ’n arm man is, moet jy met sy pand nie
gaan slaap nie.
13 Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die
pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan seën; en Sy sal
Geregtigheid vir jou wees voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey.
14 Jy mag ’n arm en behoeftige dagloner uit jou
broers of uit jou besoekers wat in jou Aarde in jou poorte is, nie verdruk nie.
15 Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die
son oor hom nie ondergaan nie - want hy is arm en sy siel verlang daarna dat hy
nie teen jou tot JaHWeH roep en dit ’n oortreding vir jou word nie.
16 Die vaders mag nie vir die kinders, en die
kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie
wetsoortreding gedood word.
17 Jy mag die Reg van die besoeker en wees nie
verdraai nie en die kleed van ’n weduwee nie as pand neem nie.
18 Maar jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was
in Egipte en JaHWeH jou Elohey jou daaruit verlos het; daarom beveel Ek jou om
hierdie saak te doen.
19 As jy jou oes op jou landery insamel en ’n gerf
op die landery vergeet, mag jy nie omdraai om hom te gaan haal nie; vir die
besoeker, die wees en die weduwee moet hy wees, dat JaHWeH jou Elohey jou kan
seën in al die werk van jou hande.
20 As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou
in die takke rond soek nie; vir die besoeker, die wees en die weduwee moet dit
wees.
21 As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie
skoon afoes nie; vir die besoeker, die wees en die weduwee moet sy wees.
22 En jy moet daaraan dink dat jy ’n slaaf was in
die Aarde van Egipte; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.
25 AS daar tussen manne ’n twis is en hulle na die
Reg kom en [die regters] hulle vonnis en die regverdige regverdig verklaar en
die skuldige skuldig verklaar,
2 as dan die skuldige slae verdien, moet die
regter hom laat lê en hom in sy teenwoordigheid met ’n aantal slae laat slaan
ooreenkomstig sy skuld;
3 veertig slae mag hy hom laat gee, nie meer nie,
dat hy hom nie verder met baie slae bo dié laat slaan en jou broer voor jou oë
veragtelik gemaak word nie.
4 Jy mag ’n os nie muilband as hy graan dors nie.
5 As broers bymekaar woon en een van hulle sterwe
sonder dat hy ’n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ’n
verbasterde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou
neem en die swaershuwelik met haar sluit;
6 en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op
naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit JisraEl uitgedelg word nie.
7 Maar as dit die man nie geval om sy skoonsuster
te neem nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan na die oudstes toe, en sê:
My swaer weier om sy broer se naam in JisraEl in stand te hou; hy wil met my
die swaershuwelik nie sluit nie -
8 dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met
hom spreek; bly hy dan daarby staan en sê: Dit beval my nie om haar te neem nie
-
9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die
oudstes na hom toe nader kom en sy skoen van sy voet aftrek en in sy gesig
spuug, en sy moet verklaar en sê: So moet met die man gedoen word wat die huis
van sy broer nie wil bou nie.
10 En sy naam moet in JisraEl genoem word: Die
huis van die kaalvoet.
11 As manne met mekaar veg, die een met die ander,
en die een se vrou nader kom om haar man te red uit die hand van die een wat
hom slaan, en haar hand uitsteek en hom by die manlike deel gryp,
12 sny dan haar handpalms af; jou oog mag nie
verskoon nie.
13 Jy mag nie twee soorte weegstene, ’n grote en
’n kleintjie, in jou sak hê nie.
14 Jy mag in jou huis nie twee soorte efas, ’n
grote en ’n kleintjie, hê nie.
15 Jy moet ’n volle en regte gewig hê; jy moet ’n
volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word op die Adamah[adamiet se
Aarde] wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee.
16 Want almal wat hierdie dinge doen, is ’n gruwel
vir JaHWeH jou Elohey - almal wat onreg doen.
17 Dink aan wat Amalek op die pad by julle uittog
uit Egipte aan jou gedoen het, [Boekrol van die Opregte 81:58]
18 hoe hy jou op die pad teëgekom het en by jou
die agterhoede, al die swakkes agter jou, verslaan het terwyl jy moeg en mat
was, en hy Elohim nie gevrees het nie.
19 As dan JaHWeH jou Elohey vir jou rus gee van al
jou vyande rondom, in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou as erfenis sal gee om
haar in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die Hemele
uitdelg; vergeet dit nie.
26 EN as jy in die Aarde kom wat JaHWeH jou Elohey
jou as erfenis sal gee en jy haar in besit neem en in haar woon,
2 dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die
vrugte van die Adamah[adamiet se Aarde] wat jy inbring uit jou Aarde wat JaHWeH
jou Elohey jou sal gee, en hulle in ’n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek
wat JaHWeH jou Elohey sal uitkies om Sy Naam daar te laat woon,
3 en na die priester kom wat daar in dié dae sal
wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan JaHWeH jou Elohey dat ek in
die Aarde gekom het wat JaHWeH aan ons vaders met ’n eed beloof het om aan ons
te gee.
4 En die priester moet die mandjie uit jou hand
neem en hom voor die aangesig van die altaar van JaHWeH jou Elohey neersit.
5 Dan moet jy voor die Aangesig van JaHWeH jou
Elohey verklaar en sê: My vader was ’n swerwende Arameër en het na Egipte
afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar ’n
groot, magtige en talryke nasie geword.
6 Maar die Egiptenaars het ons mishandel en ons
verdruk en ’n harde diens op ons gelê.
7 Toe het ons JaHWeH, die Elohey van ons vaders,
aangeroep; en JaHWeH het ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons
verdrukking aangesien;
8 en JaHWeH het ons uit Egipte uitgelei deur ’n
Sterke Hand en ’n Uitgestrekte Arm en deur groot skrikwekkende dade en deur
tekens en wonders;
9 en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons
hierdie Aarde gegee, ’n Aarde wat oorloop van melk en heuning.
10 Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van
die vrugte van die Adamah[adamiet se Aarde] wat U, JaHWeH, my gegee het. Dan
moet jy hom neersit voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey en jou neerbuig
voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey.
11 En jy moet vrolik wees oor al die suiwerheid
wat JaHWeH jou Elohey jou en jou huis gegee het; jy en die Leviet en die besoeker
wat by jou is.
12 As jy al die tiendes van jou opbrengs klaar
vertien het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die
Leviet, die besoeker, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan
eet en versadig word.
13 En jy moet voor die Aangesig van JaHWeH jou
Elohey sê: Ek het die Apartheid uit die huis weggebring en hom ook aan die
Leviet en die besoeker, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens U
Gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van U Gebooie oortree of vergeet nie.
14 Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan
as ’n besoedelde niks weggebring en daarvan aan ’n dooie niks gegee nie; ek het
na die Stem van JaHWeH my Elohey geluister; ek het gedoen net soos U my beveel
het.
15 Kyk tog uit die woning van U Apartheid, uit die
Hemele, neer en seën U volk JisraEl en die Adamah[adamiet se Aarde] wat U ons
gegee het, soos U aan ons vaders met ’n eed beloof het, ’n Aarde wat oorloop
van melk en heuning.
16 Vandag beveel JaHWeH jou Elohey jou om hierdie
Insettinge en Regsprake na te kom; onderhou dan en doen haar met jou hele hart
en met jou hele siel.
17 Vandag het jy JaHWeH laat verklaar dat Hy vir
jou ’n Elohim sal wees, en dat jy in Sy Weë moet wandel en Sy Insettinge en Sy
Gebooie en Sy Regsprake moet hou en na Sy Stem moet luister. [JeségiEl 16:8; Hoséa
11:1]
18 En JaHWeH het jou vandag laat verklaar dat jy
vir Hom ’n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al Sy
Gebooie sal onderhou;
19 en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al
die nasies wat Hy gemaak het, tot ’n lof en ’n roem en ’n sieraad, en dat jy ’n
volk apart aan JaHWeH jou Elohey sal wees soos Hy beloof het.
27 EN Moshè het saam met die oudstes van JisraEl aan
die volk bevel gegee en gesê: Onderhou al die Gebooie wat ek julle vandag
beveel.
2 En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die
Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en
dit met kalk bestryk.
3 En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die
woorde van hierdie Wet, sodat jy kan kom in die Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou
sal gee, ’n Aarde wat oorloop van melk en heuning, soos JaHWeH, die Elohey van
jou vaders, jou beloof het.
4 As julle dan deur die Jordaan trek, moet julle
hierdie klippe waaromtrent ek julle vandag bevel gee, op die berg Ebal oprig,
en jy moet dit met kalk bestryk.
5 En jy moet daar vir JaHWeH jou Elohey ’n altaar
bou, ’n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.
6 Van ongekapte klippe moet jy die altaar van
JaHWeH jou Elohey bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan JaHWeH jou
Elohey.
7 En slag vergoedinge en eet daar en wees vrolik
voor die Aangesig van JaHWeH jou Elohey.
8 En jy moet op die klippe baie duidelik skrywe al
die woorde van hierdie Wet.
9 Verder het Moshè en die Levitiese priesters die
hele JisraEl toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o JisraEl! Vandag het
jy die volk van JaHWeH jou Elohey geword.
10 Daarom moet jy na die Stem van JaHWeH jou
Elohey luister en Sy Gebooie en Sy Insettinge volbring wat ek jou vandag
beveel.
11 En Moshè het aan die volk op dié dag bevel
gegee en gesê:
12 Hierdie [stamme] moet staan om die volk te seën
op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en
JeHûWdah en Issaskar en JôWsef en Benjamin.
13 En hierdie moet staan om te vervloek op die
berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali.
14 En die Leviete moet verklaar en aan al die
manne van JisraEl hardop sê:
15 Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote
afbeelding maak, ’n gruwel vir JaHWeH, werk van ’n ambagsman se hande, en hom
in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amein.
16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag;
en die hele volk moet sê: Amein.
17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê;
en die hele volk moet sê: Amein.
18 Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg
lei; en die hele volk moet sê: Amein.
19 Vervloek is hy wat die Reg van besoeker, wees
en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amein.
20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader
gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk
moet sê: Amein.
21 Vervloek is hy wat met enige wilde wese
gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amein.
22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter
van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet
sê: Amein.
23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder
gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amein.
24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim
doodslaan; en die hele volk moet sê: Amein.
25 Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om
’n siel van onskuldige bloed - dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amein.
26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie Wet
nie hou om haar te doen nie; en die hele volk moet sê: Amein.
28 AS jy dan goed luister na die Stem van JaHWeH jou
Elohey om sorgvuldig te hou al Sy Gebooie wat Ek jou vandag beveel, dan sal
JaHWeH jou Elohey jou die hoogste stel bo al My nasies van die Aarde.
2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou
inhaal as jy luister na die Stem van JaHWeH jou Elohey. [Psalm 37:22]
3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal
jy wees in die veld.
4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die
vrugte van jou Adamah [adamiet se Aarde] en die vrug van jou vee, die aanteel
van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd
sal jy wees by jou uitgang.
7 JaHWeH sal maak dat jou vyande wat teen jou
opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op
sewe paaie voor jou uit vlug.
8 JaHWeH sal die seën oor jou gebied in jou skure
en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die Aarde wat
JaHWeH jou Elohey jou sal gee.
9 JaHWeH sal jou vir Hom as ‘n apart gestelde volk
bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die Gebooie van JaHWeH jou Elohey
hou en in Sy Weë wandel.
10 En al My volke van die Aarde sal sien dat die
Naam van JaHWeH oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.
11 En JaHWeH sal suiwerheid aan jou oorvloedig gee
in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou
Adamah[adamiet se Aarde], op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan jou
vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.
12 JaHWeH sal Sy suiwer skatkamer, die Hemele, vir
jou oopmaak om die reën van jou Aarde op die regte tyd te gee en om al die werk
van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te
leen nie.
13 En JaHWeH sal jou die kop en nie die stert maak
nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die
Gebooie van JaHWeH jou Elohey wat Ek jou vandag beveel om te hou en te doen,
14 en jy nie regs of links afwyk van al die Woorde
wat ek julle vandag beveel, om agter gode van andere aan te loop om hulle te
dien nie.
15 Maar as jy nie luister na die Stem van JaHWeH
jou Elohey, om sorgvuldig te hou al Sy Gebooie en Sy Insettinge wat Ek jou
vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
16 Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek
sal jy wees in die veld.
17 Vervloek sal wees jou mandjie en jou
bakskottel.
18 Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en
die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde], die aanteel van jou beeste en die
aanteel van jou kleinvee.
19 Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek
sal jy wees by jou uitgang.
20 JaHWeH sal teen jou stuur die vervloeking, die
verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet
doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die
besoedeling van jou handelinge, dat jy My verlaat het.
21 JaHWeH sal maak dat die pes jou aankleef totdat
Hy jou vernietig vanuit die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy gaan om haar
in besit te neem.
22 JaHWeH sal jou swaar tref met tering en koors
en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle
sal jou vervolg totdat jy omkom.
23 En jou Hemele wat bo jou hoof is, sal koper, en
die Aarde wat onder jou is, yster wees.
24 JaHWeH sal die reën van jou Aarde poeier en
stof maak; van die Hemele sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
25 JaHWeH sal maak dat jy voor die aangesig van
jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie
sal jy voor die aangesig van hom uit vlug; en jy sal ’n skrikbeeld vir al die
koninkryke van die Aarde word.
26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die
voëls van die Hemele en vir die wesens van die Aarde sonder dat iemand hulle
skrikmaak.
27 JaHWeH sal jou swaar tref met swere van Egipte
en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
28 JaHWeH sal jou slaan met kranksinnigheid en
blindheid en sinsverwarring,
29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die
blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar
jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ’n helper is.
30 Jy sal jou met ’n vrou verloof, maar ’n ander
man sal haar skend; ’n huis sal jy bou, maar in hom nie woon nie; ’n wingerd
plant, maar haar vrug sal verbaster wees
31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal
daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie
terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ’n
helper is.
32 Jou seuns en jou dogters word aan ’n ander volk
gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar
iets aan kan doen.
33 Die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde] en
al jou werk sal ’n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk
en hard behandel word.
34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van
jou oë wat jy sal sien.
35 JaHWeH sal jou tref met besoedelde swere aan
die knieë en aan die bene - waarvan jy nie gesond kan word nie - van jou
voetsool tot jou kroontjie.
36 JaHWeH sal jou en jou koning wat jy oor jou sal
aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar
sal jy [die] naam van gode van andere, hout en klip, dien.
37 En jy sal ’n voorwerp van verbasing, ’n
spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen JaHWeH jou sal wegvoer.
38 Jy sal baie saad op die landery uitbring, maar
min insamel; want die sprinkaan sal hom afeet.
39 Wingerde sal jy plant en bewerk maar geen wyn
drink of wegbêre nie; want die wurm sal haar opeet.
40 Olyfbome sal jy hê in jou hele grondgebied,
maar jy sal jou nie met olie salf nie; want jou olywe sal afval.
41 Seuns en dogters sal jy verwek, maar hulle sal
vir jou nie wees nie; want hulle sal in gevangenskap gaan.
42 Al jou bome en die vrugte van jou
Adamah[adamiet se Aarde] sal die sprinkaan in besit neem.
43 Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër
oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.
44 Hy sal aan jou leen, maar jy sal aan hom nie
leen nie; hy sal die kop en jy die stert wees.
45 En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou
agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die
Stem van JaHWeH jou Elohey om Sy Gebooie en Sy Insettinge wat Hy jou beveel
het, te hou nie;
46 en hulle sal by jou ’n Teken en ’n wonder wees,
en by jou saad tot in ewigheid.
47 Omdat jy JaHWeH jou Elohey nie met vreugde en
vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,
48 sal jy jou vyand wat JaHWeH teen jou sal stuur,
dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal ’n
ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.
49 JaHWeH sal teen jou ’n nasie bring van ver, van
die Einde van die Aarde af, soos ’n arend vlieg - ’n nasie wie se taal jy nie
verstaan nie,
50 ’n nasie hard van aangesig, wat ’n grysaard nie
ophelp en vir ’n seun geen barmhartigheid het nie.
51 En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte
van jou Adamah[adamiet se Aarde] opeet totdat jy verdelg is; wat vir jou geen
koring, druiwe of olie, aanteel van jou beeste of aanteel van jou kleinvee sal
laat oorbly totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.
52 En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou
poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele Aarde
vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele
Aarde wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het.
53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die
vlees van jou seuns en jou dogters wat JaHWeH jou Elohey jou gegee het, in die
beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
54 Die vertroetelde en delikate man by jou, wat
groot en voortvarend is - sy oog sal sy broer en die vrou wat hy liefhet, en sy
orige kinders wat hy nog behou het, skeef aankyk;
55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van
die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks [anders]
oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al
jou poorte benoud sal maak nie.
56 Die vertroetelde en delikate vrou by jou wat
sag en teer is wat nie waag om die sool van haar voet op die Aarde neer te sit
nie - haar oog sal die man wat aan haar sy is en haar seun en haar dogter skeef
aankyk,
57 ook haar nageboorte wat tussen haar voete
uitgaan, en haar kinders wat sy sal baar; want sy sal dit stilletjies eet by
gebrek aan alles in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in
al jou poorte benoud sal maak.
58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie
Wet hou wat in hierdie Boekrol geskryf is, om hierdie eerbare en gedugte Naam,
JaHWeH jou Elohey, te vrees nie,
59 dan sal JaHWeH oor jou en oor jou saad
buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en aanhoudende siektes van
besoedeling;
60 en Hy sal weer op jou bring al die siektes van
Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.
61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat
in die Boekrol van hierdie Wet nie geskrywe is nie, dié sal JaHWeH teen jou
laat opkom totdat jy verdelg is.
62 En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat
julle gewees het soos die Sterre van die Hemele in menigte, omdat jy nie
geluister het na die Stem van JaHWeH jou Elohey nie.
63 En soos JaHWeH oor julle bly was om aan julle
goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal JaHWeH oor julle bly wees om
julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word vanuit
die Adamah[adamiet se Aarde] waarheen jy gaan om haar in besit te neem.
64 En JaHWeH sal jou verstrooi onder al die volke,
van die een einde van die Aarde tot by die ander einde van die Aarde; en daar
sal jy [die] naam van gode van andere, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders
nie geken het nie.
65 En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en
vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar JaHWeH sal jou daar ’n
bewende hart gee en smagtende oë en ’n kwynende siel.
66 En jou lewe sal voor jou [aan ’n draad] hang,
en jy sal nag en dag skrik en van jou lewe nie seker wees nie.
67 In die môre sal jy sê: Ag, was dit maar aand!
En in die aand sal jy sê: Ag, was dit maar môre! - vanweë die skrik van jou
hart wat jou sal aangryp, en vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.
68 En JaHWeH sal jou op skepe na Egipte terugbring,
op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en
daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal
geen koper wees nie.
29 DIT is die Woorde van die Verbond wat JaHWeH
Moshè beveel het om met die kinders van JisraEl te sluit in die Aarde Moab,
behalwe die Verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.
2 En Moshè het die hele JisraEl geroep en vir
hulle gesê: Julle het self gesien alles wat JaHWeH in die Aarde van Egipte voor
julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele Aarde gedoen het,
3 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, dié
groot tekens en wonders.
4 Maar JaHWeH het julle nie ’n hart gegee om te
verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.
5 En Ek het julle veertig jaar lank in die
wildernis laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou
skoen aan jou voet.
6 Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank
nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek JaHWeH julle Elohey is.
7 En toe julle by hierdie plek kom, het Sihon, die
koning van Hesbon, en Og, die koning van Basan, uitgetrek ons tegemoet om te
veg, maar ons het hulle verslaan
8 en hulle Aarde ingeneem en haar as erfenis gegee
aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete.
9 Onderhou dan die woorde van hierdie Verbond en
volbring dit, sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat julle doen.
10 Julle staan vandag almal voor die Aangesig van
JaHWeH julle Elohey: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle
opsigters - al die manne van JisraEl;
11 julle kinders, julle vroue en jou besoeker wat
binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter,
12 om oor te gaan in die Verbond van JaHWeH jou
Elohey - en in Sy Eedswering - wat JaHWeH jou Elohey vandag met jou sluit; [JeségiEl 16:60]
13 sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan
bevestig en vir jou ’n Elohim kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan
jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het.
14 En nie met julle alleen maak Ek hierdie Verbond
en hierdie Eedswering nie,
15 maar met die wat vandag hier saam met ons voor
die Aangesig van JaHWeH onse Elohey staan, én met die wat hier vandag nie saam
met ons is nie.
16 Want julle weet self hoe ons in die Aarde van
Egipte gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek
het.
17 En julle het hulle verfoeisels en hulle
drek-idole, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien,
18 sodat daar onder julle geen man of vrou of
familie of stam mag wees wat sy hart vandag van JaHWeH onse Elohey afwend om
die gode van dié nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel
mag wees wat gif en Alsem dra nie,
19 en as hy die woorde van hierdie Eedswering
hoor, homself dan in sy hart prys deur te sê: Dit sal met my goed gaan alhoewel
ek in die verhardheid van my hart wandel - om so die bewaterde saam met die
dorstige weg te ruk!
20 JaHWeH sal hom nie wil vergewe nie, maar dan
sal die Woede van JaHWeH en Sy Ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in
hierdie Boekrol geskrywe is, sal op hom rus; en JaHWeH sal sy naam onder die
Hemele uitdelg.
21 En JaHWeH sal hom afskei vir besoedeling uit al
die stamme van JisraEl volgens al die vloeke van die Verbond wat in hierdie
Boekrol van die Wet geskrywe is.
22 En die volgende geslag, julle kinders wat ná
julle opstaan, en die uitlander wat uit ’n ver deel van die Aarde kom, sal sê,
as hulle die plae van daardie Aarde sien en sy siektes wat JaHWeH in haar laat
uitbreek het -
23 ook swawel en sout deurdat haar hele Aarde
uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, en in haar
hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra,
Adma en Sebóim wat JaHWeH in Sy Woede en in Sy Grimmigheid omgekeer het -
24 en al die nasies sal sê: Waarom het JaHWeH so
met hierdie deel van die Aarde gedoen? Wat beteken hierdie groot Woede?
25 Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die Verbond
van JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit
het toe hulle deur Hom uit die Aarde van Egipte uitgelei is,
26 en hulle gode van andere gaan dien en hulle
daarvoor neergebuig het, gode van andere wat aan hulle nie bekend was nie, en
wat Hy hulle nie toebedeel het nie,
27 daarom het die Woede van JaHWeH teen daardie
deel van die Aarde ontvlam om op haar die hele vloek te bring wat in hierdie
Boekrol geskrywe is.
28 En JaHWeH het hulle uit hulle Adamah[adamiet se
Aarde] uitgeruk in Woede en in Grimmigheid en in groot verborgenheid; en Hy het
hulle weggeslinger na ’n ander deel van die Aarde, soos sy vandag is.
29 Die verborge dinge is vir JaHWeH onse Elohey;
maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te
doen al die Woorde van hierdie Wet.
30 EN as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en
die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die
nasies waarheen JaHWeH jou Elohey jou verdryf het,
2 en jy jou tot JaHWeH jou Elohey bekeer en na Sy
Stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele
hart en met jou hele siel,
3 dan sal JaHWeH jou Elohey jou lot verander en
Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen
JaHWeH jou Elohey jou verstrooi het.
4 Al was jou verstrooides aan die einde van die
Hemele, daarvandaan sal JaHWeH jou Elohey jou versamel, en daarvandaan sal Hy
jou gaan haal.
5 En JaHWeH jou Elohey sal jou bring in die Aarde
wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal haar in besit neem; en Hy sal aan
jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.
6 En JaHWeH jou Elohey sal jou hart besny en die
hart van jou saadlyn, om JaHWeH jou Elohey lief te hê met jou hele hart en met
jou hele siel, dat jy kan lewe.
7 En JaHWeH jou Elohey sal al hierdie vloeke op
jou vyande en op jou haters lê wat jou vervolg het.
8 Maar jy sal weer na die Stem van JaHWeH luister
en al Sy Gebooie doen wat ek jou vandag beveel.
9 En JaHWeH jou Elohey sal suiwerheid aan jou
oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in
die vrug van jou vee en in die vrugte van jou Adamah[adamiet se Aarde]; want
JaHWeH sal weer oor jou ten goede bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,
10 as jy na die Stem van JaHWeH jou Elohey luister
om Sy Gebooie en Sy Insettinge te hou wat in hierdie Boekrol van die Wet
geskrywe is; as jy terugkeer tot JaHWeH jou Elohey met jou hele hart en met jou
hele siel.
11 Want hierdie Gebod wat ek jou vandag beveel, is
vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie.
12 Sy is nie in die Hemele nie, sodat jy moet sê:
Wie sal vir ons na die Hemele opklim en haar vir ons gaan haal en ons van haar
laat hoor, en ons haar kan doen? [Wysheid van Sirah 33:8, 24:10, 19:20 ]
13 Sy is ook nie oorkant die see nie, sodat jy
moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en haar vir ons
gaan haal en ons van haar laat hoor, en ons haar kan doen? [Wysheid van Sirah 15:1-3,
Wysheid van Salomo 6:18 ]
14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en
in jou hart, om haar te doen.
15 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en
die suiwerheid, en die Dood en die besoedeling.
16 Wat ek jou vandag beveel, is om JaHWeH jou
Elohey lief te hê, in Sy Weë te wandel en Sy Gebooie en Sy Insettinge en Sy
Regsprake te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en JaHWeH jou Elohey jou
mag seën in die Aarde waarheen jy gaan om haar in besit te neem.
17 Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister
nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor gode van andere neerbuig en hulle
dien,
18 dan verkondig ek julle vandag dat julle
sekerlik sal omkom; julle sal die dae nie verleng op die Adamah[adamiet se
Aarde] waarheen jy oor die Jordaan trek om haar in besit te gaan neem nie.
19 Ek neem vandag die Hemele en die Aarde as
getuies teen julle; Lewe en Dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou.
Kies dan Lewe, dat jy kan lewe, jy en jou saad,
20 deur JaHWeH jou Elohey lief te hê, na Sy Stem
te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae,
sodat jy kan woon op die Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH aan jou vaders
Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het om haar aan hulle te gee.
31 DAARNA het Moshè gegaan en die hele JisraEl met
hierdie woorde toegespreek
2 en vir hulle gesê: Ek is vandag
honderd-en-twintig jaar oud; ek kan nie meer uit- en ingaan nie, en JaHWeH het
vir my gesê: Jy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie.
3 JaHWeH jou Elohey, Hy trek voor jou oor; Hy sal
hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting
verdrywe; JeHôWshua, hy trek voor jou oor soos JaHWeH gespreek het.
4 En JaHWeH sal met hulle doen soos Hy met Sihon
en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle Aarde gedoen het, wat Hy
verdelg het;
5 JaHWeH sal hulle aan julle oorgee, en julle moet
met hulle handel geheel en al volgens die Gebod wat ek julle beveel het.
6 Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word
nie verskrik vir hulle nie; want dit is JaHWeH jou Elohey wat saam met jou
trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie. [2 Ezra 16:76]
7 Toe het Moshè JeHôWshua geroep en aan hom voor
die oë van die hele JisraEl gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal met
hierdie volk in die Aarde ingaan wat JaHWeH aan hulle vaders met ’n eed beloof
het om aan hulle te gee; en jy sal hulle haar laat erwe.
8 En dit is JaHWeH wat voor jou uit trek; Hy sal
met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of
verskrik wees nie.
9 En Moshè het hierdie Wet opgeskrywe en haar
gegee aan die priesters, die seuns van Levi, wat die Verbondsark van JaHWeH
gedra het, en aan al die oudstes van JisraEl.
10 En Moshè het aan hulle bevel gegee en gesê: Aan
die einde van sewe jaar, op die bepaalde tyd van die jaar van kwytskelding, op
die Fees van die Takskuilings,
11 as die hele JisraEl kom om te verskyn voor die
Aangesig van JaHWeH jou Elohey op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie
Wet voor die hele JisraEl, voor hulle ore lees.
12 Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue
en die kinders en jou besoeker wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat
hulle kan leer om JaHWeH julle Elohey te vrees en sorgvuldig al die Woorde van
hierdie Wet te hou.
13 En hulle kinders wat haar nie ken nie, moet
hoor en leer om JaHWeH julle Elohey te vrees al die dae wat julle lewe op die
Adamah[adamiet se Aarde] waarheen julle deur die Jordaan trek om haar in besit
te neem.
14 EN JaHWeH het vir Moshè gesê: Kyk, jou dae kom
nader dat jy moet sterwe; roep JeHôWshua, en gaan julle in die Tent van
Samekoms staan, dat Ek aan hom bevel kan gee. Toe het Moshè en JeHôWshua gegaan
en in die Tent van Samekoms gaan staan.
15 En JaHWeH het in die Tent in die Wolkkolom
verskyn terwyl die Wolkkolom by die ingang van die Tent bly staan het.
16 Toe sê JaHWeH vir Moshè: Kyk, jy ontslaap met
jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en hulle sal hoereer agter gode van
die uitlanders van die Aarde en sal gaan om in hul midde te wees; en sal My
verlaat en My Verbond verbreek wat Ek met hulle gemaak het.
17 Dan sal My Woede op dié dag teen hulle ontvlam,
en Ek sal hulle verlaat en My Aangesig vir hulle verberg, sodat hulle verteer
word en baie besoedeling en node hulle oorkom. Dan sal hulle op dié dag sê: Het
hierdie besoedeling ons nie oorgekom, omdat onse Elohey nie onder ons is nie?
18 Maar Ek sal op dié dag My Aangesig heeltemal
verberg weens al die besoedeling wat hulle gedoen het; want hulle het na gode
van andere afgewyk.
19 Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en
leer haar aan die kinders van JisraEl; lê haar in hulle mond, dat hierdie lied
vir My ’n getuie teen die kinders van JisraEl kan wees.
20 Want Ek sal hulle inbring na die Adamah[adamiet
se Aarde] wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het, wat oorloop van melk
en heuning, en hulle sal eet en versadig en vet word; dan sal hulle afwyk na
gode van andere en dié dien, en hulle sal My verag en My Verbond verbreek.
21 En as dan baie besoedeling en benoudhede oor
hulle kom, dan sal hierdie lied in hulle aangesig as getuie antwoord - want sy
sal uit die mond van hulle saad nie vergeet wees nie - want Ek ken hulle
gedagtes wat hulle vandag koester voordat Ek hulle inbring in die Aarde wat Ek
met ’n eed beloof het.
22 Toe het Moshè hierdie lied op dié dag opgeskrywe
en haar aan die kinders van JisraEl geleer.
23 En Hy het aan JeHôWshua, die seun van Nun,
bevel gegee en gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal die kinders van
JisraEl inbring in die Aarde wat Ek hulle met ’n eed beloof het; en Ek sal met
jou wees.
24 En toe Moshè die Woorde van hierdie Wet klaar
in ’n Boekrol geskryf het tot die einde toe,
25 het Moshè aan die Leviete wat die Verbondsark
van JaHWeH gedra het, bevel gegee en gesê:
26 Neem hierdie Boekrol van die Wet en sit haar
neer aan die kant van die Verbondsark van JaHWeH julle Elohey, dat sy daar as
getuie teen jou kan wees.
27 Want ék ken jou wederstrewigheid en jou
hardnekkigheid. As julle, terwyl ek nog vandag by julle lewe, wederstrewig was
teen JaHWeH - hoeveel te meer dan ná my dood!
28 Laat al die oudstes van julle stamme en julle
opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie Woorde kan spreek, en
teen hulle die Hemele en die Aarde as getuies kan neem.
29 Want ek weet dat julle ná my dood gewis
verderflik sal handel en sal afwyk van die Weg wat ek julle beveel het, sodat
die besoedeling julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal
doen wat verkeerd is in die Oë van JaHWeH om Hom deur die werk van julle hande
te tart.
30 Toe het Moshè voor die ore van die hele vergadering
van JisraEl die woorde van hierdie lied tot die einde toe uitgespreek.
32 LUISTER, o Hemele, dat Ek kan spreek, en laat die
Aarde hoor die woorde van My Mond.
2 Laat My Leer drup soos die reën, My Woord vloei
soos die Dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die
plante.
3 Want die Naam van JaHWeH roep Ek uit: Gee
grootheid aan Onse Elohey!
4 Die Rots - Sy werk is raseg; want Sy hele Weg is
beslissend; ’n El van Getrouheid en sonder onreg; regverdig en Reg is Hy.
5 Hulle het hulself vernietig, hulle wat nie Sy
seuns was nie, het verkleur – hulle is van ’n verbasterde en verwronge geslag.
6 Durf julle dit JaHWeH vergelde, o dwase en
onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak
en jou toeberei nie?
7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die
jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou
mense, dat hulle jou dit sê.
8 Toe die Hoogste El die Erfdeel van die nasies
geskei het van die seuns van adamiete en die grense van die volke vasgestel het
volgens die getal van die seuns van JisraEl.
9 Want JaHWeH se deel is Sy volk, Jakob is Sy
afgemete Erfdeel.
10 Hy het hom gevind in ’n wildernis Aarde en in
die verlatenheid van die tjankende [woesteny van] Jesimon; Hy het hom omring,
op hom ag gegee, hom bewaak soos Sy oogappel.
11 Soos ’n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies
sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels -
12 JaHWeH alleen het hom gelei, en daar was geen
vreemde god by hom nie.
13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die
Aarde, en hy het die vrugte van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die
rots laat suig en rykdom uit die klipharde rots;
14 dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met
die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van
koring; en die bloed van die druif het jy gedrink, gekookte wyn (stroop wat
gekook is).
15 Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop -
jy het vet geword, dik geword, spekvet geword - en hy het Elowahh verwerp wat
hom gemaak het, en die Steenrots van Sy Verlossing geminag.
16 Hulle het deur verbasterdes Sy Ywer gewek; deur
gruwels Hom getart.
17 Hulle het aan die demone geslag, nie aan Eloah
nie, gode wat aan hulle nie bekend was nie - nuwes - wat kort gelede opgekom
het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.
18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy
veronagsaam; en jy het die El vergeet wat jou voortgebring het.
19 Toe JaHWeH dit sien, het Hy [hulle] verwerp,
uit ergernis oor Sy seuns en dogters.
20 En Hy het gesê: Ek wil My Aangesig vir hulle
verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want ’n heeltemal verkeerde
geslag is hulle, kinders in wie geen betroubaarheid is nie.
21 Hulle het My jaloesie gewek deur wat nie-El is,
My getart deur hulle nietigheid. Ék sal dan hulle jaloesie wek deur die wat ’n
nie-volk is, deur ’n dwase nasie sal Ek hulle tart.
22 Want ’n vuur is aangesteek en My Woede het
gebrand tot in die Doderyk/Sheol daaronder, en Hy het die Aarde met haar
opbrengs verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.
23 Ek sal besoedeling teen hulle ophoop; My pyle
sal Ek op hulle wegskiet.
24 As hulle uitgeput is van honger en verteer deur
koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek tande van wilde wesens teen hulle loslaat
met die woede van slange in stof.
25 Buitekant sal die swaard beroof, en in die
binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die maagd, die suigling saam
met die grysaard.
26 Ek sou gesê het: Ek wil hulle wegblaas, hulle
gedagtenis onder die manne laat ophou -
27 as Ek nie vir die terging van die vyand bedug
was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en
JaHWeH het dit alles nie gedoen nie.
28 Want ’n nasie van verlore raadsplanne is hulle,
en daar is geen verstand in hulle nie.
29 Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou
op hulle einde let.
30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee
tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en
JaHWeH hulle oorgelewer het nie!
31 Want hulle steenrots is nie soos Ons Steenrots
nie - ja, Ons vyande self is skeidsregters!
32 Want hulle wingerdstok is uit die wingerdstok
van Sodom en uit die wingerde van Gomorra; hulle druiwe is druiwe van gif,
hulle trosse is giftig.
33 Hulle wyn is die woede van Drake en wrede gif
van adders.
34 Is hy nie by My opgegaar, in My Skatkamers
verseël nie?
35 My kom die wraak toe en die vergelding, op die
tyd as hulle voet sal wankel; want die dag van hulle ondergang is naby, en wat
oor hulle beskik is, kom gou.
36 Want JaHWeH sal aan Sy volk Reg verskaf, en Hy
sal Medelye hê met Sy knegte as Hy sien dat [hulle] vashouplek weg is en dit
met almal sonder uitsondering gedaan is.
37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die
steenrots waarin hulle toevlug geneem het,
38 wat die vet van hulle slagdiere geëet het, die
wyn van hulle drankaanbieding gedrink het? Laat hulle opstaan en julle help,
dat daar oor julle ’n beskerming kan wees!
39 En aanskou nou want Ek [is] Ek en geen gode
naas My nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar
is niemand wat uit My Hand red nie.
40 Want Ek sal My Hand na die Hemele ophef en sê:
So waar as Ek ewig leef -
41 as Ek My glinsterende Swaard skerp gemaak het
en My Hand na die Reg gryp, sal Ek wraak oefen op My teëstanders en My haters
vergelde.
42 Ek sal My pyle dronk maak van bloed, en My
Swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat verslaan en gevang is, van die
kop van die vyand se aanvoerders.
43 Knars, o nasies, oor Sy volk, want Hy sal die
bloed van Sy knegte wreek, en Hy sal wraak oefen op Sy teëstanders en
versoening bewerk vir Sy Adamah[adamiet se Aarde] [en] Sy volk.
44 En Moshè het gekom en al die woorde van hierdie
lied voor die ore van die volk gespreek, hy en Hoséa, die seun van Nun.
45 En toe Moshè met al hierdie woorde die hele JisraEl
klaar toegespreek het,
46 sê hy vir hulle: Gee ag op al die Woorde
waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit jul kinders beveel om al die
woorde van hierdie Wet sorgvuldig te hou.
47 Want sy is geen vergeefse Woord vir julle nie,
maar sy is julle lewe; en deur hierdie Woord sal julle die dae verleng op die
Adamah[adamiet se Aarde] waarheen julle deur die Jordaan trek om haar in besit
te neem.
48 Daarna het JaHWeH op daardie selfde dag met
Moshè gespreek en gesê:
49 Klim op hierdie gebergte Abárim, die berg Nebo,
wat in die Aarde van Moab is, wat teenoor Jérigo lê, en aanskou die Aarde van
Kanaän wat Ek aan die kinders van JisraEl as besitting sal gee;
50 en sterwe op die berg waarheen jy opklim, en
word versamel by jou volksgenote, soos jou broer Aäron gesterf het op die berg
Hor en versamel is by sy volksgenote,
51 omdat julle onder die kinders van JisraEl
ontrou teen My gehandel het by die twiswater van Kadesh, in die wildernis Sin,
omdat julle My nie geroem het onder die kinders van JisraEl nie.
52 Want reg voor sal jy die Aarde sien, maar jy
sal daar nie inkom, in die Aarde wat Ek aan die kinders van JisraEl sal gee
nie.
33 EN dit is die seën waarmee Moshè, die man van die
Elohim, die kinders van JisraEl geseën het voor die aangesig van sy dood.
2 En hy het gesê: JaHWeH het gekom van Sinai en
vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte
Paran en gekom met tienduisende uit die Apartheid; aan Sy Regterhand gaan ‘n
vlammende Wet vir hulle uit. [Boekrol van Henog 1:9; Brief van Judas 1:14, 15]
3 Ja, Hy het die stamme lief. Al Sy apartes -
hulle is in U Hand; en hulle was gelaer by U Voet; [elkeen] ontvang iets van U
Uitsprake.
4 Moshè het ons die Wet beveel, ’n besitting vir
die vergadering van Jakob.
5 En hy het koning geword in Jesúrun, toe die
hoofde van die volk vergader het, die stamme van JisraEl almal saam.
6 Laat Ruben lewe en nie sterwe nie, en laat sy
manne ’n aantal wees.
7 En dit vir JeHûWdah, en hy het gesê: Hoor,
JaHWeH, die stem van JeHûWdah, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy
geveg vir hulle, en wees U [vir hom] ’n hulp teenoor sy teëstanders.
8 En van Levi het hy gesê: U Tummim en U Urim is
vir die man, U gunsgenoot, wat deur U beproef is in Massa, met wie U getwis het
by die waters van Mériba;
9 wat van sy vader en sy moeder gesê het: Ek sien
hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want
hulle het U Woord bewaar en U Verbond gehou.
10 Hulle sal Jakob U Regsprake leer en JisraEl U
Wet; hulle sal reukwerk volledig voor U neerlê op U altaar.
11 Seën, JaHWeH, sy Krag, en laat die werk van sy
hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan
en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.
12 Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van
JaHWeH - hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon in Sy
vergadering.
13 En van JôWsef het hy gesê: Geseënd deur JaHWeH
is sy Aarde met die kostelikste gawe van die Hemele, met Dou en met die Afgrond
wat onder lê,
14 en met die beste voortbrengsels van die son en
met die uitnemende voortbrengste van die mane
15 en met die vernaamste voortbrengsel van die
berge van die voortyd en met die beste gawe van die ewige heuwels
16 en met die beste gawe van die Aarde en van haar
volheid, en die vreugde van Hom wat in die doringbos vertoef het - laat dit kom
op die hoof van JôWsef en op die kroontjie van die [wat ‘n] Separatis onder sy
broers [is].
17 Sy eersgebore stier – die grootsheid is syne,
en sy horings is [soos] eenhorings; daarmee sal hy die volke stoot, die eindes
van die Aarde almal saam. En dit is die tienduisende van Efraim, en dit is die
duisende van Manasse!
18 En van Sébulon het hy gesê: Verheug jou,
Sébulon, oor jou togte, en Issaskar, oor jou tente.
19 Hulle sal volke na die berg roep; daar sal
hulle slagdiere van Geregtig-heid slag; want hulle sal die oorvloed van die see
insuig en die skatte wat begrawe is in die sand.
20 En van Gad het hy gesê: Geseënd is Hy wat vir
Gad ruimte maak; hy gaan lê soos ’n leeuin en verskeur die arm, selfs die
kroontjie.
21 En hy het vir hom ’n eerstelingsaandeel
uitgekies, want daar was die deel van ’n veldheer bewaar; en hy het gekom na
die hoofde van die volk, hy het die Geregtigheid van JaHWeH uitgevoer en Sy
Regsprake met JisraEl.
22 En van Dan het hy gesê: Dan is ’n jong leeu wat
uit Basan uitspring.
23 En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig
van vreugde en vol van die seën van JaHWeH - neem jy see en Suidland in besit!
24 En van Aser het hy gesê: Geseënd is Aser bo die
seuns; laat hy die liefling van sy broers wees, en een wat sy voet in olie
insteek.
25 Mag jou grendel yster en koper wees, en jou
sterkte soos jou dae.
26 Niemand is daar soos El, o Jesúrun, wat oor die
Hemele ry as jou Hulp, en oor die wolke in Sy Hoogheid.
27 Die Elohey van die voortyd is [julle]
skuilplek, onder uitgespreide - ewige Arms; en Hy het die vyand voor jou
verdryf en gesê: Verdelg! [Openbaring van Henog 1:11]
28 So het JisraEl dan veilig gaan
woon, die bron van Jakob in afsondering, in ’n Aarde van koring en druiwesap;
ja, Sy Hemele laat Dou afdrup.
29 Geseënd is jy, o JisraEl! Wie
is soos jy? ’n Volk wat deur JaHWeH verlos is, die Skild van jou hulp en wat
die Swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande hulle al kruipende aan jou
onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
34 TOE het Moshè opgeklim uit die vlaktes van Moab
na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en JaHWeH het hom
die hele Aarde, Gílead tot Dan toe, laat sien;
2 en die hele Náftali en die Aarde van Efraim en
Manasse en die hele Aarde van JeHûWdah tot by die Westelike See;
3 en die Suidland en die [Jordaan] streek, die
laagte van Jérigo, die palmstad, tot by Soar.
4 En JaHWeH het vir hom gesê: Dit is die Aarde wat
Ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed beloof het met die woorde: Aan jou
saad sal Ek haar gee; Ek het jou haar met jou oë laat sien, maar jy sal na haar
nie oortrek nie.
5 Toe het Moshè, die kneg van JaHWeH, daar
gesterwe in die Aarde van Moab, op ’n bevel van JaHWeH.
6 En Hy het hom in die dal in die Aarde van Moab,
teenoor Bet-Peor, begrawe en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie.
7 En Moshè was honderd-en-twintig jaar oud toe hy
gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.
8 Toe het die kinders van JisraEl Moshè beween in
die vlaktes van Moab, dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou
oor Moshè, het ten einde gekom.
9 En JeHôWshua, die seun van Nun, was vol van die
Gees van Wysheid; want Moshè het hom die hande opgelê. En die kinders van
JisraEl het na hom geluister en gedoen soos JaHWeH aan Moshè beveel het.
10 En soos Moshè, vir wie JaHWeH van Aangesig tot
aangesig geken het, het daar geen profeet meer in JisraEl opgestaan nie,
11 wat betref al die tekens en die wonders wat
JaHWeH hom opgedra het om in die Aarde van Egipte aan Farao en aan al sy
dienaars en sy hele Aarde te doen
12 en wat betref die hele magsopenbaring en al die
groot, skrikwekkende dade wat Moshè voor die oë van die hele JisraEl gedoen
het.
1 EN ná die dood van Moshè, die kneg van JaHWeH,
het JaHWeH met JeHôWshua, die seun van Nun, die dienaar van Moshè, gespreek en
gesê:
2 My kneg Moshè is dood; maak jou dan nou klaar,
trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die Aarde wat Ek aan
hulle, die kinders van JisraEl, sal gee.
3 Elke plek waar julle voetsool op sal trap, haar
gee Ek aan julle, soos Ek met Moshè gespreek het.
4 Van die wildernis en hierdie Líbanon af tot by
die groot rivier, die Eufraatrivier, die hele Aarde van die Hetiete, en tot by
die Groot See by die ingang van die son, sal julle grondgebied wees.
5 Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou
lewe nie; soos Ek met Moshè gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie
begewe en jou nie verlaat nie
6 Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk
die Aarde laat erwe wat Ek hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te
gee.
7 Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te
handel volgens die hele Wet wat Moshè, My kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie
regs of links af nie, sodat jy met suiwere gevolg kan handel, oral waar jy mag
gaan.
8 Hierdie Boekrol van die Wet mag nie uit jou mond
wyk nie; maar bepeins haar dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens
alles wat in haar geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees,
en dan sal jy met suiwere gevolg handel.
9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol
moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want JaHWeH jou Elohey is met jou, oral
waar jy heengaan.
10 Toe het JeHôWshua aan die opsigters van die
volk bevel gegee en gesê:
11 Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê:
Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan
trek om die Aarde in besit te gaan neem wat JaHWeH julle Elohey aan julle gee,
om haar in besit te neem.
12 En aan die Rubeniete en Gadiete en die halwe
stam van Manasse het JeHôWshua dit gesê:
13 Dink aan die saak wat Moshè, die kneg van
JaHWeH, julle beveel het toe hy gesê het: JaHWeH julle Elohey verskaf ’n
rusplek aan julle en sal hierdie Aarde aan julle gee.
14 Julle vroue, julle kinders en julle vee kan bly
in die Aarde wat Moshè julle oos van die Jordaan gegee het; maar julle self, al
die dapper dapperes, moet gewapend voor die aangesig van julle broers deurtrek
en hulle help,
15 totdat JaHWeH aan julle broers, soos aan julle,
rus gee, en hulle ook die Aarde in besit neem wat JaHWeH julle Elohey aan hulle
sal gee; dan kan julle teruggaan na die Aarde van julle besitting wat Moshè,
die kneg van JaHWeH, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en haar
in besit neem.
16 Toe het hulle JeHôWshua geantwoord en gesê:
Alles wat u ons beveel het, sal ons doen, en oral waarheen u ons stuur, sal ons
gaan.
17 Net soos ons na Moshè geluister het, so sal ons
na u luister, mag JaHWeH jou Elohey net met jou wees soos Hy met Moshè gewees
het.
18 Elke man wat teen u bevel wederstrewig is en na
u woorde nie luister met betrekking tot alles wat u ons sal beveel nie, moet gedood
word; wees net sterk en vol moed.
2 DAAROP het JeHôWshua, die seun van Nun, uit
Sittim in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bespied
die Aarde en Jérigo. Hulle het toe gegaan en in die huis van ’n herbergier, en
haar naam [was] Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap.
2 En toe daar aan die koning van Jérigo gesê is:
Kyk, manne uit die kinders van JisraEl het vannag hierheen gekom om die Aarde
te verken,
3 stuur die koning van Jérigo na Ragab om te sê:
Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want
hulle het gekom om die hele Aarde te verken.
4 Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle
weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie
geweet waar hulle vandaan was nie.
5 En toe die poort met donker gesluit moes word,
het die manne uitgegaan; ek weet nie waar die manne heengegaan het nie; jaag
hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal.
6 Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle
weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was.
7 Die manne het hulle toe agterna gejaag in die
rigting van die Jordaan, na die driwwe; en die poort het hulle gesluit nadat
hulle vervolgers uitgegaan het.
8 En voordat hulle gaan slaap het, het sy
op die dak geklim na hulle toe
9 en aan die manne gesê: Ek weet dat JaHWeH die
Aarde aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al
die inwoners van die Aarde vir julle bewe;
10 want ons het gehoor dat JaHWeH die water van
die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle
die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen
het, dat julle hulle met die banvloek getref het.
11 Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat
daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want JaHWeH
julle Elohey, Hy is Elohim in die Hemele daarbo en op die Aarde hieronder.
12 Sweer dan nou tog vir my by JaHWeH dat, terwyl
ek aan julle medelye betoon het, julle ook aan my familie medelye sal betoon;
en gee my ’n Teken van Waarheid
13 dat julle die lewe van my vader en my moeder en
my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele
sal red van die Dood.
14 Toe sê die manne vir haar: Mag ons siel in
julle plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal
ons, as JaHWeH ons die Aarde gee, aan jou Medelye en Waarheid betoon.
15 Daarop het sy hulle met ’n lyn deur die venster
laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur
gewoon het;
16 en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in,
dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg
totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan.
17 Toe sê die manne vir haar: Ons sal ontslae wees
van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het
18 kyk, as ons die Aarde inkom, moet jy hierdie
gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en
jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die
huis versamel.
19 Elkeen wat dan uit die deure van jou huis
buitentoe gaan, dié se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen
wat by jou in die huis sal wees, dié se bloed sal op ons hoof wees, ingeval ’n
hand teen hom is.
20 Maar as jy hierdie saak van ons bekend maak,
sal ons ontslae wees van die eed aan jou wat jy ons laat sweer het.
21 Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy
het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die
venster vasgebind.
22 Hulle het toe weggegaan en in die gebergte
gekom en daar drie dae lank gebly totdat die vervolgers teruggekeer het; want
die vervolgers het op die hele pad gesoek maar niks gekry nie.
23 Die twee manne het toe weer van die gebergte
afgeklim en deurgegaan en by JeHôWshua, die seun van Nun, gekom en hom alles
vertel wat hulle ondervind het.
24 Verder het hulle vir JeHôWshua gesê: Sekerlik
gee JaHWeH die hele Aarde in ons hand, ja, al die inwoners van die Aarde bewe
selfs vir ons.
3 DAAROP het JeHôWshua die môre vroeg klaargemaak,
en hy met al die kinders van JisraEl het van Sittim af weggetrek en by die
Jordaan aangekom en daar die nag oorgebly voordat hulle deurgetrek het.
2 En aan die einde van drie dae het die
opsigters die laer deurgegaan
3 en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos
julle die Verbondsark van JaHWeH julle Elohey sien en die Levitiese priesters
wat haar dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter haar aan trek.
4 Maar laat daar ’n afstand van omtrent
tweeduisend voorarm tussen julle en hom wees; kom nie naby hom nie; sodat julle
die pad kan weet waar julle in haar moet trek; want gister en eergister het
julle nie met dié pad getrek nie.
5 Verder het JeHôWshua aan die volk gesê: Sonder
julle af; want môre sal JaHWeH wonders onder julle doen.
6 En JeHôWshua het met die priesters gespreek en
gesê: Neem die Verbondsark op en trek weg voor die aangesig van die volk uit;
toe het hulle die Verbondsark opgeneem en voor die aangesig van die volk uit
getrek.
7 Daarop sê JaHWeH vir JeHôWshua: Vandag sal Ek
begin om jou groot te maak voor die oë van die hele JisraEl, sodat hulle kan
weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moshè gewees het.
8 Gee jy dan bevel aan die priesters wat die
Verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die
Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.
9 Toe sê JeHôWshua aan die kinders van JisraEl:
Kom nader hierheen en luister na die Woorde van JaHWeH julle Elohey.
10 Verder het JeHôWshua gesê: Hieraan sal julle
erken dat daar ’n lewende El tussen julle is, en dat Hy sekerlik die Kanaäniete
en Hetiete en Hewiete en Feresiete en Girgasiete en Amoriete en Jebusiete voor
julle uit sal verdrywe:
11 Kyk, die Verbondsark van my Meester van die
hele Aarde trek voor julle uit die Jordaan in.
12 Neem dan nou vir julle twaalf manne uit die
stamme van JisraEl, een man uit elke stam;
13 en net soos die voetsole van die priesters wat
die Ark van my Meester JaHWeH, van die hele Aarde, dra, in die water van die
Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word - die water wat van
die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.
14 En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur
die Jordaan te gaan, met die priesters wat die Verbondsark dra, voor die
aangesig van die volk,
15 en net toe die draers van die Ark by die
Jordaan kom en die priesters wat die Ark dra, hulle voete aan die kant van die
water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die
oes,
16 bly die water staan wat van die bokant afkom:
dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan
lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal
verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.
17 Maar die priesters wat die Verbondsark van
JaHWeH gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë Aarde binne-in die Jordaan,
terwyl die hele JisraEl op droë Aarde deurtrek, totdat die hele nasie die deurtog
deur die Jordaan voleindig het.
4 EN toe die hele nasie die deurtog deur die
Jordaan voleindig het, het JaHWeH met JeHôWshua gespreek en gesê:
2 Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit
elke stam een man, [Openbaring 7:4]
3 en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle
vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die
priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring hulle saam met julle deur
en sit hulle neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.
4 Toe het JeHôWshua die twaalf man geroep wat hy
uit die kinders van JisraEl, uit elke stam een man, aangestel het,
5 en JeHôWshua het vir hulle gesê: Trek uit voor
die aangesig van die Ark van JaHWeH julle Elohey tot binne-in die Jordaan, en
tel vir julle ’n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die
stamme van die kinders van JisraEl,
6 sodat sy ’n Teken onder julle kan wees. As julle
kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?
7 moet julle vir hulle sê: Omdat die water van die
Jordaan afgekeer is voor die Verbondsark van JaHWeH by haar deurtog deur die
Jordaan - die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as ’n
herinnering vir die kinders van JisraEl vir altyd.
8 Die kinders van JisraEl het toe so gedoen soos
JeHôWshua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan
opgetel soos JaHWeH met JeHôWshua gespreek het, volgens die getal van die
stamme van die kinders van JisraEl; en hulle het dit saam met hulle deurgebring
na die slaapplek toe en hulle daar neergesit.
9 JeHôWshua het ook twaalf klippe opgerig in die
middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die
draers van die Verbondsark, gestaan het; en hulle is daar tot vandag toe.
10 En die priesters wat die Ark gedra het, het bly
staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat JaHWeH
JeHôWshua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moshè JeHôWshua
beveel het; en die volk het gou deurgetrek. [MattithJaHûW 3:15, 16]
11 En toe die hele volk die deurtog voleindig het,
het die Ark van JaHWeH met die priesters voor die aangesig van die volk
deurgegaan.
12 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad
en die halwe stam van Manasse het gewapend voor die aangesig van die kinders
van JisraEl deurgetrek soos Moshè aan hulle gesê het.
13 Omtrent veertigduisend wat vir oorlog gewapen
was, het voor die Aangesig van JaHWeH deurgetrek om te veg, na die vlaktes van
Jérigo toe.
14 Dié dag het JaHWeH JeHôWshua groot gemaak voor
die oë van die hele JisraEl, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moshè
gevrees het al die dae van sy lewe.
15 En JaHWeH het met JeHôWshua gespreek en gesê:
16 Gee bevel aan die priesters wat die Ark van die
Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim.
17 JeHôWshua het daarop die priesters bevel gegee
en gesê: Klim op uit die Jordaan.
18 En toe die priesters wat die Verbondsark van
JaHWeH gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters
skaars hulle voetsole gelig en die droë Aarde bereik, of die water van die
Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister binne al sy
walle geloop.
19 En die volk het op die tiende van die eerste
maand uit die Jordaan uit opgetrek en laer opgeslaan by Gilgal, aan die oostelike
grens van Jérigo.
20 En daardie twaalf klippe wat hulle uit die
Jordaan geneem het, het JeHôWshua by Gilgal opgerig.
21 En hy het met die kinders van JisraEl gespreek
en gesê: Wanneer julle kinders later hulle vaders vra en sê: Wat beteken
hierdie klippe?
22 dan moet julle dit aan julle kinders bekend
maak en sê: Op droë Aarde het JisraEl deur hierdie Jordaan getrek,
23 deurdat JaHWeH julle Elohey die water van die
Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos
JaHWeH julle Elohey gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat
opdroog het, totdat ons deurgetrek het;
24 dat al My volke van die Aarde kan weet dat die
Hand van JaHWeH sterk is, sodat julle JaHWeH julle Elohey altyd mag vrees.
5 EN toe al die konings van die Amoriete wat
anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete
wat by die see woon, hoor dat JaHWeH die water van die Jordaan voor die kinders
van JisraEl uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt
en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van JisraEl nie.
2 In dié tyd het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Maak
vir jou klipmesse en besny weer die kinders van JisraEl vir die tweede keer.
3 Toe het JeHôWshua vir hom klipmesse gemaak en
die kinders van JisraEl besny by die Heuwel van die Voorhuide.
4 En dit is die rede dat JeHôWshua [hulle] besny
het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die
krygsmanne, het op pad in die wildernis gesterwe, op hulle trek uit Egipte.
5 Want die hele volk wat uitgetrek het, was
besnede; maar al die manne wat op pad in die wildernis gebore is, op hulle trek
uit Egipte, het hulle nie besny nie.
6 Want veertig jaar lank het die kinders van
JisraEl in die wildernis getrek, totdat die hele nasie omgekom het, die
krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die Stem van JaHWeH
gehoorsaam was nie; vir wie JaHWeH gesweer het dat Hy hulle die Aarde nie sou
laat sien wat JaHWeH hulle vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie -
’n Aarde wat oorloop van melk en heuning.
7 Maar in hulle plek het Hy hul seuns gestel; dié
het JeHôWshua besny; want hulle was onbesnede, omdat hulle op pad nie besny is
nie.
8 En toe die hele nasie klaar besny is, het hulle
op hul plek in die laer gebly totdat hulle gesond was.
9 Toe het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Vandag het Ek
die skande van Egipte volledig van julle weggeneem. Daarom het hulle dié plek
Gilgal genoem tot vandag toe.
10 Terwyl die kinders van JisraEl by Gilgal gelaer
was, het hulle die Pasga gehou op die veertiende dag van die maand net na
sononder, in die vlaktes van Jérigo.
11 En hulle het die dag ná die Pasga van die
gestoorde graan van die Aarde geëet: ongesuurde brode en droog gebraaide
koring, daardie selfde dag.
12 En die dag nadat hulle van die gestoorde graan
van die Aarde geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van JisraEl
verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die produkte van die
Aarde van Kanaän in daardie jaar.
13 En terwyl JeHôWshua by Jérigo was, slaan hy sy
oë op en kyk, en daar staan ’n Man teenoor hom met ’n ontblote swaard in Sy
Hand; en JeHôWshua het na Hom gegaan en Hom gevra: Behoort U by ons of by ons
vyande? [DaniEl
10:5]
14 En Hy sê: Nee, maar Ek is die Leërowerste van
JaHWeH; Ek het nou gekom. Toe val JeHôWshua met sy aangesig op die Aarde en
buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Meester aan Sy dienskneg sê?
15 Toe sê die Leërowerste van JaHWeH vir
JeHôWshua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan,
Apartheid is dit. En JeHôWshua het so gedoen.
6 MAAR Jérigo het die poort gesluit en gesluit
gehou vanweë die kinders van JisraEl; niemand het uit- of ingegaan nie.
2 Toe het JaHWeH vir JeHôWshua gesê: Kyk, Ek gee
Jérigo met haar koning en dapper dapperes in jou hand.
3 Julle moet dan om die stad trek, al die
krygsmanne; trek die stad een maal om; so moet jy doen ses dae lank.
4 En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die
aangesig van die Ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal
omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;
5 en as hulle lang geluide op die ramshoring
blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk ’n groot
krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet
inklim, elkeen reg voor hom uit.
6 Toe het JeHôWshua, die seun van Nun, die
priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die Verbondsark op, en laat sewe
priesters sewe ramshorings voor die aangesig van die Ark van JaHWeH dra.
7 En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om
die stad; maar die gewapendes moet voor die aangesig van die Ark van JaHWeH
optrek.
8 En net toe JeHôWshua dit aan die volk gesê het,
het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die
Aangesig van JaHWeH en geblaas op die ramshorings, terwyl die Ark van die
Verbond van JaHWeH agter hulle aan gaan.
9 Die gewapendes het ook voor die aangesig van die
priesters getrek wat op die ramshorings geblaas het, terwyl die agterhoede
agter die Ark aan gaan en daar gedurig op die ramshorings geblaas word.
10 En JeHôWshua het aan die volk bevel gegee en
gesê: Julle mag nie skreeu of julle stem laat hoor nie, en geen woord mag uit
julle mond uitgaan nie tot op die dag dat ek vir julle sê: Skreeu! dan moet julle
skreeu.
11 Toe het die Ark van JaHWeH om die stad getrek,
een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag
oorgebly.
12 En JeHôWshua het die môre vroeg klaargemaak, en
die priesters het die Ark van JaHWeH gedra;
13 en die sewe priesters wat die sewe ramshorings
gedra het, het voor die aangesig van die Ark van JaHWeH gedurig geloop en blaas
op die ramshorings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede
het agter die Ark van JaHWeH aan gegaan, terwyl gedurig op die ramshorings
geblaas word.
14 So het hulle dan op die tweede dag die stad een
keer omgetrek; daarna het hulle in die laer teruggekom. So het hulle ses dae
lank gedoen.
15 Maar op die sewende dag het hulle vroeg
klaargemaak toe die rooidag uitkom, en die stad volgens Reg sewe maal omgetrek;
net maar dié dag het hulle die stad sewe maal omgetrek.
16 En toe die priesters die sewende keer op die
ramshorings blaas, sê JeHôWshua vir die volk: Skreeu! want JaHWeH gee die stad
aan julle oor.
17 Maar die stad met al wat in haar is, moet
opgedra word aan JaHWeH; net Ragab, die herbergier, mag lewe, sy en almal wat
by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was,
weggesteek het.
18 Maar neem julle net in ag vir die
ban(vervloekte items), dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog
van die bangoed neem en die laer van JisraEl onder die ban bring en dit onder
die vervloeking laat kom nie.
19 Maar al die silwer en goud en die koper- en
ystervoorwerpe: Apartheid is dit aan JaHWeH: dit moet by die skat van JaHWeH
kom.
20 Toe skreeu die volk, en hulle het op die
ramshorings geblaas; en toe die volk die geluid van die ramshorings hoor, het
die volk ’n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval,
en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die
stad ingeneem.
21 En alles wat in die stad was, het hulle deur
die skerpte van die swaard met die banvloek getref, man sowel as vrou, jonk
sowel as oud, tot bees, skaap en esel toe.
22 En aan die twee manne wat die Aarde verken het,
het JeHôWshua gesê: Gaan in die huis van die herbergier, en bring die vrou en
almal wat aan haar behoort, daaruit, soos julle vir haar gesweer het.
23 Die jongmanne, die spioene, het toe ingegaan en
Ragab met haar vader en haar moeder en haar broers en almal wat aan haar
behoort het, uitgebring - al haar familiebetrekkinge het hulle uitgebring en
hulle buitekant die laer van JisraEl laat bly.
24 En die stad met alles wat in haar was, het
hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper- en
ystervoorwerpe het hulle by die skat van die Huis van JaHWeH gevoeg.
25 Maar JeHôWshua het Ragab, die herbergier, laat
lewe en haar vader se familie en alles wat aan haar behoort het; sodat sy onder
JisraEl gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat
JeHôWshua gestuur het om Jérigo te verken.
26 In dié tyd het JeHôWshua [hulle] laat sweer met
die woorde: Vervloek is die man voor die Aangesig van JaHWeH wat sal opstaan om
hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy haar
fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy haar poorte insit.
27 En JaHWeH was met JeHôWshua, en die gerug van
hom het deur die hele Aarde gegaan.
7 MAAR die kinders van JisraEl het hulle vergryp
aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun
van Serag, van die stam van JeHûWdah, het van die bangoed geneem, sodat die
Woede van JaHWeH ontvlam het teen die kinders van JisraEl.
2 Daarop het JeHôWshua manne van Jérigo af gestuur
na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van BetEl, en hy het met hulle gespreek en
gesê: Trek op en verken die Aarde; en die manne het opgetrek en Ai verken.
3 Toe hulle by JeHôWshua terugkom, het hulle vir
hom gesê: Al die manskappe hoef nie op te trek nie; omtrent tweeduisend man of
omtrent drieduisend kan optrek, en hulle sal Ai verslaan; moenie al die
manskappe met ’n tog daarheen vermoei nie, want hulle is daar maar min.
4 So het daar dan van die manskappe omtrent
drieduisend man daarnatoe opgetrek; maar hulle moes vlug voor die aangesig van
die manne van Ai;
5 en die manne van Ai het uit hulle omtrent
ses-en-dertig man doodgeslaan en hulle agtervolg van die poort af tot by
Sebárim en hulle verslaan op die afdraand; en die volk se hart het versmelt en
soos water geword.
6 Toe het JeHôWshua sy klere geskeur en met sy
aangesig op die Aarde geval voor die Ark van JaHWeH, tot die aand toe, hy en
die oudstes van JisraEl, en hulle het stof op hul hoofde gegooi.
7 En JeHôWshua het gesê: Ag, my Meester JaHWeH
Elohim, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te
gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog
maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!
8 Ag my Meester, wat sal ek sê nadat JisraEl voor
die aangesig van sy vyande die rug gegee het?
9 En as die Kanaäniete en al die inwoners van die
Aarde dit hoor, sal hulle ons omsingel en ons naam van die Aarde af uitroei;
wat sal U dan vir U grote Naam doen?
10 Toe sê JaHWeH aan JeHôWshua: Staan op; waarom
tog lê jy op jou aangesig?
11 JisraEl het oortree en het ook My Verbond
oortree wat Ek hulle opgelê het, en ook geneem van die bangoed en ook gesteel
en dit selfs heimlik by hulle goed gevoeg.
12 En die kinders van JisraEl sal nie kan standhou
voor die aangesig van hulle vyande nie; hulle sal voor die aangesig van die hul
vyande die rug gee, omdat hulle self ’n ban(vervloekte items) geword het. Ek
sal nie meer met julle wees tensy julle die ban(vervloekte items) onder julle
uit verdelg nie.
13 Staan op! Beveel die volk en sê: Sonder julle
af tot môre; want so sê JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Daar is ’n
ban(vervloekte items) in jou midde, JisraEl! Jy sal nie kan standhou voor die
aangesig van jou vyande totdat julle die ban(vervloekte items) onder julle uit
verwyder het nie.
14 Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en
die stam wat JaHWeH [deur die lot] aanwys, moet nader kom volgens die families;
en die familie wat JaHWeH aanwys, moet nader kom volgens die huisgesinne, en
die huisgesin wat JaHWeH aanwys, moet nader kom krygsman vir krygsman.
15 En hy wat in besit van die bangoed aangewys is,
moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die
Verbond van JaHWeH oortree en ’n skanddaad in JisraEl begaan het.
16 En JeHôWshua het vroeg in die môre klaargemaak
en JisraEl laat nader kom volgens sy stamme; en die stam van JeHûWdah is
aangewys.
17 Toe hy die families van JeHûWdah laat nader
kom, het [die lot] die familie van die Sargiete aangewys; toe hy die familie van
die Sargiete laat nader kom krygsman vir krygsman, is Sabdi aangewys;
18 toe hy sy huisgesin krygsman vir krygsman laat
nader kom, is Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag,
van die stam van JeHûWdah, aangewys.
19 Toe sê JeHôWshua vir Agan: My seun, toon tog
eer aan JaHWeH, die Elohey van JisraEl, en gee danksegging aan Hom; en gee my
tog te kenne wat jy gedoen het; verberg dit nie vir my nie.
20 Toe het Agan JeHôWshua geantwoord en gesê:
Waarlik, ek het oortree teen JaHWeH, die Elohey van JisraEl, en so het ek
gedoen.
21 Ek het naamlik een egte mantel uit Sínear by
die buitgoed gesien en tweehonderd sikkels silwer en een goudstaaf van vyftig
sikkels in gewig, en ek het dit begeer en dit geneem; en kyk, daar lê dit
begrawe in die Aarde binne-in my tent, en die silwer daaronder.
22 Toe JeHôWshua dan boodskappers stuur en hulle
na die tent loop, lê die silwer daaronder.
23 En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit
na JeHôWshua en al die kinders van JisraEl gebring en dit voor die Aangesig van
JaHWeH uitgeskud.
24 Daarop het JeHôWshua en die hele JisraEl met
hom saam Agan, die seun van Serag, geneem met die silwer en die mantel en die
goudstaaf en sy seuns en sy dogters en sy beeste en sy esels en sy kleinvee en
sy tent en alles wat aan hom behoort het, en hulle het hul na die dal Agor
gebring.
25 En JeHôWshua het gesê: Hoe het jy ons onder die
straf laat kom! JaHWeH sal jou vandag laat straf ! Daarop het die hele JisraEl
hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.
26 En hulle het ’n groot hoop klippe op hom
gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het JaHWeH Hom afgewend van Sy
brandende Woede. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.
8 DAAROP sê JaHWeH vir JeHôWshua: Wees nie bevrees
of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar,
trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy Aarde
in jou hand.
2 En jy moet met Ai en haar koning doen soos jy
met Jérigo en haar koning gedoen het; net haar buit en haar vee mag julle vir
julself buitmaak. Stel vir jou ’n hinderlaag op teen die stad, aan die
agterkant van haar.
3 Toe het JeHôWshua hom gereed gemaak met al die
weerbare manskappe om op te trek na Ai, en JeHôWshua het dertigduisend man,
dapper dapperes, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur
4 en aan hulle bevel gegee en gesê: Kyk, julle
moet teen die stad ’n hinderlaag opstel, aan die agterkant van die stad; moenie
te ver van die stad af weggaan nie, en hou julle almal gereed;
5 en ek met al die manskappe wat by my is, ons sal
na die stad toe nader kom; as hulle dan ’n uitval maak om ons te ontmoet, soos
die vorige keer, sal ons voor hulle uit vlug;
6 en hulle sal uittrek agter ons aan totdat ons hulle
van die stad afgesny het - want hulle sal dink: Hulle vlug voor ons uit soos
die vorige keer - en ons sal voor hulle uit vlug.
7 Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die
stad inneem; want JaHWeH julle Elohey sal haar in julle hand gee.
8 En as julle die stad verower het, moet julle die
stad aan die brand steek, na die Woord van JaHWeH moet julle handel; kyk, ek
gee julle bevel.
9 So het JeHôWshua hulle dan uitgestuur, en hulle
het getrek na die hinderlaag en gebly tussen BetEl en Ai, aan die westekant van
Ai; maar JeHôWshua het dié nag onder die manskappe deurgebring.
10 Die môre vroeg het JeHôWshua hom klaargemaak en
die manskappe gemonster en opgetrek met die oudstes van JisraEl, voor die
aangesig van die manskappe, na Ai toe.
11 En al die weerbare manskappe wat by hom was,
het opgetrek en nader gegaan en teenoor die stad gekom, en hulle het laer
opgeslaan aan die noordekant van Ai, sodat die dal tussen hulle en Ai was.
12 So het hy dan omtrent vyfduisend man geneem en
hulle in ’n hinderlaag opgestel tussen BetEl en Ai, aan die westekant van die
stad.
13 En hulle het die manskappe opgestel, die hele
leër wat noordelik van die stad was, met sy agterhoede aan die westekant van
die stad, maar JeHôWshua het dieselfde nag die laagte ingetrek.
14 En toe die koning van Ai dit merk, het die
manne van die stad hulle in die môre vroeg gou klaargemaak en uitgetrek om
JisraEl in die geveg te ontmoet, hy en al sy manskappe, op ’n afgesproke plek
voor die aangesig van die vlakte; maar hy het nie geweet dat daar vir hom agter
die stad ’n hinderlaag lê nie.
15 En JeHôWshua en die hele JisraEl het hul laat
verslaan voor hulle en gevlug in die rigting van die wildernis.
16 Al die manskappe in die stad is toe opgeroep om
hulle agterna te jaag; en terwyl hulle JeHôWshua agtervolg, is hulle van die
stad afgesny,
17 sodat niemand in Ai en BetEl oorgebly het wat
nie agter JisraEl aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan
en JisraEl agterna gejaag.
18 En JaHWeH het vir JeHôWshua gesê: Steek die
spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil haar in jou hand gee.
Daarop steek JeHôWshua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.
19 En die hinderlaag het gou van sy plek af
opgestaan en gestorm net toe hy sy hand uitgesteek het, en hulle het in die stad
ingekom en haar ingeneem en die stad gou aan die brand gesteek.
20 Toe die manne van Ai agter hulle omkyk, sien
hulle hoe die rook van die stad na die Hemele optrek; maar hulle het geen kans
gehad om hierheen of daarheen te vlug nie, want die manskappe wat op die vlug
was na die wildernis, het omgedraai teen die vervolgers.
21 Toe JeHôWshua en die hele JisraEl sien dat die
hinderlaag die stad inneem en dat die rook van die stad opstyg, het hulle
omgedraai en die manne van Ai aangeval.
22 Daarop trek dié uit die stad hulle tegemoet,
sodat hulle tussen JisraEl in geraak het, ’n deel duskant en ’n deel anderkant;
en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle oor was wat oorgebly of
ontvlug het nie.
23 Maar hulle het die koning van Ai lewendig gevang
en hom na JeHôWshua nadergebring.
24 En nadat JisraEl al die inwoners van Ai in die
veld, in die wildernis waar hulle hul agtervolg het, geheel en al van kant
gemaak het, en hulle almal tot die laaste een toe deur die skerpte van die
swaard geval het, het die hele JisraEl teruggekom na Ai en haar met die skerpte
van die swaard verslaan.
25 Al die gesneuweldes op dié dag, manne sowel as
vroue, was twaalfduisend - al die inwoners van Ai.
26 En JeHôWshua het sy hand met die uitgestrekte
spies nie teruggetrek voordat hy al die inwoners van Ai met die banvloek getref
het nie.
27 Net die vee en die buit van daardie stad het
die JisraEliete vir hulle buitgemaak, volgens wat die Woord van JaHWeH aan
JeHôWshua beveel het.
28 Toe het JeHôWshua Ai verbrand en daarvan ’n
puinhoop gemaak vir ewig, ’n verlatenheid, tot vandag toe.
29 En die koning van Ai het hy aan ’n paal
opgehang tot die aand toe; maar teen sonsondergang het JeHôWshua bevel gegee,
en hulle het sy lyk van die paal afgehaal en dit by die ingang van die
stadspoort gegooi en ’n groot hoop klippe op hom gestapel wat vandag nog daar
is.
30 TOE het JeHôWshua ’n altaar gebou vir JaHWeH,
die Elohey van JisraEl, op die berg Ebal,
31 soos Moshè, die kneg van JaHWeH, die kinders
van JisraEl beveel het, soos geskrywe staan in die Boekrol van die Wet van
Moshè: ’n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en
dáárop het hulle aan JaHWeH brandoffers gebring en vergoeding geslag.
32 En daar het hy ’n afskrif van die Wet van Moshè
op die klippe geskrywe, wat hy geskrywe het voor die aangesig van die kinders
van JisraEl,
33 terwyl die hele JisraEl met sy oudstes en die
opsigters en sy regters aan weerskante van die Ark staan - teenoor die
Levitiese priesters, die draers van die Ark van die Verbond van JaHWeH - die
besoeker sowel as die kind van die Aarde: die een helfte daarvan teen die berg
Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moshè, die kneg
van JaHWeH, tevore bevel gegee het om die volk van JisraEl te seën.
34 En daarna het hy al die woorde van die Wet
voorgelees, die seën en die vloek, net soos sy geskrywe staan in die Boekrol
van die Wet.
35 Daar was geen woord van alles wat Moshè beveel
het, wat JeHôWshua nie voorgelees het voor die hele vergadering van JisraEl,
met die vroue en die kinders en die besoeker wat onder hulle saamgetrek het
nie.
9 EN toe al die konings wat wes van die Jordaan
woon op die Gebergte en in die Laeveld en aan die hele kus van die Groot See na
die kant van die Líbanon toe: die Hetiete en Amoriete, Kanaäniete, Feresiete,
Hewiete en Jebusiete, dit hoor,
2 het hulle bymekaargekom om soos een man teen
JeHôWshua en JisraEl te veg.
3 Maar toe die inwoners van Gíbeon hoor wat
JeHôWshua met Jérigo en met Ai gedoen het,
4 het hulle ook met lis gehandel: hulle het gegaan
en hulle as boodskappers aangestel en verslyte sakke op hulle esels geneem en
verslyte wynsakke wat geskeur en weer toegebind was;
5 ook verslyte en gelapte skoene aan hulle voete
en verslyte klere aan hulle lyf; en al die brood van hulle padkos was droog
[en] verkrummeld.
6 So het hulle dan na JeHôWshua gegaan in die laer
van Gilgal en aan hom en die manne van JisraEl gesê: Ons kom van ’n ver deel
van die Aarde af; sluit dan nou ’n verbond met ons.
7 Maar die manne van JisraEl het aan die Hewiete
gesê: Miskien woon julle onder ons; hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?
8 Toe sê hulle vir JeHôWshua: Ons is u dienaars!
Daarop het JeHôWshua hulle gevra: Wie is julle, en waar kom julle vandaan?
9 En hulle sê vir hom: U dienaars kom van ’n baie
ver deel van die Aarde af, vanweë die Naam van JaHWeH jou Elohey; want ons het
die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;
10 en alles wat Hy aan die twee konings van die
Amoriete oorkant die Jordaan gedoen het, aan Sihon, die koning van Hesbon, en
Og, die koning van Basan, wat in Astarot was.
11 Daarom het ons oudstes en al die inwoners van
ons Aarde met ons gespreek en gesê: Neem padkos met julle saam vir die reis en
trek hulle tegemoet en sê aan hulle: Ons is julle dienaars, sluit dan nou ’n
verbond met ons.
12 Ons brood hier - warm het ons dit as padkos uit
ons huise geneem, die dag toe ons uitgetrek het om na julle te gaan - kyk maar,
nou het dit droog en verkrummeld geword.
13 En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak
het - kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene - hulle is
verslyt deur die baie lang reis.
14 Toe neem die manne van hulle padkos; maar die
Mond van JaHWeH het hulle nie geraadpleeg nie.
15 En JeHôWshua het met hulle vrede gemaak en met
hulle ’n verbond gesluit, dat hy hulle sou laat lewe; en die owerstes van die
vergadering het hulle dit met ’n eed beloof.
16 Maar aan die einde van drie dae, nadat die
verbond met hulle gesluit was, hoor die volk dat hulle in hul nabyheid en
tussen hulle in woon.
17 Die kinders van JisraEl het naamlik weggetrek
en op die derde dag by hulle stede gekom; en hulle stede was: Gíbeon en Kefíra
en Béërot en Kirjat-Jeárim.
18 Maar die kinders van JisraEl het hulle nie
verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by
JaHWeH, die Elohey van JisraEl; die hele vergadering het toe teen die owerstes
geprotesteer.
19 Daarop sê al die owerstes aan die hele
vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by JaHWeH, die Elohey van JisraEl;
en nou mag ons hulle nie aanraak nie.
20 Dit sal ons aan hulle doen en hulle laat lewe,
sodat daar nie Woede oor ons kom ter wille van die eed wat ons vir hulle
gesweer het nie.
21 Verder sê die owerstes vir hulle: Laat hulle
lewe! En hulle het houtkappers en waterputters geword van die hele vergadering,
soos die owerstes aan hulle gesê het.
22 Toe laat JeHôWshua hulle roep en spreek met
hulle en sê: Waarom het julle ons bedrieg deur te sê: Ons woon baie ver van
julle af terwyl julle tussen ons in woon?
23 Nou dan, vervloek is julle! En nooit sal julle
ophou om knegte, houtkappers sowel as waterputters, vir die Huis van my Elohey
te wees nie.
24 Toe het hulle JeHôWshua geantwoord en gesê:
Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat JaHWeH jou Elohey aan Moshè, Sy
kneg, bevel gegee het om die hele Aarde aan julle te gee en al die inwoners van
die Aarde voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter
wille van ons siele en het ons hierdie ding gedoen.
25 Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit
goed en reg is in u oë om met ons te handel.
26 Hy het toe so met hulle gedoen en hulle gered
uit die hand van die kinders van JisraEl, dat dié hulle nie gedood het nie.
27 So het JeHôWshua dan op dié dag houtkappers en
waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van JaHWeH,
tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.
10 EN toe Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem,
hoor dat JeHôWshua Ai ingeneem en haar met die banvloek getref het - soos hy
met Jérigo en haar koning gedoen het, so het hy met Ai en haar koning gedoen -
en dat die inwoners van Gíbeon vrede gesluit het met JisraEl en in hulle midde
was,
2 het hulle baie bevrees geword, omdat Gíbeon ’n
groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat sy groter as Ai en al
haar manne dapperes was.
3 Adóni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe
na Hoham, die koning van Hebron, en na Píream, die koning van Jarmut, en na
Jáfia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê:
4 Trek na my toe op en help my, dat ons Gíbeon kan
verslaan, omdat sy met JeHôWshua en met die kinders van JisraEl vrede gesluit
het.
5 So het dan die vyf Amoritiese konings vergader
en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van
Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte;
en hulle het Gíbeon beleër en teen haar geveg.
6 Maar die manne van Gíbeon het na JeHôWshua
gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars
nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van
die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.
7 Daarop het JeHôWshua opgetrek uit Gilgal, hy en
al die weerbare manskappe en al die dapper dapperes met hom saam.
8 En JaHWeH het aan JeHôWshua gesê: Wees nie
bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal
voor jou standhou nie.
9 Toe JeHôWshua hulle skielik oorval - hy het die
hele nag deur van Gilgal af opgetrek -
10 het JaHWeH hulle in verwarring gebring voor die
aangesig van JisraEl, en hy het ’n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en
hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by
Aséka en tot by Makkéda.
11 En toe hulle voor JisraEl uit vlug terwyl hulle
op die afdraand van Bet-Horon was, het JaHWeH groot haelstene uit die Hemele op
hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur
die haelstene as wat die kinders van JisraEl met die swaard doodgeslaan het.
12 Toe het JeHôWshua met JaHWeH gespreek, op die
dag dat JaHWeH die Amoriete aan die kinders van JisraEl oorgegee het, en voor
die aangesig van JisraEl gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal
van Ajalon! [Boekrol van die Opregte 88:63]
13 Toe staan die son stil en bly die maan staan
totdat die nasie hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die
Boekrol van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die
Hemele en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ’n volle dag. [Boekrol van die Opregte
89:8]
14 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom
en ná hom, dat JaHWeH na die stem van ’n man geluister het nie; omdat JaHWeH
vir JisraEl gestry het.
15 Daarop het JeHôWshua, en die hele JisraEl met
hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.
16 Maar daardie vyf konings het gevlug en
weggekruip in die spelonk by Makkéda.
17 Toe aan JeHôWshua geboodskap en gesê is: Die
vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makkéda -
18 het JeHôWshua gesê: Rol groot klippe teen die
ingang van die spelonk en stel manne teen haar aan om hulle te bewaak.
19 Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle
vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede
in te kom nie, want JaHWeH julle Elohey gee hulle in julle hand.
20 En toe JeHôWshua en die kinders van JisraEl
hulle heeltemal verslaan het met ’n baie groot slag totdat hulle vernietig was,
en enkele uit hulle oorgebly en in die versterkte stede ingegaan het,
21 het al die manskappe by die laer, by JeHôWshua
behoue teruggekom in Makkéda; niemand het teen die kinders van JisraEl sy tong
verroer nie.
22 Daarop sê JeHôWshua: Maak oop die ingang van
die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.
23 Hulle het so gedoen en dié vyf konings uit die
spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die
koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.
24 En toe hulle dié konings uitgebring het na
JeHôWshua, roep JeHôWshua al die manne van JisraEl en sê aan die aanvoerders
van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op
die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle
nekke gesit.
25 En JeHôWshua sê vir hulle: Wees nie bevrees of
verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal JaHWeH met al julle vyande doen
teen wie julle sal veg.
26 En daarna het JeHôWshua hulle neergeslaan en
hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang
tot die aand toe.
27 En teen sonsondergang het JeHôWshua bevel gegee
om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle
weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk
gepak, wat vandag nog daar is.
28 Daardie dag het JeHôWshua ook Makkéda ingeneem
en haar met die skerpte van die swaard verslaan; en haar koning, die stad self
en al die siele wat in haar was, het hy met die banvloek getref sonder om
iemand te laat oorbly wat ontkom het; en met die koning van Makkéda het hy
gedoen net soos met die koning van Jérigo.
29 Toe trek JeHôWshua oor en die hele JisraEl met
hom saam van Makkéda na Libna om met Libna oorlog te voer.
30 En JaHWeH het haar ook met haar koning in die
hand van JisraEl gegee, en hy het haar verslaan met die skerpte van die swaard
en al die siele wat in haar was; hy het niemand in haar laat oorbly nie; en hy
het met haar koning gedoen net soos met die koning van Jérigo.
31 Toe trek JeHôWshua oor en die hele JisraEl met
hom saam van Libna na Lagis om teen haar te beleër en in haar te veg.
32 En JaHWeH het Lagis in die hand van JisraEl
gegee, sodat hy haar ingeneem het op die tweede dag en haar met al die siele
wat in haar was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met
Libna gedoen het.
33 Toe trek Horam, die koning van Geser, op om
Lagis te help; maar JeHôWshua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand
van hom was wat oorgebly het nie.
34 Daarop trek JeHôWshua oor en die hele JisraEl
met hom saam van Lagis na Eglon om teen haar te beleër en teen haar te veg.
35 En hulle het haar ingeneem op dieselfde dag en
haar verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat in haar was,
het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen
het.
36 Toe trek JeHôWshua op en die hele JisraEl met
hom saam van Eglon na Hebron om teen haar te veg.
37 En hulle het haar ingeneem en haar met haar
koning en al haar stede en al die siele wat in haar was, met die skerpte van
die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat ontkom het, net soos hy
met Eglon gedoen het: hy het haar met al die siele wat in haar was, met die
banvloek getref.
38 Daarop draai JeHôWshua weg en die hele JisraEl
met hom saam na Debir om teen haar te veg.
39 En hy het haar ingeneem met haar koning en al
haar stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al
die siele wat in haar was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat
oorbly wat ontkom het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en
haar koning gedoen, en soos hy met Libna en haar koning gedoen het.
40 So het JeHôWshua dan die hele Aarde van die
Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings
verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat ontkom het; en alles wat asemhaal,
het hy met die banvloek getref, soos JaHWeH, die Elohey van JisraEl, beveel
het.
41 En JeHôWshua het hulle verslaan van
Kadesh-Barnéa af tot by Gasa, en die hele Aarde van Gosen tot by Gíbeon.
42 En al hierdie konings in hulle Aarde het
JeHôWshua in een slag geneem, omdat JaHWeH, die Elohey van JisraEl, vir JisraEl
gestry het.
43 Daarna het JeHôWshua en die hele JisraEl met
hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan.
11 EN toe Jabin, die koning van Hasor, dit hoor, het
hy gestuur na Jobab, die koning van Madon, en na die koning van Simron en na
die koning van Agsaf;
2 verder na die konings in die noorde, in die
Gebergte en op die Vlakte suid van Kínnerot en in die Laeveld en op die hoëveld
van Dor in die weste;
3 na die Kanaäniete in die ooste en in die weste
en die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete op die gebergte en die
Hewiete onderaan Hermon, in die Aarde van Mispa.
4 Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam
met hulle, ’n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte,
met ’n groot getal perde en strydwaens;
5 en al hierdie konings het volgens afspraak
byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met JisraEl
oorlog te voer.
6 Toe sê JaHWeH vir JeHôWshua: Wees vir hulle nie
bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan
JisraEl oorgee; hulle perde moet jy uitwis en hulle waens met vuur verbrand.
7 En JeHôWshua met al die weerbare manskappe by
hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval.
8 En JaHWeH het hulle in die hand van JisraEl
gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en
tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle
het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat oorgebly het nie.
9 En JeHôWshua het met hulle gedoen soos JaHWeH
aan hom gesê het: hulle perde het hy uitgewis en hulle strydwaens met vuur
verbrand.
10 En in dié tyd het JeHôWshua omgedraai en Hasor
ingeneem en haar koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die hoof
van al daardie koninkryke.
11 En hulle het al die siele wat in haar was, met
die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref; niks wat
asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand.
12 En al daardie koningstede met al hulle konings
het JeHôWshua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het
hulle met die banvloek getref, soos Moshè, die kneg van JaHWeH, beveel het.
13 Net al die stede wat op hulle heuwels gelê het,
dié het JisraEl nie verbrand nie, behalwe Hasor alleen wat JeHôWshua verbrand
het.
14 En al die buit van daardie stede en die vee het
die kinders van JisraEl vir hulleself buitgemaak; net al die adamiete het hulle
verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle dié verdelg het; hulle
het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.
15 Soos JaHWeH Moshè, Sy kneg, beveel het, so het
Moshè aan JeHôWshua bevel gegee, en so het JeHôWshua gehandel; hy het niks
nagelaat van alles wat JaHWeH Moshè beveel het nie.
16 So het JeHôWshua dan hierdie hele Aarde
ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die hele Aarde van Gosen en die
Laeveld en die Vlakte en die gebergte van JisraEl met sy laagte;
17 van die Kaal Berg af, wat oploop na Seïr toe,
tot by Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon onderaan die berg Hermon; en al hulle
konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood.
18 Baie lank het JeHôWshua met al hierdie konings
oorlog gevoer.
19 Daar was geen stad wat met die kinders van
JisraEl vrede gesluit het nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van Gíbeon;
alles het hulle met wapengeweld geneem.
20 Want JaHWeH het dit so bestier dat hulle hul
hardnekkig voorgeneem het om JisraEl te bestry, sodat dié hulle met die
banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen guns sou wees nie; maar dat dié
hulle sou verdelg, soos JaHWeH Moshè beveel het.
21 En in dié tyd het JeHôWshua gekom en die
Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele
gebergte van JeHûWdah en die hele gebergte van JisraEl; met hul stede saam het
JeHôWshua hulle met die banvloek getref.
22 Niemand van die Enakiete het oorgebly in die
Aarde van die kinders van JisraEl nie; net in Gasa, in Gat en in Asdod het
hulle oorgebly.
23 So het JeHôWshua dan die deel van die Aarde
ingeneem net soos JaHWeH met Moshè gespreek het; en JeHôWshua het haar as ’n
Erfdeel aan JisraEl gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die
Aarde het gerus van oorlog.
12 EN dit is die konings van die Aarde wat die
kinders van JisraEl verslaan en wie se Aarde hulle in besit geneem het oos van
die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die
hele Vlakte teen die ooste:
2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon
gewoon het, wat geheers het van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier
lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die
Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;
3 en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die
ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die
rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;
4 en die grondgebied van Og, die koning van Basan,
uit ’n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Astarot en Edréï gewoon het,
5 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en
oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die
Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning
van Hesbon.
6 Moshè, die kneg van JaHWeH, en die kinders van
JisraEl het hulle verslaan; en Moshè, die kneg van JaHWeH, het haar as ’n
besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.
7 En dit is die konings van die Aarde wat
JeHôWshua en die kinders van JisraEl verslaan het, duskant die Jordaan na die
weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg
wat oploop na Seïr toe; en JeHôWshua het haar as ’n besitting aan die stamme
van JisraEl gegee volgens hulle afdelings -
8 op die Gebergte en in die Laeveld en in die
Vlakte en aan die hange en in die wildernis en in die Suidland: die Hetiete,
Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:
9 die koning van Jérigo, een; die koning van Ai
wat langsaan BetEl lê, een;
10 die koning van Jerusalem, een; die koning van
Hebron, een;
11 die koning van Jarmut, een; die koning van
Lagis, een;
12 die koning van Eglon, een; die koning van
Geser, een;
13 die koning van Debir, een; die koning van
Geder, een;
14 die koning van Horma, een; die koning van Arad,
een;
15 die koning van Libna, een; die koning van
Adúllam, een;
16 die koning van Makkéda, een; die koning van
BetEl, een;
17 die koning van Tappúag, een; die koning van
Hefer, een;
18 die koning van Afek, een; die koning van
Lassáron, een;
19 die koning van Madon, een; die koning van Hasor,
een;
20 die koning van Simron-Meron, een; die koning
van Agsaf, een;
21 die koning van Táänag, een; die koning van
Megíddo, een;
22 die koning van Kedes, een; die koning van
Jókneam, by die Karmel, een;
23 die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een;
die koning van die nasies by Gilgal, een;
24 die koning van Tirsa, een - al die konings
saam, een-en-dertig.
13 EN toe JeHôWshua oud en ver op sy dae was, het
JaHWeH vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog ’n baie groot
stuk Aarde oorgebly om haar in besit te neem.
2 Dit is die Aarde wat oorgebly het: Al die
landstreke van die Filistyne en al die Gesuriete,
3 van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by
die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die vyf
vorste van die Filistyne: dié van Gasa en dié van Asdod, dié van Askelon, dié
van Gat en dié van Ekron, en die Awiete
4 in die suide; die hele Aarde van die Kanaäniete
en Méara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die
Amoriete;
5 en die Aarde van die Gibliete en die hele
Líbanon aan die Oostekant, van Baäl-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot by
die ingang na Hamat.
6 Al die bewoners van die gebergte, van die
Líbanon af tot by Mísrefot-Maim, al die Sidoniërs - Ek self sal hulle voor die
kinders van JisraEl uit verdrywe; laat haar net as Erfdeel aan JisraEl val soos
Ek jou beveel het.
7 Verdeel dan nou hierdie Aarde as Erfdeel onder
die nege stamme en die halwe stam van Manasse.
8 Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete
hulle erfdeel ontvang wat Moshè oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle
gegee het, soos Moshè, die kneg van JaHWeH, haar aan hulle gegee het:
9 van Aroër af wat aan die kant van die
Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van
Médeba af tot by Dibon;
10 en al die stede van Sihon, die koning van die
Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van
Ammon;
11 en Gílead en die grondgebied van die Gesuriete
en Maägatiete en die hele berg Hermon en die hele Basan tot by Salka;
12 die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning
was in Astarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete;
en Moshè het hulle verslaan en verdrywe).
13 Maar die kinders van JisraEl het die Gesuriete
en Maägatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder JisraEl gewoon het
tot vandag toe.
14 Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel
gegee nie: die vuur[bereidings] van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, dit is sy
Erfdeel, soos Hy hom beloof het.
15 En Moshè het aan die stam van die kinders van
Ruben gegee volgens hulle families;
16 sodat hulle die grondgebied ontvang het: van
Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van
die dal, en die hele gelykveld tot by Médeba;
17 Hesbon en al haar stede wat in die gelykveld
lê, Dibon en Bamot-Baäl en Bet-Baäl-Meon
18 en Jahas en Kedémot en Mefáät;
19 en Kirjatáim en Sibma en
Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,
20 en Bet-Peor en die hange van die Pisga en
Bet-Hajésimot;
21 en al die stede van die gelykveld en die hele
koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het,
wat Moshè verslaan het saam met die vorste van Mídian: Ewi en Rekem en Sur en
Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die Aarde.
22 By hulle dooies het die kinders van JisraEl ook
Bíleam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.
23 So was dan die grens van die kinders van Ruben:
die Jordaan saam met sy gebied; sy was die erfdeel van die kinders van Ruben
volgens hulle familie, die stede met hulle dorpe.
24 En Moshè het aan die stam van Gad, die kinders
van Gad, gegee volgens hulle families;
25 sodat hulle die grondgebied ontvang het van
Jaéser en al die stede van Gílead en die helfte van die Aarde van die kinders
van Ammon, tot by Aroër wat teenoor Rabbah lê,
26 van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en Bétonim; en
van Mahanáim af tot by die grens van Lídbir;
27 en in die dal: Bet-Haram en Bet-Nimra en Sukkot
en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon,
die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinnéretsee,
oorkant die Jordaan na die ooste toe.
28 Sy is die erfdeel van die kinders van Gad
volgens hulle families, die stede met hulle dorpe.
29 Verder het Moshè aan die halwe stam van Manasse
gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse [ontvang het] volgens
hulle families -
30 hulle grondgebied was: van Mahanáim af, die
hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die
Jaïrsdorpe in Basan, sestig stede;
31 en die halwe Gílead en Astarot en Edréï, stede
van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van
Manasse - aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle families.
32 Dit is wat Moshè as erfenis uitgedeel het in
die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van Jérigo teen die ooste;
33 maar aan die stam van Levi het Moshè geen
erfdeel gegee nie; JaHWeH, die Elohey van JisraEl, is Self hulle Erfdeel, soos
Hy hulle beloof het.
14 EN sy is wat die kinders van JisraEl as Erfdeel
in die Aarde van Kanaän ontvang het, wat El-Azar, die priester, en JeHôWshua,
die seun van Nun, en die hoofdelike vaders van die stamme van die kinders van
JisraEl aan hulle as erfenis uitgedeel het
2 deur verloting van hulle erfdeel, soos JaHWeH
deur die hand van Moshè beveel het, met betrekking tot die nege en ’n halwe
stam.
3 Want Moshè het die erfdeel van die twee en ’n
halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel
onder hulle gegee nie.
4 Want die kinders van JôWsef was twee stamme:
Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die Aarde
gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en
hulle goed.
5 Soos JaHWeH Moshè beveel het, so het die kinders
van JisraEl gedoen en die Aarde verdeel.
6 Toe het die kinders van JeHûWdah nader gekom na
JeHôWshua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, het vir hom
gesê: U weet die woord wat JaHWeH met Moshè, die man van die Elohim in
Kadesh-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.
7 Veertig jaar was ek oud toe Moshè, die kneg van
JaHWeH, my uitgestuur het van Kadesh-Barnéa af om die Aarde te verken, en ek
het hom berig gebring soos dit in my hart was;
8 maar my broers wat saam met my opgetrek het, het
die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om JaHWeH my Elohey
te volg.
9 En dié dag het Moshè gesweer en gesê: Waarlik,
die Aarde wat jou voet betree het, sy sal aan jou en aan jou kinders in
ewigheid as ’n Erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om JaHWeH my Elohey te
volg.
10 En nou, kyk, JaHWeH het my laat lewe, soos Hy
gespreek het, nou al vyf-en-veertig jaar sedert JaHWeH hierdie woord met Moshè
gespreek het toe JisraEl in die wildernis getrek het; en kyk nou, ek is vandag
vyf-en-tagtig jaar oud;
11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe
Moshè my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg
en om uit te gaan en in te gaan.
12 Gee my dan nou hierdie bergland waarvan JaHWeH
daardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáár Enakiete is
en groot versterkte stede; miskien sal JaHWeH met my wees, sodat ek hulle kan
verdrywe, soos JaHWeH gespreek het.
13 Toe het JeHôWshua hom geseën en aan Kaleb, die
seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.
14 Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb,
die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om
JaHWeH, die Elohey van JisraEl, te volg.
15 En die naam van Hebron was tevore [stad van
Arba]; hy was die grootste man onder die Enakiete. En die Aarde het gerus van
oorlog. [Boekrol
van die Opregte 23:85]
15 EN vir die stam van die kinders van JeHûWdah,
volgens hulle families, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na
die wildernis Sin toe, tot ver in die suide;
2 en hulle suidelike grens was van die end van die
Soutsee, van die tong af wat na die suide toe uitsteek;
3 en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop
oor na Sin en loop op suid van Kadesh-Barnéa en loop oor na Hesron en loop op
na Addar en swaai na Karka toe;
4 dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die
spruit van Egipte, sodat die grens doodloop by die see; dit sal julle suidelike
grens wees.
5 En die Oostelike grens: Die Soutsee tot by die
mond van die Jordaan. En die grens aan die noordekant: Van die tong van die
see, van die mond van die Jordaan af
6 loop die grens op na Bet-Hogla en loop oor noord
van Bet-Araba; dan loop die grens op na die klip van Bohan, die seun van Ruben.
7 Verder loop die grens op na Debir, van die dal
Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adúmmim,
Suidelik van die spruit lê; dan loop die grens oor na die waters van die
fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel.
8 Verder loop die grens op na die Vallei van die
seun van Verbranding, na die suidelike hang van die Jebusiete, sy is Jerusalem;
dan loop die grens op na die top van die gebergte wat westelik voor die Vallei
van Verbranding lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is.
9 Van die top van die berg af buig die grens dan
om na die fontein van die waters van Neftóag en loop aan na die stede van die
gebergte Efron; verder buig die grens om na Báäla, sy is Kirjat-Jeárim.
10 Dan swaai die grens van Báäla af weg in ‘n
westelike rigting na die gebergte Seïr en loop oor na die noordelike hang van
die berg Jeárim, sy is Késalon, en loop af na Bet-Semes en loop oor na Timna.
11 Verder loop die grens aan noord na die hang van
Ekron; dan buig die grens om na Sikron en loop oor die berg Báäla en loop aan
na JabneEl, sodat die grens doodloop by die see.
12 Die westelike grens was die Groot See saam met
sy gebied; dit is die grens rondom van die kinders van JeHûWdah volgens hulle
families.
13 Maar aan Kaleb, die seun van Jefúnne, het hy ’n
aandeel onder die kinders van JeHûWdah gegee, volgens die Bevel van JaHWeH aan
JeHôWshua: die stad van Arba, die vader van Enak, sy is Hebron.
14 En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai,
Ahiman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.
15 En daarvandaan het hy opgetrek teen die
inwoners van Debir; maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer;
16 en Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan
en haar inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.
17 Daarop het OtniEl, die seun van Kenas, die
broer van Kaleb, haar ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.
18 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van
haar vader ’n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir
haar: Wat wil jy hê?
19 En sy sê: Gee my tog ’n geskenk; omdat u my na
’n Suidelike deel van die Aarde versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe
gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.
20 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders
van JeHûWdah, volgens hulle families.
21 En die stede van die uiteinde van die stam van
JeHûWdah se kinders af tot by die grens van Edom was in die suide: KabtseEl en
Eder en Jagur,
22 en Kina en Dimóna en Adáda,
23 en Kedes en Hasor en Jitnan,
24 Sif en Telem en Béalot,
25 en Hasor-Hadátta en Kériot-Hesron, dit is
Hasor;
26 Amam en Sema en Mólada,
27 en Hasar-Gadda en Hesmon en Bet-Palet,
28 en Hasar-Sual en Beër-Seba en BizjowthJaH,
29 Báäla en Ijjim en Esem,
30 en El-Tolad en Kesil en Horma,
31 en Siklag en Madmánna en Sansánna,
32 en Lebáot en Silhim en Ajin en Rimmon; al die
stede saam nege-en-twintig, met hulle dorpe;
33 in die Laeveld: Estáol en Sórea en Asna,
34 en Sanóag en En-Gannim, Tappúag en Enam,
35 Jarmut en Adúllam, Sogo en Aséka,
36 en Saäráim en Adítaim en Gedéra en Gedérotaim:
veertien stede met hulle dorpe;
37 Senan en Hadása en Migdal-Gad,
38 en Dilean en Mispe en JoktheEl,
39 Lagis en Boskat en Eglon,
40 en Kabbon en Lagmas en Kitlis,
41 en Gedérot, Bet-Dagon en Náäma en Makkéda:
sestien stede met hulle dorpe;
42 Libna en Eter en Asan,
43 en Jiftag en Asna en Nesib,
44 en Kehíla en Agsib en Marésa: nege stede met
hulle dorpe;
45 Ekron met haar onderhorige plekke en haar
dorpe;
46 van Ekron af en na die weste toe, alles wat aan
die kant van Asdod lê, met hulle dorpe;
47 Asdod, haar onderhorige plekke en haar dorpe;
Gasa, haar onderhorige plekke en haar dorpe, tot by die spruit van Egipte en
die Groot See saam met haar gebied;
48 en op die Gebergte: Samir en Jattir en Sogo,
49 en Danna en Kirjat-Sanna, sy is Debir,
50 en Anab en Estémo en Anim,
51 en Gosen en Holon en Gilo: elf stede met hulle
dorpe;
52 Arab en Duma en Esean,
53 en Janum en Bet-Tappúag en Aféka,
54 en Humta en Kirjat-Arba, sy is Hebron, en Sior:
nege stede met hulle dorpe;
55 Maon, Karmel en Sif en Jutta,
56 en JizreEl en Jókdeam en Sanóag,
57 Kain, Gíbea en Timna: tien stede met hulle
dorpe;
58 Halhul, Bet-Sur en Gedor,
59 en Máärat en Bet-Anot en El-Thekon: ses stede
met hulle dorpe;
60 Kirjat-Baäl, dit is Kirjat-Jeárim, en Rabbah:
twee stede met hulle dorpe;
61 in die wildernis: Bet-Araba, Middin en
Segága,
62 en Nibsan en die Soutstad en Engedi: ses stede
met hulle dorpe.
63 Maar die kinders van JeHûWdah kon die
Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die
Jebusiete saam met die kinders van JeHûWdah in Jerusalem bly woon tot vandag
toe.
16 EN die lot het uitgekom vir die kinders van
JôWsef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, [na]
die wildernis wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na BetEl;
2 verder loop dit van BetEl af aan na Lus en loop
oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot;
3 dan loop dit af in die weste na die grondgebied
van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser,
sodat dit doodloop by die see.
4 So het dan die seuns van JôWsef, Manasse en
Efraim, ’n erfdeel ontvang.
5 En sy was die grondgebied van die kinders van
Efraim volgens hulle families - die grens van hulle erfdeel was, in die ooste:
Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;
6 dan loop die grens aan na die see; in die
noorde: Mígmetat; dan swaai die grens in ‘n oostelike rigting na Táänat-Silo en
loop oos daarvan oor na Janóag;
7 en van Janóag loop dit af na Atarot en Náharat
en raak dan aan Jérigo en loop op die Jordaan uit.
8 Van Tappúag af loop die grens in ‘n westelike
rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel
van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle families;
9 en die stede wat vir die kinders van Efraim
afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met
hulle dorpe.
10 Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van
Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot
vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig.
17 VERDER was dit die lot vir die stam van Manasse,
omdat hy die eersgeborene van JôWsef was: Magir, die eersgeborene van Manasse,
die vader van Gílead, het, omdat hy ’n krygsman was, Gílead en Basan ontvang;
2 ook die ander kinders van Manasse, volgens hulle
families, het ’n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van
Helek en die kinders van Asri-El en die kinders van Segem en die kinders van
Hefer en die kinders van Semída; hulle is die manlike kinders van Manasse, die
seun van JôWsef, volgens hulle families.
3 Maar Selófhad, die seun van Hefer, die seun van
Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar
net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en
Tirsa;
4 en hulle het nader gekom voor die aangesig van
El-Azar, die priester, en voor die aangesig van JeHôWshua, die seun van Nun, en
voor die aangesig van die owerstes, en gesê: JaHWeH het Moshè beveel om ons ’n
erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle ’n erfdeel gegee, volgens
die Bevel van JaHWeH, onder die broers van hulle vader.
5 So het dan aan Manasse tien aandele geval,
behalwe die Aarde van Gílead en Basan wat oorkant die Jordaan lê.
6 Want die dogters van Manasse het ’n erfdeel
ontvang onder sy seuns, terwyl die Aarde van Gílead aan die ander kinders van
Manasse behoort het.
7 En die grens van Manasse was: van Aser af na
Mígmetat, teenoor Sigem; dan loop die grens regs na die inwoners van En-Tappúag
-
8 die Aarde van Tappúag het behoort aan Manasse,
maar Tappúag, aan die grens van Manasse, aan die kinders van Efraim -;
9 verder loop die grens af na die spruit Kana,
suid van die spruit: daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan
Efraim; en die grens van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die
see.
10 Suid behoort sy aan Efraim, maar noord aan
Manasse; en die see is haar grens; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in
die ooste aan Issaskar.
11 En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser:
Bet-Sean met haar onderhorige plekke en Jíbleam met haar onderhorige plekke en
die inwoners van Dor met haar onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met
haar onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met haar onderhorige plekke en
die inwoners van Megíddo met haar onderhorige plekke, die drie hoogtes.
12 Maar die kinders van Manasse kon hierdie stede
nie in besit neem nie, en die Kanaäniete het verkies om in dié Aarde te bly
woon.
13 En toe die kinders van JisraEl sterker geword
het, het hulle die Kanaäniete dienspligtig gemaak, maar hulle nie geheel en al
verdrywe nie.
14 Toe het die kinders van JôWsef met JeHôWshua
gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee
terwyl ek tog ’n groot volk is, omdat JaHWeH my tot hiertoe geseën het?
15 En JeHôWshua het vir hulle gesê: As jy ’n groot
volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar [’n plek] skoon in
die Aarde van die Feresiete en Refaïete, ingeval die gebergte van Efraim vir
jou te nou is.
16 Maar die kinders van JôWsef het gesê: Die
gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kanaäniete wat in die lae
dele van die Aarde woon, het ysterwaens, dié van Bet-Sean met sy onderhorige
plekke sowel as dié van die laagte van JizreEl.
17 Toe het JeHôWshua met die huis van JôWsef, met
Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is ’n groot volk en jy het groot krag:
jy sal nie net een lot hê nie;
18 want die gebergte sal joune wees - ’n boswêreld
is sy naamlik, en jy moet haar skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joune
wees; want jy moet die Kanaäniet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy
sterk.
18 DAAROP het die hele vergadering van die kinders
van JisraEl in Silo byeengekom en daar die Tent van Samekoms opgeslaan,
aangesien die Aarde voor hulle onderwerp was.
2 Maar daar was onder die kinders van JisraEl nog
sewe stamme oor wie se erfenis hulle nie verdeel het nie.
3 Toe sê JeHôWshua aan die kinders van JisraEl:
Hoe lank sal julle jul so traag hou om die Aarde in besit te gaan neem wat
JaHWeH, die Elohey van julle vaders, aan julle gegee het?
4 Bring tot drie man uit elke stam, dat ek hulle
kan uitstuur, en dat hulle kan klaarmaak en die Aarde deurgaan en haar beskrywe
met die oog op hulle erfdeel; dan moet hulle na my toe kom
5 en haar onder mekaar in sewe dele verdeel:
JeHûWdah moet sy gebied in die suide behou, en die huis van JôWsef moet sy
gebied in die noorde behou.
6 Maar julle moet die Aarde in sewe dele beskrywe
en die [beskrywing] hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp,
hier voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey.
7 Want die Leviete het geen aandeel onder julle
nie, omdat die priesterskap van JaHWeH hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die
halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die
ooste, wat Moshè, die kneg van JaHWeH, hulle gegee het.
8 Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by
hulle vertrek het JeHôWshua hulle bevel gegee om die Aarde te beskrywe, met die
woorde: Gaan heen, trek rond in die Aarde en beskrywe haar, en kom na my terug;
dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die Aangesig van JaHWeH in Silo.
9 En die manne het gegaan en die Aarde deurgetrek
en haar in ’n Boekrol beskrywe, volgens die stede, in sewe dele, en na
JeHôWshua gekom in die laer van Silo.
10 Toe het JeHôWshua vir hulle die lot gewerp in
Silo, voor die Aangesig van JaHWeH; en JeHôWshua het die Aarde daar onder die
kinders van JisraEl verdeel volgens hulle afdelings.
11 EN die lot het opgekom van die stam van die
kinders van Benjamin volgens hulle families; en die gebied wat vir hulle deur
die lot aangewys is, het uitgekom tussen die kinders van JeHûWdah en die
kinders van JôWsef;
12 en hulle grens aan die noordekant was: van die
Jordaan af; dan loop die grens op na die noordelike hang van Jérigo, en dit
loop op in die gebergte in ‘n westelike rigting en loop dood by die wildernis
van Bet-Awen;
13 en daarvandaan loop die grens oor na Lus, na
die suidelike hang van Lus, sy is BetEl; verder loop die grens af na
Atrot-Addar, op die gebergte wat suid lê van Bet-Horon-Onder;
14 dan buig die grens om en swaai na die
westekant, teen suid, van die gebergte wat suid teenoor Bet-Horon lê; verder
loop dit dood by Kirjat-Baäl, sy is Kirjat-Jeárim, die stad van die kinders van
JeHûWdah; dit is die westekant;
15 en die suidekant begin by die uiteinde van
Kirjat-Jeárim; en die grens loop aan in die weste en dan na die waterfontein
van Neftóag;
16 dan loop die grens af na die uiteinde van die
berg wat teenoor die Vallei van die seun van Verbranding, noordelik in die dal
van die Refaïete lê; dan loop dit af na die dal Hinnom, na die suidelike hang
van die Jebusiete, en loop af na die fontein Rogel;
17 verder buig dit noord om en loop aan na die
fontein Semes; dan loop dit aan na die klipkrale wat teenoor die hoogte van
Adúmmim lê, en loop af na die klip van Bohan, die seun van Ruben;
18 dan gaan dit oor na die hang teenoor die Araba
in ‘n noordelike rigting en loop af na die Araba;
19 verder loop die grens oor na die hang van
Bet-Hogla in ‘n noordelike rigting; dan loop die grens dood by die noordelike
tong van die Soutsee, aan die mond van die Jordaan in die suide; dit is die
suidelike grens;
20 en die Jordaan begrens haar aan die oostekant.
Dit is die erfdeel van die kinders van Benjamin na hulle families, volgens haar
grense rondom.
21 En die stede van die stam van die kinders van
Benjamin, volgens hulle families, was: Jérigo en Bet-Hogla en Emek-Kesis,
22 en Bet-Araba en Semaráim en BetEl,
23 en Haäwim en Para en Ofra,
24 en Kefar-Haämmóni en Ofni en Gaba: twaalf stede
met hulle dorpe;
25 Gíbeon en Rama en Beërot,
26 en Mispe en Kefíra en Mosa,
27 en Rekem en JirpeEl en Táreala,
28 en Sela, Elef en Jebúsi, sy is Jerusalem,
Gíbeat, Kirjat: veertien stede met hulle dorpe. Sy is die erfdeel van die
kinders van Benjamin volgens hulle families.
19 EN die tweede lot het uitgekom vir Símeon, vir
die stam van die kinders van Símeon volgens hulle families; en hulle erfdeel
was in die middel van die erfdeel van die kinders van JeHûWdah.
2 En hulle het in hulle erfdeel gehad: Beër-Seba
en Seba en Mólada,
3 en Hasar-Sual en Bala en Esem,
4 en El-Tolad en BetuEl en Horma,
5 en Siklag en Bet-Hammarkábot en Hasar-Susa,
6 en Bet-Lebáot en Sarúhen: dertien stede met
hulle dorpe;
7 Ajin, Rimmon en Eter en Asan: vier stede met
hulle dorpe;
8 en al die dorpe wat rondom hierdie stede was,
tot by Báälat-Beër, die Rama van die Suidland. Sy is die erfdeel van die stam
van die kinders van Símeon volgens hulle families.
9 Uit die aandeel van die kinders van JeHûWdah is
die erfdeel van die kinders van Símeon, omdat die deel van die kinders van
JeHûWdah vir hulle te groot was; daarom het die kinders van Símeon geërwe in
die middel van hulle erfdeel.
10 EN die derde lot het opgekom vir die kinders
van Sébulon volgens hulle families, en die grens van hulle erfdeel was tot by
Sarid.
11 En hulle grens loop op in ‘n westelike rigting
na Marála en raak aan Dabbéset en aan die spruit wat teenoor Jókneam loop;
12 en van Sarid af swaai dit na die oostekant,
teen sonop, na die gebied van Kislot-Tabor, en loop aan na Daberat en loop op
na Jáfia;
13 en daarvandaan loop dit oor na die ooste teen
sonop, na Gat-Hefer, na Et-Kasin, en loop aan na Rimmon wat hom na Nea toe
uitstrek;
14 dan swaai die grens noord daaromheen na
Hannáton en loop dood by die dal JiftagEl;
15 en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en
Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.
16 Sy was die erfdeel van die kinders van Sébulon
volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.
17 VIR Issaskar het die vierde lot uitgekom, vir
die kinders van Issaskar volgens hulle families;
18 en hulle grondgebied was na JizreEl toe
en Kesúllot en Sunem,
19 en Hafaráim en Sion en Anagárat,
20 en Rabbit en Kísjon en Ebes,
21 en Remet en En-Gannim en En-Hadda en Bet-Pases;
22 en die grens raak aan Tabor en Sahasíma en
Bet-Semes, en hulle gebied loop dood by die Jordaan: sestien stede met hulle
dorpe.
23 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders
van Issaskar volgens hulle families, die stede met hulle dorpe.
24 EN die vyfde lot het uitgekom vir die stam van
die kinders van Aser volgens hulle families;
25 en hulle gebied was: Helkat en Hali en
Beten en Agsaf,
26 en Allamméleg en Amead en Miseal; en raak in
die weste aan die Karmel en aan Sihor-Libnat;
27 dan draai dit teen sonop na Bet-Dagon en raak
aan Sébulon en die dal JiftagEl; in die noorde, Bet-Emek en NeiEl, en loop aan
links by Kabul;
28 en Ebron en Rehob en Hammon en Kana tot by
Groot-Sidon;
29 dan draai die grens na Rama en tot by die
vesting Tirus; dan draai die grens na Hosa en loop dood by die see, van die
landstreek af wat na Agsib toe lê;
30 en Umma en Afek en Rehob: twee-en-twintig stede
met hulle dorpe:
31 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders
van Aser volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.
32 VIR die kinders van Náftali het die sesde lot
uitgekom, vir die kinders van Náftali volgens hulle families;
33 en hulle grens was van Helef, van die eikeboom
by Saänánnim af, en Adámi-Nekeb en JabneEl tot by Lakkum, en dit loop dood by
die Jordaan;
34 dan draai die grens in ‘n westelike rigting na
Asnot-Tabor en loop daarvandaan aan na Hukkok en raak in die suide aan Sébulon;
en aan Aser raak dit in die weste, en aan JeHûWdah aan die Jordaan in die
ooste;
35 en die versterkte stede: Siddim, Ser en
Hammat, Rakkat en Kinnéret,
36 en Adamah en Rama en Hasor,
37 en Kedes en Edréï en En-Hasor,
38 en Jireon en MighdalEl, Horem en Bet-Anat en
Bet-Semes: negentien stede met hulle dorpe.
39 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders
van Náftali volgens hulle families, die stede met hulle dorpe.
40 VIR die stam van die kinders van Dan, volgens
hulle families; het die sewende lot uitgekom.
41 En die grens van hulle erfdeel omvat: Sórea en
Estáol en Ir-Semes,
42 en Saälábbin en Ajalon en Jitla,
43 en Elon en Timnáta en Ekron,
44 en El-Tekeh en Gíbbeton en Báälat,
45 en JeHûWda en Bené-Berak en Gat-Rimmon.
46 en Mé-Jarkon en Rakkon, met die gebied teenoor
Jafo.
47 Maar die kinders van Dan het hulle grondgebied
kwytgeraak; daarom het die kinders van Dan opgetrek en teen Lesem geveg en haar
in besit geneem en verslaan met die skerpte van die swaard en haar in besit
geneem en in haar gewoon; en hulle het Lesem Dan genoem na die naam van hulle
vader Dan.
48 Sy is die erfdeel van die stam van die kinders
van Dan volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.
49 TOE hulle die Aarde volgens sy grenslyne as
erfenis geheel verdeel het, het die kinders van JisraEl aan JeHôWshua, die seun
van Nun, ’n erfdeel onder hulle gegee;
50 op die Bevel van JaHWeH het hulle hom die stad
gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die
stad opgebou en in haar gaan woon.
51 Dit is die erfdele wat El-Azar, die priester,
en JeHôWshua, die seun van Nun, en die hoofdelike vaders aan die stamme van die
kinders van JisraEl as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die
Aangesig van JaHWeH, by die ingang van die Tent van Samekoms; en hulle het die
verdeling van die Aarde beëindig.
20 EN JaHWeH het met JeHôWshua gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van JisraEl en sê: Wys
die stede van ontvlugting vir julle aan waarvan Ek deur die hand van Moshè met
julle gespreek het,
3 dat hy wat doodgeslaan het - wat sonder opset,
’n siel doodgeslaan het, daarheen kan vlug, sodat dié vir julle kan dien as
toevlug van die losser van die bloed.
4 As hy dan na een van hierdie stede toe vlug en
gaan staan by die ingang van die stadspoort en sy saak voor die ore van die
oudstes van daardie stad meedeel, moet hulle hom by hulle in die stad opneem en
aan hom plek gee, dat hy by hulle kan woon;
5 en as die losser van die bloed hom agternajaag,
mag hulle hom wat doodgeslaan het, nie aan hom uitlewer nie, omdat hy sy naaste
sonder opset doodgeslaan het, sonder dat hy hom gister en eergister vyandig
was;
6 en hy moet in daardie stad bly totdat hy voor
die Reg van die aangesig van die vergadering verskyn het, tot op die dood van
die hoëpriester wat in dié dae daar sal wees; dan mag hy wat doodgeslaan het,
weer na sy stad en sy huis terugkeer, na die stad waar hy vandaan gevlug het.
7 Hulle het: Kedes in Galiléa afgesonder, op die
gebergte van Náftali, en Segem op die gebergte van Efraim, en Kirjat-Arba, dit
is Hebron, op die gebergte van JeHûWdah;
8 en oorkant die Jordaan, oos van Jérigo, het
hulle afgestaan: Betser in die wildernis op die gelykveld, uit die stam van
Ruben, en Ramot in Gílead, uit die stam van Gad, en Golan in Basan uit die stam
van Manasse.
9 Dit is die stede wat bepaal was vir al die
kinders van JisraEl en vir die besoeker wat onder hulle vertoef; sodat elkeen
wat per abuis ’n siel doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te
sterf deur die hand van die losser van die bloed voordat hy voor die aangesig
van die vergadering gestaan het nie.
21 TOE het die hoofdelike vaders van die Leviete
nader gekom na El-Azar, die priester, en na JeHôWshua, die seun van Nun, en na
die hoofdelike vaders van die stamme van die kinders van JisraEl,
2 en met hulle gespreek in Silo, in die Aarde van
Kanaän, en gesê: JaHWeH het deur die hand van Moshè bevel gegee dat aan ons
stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.
3 Toe het die kinders van JisraEl aan die Leviete,
volgens die Bevel van JaHWeH, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle
weiveld afgestaan:
4 Die lot het uitgekom vir die families van die
Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang
uit die stam van JeHûWdah en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin,
deur die lot, dertien stede;
5 en die ander kinders van Kehat, uit die families
van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van
Manasse, deur die lot, tien stede;
6 en die kinders van Gerson, uit die families van
die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en
uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;
7 en die kinders van Merári, volgens hulle
families, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon,
twaalf stede.
8 So het dan die kinders van JisraEl aan die
Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos JaHWeH deur
die hand van Moshè beveel het.
9 Verder het hulle, uit die stam van die kinders
van JeHûWdah en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee
wat hulle met hul name genoem het:
10 die kinders van Aäron dan, uit die families van
die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang - want die eerste lot was
vir hulle -
11 en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die
vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van JeHûWdah, met sy weiveld
daarom-heen;
12 maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe,
het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.
13 En aan die kinders van Aäron, die priester, het
hulle gegee Hebron, die stad van ontvlugting vir hom wat doodgeslaan het, met
sy weiveld, en Libna met sy weiveld,
14 en Jattir met haar weiveld, en Estemóa
met haar weiveld,
15 en Holon met haar weiveld, en Debir met haar
weiveld,
16 en Ajin met haar weiveld, en Jutta met haar
weiveld, en Bet-Semes met haar weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.
17 En uit die stam van Benjamin: Gíbeon met haar
weiveld, en Geba met haar weiveld,
18 en Anatot met haar weiveld, en Almon met haar
weiveld: vier stede.
19 Al die stede van die kinders van Aäron, die
priesters, was dertien stede met hulle weiveld.
20 En die families van die kinders van Kehat, die
Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur
die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;
21 en hulle het aan hulle gegee: die stad van
ontvlugting vir hom wat ’n doodslaan begaan het: Sigem met haar weiveld op die
gebergte van Efraim, en Geser met haar weiveld,
22 en Kibsáim met haar weiveld, en Bet-Horon met haar
weiveld: vier stede.
23 En uit die stam van Dan: El-Tekeh met haar
weiveld, Gíbbeton met haar weiveld,
24 Ajalon met haar weiveld, Gat-Rimmon met haar
weiveld: vier stede.
25 En uit die helfte van die stam van Manasse:
Táänag met haar weiveld, en Gat-Rimmon met haar weiveld: twee stede;
26 alles saam tien stede met hulle weiveld vir die
families van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.
27 En aan die kinders van Gerson uit die families
van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die stad van ontvlugting vir
hom wat doodgeslaan het: Golan in Basan met haar weiveld, en Beëstéra met haar
weiveld: twee stede.
28 En uit die stam van Issaskar: Kisjon met haar
weiveld, en Daberat met haar weiveld,
29 Jarmut met haar weiveld, En-Gannim met haar
weiveld: vier stede.
30 En uit die stam van Aser: Miseal met haar
weiveld, Abdon met haar weiveld,
31 Helkat met haar weiveld, en Rehob met haar
weiveld: vier stede.
32 En uit die stam van Náftali, die vrystad vir
hom wat doodgeslaan het: Kedes in Galiléa met haar weiveld, en Hammot-Dor met
haar weiveld, en Kartan met haar weiveld: drie stede;
33 al die stede van die Gersoniete, volgens hulle
families, was dertien stede met hulle weiveld.
34 En aan die families van die kinders van Merári,
die Leviete wat nog oor was - uit die stam van Sébulon: Jókneam met haar
weiveld, Karta met haar weiveld,
35 Dimna met haar weiveld, Náhalal met haar
weiveld: vier stede.
36 En uit die stam van Ruben: Betser met haar
weiveld, en Jahas met haar weiveld,
37 Kedémot met haar weiveld, en Mefáät met haar
weiveld: vier stede.
38 En uit die stam van Gad, die stad vir
ontvlugting vir hom wat doodgeslaan het: Ramot in Gílead met haar weiveld, en
Mahanáim met haar weiveld,
39 Hesbon met haar weiveld, Jaéser met haar
weiveld: alles saam vier stede.
40 Al die stede was vir die kinders van Merári,
volgens hulle families wat nog oor was uit die families van die Leviete; en
hulle lot was twaalf stede.
41 Al die stede van die Leviete, tussen die
besitting van die kinders van JisraEl in, was agt-en-veertig stede met hulle
weiveld.
42 Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle
weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.
43 So het JaHWeH dan die Aarde aan JisraEl gegee
wat Hy hulle vaders met ’n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het haar in
besit geneem en in haar gaan woon.
44 En JaHWeH het hulle aan alle kante rus gegee
net soos Hy hulle vaders met ’n eed beloof het; en niemand van al hul vyande
het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het JaHWeH in hulle hand gegee.
45 Geen suiwer woord wat die Woord van JaHWeH met
die huis van JisraEl gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.
22 TOE het JeHôWshua die Rubeniete en die Gadiete en
die halwe stam van Manasse laat roep
2 en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat
Moshè, die kneg van JaHWeH, julle beveel het, en julle het na my geluister in
alles wat ek julle beveel het.
3 Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie
- dit is nou baie dae al tot vandag toe - en het die ordening van die Gebooie
van JaHWeH julle Elohey onderhou.
4 Maar nou het JaHWeH julle Elohey jul broers rus
gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na
die Aarde van julle besitting wat Moshè, die kneg van JaHWeH, julle oorkant die
Jordaan gegee het.
5 Neem net noukeurig in ag die onderhouding van
die Gebooie en die Wet wat Moshè, die kneg van JaHWeH, julle beveel het, om
JaHWeH julle Elohey lief te hê en in al Sy Weë te wandel en Sy Gebooie te
onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle
hele siel.
6 So het JeHôWshua hulle dan geseën en hulle laat
gaan; en hulle het getrek na hul tente toe.
7 Maar aan die een helfte van die stam van Manasse
het Moshè in Basan [’n erfdeel] gegee, en aan die ander helfte daarvan het
JeHôWshua [’n deel] gegee saam met hulle broers, duskant die Jordaan in die
weste. En toe JeHôWshua hulle laat gaan het na hul tente, het hy hulle ook
geseën
8 en met hulle gespreek en gesê: Gaan terug na
julle tente met groot rykdomme en ’n menigte van vee, met silwer en goud en
koper en yster en baie klere; deel die buit van julle vyande saam met julle
broers.
9 So het die kinders van Ruben en die kinders van
Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van
die kinders van JisraEl af, uit Silo wat in die Aarde van Kanaän lê, om te gaan
na die Aarde van Gílead, na die Aarde van hulle besitting waar hulle in haar,
op die Bevel van JaHWeH deur die hand van Moshè, vaste besittings verkry het.
10 Toe hulle kom by die klipkrale van die Jordaan,
wat in die Aarde van Kanaän lê, het die kinders van Ruben en die kinders van
Gad en die halwe stam van Manasse daar ’n altaar gebou by die Jordaan, ’n
altaar groot van aansien.
11 Maar toe die kinders van JisraEl hoor sê: Kyk,
die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse het
die altaar gebou teenoor die Aarde van Kanaän, by die klipkrale van die
Jordaan, aan die kant van die kinders van JisraEl -
12 toe die kinders van JisraEl dit hoor, het die
hele vergadering van die kinders van JisraEl bymekaargekom in Silo om op
kommando teen hulle op te trek.
13 En die kinders van JisraEl het Pínehas, die
seun van El-Azar, die priester, na die kinders van Ruben en die kinders van Gad
en die halwe stam van Manasse, na die Aarde van Gílead gestuur,
14 en tien hoofde - een hoof vir elke huis van die
vaders van al die stamme van JisraEl; en hulle was elkeen ’n hoof van die huis
van hul vaders oor die duisende van JisraEl.
15 Toe hulle by die kinders van Ruben en die
kinders van Gad en die halwe stam van Manasse in die Aarde van Gílead kom, het
hulle met hulle gespreek en gesê:
16 So sê die hele vergadering van JaHWeH: Wat is
dit vir ’n verraderlike daad wat julle begaan teen die Elohey van JisraEl, dat
julle vandag van JaHWeH afvallig word deur vir julle ’n altaar te bou, deur
vandag teen JaHWeH te rebelleer?
17 Is die ongeregtigheid in verband met Peor vir
ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe nog nie gesuiwer is nie -
toe die plaag oor die vergadering van JaHWeH gekom het?
18 En julle wil vandag van JaHWeH afvallig word!
As julle dan vandag rebelleer teen JaHWeH, sal Hy môre woedend word met die
hele vergadering van JisraEl.
19 As die Aarde van julle besitting egter besoedel
is, trek dan oor na die Aarde wat JaHWeH besit waar die Tabernakel van JaHWeH
gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom rebelleer nie teen
JaHWeH nie, en moenie teen ons rebelleer deur vir julle ’n altaar te bou naas die
altaar van JaHWeH onse Elohey nie.
20 Toe Agan, die seun van Serag, hom vergryp het
aan die bangoed, het daar nie ’n Woede oor die hele vergadering van JisraEl
gekom nie? En hy self het nie alleen weens sy ongeregtigheid omgekom nie.
21 Daarop het die kinders van Ruben en die kinders
van Gad en die halwe stam van Manasse geantwoord en aan die stamhoofde van
JisraEl gesê:
22 El van die Elohim, JaHWeH, El van die Elohim,
JaHWeH – Hy weet en JisraEl ken Hy: As dit deur opstand, of ontrou, teen JaHWeH
is – verlos ons nie vandag nie
23 dat ons ’n altaar vir ons gebou het om van
JaHWeH afvallig te word; en as dit is om daarop ’n brandoffer en spysbydrae te
bring of om daarop ’n slagdier vir ‘n vergoeding te berei, mag JaHWeH dit self
wreek.
24 Maar waarlik, ons het dit uit ’n sekere
besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek
en sê: Wat het julle te doen met JaHWeH, die Elohey van JisraEl?
25 JaHWeH het tog tussen ons en julle, kinders van
Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan
JaHWeH nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders ophou om JaHWeH te
vrees.
26 Daarom het ons gesê: Laat ons tog dit doen en
vir ons die altaar bou, nie vir brandoffer en nie vir slagdier nie,
27 maar dat dit ’n getuie kan wees tussen ons en
julle en ons geslagte ná ons dat ons die diens van JaHWeH sal waarneem voor Sy
Aangesig met ons brandoffers en ons slagdiere en ons vergoeding, sodat julle
kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan JaHWeH nie.
28 En ons het gedink: As hulle dit later aan ons
en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die ooreenstemming van die altaar
van JaHWeH wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagdier
nie, maar ’n getuienis is hy tussen ons en julle.
29 Dit is ver van ons dat ons sou rebelleer teen
JaHWeH en vandag afvallig sou word van JaHWeH deur ’n altaar te bou vir
brandoffer, spysbydrae en slagdier naas die altaar van JaHWeH onse Elohey wat
voor die aangesig van Sy Tabernakel staan.
30 Toe Pínehas, die priester, en die owerstes van
die vergadering, die stamhoofde van JisraEl wat saam met hom was, die woorde
hoor wat die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van
Manasse gespreek het, was dit goed in hulle oë.
31 Toe sê Pínehas, die seun van El-Azar, die
priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van
Manasse: Vandag weet ons dat JaHWeH in ons midde is, omdat julle hierdie
verraad teen JaHWeH nie begaan het nie; nou het julle die kinders van JisraEl
gered uit die Hand van JaHWeH.
32 Daarop het Pínehas, die seun van El-Azar, die
priester, en die owerstes teruggekeer van die kinders van Ruben en die kinders
van Gad, uit die Aarde van Gílead na die Aarde van Kanaän, na die kinders van
JisraEl, en hulle ’n antwoord gebring.
33 En die antwoord was goed in die oë van die
kinders van JisraEl, en die kinders van JisraEl het Elohim geprys; en hulle het
daar nie meer van gespreek om teen hulle op kommando te trek, om die Aarde waar
die kinders van Ruben en die kinders van Gad in haar gewoon het, te verwoes
nie.
34 En die kinders van Ruben en die kinders van Gad
het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat JaHWeH, die Elohim is.
23 ‘N GERUIME tyd daarna, nadat JaHWeH aan JisraEl
rus gegee het van al sy vyande rondom, en JeHôWshua oud [en] ver op sy dae was,
2 het JeHôWshua die hele JisraEl laat roep, sy
oudstes en sy hoofde en sy regters en sy opsigters, en vir hulle gesê: Ek is
oud, ek is ver op my dae;
3 en julle het self gesien alles wat JaHWeH julle
Elohey aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want JaHWeH julle
Elohey, Hy het vir julle gestry.
4 Kyk, ek het hierdie nasies wat oorgebly het
neergewerp, as Erfdeel aan julle stamme, van die Jordaan af - al die nasies wat
ek afgesny het - na die Groot See by die ingang van die son.
5 En JaHWeH julle Elohey self sal hulle voor julle
verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle Aarde in besit kan
neem soos JaHWeH julle Elohey julle beloof het.
6 Maar julle moet daar baie vas by staan om
sorgvuldig te doen alles wat geskrywe staan in die Boekrol van die Wet van
Moshè, dat julle van haar nie regs of links van afwyk nie;
7 dat julle nie tussen hierdie nasies kom, wat
tussen julle oorgebly het nie, julle mag ook die naam van hulle gode nie
vermeld en by hulle nie sweer nie, en julle mag hulle nie dien en julle voor
hulle nie neerbuig nie;
8 maar JaHWeH julle Elohey moet julle aanhang soos
julle tot vandag toe gedoen het.
9 JaHWeH tog het groot en magtige nasies voor
julle uit verdrywe; en wat julle betref, niemand het tot vandag toe voor julle
standgehou nie.
10 Een man uit julle het duisend agtervolg; want
JaHWeH julle Elohey, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.
11 Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle
siele, om JaHWeH julle Elohey lief te hê;
12 want as julle ooit mag afwyk en die oorblyfsel
van hierdie nasies aankleef wat nog met julle saam is, en julle met hulle
verswaer en julle met hulle en hulle met julle meng,
13 weet dan verseker dat JaHWeH julle Elohey nie
langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle
’n vangnet en ’n strik wees en ’n angel in julle sye en dorings in julle oë,
totdat julle omkom uit hierdie suiwer Adamah[adamiet se Aarde] wat JaHWeH julle
Elohey aan julle gegee het.
14 En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse
Aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een
woord van al die suiwer woorde wat JaHWeH julle Elohey oor julle gespreek het,
onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan
het onvervuld gebly nie.
15 Maar soos al suiwerheid oor julle gekom het wat
JaHWeH julle Elohey oor julle gespreek het, so sal JaHWeH oor julle al die besoedeling
laat kom, totdat Hy julle verdelg het vanuit die gesuiwerde Adamah[adamiet se
Aarde] wat JaHWeH julle Elohey aan julle gegee het.
16 As julle die Verbond van JaHWeH julle Elohey
wat Hy julle beveel het, oortree en gode van andere gaan dien en julle voor
hulle neerbuig, dan sal die Woede van JaHWeH teen julle ontvlam, en julle sal
gou omkom uit die gesuiwerde Aarde wat Hy aan julle gegee het.
24 DAARNA het JeHôWshua al die stamme van JisraEl
byeen laat kom in Sigem, en hy het die oudstes van JisraEl en sy hoofde en sy
regters en sy opsigters laat roep, en hulle het hul voor die Aangesig van die
Elohim gestel.
2 Toe sê JeHôWshua aan die hele volk: So sê
JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Oorkant die Eufraat het julle vaders van die
begin af gewoon - Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle
het gode van andere gedien.
3 Maar Ek het julle vader Abraham van oorkant die
Eufraat af geneem en hom deur die hele Aarde van Kanaän laat trek en sy
nageslag vermeerder en Isak aan hom gegee;
4 en aan Isak het Ek Jakob en Esau gegee, en aan
Esau het Ek die gebergte Seïr gegee, om haar in besit te neem; maar Jakob en sy
kinders het na Egipte afgetrek.
5 Toe het Ek Moshè en Aäron gestuur en Egipte
getref soos Ek dit daar gedoen het, en daarna het Ek julle uitgelei.
6 Toe Ek julle vaders uit Egipte uitgelei het, het
julle by die see gekom; maar die Egiptenaars het julle vaders agternagejaag met
strydwaens en perderuiters na die Skelfsee toe;
7 maar hulle het JaHWeH aangeroep, en Hy het
duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaars en die see oor hulle laat
kom, sodat dit hulle oordek het, en julle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte
gedoen het. Daarna het julle baie dae in die wildernis gebly.
8 Daarop het Ek julle gebring in die Aarde van die
Amoriete wat oos van die Jordaan gewoon het, en hulle het teen julle geveg;
maar Ek het hulle in julle hand gegee, sodat julle hul Aarde in besit geneem
het, en Ek het hulle voor julle uit verdelg.
9 Toe het Balak, die seun van Sippor, die koning
van Moab, hom klaargemaak en teen JisraEl geveg; en hy het gestuur om Bileam,
die seun van Beor, te roep om julle te vervloek;
10 maar Ek wou nie na Bíleam luister nie, sodat hy
julle net geseën het; en Ek het julle uit sy hand gered.
11 Toe julle die Jordaan deurgetrek en by Jérigo
gekom het, het die burgers van Jérigo, die Amoriete en Feresiete en Kanaäniete
en Hetiete en Girgasiete, die Hewiete en Jebusiete teen julle geveg; maar Ek
het hulle in julle hand gegee
12 en perdebye voor julle uit gestuur, wat hulle
voor julle uit verdryf het, - die twee konings van die Amoriete - nie deur jou
swaard en nie deur jou boog nie.
13 So het Ek julle dan ’n Aarde gegee waar julle
nie aan gearbei en stede wat julle nie gebou het nie, dat julle in haar kan
woon; wingerde en olyfbome wat julle nie geplant het nie, daar eet julle van.
14 Vrees dan nou JaHWeH en dien Hom in
Rassuiwerheid en in Waarheid, en keer weg van die gode wat julle vaders gedien
het oorkant die riviere en in Egipte, en dien JaHWeH.
15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om JaHWeH
te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: of die gode wat julle
vaders daar oorkant die riviere gedien het, of die gode van die Amoriete in wie
se Aarde julle woon; maar ek en my huis, ons sal JaHWeH dien.
16 Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van
ons, dat ons JaHWeH sou verlaat om gode van andere te dien;
17 want JaHWeH onse Elohey, dit is Hy wat ons en
ons vaders uit die Aarde van Egipte uit die slawehuis laat optrek het, en wat
voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad
wat ons in haar gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het;
18 en JaHWeH het al die volke en die Amoriet, die
inwoner van die Aarde, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal JaHWeH dien, want Hy
is onse Elohey.
19 Maar JeHôWshua het vir die volk gesê: Julle is
nie instaat om JaHWeH te dien nie, want Hy is ’n Elohim van apartes, Hy is ’n
jaloerse El; Hy sal julle opstandigheid en oortredinge nie vergewe nie.
20 As julle JaHWeH verlaat en ‘n vreemde god dien,
sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed
gedoen het.
21 Toe sê die volk vir JeHôWshua: Nee, maar ons
sal JaHWeH dien.
22 Daarop sê JeHôWshua aan die volk: Julle is
getuies teen julleself dat julle vir julleself JaHWeH gekies het om Hom te
dien. En hulle sê: Ons is getuies.
23 Verwyder dan nou die gode van die uitlander wat
in julle midde is, en neig julle hart tot JaHWeH, die Elohey van JisraEl.
24 Daarop sê die volk aan JeHôWshua: Ons sal
JaHWeH onse Elohey dien en na Sy Stem luister.
25 En op dié dag het JeHôWshua met die volk ’n
verbond gesluit en vir hulle ’n Insetting en ’n Reg vasgestel in Sigem.
26 En JeHôWshua het hierdie woorde in die Boekrol
van die Wet van Elohim geskrywe en ’n groot klip geneem en dié daar opgerig
onder die eikeboom wat by die Apartheidsplek van JaHWeH is.
27 Toe sê JeHôWshua aan die hele volk: Kyk,
hierdie klip sal ’n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van JaHWeH
gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal ’n getuie teen julle wees, sodat
julle jul Elohey nie verloën nie.
28 Toe het JeHôWshua die volk laat gaan, elkeen na
sy erfdeel toe.
29 En na hierdie dinge het JeHôWshua, die seun van
Nun, die kneg van JaHWeH, gesterwe, honderd-en-tien jaar oud.
30 En hulle het hom begrawe op die grondgebied van
sy erfdeel in Timnat-Serag wat op die gebergte van Efraim lê, noord van die
berg Gaäs.
31 En JisraEl het JaHWeH gedien al die dae van
JeHôWshua en al die dae van die oudstes wat lank na JeHôWshua nog in die lewe
was en met al die werke van JaHWeH bekend was
wat Hy vir JisraEl gedoen het.
32 Ook die gebeente van JôWsef wat die kinders van
JisraEl uit Egipte saamgebring het, het hulle begrawe in Sigem, op die stuk
grond wat Jakob van die kinders van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd
geldstukke gekoop het, en wat die kinders van JôWsef as erfdeel ontvang het.
33 En toe El-Azar, die seun van Aäron, gesterf
het, het hulle hom begrawe op die heuwel van sy seun Pínehas wat aan hom gegee
was op die gebergte Efraim.
1 EN ná die dood van JeHôWshua het die kinders van
JisraEl JaHWeH geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die
Kanaäniete om teen hulle te veg?
2 En JaHWeH het gesê: JeHûWdah moet optrek. Kyk,
Ek gee die Aarde in sy hand.
3 Toe sê JeHûWdah aan sy broer Símeon: Trek saam
met my op in my aandeel, dat ons die Kanaäniete kan beveg, dan sal ek ook met
jou saam optrek in jou aandeel. En Símeon het saam met hom getrek;
4 en toe JeHûWdah optrek, het JaHWeH die
Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tienduisend man van
hulle by Besek verslaan het.
5 En hulle het Adóni-Besek aangetref in Besek en
teen hom geveg, en die Kanaäniete en Feresiete verslaan.
6 En toe Adóni-Besek wegvlug, het hulle hom
agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap.
7 Daarop sê Adóni-Besek: Sewentig konings met
afgekapte duime en groottone het onder my tafel [krummels] opgetel: soos ek
gedoen het, so het Elohim my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en
daar het hy gesterwe.
8 En die kinders van JeHûWdah het teen Jerusalem
geveg en haar ingeneem en haar met die skerpte van die swaard verslaan en die
stad aan die brand gesteek.
9 En daarna het die kinders van JeHûWdah afgetrek
om te veg teen die Kanaäniete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die
Laeveld gewoon het.
10 JeHûWdah het dan teen die Kanaäniete uitgetrek,
die inwoners van Hebron - maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba - en
hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan.
11 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die
inwoners van Debir - maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.
12 En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan
en haar inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.
13 Daarop het OtniEl, die seun van Kenas, die
jonger broer van Kaleb, haar ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou
gegee.
14 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van
haar vader ’n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir
haar: Wat wil jy hê?
15 En sy sê vir hom: Gee my tog ’n geskenk; omdat
u my na ’n dor Aarde versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb
haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.
16 En die kinders van die Keniet, die swaer van
Moshè, het saam met die kinders van JeHûWdah opgetrek uit die Palmstad na die
wildernis van JeHûWdah wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en
met die volk saamgewoon.
17 En JeHûWdah het saam met sy broer Símeon
getrek, en hulle het die Kanaäniete verslaan wat in Sefat gewoon het en haar
met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.
18 En JeHûWdah het Gasa met haar grondgebied en
Askelon met haar grondgebied en Ekron met haar grondgebied ingeneem.
19 En JaHWeH was met JeHûWdah, sodat hy die
gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie
verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.
20 En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moshè
gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.
21 En die kinders van Benjamin het die Jebusiete,
die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die
kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.
22 En die huis van JôWsef, hulle het ook opgetrek
na BetEl, en JaHWeH was met hulle.
23 En toe die huis van JôWsef BetEl laat bespied -
maar die naam van die stad was tevore Lus -
24 sien die spioene ’n man uit die stad uitkom, en
hulle sê vir hom: Wys ons tog ’n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou
medelye betoon.
25 Hy wys hulle toe ’n plek om in die stad in te
kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die
man en sy hele familie het hulle laat gaan.
26 En die man het weggetrek na die Aarde van die
Hetiete, en hy het ’n stad gebou en haar Lus genoem; dit is haar naam tot
vandag toe.
27 En Manasse het Bet-Sean met haar onderhorige
plekke en Táänag met haar onderhorige plekke en die inwoners van Dor met haar
onderhorige plekke en die inwoners van Jíbleam met haar onderhorige plekke en
die inwoners van Megíddo met haar onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die
Kanaäniete het verkies om in hierdie Aarde te bly woon.
28 Maar toe JisraEl sterk word, het hy die
Kanaäniete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.
29 En Efraim het die Kanaäniete, die inwoners van
Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon
het.
30 Sébulon het die inwoners van Kitron en die
inwoners van Náhalol nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde bly
woon het; maar hulle het dienspligtig geword.
31 Aser het die inwoners van Akko en die inwoners
van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;
32 sodat die Aseriete bly woon het onder die
Kanaäniete, die bevolking van die Aarde, want hulle het hulle nie verdrywe nie.
33 Náftali het die inwoners van Bet-Semes en die
inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die
Kanaäniete, die bevolking van die Aarde; maar die inwoners van Bet-Semes en
Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword.
34 En die Amoriete het die kinders van Dan die
gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom
nie,
35 sodat die Amoriete verkies het om te bly woon
in Har-Heres, in Ajalon en in Sáälbim; maar die hand van die huis van JôWsef
was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.
36 En die grens van die Amoriete was van
Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op.
2 TOE trek die Boodskapper van JaHWeH van Gilgal op
na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die
Aarde wat Ek julle vaders met ’n eed beloof het, en gesê: Ek sal My Verbond met
julle in ewigheid nie verbreek nie;
2 maar julle mag geen verbond met die inwoners van
hierdie Aarde maak nie; hulle altare moet julle omgooi. Maar julle het nie na
My Stem geluister nie. Wat het julle nou gedoen?
3 So sê Ek dan ook: Ek sal hulle nie voor julle
uit verdrywe nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees, en hulle gode ’n strik
vir julle.
4 En terwyl die Boodskapper van JaHWeH met hierdie
woorde al die kinders van JisraEl toespreek, het die volk hulle stem verhef en
geween;
5 en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan
JaHWeH geslag.
6 Daarna het JeHôWshua die volk laat gaan, en die
kinders van JisraEl het elkeen na sy erfdeel getrek om die Aarde in besit te
neem.
7 En die volk het JaHWeH gedien al die dae van
JeHôWshua en al die dae van die oudstes wat ná JeHôWshua nog in die lewe was,
en al die groot werke van JaHWeH gesien het wat Hy vir JisraEl gedoen het.
8 Maar JeHôWshua, die seun van Nun, die kneg van
JaHWeH, het gesterwe, honderd-en-tien jaar oud;
9 en hulle het hom begrawe op die gebied van sy
erfdeel in Timnat-Heres, op die gebergte van Efraim, noord van die berg Gaäs.
10 En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders
versamel is, staan daar ’n ander geslag ná hulle op wat JaHWeH en ook die werk
wat Hy vir JisraEl gedoen het, nie geken het nie.
11 En die kinders van JisraEl het gedoen wat
besoedel was in die Oë van JaHWeH: hulle het die Here (Baäl) gedien
12 en JaHWeH, die Elohey van hulle vaders, verlaat
wat hulle uit die Aarde van Egipte uitgelei het, en hulle het agter gode van
andere, uit die gode van die volke aan geloop wat rondom hulle was, en voor
hulle neergebuig en hulle het JaHWeH woedend maak.
13 Maar toe hulle JaHWeH verlaat en die Here
(Baäl) en vir Ashtarowth dien,
14 het die Woede van JaHWeH teen JisraEl ontvlam,
en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het
hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon
standhou voor die aangesig van hulle vyande nie.
15 Waarheen hulle ook al uittrek, was die Hand van
JaHWeH teen hulle ten besoedeling, soos JaHWeH gespreek en soos JaHWeH vir
hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
16 verwek JaHWeH rigters wat hulle verlos uit die
hand van hulle berowers.
17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie
geluister nie, maar agter gode van andere aan gehoereer en voor hulle
neergebuig; gou het hulle afgewyk van die Weg wat hulle vaders bewandel het in
gehoorsaamheid aan die Gebooie van JaHWeH: so het hulle nie gedoen nie.
18 En wanneer JaHWeH vir hulle Rigters verwek, was
JaHWeH met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae
van die rigter, omdat JaHWeH Medelye gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle
verdrukkers en hulle verdringers.
19 Maar wanneer die rigter dood was, het hulle nog
erger as hulle vaders gehandel deur agter gode van andere aan te loop, om hulle
te dien en voor hulle neer te buig: hulle het niks laat vaar van hulle
handelinge en van hulle hardnekkige wandel nie.
20 Daarom het die Woede van JaHWeH teen JisraEl
ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie My Verbond wat Ek hulle vaders
beveel het, oortree en na My Stem nie luister nie,
21 sal Ek ook verder geeneen van die nasies wat
JeHôWshua by sy dood laat oorbly het, voor hulle uit verdrywe nie -
22 om JisraEl deur hulle op die proef te stel, of
hulle die Weg van JaHWeH sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit
gehou het, of nie.
23 Daarom het JaHWeH daardie nasies laat oorbly
sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van JeHôWshua
gegee nie.
3 EN dit is die nasies wat JaHWeH laat oorbly het
om JisraEl, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op
die proef te stel -
2 net dat die geslagte van die kinders van JisraEl
dit kan weet - om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie
van geweet het nie:
3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete
en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte Libanon gewoon het, van die berg
Baäl-Hermon af tot by die ingang na Hamat.
4 Hulle was dan daar om deur hulle vir JisraEl op
die proef te stel; om te weet of hulle na die Gebooie van JaHWeH wat Hy hulle
vaders deur die hand van Moshè beveel het, sou luister.
5 SO het die kinders van JisraEl dan onder die
Kanaäniete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,
6 en húl dogters vir hulle as vroue geneem en
hulle eie dogters aan húl seuns gegee en hul gode gedien.
7 En die kinders van JisraEl het gedoen wat
besoedel was in die Oë van JaHWeH en JaHWeH hulle Elohey vergeet en die Here
(Baäl) en die Houtkruise gedien.
8 Daarop het die Woede van JaHWeH teen JisraEl
ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van
Meso-potámië, en die kinders van JisraEl het Kusan Risatáim agt jaar lank
gedien.
9 Maar toe die kinders van JisraEl JaHWeH aanroep,
het JaHWeH ’n verlosser vir die kinders van JisraEl verwek, wat hulle verlos
het: OtniEl, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.
10 En die Gees van JaHWeH het op hom gekom, en hy
het JisraEl gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en JaHWeH het Kusan Risatáim,
die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim
gekry het.
11 Toe kry die Aarde rus veertig jaar lank. En
OtniEl, die seun van Kenas, het gesterwe.
12 EN die kinders van JisraEl het weer gedoen wat
besoedel was in die Oë van JaHWeH. Toe maak JaHWeH Eglon, die koning van Moab,
sterk teen JisraEl, omdat hulle gedoen het wat besoedel was in die Oë van
JaHWeH;
13 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en
Amalek. Daarop het hy weggetrek en JisraEl verslaan, en hulle het die Palmstad
in besit geneem.
14 En die kinders van JisraEl het Eglon, die
koning van Moab, agttien jaar lank gedien.
15 Maar toe die kinders van JisraEl JaHWeH
aanroep, het JaHWeH vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die
Benjaminiet, ’n man wat linkshandig was. En deur sy hand het die kinders van
JisraEl ‘n geskenk aan Eglon gebring, die koning van Moab.
16 En Ehud het vir hom ’n swaard gemaak, aan twee
kante skerp, ‘n half voorarm(gomed) haar lengte, en haar onder sy klere aan sy
regterheup vasgegord;
17 en hy het die geskenk aan Eglon, die koning van
Moab, nadergebring; en Eglon was ’n baie vet man.
18 En toe hy die geskenk afgelewer het, stuur hy
die genote wat die geskenk gedra het, weg;
19 maar hy self het omgedraai by die gesnede
beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het ’n geheime opdrag aan u, o koning!
Dié sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan
buitentoe.
20 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel
bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het ’n Woord van Elohim aan u! En toe hy van sy stoel af
opstaan,
21 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard
van sy regterheup af en steek haar in sy buik,
22 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het
in die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem
toegesluit en by die wond uitgepeul het.
23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het
die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.
24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en
toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy
is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.
25 En hulle het gewag totdat hulle verleë was;
maar - hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die
sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle meester daar dood op die Aarde!
26 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en
die gesnede beelde verbygegaan en na Seïra ontsnap.
27 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op
die gebergte van Efraim, en die kinders van JisraEl het saam met hom van die
gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.
28 Toe sê hy vir hulle: Volg my, want JaHWeH gee
julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek
en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om
deur te gaan nie.
29 En hulle het in dié tyd van Moab omtrent
tienduisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand
het vrygekom nie.
30 So moes Moab dan dié dag buig onder die hand
van JisraEl; en die Aarde het tagtig jaar lank gerus.
31 Toe kom ná hom Samgar, die seun van Anat, wat
van die Filistyne seshonderd man met ’n osdrywerstok verslaan het; en ook hy
het JisraEl verlos.
4 MAAR ná die dood van Ehud het die kinders van
JisraEl weer gedoen wat besoedel was in die Oë van JaHWeH.
2 Daarom het JaHWeH hulle verkoop in die hand van
Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera,
’n inwoner van Haróset van die nasies.
3 En die kinders van JisraEl het JaHWeH aangeroep;
want hy het negehonderd ysterwaens gehad en die kinders van JisraEl twintig
jaar lank swaar verdruk.
4 En Debóra, ’n profetes, die vrou van Láppidot,
het in dié tyd JisraEl gerig;
5 en sy het gesit onder die palm van Debóra,
tussen Rama en BetEl, op die gebergte van Efraim; en die kinders van JisraEl
het na haar opgegaan vir Regspraak.
6 Toe laat sy Barak, die seun van Abinóam, uit
Kedes in Náftali, roep en sê vir hom: Het JaHWeH, die Elohey van JisraEl, nie
bevel gegee nie: Gaan, trek na die berg Tabor, en neem tienduisend man van die
kinders van Náftali en van die kinders van Sébulon met jou saam?
7 dan sal Ek Sísera, die leërowerste van Jabin,
met sy strydwaens en sy menigte na jou, na die spruit Kison trek, en Ek sal hom
in jou hand gee.
8 Maar Barak sê vir haar: As u met my saamtrek,
sal ek gaan; maar as u nie met my saamtrek nie, gaan ek nie.
9 Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek,
maar die eer sal nie joune wees op die pad wat jy sal gaan nie; want JaHWeH sal
Sísera in die hand van ’n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met
Barak na Kedes getrek.
10 Daarop het Barak Sébulon en Náftali
bymekaargeroep na Kedes toe, en tienduisend man het op sy voetspore opgetrek,
en Debóra het saam met hom opgetrek.
11 En Heber, die Keniet, het hom afgeskei van
Kain, van die kinders van Hobab, die swaer van Moshè, en het sy tente opgeslaan
tot by die terpentynboom by Saänáim, naby Kedes.
12 En toe hulle aan Sísera berig bring dat Barak,
die seun van Abinóam, na die berg Tabor opgetrek het,
13 het Sísera al sy strydwaens, negehonderd
ysterwaens, en al die manskappe wat by hom was, uit Haróset van die nasies na
die spruit Kison bymekaargeroep.
14 Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar,
want dit is die dag waarop JaHWeH Sísera in jou hand gee. Trek JaHWeH nie voor
jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tienduisend man agter hom
aan.
15 En JaHWeH het Sísera met al die waens en die
hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor die
aangesig van Barak uit, en Sísera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug.
16 Maar Barak het die waens en die leër
agternagejaag tot by Haróset van die nasies, en die hele leër van Sísera het
deur die skerpte van die swaard geval; daar het selfs nie een oorgebly nie.
17 Toe vlug Sísera te voet na die tent van Jael,
die vrou van Heber, die Keniet; want daar was vrede tussen Jabin, die koning
van Hasor, en die huis van Heber, die Keniet.
18 En Jael het uitgegaan Sísera tegemoet en vir
hom gesê: Draai uit, my meester, draai uit na my! Moenie bang wees nie! En hy
het na haar uitgedraai, na die tent, en sy het hom met ’n kombers toegemaak.
19 Daarop sê hy vir haar: Gee my tog ’n bietjie
water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom
[daaruit] drink en maak hom weer toe.
20 En hy sê vir haar: Gaan staan by die tentdeur,
en as iemand kom en jou vra en sê: Is hier iemand? antwoord dan: Nee.
21 Toe neem Jael, die vrou van Heber, ’n tentpen
en vat die hamer in haar hand en gaan stilletjies na hom en dryf die pen terwyl
hy vas aan die slaap was dwarsdeur die slaap van sy hoof, sodat dit in die
Aarde indring. So het hy dan bewusteloos geword en gesterwe.
22 En kyk, terwyl Barak Sísera agtervolg, gaan
Jael uit hom tegemoet en sê vir hom: Kom, en ek sal u die man wys wat u soek;
en toe hy by haar inkom, lê Sísera daar dood, met die pen deur die slaap van sy
hoof!
23 So het Elohim dan op dié dag Jabin, die koning
van Kanaän, voor die aangesig van die kinders van JisraEl onderwerp.
24 En die hand van die kinders van JisraEl het al
swaarder gaan druk op Jabin, die koning van Kanaän, totdat hulle Jabin, die
koning van Kanaän, uitgeroei het.
5 OP dié dag het Debóra en Barak, die seun van
Abinóam, gesing en gesê:
2 Buig voor die Aangesig van JaHWeH, omdat Hy
JisraEl vrygemaak het deur Sy Leierskap, nadat die volk hulself gewillig getoon
het.
3 Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer
van JaHWeH wil ek sing, tot eer van JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wil ek
musiek maak.
4 JaHWeH, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U
voortgestap het uit die veld van Edom, het die Aarde gebeef, ook het die Hemele
gedrup, ook het die wolke water gedrup.
5 Berge het gewankel voor die Aangesig van JaHWeH
uit, hierdie Sinai voor die Aangesig van JaHWeH, die Elohey van JisraEl.
6 In die dae van Samgar, die seun van Anat, in die
dae van Jael, was die paaie verlate, en die reisigers het langs sypaaie gegaan.
7 Leiers het ontbreek in JisraEl, ontbreek; totdat
ek, Debóra, opgestaan het, ek, ’n moeder in JisraEl, opgestaan het.
8 Kies hulle nuwe gode, dan is daar oorlog in die
poorte; was daar skild of spies te sien onder veertigduisend in JisraEl?
9 My hart is vir die aanvoerders van JisraEl wat
hulle gewillig betoon het onder die volk - prys JaHWeH!
10 Julle wat op wit eselinne ry, wat op tapyte
sit, wandelaars langs die Paaie, dink na!
11 Vanweë die stem van die boogskutters tussen die
drinkplekke, besing hulle daar die Dade van Geregtigheid van JaHWeH, die
Geregtigheid van Sy inwoners in JisraEl. Toe het die volk van JaHWeH afgetrek
na die poorte toe.
12 Word wakker, word wakker, Debóra! Word wakker,
word wakker, hef ’n lied aan! Staan op, Barak! en voer jou gevangenes weg, seun
van Abinóam!
13 Hy het die oorblyfsel oor die vernames laat
heers van die volk, toe het JaHWeH vir my laat heers oor die magtiges.
14 Uit Efraim, die wat hulle wortel in Amalek het;
Benjamin, agter jou aan onder jou manskappe; uit Magir trek die aanvoerders af,
en uit Sébulon die wat met die nommerstaf uittrek;
15 en vorste in Issaskar met Debóra saam; en
Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings
van Ruben was die voornemens van die hart groot.
16 Waarom het jy tussen die veekrale bly sit en
luister na die fluitspel by die troppe vee? In die afdelings van Ruben was die
voornemens van die hart groot.
17 Gílead het rustig oorkant die Jordaan gebly; en
Dan, waarom vertoef hy by die skepe? Aser het bly sit aan die seekus en aan sy
baaie rustig gebly.
18 Sébulon is ’n volk wat sy siel gering ag tot
die Dood toe; ook Náftali op die hoogtes van die land.
19 Konings het gekom, geveg; toe het die konings
van Kanaàn geveg by Táänag, by die waters van Megíddo - hulle het geen wins van
silwer geneem nie.
20 Uit die Hemele het die Sterre/Prinse geveg,
vanuit hulle bane het hulle teen Sísera geveg;
21 die spruit Kison het hulle afgedrywe, die
spruit van ontmoeting, die spruit Kison! Tree op, my siel, met mag!
22 Toe het die perdepote geklap van die gejaag, die
gejaag van hulle geweldiges.
23 Vloek Meros, sê die Boodskapper van JaHWeH; ja,
vervloek haar inwoners, omdat hulle JaHWeH nie tot hulp gekom het nie, JaHWeH
tot hulp onder die dapperes.
24 Mag bo die vroue geseënd wees Jael, die vrou
van Heber, die Keniet; geseënd wees bo die vroue in die tent!
25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in ’n
sierlike skottel het sy dikmelk nadergebring.
26 Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar
regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en
verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.
27 Tussen haar voete sak hy inmekaar, val, lê
daar! Tussen haar voete sak hy inmekaar, val; waar hy inmekaarsak, daar lê hy -
morsdood.
28 Deur die venster kyk die moeder van Sísera uit,
en sy roep deur die venstertralie: Waarom vertoef sy wa om te kom? Waarom is sy
wa so traag om te kom?
29 Die skranderste van haar vorstinne antwoord
haar, ja, sy self antwoord op haar woorde:
30 Hulle het seker buit gevind [en] verdeel dit:
een slavin, twee slavinne vir elke krygsman; ’n buit van bont klere vir Sísera,
’n buit van bont klere, veelkleurige; ’n bont doek, twee veelkleuriges as buit
vir my hals.
31 So moet al U vyande, JaHWeH, omkom! Maar die
wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die Aarde het
veertig jaar lank gerus.
6 MAAR toe die kinders van JisraEl gedoen het wat
besoedel was in die Oë van JaHWeH, het JaHWeH hulle oorgegee in die hand van
die Midianiete, sewe jaar lank.
2 En die Midianiete het die oorhand oor JisraEl
gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van JisraEl vir hulle die slote
gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings.
3 Want as JisraEl gesaai het, dan trek die
Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle
op:
4 slaan laers teen hulle op en verwoes die
opbrengs van die Aarde in die rigting na Gasa, en hulle laat geen
lewensmiddele, geen skaap of bees of esel in JisraEl oorbly nie.
5 Want hulle het met hul vee en hul tente opgetrek
en gekom soos sprinkane in menigte, terwyl hulle en hul kamele ontelbaar was;
so het hulle dan die Aarde ingekom om haar te verwoes.
6 En JisraEl het deur die Midianiete baie arm
geword, maar die kinders van JisraEl het JaHWeH aangeroep.
7 En toe die kinders van JisraEl JaHWeH aanroep
vanweë die Midianiete,
8 het JaHWeH ’n profeet na die kinders van JisraEl
gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl:
Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei
9 en julle gered uit die hand van die Egiptenaars
en uit die hand van al julle verdrukkers en hulle voor julle uit verdrywe en
hulle Aarde aan julle gegee.
10 En Ek het aan julle gesê: Ek - JaHWeH julle
Elohey; julle mag die gode van die Amoriete in wie se Aarde julle woon, nie
vrees nie. Maar julle het nie na My Stem geluister nie.
11 Toe het die Boodskapper van JaHWeH gekom en
gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan JôWash, die
Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die
parskuip om haar te beveilig teen die Midianiete.
12 En die Boodskapper van JaHWeH het aan hom
verskyn en vir hom gesê: JaHWeH is met jou, dappere!
13 Toe vra Gídeon Hom: Ag, my Meester, as JaHWeH
met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al Sy
wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het JaHWeH ons nie uit
Egipte laat optrek nie? Maar nou het JaHWeH ons verwerp en ons oorgegee in die
handpalms van die Midianiete.
14 Toe draai JaHWeH na hom toe en sê: Gaan in
hierdie Krag van jou en verlos JisraEl uit die handpalms van die Midianiete. Is
dit nie Ek wat jou stuur nie?
15 Maar hy vra Hom: Ag, my Meester waarmee sou ek
JisraEl verlos? Kyk, my familie – duisende is hulpeloos in Manasse, en ek self
die geringste in my vader se huisgesin.
16 Toe sê JaHWeH vir hom: Ek sal met jou wees,
sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.
17 En hy antwoord Hom: As ek dan Guns in U Oë
gevind het, doen vir my ’n Teken, dat U Hy is wat met my spreek.
18 Verwyder U tog nie hiervandaan voordat ek by U
kom en my spysbydrae uitbring en voor U neersit nie. Hy sê toe: Ek sal bly
totdat jy terugkom.
19 Toe het Gídeon ingegaan en ’n bokkie berei, en
van ’n efa meel ongesuurde koeke; die vleis het hy in ’n mandjie gesit en die
sous in ’n pot gegooi; en hy het haar na Hom uitgebring onder die terpentynboom
en haar naby neergesit.
20 Maar die Boodskapper van die Elohim het vir hom
gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit haar op hierdie rots neer
en gooi die sous [daaroor] uit. En hy het so gedoen.
21 Daarop steek die Boodskapper van JaHWeH die
punt van die Staf wat in Sy hand
was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op
uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die
Boodskapper van JaHWeH verdwyn uit sy oë.
22 Toe Gídeon bemerk dat Hy die Boodskapper van
JaHWeH was, sê Gídeon: Ag, my Meester JaHWeH! want ek het die Boodskapper van
JaHWeH gesien van aangesig tot Aangesig!
23 Maar JaHWeH sê vir hom: Vrede vir jou! Vrees
nie! Jy sal nie sterwe nie.
24 Toe bou Gídeon daar ’n altaar vir JaHWeH en
noem dit: JaHWeH-Shalom! (JaHWeH is Vrede) Dit staan vandag nog daar by Ofra
van die Abiësriete.
25 En in dieselfde nag het JaHWeH vir hom gesê:
Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die
altaar van die Here (Baäl) af wat aan jou vader behoort, en kap die Houtkruis
af wat daar langsaan staan.
26 En bou vir JaHWeH jou Elohey ’n altaar op die
top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring hom
as ’n brandoffer met die hout van die Houtkruis wat jy moet afkap.
27 Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem
en gedoen soos JaHWeH aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy
familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die
nag gedoen.
28 En toe die manne van die stad die môre vroeg
opstaan, lê die altaar van die Here (Baäl) daar omgegooi en die Houtkruis wat
daar langsaan gestaan het, afgekap en die tweede bul opgedra op die altaar wat
daar gebou was!
29 Toe sê hulle, die een vir die ander: Wie het
hierdie ding gedoen? En onderwyl hulle ondersoek en uitvra, sê hulle: Gídeon,
die seun van JôWash, het hierdie ding gedoen!
30 Toe sê die manne van die stad vir JôWash: Bring
jou seun uit, hy moet sterwe, omdat hy die altaar van die Here (Baäl) omgegooi
het, en omdat hy die Houtkruis wat daar langsaan gestaan het, afgekap het.
31 Maar JôWash sê vir almal wat by hom staan: Wil
júlle vir die Here (Baäl) veg? Of wil julle hom help? Die wat vir hom veg, sal
vanmôre nog gedood word. As hy ’n elohim is, laat hy vir homself veg, omdat hy
sy altaar omgegooi het.
32 Daarom het hy hom op dié dag Jerúb-Baäl genoem
en gesê: Laat die Here (Baäl) teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.
33 Toe het al die Midianiete en Amalekiete en die
kinders van die Ooste aanmekaar gesluit en deurgetrek en in die laagte van
JizreEl laer opgeslaan.
34 En die Gees van JaHWeH het Gídeon beklee; en hy
het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.
35 Ook het hy boodskappers gestuur
in die hele Manasse, en dié is ook agter hom aan opgeroep; ook het hy
boodskappers gestuur in Aser en in Sébulon en in Náftali, en hulle het
opgetrek, hulle tegemoet.
36 Toe het Gídeon met die Elohim
gespreek: As U werklik deur my hand JisraEl wil verlos soos U gespreek het -
37 ek sal die wolvlies op die
dorsvloer neerlê: as daar net op die vlies Dou is, terwyl die Aarde oral droog
is, dan sal ek weet dat U deur my hand JisraEl wil verlos soos U gespreek het.
38 En dit was so: toe hy die
volgende môre vroeg opstaan, het hy die vlies uitgewring en die Dou uit die
vlies uitgedruk, ’n kom vol water.
39 Toe het Gídeon met die Elohim
gespreek: Laat U Woede nie teen my ontvlam nie, en laat my net hierdie keer mag
spreek; laat my tog net hierdie keer met die vlies ’n proef neem: laat dit op
die vlies alleen droog wees terwyl daar op die Aarde oral Dou is.
40 En Elohim het daardie nag so
gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die Aarde was daar Dou.
7 DAARNA het Jerúbbaäl, dit is Gídeon, en al die
manskappe wat by hom was, vroeg klaargemaak, en hulle het laer opgeslaan by die
fontein Harod, terwyl die laer van die Midianiete ten noorde van hom was, van
die heuwel Môreh af in die dal.
2 Toe sê JaHWeH vir Gídeon: Die manskappe by jou
is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan JisraEl
hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.
3 Roep dan nou tog uit voor die ore van die
manskappe en sê: Die wat bang is en bewe, kan teruggaan en wegdraai van die
gebergte van Gílead af. Toe het daar van die manskappe twee-en-twintigduisend
omgedraai, en tienduisend het oorgebly.
4 Daarop sê JaHWeH vir Gídeon: Die manskappe is
nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou
uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan - dié mag
met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou
saamgaan nie - dié mag nie gaan nie.
5 Hy bring toe die manskappe af na die water; en
JaHWeH sê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos ’n hond lek,
moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink,
[anderkant].
6 En die aantal van die wat gelek het met hul hand
na hul mond toe, was driehonderd man; en al die ander manskappe het op hulle
knieë vooroor gebuig om water te drink.
7 Toe sê JaHWeH vir Gídeon: Deur die driehonderd
man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar
al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan. [Boekrol van die Opregte 12:41]
8 Daarop neem hulle die padkos van die manskappe
en hulle ramshorings in hul hand; en hy het al die manskappe van JisraEl laat
gaan, elkeen na sy tente toe; maar die driehonderd man het hy agtergehou,
terwyl die laer van die Midianiete onderkant hom in die laagte was.
9 En daardie nag het JaHWeH vir hom gesê: Staan
op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.
10 En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan
saam met jou dienaar Pura af na die laer toe
11 en luister wat hulle praat; en daarna sal jou
hande sterk word, en jy sal in die laer aftrek. Hy gaan toe af saam met sy
dienaar Pura tot by die buitenste lyn van die gewapendes wat in die laer was.
12 En die Midianiete en Amalekiete en al die
kinders van die Ooste het in die laagte gelê soos sprinkane in menigte, en
hulle kamele was ontelbaar soos die sand aan die seestrand in menigte.
13 En toe Gídeon aankom, vertel ’n man aan ’n
ander juis ’n droom en sê: Kyk, ek het ’n droom gehad: Daar rol ’n koek van
garsbrood, draai om in die laer van die Midianiete en kom tot by die tent en
slaan hom dat hy omval en keer hom onderstebo, en toe lê die tent daar!
14 En sy vriend het geantwoord en gesê: Dit is
niks anders nie as die swaard van Gídeon, die seun van JôWash, die man JisraEl;
die Elohim het die Midianiete en die hele laer in sy hand gegee.
15 Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy
uitlegging hoor, het hy neergeval; en hy het teruggekeer na die laer van
JisraEl en gesê: Maak klaar, want JaHWeH gee die laer van die Midianiete in
julle hand.
16 En hy het die driehonderd man verdeel in drie
dele en aan hulle almal ramshorings en leë kruike, met fakkels binne-in die
kruike, in die hand gegee
17 en aan hulle gesê: Kyk na my en maak net so; en
kyk, as ek by die buitenste lyn van die laer kom, dan moet julle maak net soos
ek maak.
18 En as ek en almal wat by my is, op die
ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer,
en julle moet sê: Vir JaHWeH en vir Gídeon!
19 Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom
was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak
toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en
slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.
20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en
breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle
regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van
JaHWeH en van Gídeon!
21 En hulle het bly staan elkeen op sy plek,
rondom die laer. Daarop hardloop die hele laer, en hulle skreeu en vlug.
22 En toe die driehonderd op die ramshorings
blaas, het JaHWeH die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele
laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van
Abel-Mehóla by Tabbat.
23 En die manskappe van JisraEl uit Náftali en uit
Aser en uit die hele Manasse is opgeroep, en hulle het die Midianiete agternagejaag.
24 Ook het Gídeon boodskappers gestuur in die hele
gebergte van Efraim om te sê: Trek af, die Midianiete tegemoet, en sny hulle
van die waters af tot by Bet-Bara en die Jordaan. So het dan al die manskappe
van Efraim bymekaargekom en die waters beset tot by Bet-Bara en die Jordaan.
25 En hulle het twee vorste van die Midianiete
gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood
by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van
Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan.
8 TOE sê die manskappe van Efraim vir hom: Wat is
dit wat u ons aangedoen het, dat u ons nie geroep het toe u weggetrek het om
teen die Midianiete te veg nie? En hulle het heftig met hom getwis.
2 Maar hy sê vir hulle: Wat het ek nou gedoen in
vergelyking met julle? Is die na-oes van Efraim nie suiwerder as die wynoes van
Abiëser nie?
3 Elohim het die vorste van Mídian, Oreb en Seëb,
in julle hand gegee, maar wat kon ek doen in vergelyking met julle? Toe bedaar
hulle opgewondenheid teenoor hom nadat hy hierdie woord gespreek het.
4 En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy en die
driehonderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg.
5 En hy sê aan die manne van Sukkot: Gee tog brood
vir die volk wat op my voetspore volg, want hulle is moeg, en ek is besig om
Seba en Sálmuna, die konings van die Midianiete, agterna te jaag.
6 Maar die vorste van Sukkot vra: Is die handpalm
van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u leër brood moet gee?
7 Toe sê Gídeon: Daarom, as JaHWeH Seba en Sálmuna
in my hand gee, sal ek julle vlees skeur met die dorings van die wildernis se
doringstruike.
8 En daarvandaan het hy opgetrek na PeniEl en met
hulle net so gespreek; maar die manne van PeniEl het hom geantwoord net soos
die manne van Sukkot geantwoord het.
9 Daarop spreek hy ook met die mense van PeniEl en
sê: As ek met vrede terugkom, sal ek hierdie toring omgooi.
10 Seba en Sálmuna was toe in Karkor, en hul leër
by hulle, omtrent vyftienduisend, al wat oor was uit die hele leër van die
kinders van die Ooste; maar die gesneuweldes was honderd-en-twintig- duisend
man wat die swaard kon uittrek.
11 En Gídeon het opgetrek met die pad van die
tentbewoners, ten ooste van Nobag en Jógbeha, en hy het die leër verslaan
terwyl die leër gerus was.
12 En Seba en Sálmuna het gevlug, maar hy het
hulle agternagejaag en die twee konings van Mídian, Seba en Sálmuna, gevang
nadat hy die hele leër uiteengejaag het.
13 En toe Gídeon, die seun van JôWash, terugkom
uit die geveg, van die nek Heres af,
14 vang hy ’n seun van die mense van Sukkot en vra
hom uit; en dié het vir hom die vorste van Sukkot en sy oudstes opgeskrywe,
sewe-en-sewentig man.
15 En toe hy by die mense van Sukkot kom, sê hy:
Hier is Seba en Sálmuna oor wie julle my gesmaad het deur te sê: Is die
handpalm van Seba en van Sálmuna nou al in u hand, dat ons aan u vermoeide
manskappe brood moet gee?
16 Daarop neem hy die oudstes van die stad saam
met die dorings van die wildernis se doringstruike, en hy het die manne van
Sukkot daarmee ’n les geleer.
17 En die toring van PeniEl het hy omgegooi en die
manne van die stad gedood.
18 En hy het Seba en Sálmuna gevra: Wat vir manne
was dit wat julle by Tabor gedood het? En hulle antwoord: Soos u, so was hulle:
elkeen van gestalte; koninklike seuns.
19 Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my
moeder. So waar as JaHWeH leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie
doodmaak nie.
20 En hy sê aan Jeter, sy eersgeborene: Staan op,
maak hulle dood! Maar die seun het sy swaard nie uitgetrek nie, omdat hy bang
was; want hy was nog ’n seun.
21 Toe sê Seba en Sálmuna: Staan u self op en val
ons aan, want soos die man is, is sy krag. Gídeon het toe opgestaan en Seba en
Sálmuna gedood, en die maantjies wat aan die nekke van hulle kamele was, het hy
geneem.
22 Daarop sê die manne van JisraEl vir Gídeon:
Heers oor ons, u sowel as u seun en u kleinseun, want u het ons verlos uit die
hand van die Midianiete.
23 Maar Gídeon antwoord hulle: Ek wil nie oor
julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: JaHWeH sal oor
julle heers.
24 Verder het Gídeon vir hulle gesê: Ek wil aan
julle ’n versoek doen: Gee nou elkeen vir my die ring uit sy buit! Want hulle
het goue ringe gedra, omdat hulle Jismaeliete was.
25 Toe sê hulle: Ons wil dit graag gee; en hulle
het ’n mantel uitgesprei en elkeen ’n ring van sy buit daarop gegooi.
26 En die gewig van die goue ringe wat hy gevra
het, was sewentienhonderd [sikkels] goud, behalwe die maantjies en die
oorversiersels en purper klere wat die konings van Mídian gedra het, en behalwe
die kettings wat aan die nekke van hulle kamele was.
27 En Gídeon het daar ’n skouerkleed van gemaak en
dit in sy stad, in Ofra, opgestel; en die hele JisraEl het hom daar agterna
gehoereer, en hy het vir Gídeon en sy huis ’n strik geword.
28 So moes die Midianiete dan buig voor die
kinders van JisraEl, en hulle het hul hoof nie meer opgetel nie; en die Aarde
het in Gídeon se dae veertig jaar lank gerus.
29 En Jerúbbaäl, die seun van JôWash, het in sy
huis gaan woon.
30 En Gídeon het sewentig seuns gehad wat uit sy
lende voortgekom het, want hy het baie vroue gehad.
31 En sy byvrou wat in Sigem was, het ook vir hom
’n seun gebaar, en hy het hom die naam Abiméleg gegee.
32 En Gídeon, die seun van JôWash, het gesterf in
goeie ouderdom en is begrawe in die graf van sy vader JôWash, in Ofra van die
Abiësriete.
33 Maar net toe Gídeon dood was, het die kinders
van JisraEl weer die Here (Baäl) agterna gehoereer en van Baäl-Berít vir hulle
’n god gemaak.
34 En die kinders van JisraEl het nie gedink aan
JaHWeH hulle Elohey wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het
nie.
35 En hulle het geen medelye betoon aan die huis
van Jerúbbaäl, dit is Gídeon, vir al die suiwer dinge wat hy aan JisraEl gedoen
het nie.
9 EN Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het
heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met
die hele familie in die huis van sy moeder se vader gespreek en gesê:
2 Spreek tog voor die ore van al die burgers van
Sigem: Wat is vir julle beter - dat sewentig man, almal seuns van Jerúbbaäl,
oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle
gebeente en julle vlees is.
3 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde
voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart
Abiméleg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer.
4 Hulle het hom toe sewentig [sikkels] silwer uit
die huis van Baäl-Berít gegee, en daarmee het Abiméleg ydele en lig- sinnige
manne gehuur, en hulle het hom gevolg.
5 En hy het in die huis van sy vader gegaan, in
Ofra, en sy broers, die seuns van Jerúbbaäl, sewentig man, op een klip vermoor;
maar JôWtham, die jongste seun van Jerúbbaäl, het oorgebly, want hy het
weggekruip.
6 Daarop het al die burgers van Sigem en die hele
huis Millo bymekaargekom en Abiméleg gaan koning maak by die terpentynboom van
die gedenkteken wat by Sigem is.
7 Toe hulle dit aan JôWtham meedeel, het hy op die
top van die berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle
gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat Elohim na julle kan luister.
8 Eendag het die bome gegaan om ’n koning oor
hulle te salf en aan die Olyfboom gesê: Wees Koningin oor ons!
9 Maar die Olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek My
vettigheid opgee wat Elohim en die mense in My prys, en oor die bome verhewe
wees?
10 Toe sê die bome vir die Vyeboom: Kom jy, wees
koning oor ons.
11 Maar die Vyeboom het vir hulle gesê: Sou Ek My
soetigheid en My suiwer vrugte opgee en oor die bome verhewe wees?
12 Toe sê die bome vir die Wingerdstok: Kom jy,
wees koning oor ons.
13 Maar die Wingerdstok het vir hulle gesê: Sou Ek
My vars soet wyn opgee wat Elohim en die mense vrolik maak, en verhewe wees oor
die bome?
14 Toe sê al die bome vir die Steekdoring: Kom jy,
wees koning oor ons!
15 En die Steekdoring het vir die bome gesê: As
julle in Waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee;
maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die Steekdoring en die seders van
die Líbanon verteer.
16 As julle dan nou in Waarheid en Rassuiwerheid
gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan
Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy
hande -
17 julle vir wie my vader geveg en sy siel gewaag
het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,
18 maar wat vandag opgestaan het teen die huis van
my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abiméleg, die
seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle
broer is -
19 as julle dan vandag in Waarheid en
Rassuiwerheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis, wees dan vrolik oor
Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.
20 Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit
Abiméleg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur
uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abiméleg verteer.
21 Daarop het JôWtham padgegee en weggevlug en na
Beër gegaan en daar gebly vanweë Abiméleg, sy broer.
22 Toe Abiméleg drie jaar oor JisraEl geheers het,
23 het Elohim ’n gees van besoedeling gestuur
tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het verraad
gepleeg teen Abiméleg,
24 sodat die onreg teen die sewentig seuns van
Jerúbbaäl sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abiméleg wat hulle
vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy
broers te vermoor.
25 So het die burgers van Sigem dan teen hom
hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle
verbykom. En dit is aan Abiméleg meegedeel.
26 Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers
en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou.
27 En hulle het uitgegaan in die veld en hulle
wingerde afgeoes en uitgetrap en ‘n feestelikheid gehou; daarop het hulle in
die huis van hulle gode ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek.
28 Toe sê Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abiméleg
- en wat is Sigem - dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerúbbaäl, en
is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? Dien die manne van Hemor, die vader van
Sigem, maar waarom moet óns hom dien?
29 Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou
ek Abiméleg wegjaag! En met die oog op Abiméleg het hy gesê: Vermeerder maar
jou leër en trek uit!
30 Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde
van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword
31 en listig boodskappers na Abiméleg gestuur om
te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk,
hulle maak die stad teen u op.
32 Maak dan nou in die nag klaar, u met die
manskappe wat by u is, en stel ’n hinderlaag op in die veld.
33 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom,
u gereed hou en ’n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by
hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.
34 Daarop het Abiméleg en al die manskappe wat by
hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel.
35 En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by
die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abiméleg en al die manskappe
wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,
36 sien Gaäl die manskappe en sê vir Sebul: Kyk,
daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul sê vir hom: Jy sien die
skaduwee van die berge vir mense aan!
37 Maar Gaäl hou aan en sê: Kyk, daar kom mense
van die hoogste punt van die Aarde af, en een deel kom uit die rigting van die
eik van die towenaar.
38 Daarop sê Sebul vir hom: Waar is nou jou mond
waarmee jy gesê het: Wie is Abiméleg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die
manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle!
39 Toe trek Gaäl uit voor die aangesig van die
burgers van Sigem en veg teen Abiméleg.
40 Maar Abiméleg het hom agtervolg, en hy het voor
hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort.
41 En Abiméleg het in Aruma gebly, maar Sebul het
Gaäl en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.
42 En toe die mense die volgende dag uittrek in
die veld, is dit aan Abiméleg meegedeel.
43 Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in
drie dele verdeel en ’n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die
mense die stad uittrek, val hy hulle aan en verslaan hulle.
44 Want Abiméleg en die dele wat by hom was, het
ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee
dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.
45 En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad
geveg en die stad ingeneem en die mense wat in haar was, gedood en die stad
afgebreek en haar met sout besaai.
46 Toe al die burgers van die toring van Sigem dit
hoor, gaan hulle in die kelder van die huis van die El-Berít in.
47 En toe dit aan Abiméleg meegedeel is dat al die
burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,
48 klim Abiméleg, hy en al die manskappe wat by
hom was, op die berg Salmon; en Abiméleg het byle met hom saamgeneem en ’n
boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat
by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.
49 Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak
af en hulle volg Abiméleg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op
hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent
duisend manne en vroue, gesterf het.
50 Daarna het Abiméleg na Tebes getrek en Tebes
beleër en haar ingeneem.
51 Maar in die middel van die stad was ’n sterk
toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad
gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring
geklim.
52 En Abiméleg het gekom tot by die toring en
daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit
met vuur te verbrand,
53 gooi ’n vrou die boonste meulsteen op die hoof
van Abiméleg en verbrysel sy skedel.
54 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en
sê vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan
sê: ’n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het
gesterwe.
55 En toe die manne van JisraEl sien dat Abiméleg
dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan.
56 So het Elohim dan die besoedeling van Abiméleg
vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.
57 En al die besoedeling van die manne van Sigem
het Elohim op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van JôWtham, die seun
van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom.
10 EN ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die
seun van Dodo, ’n man uit Issaskar, opgetree om JisraEl te verlos; en hy het
gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
2 En hy het JisraEl drie-en-twintig jaar lank
gerig; en hy het gesterwe en is in Samir begrawe.
3 En ná hom het Jaïr, die Gileadiet, opgetree, en
hy het JisraEl twee-en-twintig jaar lank gerig.
4 En hy het dertig seuns gehad, wat op dertig jong
esels gery en dertig stede gehad het; dié word tot vandag toe die Jaïrsdorpe
genoem wat in die Aarde van Gílead lê.
5 En Jaïr het gesterwe en is in Kamon begrawe.
6 EN die kinders van JisraEl het weer gedoen wat
besoedeld was volgens die Oë van JaHWeH, en hulle het die Baäls en die
Ashtarowth gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van
Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en
hulle het JaHWeH verlaat en Hom nie gedien nie.
7 Daarom het die Woede van JaHWeH ontvlam teen
JisraEl, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand
van die kinders van Ammon.
8 En hulle het die kinders van JisraEl verpletter
en verdruk in daardie jaar, agttien jaar lank, al die kinders van JisraEl wat
oorkant die Jordaan gewoon het in die Aarde van die Amoriete, wat in Gílead
was.
9 Daarby het die kinders van Ammon die Jordaan
oorgetrek om ook teen JeHûWdah en Benjamin en die huis van Efraim te veg, sodat
JisraEl dit baie benoud gehad het.
10 Toe roep die kinders van JisraEl JaHWeH aan en
sê: Ons het teen U oortree, want ons het onse Elohey verlaat en die Here (Baäl)
gedien.
11 Maar JaHWeH het aan die kinders van JisraEl
gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders
van Ammon en van die Filistyne -
12 en toe die Sidoniërs en Amalekiete en Maoniete
julle verdruk en julle My aangeroep het - julle uit hulle hand verlos nie?
13 Maar julle het My verlaat en gode van andere
gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.
14 Gaan heen en roep die gode aan wat julle
verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.
15 Toe sê die kinders van JisraEl aan JaHWeH: Ons
het oortree; maak met ons net soos dit goed is in U Oë; verlos ons tog net
vandag.
16 En hulle het die gode van die uitlander uit
hulle midde verwyder en JaHWeH gedien; toe het Sy Siel omgekrap geword oor die
ellende van JisraEl.
17 En die kinders van Ammon is byeengeroep en het
laer opgeslaan in Gílead; maar die kinders van JisraEl het bymekaargekom en
laer opgeslaan by Mispa.
18 Toe sê die manskappe, die vorste van Gílead,
die een aan die ander: Wie is die man wat sal begin om te veg teen die kinders
van Ammon? Hy sal hoof wees oor al die inwoners van Gílead.
11 EN Jefta, die Gíleadiet, was ’n dappere, maar hy
was die seun van ’n hoer; en Gílead was die vader van Jefta.
2 En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar,
en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom
gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van ’n ander
vrou.
3 Daarop vlug Jefta van sy broers af weg en hy
gaan woon in die Aarde van Tob; en ligsinnige manne het by Jefta aangesluit en
saam met hom uitgetrek.
4 En ’n tyd daarna het die kinders van Ammon
oorlog gevoer teen JisraEl.
5 Maar toe die kinders van Ammon oorlog voer teen
JisraEl, het die oudstes van Gílead Jefta gaan haal uit die Aarde van Tob;
6 en hulle het vir Jefta gesê: Kom en wees ons
aanvoerder, dat ons kan veg teen die kinders van Ammon.
7 Maar Jefta antwoord die oudstes van Gílead: Het
julle my nie gehaat en my uit my vader se huis weggejaag nie? Waarom kom julle
dan nou na my, nou dat julle in die benoudheid sit?
8 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Daarom
kom ons nou na jou terug, dat jy met ons kan saamtrek en teen die kinders van
Ammon veg, en dat jy ons hoof kan wees oor al die inwoners van Gílead.
9 Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As
julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en JaHWeH hulle aan
my aangesig oorgegee het, dan moet ek julle hoof word.
10 Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: JaHWeH
sal hoorder wees tussen ons. Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen.
11 So het Jefta dan met die oudstes van Gílead
saamgegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en
Jefta het al sy woorde voor die Aangesig van JaHWeH in Mispa gespreek.
12 Toe stuur Jefta boodskappers na die koning van
die kinders van Ammon om te vra: Wat het ek met u te doen, dat u na my kom om
teen my Aarde te veg?
13 En die koning van die kinders van Ammon sê aan
die boodskappers van Jefta: JisraEl het my Aarde geneem toe hy opgetrek het uit
Egipte, van die Arnon af tot by die Jabbok en tot by die Jordaan; gee haar dan
nou in vrede terug.
14 En Jefta het nog weer boodskappers gestuur na
die koning van die kinders van Ammon
15 en vir hom gesê: So sê Jefta: JisraEl het die
Aarde van Moab en die Aarde van die kinders van Ammon nie geneem nie.
16 Want JisraEl het toe hy uit Egipte opgetrek
het, deur die wildernis gegaan tot by die Skelfsee en het by Kadesh gekom.
17 En JisraEl het boodskappers gestuur na die
koning van Edom om te sê: Laat my tog deur u Aarde trek; maar die koning van
Edom het geen gehoor gegee nie; en na die koning van Moab het hy gestuur, maar
hy wou ook nie. Daarom het JisraEl in Kadesh gebly.
18 Verder het hy deur die wildernis gegaan en om
die Aarde van Edom en die Aarde van Moab getrek en gekom aan die oostekant van
die Aarde van Moab; en hulle het laer opgeslaan oorkant die Arnon, maar nie in
die gebied van Moab ingekom nie, want die Arnon is die grens van Moab.
19 Daarop het JisraEl boodskappers gestuur na
Sihon, die koning van die Amoriete, die koning van Hesbon, en JisraEl het vir
hom gesê: Laat ons tog deur u Aarde trek na my plek toe.
20 Maar Sihon het JisraEl nie vertrou om deur sy
gebied te trek nie, en Sihon het al sy manskappe versamel, en hulle het laer
opgeslaan in Jahas en teen JisraEl geveg.
21 Maar JaHWeH, die Elohey van JisraEl, het Sihon
en sy hele volk in die hand van JisraEl gegee, en dié het hulle verslaan; sodat
JisraEl die hele Aarde van die Amoriete, die inwoners van daardie Aarde, in
besit geneem het.
22 En hulle het die hele grondgebied van die
Amoriete, van die Arnon af tot by die Jabbok en van die wildernis af tot by die
Jordaan, in besit geneem.
23 So het JaHWeH, die Elohey van JisraEl, dan die Amoriete
voor Sy volk JisraEl uit verdrywe, en wil u haar in besit neem?
24 Sal u haar nie in besit neem wat jou god Kamos
jou as ’n besitting gee, en ons alles wat JaHWeH onse Elohey voor ons uit
verdrywe, in besit neem nie?
25 En is u nou soveel beter as Balak, die seun van
Sippor, die koning van Moab? Het hy ooit met JisraEl getwis, of ooit teen hulle
geveg?
26 Terwyl JisraEl in Hesbon met sy onderhorige
plekke en in Aroër met sy onderhorige plekke en in al die stede wat langs die
Arnon lê, driehonderd jaar lank gewoon het, waarom het julle haar dan nie in
dié tyd ontset nie?
27 So het ék dan nie teen ú oortree nie, maar u
handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag JaHWeH, die Regter, vandag
oordeel tussen die kinders van JisraEl en die kinders van Ammon!
28 Maar die koning van die kinders van Ammon het
nie geluister na die woorde van Jefta wat hy hom laat weet het nie.
29 Toe het die Gees van JaHWeH op Jefta gekom, en
hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van
Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
30 En Jefta het aan JaHWeH ’n Gelofte gedoen en
gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
31 dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my
huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan
JaHWeH behoort, en ek sal haar as ’n brandoffer bring.
32 Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van
Ammon om teen hulle te veg, en JaHWeH het hulle in sy hand gegee.
33 En hy het hulle verslaan van Aroër af in die
rigting na Minnit, twintig stede, en tot by Abel-Kerámim - ’n baie groot slag;
sodat die kinders van Ammon verneder is voor die kinders van JisraEl.
34 En toe Jefta in Mispa by sy huis kom, gaan sy
dogter juis uit, hom tegemoet met tamboeryne en koordanse; en sy was die
enigste kind: hy het geen seun of dogter buiten haar gehad nie.
35 En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en
sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jy stort my in droefenis! Want
ek het my mond geopen teenoor JaHWeH, en ek kan nie terugtrek nie.
36 En sy antwoord hom: My vader, as u u mond
geopen het teenoor JaHWeH, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat
JaHWeH u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.
37 Verder het sy vir haar vader gesê: Laat dit my
toegestaan word: laat my twee maande vry, dat ek kan weggaan en afdaal na die
berge en my maagdelike staat beween, ek en my vriendinne.
38 En hy sê: Gaan! En hy het haar vir twee maande
laat gaan. Sy het toe weggegaan met haar vriendinne en haar maagdelike staat op
die berge beween.
39 En aan die end van twee maande het sy na haar
vader teruggekom, en hy het die Gelofte wat deur hom gedoen is, aan haar
voltrek; en sy het geen man beken nie. En dit het ’n gewoonte geword in JisraEl
40 dat die dogters van JisraEl jaar vir jaar
heengaan om die dogter van Jefta, die Gileadiet, te besing, vier dae in die
jaar.
12 EN die manne van Efraim is saamgeroep en het
oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die
kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u
huis bo u met vuur verbrand.
2 Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het ’n
hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar
julle het my nie uit hulle hand verlos nie.
3 En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my
siel in my handpalms geplaas en deurgetrek na die kinders van Ammon; en JaHWeH
het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om
teen my oorlog te voer?
4 Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om
teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle
gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim
en Manasse.
5 En Gílead het die Efraimiete van die
Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan -
dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy ’n Efraimiet? As hy sê: Nee,
6 dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as
hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom
en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim
twee-en-veertigduisend man geval.
7 En Jefta het JisraEl ses jaar lank gerig; en
Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van
Gílead.
8 EN ná hom het Ebsan, uit Betlehem, JisraEl
gerig.
9 En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters
het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en
hy het JisraEl sewe jaar lank gerig.
10 En Ebsan het gesterwe en is begrawe in
Betlehem.
11 En ná hom het Elon, die Sebuloniet, JisraEl
gerig; en hy het JisraEl tien jaar lank gerig.
12 En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is
begrawe in Ajalon, in die Aarde van Sébulon.
13 En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die
Pireatoniet, JisraEl gerig.
14 En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns
gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het JisraEl agt jaar lank
gerig.
15 En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet,
het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die Aarde van Efraim, op die
gebergte van die Amalekiete.
13 EN toe die kinders van JisraEl weer doen wat
besoedel is in die Oë van JaHWeH, het JaHWeH hulle oorgegee in die hand van die
Filistyne, veertig jaar lank.
2 En daar was ’n man uit Sórea, uit die familie
van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen
kinders gehad nie.
3 Maar die Boodskapper van JaHWeH het aan die vrou
verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie,
maar jy sal swanger word en ’n seun baar.
4 Neem jou dan nou tog in ag en drink geen wyn of
sterk drank nie en eet niks wat besoedel is nie.
5 Want kyk, jy sal swanger word en ’n seun baar,
en geen skeermes mag op sy hoof kom nie; want die seun sal van die moederskoot
af ’n Separatis aan Elohim wees, en hy sal JisraEl begin verlos uit die hand
van die Filistyne.
6 Daarop kom die vrou in en spreek met haar man en
sê: ’n Man van die Elohim het na my gekom, en Sy voorkoms was soos die voorkoms
van ‘n Boodskapper van die Elohim, baie ontsagwekkend; maar ek het Hom nie
gevra waar Hy vandaan was nie, en Sy Naam het Hy my nie meegedeel nie.
7 Maar Hy het vir my gesê: Kyk, jy sal swanger
word en ’n seun baar; drink dan nou geen wyn of sterk drank nie, en eet niks
wat besoedel is nie; want die seun sal ’n Separatis van Elohim wees van die
moederskoot af tot die dag van sy dood toe.
8 En Manóag het tot JaHWeH gebid en gesê: Ag my
Meester, laat tog die Man van die Elohim wat U gestuur het, nog ’n keer na ons
toe kom, dat Hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal
word.
9 En die Elohim het geluister na die stem van
Manóag, sodat die Boodskapper van die Elohim nog ’n keer na die vrou gekom het
terwyl sy in die veld sit en haar man Manóag nie by haar was nie.
10 En die vrou het haastig geloop en haar man dit
vertel en vir hom gesê: Kyk, die Man het aan my verskyn wat die ander dag na my
gekom het.
11 Toe staan Manóag op en loop agter sy vrou aan,
en hy kom by die Man en vra hom: Is U die Man wat met dié vrou gespreek het?
Toe sê Hy: Ja.
12 Daarop vra Manóag: As U woorde nou uitkom, wat moet die Regspraak ten opsigte van
die werk van die seun wees?
13 Toe sê die Boodskapper van JaHWeH aan Manóag:
Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.
14 Van alles wat van die wingerdstok afkomstig is,
mag sy nie eet nie; en geen wyn of sterk drank moet sy drink nie en niks eet
wat besoedel is nie; alles wat Ek haar beveel het, moet sy onderhou.
15 Manóag sê aan die Boodskapper van JaHWeH: Laat
ons U tog ophou, dat ons ’n bokkie vir U kan berei.
16 En die Boodskapper van JaHWeH antwoord Manóag:
Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy ’n brandoffer wil
berei, skenk haar dan aan JaHWeH. Want Manóag het nie geweet dat Hy die
Boodskapper van JaHWeH was nie.
17 Daarop vra Manóag die Boodskapper van JaHWeH:
Wat is U Naam, dat ons U kan vereer as U Woord uitkom?
18 En die Boodskapper van JaHWeH sê vir hom: Waarom
vra jy dan na My Naam terwyl Hy wonderbaar is?
19 Toe neem Manóag die bokkie en die spysbydrae en
neem haar op, op ‘n rots aan JaHWeH terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë
van Manóag en sy vrou:
20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het
die Boodskapper van JaHWeH in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy
vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die Aarde geval.
21 En die Boodskapper van JaHWeH het verder nie
meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat Hy die
Boodskapper van JaHWeH was.
22 En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik
sterwe, omdat ons Elohim gesien het.
23 Maar sy vrou sê vir hom: As JaHWeH ons wou laat
sterwe, sou Hy nie uit ons hand ’n brandoffer en ’n spysbydrae aangeneem en ons
al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.
24 En die vrou het ’n seun gebaar en hom Simson
genoem; en die kind het groot geword, en JaHWeH het hom geseën.
25 En die Gees van JaHWeH het hom begin drywe in
die laer van Dan tussen Sórea en Estáol.
14 TOE Simson afgegaan het na Timna, sien hy in
Timna ’n vrou uit die dogters van die Filistyne;
2 en hy het opgegaan en dit aan sy vader en sy
moeder vertel en gesê: Ek het ’n vrou uit die dogters van die Filistyne in
Timna gesien; neem haar dan nou as vrou vir my.
3 Maar sy vader en sy moeder sê vir hom: Is daar
onder die dogters van jou broers en onder my hele volk nie ’n vrou, dat jy
heengaan om ’n vrou uit die Filistyne, die onbesnedenes, te neem nie? En Simson
sê aan sy vader: Neem haar vir my, want sy geval my.
4 Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat
dit van JaHWeH kom nie; want Hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd
naamlik het die Filistyne oor JisraEl geheers.
5 En Simson het met sy vader en sy moeder afgegaan
na Timna; en toe hulle by die wingerde van Timna kom, storm daar ’n jong leeu
brullende op hom af.
6 Maar die Gees van JaHWeH het oor hom vaardig
geword; en hy het hom verskeur soos ’n mens ’n bokkie verskeur sonder dat daar
iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen
het nie.
7 Toe gaan hy af en praat met die vrou; en sy het
Simson geval.
8 En ’n tyd daarna het hy teruggegaan om haar te
gaan haal; en toe hy uitdraai om na die dooie leeu te kyk, was daar ’n swerm
bye in die dooie liggaam van die leeu, en heuning.
9 En hy het dit uitgehaal in sy handpalms en
aldeur geloop en eet, en na sy vader en sy moeder gegaan en aan hulle gegee; en
hulle het geëet, maar dat hy die heuning uit die dooie liggaam van die leeu
uitgehaal het, vertel hy hulle nie.
10 Daarop gaan sy vader na die vrou toe af, en
Simson het daar ’n maaltyd berei; want so het die jongmanne gewoonlik gedoen.
11 En toe hulle hom sien, neem hulle dertig
vriende om by hom te wees.
12 En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle
’n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die
maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee;
13 maar as julle dit vir my nie kan uitlê nie, dan
moet júlle my dertig hemde en dertig stel klere gee. Toe sê hulle vir hom: Gee
maar jou raaisel op, dat ons dit hoor.
14 En hy sê vir hulle: Spys het uit die eter
uitgegaan, en soetigheid uit die sterke. En drie dae lank kon hulle die raaisel
nie uitlê nie.
15 En op die vierde dag sê hulle aan die vrou van
Simson: Haal jou man oor dat hy die raaisel vir ons uitlê, anders verbrand ons
jou en die huis van jou vader met vuur; het julle ons genooi om ons te berowe,
of hoe?
16 Toe huil die vrou van Simson by hom en sê: Jy
haat my net en het my nie lief nie; jy het my volksgenote die raaisel opgegee,
maar vir my het jy dit nie uitgelê nie. En hy antwoord haar: Kyk, vir my vader
en my moeder het ek dit nie uitgelê nie, sou ek dit dan vir jou uitlê?
17 Maar sy het die sewe dae wat hulle maaltyd
geduur het, by hom gehuil; en op die sewende dag het hy dit vir haar uitgelê;
want sy het hom gepers en so die raaisel vir die seuns van haar volk uitgelê.
18 Daarop sê die manne van die stad aan hom op die
sewende dag voor sonsondergang: Wat is soeter as heuning, en wat is sterker as
’n leeu? En hy antwoord hulle: As julle nie met my kalf geploeg het nie, sou
julle my raaisel nie geraai het nie.
19 En die Gees van JaHWeH het oor hom vaardig
geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem
hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het;
en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader.
20 En sy vriend wat as sy bruidsjonker gedien het,
het die vrou van Simson gekry.
15 MAAR ’n tyd daarna het Simson in die dae van die
koringoes sy vrou besoek met ’n bokkie en gesê: Laat ek na my vrou in die kamer
ingaan; maar haar vader het hom nie toegelaat om in te gaan nie.
2 En haar vader het gesê: Ek het vir seker gedink
dat jy niks omgee vir haar nie; daarom het ek haar aan jou metgesel gegee; is
haar jonger suster nie mooier as sy nie? Laat sy tog joune word in haar plek.
3 Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is
ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.
4 Toe gaan Simson weg en vang drie- honderd
jakkalse; en hy neem fakkels en draai stert teen stert, en sit ’n fakkel in die
middel tussen elke twee sterte in;
5 en hy steek die fakkels aan die brand en los hulle
in die ongesnyde graan van die Filistyne; en hy het die miede sowel as die
ongesnyde graan en die wingerde en olyfbome aan die brand gesteek.
6 Toe vra die Filistyne: Wie het dit gedoen? En
hulle sê: Simson, die skoonseun van die Timniet, omdat dié sy vrou geneem en
haar aan sy metgesel gegee het. En die Filistyne het opgetrek en haar en haar
vader se huis met vuur verbrand.
7 Daarop sê Simson vir hulle: As julle so maak,
sal ek sekerlik nie rus voordat ek my op julle gewreek het nie.
8 En hy het hulle lendelam geslaan, ’n groot slag.
En hy het afgegaan en gebly in die rotskloof van Etam.
9 Toe trek die Filistyne nader en slaan laer op in
JeHûWdah en sprei hulleself uit by Legi.
10 En die manne van JeHûWdah vra: Waarom het julle
teen ons opgetrek? En hulle sê: Ons het opgetrek om Simson te bind, om aan hom
te doen soos hy aan ons gedoen het.
11 Daarop trek drieduisend man uit JeHûWdah af na
die rotskloof van Etam en vra vir Simson: Weet jy nie dat die Filistyne oor ons
heers nie, en wat het jy ons nou aangedoen? En hy sê aan hulle: Soos hulle aan
my gedoen het, so het ek aan hulle gedoen.
12 Toe sê hulle vir hom: Ons het afgekom om jou te
bind, om jou oor te gee in die hand van die Filistyne. En Simson sê aan hulle:
Sweer vir my dat julle nie self op my sal aanval nie.
13 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net
vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop
bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots.
14 Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom
tegemoet; maar die Gees van JaHWeH het oor hom vaardig geword, en die toue wat
aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande
het versmelt van sy hande af.
15 En hy het ’n vars eselskakebeen gevind en sy
hand uitgesteek en haar geneem en met haar duisend man mee verslaan.
16 En Simson het gesê: Met ’n eselskakebeen het ek
een klomp, twee klompe, met ’n eselskakebeen het ek duisend man verslaan.
17 En toe hy klaar gespreek het, gooi hy die
kakebeen uit sy hand en noem dié plek Kakebeenshoogte.
18 Daarop kry hy baie dors en roep JaHWeH aan en
sê: U het deur die hand van U kneg hierdie groot Verlossing gegee, en moet ek
nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?
19 Toe kloof Elohim die holte wat by Legi is, en daar
kom water uit; en hy het gedrink, en sy lewe het teruggekom, en hy het weer
gelewe. Daarom noem hulle dit Roepers-fontein, wat vandag nog by Legi is.
20 En hy het JisraEl gerig in die dae van die
Filistyne, twintig jaar lank.
16 EN Simson het na Gasa gegaan en daar ’n hoer
gesien en by haar ingegaan.
2 Toe die Gasiete die tyding kry: Simson het hier
ingekom, omsingel hulle hom en lê hom die hele nag voor by die stadspoort, maar
die hele nag het hulle hul stilgehou en gesê: Teen dagbreek sal ons hom
doodmaak.
3 En Simson het gelê tot middernag; maar teen
middernag het hy opgestaan en die deure van die stadspoort en die twee
deurposte gegryp en dié met grendel en al uitgeruk en op sy skouers gesit en
dit opgedra na die top van die berg wat teenoor Hebron lê.
4 Daarna het hy ’n vrou in die dal Sorek
liefgekry, haar naam [was] Delíla.
5 Toe kom die vorste van die Filistyne na haar op
en sê vir haar: Haal hom oor en vind uit waardeur sy krag so groot is, en
waardeur ons hom kan oorweldig en hom kan bind om hom te bedwing; dan sal ons
jou elkeen elfhonderd [sikkels] silwer gee.
6 Toe vra Delíla vir Simson: vertel my tog
waardeur jou krag so groot is, en waarmee jy gebind kan word om jou te bedwing.
7 En Simson sê vir haar: As hulle my bind met sewe
vars lyne wat nie uitgedroog is nie, dan sal ek swak word en wees soos ’n ander
adamiet.
8 Daarop het die vorste van die Filistyne vir haar
sewe vars lyne gebring wat nie uitgedroog was nie, en sy het hom daarmee
gebind.
9 En terwyl haar spioene in die kamer klaar sit,
sê sy vir hom: Die Filistyne op jou, Simson! Toe verbreek hy die lyne soos ’n
vlasdraad breek as dit vuur ruik; maar sy krag het nie bekend geword nie.
10 Toe sê Delíla vir Simson: Kyk, jy het my
bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my nou tog waarmee jy gebind kan word.
11 En hy antwoord haar: As hulle my stewig vasbind
met nuwe toue waarmee geen werk gedoen is nie, dan sal ek swak word en wees
soos ’n ander adamiet.
12 Toe het Delíla nuwe toue geneem en hom daarmee
gebind en vir hom gesê: Die Filistyne op jou, Simson! terwyl die spioene in die
kamer klaarsit; maar hy het dit soos ’n draad van sy arms af verbreek.
13 En Delíla sê vir Simson: Tot nou toe het jy my
bedrieg en vir my leuens vertel; vertel my waarmee jy gebind kan word. En hy
antwoord haar: As jy die sewe haarvlegsels van my hoof met die weefsel saam
invleg.
14 Sy druk dié toe vas met die pen en sê vir hom:
Die Filistyne op jou, Simson! En hy het wakker geword uit sy slaap en die
weefpen met die weefsel uitgeruk.
15 Toe sê sy vir hom: Hoe kan jy sê: Ek het jou
lief! terwyl jou hart nie met my is nie? Drie maal het jy my nou al bedrieg en
my nie meegedeel waardeur jou krag so groot is nie.
16 En omdat sy hom met haar woorde aldae gepers en
by hom aangedring het, het sy siel so omgekrap geword, dat hy kon sterf.
17 En hy het sy hele hart aan haar bekend gemaak
en aan haar gesê: Daar het nooit ’n skeermes oor my hoof gekom nie, want ek is
’n Separatis van Elohim van my moeder se skoot af: as ek geskeer sou word, sou
my krag van my wyk en ek swak word en wees soos al die adamiete.
18 Toe Delíla sien dat hy sy hele hart aan haar
bekend gemaak het, laat sy die vorste van die Filistyne roep en sê: Kom hierdie
keer op, want hy het sy hele hart aan my bekend gemaak. Toe kom die vorste van
die Filistyne na haar op en bring die silwer met hulle saam.
19 En sy het hom op haar skoot aan die slaap
gemaak en ’n man geroep en die sewe haarvlegsels van sy hoof afgeskeer. En sy
het begin om hom te bedwing, en sy krag het van hom gewyk.
20 Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe
hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en
my losruk. Want hy het nie geweet dat JaHWeH van hom gewyk het nie.
21 Daarop het die Filistyne hom gegryp en sy oë
uitgesteek en hom afgebring na Gasa en met koperkettings gebind, en hy moes
maal in die gevangenis.
22 Maar die hare van sy hoof het weer begin groei
sodra dit afgeskeer was.
23 En die vorste van die Filistyne het vergader om
baie slagdiere te slag aan hulle god Dagon en om vrolik te wees; en hulle het
gesê: Ons gode het ons vyand Simson in ons hand gegee.
24 En toe die volk hom sien, prys hulle hul gode;
want hulle het gesê: Ons gode het ons vyand en die rinneweerder van ons Aarde,
wat ook baie van ons laat sneuwel het, in ons hand gegee.
25 En toe hulle hart vrolik was, sê hulle: Roep
Simson, dat hy vir ons speel; en hulle het Simson uit die gevangenis geroep; en
hy het voor hulle gespeel, en hulle het hom tussen die pilare laat staan.
26 Daarop sê Simson aan die dienaar wat hom aan
die hand hou: Laat my staan, en laat my die pilare betas waar die huis op rus,
dat ek daarteen kan leun.
27 En die huis was vol manne en vroue, en al die
vorste van die Filistyne was daar, en op die dak omtrent drieduisend manne en
vroue wat kyk hoe Simson speel.
28 Toe roep Simson JaHWeH aan en sê: My Meester
JaHWeH, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o Elohim, dat ek
my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!
29 En Simson slaan sy arms om die twee middelste
pilare waar die huis op gerus het, die een met sy regter- en die ander met sy
linkerhand, en leun teen hulle aan.
30 En Simson sê: Laat my siel sterwe saam met die
Filistyne! En hy buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al
die mense wat daarin was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het,
meer as die wat hy in sy lewe gedood het.
31 Sy broers en sy hele familie het toe afgekom en
hom opgeneem en opwaarts gebring en hom begrawe tussen Sórea en Estáol in die
graf van sy vader Manóag. En hy het JisraEl twintig jaar lank gerig.
17 DAAR was ’n man van die gebergte van Efraim met
die naam van MikaJeHûW.
2 Dié het aan sy moeder gesê: die elfhonderd
[sikkels] silwer wat van u geneem is en waaroor u ’n vloek uitgespreek het en
dit ook voor my ore gesê het - hier is die silwer by my, ék het dit geneem. Toe
sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur JaHWeH, my seun!
3 En hy het aan sy moeder die elfhonderd [sikkels]
silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek sonder die silwer aan JaHWeH af;
uit my hand is dit vir my seun om ’n gesnede en ’n gegote afbeelding te maak;
ek sal dit dan nou aan jou teruggee.
4 Toe hy dan die silwer aan sy moeder teruggegee
het, neem sy moeder tweehonderd [sikkels] silwer en gee dit aan ’n goudsmid; en
hy het daar ’n gesnede en ’n gegote afbeelding van gemaak wat in die huis van
MikaJeHûW gekom het.
5 Die man MikaJeHûW het naamlik ’n huis van gode
gehad, en hy het ’n skouerkleed en huisidole gemaak en een van sy seuns
aangestel om vir hom priester te wees.
6 In dié dae was daar geen koning in JisraEl nie:
elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.
7 En daar was ’n jongman van Betlehem-JeHûWdah,
uit die familie van JeHûWdah; hy was ’n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef
het.
8 En die man het uit die stad, uit
Betlehem-JeHûWdah, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het
hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van MikaJeHûW.
9 En MikaJeHûW vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê
hy vir hom: Ek is ’n Leviet, uit Betlehem-JeHûWdah, en ek is op trek om te
vertoef waar ek plek kan kry.
10 En MikaJeHûW sê vir hom: Bly by my, en wees vir
my ’n vader en ’n priester, dan sal ek u jaarliks tien [sikkels] silwer gee en
’n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,
11 en die Leviet het ingewillig om by die man te
bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.
12 En MikaJeHûW het die Leviet aangestel, sodat
die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van MikaJeHûW.
13 Toe sê MikaJeHûW: Nou weet ek dat JaHWeH aan my
goed sal doen, omdat ek ’n Leviet as priester het.
18 IN dié dae was daar geen koning in JisraEl nie;
en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom ’n erfdeel gesoek om in te
woon, want tot dié dag toe het onder die stamme van JisraEl geen [genoegsame]
erfdeel aan hom toegeval nie.
2 En die kinders van Dan het uit al die dele van
hulle familie vyf man, dapper manne, uit Sórea en Estáol gestuur om die Aarde
te verken en haar te deursoek, en vir hulle gesê: Gaan deursoek die Aarde. En
hulle het die gebergte van Efraim ingegaan tot by die huis van MikaJeHûW en
daar die nag oorgebly.
3 Toe hulle by die huis van MikaJeHûW was en die
stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom:
Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier, en wat soek jy hier?
4 Daarop sê hy vir hulle: So en so het MikaJeHûW
met my gedoen, en hy het my gehuur, en ek het sy priester geword.
5 Toe vra hulle hom: Raadpleeg Elohim tog, dat ons
kan weet of die pad [waar] ons op haar reis, voorspoedig sal wees.
6 En die priester sê vir hulle: Gaan in Vrede;
voor die Aangesig van JaHWeH lê julle pad waar julle in haar sal gaan.
7 Toe gaan die vyf manne weg en hulle kom by Lais;
en hulle sien dat die volk wat binne-in haar is, veilig woon volgens die
regspraak van die Sidoniërs, rustig en onbesorg; en daar was niemand wat hulle
in enigiets leed sou doen in die deel van die Aarde nie; en hulle was ver van
die Sidoniërs af, terwyl hulle met geen adamiet gemeenskap gehad het nie.
8 En toe hulle by hul broers kom in Sórea en
Estáol, sê hul broers vir hulle: Wat [sê] julle?
9 En hulle antwoord: Maak klaar, en laat ons teen
hulle optrek! Want ons het die Aarde gesien, en kyk, sy is baie goed; en julle
sit stil! Wees nie traag om te trek, in te gaan, die Aarde in besit te neem
nie.
10 As julle daar kom, sal julle by ’n onbesorgde
volk kom, en die Aarde is alkante toe wyd; want Elohim gee haar in julle hand,
’n plek waar aan niks op Aarde gebrek is nie.
11 Toe het daarvandaan weggetrek, uit die familie
van die Daniete, uit Sórea en Estáol, seshonderd man, omgord met wapens.
12 En hulle het opgetrek en laer opgeslaan by
Kirjat-Jeárim in JeHûWdah; daarom noem hulle dié plek Dan-se-Laer tot vandag
toe; sy lê daar agter Kirjat-Jeárim.
13 En daarvandaan het hulle oorgetrek in die
gebergte van Efraim en gekom tot by die huis van MikaJeHûW.
14 Daarop het die vyf man wat gegaan het om die
Aarde van Lais te verken, aan hulle broers begin sê: Weet julle dat in hierdie
huise ’n skouerkleed en huisidole en ’n gesnede en ’n gegote afbeelding is?
Weet dan nou wat julle moet doen!
15 Hulle het toe daarheen uitgedraai en gekom by
die huis van die jongman, die Leviet, die huis van MikaJeHûW, en hom na sy
welstand gevra.
16 Onderwyl die seshonderd man wat uit die kinders
van Dan was, met hulle wapens omgord voor die ingang van die poort gaan staan,
17 het die vyf man wat gegaan het om die Aarde te
verken, opgegaan, daar ingekom, die gesnede afbeelding en die skouerkleed en
die huisidole en die gegote afbeelding geneem, terwyl die priester by die
ingang van die poort bly staan saam met die seshonderd man met wapens omgord.
18 Toe daardie [manne] dan die huis van MikaJeHûW
ingegaan en die gesnede afbeelding, die skouerkleed en die huisidole en die
gegote afbeelding geneem het, vra die priester vir hulle: Wat maak julle?
19 En hulle sê vir hom: Bly stil, sit jou hand op
jou mond en gaan saam met ons, en wees vir ons ’n vader en ’n priester: is dit
beter vir jou om priester te wees vir die huis van een man of om priester te
wees vir ’n stam en ’n familie in JisraEl?
20 Toe word die priester se hart vrolik, en hy
neem die skouerkleed en die huisidole en die gesnede afbeelding en gaan tussen
die manskappe in.
21 En hulle het weggedraai en voortgetrek, met die
kinders en die vee en die waardevolle goed op hulle voorpunt.
22 Nadat hulle ’n hele ent weg was van MikaJeHûW
se huis af, is die manne van die huise wat by MikaJeHûW se huis staan, bymekaar
geroep, en hulle het die kinders van Dan agtervolg
23 en na die kinders van Dan geroep. Toe draai dié
hulle gesigte om en vra vir MikaJeHûW: Wat is dit met jou dat julle
bymekaargeroep is?
24 En hy sê: My gode wat ek gemaak het, het julle
weggeneem saam met die priester, en julle trek weg; wat het ek nou oor? En hoe
kan julle dan vir my sê: Wat is dit met jou?
25 Maar die kinders van Dan sê vir hom: Moenie jou
stem by ons laat hoor nie, sodat nie miskien manne met ’n bitter siel op julle
aanval en jy jou siel en die siel van jou huis verloor nie.
26 Daarop gaan die kinders van Dan hulle koers,
terwyl MikaJeHûW, toe hy sien dat hulle sterker was as hy, omdraai en na sy
huis teruggaan.
27 Maar hulle het saamgeneem wat MikaJeHûW gemaak
het, en die priester wat hy gehad het; en hulle het Lais, ’n rustige en
onbesorgde volk, oorval en dié met die skerpte van die swaard verslaan en die
stad met vuur verbrand.
28 En daar was geen redder nie, want dit was ver
van Sidon af en hulle het geen woord met adamiete gehad nie: sy het in die dal
gelê wat by Bet-Rehob behoort. Hulle bou toe die stad weer op en woon in haar,
29 en noem die stad Dan, na die naam van hulle
vader Dan wat vir JisraEl gebore is; maar tevore was die naam van die stad
Lais.
30 En die kinders van Dan het vir hulle die
gesnede afbeelding opgerig; en JeHôWnathan, die seun van Gersom, die seun van
Moshè, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag
van die ontvolking van die Aarde.
31 En hulle het vir hulle die gesnede afbeelding
van MikaJeHûW opgerig wat hy gemaak het, al die dae dat die Huis van die Elohim
in Silo was.
19 EN in dié dae was daar geen koning in JisraEl
nie. En ’n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van
Efraim; en hy het vir hom ’n vrou, ’n byvrou, geneem uit Betlehem-JeHûWdah.
2 Maar sy byvrou het by hom gehoereer en van hom
weggegaan na haar vader se huis, na Betlehem-JeHûWdah; en sy was daar vier
maande se dae.
3 Daarop maak haar man klaar en gaan haar agterna
om na haar hart te spreek en haar terug te bring; sy dienaar was by hom met ’n
paar esels. En toe sy hom in die huis van haar vader bring en die vader van die
jong vrou hom sien, was hy bly om hom te ontmoet.
4 En sy skoonvader, die vader van die jong vrou,
het hom teruggehou, sodat hy drie dae by hom gebly het; en hulle het geëet en
gedrink en die nag daar oorgebly.
5 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die
môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou vir
sy skoonseun: Versterk jou hart met ’n stukkie brood, en daarna kan julle
weggaan.
6 En hulle het gebly, en hulle twee het saam geëet
en gedrink. Daarop sê die vader van die jong vrou aan die man: Bly tog
asseblief die nag oor, en laat jou hart vrolik wees.
7 Toe die man egter klaarmaak om weg te gaan, het
sy skoonvader by hom aangedring, sodat hy weer die nag daar oorgebly het.
8 Terwyl hy op die vyfde dag vroeg in die môre
klaarmaak om weg te gaan, sê die vader van die jong vrou: Versterk jou hart
tog, en vertoef julle tot agtermiddag. En hulle twee het geëet.
9 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en
sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van die jong vrou, vir
hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit
is al laat, bly die nag hier oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle
môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan.
10 Maar die man wou nie die nag oorbly nie en het
klaargemaak en weggetrek en gekom tot teenoor Jebus - dit is Jerusalem - met ’n
paar opgesaalde esels by hom; ook sy byvrou was by hom.
11 En toe hulle by Jebus kom en die son al baie
gesak het, sê die dienaar aan sy meester: Kom tog, laat ons uitdraai na hierdie
stad van die Jebusiete en in haar vernag.
12 Maar sy meester sê aan hom: Ons kan nie
uitdraai na ’n uitlandse stad waar nie van die kinders van JisraEl is nie, maar
ons moet verbytrek tot by Gibea.
13 Verder sê hy aan sy dienaar: Trek, laat ons
nader kom by een van die plekke en in Gibea of Rama vernag.
14 So het hulle dan verder verbygetrek; en die son
het vir hulle ondergegaan by Gibea wat aan Benjamin behoort.
15 Toe draai hulle daar uit om in Gibea te gaan
vernag. En hy het ingekom en gebly op die plein van die stad, want daar was
niemand wat hulle in sy huis opgeneem het om te vernag nie.
16 Maar kyk, in die aand kom daar ’n ou man uit
die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig
en het in Gibea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was
Benjaminiete.
17 En toe hy sy oë opslaan, sien hy die reisiger
op die plein van die stad, en die ou man vra: Waar gaan u heen, en waar kom u
vandaan?
18 En hy sê vir hom: Ons trek deur van
Betlehem-JeHûWdah tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en
het tot by Betlehem-JeHûWdah gereis, en ek gaan na die Huis van JaHWeH; maar
hier is niemand wat my in sy huis opneem nie,
19 alhoewel ons esels strooi sowel as voer het, en
daar ook brood en wyn is vir myself en vir u dienares en vir die bediende wat
by u dienaars is; daar is aan geen ding gebrek nie.
20 Toe sê die ou man: Vrede vir jou! alleenlik, al
wat u kortkom, is vir my rekening; u moet net nie op die plein vernag nie.
21 Daarop het hy hom in sy huis ingebring en aan
die esels voer gegee; en nadat hulle hul voete gewas het, het hulle geëet en
gedrink.
22 Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die
manne van die stad, seuns van Belijaal, meteens die huis en klop hard aan die
deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring
die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.
23 Daarop gaan die man, die eienaar van die huis,
uit na hulle en sê aan hulle: Nee, my broers, moet tog nie kwaad doen nie,
aangesien hierdie man in my huis ingekom het; moet nie hierdie skanddaad begaan
nie.
24 Hier is my dogter wat ’n maagd is, en sy
byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is
in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so ’n skanddaad nie begaan nie.
25 Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp
die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken
en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe
die rooidag uitkom.
26 En teen dagbreek het die vrou gekom en neergeval
voor die ingang van die man se huis waar haar meester was, totdat dit lig was.
27 En toe haar meester die môre opstaan en die
huisdeure oopmaak en uitgaan om sy reis voort te sit - kyk, daar lê die vrou,
sy byvrou, voor die ingang van die huis met haar hande op die drumpel.
28 En hy sê vir haar: Staan op en laat ons trek;
maar niemand antwoord nie. Daarop het hy haar op die esel gelaai, en die man
het klaargemaak en na sy woonplek getrek.
29 Maar toe hy in sy huis kom, het hy ’n mes
geneem en sy byvrou gegryp en haar stukkend gesny volgens haar gebeente in
twaalf stukke en dit in die hele grondgebied van JisraEl rondgestuur.
30 En elkeen wat dit sien, het gesê: So iets het
nie gebeur en is nie gesien van die dag af dat die kinders van JisraEl uit die
Aarde van Egipte opgetrek het tot vandag toe nie; neem haar tog ter harte, gee
raad en spreek!
20 TOE het al die kinders van JisraEl uitgetrek, en
die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die Aarde van
Gílead, byeengekom by JaHWeH in Mispa;
2 en die hoofde van die hele volk, van al die
stamme van JisraEl, het in die vergadering van die volk van die Elohim gaan
staan - vierhonderd-duisend man te voet wat die swaard uittrek.
3 En die kinders van Benjamin het gehoor dat die
kinders van JisraEl opgetrek het na Mispa. Toe sê die kinders van JisraEl:
Vertel julle hoe hierdie besoedeling gepleeg is.
4 Daarop antwoord die Levitiese man, die man van
die vermoorde vrou, en sê: Ek het in Gíbea wat aan Benjamin behoort, gekom, ek
en my byvrou, om te vernag.
5 En die burgers van Gíbea het teen my opgestaan
en in vyandskap teen my die huis omsingel in die nag; hulle het gemeen om my
dood te maak, en my byvrou het hulle
besoedel, sodat sy gesterf het.
6 Toe het ek my byvrou gegryp en haar in stukke
verdeel en haar rondgestuur in die hele land van die Erfdeel van JisraEl, omdat
hulle die gekheid van bloedvermenging in JisraEl begaan het.
7 Hier is julle, kinders van JisraEl, nou almal:
gee julle hier woord en raad!
8 Toe staan die hele volk op soos een man en sê:
Geeneen van ons sal na sy tent toe gaan en geeneen van ons wegdraai na sy huis
toe nie;
9 maar dit is nou die ding wat ons Gíbea sal
aandoen: Teen haar volgens die lot!
10 Ons sal naamlik tien man neem uit elke honderd
van al die stamme van JisraEl, en honderd uit duisend, en duisend uit
tienduisend, om padkos vir die manskappe te gaan haal, om as hulle gekom het,
met Gíbea van Benjamin te handel volgens die skanddaad wat hy in JisraEl begaan
het.
11 Toe versamel al die manne van JisraEl by die
stad, soos een man saam verbonde.
12 En die stamme van JisraEl stuur manne deur die
hele stam van Benjamin om te sê: Wat vir ’n besoedeling is dit wat onder julle
gepleeg is?
13 Lewer dan nou die manne, die seuns van Belijaal
uit wat in Gíbea is, dat ons hulle om die lewe kan bring en die besoedeling uit
JisraEl kan uitroei. Die Benjaminiete wou egter nie na hulle broers, die
kinders van JisraEl, luister nie;
14 maar die kinders van Benjamin het bymekaargekom
uit die stede na Gíbea toe, om na die oorlog uit te trek teen die kinders van
JisraEl.
15 En die kinders van Benjamin uit die stede is op
dié dag getel ses-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, behalwe die
inwoners van Gíbea wat getel is: sewehonderd uitgesoekte manne.
16 Uit al hierdie manskappe was daar sewehonderd
uitgesoekte manne wat linkshandig was; hulle almal het met ’n klip op ’n haar
geslinger sonder om te mis.
17 En die manne van JisraEl, behalwe Benjamin, is
getel: vierhonderd-duisend man wat die swaard uittrek, hulle almal was
krygsmanne.
18 En hulle het klaargemaak en opgetrek na BetEl
en Elohim geraadpleeg; en die kinders van JisraEl het gesê: Wie van ons moet
eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê JaHWeH: JeHûWdah
eerste.
19 Daarop het die kinders van JisraEl die môre
klaargemaak en laer opgeslaan teen Gíbea.
20 En die manne van JisraEl het uitgetrek om te
veg teen Benjamin, en die manne van JisraEl het hulleself in slagorde teen
hulle opgestel, na Gíbea toe.
21 Toe trek die kinders van Benjamin uit Gíbea
uit, en hulle het op dié dag in JisraEl twee-en-twintigduisend man teen die
Aarde vernietig.
22 Maar die manskappe, die manne van JisraEl, het
hulle sterk gehou en hulle weer in slagorde opgestel op die plek waar hulle hul
die vorige dag opgestel het.
23 En die kinders van JisraEl het opgetrek en
geween voor die Aangesig van JaHWeH tot die aand toe en JaHWeH geraadpleeg en
gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my
broer? En JaHWeH sê: Trek teen hom op!
24 En toe die kinders van JisraEl die tweede dag
nader kom na die kinders van Benjamin,
25 het Benjamin uit Gíbea op die tweede dag
uitgetrek om hulle te ontmoet en van die kinders van JisraEl nog agttienduisend
man wat almal die swaard uittrek, teen die Aarde vernietig.
26 Daarop trek al die kinders van JisraEl, ja, die
hele volk weg, en hulle het na die Huis van Elohim gekom; en hulle het geween
en daar gebly voor die Aangesig van JaHWeH en dié dag gevas tot die aand toe en
brandoffers en vergoedinge voor die Aangesig van JaHWeH gebring.
27 En die kinders van JisraEl het JaHWeH
geraadpleeg - want die Verbondsark van die Elohim was in dié dae daar,
28 en Pínehas, die seun van El-Azar, die seun van
Aäron, het in dié dae voor Hom gedien - en gesê: Moet ek nog weer uittrek om
teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê
JaHWeH: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
29 En JisraEl het rondom teen Gíbea hinderlae
opgestel.
30 En die kinders van JisraEl het op die derde dag
teen die kinders van Benjamin opgetrek en hulle teen Gíbea opgestel soos die
vorige kere.
31 En die kinders van Benjamin het uitgetrek, die
manskappe tegemoet - hulle is van die stad afgesny - en, soos die vorige kere,
het hulle begin om sommige van die manskappe op die grootpaaie te verslaan,
waarvan die een opgaan na die Huis van Elohim, en die ander deur die veld na
Gíbea - omtrent dertig man in JisraEl.
32 Toe dink die kinders van Benjamin: Hulle is
voor ons verslaan soos die eerste keer! Maar die kinders van JisraEl het gesê:
Laat ons vlug en hom van die stad afsny na die grootpaaie toe.
33 En al die manne van JisraEl het hulle stelling
verlaat en hulle by Baäl-Tamar opgestel, terwyl die hinderlaag van JisraEl
aanruk uit sy stelling, uit die oop plek by Gíbea.
34 En tienduisend uitgesoekte manne uit die hele
JisraEl het teenoor Gíbea vandaan gekom, en die geveg was hewig; maar
[Benjamin] het nie gemerk dat die ellende hulle sou tref nie.
35 Toe het JaHWeH Benjamin voor die aangesig van
JisraEl verslaan, en die kinders van JisraEl het op dié dag in Benjamin
vyf-en-twintigduisend-eenhonderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.
36 So het dan die kinders van Benjamin gesien dat
hulle verslaan is. En die manne van JisraEl het aan Benjamin terrein gegee,
omdat hulle vertrou het op die hinderlaag wat hulle teen Gíbea opgestel het.
37 Toe het die hinderlaag vinnig na Gíbea gestorm
- en die hinderlaag het getrek en die hele stad met die skerpte van die swaard
verslaan.
38 En die manne van JisraEl het ’n afspraak met
die hinderlaag gehad dat hulle ’n groot rookwolk uit die stad moet laat optrek.
39 Daarom het die manne van JisraEl omgedraai in
die geveg; en die Benjaminiete het begin om onder die manne van JisraEl sommige
neer te slaan, omtrent dertig man, want hulle het gedink: Hy is regtig
heeltemal voor ons verslaan soos in die vorige geveg.
40 Intussen het die wolk begin optrek uit die
stad, ’n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al [in
rook] na die Hemele op!
41 Toe die manne van JisraEl dan nou omdraai, het
die manne van Benjamin geskrik, want hulle het gesien dat die ellende hulle
gaan tref;
42 en hulle het voor die aangesig van die manne
van JisraEl omgedraai op pad na die wildernis; maar die geveg het hulle ingehaal,
terwyl die wat uit die stede kom, hulle daar tussenin vernietig:
43 hulle het Benjamin omsingel, hom agtervolg, hom
op die rusplek vertrap tot teenoor Gíbea, aan die oostekant.
44 En daar het van Benjamin agttienduisend man
geval, en dit almal dapper manne.
45 Toe spring hulle om en vlug na die wildernis,
na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyfduisend
man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en tweeduisend man van
hulle verslaan.
46 En al die gesneuweldes van Benjamin op dié dag
was vyf-en-twintigduisend man wat die swaard uittrek, en dit almal dapper
manne.
47 Maar seshonderd man het omgedraai en gevlug na
die wildernis, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.
48 Toe gaan die manne van JisraEl terug na die
kinders van Benjamin en verslaan hulle met die skerpte van die swaard, sowel
mense as diere en alles wat voorgekom het; ook al die stede wat hulle aangetref
het, het hulle aan die brand gesteek.
21 MAAR die manne van JisraEl het al in Mispa
gesweer en gesê: Niemand van ons mag sy dogter aan ’n Benjaminiet as vrou gee
nie.
2 En toe die manskappe in BetEl kom, het hulle
daar gebly tot die aand toe voor die Aangesig van die Elohim en hulle stem verhef
en geween met ’n groot geween
3 en gesê: Waarom, o JaHWeH, Elohey van JisraEl,
het dit in JisraEl gebeur dat daar vandag een stam uit JisraEl vermis word?
4 Daarop het die manskappe die volgende dag vroeg
klaargemaak en daar ’n altaar gebou en brandoffers en vergoeding gebring.
5 En die kinders van JisraEl het gesê: Wie is daar
van al die stamme van JisraEl wat nie opgegaan het na die vergadering, na
JaHWeH toe nie? Want daar was ’n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na
JaHWeH in Mispa nie - hy moet sekerlik gedood word.
6 Toe het die kinders van JisraEl hulle broer
Benjamin jammer gekry en gesê: Daar is vandag een stam uit JisraEl afgesny.
7 Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat
vroue aanbetref? Want ons het by JaHWeH gesweer dat ons nie van ons dogters aan
hulle as vroue sal gee nie.
8 Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme
van JisraEl nie opgegaan het na JaHWeH in Mispa nie? En kyk, niemand het uit
Jabes in Gílead na die laer, na die vergadering gekom nie.
9 En die volk is getel, en daar was niemand van
die inwoners van Jabes in Gílead nie.
10 Toe stuur die vergadering daarheen
twaalfduisend man uit die dapper manne en gee hulle bevel en sê: Gaan heen en
slaan die inwoners van Jabes in Gílead met die skerpte van die swaard, ook die
vroue en die kinders.
11 En dit is die ding wat julle moet doen: Alles
wat manlik is, en al die vroue wat die gemeenskap met die man ken, moet julle
met die banvloek tref.
12 En hulle het onder die inwoners van Jabes in
Gílead vierhonderd meisies aangetref, maagde wat geen gemeenskap met ’n man
gehad het nie, en dié het hulle na die laer gebring in Silo wat in die Aarde
van Kanaän lê.
13 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek
met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die
Vrede aan.
14 Daarop het Benjamin in dié tyd teruggekom; en
hulle het die vroue wat hulle uit die vroue van Jabes in Gílead in die lewe
behou het, aan hulle gegee, maar só was daar vir hulle nie genoeg nie.
15 En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat
JaHWeH ’n skeuring gemaak het onder die stamme van JisraEl.
16 Toe sê die oudstes van die vergadering: Wat kan
ons doen vir die wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want die vroue was uit
Benjamin verdelg.
17 Verder sê hulle: Die besitting van die wat
oorgebly het, behoort aan Benjamin, sodat geen stam uit JisraEl mag uitgedelg
word nie.
18 Maar ons self kan hulle geen vroue uit ons
dogters gee nie; want die kinders van JisraEl het gesweer en gesê: Vervloek is
hy wat ’n vrou aan Benjamin gee.
19 Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar ’n
Fees van JaHWeH in Silo wat noord van BetEl lê, oostelik van die grootpad wat
opgaan van BetEl na Sigem, en suid van Lebóna.
20 En hulle het die kinders van Benjamin bevel
gegee en gesê: Gaan en lê en loer in die wingerde.
21 En let op, en kyk, as die dogters van Silo
uittrek om hulle koordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom,
en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na
die Aarde van Benjamin gaan.
22 En as hulle vaders of hulle
broers kom om by ons ’n saak te maak, sal ons vir hulle sê: Skenk hulle aan
óns, want ons het nie [vir] elkeen ’n vrou in die oorlog geneem nie. Julle self
het [hulle] mos nie aan hulle gegee nie; in dié geval alleen sou julle skuldig
gewees het.
23 Die kinders van Benjamin het
toe so gedoen: hulle het vroue volgens hulle getal weggedra uit die danseresse
wat hulle gebuit het; en hulle het weggegaan en teruggekeer na hul erfdeel toe,
en hulle het die stede opgebou en daarin gewoon.
24 En die kinders van JisraEl het
in daardie tyd daarvandaan weggegaan, elkeen na sy stam en na sy familie, en
hulle het daarvandaan uitgetrek, elkeen na sy erfdeel toe.
25 In dié dae was daar geen koning
in JisraEl nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.
1 DAAR was ’n sekere man uit Ramatáim, ’n Sufiet,
uit die gebergte van Efraim, en sy naam was El-Kanah, die seun van Jeróham, die
seun van EliHûw, die seun van Tohu, die seun van Suf, ’n Efratiet.
2 En hy het twee vroue gehad; die naam van die een
was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders
gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
3 En dié man het van jaar tot jaar op- gegaan uit
sy stad om neer te buig en te slag aan JaHWeH van die leërmagte in Silo, waar
die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van JaHWeH was.
4 En op ’n dag het El-Kanah geslag en aan sy vrou
Peninna en al haar seuns en haar dogters dele gegee;
5 maar aan Hanna het hy ’n dubbele deel gegee;
want hy het Hanna liefgehad; maar JaHWeH het haar moederskoot toegesluit.
6 En haar mededingster het haar ook bitterlik
getart om haar te vertoorn, omdat JaHWeH haar moederskoot toegesluit het.
7 So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as
sy opgaan in die Huis van JaHWeH. Só het sy haar getart, dat sy geween het en
nie wou eet nie.
8 En haar man El-Kanah sê vir haar: Hanna, waarom
ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie
beter as tien seuns nie?
9 Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat
hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die
deurpos van die Huis van JaHWeH.
10 En met bitterheid van siel het sy tot JaHWeH
gebid en bitterlik geween;
11 en sy het ’n Gelofte gedoen en gesê: JaHWeH van
die leërmagte, as U waarlik die ellende van U diensmaagd aansien en aan my dink
en U diensmaagd nie vergeet nie, maar U diensmaagd ’n saad van ‘n man skenk,
dan sal ek hom aan JaHWeH gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op
sy hoof kom nie.
12 En toe sy lank gebid het voor die Aangesig van
JaHWeH en Eli op haar mond ag gee -
13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar
lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie - het Eli gedink dat sy
dronk was.
14 En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy dronk wees?
Sit jou wyn van jou af weg.
15 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my meester, ek
is ’n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie,
maar ek het my siel voor die Aangesig van JaHWeH uitgestort.
16 Hou tog nie u dienares voor die aangesig van ’n
dogter van Belijaal nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou
toe gespreek.
17 En Eli antwoord en sê: Gaan in Vrede, en [mag
die] Elohey van JisraEl jou gee wat jy van Hom gevra het.
18 Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind.
Die vrou het toe haar weg gegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.
19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en
voor die Aangesig van JaHWeH neergeval en teruggegaan en by hulle huis in Rama
gekom; en El-Kanah het sy vrou Hanna beken, en JaHWeH het aan haar gedink.
20 En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat
swanger was, ’n seun gebaar en hom ShemuEl genoem; want, [het sy gesê], ek het
hom van JaHWeH gevra. [Boekrol van die Opregte 4:13]
21 Toe die man El-Kanah dan met sy hele huisgesin
opgaan om te slag aan JaHWeH die jaarlikse slagdier en sy Gelofte [te bring]
22 en Hanna het nie opgegaan nie; maar sy het aan
haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan
verskyn voor die Aangesig van JaHWeH en daar vir altyd bly. [Openbaring 12]
23 En haar man El-Kanah het aan haar gesê: Doen
wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het; mag JaHWeH net Sy Woord
bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.
24 En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met
haar saam gebring, met drie bulle en ’n efa meel en ’n sak wyn, en sy het hom
gebring in die Huis van JaHWeH in Silo. En die seun was nog jonk.
25 En hulle het die bul doodgebloei en die seun by
Eli gebring;
26 en sy het gesê: Ag, my meester, so waar as u
siel leef, my meester, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot JaHWeH
te bid.
27 Om hierdie seun het ek gebid, en JaHWeH het my
bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.
28 So staan ek hom dan ook af aan JaHWeH al die
dae wat hy leef; hy is aan JaHWeH afgestaan. En hy het daar neergebuig tot
JaHWeH. [JeshaJaH
66:7]
2 TOE het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in
JaHWeH, my horing is hoog in JaHWeH; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek
verheug my in U Verlossing.
2 Niemand is apart soos JaHWeH nie; ja, daar is
niemand buiten U, en daar is geen Rots soos onse Elohey nie.
3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat
vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want JaHWeH is ’n El van diepe
Kennis, en deur Hom word die dade beproef. [Jakobus 1:26]
4 Die boog van die dapperes is verbreek; maar die
wat gestruikel het, is met krag omgord.
5 Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur;
maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar
sy wat ryk aan kinders was, sy het verswak.
6 JaHWeH maak dood en maak lewend; HY laat
neerdaal in die Doderyk/Sheol en laat uit haar opkom.
7 JaHWeH maak arm en maak ryk; Hy verneder, ook
verhoog Hy.
8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die
ashoop verhef Hy die behoeftige, om [hulle] te laat sit by die vorste en hulle
’n erestoel te laat beërwe. Want aan JaHWeH behoort die pilare van die Aarde,
en Hy het die wêreld daarop gevestig. [Openbaring 3:12]
9 Die voete van Sy gunsgenote bewaar Hy, maar die
besoedeldes sal stil wees in duisternis; want ’n sterfling oorwin nie deur krag
nie.
10 Die wat met JaHWeH twis, word verpletter; oor
hulle donder Hy in die Hemele; JaHWeH oordeel die eindes van die Aarde, en Hy
gee sterkte aan Sy Koning en verhef die horing van Sy Gesalfde.
11 Daarna het El-Kanah na sy huis, na Rama,
gegaan, terwyl die seun by die priester Eli JaHWeH bly dien het.
12 MAAR die seuns van Eli was seuns van Belijaal;
hulle het JaHWeH nie geken nie.
13 Die Regspraak van die priesters teenoor die
volk was só: As iemand ’n slagdier slag, dan kom die jongeling van die
priester, sodra die vleis gaar is, met die drietandvurk in sy hand,
14 en steek in die kastrol of in die pot of in die
pan of in die skottel: alles wat die drietandvurk optrek, neem die priester vir
homself. So het hulle met al die JisraEliete gedoen wat daar, in Silo, gekom
het.
15 Selfs voordat hulle die vet aan die brand
steek, kom die jongeling van die priester en sê aan die man wat slag: Gee vleis
om vir die priester te braai, want hy neem dit nie gaar nie - net rou.
16 En die man het vir hom gesê: Brand die vet eers
as geur, neem dan vir jou soos jou siel begeer - dan sê hy: Nee, maar jy moet
dit nou gee; en so nie, dan neem ek dit met geweld.
17 En die oortredinge van die jongmanne was baie
groot voor die Aangesig van JaHWeH, want die man het die spysbydrae aan JaHWeH
verag.
18 Maar ShemuEl het as seun gedien voor die
Aangesig van JaHWeH, omgord met ’n linneskouerkleed.
19 En sy moeder was gewoond om vir hom ’n klein
manteltjie te maak wat sy van jaar tot jaar vir hom gebring het as sy met haar
man opgaan om die jaarlikse slagdier te slag.
20 Dan seën Eli El-Kanah en sy vrou en sê: Mag
JaHWeH jou ’n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan JaHWeH
afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.
21 En JaHWeH het ag gegee op Hanna, sodat sy
swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun
ShemuEl het groot geword by JaHWeH.
22 Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat
sy seuns aan die hele JisraEl doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue
wat dien by die ingang van die Tent van Samekoms,
23 dan sê hy vir hulle: Waarom doen julle sulke
dinge, dat ek van hierdie hele volk julle besoedelde dinge moet hoor?
24 Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen
goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van JaHWeH oortree.
25 As ‘n persoon teen ‘n ander oortree, dan beslis
die owerheid oor hom, maar as ’n persoon teen JaHWeH oortree, wie sal dan vir
hom as regter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want
JaHWeH wou hulle ombring.
26 Maar die seun ShemuEl het toegeneem in grootte
en in Guns by JaHWeH sowel as by die mense.
27 EN daar het ’n Man van Elohim by Eli gekom en
vir hom gesê: So spreek JaHWeH: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis
van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie?
28 En Ek het hom vir My as priester uitgekies uit
al die stamme van JisraEl om op My altaar te klim om die reukwerk aan die brand
te steek, om die skouerkleed te dra voor My Aangesig; en Ek het aan die huis
van jou vader al die vure van die kinders van JisraEl gegee.
29 Waarom vertrap julle My slagdiere en My
spysbydrae wat Ek [in My] woning beveel het, en eer jy jou seuns meer as vir My
deur julle vet te voer met die beste van elke spysbydrae van My volk JisraEl?
30 Daarom spreek JaHWeH, die Elohey van JisraEl:
Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor My
Aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek JaHWeH: Dit is ver van My;
want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.
31 Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van
jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde in jou huis sal wees nie.
32 Dan sal jy die benoudheid van [My] woning
aanskou, in alles waarin hy aan JisraEl goed sal doen; en in jou huis sal daar
al die dae geen bejaarde wees nie.
33 Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou
siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van My altaar af nie; en al wat
aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.
34 En dit sal vir jou die teken wees wat oor jou
twee seuns, oor Hofni en Pínehas, sal kom: Op een dag sal hulle altwee sterwe.
35 En Ek sal vir My ’n getroue priester verwek wat
sal handel soos dit in My Hart en in My Siel is, en Ek sal vir hom ’n
bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die Aangesig van My Gesalfde kan
wandel.
36 En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om
hulle voor hom neer te buig vir ’n silwer stuk en ’n broodjie, en hulle sal sê:
Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek ’n stukkie brood kan eet.
3 EN die seun ShemuEl het JaHWeH gedien voor die
aangesig van Eli, en die Woord van JaHWeH was skaars in die dae: gesigte was
daar nie baie nie.
2 In dié tyd dan terwyl Eli op sy plek lê en slaap
- sy oë het al begin swak word, sodat hy nie kon sien nie -
3 toe die lamp van Elohim nog nie doodgegaan het
nie, en ShemuEl lê en slaap in die Huis van JaHWeH waar die Ark van Elohim was,
4 het JaHWeH na ShemuEl geroep; en hy het
geantwoord: Hier is ek.
5 Daarop loop hy na Eli en sê: Hier is ek, want u
het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie; gaan slaap maar weer.
Hy het toe geloop en gaan lê.
6 Verder het JaHWeH ShemuEl weer geroep, en
ShemuEl het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my
geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.
7 Maar ShemuEl het JaHWeH nog nie geken nie; ook
was die Woord van JaHWeH nog nie aan hom geopenbaar nie.
8 En JaHWeH het ShemuEl weer geroep vir die derde
maal- en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my
geroep. Toe merk Eli dat JaHWeH die seun geroep het.
9 Daarom het Eli vir ShemuEl gesê: Gaan lê, en as
Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, JaHWeH, want U kneg hoor. Toe het
ShemuEl geloop en op sy plek gaan lê.
10 Toe het JaHWeH gekom en gaan staan en geroep
soos die vorige kere: ShemuEl, ShemuEl! En ShemuEl het geantwoord: Spreek, want
U kneg hoor.
11 Toe het JaHWeH aan ShemuEl gesê: Kyk, Ek gaan
’n ding doen in JisraEl waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
12 Dié dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor
sy huis gespreek het, van begin tot end.
13 En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan
oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het; want toe sy
seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.
14 En daarom sweer Ek aangaande die huis van Eli:
Waarlik die ongeregtigheid van die huis van Eli sal tot in ewigheid nie deur ‘n
slagdier of spysbydrae versoen word nie.
15 En ShemuEl het bly lê tot die môre toe. En hy
het die deure van die Huis van JaHWeH oopgemaak; maar ShemuEl was bevrees om
die gesig aan Eli mee te deel. [MattithJaHûW 23:13]
16 En Eli het ShemuEl geroep en gesê: ShemuEl, my
seun! En hy antwoord: Hier is ek.
17 Toe vra hy: Wat is die Woord wat Hy met jou
gespreek het? Verberg dit tog nie vir my nie. Mag Elohim so aan jou doen en so
daaraan toedoen as jy iets van al die woorde wat Hy met jou gespreek het, vir
my verberg.
18 En ShemuEl het hom al die woorde meegedeel, en
niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is JaHWeH; laat Hom doen wat goed
is in Sy Oë.
19 En ShemuEl het groot geword, en JaHWeH was met
hom; en hy het nie een van al sy woorde op die Aarde laat val nie.
20 En die hele JisraEl van Dan tot Berséba het
erken dat ShemuEl betroubaar was as ’n profeet van JaHWeH.
21 En JaHWeH het weer verskyn in Silo; want JaHWeH
het Hom geopenbaar aan ShemuEl in Silo deur die Woord van JaHWeH.
4 EN die woord van ShemuEl het tot die hele JisraEl
gekom. En JisraEl het uitgetrek vir die geveg, die Filistyne tegemoet, en hulle
het laer opgeslaan by Ebenhaéser; maar die Filistyne het laer opgeslaan by
Afek.
2 Toe die Filistyne hulle opstel om JisraEl te
ontmoet, en die geveg ontwikkel, is JisraEl voor die aangesig van die Filistyne
verslaan; en hulle het op die vegterrein in die veld omtrent vierduisend man
doodgeslaan.
3 Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die
oudstes van JisraEl: Waarom het JaHWeH ons vandag voor die aangesig van die Filistyne
verslaan? Laat ons die Verbondsark van JaHWeH uit Silo na ons toe bring, dat sy
onder ons inkom en ons verlos uit die handpalms van ons vyande.
4 Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en
hulle het die Verbondsark van JaHWeH van die leërmagte wat op die Gérubs troon,
daarvandaan gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by
die Verbondsark van die Elohim.
5 En net toe die Verbondsark van JaHWeH in die
laer inkom, hef die hele JisraEl ’n groot krygsgeskreeu aan, sodat die Aarde
gedreun het.
6 En die Filistyne het die geluid van die gejuig
gehoor en gesê: Watter geluid van ’n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van
die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die Ark van JaHWeH in die laer gekom het.
7 En die Filistyne het bang geword, want hulle het
gesê: Elohim het in die laer gekom! En hulle het gesê: Wee ons, want so iets
het gister en eergister nie gebeur nie.
8 Wee ons! Wie sal ons red uit die Hand van die
Elohim van die geweldiges? Dit is
dieselfde Elohim wat die Egiptenaars met allerhande plae getref het in die
wildernis.
9 Wees dapper en gedra julle soos manne,
Filistyne, dat julle nie miskien die Hebreërs dien soos hulle julle gedien het
nie; gedra julle dan soos manne, en veg.
10 Toe het die Filistyne geveg, en JisraEl is verslaan,
sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tente toe. En die slagting was baie groot:
van JisraEl het daar dertigduisend voetgangers geval.
11 Die Ark van Elohim is ook geneem, en die twee
seuns van Eli, Hofni en Pínehas, het gesterwe.
12 Toe het ’n Benjaminiet van die slagveld af
gehardloop en dieselfde dag in Silo aangekom met geskeurde klere en Adamah op
sy hoof.
13 Terwyl hy aankom, sit Eli juis en uitkyk op ’n
stoel aan die kant van die pad, want hy was besorg oor die Ark van Elohim. En
die man het gekom om dit in die stad mee te deel, en die hele stad het
geskreeu.
14 Toe Eli dan die geluid van die geskreeu hoor,
sê hy: Wat is dit vir ’n rumoerige geluid? En die man het gou gekom en dit aan
Eli meegedeel.
15 (Eli was agt-en-negentig jaar oud, en sy oë het
styf gestaan, sodat hy nie kon sien nie.)
16 En die man het vir Eli gesê: Dit is ek wat van
die slagveld gekom het; ja, ek het vandag van die slagveld gevlug. En hy vra:
Wat het daar gebeur, my seun?
17 En die boodskapper antwoord en sê: JisraEl het
voor die aangesig van die Filistyne gevlug, en daar was ook ’n groot slagting
onder die manskappe, en u twee seuns, Hofni en Pínehas, het ook gesterwe, en
die Ark van die Elohim is geneem.
18 Net toe hy melding maak van die Ark van die
Elohim, val hy agteroor van die stoel af aan die kant van die poort, sodat hy
sy nek gebreek en gesterf het; want die man was oud en swaar. En hy het JisraEl
veertig jaar lank gerig.
19 En sy skoondogter, die vrou van Pínehas, was
vér heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die Ark van die
Elohim geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar
krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval.
20 En terwyl sy op sterwe lê, sê die vroue wat by
haar staan: Wees nie bevrees nie, want jy het ’n seun gebaar; maar sy het nie
geantwoord en dit nie ter harte geneem nie,
21 maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê:
Weggevoer is die eer uit JisraEl - met die oog op die wegneming van die Ark van
die Elohim en met die oog op haar skoonvader en haar man.
22 En sy het gesê: Weggevoer is die eer uit
JisraEl, omdat die Ark van die Elohim geneem is.
5 EN die Filistyne het die Ark van die Elohim
geneem en haar van Eben- haéser af na Asdod gebring.
2 Daarop het die Filistyne die Ark van die Elohim
geneem en haar in die huis van Dagon gebring en haar langs Dagon neergesit.
3 Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre
daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die Aarde voor die aangesig
van die Ark van JaHWeH. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.
4 Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan,
sien hulle Dagon lê met sy gesig op die Aarde voor die aangesig van die Ark van
JaHWeH; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die
drumpel: net Dagon [se lyf] het aan hom oorgebly.
5 Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat
in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in
Asdod nie.
6 Maar die Hand van JaHWeH was swaar op die
Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en haar
grondgebied.
7 Toe die manne van Asdod sien dat dit so gaan, sê
hulle: Die Ark van die Elohey van JisraEl mag nie by ons bly nie, want Sy Hand
druk swaar op ons en op ons god Dagon.
8 Daarom het hulle al die vorste van die Filistyne
by hulle byeen laat kom en gevra: Wat moet ons met die Ark van die Elohey van
JisraEl doen? En dié het gesê: Laat die Ark van die Elohey van JisraEl oorgaan
na Gat toe. Daarop het hulle die Ark van die Elohey van JisraEl oorgebring.
9 En nadat hulle haar oorgebring het, was die Hand
van JaHWeH teen die stad met ’n baie groot verwarring, en Hy het die mense van
die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle
uitgebreek het.
10 Daarop stuur hulle die Ark van die Elohim na
Ekron. Maar toe die Ark van die Elohim in Ekron kom, het die Ekroniete geskreeu
en gesê: Hulle het die Ark van die Elohey van JisraEl na my toe oorgebring om
my en my volk dood te maak.
11 Daarom het hulle al die vorste van die
Filistyne byeen laat kom en gesê: Stuur die Ark van die Elohey van JisraEl weg,
dat sy na haar plek kan teruggaan en my en my volk nie doodmaak nie. Want daar
het ’n dodelike verwarring in die hele stad gekom: die Hand van die Elohim was
daar baie swaar.
12 En die mense wat nie gesterf het nie, is met
geswelle getref, sodat die hulpgeroep van die stad na die Hemele opgeklim het.
6 EN toe die Ark van JaHWeH sewe maande lank in die
land van die Filistyne was,
2 het die Filistyne die priesters en die waarsêers
geroep en gesê: Wat moet ons met die Ark van JaHWeH doen? Gee ons te kenne hoe
ons haar na haar plek kan wegstuur.
3 En hulle sê: As julle die Ark van die Elohey van
JisraEl wegstuur, stuur haar dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle vir
sy skuld terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom
Sy Hand nie van julle wyk nie.
4 Toe vra hulle: Wat sal ons Hom moet teruggee vir
die skuld? En hulle sê: Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf
goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor
julle vorste.
5 Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van
julle muise wat die Aarde verniel, en gee eer aan die Elohey van JisraEl;
miskien sal Hy Sy Hand ligter maak oor julle en julle gode en julle Aarde.
6 Waarom tog sal julle jul hart verhard soos die
Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg
te trek toe Hy hulle Sy Mag laat voel het nie?
7 Neem dan nou wat [nodig is] en maak ’n nuwe wa;
ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor
die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe.
8 Neem dan die Ark van JaHWeH en sit haar op die
wa, en pak die goue voorwerpe wat julle Hom teruggee vir die skuld, moet julle
in ’n kissie langsaan neerlê; stuur haar dan weg om heen te gaan.
9 En let op: As sy in die rigting van haar eie
gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot boosheid aangedoen;
maar so nie, dan weet ons dat Sy Hand ons nie getref het nie: sy het toevallig
oor ons gekom.
10 Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie
geneem en dié voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou.
11 En hulle het die Ark van JaHWeH op die wa gesit
en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle.
12 En die koeie het reguit padlangs geloop in die
rigting van Bet-Semes; hulle het op die een grootpad aldeur geloop en bulk
sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter
hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes.
13 En die mense van Bet-Semes was juis besig om
die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul oë opslaan en die Ark
gewaar, was hulle bly om haar te sien.
14 En die wa het by die land van JeHôWshua van
Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was ’n groot klip, en hulle het die
hout van die wa gekloof en die koeie laat opklim as ’n brandoffer aan JaHWeH.
15 En die Leviete het die Ark van JaHWeH afgehaal
met die kissie wat daarby was, waar die goue voorwerpe in was, en op die groot klip
neergesit; en die manne van Bet-Semes het dieselfde dag aan JaHWeH brandoffers
opgedra en slagdiere geslag.
16 En toe die vyf vorste van die Filistyne dit
sien, het hulle dieselfde dag teruggegaan na Ekron.
17 En dit is die goue geswelle wat die Filistyne
aan JaHWeH teruggegee het vir die skuld: vir Asdod een, vir Gasa een, vir
Askelon een, vir Gat een, vir Ekron een.
18 En die goue muise was volgens die getal van al
die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die
versterkte stede sowel as van die on- bemuurde dorpe. En die groot klip waar
hulle die Ark van JaHWeH op haar neergesit het, is tot vandag toe getuie op die
stuk land van JeHôWshua, van Bet-Semes.
19 En Hy het onder die mense van Bet-Semes ’n
slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftigduisend
man gedood, omdat hulle in die Ark van JaHWeH gekyk het; en die volk het
getreur, omdat JaHWeH ’n groot slagting onder die volk aangerig het.
20 Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan staande
bly voor die Aangesig van JaHWeH die Elohim, die Apartgestelde? En na wie toe
Hy sal optrek van ons af?
21 Daarom het hulle boodskappers gestuur na die
inwoners van Kirjat-Jeárim om te sê: Die Filistyne het die Ark van JaHWeH
teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe.
7 TOE het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die
Ark van JaHWeH gaan haal en haar in die huis van Abinádab op die heuwel
gebring; en hulle het sy seun El-Azar aangewys om die Ark van JaHWeH te bewaak.
2 EN van die dag af dat die Ark in Kirjat-Jeárim
gebly het, het daar geruime tyd verloop - dit was twintig jaar - en die hele
huis van JisraEl het agter JaHWeH aan geweeklaag.
3 Maar ShemuEl het met die hele huis van JisraEl
gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot JaHWeH bekeer, verwyder
dan die gode van die uitlander en die Ashtarowth onder julle uit, en rig julle
hart op JaHWeH en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die
Filistyne.
4 Daarop het die kinders van JisraEl die Baäls en
die Ashtarowth verwyder en JaHWeH alleen gedien.
5 Verder het ShemuEl gesê: Versamel die hele
JisraEl by Mispa, dan sal ek tot JaHWeH vir julle bid.
6 Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het
water geskep en dit voor die Aangesig van JaHWeH uitgegiet, en dié dag het
hulle gevas en daar gesê: Ons het oortree teen JaHWeH. En ShemuEl het die
kinders van JisraEl in Mispa gerig.
7 Toe die Filistyne hoor dat die kinders van
JisraEl by Mispa saamgekom het, het die vorste van die Filistyne teen JisraEl
opgetrek. En die kinders van JisraEl het dit gehoor en bevrees geword vir die
Filistyne.
8 En die kinders van JisraEl sê aan ShemuEl: Laat
nie na om JaHWeH onse Elohey vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand
van die Filistyne verlos.
9 Toe het ShemuEl ’n suigende lam geneem en hom as
’n brandoffer in sy geheel aan JaHWeH opgeneem, en ShemuEl het JaHWeH aangeroep
vir JisraEl; en JaHWeH het hom verhoor.
10 Want onderwyl ShemuEl die brandoffer bring en
die Filistyne nader kom om teen JisraEl te veg, het JaHWeH dit dié dag met ’n
groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring
gebring, sodat hulle verslaan is voor die aangesig van JisraEl.
11 En die manskappe van JisraEl het uit Mispa
uitgetrek en die Filistyne agtervolg en hulle verslaan tot onderkant Bet-Kar.
12 Toe het ShemuEl ’n klip geneem en haar opgerig
tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het JaHWeH
ons gehelp.
13 En die Filistyne is verneder, sodat hulle
verder nie meer die gebied van JisraEl binnegekom het nie, en die Hand van
JaHWeH was teen die Filistyne al die dae van ShemuEl.
14 Ook die stede wat die Filistyne van JisraEl
geneem het, het na JisraEl teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied
daarvan het JisraEl uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede
tussen JisraEl en die Amoriete.
15 En ShemuEl was rigter oor JisraEl al die dae
van sy lewe.
16 Hy het van jaar tot jaar rondgetrek na BetEl en
Gilgal en Mispa, en JisraEl op al hierdie plekke gerig.
17 Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy
huis; en daar het hy JisraEl gerig en daar vir JaHWeH ’n altaar gebou.
8 EN toe ShemuEl oud was, het hy sy seuns as
rigters oor JisraEl aangestel.
2 Die naam van sy eersgeborene was JôWEl, en die
naam van sy tweede AbiJaH, rigters in Berséba.
3 Maar sy seuns het nie in sy weë ge- wandel nie:
hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoop-geskenke aangeneem en die
Reg verdraai.
4 Toe kom al die oudstes van JisraEl bymekaar, en
hulle gaan na ShemuEl in Rama
5 en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel
nie in u weë nie; stel nou ’n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die
nasies.
6 Maar die woord was verkeerd in die oë van
ShemuEl toe hulle gesê het: Gee ons ’n koning om ons te rig, en ShemuEl het tot
JaHWeH gebid.
7 Toe sê JaHWeH vir ShemuEl: Luister na die volk
in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het
hulle verwerp om nie Koning oor hulle te wees nie.
8 Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié
dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My
verlaat en gode van andere gedien het - so doen hulle ook met jou.
9 Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net
ernstig waarsku en hulle die Reg van die koning meedeel wat oor hulle sal
regeer.
10 ShemuEl het toe al die Woorde van JaHWeH
oorgebring aan die volk wat ’n koning van hom gevra het.
11 En hy het gesê: Dit sal die Reg wees van die
koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself
aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor die aangesig van sy wa
hardloop;
12 en om hulle vir homself aan te stel as owerstes
oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy Aarde te ploeg en om sy oes in te
samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.
13 Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters
en as kooksters en baksters.
14 En van julle lande en julle Wingerde en julle
Olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.
15 En van julle saailande en julle Wingerde sal hy
die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.
16 En julle slawe en slavinne en julle beste
jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.
17 Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en
self sal julle sy slawe wees.
18 En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning
wat julle vir jul verkies het, en JaHWeH sal julle in dié dag nie verhoor nie.
19 Maar die volk het geweier om na ShemuEl te
luister en gesê: Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees,
20 dat ons ook kan wees soos al die nasies - dat
ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.
21 En ShemuEl het al die woorde van die volk
aangehoor en dit voor die Ore van JaHWeH uitgespreek.
22 Toe sê JaHWeH vir ShemuEl: Luister na hulle en
stel ’n koning oor hulle aan. En ShemuEl het vir die manne van JisraEl gesê:
Gaan heen, elkeen na sy stad.
9 EN daar was ’n man van Benjamin met die naam van
Kis, die seun van Abíël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van
Afíag, ’n Benja-miniet, ’n vermoënde man.
2 En hy het ’n seun gehad met die naam van Saul,
’n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van JisraEl geeneen
mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk.
3 En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul,
weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou
saam en maak jou klaar, gaan soek die esels.
4 Hy het toe die gebergte van Efraim deurgegaan en
die Aarde Salísa deur- gegaan, maar hulle nie gekry nie; en hulle het die Aarde
Sáälim deurgegaan, maar daar was niks nie; en hy het die Aarde van Benjamin
deurgegaan, maar hulle het niks gekry nie.
5 Toe hulle in die Aarde van Suf kom, sê Saul aan
die dienaar wat by hom was: Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van
die esels af en word oor ons besorg.
6 En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is
’n man van Elohim, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit;
laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die weg wat ons moet
neem.
7 Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan -
wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en ’n geskenk
is hier nie om die man van die Elohim aan te bied nie; wat het ons?
8 En die dienaar het Saul weer ge- antwoord en
gesê: Kyk, ek het nog ’n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van
Elohim gee, dat hy ons kan inlig oor ons weg.
9 Vroeër het die mense in JisraEl só gesê as hulle
gaan om die Elohim te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die
profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.
10 En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed;
kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van die Elohim
was.
11 Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan,
kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die
siener hier?
12 En dié antwoord hulle en sê: Daar is hy voor
jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag
’n slagdier op die hoogte het.
13 As julle die stad ingaan, sal julle hom net
aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie
voordat hy kom nie, want hy seën die slagdier; daarna eet die genooides; gaan
dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.
14 En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op
die punt was om binne-in die stad te gaan, kom ShemuEl meteens uit hulle
tegemoet om op te gaan na die hoogte.
15 Want JaHWeH het dit een dag voor die aangesig
van Saul se koms aan ShemuEl geopenbaar en gesê:
16 Môre sulke tyd sal Ek ’n man uit die Aarde van
Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as ’n vors oor My volk JisraEl; en hy
sal My volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het My volk
aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.
17 Toe ShemuEl vir Saul sien, het JaHWeH hom
geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor My volk heers.
18 En Saul het nader gekom na ShemuEl binne-in die
poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?
19 Daarop het ShemuEl Saul geantwoord en gesê: Ek
is die siener! Gaan voor my aangesig uit op na die hoogte, dan kan julle vandag
saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart
is, sal ek jou te kenne gee.
20 En wat die esels betref wat jy vandag al drie
dae gelede vermis het - bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind.
Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in JisraEl? Is dit nie aan jou en jou
hele familie nie?
21 En Saul antwoord en sê: Is ek nie ’n
Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van JisraEl, en my familie
die geringste uit al die families van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek
u dan so met my?
22 Verder het ShemuEl Saul en sy dienaar geneem en
hulle in die kamer gebring en hulle ’n plek gegee aan die hoof van die
genooides, wat omtrent dertig man was.
23 En ShemuEl het aan die kok gesê: Gee die stuk
wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg.
24 Die kok dra toe die boud op met wat daaraan
was, en sit dit voor die aangesig van Saul neer. En [ShemuEl] sê: Kyk, wat
oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou
bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan dié dag saam met
ShemuEl geëet.
25 Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die
stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak.
26 En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag
uitkom, het ShemuEl Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan
wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en ShemuEl, het na buite
gegaan.
27 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal,
sê ShemuEl vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan - en hy
het verder gegaan - maar staan jy eers stil, dat ek jou die Woord van Elohim
kan laat hoor.
10 EN ShemuEl het die kruik met olie geneem en haar
op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het JaHWeH jou nie gesalf as vors
oor Sy Erfdeel nie?
2 As jy vandag van my af weggaan, sal jy by die
graf van Ragel, op die grens van Benjamin in Selsag, twee manne aantref wat vir
jou sal sê: Die esels wat jy gaan soek het, is gevind. En kyk, jou vader het
die saak van die esels laat vaar en is besorg oor julle en vra: Wat kan ek vir
my seun doen?
3 Gaan jy dan vandaar verder en kom by die
terpentynboom van Tabor, dan sal drie manne jou daar kry wat na Elohim, na
BetEl opgaan: een dra drie bokkies, en een dra drie brode, en een dra ’n sak
wyn.
4 En hulle sal jou na die welstand vra en sal jou
twee brode gee; dit moet jy dan uit hulle hand aanneem.
5 Daarna sal jy kom by Gíbea van die Elohim waar
die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy
’n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en
tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer.
6 En die Gees van JaHWeH sal oor jou vaardig word,
sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ’n ander mens verander word.
7 En as hierdie tekens vir jou uitkom, doen dan
wat jou hand vind om te doen, want die Elohim is met jou.
8 En jy moet voor my aangesig uit na Gilgal
afgaan, en kyk, ek sal na jou afkom om brandoffers op te dra, om slagdiere vir
vergoedinge te slag; sewe dae lank moet jy wag, totdat ek by jou kom en jou
bekend maak wat jy moet doen.
9 En net toe hy sy skouer draai om van ShemuEl af
weg te gaan, het Elohim sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag
uitgekom.
10 Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet
hom meteens ’n groep profete, en die Gees van Elohim het oor hom vaardig
geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.
11 En toe elkeen wat hom van gister en eergister
af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een
aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder
die profete?
12 En ’n man daarvandaan het geantwoord en gesê:
Wie is tog hulle vader? Daarom het dit ’n spreekwoord geword: Is Saul ook onder
die profete?
13 Toe hy klaar was met profeteer, het hy op die
hoogte aangekom.
14 En die oom van Saul het vir hom en sy dienaar
gevra: Waar het julle heen gegaan? Daarop sê hy: Om die esels te soek; en toe
ons sien dat hulle daar nie was nie, het ons na ShemuEl gegaan.
15 En die oom van Saul sê: Vertel my tog wat
ShemuEl julle meegedeel het.
16 Toe sê Saul vir sy oom: Hy het ons verseker
meegedeel dat die esels gevind is. Maar die saak van die koningskap, waar
ShemuEl van gespreek het, het hy hom nie vertel nie.
17 En ShemuEl het die volk na JaHWeH in
Mispa byeengeroep
18 en aan die kinders van JisraEl gesê: So spreek
JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Ek het JisraEl uit Egipte laat optrek en julle
gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke
wat julle verdruk het.
19 Maar julle verwerp vandag julle Elohey wat
julle uit al jul ellende en benoudhede verlos het, en sê: Nee, maar jy moet ’n
koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die Aangesig van JaHWeH
volgens julle stamme en volgens julle duisende.
20 Toe ShemuEl dan al die stamme van JisraEl laat
nader kom het, is die stam van Benjamin aangewys;
21 en toe hy die stam van Benjamin volgens sy
families laat nader kom het, is die familie van Matri aangewys; verder is Saul,
die seun van Kis, aangewys. En hulle het hom gesoek, maar hy was nie te vinde
nie.
22 En hulle het JaHWeH verder geraadpleeg: Het nog
iemand hierheen gekom? En JaHWeH sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.
23 Daarop het hulle geloop en hom daarvandaan gebring;
en toe hy tussen die mense gaan staan, was hy van sy skouers af boontoe hoër as
die hele volk.
24 En ShemuEl sê aan die hele volk: Sien julle hom
wat JaHWeH uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie.
Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!
25 Daarna het ShemuEl die Reg van die koningskap
voor die aangesig van die volk afgekondig en dit in ’n Boekrol geskrywe en voor
die Aangesig van JaHWeH neergelê. En ShemuEl het die hele volk elkeen na sy
huis laat gaan.
26 En Saul het ook na sy huis gegaan in Gíbea; en
die dapperes wie se hart Elohim geroer het, het met hom saamgegaan.
27 Maar die seuns van Belijaal het gesê: Hoe kan
hierdie man ons verlos? En hulle het hom verag en hom geen geskenk gebring nie;
maar hy het hom doof gehou.
11 EN Nahas, die Ammoniet, het op getrek en Jabes in
Gílead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons ’n
verbond, dan sal ons u dien.
2 Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op
hierdie voorwaarde sal ek [die verbond] met julle sluit, dat ek julle almal die
regteroog uitsteek en dit as ’n skande op die hele JisraEl kan lê.
3 Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons
sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van JisraEl kan
stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.
4 En die boodskappers het in Gíbea van Saul gekom
en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle
stem en ween.
5 Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die
veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel
hom die woorde van die manne van Jabes.
6 En die Gees van Elohim het oor Saul vaardig
geword terwyl hy dié woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.
7 En hy het ’n paar beeste geneem en hulle
stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van JisraEl gestuur om
te sê: Wie nie agter Saul en agter ShemuEl aan uittrek nie - so sal met sy
beeste gedoen word. Toe val die skrik van JaHWeH op die volk en hulle trek soos
een man uit.
8 En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders
van JisraEl was driehonderd- duisend en die manne van JeHûWdah dertigduisend.
9 En hulle het aan die boodskappers wat gekom het,
gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in Gílead sê: Môre as die son op sy
warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die
manne van Jabes meedeel, was hulle bly.
10 En die manne van Jabes sê: Môre sal ons na
julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.
11 Maar die volgende môre het Saul die manskappe
in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môrewag in die laer ingekom en
die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so
verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.
12 Daarna sê die manskappe vir ShemuEl: Wie is dit
wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan
doodmaak.
13 Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man
gedood word nie, want vandag het JaHWeH ’n Verlossing in JisraEl bewerk.
14 Toe sê ShemuEl aan die volk: Kom, laat ons na
Gilgal gaan en daar die koningskap vernuwe.
15 En die hele volk het na Gilgal getrek en daar
Saul voor die Aangesig van JaHWeH in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar
slagdiere vir vergoeding geslag voor die Aangesig van JaHWeH, en Saul met al
die manne van JisraEl was daar uitermate vrolik.
12 TOE sê ShemuEl aan die hele JisraEl: Kyk, ek het
na julle geluister in alles wat julle aan my gesê het, en ’n koning oor julle
aangestel.
2 En kyk nou, die koning sal voor julle uit
wandel, en ek het oud en grys geword, en my seuns is hier by julle. En ek het
voor julle uit gewandel van my jeug af tot vandag toe.
3 Hier is ek; getuig teen my voor die Aangesig van
JaHWeH en voor Sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem
het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopfooi
aangeneem het om my oë daarmee toe te maak - dan sal ek dit aan julle teruggee.
4 En hulle antwoord: U het ons nie verdruk of ons
hard behandel nie en uit niemand se hand iets aangeneem nie.
5 Daarop sê hy vir hulle: JaHWeH is Getuie teen
julle, en Sy gesalfde is getuie vandag, dat julle niks in my hand gevind het
nie. En hulle roep: Hy is getuie.
6 Verder het ShemuEl aan die volk gesê: JaHWeH het
bewerk dat Moshè en Aäron julle vaders uit die Aarde van Egipte laat optrek
het.
7 Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan
hou voor die Aangesig van JaHWeH oor al die Dade van Geregtigheid van JaHWeH
wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het.
8 Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders
JaHWeH aangeroep het, het JaHWeH Moshè en Aäron gestuur; en hulle het julle
vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.
9 Maar hulle het JaHWeH hulle Elohey vergeet;
daarom het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor,
en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab - wat
teen hulle geveg het.
10 Toe het hulle JaHWeH aangeroep en gesê: Ons het
oortree, want ons het JaHWeH verlaat en die Baäls en die Ashtarowth gedien;
maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.
11 En JaHWeH het Jerúbbaäl (Gideon) en Bedan en
Jefta en ShemuEl gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered,
sodat julle veilig gewoon het.
12 Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van
die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar ’n
koning moet oor ons regeer, terwyl JaHWeH julle Elohey tog jul Koning is.
13 Hier is dan nou die koning wat julle uitgekies
het, wat julle begeer het, en kyk, JaHWeH het ’n koning oor julle aangestel.
14 As julle maar JaHWeH vrees en HOM dien en na SY
Stem luister en nie wederstrewig is teen die Mond van JaHWeH nie en julle self
sowel as die koning wat oor julle regeer, JaHWeH julle Elohey maar volg! [Wysheid van Sirah 39:1]
15 Maar as julle nie na die Stem van JaHWeH
luister nie en wederstrewig is teen die Mond van JaHWeH, dan sal die Hande van
JaHWeH teen julle wees soos teen julle vaders.
16 Gaan dus staan, en kyk na hierdie groot saak
wat JaHWeH voor julle oë gaan doen.
17 Is dit nie koringoestyd vandag nie? Ek sal
JaHWeH aanroep, dat Hy donderslae en reën gee: weet dan en sien dit in dat
julle besoedeling groot is wat julle in die Oë van JaHWeH gedoen het deur ’n
koning vir julle te begeer.
18 Toe het ShemuEl JaHWeH aangeroep, en JaHWeH het
donderslae en reën op dié dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword
het vir JaHWeH en vir ShemuEl.
19 Daarom het die hele volk vir ShemuEl gesê: Bid
tot JaHWeH jou Elohey vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons
oortredinge nog bygevoeg het en besoedel gehandel het deur ’n koning vir ons te
begeer.
20 Toe sê ShemuEl vir die volk: Wees nie bevrees
nie. Julle het al hierdie besoedeling gedoen; maar wyk nie van JaHWeH af nie,
en dien JaHWeH met julle hele hart.
21 En julle mag nie afwyk nie, want dan [gaan
julle] agter nietige idole aan wat nie kan help of red nie, omdat hulle
nietighede is.
22 Want JaHWeH sal Sy volk ter wille van Sy grote
Naam nie verwerp nie, omdat dit JaHWeH behaag het om van julle vir Hom ’n volk
te maak.
23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek
teen JaHWeH sou oortree, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal
julle in die suiwer en regte Weg onderrig.
24 Vrees net JaHWeH en dien Hom in Waarheid met
julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.
25 Maar as julle ooit verkeerd handel, sal julle
self sowel as julle koning omkom.
13 SAUL het ’n jaar geregeer. En toe hy twee jaar
oor JisraEl geregeer het,
2 het Saul vir hom drieduisend man uit JisraEl
uitgesoek; en by Saul was tweeduisend in Migmas en op die gebergte van BetEl,
en duisend was by JeHôWnathan in Gíbea in Benjamin; maar die orige manskappe
het hy laat gaan, elkeen na sy tente toe.
3 En JeHôWnathan het die wagpos van die Filistyne
verslaan wat in Geba was, en die Filistyne het dit gehoor. Daarop het Saul op
die ramshoring laat blaas in die hele Aarde om te sê: Laat die Hebreërs dit
hoor!
4 En die hele JisraEl het hoor sê: Saul het die
wagpos van die Filistyne verslaan, en ook het JisraEl homself gehaat gemaak by
die Filistyne. So is dan die manskappe opgeroep agter Saul aan na Gilgal toe.
5 En die Filistyne het bymekaargekom om teen
JisraEl te veg: drieduisend strydwaens en sesduisend perderuiters en
voetgangers soos die sand wat op die seestrand is in menigte; en hulle het
opgetrek en laer opgeslaan by Migmas, oos van Bet-Awen.
6 Toe die manne van JisraEl sien dat hulle in die
nood is - want die volk was in die noute gedruk - het die volk weggekruip in
die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die
putte.
7 En die Hebreërs het die Jordaan deurgetrek na
die Aarde van Gad en Gílead; maar Saul was nog in Gilgal met al die manskappe
wat bewende agter hom aan gegaan het.
8 En hy het sewe dae lank gewag, tot die tyd wat
ShemuEl bepaal het; maar toe ShemuEl nie na Gilgal kom nie en die manskappe van
hom af verstrooid raak,
9 het Saul gesê: Bring na my die brandoffer en ‘n
vergoedings[bydrae]; en hy het die brandoffer opgedra.
10 En toe hy net gereed was om die brandoffer te
bring, kom ShemuEl meteens daar aan; en Saul het uitgegaan hom tegemoet om hom
te groet.
11 Daarop vra ShemuEl: Wat het jy gedoen? En Saul
sê: Ek het gesien dat die manskappe verstrooid raak van my af; en toe u nie kom
op die afgesproke tyd nie, terwyl die Filistyne in Migmas bymekaarkom,
12 het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe
aftrek in Gilgal, en ek het die Aangesig van JaHWeH nie om Guns gesmeek nie;
daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.
13 Toe sê ShemuEl vir Saul: Jy het dwaas gehandel,
jy het die Gebooie van JaHWeH jou Elohey wat Hy jou beveel het, nie gehou nie;
want anders sou JaHWeH jou koningskap oor JisraEl vir goed bevestig het.
14 Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie.
JaHWeH het vir Hom ’n man na Sy Hart gesoek; en JaHWeH het hom as vors oor Sy
volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat JaHWeH jou beveel het nie.
15 Toe het ShemuEl klaargemaak en opgegaan van
Gilgal na Gíbea in Benjamin, en Saul het die manskappe gemonster wat by hom
aanwesig was, omtrent seshonderd man.
16 Terwyl Saul en sy seun JeHôWnathan en die
manskappe wat by hulle aanwesig was, in Geba in Benjamin bly en die Filistyne
by Migmas laer opslaan,
17 het die roofkommando uitgetrek uit die laer van
die Filistyne in drie afdelings: een deel het weggedraai op pad na Ofra, na die
Aarde van Sual toe;
18 en een deel het weggedraai op pad na Bet-Horon,
en een deel het weggedraai op pad na die grens wat oor die dal Sebóim na die
wildernis uitkyk.
19 En daar was geen smid te vinde in die hele
Aarde van JisraEl nie, want die Filistyne het gesê: Anders kan die Hebreërs
swaarde of spiese maak.
20 Daarom moes al die JisraEliete na die Filistyne
afgaan om elkeen sy kluitbreker of sy pik of sy byl of sy ploegskaar skerp te
maak -
21 so dikwels as die snykant stomp was aan
ploegskare en pikke en drietand-vurke en byle; en om die osprikkels reg te maak.
22 So het dit gekom dat daar in oorlogstyd geen
swaard of spies te vinde was in die hand van al die manskappe wat by Saul en
JeHôWnathan was nie; maar by Saul en sy seun JeHôWnathan was dit wel te vinde.
23 En ’n wagpos van die Filistyne het uitgetrek na
die pas van Migmas.
14 EN op ’n dag het JeHôWnathan, die seun van Saul,
aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van
die Filistyne wat daar oorkant is. Maar aan sy vader het hy dit nie te kenne
gegee nie.
2 En Saul het gesit op die grens van Gíbea onder
die granaatboom wat by Migron staan; en die manskappe by hom was omtrent
seshonderd man.
3 En AgiJaH, die seun van Ahítub, die broer van
Ikabod, die seun van Pínehas, die seun van Eli, die priester van JaHWeH in
Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat
JeHôWnathan weggegaan het nie.
4 Nou was daar tussen die passe waar JeHôWnathan
wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, ’n spits rots oorkant en ’n spits
rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene.
5 Die een spits staan soos ’n pilaar noord teenoor
Migmas, en die ander een suid teenoor Geba.
6 JeHôWnathan dan het aan die dienaar wat sy
wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes;
miskien sal JaHWeH vir ons optree, want by JaHWeH is daar geen verhindering om
deur baie of deur min te verlos nie.
7 Toe sê sy wapendraer vir hom: Doen alles wat in
u hart is, maak soos u wil; hier is ek by u volgens die wens van u hart.
8 Daarop sê JeHôWnathan: Kyk, ons sal na die manne
toe oorgaan en ons aan hulle vertoon.
9 As hulle vir ons só sê: Staan stil totdat ons by
julle kom! dan moet ons op ons plek bly staan en nie na hulle opklim nie.
10 Maar as hulle só sê: Kom op na ons toe! dan
klim ons op, want dan het JaHWeH hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons
die teken wees.
11 Toe hulle twee hul aan die wagpos van die
Filistyne vertoon, sê die Filistyne: Kyk, daar kom Hebreërs uit die gate uit
waar hulle weggekruip het.
12 En die manne van die wagpos het JeHôWnathan en
sy wapendraer aan- gespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle ’n
les leer! Daarop sê JeHôWnathan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want
JaHWeH het hulle in die hand van JisraEl gegee.
13 En JeHôWnathan het op sy hande en voete
uitgeklim, en sy wapendraer agter hom aan; en hulle het voor die aangesig van
JeHôWnathan geval terwyl sy wapendraer agter hom aan van kant maak.
14 Hierdie eerste slag waarin JeHôWnathan en sy
wapendraer ongeveer twintig man verslaan het, het plaasgevind op omtrent die
helfte van ’n aanvoorsel van ’n stuk land .
15 Toe kom daar ’n skrik in die laer, in die veld
en onder al die manskappe; die wagpos en die roofkommando, hulle het ook
geskrik, ja, die grond het gebewe, sodat sy ’n skrik van Elohim geword het.
16 En toe die spioene van Saul in Gíbea in
Benjamin sien dat die menigte daar verward [heen] en weer golf,
17 sê Saul aan die manskappe wat by hom was: Hou
tog ’n monstering en kyk wie van ons af weggegaan het. En by die monstering het
geblyk dat JeHôWnathan en sy wapendraer daar nie was nie.
18 Toe sê Saul vir AgiJaH: Bring die Ark van die
Elohim nader. Want die Ark van die Elohim was in dié tyd by die kinders van
JisraEl.
19 En terwyl Saul nog met die priester spreek en
die rumoer wat in die laer van die Filistyne was, altyddeur groter word, sê
Saul vir die priester: Trek jou hand terug!
20 Saul en al die manskappe wat by hom was, is toe
saamgeroep, en hulle het by die geveg aangekom; en kyk, die swaard van die een
was teen die ander - ’n baie groot verwarring.
21 Selfs die Hebreërs wat die Filistyne soos
gister en eergister bygestaan het, wat verspreid met hulle saam in die leër
opgetrek het, hulle het ook aangesluit by die JisraEliete wat saam met Saul en
JeHôWnathan was.
22 Toe al die manne van JisraEl wat op die
gebergte van Efraim weggekruip het, hoor dat die Filistyne vlug, het dié hulle
ook in die geveg agternagesit.
23 En JaHWeH het JisraEl op dié dag verlos. Toe
die geveg dan by Bet-Awen verbygaan,
24 en die manne van JisraEl dié dag aangedryf
word, het Saul die manskappe besweer en gesê: Vervloek is die man wat brood eet
tot vanaand, sodat ek my op my vyande kan wreek. Daarom het die hele volk aan
geen brood geproe nie.
25 En al die mense het in ’n bos gekom, en daar
was heuning op die veld.
26 Toe die manskappe in die bos kom, was daar
oorvloed van heuning; maar niemand het met sy hand aan sy mond geraak nie,
omdat die manskappe bevrees was vir die eed.
27 Maar JeHôWnathan het nie gehoor toe sy vader
die manskappe besweer het nie en het die punt van die staf wat in sy hand was,
uitgesteek en dit in ’n heuningkoek gedoop en sy hand aan sy mond gebring, en
sy oë het helder geword.
28 Daarop spreek een van die manskappe hom aan en
sê: Jou vader het die manskappe met hierdie dure eed besweer: Vervloek is die
man wat vandag brood eet. Daarom is die volk afgemat.
29 En JeHôWnathan sê: My vader stort die Aarde in
die ellende; kyk tog hoe helder my oë nou is, omdat ek hierdie bietjie heuning
geproe het.
30 Hoeveel te meer as die manskappe vandag vry kon
eet van die buit van hul vyande wat hulle gevind het! Maar nou is die slagting
onder die Filistyne nie groot nie.
31 Maar dié dag het hulle die Filistyne verslaan
van Migmas af na Ajalon toe, en die manskappe was baie afgemat.
32 En die manskappe het op die buit afgestorm, en
kleinvee en beeste en kalwers geneem en hulle op die Aarde doodgebloei, en die
manskappe het hulle met bloed en al geëet.
33 Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die
manskappe oortree teen JaHWeH deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle
pleeg verraad; rol nou ’n groot klip na my toe.
34 Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die
manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk
kleinvee, en laat hom hier doodbloei en eet hom; maar oortree julle nie teen
JaHWeH deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die
nag sy bees met sy hand gebring en hom daar doodgebloei.
35 En Saul het vir JaHWeH ’n altaar gebou; dit was
die eerste altaar wat hy vir JaHWeH gebou het.
36 Toe sê Saul: Laat ons in die nag aftrek agter
die Filistyne aan, en laat ons onder hulle plunder totdat dit môre lig word; en
ons moet nie een onder hulle laat oorbly nie. En hulle antwoord: Doen alles wat
goed is in u oë. Maar die priester het gesê: Laat ons hier tot die Elohim
nader.
37 Toe het Saul Elohim geraadpleeg: Sal ek aftrek
agter die Filistyne aan? Sal U hulle in JisraEl se hand gee? Maar Hy het hom
dié dag nie geantwoord nie.
38 En Saul sê: Kom nader hierheen, al die hoofde
van die volk. en ondersoek en kyk waarin hierdie oortreding vandag begaan is.
39 Want so waar as JaHWeH leef wat JisraEl verlos,
al was dit ook in my seun JeHôWnathan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar
niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie.
40 Daarop sê hy aan die hele JisraEl: Julle moet
eenkant staan, en ek en my seun JeHôWnathan sal eenkant staan. En die manskappe
antwoord Saul: Doen wat goed is in u oë.
41 Toe sê Saul aan JaHWeH: Elohey van JisraEl, gee
tog die volkome [lot]! En JeHôWnathan en Saul is aangewys, maar die manskappe
het vry uitgegaan.
42 En Saul sê: Werp die [lot] tussen my en my seun
JeHôWnathan. En JeHôWnathan is aangewys.
43 Daarop vra Saul vir JeHôWnathan: Gee my tog te
kenne wat jy gedoen het. En JeHôWnathan het hom te kenne gegee en gesê: Ek het
net ’n bietjie heuning geproe met die punt van die staf wat in my hand was;
hier is ek, ek sal sterwe.
44 Toe sê Saul: Mag Elohim aan my so doen en so
daaraan toedoen, jy moet sekerlik sterwe, JeHôWnathan!
45 Maar die manskappe het aan Saul gesê. Moet
JeHôWnathan sterwe wat hierdie groot verlossing in JisraEl bewerk het? Volstrek
nie! So waar as JaHWeH leef, geen haar van sy hoof sal op die Aarde val nie!
Want met Elohim het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan JeHôWnathan
losgekoop, dat hy nie gesterf het nie.
46 Daarna het Saul agter die Filistyne
teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan.
47 SO het Saul dan die koningskap oor JisraEl
verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders
van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en
oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.
48 En hy het hom dapper gedra: hy het Amalek
verslaan en JisraEl gered uit die hand van sy berower.
49 En die seuns van Saul was JeHôWnathan en Jiswi
en Malkisúa, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was
Merab, en die naam van die jongste Migal.
50 En die naam van Saul se vrou was Ahínoam, ’n
dogter van Ahímaäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner,
die oom van Saul.
51 En Kis was die vader van Saul, en Ner, die
vader van Abner, was die seun van Abíël.
52 Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die
dae van Saul; en waar Saul ook ’n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.
15 TOE sê ShemuEl vir Saul: JaHWeH het my gestuur om
jou as koning te salf oor Sy volk, oor JisraEl; luister dan nou na die Stem en die
Woorde van JaHWeH.
2 So sê JaHWeH van die leërmagte: Ek het terdeë
gelet op wat Amalek JisraEl aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by
sy optog uit Egipte.
3 Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met
die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy
moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee,
kameel en esel.
4 Daarop het Saul die manskappe opgeroep en hulle
gemonster in Teláim: tweehonderdduisend voetgangers en tienduisend man van
JeHûWdah.
5 En toe Saul by die stad van Amalek aankom en in
die dal ’n hinderlaag opstel,
6 sê Saul vir die Keniete: Gaan weg, verwyder
julle, trek af onder die Amalekiete uit, dat ek julle nie met hulle saam
wegruim nie; want julle het medelye betoon aan al die kinders van JisraEl by
hulle optog uit Egipte. Toe het die Keniete hulle verwyder onder die Amalekiete
uit.
7 En Saul het die Amalekiete verslaan van Hawíla
af in die rigting van Sur wat oos van Egipte lê.
8 En Agag, die koning van Amalek, het hy lewendig
gevang, maar die hele volk deur die skerpte van die swaard met die banvloek
getref.
9 Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en
die beste van die kleinvee en beeste, en die naas-bestes en die lammers en
alles wat suiwer was - dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die
goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref.
10 En die Woord van JaHWeH het tot ShemuEl gekom
en gesê:
11 Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak
het, want hy het van My afvallig geword en My woorde nie uitgevoer nie. Toe het
ShemuEl kwaad geword en die hele nag deur JaHWeH aangeroep.
12 Maar die môre vroeg het ShemuEl hom klaargemaak
om Saul te ontmoet. En aan ShemuEl is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel
aangekom, en kyk, hy het vir hom ’n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai
en verbygegaan en afgetrek na Gilgal.
13 Toe ShemuEl by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u
geseënd wees deur JaHWeH: ek het die Woord van JaHWeH uitgevoer.
14 Daarop vra ShemuEl: Maar wat vir ’n geblêr van
kleinvee is dit in my ore en ’n gebulk van beeste wat ek hoor?
15 En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit
gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om te slag
aan JaHWeH jou Elohey; maar die ander het ons met die banvloek getref.
16 Toe sê ShemuEl vir Saul: Hou op, dat ek jou kan
meedeel wat JaHWeH vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek.
17 En ShemuEl sê: Is jy, hoewel jy klein was in
jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van JisraEl nie? En JaHWeH het jou
as koning oor JisraEl gesalf.
18 En JaHWeH het jou op die pad gestuur en gesê:
Gaan heen en tref die oortreders, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen
hulle totdat hulle vernietig is.
19 Waarom het jy dan nie na die Stem van JaHWeH
geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die Oë van
JaHWeH?
20 Toe sê Saul vir ShemuEl: Ek het na die Stem van
JaHWeH geluister en gegaan op die pad waar JaHWeH my op gestuur het, en Agag,
die koning van Amalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek
getref.
21 Maar die manskappe het van die buit kleinvee en
beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan JaHWeH u Elohey in Gilgal te
slag.
22 Daarop sê ShemuEl: Het JaHWeH behae in
brandoffers en slagdiere of in gehoorsaamheid aan die Stem van JaHWeH? Kyk,
gehoorsaamheid is suiwerder as ‘n slagdier, om te luister is beter as die vet
van ramme.
23 Want wederstrewigheid is ’n oortreding van
waarsêery, en eiesinnigheid is idolary en beeldediens. Omdat jy die Woord van
JaHWeH verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
24 Toe sê Saul vir ShemuEl: Ek het oortree, omdat
ek teen die Bevel van JaHWeH en teen u woorde oortree het, want ek was bevrees
vir die manskappe en het na hulle geluister.
25 Vergeef dan nou tog my oortreding en kom met my
saam terug, dat ek tot JaHWeH kan neerbuig.
26 Maar ShemuEl sê vir Saul: Ek sal nie met jou
saam teruggaan nie, omdat jy die Woord van JaHWeH verwerp het, en nou het
JaHWeH jou verwerp om koning oor JisraEl te wees.
27 Toe ShemuEl hom omdraai om weg te gaan, gryp hy
die slip van sy mantel, maar dit het afgeskeur.
28 En ShemuEl sê vir hom: Vandag het JaHWeH die
koningskap oor JisraEl van jou afgeskeur en haar aan jou naaste gegee wat
suiwerder is as jy.
29 En ook lieg die Roem van JisraEl nie, en Hy ken
geen berou nie; want Hy is geen adamiet, dat Hy berou sou hê nie.
30 En hy sê: Ek het oortree; eer my tog nou voor
die oudstes van my volk en voor JisraEl, en kom saam met my terug, dat ek kan
neerbuig tot JaHWeH u Elohey.
31 ShemuEl het toe teruggegaan agter Saul aan, en
Saul het neergebuig tot JaHWeH.
32 Daarop sê ShemuEl: Bring Agag, die koning van
Amalek, na my toe. Terwyl Agag dan opgeruimd na hom gaan, sê Agag: Waarlik, die
bitterheid van die Dood het gewyk.
33 Maar ShemuEl het gesê: Soos jou swaard vroue
kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees.
Daarop het ShemuEl Agag in stukke gekap voor die Aangesig van JaHWeH in Gilgal.
34 Daarna gaan ShemuEl na Rama, en Saul het
opgegaan na sy huis, na Gíbea van Saul.
35 En ShemuEl het Saul tot die dag van sy dood nie
meer gesien nie, want ShemuEl het getreur oor Saul; en JaHWeH het berou gehad
dat Hy Saul koning gemaak het oor JisraEl.
16 DAARNA sê JaHWeH aan ShemuEl: Hoe lank sal jy treur oor
Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor JisraEl? Vul jou horing
met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het onder
sy seuns vir My ’n koning uitgesoek.
2 Maar ShemuEl vra: Hoe kan ek
gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê JaHWeH: Neem ’n jong koei
met jou saam en sê: Ek kom om aan JaHWeH te slag.
3 Roep Isai dan na die
slagmaaltyd, en Ek sal jou bekend maak wat jy moet doen, en jy moet die een vir
My salf wat Ek jou sal noem.
4 En ShemuEl het gedoen wat JaHWeH
gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom
bewend tegemoet gegaan en gevra: Is u koms vrede?
5 En hy sê: Vrede! Ek kom om aan
JaHWeH te slag; maak julle gereed, en kom saam met my na die slagmaaltyd. En hy
het Isai en sy seuns aangewys en hulle na die slagmaaltyd genooi.
6 Toe hulle inkom en hy EliAb
sien, dink hy: Gewis, hier staan voor die Aangesig van JaHWeH Sy gesalfde!
7 Maar JaHWeH sê vir ShemuEl: Kyk
nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie
wat die adamiet sien, [sien Hy] nie; want die adamiet sien aan wat voor oë is,
maar JaHWeH sien die hart aan.
8 Toe roep Isai Abinádab en laat
hom voor die aangesig van ShemuEl verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het JaHWeH
ook nie uitgekies nie.
9 Verder het Isai Samma laat
verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het JaHWeH ook nie uitgekies nie.
10 So het Isai dan sy sewe seuns
voor die aangesig van ShemuEl laat verbygaan, maar ShemuEl het aan Isai gesê:
JaHWeH het hulle nie uitgekies nie.
11 Verder het ShemuEl aan Isai
gevra: Is dit al die seuns? En hy sê: Die kleinste is nog oor, en kyk, hy pas
skape op. Toe sê ShemuEl aan Isai: Stuur en laat hom haal, want ons mag nie om
[die tafel] gaan sit voordat hy hier kom nie.
12 Daarop het hy gestuur en hom
laat kom; en hy was rooierig, met helder oë en ’n suiwer voorkoms. En JaHWeH
sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.
13 ShemuEl neem toe die horing met
olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van JaHWeH het van dié dag
af en verder oor Dawid vaardig geword. En ShemuEl het klaargemaak en na Rama
gegaan.
14 MAAR die Gees van JaHWeH het
van Saul gewyk, en ’n gees van besoedeling, deur JaHWeH gestuur, het hom
verskrik.
15 Toe sê die dienaars van Saul
vir hom: Kyk tog, ’n gees van besoedeling van Elohim verskrik u:
16 laat ons meester net sê, en u
dienaars wat voor u staan, sal ’n man soek wat op die siter kan speel; en as
die gees van besoedeling van Elohim oor u is, moet hy speel met sy hand, dan
sal u gesuiwer word.
17 Daarop sê Saul aan sy dienaars:
Kyk tog vir my uit na ’n man wat goed kan speel, en bring hom na my.
18 En een van die dienaars
antwoord en sê: Kyk, ek het ’n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat kan
speel, en hy is ’n dappere en ’n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en
JaHWeH is met hom.
19 Toe het Saul boodskappers na
Isai gestuur en gesê: Stuur tog jou seun Dawid wat by die skape is, na my.
20 Isai neem toe ’n esel, brood en
’n leersak met wyn en ’n bokkie en stuur dit met sy seun Dawid na Saul.
21 So het Dawid dan by Saul gekom
en voor hom gestaan; en die het hom baie liefgekry, sodat hy sy wapen-draer
geword het.
22 Daarna het Saul na Isai gestuur
om te sê: Laat Dawid tog voor my aangesig staan, want hy het guns in my oë
gevind.
23 En net wanneer daar ’n gees van
Elohim oor Saul kom, neem Dawid die siter en speel met sy hand; dan voel Saul
verlig en word gesuiwer, en die gees van besoedeling wyk van hom.
17 EN die Filistyne het hulle leër versamel vir die oorlog
en bymekaar gekom by Sogo wat aan JeHûWdah behoort, en laer opgeslaan tussen
Sogo en Aséka in Efes-Dammim.
2 Maar Saul en die manne van JisraEl het
byeengekom en laer opgeslaan in die dal van die terpentynboom en hulle in
slagorde teenoor die Filistyne opgestel.
3 En die Filistyne het duskant teen die berg en
die JisraEliete oorkant teen die berg gestaan, sodat die dal tussen hulle in
was.
4 Toe kom daar ’n baasvegter uit die laers van die
Filistyne, met die naam van Góliat, uit Gat; sy hoogte was ses voorarm en ’n
span.
5 Daar was ’n koperhelm op sy hoof, en hy het ’n
pantser van skubbe aangehad - die gewig van die pantser was vyfduisend sikkels
koper -
6 en skeenplate van koper was aan sy bene en ’n
koperlans tussen sy skouers.
7 Die steel van sy spies was soos ’n wewersbalk,
en die lem van sy spies was van seshonderd sikkels yster, en die skilddraer het
voor hom uit geloop.
8 En hy het gaan staan en roep na die slagordes
van JisraEl en vir hulle gesê: Waarom trek julle uit om jul in slagorde op te stel?
Is ek nie die Filistyn, en julle dienaars van Saul nie? Kies vir julle ’n man
uit, dat hy na my toe afkom.
9 As hy teen my kan veg en my verslaan, sal ons
julle slawe wees; maar as ek hom oorwin en hom verslaan, moet julle ons slawe
wees en ons dien.
10 Verder sê die Filistyn: Ek daag die slagordes
van JisraEl vandag uit! Gee my ’n man, dat ons saam kan veg.
11 Toe Saul en die hele JisraEl hierdie woorde van
die Filistyn hoor, was hulle verskrik en baie bevrees.
12 En Dawid was die seun van dié Efratiet, uit
Betlehem-JeHûWdah, met die naam van Isai; hy het agt seuns gehad, en die man
was in Saul se dae oud, [op jare] gekom onder die manne.
13 Maar die drie oudste seuns van Isai het Saul al
in die oorlog gevolg; en die name van sy drie seuns wat in die oorlog gegaan
het, was: EliAb, die oudste, en sy tweede, Abinádab, en die derde, Samma.
14 Dawid was die jongste, terwyl die drie oudstes
Saul gevolg het.
15 En Dawid het heen en weer gegaan van Saul om
die kleinvee van sy vader in Betlehem op te pas.
16 En die Filistyn het smôrens vroeg en saans
nader gekom en gaan staan, veertig dae lank.
17 Toe het Isai aan sy seun Dawid gesê: Neem tog
vir jou broers ’n efa van hierdie gebraaide koring en hierdie tien brode, en
bring dit gou vir jou broers na die laer toe.
18 Maar hierdie tien skywe kaas moet jy bring na
die owerste oor duisend, en jy moet ondersoek doen na die welstand van jou
broers en van hulle ’n pand saambring.
19 En Saul en hulle en al die manne van JisraEl
was besig om te veg teen die Filistyne in die dal van die terpentynboom.
20 En die volgende môre vroeg het Dawid hom
klaargemaak: die kleinvee aan die wagter afgegee en opgelaai en weggegaan soos
Isai hom beveel het. En toe hy by die wa-laer kom, hef die leërmag wat na die
vegterrein uittrek, juis die krygsgeskreeu aan.
21 JisraEl sowel as die Filistyne het slagorde
teenoor slagorde opgestel.
22 Daarop gee Dawid sy pakgoed af onder bewaring
van die oppasser van die pakgoed, en hy hardloop na die vegterrein. Toe hy daar
aankom, vra hy sy broers na die welstand.
23 En terwyl hy met hulle spreek, kom juis die
baasvegter - Góliat is sy naam, die Filistyn uit Gat - uit die slagordes van
die Filistyne op en spreek daardie selfde woorde, sodat Dawid dit hoor.
24 Maar toe al die manne van JisraEl die man sien,
vlug hulle vir hom weg, want hulle was baie bang.
25 En die manne van JisraEl sê: Het julle die man
gesien wat daar opkom? Want hy kom op om JisraEl uit te daag. En die koning sal
die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan
hom gee en sy familie in JisraEl vrystel van belasting.
26 Daarop het Dawid die manne wat by hom staan,
gevra en gesê: Wat sal met die man gebeur wat hierdie Filistyn verslaan en die
smaad van JisraEl wegneem? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn, dat hy die
slagordes van die lewende Elohim durf uitdaag?
27 En die manskappe gee hom dieselfde antwoord: Só
sal met die man gebeur wat hom verslaan.
28 Toe sy oudste broer EliAb hom met die manne
hoor spreek, het EliAb baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy
eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die wildernis
afgegee? Ek ken jou hoogmoedigheid en die besoedeling van jou hart, want jy het
afgekom om die geveg te sien.
29 En Dawid sê: Wat het ek nou gedoen? Ek vra maar
net.
30 En hy het by hom weggedraai na iemand anders en
dieselfde woorde gespreek, en die manskappe het hom geantwoord volgens die
eerste woorde.
31 Toe hulle die woorde hoor wat Dawid spreek en
dit voor die aangesig van Saul meedeel, en dié hom laat haal.
32 En Dawid het aan Saul gesê: Laat die adamiete
se moed tog nie ter wille van hom sink nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie
Filistyn veg.
33 Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na
hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ’n seun, en hy is ’n
krygsman van sy jeug af.
34 Daarop sê Dawid aan Saul: U dienaar het vir sy
vader die kleinvee opgepas, en as daar ’n leeu of ’n beer kom en ’n stuk
kleinvee uit die trop wegdra,
35 dan gaan ek uit agter hom aan en verslaan hom
en ruk dit uit sy bek uit; en as hy my aanval, gryp ek hom aan sy baard en
verslaan hom en maak hom dood.
36 U dienaar het die leeu sowel as die beer
doodgeslaan, en met hierdie onbesnede Filistyn sal dit gaan net soos met een
van hulle, omdat hy die slagordes van die lewende Elohim uitgedaag het.
37 Verder sê Dawid: JaHWeH wat my gered het uit
die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand
van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag JaHWeH met jou wees!
38 En Saul het Dawid sy klere laat aantrek en ’n
koperhelm op sy hoof gesit en hom ’n pantser laat aantrek.
39 En Dawid het sy swaard bo-oor sy klere
vasgegord, en toe hy moeite doen om te loop, omdat hy dit nooit probeer het
nie, sê Dawid vir Saul: Ek kan nie hierin loop nie, want ek het dit nooit
probeer nie. En Dawid het dit uitgetrek.
40 Daarop neem hy sy staf in sy hand en soek vir
hom uit die spruit vyf gladde klippe uit en steek dit in sy herderstas wat hy
gehad het, naamlik in die slingersak; en met sy slinger in sy hand het hy nader
gekom na die Filistyn.
41 Ook die Filistyn het al nader en nader gekom na
Dawid, en die skilddraer voor hom uit.
42 Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy
hom verag, omdat hy ’n seun was - rooierig, met ’n mooi voorkoms.
43 En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ’n hond
dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.
44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my
toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die Hemele en die diere van die veld
kan gee.
45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my
met ’n swaard en met ’n spies en met ’n lans, maar ek kom na jou in die Naam
van JaHWeH van die leërmagte, die Elohey van die slagordes van JisraEl, wat jy
uitgedaag het.
46 Vandag sal JaHWeH jou in my hand oorlewer, dat
ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van
die Filistyne vandag aan die voëls van die Hemele en die wilde diere van die
Aarde kan gee, sodat die hele Aarde kan weet dat JisraEl ’n Elohim het.
47 Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat
JaHWeH nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan
JaHWeH, en Hy sal julle in ons hand gee.
48 Toe die Filistyn hom dan klaarmaak en aldeur
nader kom om Dawid te ontmoet, loop Dawid gou na die vegterrein om die Filistyn
te ontmoet;
49 en Dawid steek sy hand in die tas en neem ’n
klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip
in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die Aarde val.
50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met ’n slinger
en ’n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen
swaard in Dawid se hand was nie.
51 Daarop het Dawid gehardloop en by die Filistyn
gaan staan en sy swaard geneem, haar uit sy skede getrek en hom van kant
gemaak, en hy het met haar sy hoof afgekap. Toe die Filistyne sien dat hulle
held dood was, het hulle gevlug.
52 Toe het die manne van JisraEl en van JeHûWdah
hulle klaargemaak en gejuig en die Filistyne agtervolg tot by die ingang na Gat
en tot by die poorte van Ekron, sodat die gesneuweldes van die Filistyne gelê
het op die pad van Saäráim en tot by Gat en tot by Ekron.
53 Daarna het die kinders van JisraEl teruggekeer
van die hewige agtervolging van die Filistyne en hulle laer geplunder.
54 En Dawid het die hoof van die Filistyn geneem
en hom na Jerusalem gebring, maar sy wapens in sy tent neergesit.
55 Net toe Saul Dawid sien uittrek om die Filistyn
te ontmoet, sê hy vir Abner, die leërowerste: Wie se seun is die jongman tog,
Abner? En Abner antwoord: So waar as u siel leef, koning, ek weet dit nie!
56 En die koning sê: Vra jy wie se seun die
jongman tog is.
57 En toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn
verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor die aangesig van Saul gebring,
met die hoof van die Filistyn in sy hand.
58 En Saul vra hom: Wie se seun is jy, jongman? En
Dawid sê: Die seun van u dienaar Isai, die Betlehemiet.
18 EN nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het
die siel van JeHôWnathan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en JeHôWnathan
het hom liefgekry soos sy eie siel.
2 En Saul het hom dié dag geneem en hom nie na sy
familie laat teruggaan nie.
3 Toe sluit JeHôWnathan met Dawid ’n verbond,
omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.
4 Daarby trek JeHôWnathan sy mantel uit wat hy
aangehad het, en gee dit aan Dawid; ook sy klere, ja, selfs sy swaard en sy
boog en sy gordel.
5 En Dawid het uitgetrek. Oral waar Saul hom
gestuur het, was hy voorspoedig, sodat Saul hom oor die krygsmanne aangestel
het; en dit was goed in die oë van die hele volk en ook in die oë van die
dienaars van Saul.
6 En toe hulle tuiskom, en ook Dawid terug was
nadat hy die Filistyn verslaan het, het die vroue uitgegaan uit al die stede
van JisraEl met sang en koordanse, met tamboeryne, met vreugdegeroep en met
triangels koning Saul tegemoet.
7 En die vroue wat vrolik was, het gesing en gesê:
Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien-duisende!
8 En Saul het baie kwaad geword, want hierdie
woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee,
maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry!
9 En van dié dag af en verder het Saul die oog op
Dawid gehad.
10 Die volgende dag het die gees van besoedeling van Elohim oor Saul vaardig geword, sodat
hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel,
en Saul ’n spies in sy hand hou.
11 Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid
teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee.
12 En Saul was bevrees vir Dawid, omdat JaHWeH met
hom was en van Saul gewyk het.
13 Daarom het Saul hom voor sy aangesig verwyder
en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die aangesig van die
manskappe uit- en ingegaan het.
14 EN Dawid was voorspoedig in al sy weë, want
JaHWeH was met hom.
15 Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het
hy vir hom bang geword.
16 Maar die hele JisraEl en JeHûWdah het Dawid
liefgehad, want hy het voor hulle uit- en ingegaan.
17 Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my
oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my ’n dapper
man en voer die oorloë van JaHWeH. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen
hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.
18 Maar Dawid het vir Saul gesê: Wie is ek, en wat
is my familie, die familie van my vader in JisraEl, dat ek ’n skoonseun van die
koning sou word?
19 Maar teen die tyd dat Merab, die dogter van
Saul, aan Dawid moes gegee word, is sy aan AdriEl, die Meholatiet, as vrou
gegee.
20 Maar Migal, die dogter van Saul, het Dawid
liefgekry; en toe hulle dit aan Saul meedeel, was die saak in sy oë reg.
21 Want Saul het gedink: Ek sal haar aan hom gee,
dat sy vir hom ’n strik kan wees en dat die hand van die Filistyne teen hom kan
wees. Daarom het Saul vir Dawid gesê: Vir die tweede keer kan jy vandag my
skoonseun word!
22 En Saul het sy dienaars bevel gegee: Spreek met
Dawid in die geheim en sê: Kyk, die koning hou van jou, en al sy dienaars het
jou lief: word nou maar die koning se skoonseun.
23 Die dienaars van Saul het toe hierdie woorde
voor die ore van Dawid gespreek; maar Dawid het gevra: Is dit ’n kleinigheid in
julle oë om die skoonseun van die koning te word, terwyl ek ’n arm en geringe
man is?
24 En die dienaars van Saul het hom dit meegedeel:
Sulke woorde het Dawid gespreek.
25 Toe sê Saul: So moet julle aan Dawid sê: Die
koning het behae in geen ander bruidsprys as honderd voorhuide van Filistyne
nie, as wraakneming op die vyande van die koning. Saul het naamlik daarop
gereken om Dawid te laat val deur die hand van die Filistyne.
26 Toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid
meedeel, was die saak reg in die oë van Dawid om skoonseun van die koning te
word. En voordat die dae verstreke was,
27 het Dawid hom klaargemaak en met sy manne
uitgetrek, en hulle het tweehonderd man onder die Filistyne doodgeslaan; en
Dawid het hulle voorhuide gebring en dit is voltallig aan die koning afgegee,
sodat hy die koning se skoonseun kon word. Daarop het Saul aan hom sy dogter
Migal as vrou gegee.
28 Toe Saul sien en merk dat JaHWeH met Dawid was,
en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet,
29 het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en
Saul het Dawid se vyand geword al die dae.
30 En die vorste van die Filistyne het uitgetrek;
en so dikwels as hulle uittrek, het Dawid meer voorspoed gehad as al die
dienaars van Saul, sodat sy naam hooggeëerd was.
19 DAARNA het Saul met sy seun JeHôWnathan en met al
sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar JeHôWnathan, die seun van
Saul, het baie van Dawid gehou;
2 en JeHôWnathan het dit aan Dawid meegedeel en
gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre
vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg.
3 Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan
in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets
sien, sal ek jou dit meedeel.
4 JeHôWnathan het toe goed van Dawid gespreek by
sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning tog nie oortree teenoor sy
dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u oortree het nie, en omdat sy handelwyse
u geheel ten goede kom:
5 want hy het sy siel in sy handpalms geplaas en
die Filistyn verslaan, en JaHWeH het aan die hele JisraEl ’n groot oorwinning
besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan oortree teen onskuldige
bloed deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?
6 En Saul het na JeHôWnathan geluister, en Saul
het gesweer: So waar as JaHWeH leef, hy sal nie gedood word nie!
7 Daarop het JeHôWnathan Dawid geroep, en
JeHôWnathan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En JeHôWnathan het Dawid
na Saul gebring, en hy was voor hom soos gister en eergister.
8 En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek
en teen die Filistyne geveg en ’n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle
voor hom uit gevlug het.
9 MAAR ’n gees van besoedeling van JaHWeH het oor Saul gekom terwyl hy in sy
huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
10 Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen
die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die
muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.
11 Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis
gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal
het dit aan Dawid meegedeel en gesê: As jy nie vannag jou siel red nie, word jy
môre gedood.
12 Migal het Dawid toe deur die venster laat
afsak; en hy het weggegaan en gevlug en vrygekom.
13 Daarop neem Migal die huisidool en lê hom op
die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek hom met
’n kombers.
14 Toe Saul dan boodskappers stuur om Dawid te
gaan haal, sê sy: Hy is siek.
15 Daarop stuur Saul die boodskappers om Dawid te
besoek met die opdrag: Bring hom met bed en al na my toe, dat ek hom kan
ombring.
16 Toe die boodskappers inkom, lê die huisidool
daar op die bed en die net van bokhaar aan sy koppenent!
17 En Saul sê vir Migal: Waarom het jy my so
bedrieg en my vyand laat gaan, sodat hy vrygekom het? Maar Migal het Saul
geantwoord: Hy het vir my gesê: Laat my gaan, of ek maak jou dood.
18 Intussen het Dawid gevlug en vry- geraak en by
ShemuEl in Rama gekom en hom meegedeel alles wat Saul hom aangedoen het. Toe
het hy saam met ShemuEl weggegaan, en hulle het in Najot gebly.
19 En aan Saul is meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is
in Najot by Rama.
20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan
haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met ShemuEl as leier aan
hulle hoof, het die Gees van Elohim oor die boodskappers van Saul gekom, sodat
hulle ook geprofeteer het.
21 Toe hulle dit aan Saul meedeel, het hy ander
boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer; en Saul het die derde
keer weer boodskappers gestuur, maar hulle het ook geprofeteer.
22 En hy het self ook na Rama gegaan en by die
groot put gekom wat by Segu is, en gevra en gesê: Waar is ShemuEl en Dawid? En
hulle antwoord: Daar in Najot by Rama.
23 Hierop gaan hy daarheen, na Najot by Rama; en
die Gees van Elohim het ook oor hom gekom, sodat hy aldeur geloop en profeteer
het totdat hy in Najot by Rama aangekom het.
24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor
die aangesig van ShemuEl geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en
die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete?
20 TOE het Dawid gevlug uit Najot by Rama, en hy het
voor die aangesig van JeHôWnathan gekom en gevra: Wat het ek gedoen? Wat is my
misdaad, en wat is my ongeregtigheid voor die aangesig van jou vader, dat hy my
siel soek?
2 Maar hy sê vir hom: Volstrek nie! Jy sal nie
sterwe nie. Kyk, my vader doen geen ding, klein of groot, sonder om dit aan my
te openbaar nie; waarom sou my vader dan hierdie saak vir my wegsteek? Dit is
nie so nie.
3 Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet
baie goed dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat
JeHôWnathan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar so waar as JaHWeH
leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die Dood!
4 En JeHôWnathan het Dawid geantwoord: Wat jou
siel, [wat] sy sê sal ek vir jou doen.
5 Toe sê Dawid vir JeHôWnathan: Kyk, môre is dit
maandsvernuwing, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar
laat my gaan, dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre-aand.
6 As jou vader my inderdaad mis, moet jy sê: Dawid
het my dringend verlof gevra om gou na sy stad Betlehem te loop, want daar is
die jaarlikse slagdier vir die hele familie.
7 As hy so sê: Goed! dan is jou dienaar veilig;
maar as hy baie kwaad word, weet dan dat die boosheid van sy kant vas besluit
is.
8 Betoon dan medelye met jou dienaar, want jy het
jou dienaar met jou saam in ’n verbond voor die Aangesig van JaHWeH gebring.
Maar as daar by my skuld is, maak jy my dan self dood - waarom tog sou jy my na
jou vader bring?
9 Toe sê JeHôWnathan: Moenie so dink nie! Want as
ek sekerlik bemerk dat die boosheid van my vader se kant vas besluit is om oor
jou te kom, sou ek jou dit dan nie te kenne gee nie?
10 En Dawid het JeHôWnathan gevra: Wie sal my dit
te kenne gee of jou vader jou miskien ’n harde antwoord gee?
11 En JeHôWnathan sê vir Dawid: Kom, laat ons
uitgaan die veld in. En hulle twee het die veld ingegaan.
12 Daarop sê JeHôWnathan vir Dawid: JaHWeH, die
Elohey van JisraEl, is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd
sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou
dit openbaar nie?
13 Mag JaHWeH so aan JeHôWnathan doen en so
daaraan toedoen: as my vader goedvind om kwaad oor jou [te bring], dan sal ek
jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag JaHWeH met
jou wees soos Hy met my vader gewees het.
14 En sal jy my nie, as ek dan nog lewe, die
Medelye van JaHWeH betoon nie, sodat ek nie sterwe nie?
15 Jy sal ook nimmer aan my huis jou medelye
onttrek nie; wanneer JaHWeH die vyande van Dawid, een vir een, vanaf die
aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] af uitroei.
16 So het JeHôWnathan dan [’n verbond] gesluit met
die huis van Dawid. En JaHWeH het haar geëis van die hand van Dawid se vyande.
17 En JeHôWnathan het Dawid weer laat sweer by sy
liefde vir hom; want hy het hom liefgehad met die liefde van sy siel.
18 Verder het JeHôWnathan vir hom gesê: Môre is
dit maandsvernuwing, en jy sal gemis word, want jou sitplek sal leeg wees.
19 Maar oormôre moet jy sekerlik afkom en gaan na
die plek waar jy jou op die werkdag weggesteek het, en jy moet langs die
klipesel gaan sit.
20 Dan sal ek drie pyle aan die kant daarvan skiet
asof ek na ’n teiken skiet.
21 En kyk, ek sal die dienaar stuur [en sê]: Gaan
soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou
af duskant toe, bring dit - dan kan jy [maar] kom; want jy is veilig en daar is
niks nie, so waar as JaHWeH leef!
22 Maar as ek só aan die jongman sê: Daar lê die
pyle van jou af, verder - gaan dan weg, want JaHWeH stuur jou weg.
23 En wat die saak aangaan wat ons bespreek het,
ek en jy - kyk, JaHWeH is tussen my en jou tot in ewigheid.
24 Daarop het Dawid hom in die veld weggesteek. En
toe dit maandsvernuwing was, gaan die koning sit om brood te eet -
25 die koning het op sy sitplek gaan sit soos die
vorige kere, op die sitplek teen die muur; en JeHôWnathan het opgestaan, en
Abner het langs Saul gesit, maar Dawid se plek was leeg.
26 En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy
het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie gesuiwer is nie; waarlik,
hy is nie suiwer nie.
27 Maar toe op die volgende, die tweede dag na die
maandsvernuwing, Dawid se plek leeg was, sê Saul vir sy seun JeHôWnathan:
Waarom kom die seun van Isai gister sowel as vandag nie na die brood nie?
28 En JeHôWnathan het Saul geantwoord: Dawid het
my dringend verlof gevra na Betlehem toe
29 en gesê: Laat my tog gaan, want ons slag ’n
slagdier [vir] familie in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek
dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek.
Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie.
30 Toe ontvlam die woede van Saul teen
JeHôWnathan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie
dat jy die seun van Isai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se
naaktheid nie?
31 Want al die dae dat die seun van Isai lewe op die
Adamah[adamiet se Aarde], sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur
dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.
32 En JeHôWnathan het sy vader Saul geantwoord en
vir hom gesê: Waarom moet hy gedood word, wat het hy gedoen?
33 Daarop gooi Saul die spies na hom om hom te
tref. Toe JeHôWnathan dan merk dat dit van sy vader se kant vas besluit was om
Dawid dood te maak,
34 staan JeHôWnathan op van die tafel in gloeiende
woede, en hy het geen brood geëet op die tweede dag van die maandsvernuwing
nie, want hy was bedroef oor Dawid, omdat sy vader hom smadelik bejeën het.
35 Die [volgende] môre gaan JeHôWnathan, volgens
afspraak met Dawid, na die veld toe uit, en ’n jong dienaar met hom saam.
36 En hy sê aan die dienaar: Loop soek tog die
pyle wat ek afskiet. En terwyl die dienaar loop, skiet hy ’n pyl dwarsoor hom
heen.
37 Toe die dienaar dan by die plek kom waar
JeHôWnathan die pyl geskiet het, roep JeHôWnathan die dienaar agterna en sê: Lê
die pyl nie van jou af, verder nie?
38 En JeHôWnathan roep die dienaar agterna: Maak
gou, hardloop, moenie bly staan nie. En die dienaar van JeHôWnathan het die pyl
opgetel en by sy meester gekom.
39 Maar die dienaar het van niks geweet nie: net
JeHôWnathan en Dawid het van die saak geweet.
40 Toe gee JeHôWnathan sy wapens aan die dienaar
wat by hom was, en sê vir hom: Gaan, bring dit na die stad.
41 Terwyl die dienaar huis toe gaan, staan Dawid
op van die suidekant en val met sy aangesig op die Aarde en buig drie maal;
daarna het hulle mekaar gesoengroet en saam geween, totdat Dawid hardop gesnik
het.
42 En JeHôWnathan sê vir Dawid: Gaan in Vrede,
omdat ons twee by die Naam van JaHWeH gesweer en gesê het: JaHWeH sal tussen my
en jou wees, en tussen my saad en jou saad vir altyd. Daarna het hy opgestaan
en weggegaan, maar JeHôWnathan het die stad in geloop.
21 EN Dawid het in Nob gekom by die priester
Ahiméleg; en Ahiméleg het Dawid bewend tegemoet gegaan en hom gevra: Waarom is
u alleen, en is daar niemand by u nie?
2 En Dawid sê aan die priester Ahiméleg: Die
koning het my ’n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak
weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars
’n sekere plek aangewys.
3 Maar nou, wat is hier by u? Gee vyf brode in my
hand, of wat beskikbaar is.
4 En die priester het Dawid geantwoord en gesê:
Hier is geen vermengde brood by my nie; want daar is net apartheidsbrood. As
die jongmanne hulle maar net vir vroue in ag geneem het.
5 Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom:
Werklik ons het ons van eergister van vroue onthou – sedert ons vertrek het. En
die uitrustings van die jongmanne [is] Apartheid, alhoewel dit ’n blootgestelde
weg is - ja vandag is hulle deur die uitrusting apartgestel!
6 Toe gee die priester hom die [brood] van
Apartheid, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor
die Aangesig van JaHWeH weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as
dit weggeneem word.
7 Maar daar was ’n man uit die dienaars van Saul
wat dieselfde dag opgesluit was voor die Aangesig van JaHWeH, en sy naam was
Doëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul.
8 En Dawid sê vir Ahiméleg: Is hier nie ’n spies
of ’n swaard by u nie? Want ek het my swaard sowel as my wapens nie met my
saamgeneem nie, omdat die opdrag van die koning dringend was.
9 Toe sê die priester: Die swaard van Góliat, die
Filistyn, wat u in die dal van die terpentynboom verslaan het, hier is sy in ’n
mantel toegedraai, agter die skouerkleed; as u haar vir u wil neem, neem haar,
want behalwe haar is hier geen ander nie. Toe sê Dawid: Daar is nie nog so een
nie, gee haar aan my.
10 En Dawid het hom klaargemaak en dié dag van
Saul af weggevlug en by Agis, die koning van Gat, gekom.
11 Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is hy
nie Dawid, die koning van die Aarde nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse
gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien-duisende?
12 En Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en
baie bevrees geword vir Agis, die koning van Gat.
13 Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig
aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort
gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.
14 Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog
die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe?
15 Het ek gebrek aan kranksinniges, dat julle
hierdie een bring om sy kranksinnigheid by my uit te haal? Moet so een in my
huis inkom?
22 EN Dawid het daarvandaan weggegaan en ontvlug na
die spelonk van Adúllam; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het
hulle daarheen afgetrek na hom.
2 Verder het by hom vergader elkeen wat in
benoudheid was, en elke man wat ’n skuldeiser gehad het, en elke man wat
verbitterd van siel was; en hy het owerste oor hulle geword, sodat daar omtrent
vierhonderd man met hom saam was.
3 Vandaar gaan Dawid toe na Mispe in Moab en sê
aan die koning van Moab: Laat my vader en my moeder tog uitkom by julle totdat
ek weet wat Elohim met my wil doen.
4 En hy het hulle voor die koning van Moab
gebring, en hulle het by hom gebly al die dae wat Dawid in die bergvesting was.
5 Maar die profeet Gad het vir Dawid gesê: Jy mag
nie in die bergvesting bly nie; trek weg en gaan die Aarde van JeHûWdah in. En
Dawid het weggetrek en in die bos Héret gekom.
6 TOE Saul hoor dat Dawid en die manne wat by hom
was, opgemerk is - Saul het by Gíbea op die hoogte onder die tamarisk gesit met
sy spies in sy hand, en al sy dienaars het by hom gestaan -
7 het Saul aan sy dienaars wat by hom staan, gesê:
Luister tog, Benjaminiete! Sal die seun van Isai ook vir julle almal Aarde en
wingerde gee, julle almal aanstel as owerstes oor duisend en owerstes oor
honderd,
8 dat julle almal teen my saamspan en niemand dit
aan my openbaar as my seun met die seun van Isai ’n verbond sluit nie? en
niemand van julle met my medelye het en dit aan my openbaar dat my seun my
onderdaan teen my ophits om my voor te lê, soos vandag die geval is nie?
9 Daarop antwoord Doëg, die Edomiet, wat by die
dienaars van Saul staan, en sê: Ek het die seun van Isai sien kom in Nob by
Ahiméleg, die seun van Ahítub.
10 En dié het vir hom JaHWeH geraadpleeg en hom
padkos gegee; hy het ook die swaard van Góliat die Filistyn, aan hom gegee.
11 Toe stuur die koning om Ahiméleg, die seun van
Ahítub, die priester, met sy hele familie, die priesters wat in Nob was, te
roep, en hulle het almal na die koning gekom.
12 En Saul het gesê: Luister tog, seun van Ahítub!
Toe antwoord hy: Hier is ek, my meester!
13 En Saul sê vir hom: Waarom het julle teen my
saamgesweer, jy en die seun van Isai, deurdat jy vir hom brood en ’n swaard
gegee het en Elohim vir hom geraadpleeg het, sodat hy hom as iemand wat my
voorlê, teen my sou versit soos vandag die geval is?
14 Toe antwoord Ahiméleg die koning en sê: Maar
wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning
is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis?
15 Het ek vandag vir die eerste keer Elohim vir
hom geraadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moet nie op sy dienaar, op my
hele familie, iets lê nie; want u dienaar het van hierdie hele saak, klein of
groot, niks af geweet nie.
16 Maar die koning sê: Ahiméleg, jy moet sekerlik
sterwe, jy en jou hele familie.
17 En die koning sê aan die hardlopers wat by hom
staan: Tree nader en maak die priesters van JaHWeH dood, omdat hulle hand ook
met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my
geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie
uitsteek om op die priesters van JaHWeH aan te val nie.
18 Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en
val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hy val op die
priesters aan; en hy het op dié dag vyf-en-tagtig man wat die linneskouerkleed
dra, gedood.
19 Ook die priesterstad Nob het hy met die skerpte
van die swaard verslaan, man sowel as vrou, kind sowel as suigling, ook die
beeste en esels en skape met die skerpte van die swaard.
20 Maar een van die seuns van Ahiméleg, die seun
van Ahítub, het vrygeraak, en sy naam was Abjatar; hy het agter Dawid aan
gevlug.
21 Toe Abjatar aan Dawid vertel dat Saul die
priesters van JaHWeH vermoor het,
22 sê Dawid vir Abjatar: Ek het daardie dag toe
Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek
is die oorsaak [van die dood] van al die siele van u familie.
23 Bly by my, wees nie bevrees nie; want die wat
my siel soek, soek u siel ook; want u is by my in goeie bewaring.
23 INTUSSEN is aan Dawid meegedeel en gesê: Kyk, die
Filistyne veg teen Kehíla, en hulle plunder die dorsvloere.
2 Toe raadpleeg Dawid JaHWeH en vra: Sal ek gaan
en daardie Filistyne verslaan? En JaHWeH sê vir Dawid: Gaan en verslaan die
Filistyne en verlos Kehíla.
3 Maar die manne van Dawid sê vir hom: Kyk, hier
in JeHûWdah is ons al bevrees, hoeveel te meer dan as ons na Kehíla trek teen
die slagordes van die Filistyne?
4 Toe raadpleeg Dawid JaHWeH nog weer, en JaHWeH
het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want EK gee die
Filistyne in jou hand.
5 Daarom het Dawid met sy manne na Kehíla getrek
en teen die Filistyne geveg en hulle vee weggedrywe en ’n groot slag onder
hulle geslaan. So het Dawid dan die inwoners van Kehíla verlos.
6 (By die vlug van Abjatar, die seun van Ahiméleg,
na Dawid, het hy na Kehíla afgekom met die skouerkleed by hom.)
7 Daarop kry Saul berig dat Dawid in Kehíla gekom
het, en Saul sê: Elohim het hom in my hand oorgelewer, want hy het homself
opgesluit deurdat hy in ’n stad met poorte en grendels ingegaan het.
8 Daarom het Saul al die manskappe vir die geveg
opgeroep om af te trek na Kehíla ten einde Dawid en sy manne in te sluit.
9 Toe Dawid gewaar dat Saul boosheid teen hom
beraam, sê hy aan die priester Abjatar: Bring die skouerkleed nader.
10 En Dawid sê: JaHWeH, Elohey van JisraEl, U kneg
het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trek om die stad om my ontwil te
verwoes.
11 Sal die burgers van Kehíla my in sy hand
uitlewer? Sal Saul afkom soos U kneg verneem het? JaHWeH, Elohey van JisraEl,
gee U kneg dit tog te kenne! Toe antwoord JaHWeH: Hy sal afkom.
12 Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehíla my
en my manne in die hand van Saul uitlewer? En JaHWeH antwoord: Hulle sal
uitlewer.
13 En Dawid het klaargemaak met sy manne, omtrent
seshonderd man - hulle het uit Kehíla uitgetrek en rondgetrek waar hulle maar
kon. Toe Saul berig ontvang dat Dawid uit Kehíla ontsnap het, het hy opgehou om
uit te trek.
14 En Dawid het gebly in die wildernis, in die
bergvestings, ook op die gebergte in die wildernis Sif; en Saul het hom aldae
gesoek, maar Elohim het hom nie in sy hand oorgegee nie.
15 Maar Dawid het bemerk dat Saul uittrek om sy
siel te soek. Dawid was naamlik in die wildernis Sif, in Hores.
16 Daarop het JeHôWnathan, die seun van Saul, hom
klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in Elohim
17 en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van
Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor JisraEl, en
ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed.
18 Toe sluit hulle twee ’n verbond voor die
Aangesig van JaHWeH; en Dawid het in Hores gebly, maar JeHôWnathan het na sy
huis gegaan.
19 Daarna het daar Sifiete opgegaan na Saul, na
Gíbea, en gesê: Steek Dawid hom nie weg by ons in die bergvestings, in Hores,
op die heuwel Hagíla wat suid van die [woesteny van] Jesimon lê nie?
20 En nou vir alle toegewing na u siel om af te
kom, o koning, kom dan af, en ons sal sorg om hom in die hand van die koning
uit te lewer.
21 En Saul sê: Mag julle geseënd wees deur JaHWeH,
omdat julle medelye met my gehad het.
22 Gaan tog heen, maak verder klaar en ondersoek
en bekyk die plek waar sy spoor is, wie hom daar gesien het; want aan my is
gesê dat hy baie uitgeslape is.
23 Daarom, bekyk en ondersoek al die skuilplekke
waar hy hom wegsteek, en kom verseker na my terug, dan sal ek met julle
saamgaan; en as hy in hierdie deel van die Aarde is, sal ek hom opspoor onder
al die duisende van JeHûWdah.
24 En hulle het klaargemaak en voor die aangesig
van Saul uit na Sif gegaan, terwyl Dawid en sy manne in die wildernis Maon was,
in die Vlakte suid van die [woesteny van] Jesimon.
25 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is
dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die
wildernis Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die
wildernis Maon in.
26 En Saul het aan hierdie kant van die berg
getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe
Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy
manne omsingel om hulle te vang,
27 kom daar ’n boodskapper by Saul en sê: Maak gou
en kom, want die Filistyne het ’n inval in die Aarde gedoen.
28 Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer
agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie
plek Rots van Skeiding.
29 En daarvandaan het Dawid opgetrek en in die
bergvestings van Éngedi gebly.
24 EN net toe Saul terugkom agter die Filistyne
vandaan, is aan hom meegedeel en gesê: Kyk, Dawid is in die wildernis van
Éngedi.
2 Daarop het Saul drieduisend uitgesoekte manne
uit die hele JisraEl geneem en heengegaan om Dawid en sy manne te soek teenoor
die Steenbokrotse.
3 Toe hy kom by die skaapkrale langs die pad waar
’n spelonk was, het Saul daar ingegaan om sy voete te bedek, terwyl Dawid en sy
manne agter in die spelonk sit.
4 En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is
die dag dat JaHWeH aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom
soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul
se mantel af.
5 Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat
hy die slip van Saul afgesny het,
6 en hy het aan sy manne gesê: Mag JaHWeH my
bewaar dat ek so iets aan my meester, die gesalfde van JaHWeH, sou doen om my
hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van JaHWeH.
7 En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle
nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit
opgestaan en sy koers gegaan.
8 Daarna staan Dawid ook op en gaan uit die
spelonk uit en roep agter Saul aan en sê: My meester die koning! Toe Saul agter
hom omkyk, buig Dawid met sy aangesig na die Aarde toe en val neer.
9 En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die
woorde van adamiete wat sê: Kyk, Dawid verlang om u leed aan te doen?
10 Kyk, vandag sien u eie oë dat JaHWeH u vandag
in die spelonk in my hand gegee het; en hulle het gesê ek moet u doodmaak, maar
ek het u verskoon en gesê: Ek sal my hand nie uitsteek teen my meester nie,
want hy is die gesalfde van JaHWeH.
11 En kyk, my vader, ja, kyk die slip van u mantel
in my hand! Want toe ek die slip van u mantel afgesny het, het ek u nie gedood
nie. Erken en sien dat daar by my geen boosheid of oortreding is en ek nie teen
u oortree het nie, alhoewel u op my siel loer om haar weg te neem.
12 JaHWeH sal oordeel tussen my en u, en JaHWeH
sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie.
13 Soos die spreekwoord van die voorvaders sê: Uit
die Besoedelde gaan besoedeling uit. Maar my hand sal nie teen u wees nie.
14 Agter wie aan het die koning van JisraEl
uitgetrek? Agter wie kom u aangejaag? Agter ’n dooie hond, agter een enkele
vlooi aan!
15 Maar JaHWeH sal Regter wees en oordeel tussen
my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my Reg verskaf teenoor
u.
16 Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul
gespreek het, sê Saul: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem
verhef en geween
17 en aan Dawid gesê: Jy is regverdiger as ek,
want jy het aan my goed gedoen terwyl ek aan jou kwaad gedoen het.
18 En jy het vandag bewys dat jy goed aan my
gedoen het; dat naamlik JaHWeH my in jou hand oorgelewer het, maar jy het my
nie gedood nie.
19 Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op
’n goeie pad laat gaan? Maar JaHWeH sal jou die goeie vergelde vir wat jy
vandag aan my gedoen het.
20 En nou, kyk, ek weet jy sal sekerlik koning
word, en die koningskap oor JisraEl sal in jou hand standhou.
21 Sweer dan nou vir my by JaHWeH dat jy my
saadlyn ná my nie sal uitroei en my naam uit my vader se huis nie sal uitdelg
nie.
22 Toe sweer Dawid vir Saul. En Saul het na sy
huis gegaan, maar Dawid en sy manne het na die bergvesting opgetrek.
25 EN ShemuEl het gesterwe, en die hele JisraEl het
saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama. En Dawid het
hom klaargemaak en afgetrek na die wildernis Paran.
2 En daar was ’n man in Maon wat sy boerdery in
Karmel gehad het, en die man was baie vermoënd: hy het drieduisend skape en
duisend bokke gehad, en hy was besig om sy skape te skeer in Karmel.
3 En die naam van die man was Nabal, en die naam
van sy vrou Abígail; en die vrou het suiwer insig gehad en was lig van
gestalte; maar die man was grof en boosaardig, en hy was ’n Kalebiet.
4 Toe Dawid in die wildernis hoor dat Nabal sy
skape skeer,
5 stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid sê aan die
jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die
welstand;
6 en so moet julle aan die welvarende sê: Mag dit
goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.
7 En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou
ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook
niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie.
8 Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee;
laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op ’n vrolike dag gekom;
gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.
9 Toe het die jongmanne van Dawid gekom en met
Nabal in naam van Dawid volgens al hierdie woorde gespreek en verder afgewag.
10 Maar Nabal het die dienaars van Dawid
geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Isai? Daar is vandag
baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy meester af.
11 Sou ek dan my brood en my water en my slagdiere
wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet
waar hulle vandaan kom nie?
12 Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op
hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al
hierdie woorde.
13 Toe sê Dawid aan sy manne: Gord julle elkeen sy
swaard aan! Hulle gord toe elkeen sy swaard aan - Dawid het ook sy swaard
aangegord - en hulle trek agter Dawid op, omtrent vierhonderd man, terwyl
tweehonderd by die pakgoed bly.
14 Maar aan Abígail, die vrou van Nabal, het een
van die jongmanne berig gebring en gesê: Kyk, Dawid het boodskappers uit die
wildernis gestuur om ons meester te begroet, maar hy het teen hulle uitgevaar.
15 Tog was die manne vir ons baie goed; ook is ons
nie beledig nie, en ons het niks vermis al die dae wat ons saam met hulle
rondgetrek het toe ons in die veld was nie.
16 Hulle was ’n muur om ons, snags sowel as
bedags, al die dae wat ons die skape by hulle opgepas het.
17 En nou moet u self ondersoek en kyk wat u moet
doen; want die teëspoed is vas besluit oor ons meester en oor sy hele huis;
maar hy self is so ’n seun van Belijaal dat jy nie met hom kan praat nie.
18 Toe het Abígail gou tweehonderd brode geneem en
twee sakke wyn en vyf toebereide skape en vyf mate gebraaide koring en honderd
rosynekoeke en tweehonderd vyekoeke en dit op esels gesit.
19 En sy het aan haar jongmanne gesê: Trek voor my
aangesig uit; kyk, ek kom dadelik agter julle aan. Maar aan haar man Nabal het
sy niks te kenne gegee nie.
20 En terwyl sy op die esel ry en in ’n kloof van
die berg afdaal, kom Dawid en sy manne meteens af haar tegemoet, sodat sy hulle
teëgekom het.
21 Dawid het al gedink: Net verniet het ek alles
wat aan hierdie man behoort, in die wildernis beskerm, sodat daar nooit iets
van sy goed vermis is nie; en hy vergeld my boos vir goed.
22 Mag Elohim so aan die vyande van Dawid doen en
so daaraan toedoen, as ek van almal wat aan hom behoort, tot die môre nie een
laat oorbly wat urineer teen die muur nie.
23 Toe Abígail Dawid sien, het sy gou van die esel
afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die Aarde toe gebuig.
24 En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op
my, my meester, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek,
en luister na die woorde van u dienares.
25 My meester moet hom tog nie steur aan daardie
man van Belijaal, aan Nabal nie; want soos sy naam is, so is hy; sy naam
beteken dwaas, en dwaasheid is by hom. Maar wat my betref, u dienares het my
meester se jongmanne wat u gestuur het, nie gesien nie.
26 En nou, my meester, so waar as JaHWeH leef en u
siel leef, dit is JaHWeH wat u teruggehou het om in bloedskuld te raak en u met
eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat boosheid soek teen my
meester, soos Nabal word.
27 En laat nou hierdie geskenk wat u dienares vir
my meester gebring het, aan die jongmanne gegee word wat op my meester se
voetspore rondtrek.
28 Vergeef tog die oortreding van u dienares, want
JaHWeH sal sekerlik vir my meester ’n bestendige huis stig, omdat my meester
die oorloë van JaHWeH voer en in u dae in u geen besoedeling gevind is nie.
29 As ’n adamiet opstaan om u te agtervolg en u
siel te soek, mag die siel van my meester dan saamgebind wees in die bondeltjie
van die lewendes by JaHWeH jou Elohey; maar mag Hy die siel van u vyande uit
die holte van die slinger wegslinger.
30 En as JaHWeH aan my meester sal doen volgens al
die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor JisraEl,
31 dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my
meester geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my
meester homself hulp verskaf het nie; en as JaHWeH goed sal doen aan my
meester, moet u aan u dienares dink.
32 Toe sê Dawid vir Abígail: Geseënd is JaHWeH,
die Elohey van JisraEl, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!
33 En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy
self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te raak en my met eie hand te
help.
34 Maar so waar as JaHWeH, die Elohey van JisraEl,
leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen - as jy my nie gou
tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat urineer teen
die muur, tot die môrelig oorgebly het nie!
35 En Dawid het uit haar hand aangeneem wat sy vir
hom gebring het, en vir haar gesê: Gaan op in vrede na jou huis! Kyk, ek het na
jou geluister en jou in guns aangeneem.
36 Toe Abígail by Nabal kom, het hy juis ’n
maaltyd in sy huis aangerig soos die maaltyd van ’n koning; en Nabal se hart
was vrolik in hom, en hy was baie dronk; daarom het sy hom niks, klein of
groot, meegedeel totdat dit die môre lig word nie.
37 Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat
het, deel sy vrou hom dié dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe
en was hy soos ’n klip.
38 En ná omtrent tien dae het JaHWeH Nabal getref,
sodat hy gesterf het.
39 Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy:
Geseënd is JaHWeH wat die Regsaak in die smaad my aangedoen, teen Nabal
verdedig het en Sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl JaHWeH die kwaad
van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat
doen om haar vir hom as vrou te neem.
40 Toe het die dienaars van Dawid by Abígail gekom
in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as
vrou te neem.
41 En sy het opgestaan en met haar aangesig na die
Aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my meester
se dienaars te was.
42 Abígail maak toe gou klaar, en sy het op die esel
gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die
boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.
43 Dawid het ook Ahínoam uit JizreEl geneem, sodat
hulle altwee sy vroue geword het.
44 Maar Saul het sy dogter Migal, die vrou van
Dawid, gegee aan Palti, die seun van Lais, wat uit Gallim was.
26 EN die Sifiete het by Saul in Gíbea gekom en
gesê: Steek Dawid hom nie weg op die heuwel Hagíla vooraan die [woesteny van]
Jesimon nie?
2 Toe het Saul hom klaargemaak en afgetrek na die
wildernis Sif, en met hom saam drieduisend man, uitgesoektes uit JisraEl, om
Dawid te soek in die wildernis Sif.
3 En Saul het laer opgeslaan op die heuwel Hagíla
wat vooraan die [woesteny van] Jesimon langs die pad lê, terwyl Dawid in die
wildernis gebly het. Maar toe hy sien dat Saul agter hom aankom die wildernis
in -
4 want Dawid het verkenners uitgestuur en verneem
dat Saul verseker aankom -
5 maak Dawid hom klaar en gaan na die plek waar
Saul in die laer staan; en Dawid het die plek bekyk waar Saul gaan slaap het
saam met Abner, die seun van Ner, sy leërowerste; Saul het naamlik geslaap in
die wa-laer, terwyl die manskappe rondom hom in die laer was.
6 En Dawid het begin spreek met Ahiméleg, die
Hetiet, en met Abísai, die seun van Serùja, die broer van JôWab, en gesê: Wie
sal met my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Abísai sê: Ek sal met u
saam afgaan.
7 Toe Dawid met Abísai in die nag by die manskappe
kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spies aan sy koppenent in die
Aarde gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê.
8 En Abísai sê vir Dawid: Vandag het Elohim u
vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen
die Aarde vassteek sonder om dit ’n tweede keer te doen.
9 Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie,
want wie slaan sy hand aan die gesalfde van JaHWeH en bly ongestraf?
10 Verder sê Dawid: So waar as JaHWeH leef,
sekerlik sal JaHWeH hom slaan, òf sy dag sal kom dat hy sterwe, òf hy sal aftrek
in die geveg en omkom!
11 Mag JaHWeH my bewaar dat ek my hand aan die
gesalfde van JaHWeH sou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent
is, en die waterkruik, en laat ons weggaan.
12 Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van
Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of
merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat ’n diepe slaap
van JaHWeH op hulle geval het.
13 En Dawid het deurgegaan na die oorkant en in
die verte op die top van die berg gaan staan - die ruimte tussen hulle was
groot -
14 en Dawid het geroep na die manskappe en na
Abner, die seun van Ner, en gevra: Antwoord jy nie, Abner? Toe antwoord Abner
en sê: Wie is jy wat na die koning roep?
15 En Dawid vra vir Abner: Jy is tog ’n man, en
wie is soos jy in JisraEl? Waarom het jy dan nie by jou meester die koning wag
gehou nie? Want een uit die volk het ingekom om die koning, jou meester, om te
bring.
16 Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie!
So waar as JaHWeH leef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag
gehou het oor julle meester, oor die gesalfde van JaHWeH nie. En kyk nou, waar
is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was!
17 Toe herken Saul die stem van Dawid en vra: Is
dit jou stem daar, my seun Dawid? En Dawid sê: My stem, my meester die koning!
18 Verder sê hy: Waarom agtervolg my meester sy
dienaar tog? Want wat het ek gedoen? Of watter boosheid is daar by my?
19 Laat my meester die koning dan nou luister na
die woorde van sy dienaar: As JaHWeH u teen my aanhits, bied Hom dan ’n
spysbydrae aan; maar as dit seuns van adamiete is - vervloek is hulle voor die
Aangesig van JaHWeH, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan
aansluit by die Erfdeel van JaHWeH nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien gode
van andere!
20 Laat my bloed dan nou nie op die Aarde val ver
van die Aangesig van JaHWeH nie, want die koning van JisraEl het uitgetrek om
een enkele vlooi te soek, soos ’n man ’n patrys op die berge agtervolg.
21 Toe sê Saul: Ek het oortree; kom terug, my seun
Dawid, want ek sal jou geen kwaad meer doen nie, omdat my siel vandag kosbaar
was in jou oë; kyk, ek het dwaas gehandel en my grootliks misgaan.
22 En Dawid antwoord en sê: Hier is die spies van
die koning; laat dan een van die jongmanne deurkom om haar te neem.
23 JaHWeH tog vergeld aan elkeen sy geregtigheid
en sy getrouheid - JaHWeH het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my
hand teen die gesalfde van JaHWeH uitsteek nie.
24 En kyk, soos vandag u siel in my oë kosbaar
was, mag so my siel in die Oë van JaHWeH kosbaar wees, en mag Hy my red uit
elke benoudheid.
25 Hierop sê Saul vir Dawid: Geseënd is jy, my
seun Dawid! Jy sal groot dinge doen en sekerlik die oorhand kry. Daarop het
Dawid verder gegaan, en Saul het na sy woonplek teruggekeer.
27 EN Dawid het by homself gesê: Nou sal ek een van
die dae omkom deur die hand van Saul; daar is vir my niks goeds nie, tensy ek
dadelik ontsnap na die Aarde van die Filistyne; dan sal Saul die hoop opgee om
my langer in die hele grondgebied van JisraEl te soek, en ek sal uit sy hand
ontsnap.
2 Dawid maak toe klaar, en hy saam met die
seshonderd man wat by hom was, het deurgetrek na Agis, die seun van Maog, die
koning van Gat.
3 En Dawid het by Agis gebly in Gat, hy en sy
manne, elkeen met sy huisgesin; Dawid met sy twee vroue, Ahínoam ‘n
JizreElitiese vrou en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.
4 Toe Saul tyding kry dat Dawid na Gat gevlug het,
het hy verder nie meer na hom gesoek nie.
5 En Dawid het vir Agis gesê: As ek dan guns in u
oë gevind het, laat hulle my tog ’n plek gee in een van die plattelandse stede,
dat ek daar kan woon; waarom tog sou u dienaar in die koninklike stad by u
woon?
6 Daarop gee Agis dieselfde dag Siklag aan hom;
daarom het Siklag aan die konings van JeHûWdah behoort tot vandag toe.
7 En die getal dae wat Dawid in die land van die
Filistyne gewoon het, was een jaar en vier maande.
8 En Dawid het met sy manne opgetrek, en hulle het
die Gesuriete en die Girsiete en die Amalekiete oorval, want hulle was van ouds
die bewoners van die Aarde in die rigting van Sur en tot aan die Aarde van
Egipte.
9 En so dikwels as Dawid die Aarde oorval, laat hy
geen man of vrou lewe nie, en neem kleinvee en beeste en esels en kamele en
klere saam. En as hy teruggaan en by Agis kom,
10 vra Agis: Waar het julle vandag ’n inval
gedoen? Dan sê Dawid: In die Suidland van JeHûWdah en in die Suidland van die
JerágmeEliete en in die Suidland van die Keniete.
11 Maar geen man of vrou het Dawid laat lewe om
dié na Gat te bring nie, want hy het gedink: Anders sal hulle ons aangee en sê:
So het Dawid gehandel. En dit was sy Regspraak al die dae wat hy in die Aarde
van die Filistyne gewoon het.
12 En Agis het Dawid vertrou en gesê: Hy het
homself vir goed by sy volk, by JisraEl, gehaat gemaak en sal vir altyd my
onderdaan wees.
28 EN toe die Filistyne in dié dae hulle leër
versamel vir oorlog om teen JisraEl te veg, sê Agis vir Dawid: Jy moet goed
verstaan dat jy met my saam in die leër moet uittrek, jy en jou manne.
2 Daarop sê Dawid vir Agis: Goed, u weet wel wat u
dienaar moet doen. En Agis sê vir Dawid: Goed, ek sal jou vir altyd aanstel as
my lyfwag.
3 En ShemuEl het gesterwe, en hulle het oor hom
gerouklaag, die hele JisraEl, en hom begrawe in Rama, naamlik in sy stad. En
Saul het die dodebesweerders en die waarsêers uit sy deel van die Aarde
verwyder.
4 Daarop het die Filistyne bymekaar-gekom en
ingetrek en laer opgeslaan in Sunem. En Saul het die hele JisraEl versamel, en
hulle het laer opgeslaan op Gilbóa.
5 Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy
bevrees geword, en sy hart het baie gebewe.
6 En Saul het JaHWeH geraadpleeg, maar JaHWeH het
hom nie geantwoord nie - nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die
profete nie.
7 En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ’n
vrou wat ’n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En
sy dienaars sê vir hom: Daar is ’n vrou, ’n dodebesweerster, in Endor.
8 Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander
klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in
die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van ’n
afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem.
9 Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat
Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die Aarde
uitgeroei het. Waarom stel jy dan ’n val vir my siel om my te laat doodgaan?
10 Toe sweer Saul vir haar by JaHWeH en sê: So
waar as JaHWeH leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie!
11 En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat
opkom? En hy sê: Laat ShemuEl vir my opkom.
12 Maar toe die vrou ShemuEl sien, skreeu sy
hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg?
Want u is Saul self.
13 En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees
nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien ’n bonatuurlike wese
uit die Aarde opkom.
14 Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy
antwoord: ’n Ou man kom op met ’n mantel om. Toe Saul begryp dat dit ShemuEl
is, buig hy met sy aangesig na die Aarde toe en val neer.
15 En ShemuEl sê vir Saul: Waarom verontrus jy my
deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne
voer teen my oorlog, en Elohim het van my gewyk en antwoord my nie langer deur
die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om
my bekend te maak wat ek moet doen.
16 En ShemuEl sê: Maar waarom raadpleeg jy my
terwyl JaHWeH van jou gewyk en jou vyand geword het?
17 JaHWeH het dan vir Homself gedoen soos Hy deur
my diens gespreek het, en JaHWeH het die koningskap uit jou hand geskeur en
haar aan jou vriend, aan Dawid, gegee.
18 Omdat jy nie na die Stem van JaHWeH geluister
en Sy brandende Woede teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het JaHWeH jou
vandag hierdie ding aangedoen.
19 En JaHWeH sal JisraEl ook saam met jou in die
hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die
leër van JisraEl sal JaHWeH in die hand van die Filistyne gee.
20 En Saul het plotseling in sy volle lengte op
die Aarde geval en baie bevrees geword deur die woorde van ShemuEl; buitendien
was daar geen krag in hom nie, want hy het die hele dag en die hele nag geen
brood geëet nie.
21 Daarop gaan die vrou na Saul; en toe sy sien
dat hy baie verskrik was, sê sy vir hom: Kyk, u dienares het na u geluister en
ek het my siel in my handpalms geplaas en na u woorde geluister wat u tot my
gespreek het.
22 En nou moet u self tog luister na u dienares,
en laat ek u ’n stukkie brood voorsit, en eet, dat daar krag in u kan wees as u
verder gaan.
23 Maar hy het geweier en gesê: Ek wil nie eet
nie. Maar toe sy dienaars en die vrou ook by hom aandring, het hy na hulle
geluister en opgestaan van die Aarde af en op die bed gaan sit.
24 En die vrou het ’n kalf in die stal by die huis
gehad en dit gou geslag, en sy het meel geneem en geknie en daar ongesuurde
koeke van gebak.
25 Toe het sy dit aangebring voor die aangesig van
Saul en voor die aangesig van sy dienaars, en hulle het geëet en opgestaan en
dieselfde nag weggegaan.
29 EN die Filistyne het hulle hele leër by Afek
versamel, terwyl JisraEl laer opgeslaan het by die fontein wat by JizreEl is.
2 Toe die vorste van die Filistyne by honderde en
by duisende verbytrek, maar Dawid en sy manne in die agterhoede met Agis saam
verbytrek,
3 vra die owerstes van die Filistyne: Wat soek
hierdie Hebreërs? En Agis sê aan die owerstes van die Filistyne: Dit is mos
Dawid, die onderdaan van Saul, die koning van JisraEl, wat nou al dae of al
jare by my is, sonder dat ek iets in hom gevind het van die dag af dat hy
oorgeloop het, tot vandag toe.
4 Maar die owerstes van die Filistyne het baie
kwaad vir hom geword, en die owerstes van die Filistyne het aan hom gesê: Stuur
die man terug, dat hy kan teruggaan na die plek wat u hom aangewys het, en laat
hom nie met ons saam in die geveg aftrek, dat hy nie vir ons in die geveg ’n
teëstander word nie. Want waarmee kan hierdie man hom aangenaam maak by sy
meester? Is dit nie met die hoofde van hierdie manne nie?
5 Is dit nie dié Dawid nie, van wie hulle in die
koordanse gesing en gesê het: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy
tienduisende?
6 Agis het Dawid toe geroep en aan hom gesê: So
waar as JaHWeH leef, sekerlik, jy is opreg, en jou uitgang en jou ingang in die
leër met my saam is suiwer in my oë; want ek het geen besoedeling in jou gevind
van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Maar in die oë van
die vorste is jy nie suiwer nie.
7 Draai dan nou om en gaan in vrede, en doen niks
wat verkeerd is in die oë van die vorste van die Filistyne nie.
8 Hierop sê Dawid vir Agis: Maar wat het ek
gedoen? Of wat het u in u dienaar gevind van die dag af dat ek voor u gewees
het tot vandag toe, dat ek nie mag gaan veg teen die vyande van my meester die
koning nie?
9 Maar Agis het Dawid geantwoord en gesê: Ek weet
dat jy suiwer is in my oë soos ’n Boodskapper van Elohim, maar die owerstes van
die Filistyne sê: Hy mag nie met ons saam optrek in die geveg nie.
10 Maak jou dan nou môre vroeg klaar met die
dienaars van jou meester wat met jou saamgekom het. Julle moet dus môre vroeg
klaarmaak, en as dit vir julle lig word, trek dan weg.
11 En Dawid het vroeg klaargemaak, hy en sy manne,
om in die môre heen te gaan, om terug te trek na die Aarde van die Filistyne;
maar die Filistyne het opgetrek na JizreEl.
30 EN toe Dawid met sy manne die derde dag by Siklag
aankom, het die Amalekiete ’n inval gedoen in die Suidland en in Siklag, en
hulle het Siklag verslaan en haar met vuur verbrand.
2 En hulle het die vroue [en almal] wat in haar
was, gevange weggevoer, van die kleinste af tot die grootste toe; hulle het
niemand gedood nie, maar hulle weggevoer en verder gegaan.
3 Toe Dawid met sy manne die stad inkom, lê sy
daar met vuur verbrand, en hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters was as
gevangenes wegge-voer.
4 Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom
was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te
ween nie.
5 Ook Dawid se twee vroue, Ahínoam ‘n
JizreElitiese vrou, en Abígail, die vrou van Nabal, die Karmeliet, was as
gevangenes weggevoer.
6 En Dawid het dit baie benoud gehad, want die
manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was
verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk
in JaHWeH sy Elohey.
7 En Dawid sê vir Abjatar, die priester, die seun
van Ahiméleg: Bring tog die skouerkleed vir my hier. Daarop het Abjatar die
skouerkleed na Dawid gebring.
8 En Dawid het JaHWeH geraadpleeg en gesê: Sal ek
hierdie bende agternajaag? Sal ek hulle inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg,
want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.
9 Daarop het Dawid weggetrek, hy met die seshonderd
man wat by hom was; en toe hulle by die spruit Besor kom, het die origes
agtergebly.
10 Dawid het naamlik agtervolg, hy met vierhonderd
man, terwyl tweehonderd man agtergebly het wat te moeg was om die spruit Besor
deur te trek.
11 Toe vind hulle in die veld ’n Egiptenaar wat
hulle na Dawid bring, en hulle gee hom brood om te eet en water om te drink.
12 Daarby gee hulle hom ’n stuk vyekoek en twee
rosynekoeke. En toe hy geëet het, het hy weer bygekom; want hy het drie dae en
drie nagte geen brood geëet of water gedrink nie.
13 En Dawid vra hom: Aan wie behoort jy? En waar
kom jy vandaan? En hy sê: Ek is ’n Egiptiese seun, die slaaf van ’n
Amalekitiese man, en my meester het my laat agterbly, omdat ek drie dae gelede
siek geword het.
14 Ons het ’n inval gedoen in die Suidland van die
Kretiërs en in dié van JeHûWdah en in die Suidland van Kaleb, en Siklag met
vuur verbrand.
15 En Dawid vra hom: Sal jy my afbring na hierdie
bende? En hy sê: Sweer vir my by Elohim dat u my nie sal doodmaak en my nie sal
uitlewer in die hand van my meester nie; dan sal ek u afbring na hierdie bende.
16 En toe hy hom afgebring het, lê hulle daar
verstrooid oor die oppervlakte van die hele Aarde, besig om te eet en te drink
en jolyt te hou met die ganse groot buit wat hulle uit die Aarde van die
Filistyne en uit die Aarde van JeHûWdah saamgeneem het.
17 En Dawid het hulle verslaan van die
aandskemering af tot die aand van die volgende dag, sodat niemand van hulle
vrygeraak het nie, behalwe vierhonderd jongmanne wat op kamele gespring en
gevlug het.
18 So het Dawid dan alles gered wat die Amalekiete
saamgeneem het; ook sy twee vroue het Dawid bevry.
19 Niks van hulle is vermis nie - klein of groot,
seuns of dogters, of iets van die buit, niks van alles wat hulle vir hul
saamgeneem het nie; Dawid het alles teruggebring.
20 En Dawid het al die kleinvee en beeste
afgeneem. Hulle het hul voor die aangesig van die vee gedrywe en gesê: Dit is
Dawid se buit.
21 Toe Dawid by die tweehonderd man kom wat te
moeg was om agter Dawid aan te gaan en wat hulle by die spruit Besor laat bly
het, trek hulle uit, Dawid en die manskappe wat by hom was, tegemoet; en Dawid
het met die manskappe nader gekom en hulle na die welstand gevra.
22 Daarop het al die besoedelde manne van Belijaal
uit die manne wat met Dawid saamgegaan het, begin sê: Omdat hulle nie met ons
saamgegaan het nie, sal ons hulle nie van die buit wat ons afgeneem het, gee
nie; maar hulle kan elkeen sy vrou en sy kinders saamneem en weggaan.
23 Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie,
my broers, met wat JaHWeH ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat
ons oorval het, in ons hand gegee.
24 En wie sou in hierdie saak na julle luister?
Want soos die deel van die wat in die geveg aftrek, so is ook die deel van die
wat by die pakgoed bly; gelykop moet hulle deel.
25 So is dit dan van dié dag af en verder gewees;
ja, hy het dit as ’n Insetting en ’n Regspraak vir JisraEl vasgestel tot vandag
toe.
26 Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die
buit aan die oudstes van JeHûWdah, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is ’n
geskenk vir julle uit die buit van die vyande van JaHWeH:
27 aan dié in BetEl en aan dié in Ramot in
die Suidland en aan dié in Jattir
28 en aan dié in Aroër en aan dié in Sifmot en aan
dié in Estemóa
29 en aan dié in Ragal en aan dié in die stede van
die JerágmeEliete en aan dié in die stede van die Keniete
30 en aan dié in Horma en aan dié in
Bor-Asan en aan Atag
31 en aan dié in Hebron en aan al die plekke waar
Dawid, hy en sy manne, rondgetrek het.
31 TERWYL die Filistyne teen JisraEl veg, het die
manne van JisraEl vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die
gebergte Gilbóa gelê.
2 En die Filistyne het Saul en sy seuns
agternagesit, en die Filistyne het JeHôWnathan en Abinádab en Malkisúa, die
seuns van Saul, gedood.
3 Toe die geveg dan swaar word teen Saul, en die
manne, die boogskutters, hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.
4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou
swaard uit en deurboor my met haar, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor
my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees
was. Daarop neem Saul die swaard en val oor haar.
5 Toe sy wapendraer sien dat Saul
dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf.
6 So het dan Saul en sy drie seuns
en sy wapendraer, ook al sy manne op dieselfde dag almal saam gesterwe.
7 Daarop sien die manne van
JisraEl wat oorkant die vlakte en wat oorkant die Jordaan was, dat die manne
van JisraEl gevlug het en dat Saul en sy seuns dood was, en hulle het die stede
verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.
8 En toe die Filistyne die
volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, kry hulle Saul en sy drie
seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa.
9 En hulle het sy hoof afgekap en
sy wapenrusting uitgetrek en dit in die Aarde van die Filistyne rondgestuur om
die blye boodskap te bring in die tempels van hulle idole en aan die volk.
10 Daarna het hulle sy wapens in
die huis van Ashtarowth neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-San
vasgeslaan.
11 Toe die inwoners van Jabes in
Gílead daarvan hoor - wat die Filistyne aan Saul gedoen het -
12 het al die dapper manne hulle
gereedgemaak en die hele nag deur getrek; en hulle het die lyk van Saul en die
lyke van sy seuns van die muur van Bet-San afgehaal en by Jabes gekom en hulle
daar verbrand.
13 En hulle het hul gebeente
geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas.
1 EN ná die dood van Saul, toe Dawid terug was van
die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,
2 kom daar op die derde dag ’n man uit die leër,
van Saul af, met geskeurde klere en Adamah[adamiet se Aarde] op sy hoof. En toe
hy by Dawid kom, val hy op die Aarde en buig hom neer.
3 En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy
antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van JisraEl.
4 Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel
my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van
die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun JeHôWnathan is
dood.
5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap
gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun JeHôWnathan dood is?
6 Daarop sê die jongman wat hom die boodskap
gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy
spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;
7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my
geroep, en ek het gesê: Hier is ek.
8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek
is ’n Amalekiet.
9 Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak
my dood, omdat ’n duiseling my bevang het; want my siel is nog heeltemal in my.
10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant
gemaak, want ek het geweet dat hy ná sy val nie sou leef nie; en ek het die
separatisme/kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en
dit hier na my meester gebring.
11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al
die manne wat by hom was.
12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot
die aand toe oor Saul en oor sy seun JeHôWnathan en oor die volk van JaHWeH en
oor die huis van JisraEl, omdat hulle deur die swaard geval het.
13 Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die
boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van
’n uitlandse man, ’n Amalekiet.
14 En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om
jou hand uit te steek om die gesalfde van JaHWeH om te bring nie?
15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê:
Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.
16 En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou
hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van
JaHWeH gedood.
17 TOE het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor
Saul en oor sy seun JeHôWnathan,
18 en hy het beveel om die kinders van JeHûWdah
die Boog[lied] te leer; kyk, sy is geskrywe in die Boekrol van die Opregte.
19 Die sieraad, o JisraEl - op jou hoogtes lê sy
verslaan. Hoe het die dapperes geval!
20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die
strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug,
die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!
21 Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen
reën op die velde van hulle bydraes wees nie! Want daar is die skild van die
dappere krygsmanne weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie
gesalf is.
22 Sonder die bloed van die ge-sneuweldes, sonder
die vet van die dapperes het die boog van JeHôWnathan nie agteruitgewyk en die
swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.
23 Saul en JeHôWnathan, die bemindes en lieflikes,
is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was
hulle, sterker as leeus.
24 Dogters van JisraEl, ween oor Saul, wat julle
weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op
julle gewaad.
25 Hoe het die dapperes geval diep in die geveg!
JeHôWnathan lê verslaan op jou hoogtes.
26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer
JeHôWnathan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as
die liefde van vroue.
27 Hoe het die dapperes geval en die oorlogswapens
verlore gegaan!
2 EN daarna het Dawid JaHWeH geraadpleeg en gesê:
Sal ek optrek in een van die stede van JeHûWdah? En JaHWeH het hom geantwoord:
Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.
2 En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee
vroue, Ahínoam ‘n JizreElitiese vrou, en Abígail, die vrou van Nabal, die
Karmeliet.
3 Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat
optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan
woon.
4 Daarna het die manne van JeHûWdah gekom en Dawid
daar as koning oor die huis van JeHûWdah gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en
sê: Dit is die manne van Jabes in Gílead wat Saul begrawe het,
5 stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes
in Gílead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur JaHWeH, dat julle
hierdie medelye betoon het aan julle meester, aan Saul, en hom begrawe het.
6 Mag JaHWeH aan julle dan nou Medelye en Waarheid
betoon, en ek self sal ook hierdie Suiwerheid aan julle betoon, omdat julle
hierdie ding gedoen het.
7 En nou, laat julle hande sterk wees, en wees
wakker manne; want julle meester Saul is dood. Daarby het die huis van JeHûWdah
my ook as koning oor hulle gesalf.
8 Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste
van Saul, het Isbóset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahanáim
9 en hom koning gemaak oor Gílead en oor die
Asuriete en oor JizreEl en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele JisraEl.
10 Veertig jaar oud was Isbóset, die seun van
Saul, toe hy koning geword het oor JisraEl, en hy het twee jaar geregeer; net
die huis van JeHûWdah het Dawid gevolg.
11 En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron
oor die huis van JeHûWdah, was sewe jaar en ses maande.
12 EN Abner, die seun van Ner, met die dienaars
van Isbóset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahanáim na Gíbeon.
13 JôWab, die seun van Serúja, en die dienaars van
Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet by die dam van Gíbeon, het
hulle gaan sit aan weerskante van die dam.
14 En Abner sê vir JôWab: Laat die jongmanne hulle
tog regmaak en voor ons speel. En JôWab sê: Laat hulle regmaak.
15 Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir
Benjamin afgetel, naamlik vir Isbóset, die seun van Saul; en twaalf van die
dienaars van Dawid.
16 Maar die een het die ander aan die hoof gegryp,
en die een se swaard was in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het;
daarom noem hulle dié plek Veld van Swaard-skerptes, wat by Gíbeon is.
17 En dieselfde dag het die geveg buitengewoon
hewig geword, maar Abner en die manne van JisraEl is verslaan voor die aangesig
van die dienaars van Dawid.
18 En daar was drie seuns van Serúja: JôWab en
Abísai en AsaEl; en AsaEl was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in
die veld is.
19 En AsaEl het Abner agternagejaag sonder om in
sy koers regs of links agter Abner weg te draai.
20 Toe kyk Abner agter hom om en sê: Is dit jy,
AsaEl? En hy antwoord: Dit is ek.
21 En Abner sê vir hom: Draai uit na jou regter-
of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir
jou. Maar AsaEl wou nie agter hom wegdraai nie.
22 En Abner sê nog ’n keer vir AsaEl: Jy moet
padgee agter my; waarom moet ek jou teen die Aarde slaan? Hoe sou ek dan my
aangesig kan ophef voor jou broer JôWab?
23 Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek
Abner hom met die agterent van die spies in die onderlyf, sodat die spies agter
hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat
aankom by die plek waar AsaEl geval en gesterwe het.
24 Maar JôWab en Abísai het Abner agternagejaag,
en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag
lê, aan die pad na die wildernis van Gíbeon.
25 En die kinders van Benjamin het agter Abner
byeengekom en saam een skare geword, en hulle het gaan staan op die top van ’n
sekere heuwel.
26 Toe roep Abner na JôWab en sê: Moet die swaard
dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat sy oplaas bitter sal wees nie? En hoe
lank sal jy nie aan die manskappe sê dat hulle moet omdraai agter hulle broers
vandaan nie?
27 En JôWab antwoord: So waar as die Elohim leef,
waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe môre eers weggetrek het,
elkeen agter sy broer vandaan.
28 Toe blaas JôWab op die ramshoring, en al die
manskappe het stilgestaan en JisraEl nie langer agternagejaag en nie verder
meer geveg nie.
29 Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag
die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en in
Mahanáim aangekom.
30 En JôWab het omgedraai agter Abner weg en al
die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en AsaEl
vermis.
31 Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin,
naamlik onder die manne van Abner, geslaan - driehonderd-en-sestig man het
gesterwe.
32 En hulle het AsaEl opgetel en hom in die graf
van sy vader wat in Betlehem was, begrawe; en JôWab en sy manne het die hele
nag deur getrek, sodat dit vir hulle in Hebron lig geword het.
3 EN daar was ’n lang oorlog tussen die huis van
Saul en die huis van Dawid, en Dawid het altyd sterker geword, maar die huis
van Saul altyd swakker.
2 EN vir Dawid is daar seuns in Hebron gebore. En
sy eersgeborene was Amnon, by Ahínoam ‘n JizreElitiese vrou;
3 en sy tweede was Kíleab, by Abígail, die vrou
van Nabal, die Karmeliet; en die derde was Absalom, die seun van Máäga, die
dogter van Tálmai, die koning van Gesur;
4 en die vierde AdoniJaH, die seun van Haggit; en
die vyfde ShafátJaH, die seun van Abítal;
5 en die sesde Jítream, by Egla, die vrou van
Dawid. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.
6 EN onderwyl daar oorlog was tussen die huis van
Saul en die huis van Dawid, was Abner besig om homself te versterk in die huis
van Saul.
7 Saul het naamlik ’n byvrou gehad en haar naam
[was] Rispa, die dogter van Aja; en [Isbóset] het vir Abner gesê: Waarom het jy
by die byvrou van my vader ingegaan?
8 Toe word Abner baie kwaad oor die woorde van
Isbóset en sê: Is ek dan die hond se kop wat aan JeHûWdah behoort? Vandag betoon
ek medelye met die huis van Saul, jou vader, aan sy broers en aan sy vriende;
en ek het jou nie in die hand van Dawid laat raak nie, en tog verwyt jy my
vandag oor die ongeregtigheid met ’n vrou?
9 Mag Elohim so aan Abner doen en so daaraan
toedoen, sekerlik soos JaHWeH Dawid met ’n eed beloof het, net so sal ek aan
hom doen
10 deur die koningskap aan die huis van Saul te
ontneem en die Troon van Dawid op te rig oor JisraEl en oor JeHûWdah, van Dan
tot Berséba.
11 En hy kon Abner verder geen antwoord gee nie,
omdat hy vir hom bang was.
12 Daarop het Abner boodskappers na Dawid in sy
plek gestuur om te sê: Aan wie behoort die Aarde? en: Sluit u verbond met my;
en kyk, my hand sal met u wees om die hele JisraEl na u toe oor te bring.
13 En hy het gesê: Goed, ék sal met u ’n verbond
sluit, maar een ding eis ek van u, naamlik: U mag my aangesig nie sien nie, of
u moet eers Migal, die dogter van Saul, saambring as u kom om my aangesig te
sien.
14 Dawid het ook boodskappers gestuur na Isbóset,
die seun van Saul, om te sê: Gee my vrou Migal met wie ek my verloof het vir
honderd voorhuide van die Filistyne.
15 En Isbóset het gestuur en haar van die man, van
PáltieEl, die seun van Lais, afgeneem.
16 En haar man het saam met haar gegaan, terwyl hy
agter haar aan loop en ween tot by Bahúrim. Toe sê Abner vir hom: Gaan terug.
En hy het teruggegaan.
17 En Abner het met die oudstes van JisraEl
onderhandel en gesê: Gister sowel as eergister het julle aldeur Dawid as koning
oor julle begeer.
18 Voer dit dan nou uit, want JaHWeH het van Dawid
gespreek en gesê: Deur die hand van My kneg Dawid sal Ek My volk JisraEl uit
die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.
19 En Abner het ook voor die ore van Benjamin
gespreek; en Abner het ook gegaan om voor die ore van Dawid in Hebron te spreek
alles wat goed was in die oë van JisraEl en in die oë van die hele huis van
Benjamin.
20 Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig
man saam met hom, het Dawid vir Abner en die manne wat by hom was, ’n maaltyd
aangerig.
21 En Abner sê vir Dawid: Ek wil my klaarmaak en
die hele JisraEl by my meester die koning gaan versamel, dat hulle met u ’n
verbond sluit; dan kan u heers oor alles wat u siel begeer. Daarop het Dawid
Abner laat gaan, en hy het in vrede weggegaan.
22 Intussen kom die dienaars van Dawid en JôWab
juis van ’n rooftog af, en hulle bring ’n groot buit met hulle saam. Maar Abner
was nie meer by Dawid in Hebron nie, want dié het hom laat gaan, en hy het in
vrede vertrek.
23 Toe JôWab en die hele kommando wat saam met hom
was, tuiskom, deel hulle aan JôWab mee en sê: Abner, die seun van Ner, het na
die koning gekom, en dié het hom laat gaan, en hy het in vrede vertrek.
24 Daarop kom JôWab by die koning en sê: Wat het u
gedoen? Kyk, Abner het by u gekom; waarom het u hom tog laat loop, dat hy
somaar weggegaan het?
25 U ken Abner, die seun van Ner, dat hy gekom het
om u te mislei en om u uitgang en u ingang te weet, ja, om alles te weet wat u
doen.
26 En JôWab het van Dawid af weggegaan en
boodskappers agter Abner aan gestuur, wat hom teruggebring het van die put
Hassira af sonder dat Dawid dit geweet het.
27 Toe Abner dan in Hebron terugkom, het JôWab hom
eenkant toe gelei in die middel van die poort om vertroulik met hom te praat en
hom daar in die onderlyf gesteek, sodat hy gesterf het, oor die bloed van sy
broer AsaEl.
28 Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my
koninkryk is voor die Aangesig van JaHWeH vir ewig onskuldig aan die bloed van
Abner, die seun van Ner.
29 Mag dit losbreek op die hoof van JôWab en op sy
hele vader se huis, en mag die huis van JôWab nie vry wees van een wat ’n
vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val
of gebrek aan brood het nie.
30 JôWab dan en Abísai, sy broer, het Abner
vermoor, omdat hy hulle broer AsaEl by Gíbeon in die geveg gedood het.
31 Verder het Dawid aan JôWab en al die mense wat
by hom was, gesê: Skeur julle klere en gord rouklere aan en rouklaag voor die
aangesig van Abner uit! En koning Dawid het agter die baar aan gegaan.
32 Toe hulle Abner in Hebron begrawe, het die
koning sy stem verhef en geween by die graf van Abner; die hele volk het ook
geween.
33 En die koning het ’n klaaglied oor Abner
aangehef en gesê: Moes Abner sterwe soos ’n dwaas?
34 Jou hande was nie gebind en jou voete nie
aangeraak met koperkettings nie. Soos ’n mens voor die aangesig van
kwaaddoeners val, het jy geval. En die hele volk het nog meer oor hom geween.
35 Daarop kom die hele volk om Dawid te beweeg dat
hy brood moet eet terwyl dit nog dag was; maar Dawid het gesweer en gesê: Mag
Elohim so aan my doen en aanhou as ek voor die aangesig van die son ondergaan,
brood of enigiets proe.
36 En die hele volk het dit opgemerk, en dit was
goed in hulle oë: soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë
van die hele volk.
37 En die hele volk en die hele JisraEl het
dieselfde dag gemerk dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun
van Ner, dood te maak nie.
38 Verder het die koning aan sy dienaars gesê:
Weet julle nie dat vandag ’n vors en ’n groot man in JisraEl geval het nie?
39 Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning
gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Serúja, harder is as ek. Mag
JaHWeH die kwaaddoener vergelde na sy besoedeling!
4 TOE die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron
gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele JisraEl was verskrik.
2 En die seun van Saul het twee manne, owerstes
van bendes, gehad: die naam van die een was Báëna en die naam van die ander
Régab, seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin, want
Beërot is ook by Benjamin gereken.
3 En die Beërotiete het na Gittaím gevlug en was
daar vreemdelinge tot vandag toe.
4 En JeHôWnathan, die seun van Saul, het ’n seun
gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul
en JeHôWnathan uit JizreEl gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug;
maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam
was Mefibóset.
5 En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, Régab en
Báëna, het gegaan en by die huis van Isbóset gekom op die warmste van die dag
toe hy in sy middagslaap lê.
6 En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis
om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en Régab en sy broer Báëna
het ontvlug.
7 Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy
op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle
het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte
8 en die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron
gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van
Saul, u vyand wat u siel gesoek het; maar JaHWeH het aan my meester die koning
vandag wraak gegee op Saul en sy saad.
9 Maar Dawid het Régab en sy broer Báëna, die
seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as
JaHWeH leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
10 hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk,
Saul is dood! - terwyl hy in sy eie oë was soos een wat ’n goeie boodskap bring
- het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon
moes gegee het;
11 hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as
besoedelde mense ’n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van
julle hand eis en julle van die Aarde verdelg nie?
12 Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en dié
het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in
Hebron; maar die hoof van Isbóset het hulle geneem en dit begrawe in die graf
van Abner in Hebron.
5 TOE kom al die stamme van JisraEl na Dawid in
Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!
2 Gister sowel as eergister toe Saul koning oor
ons was, het ú JisraEl uit- en ingelei; en JaHWeH het aan u gesê: Jy moet My
volk JisraEl oppas, en jy moet ’n vors wees oor JisraEl.
3 So het dan al die oudstes van JisraEl na die
koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle ’n verbond in Hebron
gesluit voor die Aangesig van JaHWeH, en hulle het Dawid as koning oor JisraEl
gesalf.
4 Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword
het; veertig jaar het hy geregeer.
5 In Hebron het hy oor JeHûWdah sewe jaar en ses
maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele
JisraEl en JeHûWdah geregeer.
6 Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek
teen die Jebusiete, die bewoners van die Aarde, het hulle met Dawid gespreek en
gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe -
dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.
7 Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; Sy
is die Stad van Dawid.
8 En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat ’n
Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die
blindes, van wie Dawid se siel ’n afkeer het! Daarom sê hulle: ’n Blinde en ’n
lamme mag nie in die huis kom nie.
9 En Dawid het in die bergvesting gaan woon en
Haar die Stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die
binnekant, gebou.
10 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en
JaHWeH, die Elohey van die leërmagte, was met hom.
11 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus,
boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle
het vir Dawid ’n huis gebou.
12 So het Dawid dan gewaar geword dat JaHWeH hom
as koning oor JisraEl bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van Sy
volk JisraEl.
13 En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en
vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het en vir Dawid is meer seuns en
dogters gebore.
14 En dit is die name van die wat vir hom in
Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,
15 en Jibhar en EliShua en Nefeg en Jáfia,
16 en EliShama en EliAda en EliFelet.
17 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor
JisraEl gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid
het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.
18 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in
die dal Refaim.
19 Toe het Dawid JaHWeH geraadpleeg en gesê: Sal
ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En JaHWeH het aan
Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.
20 Daarop het Dawid na Baäl-Pérasim gegaan, en
Dawid het hulle daar verslaan en gesê: JaHWeH het voor my aangesig heen deur my
vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim
genoem.
21 En hulle het hul idole daar agtergelaat, en
Dawid en sy manne het dit saamgeneem.
22 Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en
hulle in die dal Refaim versprei.
23 Toe raadpleeg Dawid JaHWeH, en Hy sê: Jy moet
nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.
24 En as jy ’n geruis van voetstappe in die toppe
van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het JaHWeH voor jou
uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
25 En Dawid het gedoen net soos JaHWeH hom beveel
het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.
6 DAARNA het Dawid weer al die uitgesoektes in
JisraEl, dertigduisend, versamel;
2 en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense
opgetrek wat by hom was, van Báäle-JeHûWdah, om die Ark van die Elohim, waaroor
die Naam uitgeroep is, die Naam van JaHWeH van die leërmagte wat op die Gérubs
troon, daarvandaan te gaan haal.
3 En hulle het die Ark van die Elohim op ’n nuwe
wa vervoer en haar uit die huis van Abinádab, wat op die heuwel is, gebring.
Terwyl Ussa en Agjo, die seuns van Abinádab, die wa drywe,
4 met die Ark van die Elohim, het Agjo voor die
aangesig van die Ark geloop.
5 En Dawid en die hele huis van JisraEl het voor
die Aangesig van JaHWeH gespeel met allerhande [instrumente] van sipreshout,
naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale.
6 En toe hulle by die dorsvloer van Nagon kom, het
Ussa sy hand uitgesteek na die Ark van die Elohim en haar vasgehou, want die
osse het gestruikel.
7 Daarop het die Woede van JaHWeH teen Ussa
ontvlam, en die Elohim het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by
die Ark van die Elohim gesterf het.
8 En Dawid het ontroerd geword, omdat JaHWeH ’n
skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot
vandag toe.
9 En Dawid het daardie dag vir JaHWeH bevrees
geword en gesê: Hoe kan die Ark van JaHWeH na my kom?
10 Daarom wou Dawid nie die Ark van JaHWeH by hom
in die Stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het haar na die huis van
Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai.
11 En die Ark van JaHWeH het drie maande in die
huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en JaHWeH het Obed-Edom en sy hele huis
geseën.
12 En toe aan koning Dawid meegedeel is: JaHWeH
het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van
die Ark van die Elohim, het Dawid gegaan en die Ark van die Elohim met vreugde
uit die huis van Obed-Edom na die Stad van Dawid gebring.
13 En toe die draers van die Ark van JaHWeH ses
treë geloop het, het hy ’n bees en ’n vetgemaakte kalf geslag.
14 Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die
Aangesig van JaHWeH; en Dawid was omgord met ’n linneskouerkleed.
15 So het Dawid en die hele huis van JisraEl dan
die Ark van JaHWeH met gejuig en ramshoring geklank opgehaal.
16 Toe die Ark van JaHWeH die Stad van Dawid
inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning
Dawid huppel en dans voor die Aangesig van JaHWeH; en sy het hom in haar hart
verag.
17 Nadat hulle dan die Ark van JaHWeH ingebring en
haar op haar plek neergesit het binne-in die Tent wat Dawid vir haar opgeslaan
het, het Dawid brandoffers en vergoeding gebring voor die Aangesig van JaHWeH.
18 Toe Dawid gereed was met die brandoffer en
vergoeding, het hy die volk in die Naam van JaHWeH van die leërmagte geseën
19 en aan die hele volk, die hele menigte van
JisraEl, manne sowel as vroue, aan elkeen een broodkoek en een stuk vleis en
een rosynekoek uitgedeel. Daarop het die hele volk elkeen na sy huis gegaan.
20 Toe Dawid terugkom om sy huisgesin te seën, het
Migal, die dogter van Saul, Dawid tegemoetgegaan en gesê: Hoe het die koning
van JisraEl homself vandag geëer, dat hy homself vandag voor die oë van die
slavinne van sy dienaars ontbloot het soos een van die ligsinnige mense hom
somaar ontbloot!
21 Maar Dawid sê vir Migal: Voor die Aangesig van
JaHWeH wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan
te stel oor die volk van JaHWeH, oor JisraEl - ja, voor die Aangesig van JaHWeH
sal ek vrolik wees!
22 En ek sal my nog geringer ag as dit - ek sal
nederig wees in my eie oë en met die slavinne van wie jy gepraat het, met hulle
sal ek myself eer.
23 En Migal, die dogter van Saul, het tot die dag
van haar dood geen kind gehad nie.
7 EN terwyl die koning in sy huis woon, nadat
JaHWeH hom rus gegee het van al sy vyande rondom,
2 sê die koning vir die profeet Natan: Kyk tog, ék
woon in ’n huis van sederhout, maar die Ark van die Elohim woon binnekant ’n
tentdoek.
3 Toe sê Natan aan die koning: Gaan heen, doen
alles wat in u hart is, want JaHWeH is met u.
4 Maar in dieselfde nag kom die Woord van JaHWeH
tot Natan en sê:
5 Gaan sê aan My kneg, aan Dawid: So spreek
JaHWeH: Sou jy vir My ’n huis bou om in te woon?
6 Ek het tog in geen huis gewoon van die dag af
dat Ek die kinders van JisraEl uit Egipte laat optrek het tot vandag toe nie;
maar Ek het rondgetrek in ’n Tabernakel.
7 Oral waar Ek onder al die kinders van JisraEl
rondgetrek het, het Ek nooit ’n woord gespreek met een van die stamme van
JisraEl, wat Ek aangestel het om My volk JisraEl op te pas, en gesê: Waarom bou
julle nie vir My ’n huis van sederhout nie?
8 So moet jy dan nou aan My kneg, aan Dawid, sê:
So spreek JaHWeH van die leërmagte: Ek self het jou geneem uit die weiveld
agter die skape weg, om ’n vors te wees oor My volk, oor JisraEl;
9 en Ek was met jou oral waar jy gegaan het, en
het al jou vyande voor jou uitgeroei; en Ek sal vir jou ’n groot naam maak soos
die naam van die grotes wat in die Aarde is;
10 en Ek sal vir My volk JisraEl ’n plek bestel en
hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En
kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie,
11 naamlik van die dag af dat Ek rigters oor My
volk JisraEl aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en
JaHWeH gee jou te kenne dat JaHWeH vir jou ’n huis sal stig.
12 As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap
het, sal Ek jou saad wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy
koningskap bevestig.
13 Hy sal vir My Naam ’n Huis bou, en Ek sal sy
koninklike troon bevestig tot in ewigheid.
14 Ek sal vir hom ’n Vader wees, en hy sal vir My
’n seun wees; sodat as hy verkeerd handel, Ek hom sal straf met die roede van
‘n man en met slae van seuns van adamiete.
15 Maar My Medelye sal Ek van hom nie onttrek nie,
soos Ek haar onttrek het aan Saul wat Ek voor jou aangesig verwyder het.
16 En jou Huis en jou koningskap sal bestendig
wees tot in ewigheid voor jou; jou troon sal vasstaan tot in ewigheid.
17 Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie
hele visioen, so het Natan met Dawid gespreek.
18 Koning Dawid het toe ingegaan en voor die
Aangesig van JaHWeH gebly en gesê: Wie is ek, my Meester JaHWeH, en wat is my
Huis, dat U my tot hiertoe gebring het?
19 En dit was nog te gering in U Oë, my Meester
JaHWeH, sodat U ook aangaande die Huis van U kneg tot ver in die toekoms
gespreek het; en sy is die Wet vir adamiete, my Meester JaHWeH!
20 Maar wat sal Dawid nog verder met U spreek?
want U ken U kneg, my Meester JaHWeH.
21 Ter wille van U Woord en volgens U Hart het U
hierdie hele groot saak gedoen, om dit aan U kneg bekend te maak.
22 Daarom is U groot, JaHWeH Elohim! Want daar is
niemand soos U, en daar is geen Elohim behalwe U nie, volgens alles wat ons met
ons ore gehoor het.
23 En wie is soos U volk, soos JisraEl, een nasie
op die Aarde, wat Elohim vir Hom as ’n volk gaan verlos het, en om vir Hom ’n
Naam te maak; en om groot dinge te doen vir hulle en ontsagwekkende dinge aan U
Aarde voor U volk uit wat U verlos het vir U van Egipte, van die nasies en sy
gode?
24 En U het U volk JisraEl vir U bevestig as ’n
volk vir U tot in ewigheid; en U, JaHWeH, het vir hulle ’n Elohim geword.
25 Laat dan nou, JaHWeH Elohim, die woord wat U
oor U kneg en oor sy Huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en
doen soos U gespreek het;
26 sodat U Naam groot kan wees tot in ewigheid
deurdat hulle sê: JaHWeH van die leërmagte is Elohim oor JisraEl; en die Huis
van U kneg Dawid sal voor U Aangesig bestendig wees.
27 Want U, JaHWeH van die leërmagte, Elohey van
JisraEl, het die oor van U kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou ’n Huis bou;
daarom het U kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid.
28 En nou, my Meester JaHWeH, U is Hy, die Elohim
en U Woord is Waarheid; en U het U kneg hierdie suiwer ding belowe.
29 Laat dit U dan nou behaag en seën die Huis van
U kneg, sodat hy vir ewig voor U Aangesig kan wees; want U, my Meester JaHWeH,
het dit gespreek, en deur U seën sal die Huis van U kneg vir ewig geseënd wees.
8 EN daarna het Dawid die Filistyne verslaan en
hulle onderwerp; en Dawid het die gesag oor die moederstad uit die hand van die
Filistyne geneem.
2 Hy het die Moabiete ook verslaan en hulle gemeet
met ’n lyn deur hulle op die Aarde te laat lê: en hy het twee mate gemeet om
dood te maak en een volle maat om te laat lewe; en die Moabiete het Dawid se
knegte geword en het spys gedra.
3 Verder het Dawid Hadadéser, die seun van Rehob,
die koning van Soba, verslaan, toe dié getrek het om sy mag aan die
Eufraatrivier te herstel.
4 En Dawid het van hom duisend-sewehonderd
perderuiters afgeneem en twintigduisend man voetgangers, en Dawid het al die
[trekperde] van die strydwaens se hakskeensenings afgesny, maar ‘n honderd
strydwaens se [trekperde] laat oorbly.
5 En die Arameërs van Damaskus het gekom om
Hadadéser, die koning van Soba, te help; maar Dawid het onder die Arameërs
twee-en-twintigduisend man verslaan.
6 En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit,
sodat die Arameërs Dawid se knegte geword en spys gedra het; en JaHWeH het
Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
7 En Dawid het die goue skilde geneem wat die
dienaars van Hadadéser gedra het, en dit na Jerusalem gebring.
8 En uit Bétag en uit Berotái, stede van
Hadadéser, het koning Dawid ontsaglik veel koper weggeneem.
9 Toe Toï, die koning van Hamat, hoor dat Dawid
die hele leërmag van Hadadéser verslaan het,
10 stuur Toï sy seun JaWèram na koning Dawid om
hom na die welstand te vra en hom te prys, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom
verslaan het - want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï - en in sy hand
was silwer- en goue en kopervoorwerpe.
11 Dit het koning Dawid ook aan JaHWeH apart
gehou, saam met die silwer en die goud wat hy apart gehou het van al die nasies
wat hy onderwerp het:
12 van die Arameërs en die Moabiete en van die
kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete en van die buit
van Hadadéser, die seun van Rehob, die koning van Soba.
13 En Dawid het naam gemaak toe hy, by sy
terugkoms van die neerlaag van die Arameërs, in die Vallei van Sout
agttienduisend [man verslaan het].
14 En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die
hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte
geword; en JaHWeH het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
15 En Dawid het oor die hele JisraEl geregeer, en
Dawid het aan sy hele volk Reg en Geregtigheid gedoen.
16 En JôWab, die seun van Serúja, was oor die
leër; en JeHôWshafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
17 En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die
seun van Abjatar, was priesters, en SeráJaH was skrywer.
18 En BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, was oor
die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.
9 EN Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis
van Saul, dat ek aan hom medelye kan betoon ter wille van JeHôWnathan?
2 En die huis van Saul het ’n
dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die
koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar!
3 En die koning vra: Is daar nie
nog iemand van die huis van Saul, dat ek die Medelye van Elohim aan hom kan
betoon nie? Toe sê Siba aan die koning: Daar is nog ’n seun van JeHôWnathan,
wat lam is aan altwee voete.
4 En die koning vra hom: Waar is
hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van
AmmiEl, in Lódebar.
5 Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal
uit die huis van Magir, die seun van AmmiEl, uit Lódebar.
6 Toe Mefibóset, die seun van
JeHôWnathan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en
hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefibóset! En hy het geantwoord: Hier is u
dienaar.
7 En Dawid sê vir hom: Wees nie
bevrees nie, want ek sal sekerlik medelye met jou hê ter wille van jou vader
JeHôWnathan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal
voortdurend aan my tafel brood eet.
8 Toe buig hy en sê: Wat is u
dienaar, dat u na ’n dooie hond soos ek is, omgesien het?
9 En die koning het Siba, die
dienaar van Saul, geroep en vir hom gesê: Alles wat Saul en sy hele huis gehad
het, gee ek aan die seun van jou meester.
10 En jy moet vir hom die
Adamah[adamiet se Aarde] bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet
[voedsel] inbring, dat die seun van jou meester brood het om te eet; maar
Mefibóset, die seun van jou meester, sal voortdurend aan my tafel brood eet. En
Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.
11 Toe sê Siba aan die koning: Net
soos my meester die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en
Mefibóset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns.
12 En Mefibóset het ’n jong seun
gehad met die naam van MikaJeHûW, en almal wat in die huis van Siba gewoon het,
was Mefibóset se dienaars.
13 En Mefibóset het in Jerusalem
gewoon, want hy het voortdurend aan die koning se tafel geëet; en hy was lam
aan altwee voete.
10 EN daarna het die koning van die kinders van
Ammon gesterwe, en sy seun Hanun het in sy plek koning geword.
2 Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die
seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur
om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan
in die Aarde van die kinders van Ammon kom,
3 het die vorste van die kinders van Ammon aan
Hanun, hulle meester, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters
gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en
dit te verken en dit om te keer nie?
4 Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en
skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af,
tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.
5 En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring,
stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die
koning het gesê: Bly in Jérigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan
terug.
6 Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul
gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs
van Bet-Rehob en die Arameërs van Soba gehuur, twintigduisend voetgangers, en
van die koning van Máäga, duisend man, en die manne van Tob, twaalfduisend man.
7 En Dawid het dit gehoor en JôWab met die hele
leër, die dapperes, gestuur.
8 En die kinders van Ammon het uitgetrek en die
slagorde opgestel by die ingang van die poort, terwyl die Arameërs van Soba en
Rehob en die manne van Tob en Máäga afsonderlik in die veld was.
9 Toe JôWab sien dat ’n aanval van voor sowel as
van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in JisraEl ’n keuse
gedoen en hulle opgestel teenoor die Arameërs.
10 Maar die ander manskappe het hy onder bevel van
sy broer Abísai geplaas en dié het hulle opgestel teenoor die kinders van
Ammon.
11 En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk
word, moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk
word, sal ek kom om jou te help.
12 Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons
volk en vir die stede van onse Elohey. Mag JaHWeH dan doen na die suiwerheid
van Sy Oë!
13 Daarop het JôWab en die manskappe wat by hom
was, nader gekom om teen die Arameërs te veg, en hulle het vir hom gevlug.
14 Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs
vlug, het hulle ook vir Abísai gevlug en die stad ingegaan. En JôWab het van
die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.
15 Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor die
aangesig van JisraEl verslaan was, het hulle dig aaneengesluit.
16 Ja, Hadaréser het gestuur en die Arameërs van
oorkant die Eufraat laat uittrek, en hulle het in Helam aangekom, met Sobag,
die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.
17 Intussen het Dawid daarvan berig gekry en die
hele JisraEl versamel en deur die Jordaan getrek en in Helam aangekom; en die
Arameërs het hulle teenoor Dawid opgestel en teen hom geveg.
18 Maar die Arameërs het vir JisraEl gevlug, en
Dawid het van die Arameërs sewehonderd trekperde en veertig-duisend ruiters
gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het.
19 En toe al die onderhorige konings van Hadaréser
sien dat hulle voor die aangesig van JisraEl verslaan was, het hulle met
JisraEl vrede gesluit en hulle gedien; en die Arameërs was bevrees om die
kinders van Ammon langer te help.
11 EN ná verloop van die jaar, teen die tyd dat die
konings uittrek, stuur Dawid JôWab en sy dienaars saam met hom uit en vir die
hele JisraEl. En hulle het [die Aarde van] die kinders van Ammon verniel en
Rabbah beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.
2 En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan
het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af ’n vrou wat
besig was om ’n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
3 En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en
hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van EliAm, die vrou van UriJaH
die Hetiet nie?
4 Daarop stuur Dawid boodskappers en laat haar
haal. En toe sy by hom inkom, het hy met haar gemeenskap gehad, want sy was
gesuiwer van haar besoedeling. Daarna het sy na haar huis teruggegaan.
5 En die vrou het swanger geword en gestuur om
Dawid te laat weet: Ek is swanger.
6 En Dawid het JôWab laat weet: Stuur UriJaH, die
Hetiet, na my. JôWab het UriJaH na Dawid gestuur.
7 Toe UriJaH dan by hom kom, vra Dawid of dit goed
gaan met JôWab, en of dit goed gaan met die manskappe, en of dit goed gaan met
die oorlog.
8 En Dawid sê vir UriJaH: Gaan af na jou huis en
was jou voete. En toe UriJaH uit die paleis uitgaan, het ’n geskenk van die
koning hom gevolg.
9 Maar UriJaH het gaan slaap by die ingang van die
paleis, by al die dienaars van sy meester, en nie na sy huis afgegaan nie.
10 En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: UriJaH
het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid UriJaH: Kom jy nie van ’n reis
af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?
11 En UriJaH sê vir Dawid: Die Ark en JisraEl en
JeHûWdah bly in takskuilings, en my meester JôWab en die dienaars van my
meester is gelaer in die oop veld; sou ek dan in my huis ingaan om te eet en te
drink en by my vrou te slaap? So waar as u leef en u siel leef, ek sal dit nie
doen nie!
12 En Dawid sê vir UriJaH: Bly vandag ook hier;
dan sal ek jou môre laat gaan. En UriJaH het dié dag in Jerusalem gebly.
13 Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en
hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan
hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy meester te gaan
slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie.
14 En in die môre skrywe Dawid ’n brief aan JôWab
en stuur dit met UriJaH weg.
15 En hy het in die briefrol geskrywe en gesê: Sit
UriJaH op die voorpunt van die hewigste geveg; trek julle dan agter hom terug,
dat hy in die slag kan sneuwel.
16 So het JôWab dan, terwyl hy die stad verken,
UriJaH op ’n plek gesit waarvan hy geweet het dat daar dapper manne was.
17 En toe die manne van die stad uittrek en met
JôWab veg, het daar van die manskappe, van die dienaars van Dawid, geval, en
UriJaH, die Hetiet, het ook gesterwe.
18 Daarop stuur JôWab om Dawid die hele beloop van
die geveg mee te deel.
19 En hy gee die boodskapper bevel en sê: Net soos
jy die hele beloop van die geveg aan die koning klaar vertel het -
20 as dan die woede van die koning opkom en hy vir
jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie
geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
21 Wie het Abiméleg, die seun van Jerubbéset,
verslaan? Het nie ’n vrou bo van die muur af ’n boonste meulsteen op hom
gegooi, sodat hy in Tebes gesterf het nie? Waarom het julle so naby die muur
gekom? - dan moet jy sê: U dienaar UriJaH, die Hetiet, is ook dood!
22 En die boodskapper het gegaan en aangekom en
aan Dawid alles vertel wat JôWab hom opgedra het.
23 Die boodskapper het naamlik aan Dawid gesê: Die
manne was vir ons te sterk en het teen ons uitgetrek die veld in, maar ons het
hulle teruggedruk tot by die ingang van die poort.
24 Toe het die boogskutters bo van die muur af op
u dienaars geskiet, sodat daar van die koning se dienaars gesterf het, en u
dienaar UriJaH, die Hetiet, is ook dood.
25 Daarop het Dawid aan die boodskapper gesê: So
moet jy aan JôWab sê: Laat hierdie saak nie so verkeerd wees in jou oë nie,
want die swaard verteer die een sowel as die ander; veg net dapper teen die
stad en verwoes haar. So moet jy hom moed inpraat.
26 Toe die vrou van UriJaH hoor dat haar man
UriJaH dood was, het sy gerouklaag oor haar eggenoot.
27 Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur
en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom ’n seun
gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die Oë van JaHWeH.
12 DAAROM het JaHWeH Natan na Dawid gestuur. Toe hy
by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in ’n sekere stad, die een was
ryk en die ander arm.
2 Die ryke het ’n groot menigte kleinvee en beeste
gehad,
3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe
een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en
saam met sy kinders groot geword het; sy het van sy stukkie brood geëet en uit
sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en sy was vir hom soos ’n dogter.
4 En toe daar ‘n reisiger kom by die ryk man, het
hy van sy kleinvee en beeste gespaar om vir die reisiger wat by hom gekom het,
iets voor te berei; maar hy het die ooilam van die arm man geneem en haar
voorberei vir die man wat by hom gekom het.
5 En Dawid het baie kwaad geword vir die man en
aan Natan gesê: So waar as JaHWeH leef, die man wat dit gedoen het, moet
sterwe!
6 En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat
hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.
7 Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê
JaHWeH, die Elohey van JisraEl: Ék het jou as koning gesalf oor JisraEl, en Ék
het jou gered uit die hand van Saul;
8 en Ek het die huis van jou meester aan jou
gegee, en die vroue van jou meester in jou skoot, en Ek het die huis van
JisraEl en JeHûWdah aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog
meer sulke dinge daarby wil voeg.
9 Waarom het jy die Woord van JaHWeH verag deur te
doen wat verkeerd is in Sy Oë? UriJaH, die Hetiet, het jy met die swaard
verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die
swaard van die kinders van Ammon vermoor het.
10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie
wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van UriJaH, die Hetiet, geneem
het om jou vrou te wees.
11 So sê JaHWeH: Kyk, Ek sal uit jou huis ellende
oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou broeder gee, sodat hy
by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek
sal hierdie ding doen voor die hele JisraEl en in die volle sonlig.
13 En Dawid sê vir Natan: Ek het oortree teen
JaHWeH! En Natan sê vir Dawid: So het JaHWeH dan ook u oortreding vergewe: u
sal nie sterf nie.
14 Maar omdat u die vyande van JaHWeH deur hierdie
saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore
is, ook sekerlik sterwe.
15 Toe gaan Natan na sy huis. En JaHWeH het die
kind wat die vrou van UriJaH vir Dawid gebaar het, getref, sodat hy ernstig
siek geword het.
16 En Dawid het [die Aangesig van] Elohim gesoek
vir die kind, en Dawid het ’n tyd lank gevas en na binne gegaan en die hele nag
deur op die Aarde gelê.
17 Daarop kom die oudstes van sy huis na hom en
wou hom van die Aarde laat opstaan, maar hy wou nie; ook het hy geen brood saam
met hulle geëet nie.
18 En op die sewende dag het die kind gesterwe; en
die dienaars van Dawid was bevrees om hom te vertel dat die kind dood was, want
hulle het gesê: Kyk, toe die kind nog in die lewe was, het ons met hom
gespreek, maar hy het nie na ons geluister nie. Hoe kan ons dan vir hom sê: Die
kind is dood! - hy kan ’n verkeerde ding doen.
19 Maar toe Dawid sien dat sy dienaars onder
mekaar fluister, het Dawid gemerk dat die kind dood was. En Dawid sê aan sy
dienaars: Is die kind dood? En hulle antwoord: Hy is dood.
20 Toe het Dawid van die Aarde op-gestaan en hom
gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die Huis van JaHWeH gegaan en
neergebuig. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom
moet voorsit; en hy het geëet.
21 Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir ’n ding
wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar
net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet.
22 En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het
ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet - JaHWeH kan my barmhartig
wees, sodat die kind in die lewe bly.
23 Maar nou is hy dood - waarom sou ek dan vas?
Sal ek hom nog kan terugbring? Ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer
nie.
24 Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by
haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het ’n seun gebaar, en hy het hom
Salomo genoem. En JaHWeH het hom liefgehad,
25 en Hy het hom deur Natan, die profeet, JedidJaH
laat noem, ter wille van JaHWeH.
26 En JôWab het teen Rabbah van die kinders van
Ammon geveg en die koningstad ingeneem.
27 Daarop stuur JôWab boodskappers na Dawid om te
sê: Ek het teen Rabbah geveg, ook het ek die waterstad ingeneem.
28 Maak u dan nou die orige manskappe bymekaar en
beleër die stad en neem haar in, sodat ék nie die stad inneem en my naam oor
haar uitgeroep word nie.
29 Toe maak Dawid al die manskappe bymekaar, en hy
het weggetrek na Rabbah, in haar geveg en haar ingeneem.
30 En hy het die kroon van hulle koning van sy
hoof afgeneem, waarvan haar gewig ’n talent goud was, met ’n kosbare steen
[daarin], en sy het op die hoof van Dawid gekom; en ’n baie groot buit van die
stad het hy uitgebring.
31 En die volk wat in haar was, het hy uitgebring
en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle,
en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die
kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem
teruggegaan.
13 EN daarna het dit gebeur. Absalom, die seun van
Dawid, het naamlik ’n mooi suster gehad en haar naam [was] Tamar, en Amnon, die
seun van Dawid, en hy het haar liefgehad.
2 En Amnon het dit hom so aangetrek, dat hy siek
was oor sy suster Tamar; want sy was ’n maagd, en dit was in Amnon se oë
onmoontlik om haar iets aan te doen.
3 Maar Amnon het ’n vriend gehad, met die naam van
JôWnadab, ’n seun van Dawid se broer Símea; en JôWnadab was ’n baie skrander
man.
4 En dié vra hom: Waarom lyk jy môre vir môre so
bedruk, seun van die koning? Sal jy my dit nie te kenne gee nie? Toe sê Amnon
vir hom: Ek is verlief op Tamar, die suster van my broer Absalom.
5 Toe sê JeHôWnadab vir hom: Gaan lê op jou bed en
hou jou siek. As jou vader dan kom om jou te sien, moet jy vir hom sê: Laat my
suster Tamar tog kom en my brood gee om te eet en die ete voor my oë klaarmaak,
dat ek dit kan sien en uit haar hand eet.
6 En Amnon het gaan lê en hom siek gehou. Toe die
koning kom om hom te sien, sê Amnon aan die koning: Laat my suster Tamar tog
kom en voor my oë twee koekies maak, dat ek uit haar hand kan eet.
7 Daarop het Dawid na Tamar in die huis gestuur en
gesê: Gaan tog in die huis van jou broer Amnon en maak vir hom ete klaar.
8 Toe gaan Tamar in die huis van haar broer Amnon
terwyl hy daar lê, en sy het deeg geneem en geknie en gebak voor sy oë totdat
die koekies gaar was.
9 En sy het die pan geneem en dit voor hom
omgekeer, maar hy het geweier om te eet. En Amnon het gesê: Laat almal van my
weggaan! En almal het van hom weggegaan.
10 Toe sê Amnon aan Tamar: Bring die ete in die
slaapkamer, dat ek uit jou hand kan eet. En Tamar het die koekies wat sy gemaak
het, geneem en vir haar broer Amnon in die slaapkamer gebring.
11 Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, het
hy na haar gegryp en vir haar gesê: Kom lê by my, my suster!
12 Maar sy sê vir hom: Asseblief nie, my broer,
onteer my nie, want so iets mag in JisraEl nie gedoen word nie; moenie so ’n
skande begaan nie.
13 Waar sou ék tog met my skande heen, en jy sou
soos een van die dwase in JisraEl wees; spreek dan tog nou met die koning, want
hy sal my nie van jou terughou nie.
14 Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar
oorweldig en haar onteer en met haar gemeenskap gehad.
15 Toe het Amnon ’n baie groot afkeer van haar
gekry, ja, die afkeer wat hy van haar gekry het, was groter as die liefde
waarmee hy haar liefgehad het; en Amnon sê vir haar: Staan op, gaan weg!
16 Maar sy sê vir hom: Aangaande die kwaad om my
weg te stuur, dit is groter as die ander wat jy my aangedoen het. Maar hy wou
nie na haar luister nie.
17 Daarop roep hy sy kneg wat hom bedien, en sê:
Stuur hierdie [vrou] tog van my af weg buitentoe, en sluit die deur agter haar
toe.
18 En sy het ’n lang rok met moue aangehad, want
sulke mantels het die koninklike dogters wat maagde was, gedra. Toe sy bediende
haar buitentoe uitgebring en die deur agter haar toegesluit het,
19 het Tamar as op haar hoof gestrooi en daardie
lang rok met moue geskeur; daarby het sy haar hand op haar hoof gelê en aldeur
geloop en weeklaag.
20 En haar broer Absalom sê vir haar: Was jou
broer Amnon by jou? Swyg dan nou, my suster! Hy is jou broer, sit jou hart nie
op hierdie saak nie. So het Tamar dan as ’n verlatene in die huis van haar
broer Absalom gebly.
21 Toe koning Dawid al hierdie dinge hoor, het hy
baie kwaad geword.
22 Maar Absalom het met Amnon geen kwaad of goed
gepraat nie, maar Absalom het Amnon gehaat, omdat hy sy suster Tamar onteer
het.
23 En ná twee volle jare het Absalom skeerders
gehad in Baäl-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die
koning genooi.
24 Daarop kom Absalom by die koning en sê: Kyk
tog, u dienaar het skeerders. Laat die koning en sy dienaars tog met u dienaar
saamgaan.
25 Maar die koning sê vir Absalom: Ag nee, my
seun, laat ons tog nie almal saamgaan nie, sodat ons jou nie lastig val nie. En
hy het by hom aangehou, maar hy wou nie gaan nie en het hom die afskeidseën
gegee.
26 Daarop sê Absalom: So nie, laat my broer Amnon
tog saam met ons gaan. Maar die koning sê vir hom: Waarom moet hy met jou
saamgaan?
27 Toe Absalom dan by hom aanhou, het hy Amnon en
al die seuns van die koning met hom saam laat gaan.
28 En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê:
Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê:
Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ék
julle dit nie beveel nie? Wees sterk en wees wakker manne.
29 En die dienaars van Absalom het met Amnon
gedoen soos Absalom hulle beveel het. Toe het al die seuns van die koning
opgestaan, en hulle het elkeen op sy muil geklim en gevlug.
30 Terwyl hulle op pad was, kom die gerug by
Dawid: Absalom het al die seuns van die koning doodgeslaan en nie een van hulle
het oorgebly nie.
31 Toe staan die koning op en skeur sy klere en
gaan lê op die Aarde, terwyl al sy dienaars met geskeurde klere daarby staan.
32 Maar JôWnadab, die seun van Dawid se broer
Símea, het geantwoord en gesê: My meester moet nie dink dat hulle al die
jongmanne, die seuns van die koning, gedood het nie, maar Amnon alleen is dood,
want dit was aan die gesig van Absalom te sien van die dag af dat hy sy suster
Tamar onteer het.
33 My meester die koning moet dit dan nou nie ter
harte neem en dink al die seuns van die koning is dood nie. Maar Amnon alleen
is dood.
34 En Absalom het gevlug. Toe die jongman wat op
wag staan, sy oë opslaan, sien hy dat daar ’n groot skare kom van ’n pad agter
hom, aan die kant van die berg.
35 En JôWnadab sê aan die koning: Kyk, daar kom
die seuns van die koning; volgens die woord van u dienaar, so het dit gebeur.
36 En net toe hy klaar gespreek het - daar kom die
seuns van die koning aan en verhef hulle stem en ween. En ook die koning en al
sy dienaars het geween met ’n baie groot geween.
37 Maar Absalom het gevlug en na Tálmai, die seun
van Ammíhur, die koning van Gesur, gegaan. En [Dawid] het al die dae gerou oor
sy seun.
38 En Absalom het gevlug en na Gesur gegaan, en hy
was daar drie jaar lank.
39 En [die gees] van koning Dawid het baie verlang
om na Absalom uit te gaan, want hy het homself getroos oor Amnon, dat hy dood
was.
14 TOE JôWab, die seun van Serúja, merk dat die hart
van die koning aan Absalom verkleef was,
2 het JôWab na Tekóa gestuur en daarvandaan ’n
skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur,
en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos ’n vrou
wat al baie dae rou oor ’n dode.
3 Gaan dan na die koning en spreek met hom volgens
hierdie woord. En JôWab het die woorde in haar mond gelê.
4 En die vrou uit Tekóa het by die koning ingekom
en op haar aangesig op die Aarde geval en gebuig en gesê: Help, o koning!
5 Toe vra die koning haar: Wat wil jy hê? En sy
sê: Voorwaar, ek is ’n weduwee en my man is dood.
6 En u dienares het twee seuns gehad, en hulle
twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar
te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het.
7 En kyk, toe staan die hele familie op teen u
dienares, en hulle sê: Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan
doodmaak vir die siel van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam
kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my
man geen naam of oorblyfsel op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] te
laat bly nie.
8 En die koning antwoord die vrou: Gaan na jou
huis, en ek sal oor jou bevel gee.
9 Daarop sê die vrou uit Tekóa aan die koning: Op
my, my meester die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning
en sy troon is onskuldig.
10 En die koning antwoord: Elkeen wat met jou
spreek, moet jy na my bring, dan sal hy jou verder nie meer aanraak nie.
11 En sy sê: Laat die koning tog dink aan JaHWeH
jou Elohey, sodat die losser van die bloed nie te veel vernieling aanrig en
hulle my seun nie verdelg nie. Toe sê hy: So waar as JaHWeH leef, nie een haar
van jou seun sal op die Aarde val nie!
12 En die vrou vra: Laat u dienares tog ’n woord
met my meester die koning spreek. En hy antwoord: Spreek.
13 Toe sê die vrou: Waarom het u dan so iets
bedink teen die volk van Elohim? Want daardeur dat die koning hierdie woord
spreek, is hy soos ’n skuldige deurdat die koning sy eie verstotene nie laat
terugkom nie.
14 Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees
wat uitgegooi word op die Aarde, wat ’n mens nie weer kan versamel nie; en
Elohim neem die siel nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om ’n verstotene nie
van Hom af te stoot nie.
15 Dat ék dan nou kom om hierdie woord met my
meester die koning te spreek, was omdat die volk my bevrees gemaak het. Maar u
dienares het gedink: Laat ek tog met die koning gaan spreek; miskien sal die
koning die wens van u dienares uitvoer.
16 Want die koning sal seker luister om sy
dienares te red uit die handpalm van die man wat [probeer] om my en my seun
saam uit die Erfdeel van Elohim uit te roei.
17 Verder het u dienares gedink: Mag tog die woord
van my meester die koning tot gerusstelling wees. Want soos ’n Boodskapper van
die Elohim, so is my meester die koning om suiwer en besoedel te verstaan. En
mag JaHWeH jou Elohey met jou wees!
18 Toe antwoord die koning die vrou en sê: Steek
tog vir my niks weg wat ek jou sal vra nie. En die vrou sê: Laat my meester,
die koning, maar spreek.
19 Daarop vra die koning: Het JôWab die hand in
dit alles met jou saam? En die vrou antwoord en sê: So waar as u siel leef, my
meester, die koning, dit is onmoontlik om regs of links af te wyk van alles wat
my meester, die koning gespreek het; ja, u dienaar JôWab, hy het my bevel
gegee, en hy het al hierdie woorde in u dienares sê mond gelê.
20 Om die saak ’n ander voorkoms te gee, het u
dienaar JôWab hierdie ding gedoen. Maar my meester is wys soos die Wysheid van
’n Boodskapper van die Elohim om alles te weet wat op die Aarde gebeur.
21 En die koning sê vir JôWab: Nou kyk, ek voer
hierdie wens uit. Gaan dan heen, bring die jongman Absalom terug.
22 Daarop val JôWab op sy aangesig op die Aarde en
hy buig hom neer en seën die koning. En JôWab sê: Vandag weet u dienaar dat ek
guns in u oë gevind het, my meester die koning, omdat die koning die wens van
sy dienaar uitvoer.
23 En JôWab het hom klaargemaak en na Gesur gegaan
en Absalom na Jerusalem gebring.
24 En die koning het gesê: Hy kan in sy huis
intrek, maar my aangesig mag hy nie sien nie. En Absalom het in sy huis
ingetrek, maar die aangesig van die koning nie gesien nie.
25 En in die hele JisraEl was daar geen man so
mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy kroontjie toe was
daar geen gebrek aan hom nie.
26 En as hy sy hoof laat skeer - hy het dit
naamlik aan die end van elke jaar laat skeer, omdat dit vir hom te swaar was,
daarom het hy dit laat skeer - dan het die hare van sy hoof tweehonderd sikkels
geweeg volgens die koninklike gewig.
27 En vir Absalom is drie seuns gebore en een
dogter en haar naam [was] Tamar, ’n vrou wat mooi van aansien was.
28 En Absalom het twee volle jare in Jerusalem
gewoon sonder dat hy die aangesig van die koning gesien het.
29 Daarom het Absalom JôWab laat roep, om hom na
die koning te stuur, maar hy wou nie na hom kom nie; en hy het nog vir die
tweede keer gestuur, maar hy wou nie kom nie.
30 Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, JôWab se
stuk Aarde is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die
brand. En Absalom se dienaars het die stuk Aarde aan die brand gesteek.
31 Toe staan JôWab op en kom by Absalom in die
huis en vra hom: Waarom het jou dienaars die stuk Aarde wat aan my behoort, aan
die brand gesteek?
32 En Absalom sê vir JôWab: Kyk, ek het na jou
gestuur om te sê: Kom hierheen, dat ek jou na die koning kan stuur om te vra:
Waarvoor het ek van Gesur af gekom? Dit was vir my beter as ek nog daar was. Ek
wil dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar by my skuld is, laat
hy my dan doodmaak.
33 Toe het JôWab na die koning gegaan en hom dit
meegedeel. En hy het Absalom geroep, en dié het na die koning gegaan en voor
die aangesig van hom gebuig met sy aangesig na die Aarde toe, voor die koning;
en die koning het Absalom gesoen.
15 EN daarna het Absalom vir hom ’n wa en perde
aangeskaf en vyftig man om voor hom uit te loop.
2 Verder het Absalom gereeld vroeg opgestaan en
langs die pad na die poort gaan staan; en Absalom het elkeen wat ’n saak gehad
het om na die koning te kom vir Regspraak, aangeroep en gesê: Uit watter stad
is jy? As hy dan antwoord: U dienaar is uit een van die stamme van JisraEl -
3 dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is suiwer
en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.
4 Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter
in die Aarde aanstel, dat elkeen wat ’n geskil of regsaak het, na my kan kom;
dan sal ék aan hom Reg laat geskied.
5 En elke keer as iemand nader kom om voor hom te
buig, steek hy sy hand uit en gryp hom en soen hom.
6 Op dié manier het Absalom met al die JisraEliete
gehandel wat vir Regspraak na die koning kom, sodat Absalom die hart van die
manne van JisraEl gesteel het.
7 En ná verloop van vier jaar het Absalom aan die
koning gesê: Laat my tog gaan en my Gelofte wat ek aan JaHWeH gedoen het, in
Hebron betaal;
8 want u dienaar het ’n Gelofte gedoen toe ek in
Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As JaHWeH my werklik in Jerusalem terugbring,
sal ek JaHWeH dien.
9 Toe sê die koning vir hom: Gaan in vrede! En hy
het hom klaargemaak en na Hebron gegaan.
10 Verder het Absalom spioene uitgestuur onder al
die stamme van JisraEl om te sê: As julle die geluid van die ramshoring hoor,
moet julle sê: Absalom is koning in Hebron!
11 En uit Jerusalem het tweehonderd man met
Absalom saamgetrek wat genooi was en in hulle onskuld gegaan het sonder dat
hulle van die hele saak iets geweet het.
12 Absalom het ook, terwyl hy die slagdiere slag,
Agitófel, die Giloniet, ’n raadgewer van Dawid, uit sy stad, uit Gilo, laat
roep. So het dan die sameswering sterk geword en die stamme aldeur meer by
Absalom aangesluit.
13 Toe daar dan ’n boodskapper by Dawid kom en sê:
Die hart van die manne van JisraEl is agter Absalom aan -
14 het Dawid aan al sy dienaars wat by hom in
Jerusalem was, gesê: Maak klaar en laat ons vlug, want daar sal vir ons geen
ontkoming wees voor Absalom uit nie! Maak gou om weg te kom, sodat hy ons nie
miskien gou inhaal en ellende oor ons bring en die stad met die skerpte van die
swaard verslaan nie.
15 En die dienaars van die koning sê vir die
koning: Net soos my meester, die koning verkies - hier is u dienaars!
16 En die koning het uitgegaan met sy hele huis
agter hom aan, maar die koning het tien byvroue agter laat bly om die huis op
te pas.
17 En toe die koning met al die mense agter hom
aan uitgetrek het, het hulle bly staan by die verste huis,
18 onderwyl al sy dienaars langs hom verbytrek,
ook al die Kreti en al die Pleti. Ook al die Gittiete, seshonderd man wat uit
Gat agter hom aan gekom het, het voor die koning verbygetrek.
19 En die koning sê vir Ittai, die Gittiet:
Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is
’n uitlander en ook ’n balling uit jou woonplek.
20 Jy het gister gekom, en vandag sou ek jou laat
rondswerwe om met ons saam te trek terwyl ek wie weet waarheen gaan! Draai om,
en bring jou broers terug. Mag Medelye en Waarheid met jou wees!
21 Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê:
So waar as JaHWeH leef en my meester, die koning leef, voorwaar, op die plek
waar my meester die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar
sekerlik ook wees!
22 Toe sê Dawid vir Ittai: Gaan, trek dan verby!
En Ittai, die Gittiet, het verbygetrek met al sy manne en al die kinders wat by
hom was.
23 En die hele Aarde het hardop gehuil terwyl al
die mense verbytrek; en die koning het deur die spruit Kidron getrek; en al die
mense het deurgetrek op pad na die wildernis.
24 En kyk, Sadok was ook daar, en al die Leviete
by hom wat die Verbondsark van die Elohim dra, en hulle het die Ark van die
Elohim neergesit - Abjatar het ook opgetrek - totdat al die mense uit die stad
tot die laaste toe deurgetrek het.
25 Toe sê die koning vir Sadok: Bring die Ark van
die Elohim terug in die Stad. As ek Barmhartigheid vind in die Oë van JaHWeH,
sal Hy my terugbring, en Hy sal my haar en Sy woning laat sien.
26 Maar as Hy so sê: Ek het in jou geen behae nie
- hier is ek! Laat Hy met my doen soos goed is in Sy Oë.
27 Verder het die koning aan die priester Sadok
gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns,
Ahímaäs, jou seun, en JeHôWnathan, die seun van Abjatar, met julle saam.
28 Kyk, ek vertoef by die woestyndriwwe totdat
daar ’n woord van julle kom om my in te lig.
29 En Sadok en Abjatar het die Ark van die Elohim
teruggebring na Jerusalem en daar gebly.
30 En Dawid het die hoogte van die olywe opgeklim,
terwyl hy aldeur loop en ween; en sy hoof was bedek, en hy het kaalvoet geloop;
en al die mense wat by hom was, hulle het elkeen sy hoof bedek en opgegaan en
aldeur geween.
31 Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitófel is onder
die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: o JaHWeH, verydel tog die
raad van Agitófel!
32 En toe Dawid tot bo-op die top kom, en hy
neergebuig het tot Elohim, het Húsai die Arkiet hom met geskeurde kleed en
Adamah[adamiet se Aarde] op sy hoof daar ontmoet.
33 En Dawid sê vir hom: As jy saam met my verder
gaan, sal jy vir my ’n las wees.
34 Maar as jy teruggaan na die stad en vir Absalom
sê: U dienaar, o koning, wil ek wees; tevore was ek wel u vader se dienaar,
maar nou is ek u dienaar - dan kan jy vir my die raad van Agitófel verydel.
35 En is die priesters Sadok en Abjatar nie daar
saam met jou nie: Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning, moet jy
aan Sadok en Abjatar, die priesters, te kenne gee.
36 Kyk, hulle twee seuns is daar by hulle, Ahímaäs
van Sadok en JeHôWnathan van Abjatar, en deur hulle moet julle alles wat julle
verneem, aan my laat weet.
37 Daarop het Húsai, die vriend van Dawid, in die
stad gekom, terwyl Absalom aankom na Jerusalem.
16 NADAT Dawid van die top af ’n entjie verder
getrek het, kom Siba, die dienaar van Mefibóset, meteens hom tegemoet met ’n
paar opgesaalde esels en op hulle tweehonderd brode en honderd rosynekoeke en
honderd somervrugte en ’n sak wyn.
2 En die koning het Siba gevra: Wat wil jy hiermee
maak? En Siba sê: Die esels is vir die huis van die koning om op te ry, en die
brood en die somervrugte vir die dienaars om te eet, en die wyn vir die
vermoeides in die wildernis om te drink.
3 En die koning vra: Maar waar is die seun van jou
meester? En Siba sê vir die koning: Kyk, hy het daar in Jerusalem gebly, want
hy dink: Vandag sal die huis van JisraEl my vader se koningskap aan my
teruggee.
4 Daarop sê die koning vir Siba: Kyk, alles wat
aan Mefibóset behoort, is joune. En Siba sê: Ek buig my neer! Mag ek guns vind
in u oë, my meester die koning!
5 En toe koning Dawid tot by Bahúrim gekom het,
kom daarvandaan juis ’n man te voorskyn uit die familie van die huis van Saul
met die naam van Símeï, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur
gevloek
6 en Dawid en al die dienaars van koning Dawid met
klippe gegooi, alhoewel al die mense en al die dapperes aan sy regter- en aan
sy linkerkant was.
7 En dit het Símeï gesê terwyl hy vloek: Weg, weg,
jou bloedvergieter en man van Belijaal!
8 JaHWeH het al die bloed van die huis van Saul,
in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom; en JaHWeH het die
koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in
benoudheid, omdat jy ’n bloedvergieter is.
9 Toe vra Abísai, die seun van Serúja, vir die
koning: Waarom moet hierdie dooie hond my meester, die koning vloek? Laat ek
tog oorstap en sy kop afslaan!
10 Maar die koning sê: Wat het ek met julle te
doen, seuns van Serúja? As hy vloek, en as JaHWeH aan hom gesê het: Vloek
Dawid! wie mag dan vra: Waarom maak jy so?
11 Verder het Dawid aan Abísai en al sy dienaars
gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my siel: hoeveel te
meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want JaHWeH het hom
dit beveel.
12 Miskien sal JaHWeH my ellende aansien en sal
JaHWeH my goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref.
13 Dawid en sy manne het toe met die pad getrek,
terwyl Símeï al langs hom aan die kant van die berg gedurig loop en vloek, en
al langs hom met klippe gooi en stof maak.
14 En moeg het die koning en al die mense wat by
hom was, [by die Jordaan] aangekom en daar asem geskep.
15 INTUSSEN het Absalom en al die manskappe, die
manne van JisraEl, in Jerusalem aangekom, en Agitófel was by hom.
16 En net toe Húsai, die Arkiet, die vriend van
Dawid, by Absalom kom, sê Húsai vir Absalom: Mag die koning leef, mag die
koning leef!
17 Maar Absalom vra vir Húsai: Is dit jou medelye
teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend getrek nie?
18 Toe sê Húsai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat
JaHWeH verkies, en hierdie volk en al die manne van JisraEl, aan hom behoort
ek, en by hom sal ek bly.
19 En ten tweede: Wie sal ék dien? Is dit nie voor
die aangesig van sy seun nie? Soos ek voor die aangesig van u vader gedien het,
so sal ek voor die aangesig van u wees.
20 Daarop sê Absalom vir Agitófel: Julle moet raad
gee onder mekaar wat ons moet doen.
21 En Agitófel sê vir Absalom: Gaan in by die
byvroue van u vader wat hy laat agter bly het om die huis op te pas. Dan sal
die hele JisraEl hoor dat u u gehaat gemaak het by u vader, en die hande van almal
wat by u is, sal versterk word.
22 Hulle het toe vir Absalom ’n tent op die dak
opgeslaan, en Absalom het voor die oë van die hele JisraEl by die byvroue van
sy vader ingegaan.
23 En die raad wat Agitófel in dié dae gegee het,
was asof ’n mens die Woord van die Elohim geraadpleeg het. So was elke raad van
Agitófel vir Dawid sowel as vir Absalom.
17 VERDER het Agitófel vir Absalom gesê: Laat ek tog
twaalfduisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag,
2 dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap
van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek
sal net die koning neerslaan.
3 En ek sal die hele volk na u terugbring: die
terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede
wees.
4 En die woord was reg in die oë van Absalom en in
die oë van al die oudstes van JisraEl.
5 Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Húsai, die
Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.
6 Toe Húsai by Absalom inkom, het Absalom met hom
gespreek en gesê: So het Agitófel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie,
spreek jy dan.
7 En Húsai sê vir Absalom: Die raad wat Agitófel
hierdie keer gegee het, is nie suiwer nie.
8 Verder het Húsai gesê: U weet dat u vader en sy
manne dapperes is en bitter van siel soos ’n beer wat van haar kleintjies
beroof is in die veld; ook is u vader ’n krygsman, en hy sal nie by die volk
vernag nie.
9 Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die
putte of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder
hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg,
het ’n neerlaag gely!
10 Dan sal selfs hy wat ’n dapper man is, wat ’n
hart het soos ’n leeu se hart, heeltemal versmelt; want die hele JisraEl weet
dat u vader ’n dappere is, en dat dapper manne by hom is.
11 Maar ek raai aan: Laat die hele JisraEl van Dan
tot Berséba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u
versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.
12 En as ons by hom kom in een van die plekke waar
hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die Adamah[adamiet se Aarde]
val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly
nie.
13 En as hy hom in ’n stad terugtrek, moet die
hele JisraEl toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die
spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.
14 Toe sê Absalom en al die manne van JisraEl: Die
raad van Húsai, die Arkiet, is suiwerder as die raad van Agitófel. Maar JaHWeH
het dit beskik om die suiwer raad van Agitófel te verydel, sodat JaHWeH die
besoedeling oor Absalom kon bring.
15 En Húsai het aan Sadok en Abjatar, die
priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van JisraEl
aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.
16 Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag
nie by die vlaktes van die wildernis nie, maar trek sekerlik deur; anders word
die koning en al die mense wat by hom is, verslind.
17 Intussen het JeHôWnathan en Ahímaäs by die
fontein Rogel gestaan, terwyl ’n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring;
hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes
hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.
18 Maar ’n seun het hulle gesien en dit aan
Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van ’n
man in Bahúrim wat ’n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak.
19 En die vrou het ’n doek geneem en dit bo-oor
die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat ’n mens niks kon
merk nie.
20 Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis
kom, vra hulle: Waar is Ahímaäs en JeHôWnathan? En die vrou sê vir hulle: Hulle
het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na
Jerusalem teruggegaan.
21 Nadat hulle weg was, het hulle uit die put
opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê:
Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitófel teen julle
raad gegee.
22 Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die
mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Toe dit teen die môre lig
geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.
23 En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg
is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad
gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself gewurg. So het hy dan gesterwe; en
hy is begrawe in die graf van sy vader.
24 EN Dawid het al in Mahanáim aangekom terwyl
Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van JisraEl saam met hom.
25 En Absalom het Amása in JôWab se plek oor die
leër aangestel; en Amása was die seun van ’n man met die naam van Jitra, die
Jismaeliet wat ingegaan het by Abígail, die dogter van Nahas, die suster van
Serúja, JôWab se moeder.
26 En JisraEl en Absalom het laer opgeslaan in die
Aarde van Gílead.
27 Net toe Dawid in Mahanáim aankom, bring Sobi,
die seun van Nahas, uit Rabbah van die kinders van Ammon, en Magir, die seun
van AmmiEl, uit Lódebar, en Barsíllai, die Gíleadiet, uit Rógelim,
28 beddegoed en skottels en erdegoed en koring en
gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai,
29 en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van
beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het
gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die wildernis.
18 EN Dawid het die manskappe gemonster wat by hom
was, en owerstes oor duisend en owerstes oor honderd oor hulle aangestel.
2 En Dawid het die manskappe uitgestuur: ’n derde
deel onder bevel van JôWab, en ’n derde onder Abísai, die seun van Serúja, die
broer van JôWab, en ’n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan
die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.
3 Maar die manskappe het gesê: U mag nie uittrek
nie, want as ons miskien vlug, sal hulle nie op ons ag gee nie; ja, al sterwe
die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag gee nie, want u is soos tienduisend
van ons. Dit is dan nou beter dat u ons van die stad uit te hulp kom.
4 Toe sê die koning vir hulle: Wat goed is in
julle oë, sal ek doen. En die koning het langs die poort gaan staan, terwyl al
die manskappe by honderde en by duisende uittrek.
5 En die koning het JôWab en Abísai en Ittai bevel
gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die man-skappe het
gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.
6 Daarop trek die manskappe uit, die veld in om
JisraEl te ontmoet; en die geveg het plaasgevind in die bos van Efraim.
7 En die manskappe van JisraEl is daar voor die
aangesig van die dienaars van Dawid verslaan, en die neerlaag was dié dag daar
groot, twintigduisend.
8 Maar die geveg is daar uitgebrei oor die
aangesig van die hele Aarde, en die bos het daardie dag onder die mense meer
verteer as wat die swaard verteer het.
9 En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags
aangetref terwyl Absalom op ’n muil ry; en toe die muil onder die digte takke
van ’n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak,
sodat hy tussen Hemele en Aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom
wegloop.
10 Toe die man dit sien, het hy aan JôWab berig
gebring en gesê: Kyk, ek het Absalom aan ’n terpentynboom sien hang.
11 En JôWab sê vir die man wat hom die berig
gebring het: En as jy dit gesien het, waarom het jy hom dan nie daar teen die
Aarde neergeslaan nie? Dan moes ek jou tien silwerstukke en een gord gegee het.
12 Maar die man sê vir JôWab: Al kon ek ook
duisend silwerstukke op my hand-palms weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek
teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Abísai en Ittai voor
ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom
sorg.
13 Of as ek vals teen sy siel gehandel het - niks
tog bly vir die koning verborge nie - dan sou u opsy gestaan het.
14 Toe sê JôWab: Ek wil nie so by jou vertoef nie!
En hy het drie spiese in sy handpalms geneem en dié in die hart van Absalom
gesteek, terwyl hy nog lewendig was binne-in die terpentynboom.
15 En tien jongmanne, wapendraers van JôWab, het
nader gekom en Absalom doodgeslaan.
16 Daarop blaas JôWab op die ramshoring, en al die
manskappe het omgedraai en JisraEl nie meer agtervolg nie, want JôWab het die
manskappe teruggehou.
17 Toe het hulle Absalom geneem en hom in die bos
in ’n groot kuil gegooi en ’n baie groot hoop klippe bo-op hom gestapel,
onderwyl die hele JisraEl elkeen na sy tent vlug.
18 En Absalom het gedurende sy lewe die
gedenksteen wat in die koningsdal staan, geneem en vir homself opgerig met die
woorde: Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie; en hy het die
gedenksteen na sy naam genoem, en dit word tot vandag toe genoem die
gedenkteken van Absalom.
19 DAAROP sê Ahímaäs, die seun van Sadok: Laat my
tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat JaHWeH aan hom Reg
verskaf het teenoor sy vyande.
20 Maar JôWab sê vir hom: Jy is nie vandag ’n man
vir ’n boodskap nie, maar anderdag kan jy ’n boodskap bring - vandag mag jy nie
die boodskap bring nie juis omdat die seun van die koning dood is.
21 Toe sê JôWab vir die Kuwshiet: Gaan vertel die
koning wat jy gesien het! En die Kuwshiet het voor JôWab gebuig en gehardloop.
22 Maar Ahímaäs, die seun van Sadok, het nog ’n
keer aan JôWab gesê: Laat kom wat wil - laat my tog ook agter die Kuwshiet aan
hardloop. En JôWab vra: Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou is
daar tog geen boodskappersloon te kry nie.
23 Laat kom wat wil, [sê hy], ek hardloop. En hy
antwoord hom: Hardloop! En Ahímaäs het met die pad na die [Jordaan] streek
gehardloop en die Kuwshiet verbygegaan.
24 En terwyl Dawid tussen die twee poortingange
sit, het die wag op die dak van die poort op die muur geklim; en toe hy sy oë
opslaan, sien hy meteens ’n man alleen hardloop.
25 Toe het die wag uitgeroep en dit aan die koning
meegedeel. En die koning sê: As hy alleen is; dan is daar ’n goeie boodskap in
sy mond. Terwyl hy al nader en nader kom,
26 sien die wag ’n ander man hardloop; en die wag
het die poortwagter toegeroep en gesê: Kyk, daar hardloop [nog] ’n man alleen.
Daarop sê die koning: Hy bring ook ’n goeie boodskap.
27 Verder het die wag gesê: Ek sien die gang van
die eerste is soos die gang van Ahímaäs, die seun van Sadok. Toe sê die koning:
Hy is ’n goeie man, en hy kom met ’n goeie boodskap.
28 En Ahímaäs het uitgeroep en aan die koning
gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die Aarde
en gesê: Geloofd sy JaHWeH u Elohey wat die manne oorgelewer het wat hulle hand
teen my meester die koning opgetel het.
29 Toe vra die koning: Gaan dit goed met die
jongman, met Absalom? En Ahímaäs antwoord: Ek het ’n groot gewoel gesien toe
JôWab die dienaar van die koning, naamlik u dienaar, gestuur het, maar ek het
nie geweet wat dit was nie.
30 Daarop sê die koning: Gaan opsy en kom hier
staan. Toe hy dan opsy gaan en daar bly staan,
31 kom die Kuwshiet juis aan; en die Kuwshiet sê:
My meester, die koning moet die blye boodskap ontvang dat JaHWeH aan u vandag
Reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.
32 En die koning het die Kuwshiet gevra: Gaan dit
goed met die jongman, met Absalom? En die Kuwshiet sê: Mag dit met die vyande
van my meester, die koning en met almal wat teen u opstaan om boosheid te
verrig, gaan soos met dié jongman!
33 Toe het die koning baie ontroerd geword en
opgeklim na die bo-vertrek van die poort en geween; en hy het rondgeloop en só
gesê: My seun Absalom, my seun, my seun Absalom! Ag, as ek self maar in jou
plek gesterf het! Absalom, my seun, my seun!
19 EN aan JôWab is meegedeel: Kyk, die koning ween
en bedryf rou oor Absalom.
2 En daardie dag het die oorwinning vir die hele
volk ’n roubedryf geword, omdat die volk dié dag hoor sê het: Die koning is
bedroef oor sy seun.
3 Daarom het die volk dié dag stilletjies die stad
ingekom, net soos mense wat skaam is, wegsluip as hulle in die geveg gevlug
het.
4 En die koning het sy gesig toegemaak, en die
koning het hardop uitgeroep: My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!
5 Toe kom JôWab by die koning in die huis en sê: U
het vandag die aangesig van al u dienaars beskaamd gemaak, wat vandag u siel en
die siel van u seuns en dogters en die siel van u vroue en die siel van u
byvroue gered het,
6 deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat
diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir
u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag
dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het.
7 Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart
van u dienaars, want ek sweer by JaHWeH - as u nie uitgaan nie, sal sekerlik
vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u slegter wees as al die rampe wat
u al oorgekom het van u jeug af tot nou toe.
8 En die koning het opgestaan en in die poort gaan
sit; en hulle het die hele volk laat weet en gesê: Kyk, die koning sit in die
poort. Daarna het die hele volk voor die aangesig van die koning gekom. Maar
JisraEl het gevlug elkeen na sy tente toe.
9 EN die hele volk onder al die stamme van JisraEl
het onder mekaar getwis en gesê: Die koning het ons verlos uit die handpalms
van ons vyande, en hy het ons gered uit die handpalms van die Filistyne, en nou
moes hy die Aarde uit vlug vir Absalom;
10 en Absalom wat ons oor ons gesalf het, het in
die geveg gesneuwel: waarom is julle dan nou nalatig om die koning terug te
bring?
11 Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en
Abjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van JeHûWdah en vra:
Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? (Die
gesegde van die hele JisraEl het naamlik die koning in sy huis bereik.
12 Julle is my broers; my been en my vlees is
julle: waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring?
13 En vir Amása moet julle sê: Is jy nie my been
en my vlees nie? Mag Elohim so aan my doen en so daaraan toedoen as jy nie al
die dae leërowerste voor my aangesig in die plek van JôWab sal wees nie!
14 So het hy dan die hart van al die manne van
JeHûWdah sonder uitsondering geneig, sodat hulle die koning laat weet het: Kom
terug, u met al u dienaars.
15 Daarop het die koning teruggegaan en by die
Jordaan aangekom; en JeHûWdah het na Gilgal gekom om die koning tegemoet te
gaan, om die koning oor die Jordaan te bring.
16 En Símeï, die seun van Géra, die Benjaminiet,
wat uit Bahúrim was, het hom gehaas en saam met die manne van JeHûWdah afgekom
om koning Dawid te ontmoet,
17 en duisend man uit Benjamin was saam met hom;
verder Siba, die dienaar van Saul se huis, met sy vyftien seuns en sy twintig
slawe saam met hom; en hulle het voor die aangesig van die koning, die Jordaan
bereik.
18 En die pont het heen en weer gevaar om die huis
van die koning oor te bring en te doen wat goed was in sy oë. En Símeï, die
seun van Géra, het voor die aangesig van die koning neergeval toe hy die
Jordaan sou oortrek
19 en aan die koning gesê: My meester moet my die
straf nie toereken en daar nie aan dink hoe u dienaar verkeerd gehandel het op
die dag dat my meester die koning uit Jerusalem uitgetrek het, deurdat die
koning dit ter harte sou neem nie.
20 Want u dienaar weet dat ék oortree het; maar
soos u sien, vandag het ek die eerste van die hele huis van JôWsef afgekom om
my meester, die koning tegemoet te gaan.
21 Toe het Abísai, die seun van Serúja, geantwoord
en gesê: Moet Símeï nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van JaHWeH
gevloek het nie?
22 Maar Dawid sê: Wat het ek met julle te doen,
seuns van Serúja, dat julle vandag my teëstanders word? Sou iemand vandag in
JisraEl gedood word? Want weet ek dan nie dat ek vandag koning oor JisraEl is
nie?
23 Daarop sê die koning aan Símeï: Jy sal nie
sterf nie. En die koning het vir hom gesweer.
24 Mefibóset, die [klein]seun van Saul, het ook
afgekom die koning tegemoet, en hy het sy voete nie skoongemaak en sy baard nie
geskeer en sy klere nie gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot
op die dag dat hy behoue teruggekom het nie;
25 en toe hy in Jerusalem die koning tegemoetkom,
sê die koning vir hom: Waarom het jy nie met my saamgetrek nie, Mefibóset?
26 En hy antwoord: My meester, die koning, my
dienaar het my bedrieg; want u dienaar het gedink: Ek wil vir my die esel laat
opsaal, dat ek op haar kan ry en met die koning kan saamtrek, want u dienaar is
lam.
27 Hy het ewenwel u dienaar by my meester, die
koning belaster, maar my meester, die koning is soos ’n Boodskapper van die
Elohim: doen dan wat goed is in u oë.
28 Want my hele familie was by my meester die
koning niks anders as manne wat die Dood verdien nie; tog het u u dienaar
opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter geregtigheid het ek dan nog meer
om my verder op die koning te beroep?
29 Toe sê die koning vir hom: Waarom nog meer
woorde? Ek sê: Jy en Siba moet hierdie grond verdeel.
30 En Mefibóset het die koning geantwoord: Hy kan
ook alles neem nadat my meester, die koning behoue in sy huis gekom het.
31 Barsíllai, die Gileadiet, het ook afgekom van
Rógelim en met die koning oor die Jordaan getrek om hom oor die Jordaan weg te
bring.
32 En Barsíllai was baie oud, ’n man van tagtig
jaar, en hy het die koning onderhou gedurende sy verblyf in Mahanáim, want hy
was ’n baie vermoënde man.
33 Toe sê die koning vir Barsíllai: Trek jy saam
met my oor, dan sal ek jou by my in Jerusalem onderhou.
34 Maar Barsíllai het die koning ge-antwoord:
Hoeveel sal die dae van my lewensjare dan wees, dat ek saam met die koning moet
opgaan na Jerusalem?
35 Ek is vandag tagtig jaar oud. Kan ek tussen
suiwer en besoedel onderskei? of sal u dienaar kan proe wat ek eet en wat ek
drink? of sal ek nog kan aanhoor die stem van die sangers en die sangeresse?
Waarom sal u dienaar my meester, die koning dan nog tot ’n las wees?
36 U dienaar kan net ’n entjie saam met die koning
trek oor die Jordaan. Waarom tog sou die koning hierdie vergelding aan my doen?
37 Laat u dienaar tog maar omdraai, dat ek kan
sterf in my stad by die graf van my vader en my moeder; maar hier is u dienaar
Kimham. Laat hy saam met my meester, die koning oortrek, en doen aan hom wat
goed is in u oë.
38 En die koning sê: Kimham kan saam met my
oortrek, dan sal ek aan hom doen wat goed is in jou oë, en alles wat jy verkies
om aan my op te dra, sal ek vir jou doen.
39 Toe trek die hele volk die Jordaan oor. En
nadat die koning ook oorgetrek het, soen die koning Barsíllai en groet hom; en
hy het na sy woonplek teruggegaan.
40 Daarop het die koning verder getrek na Gilgal,
en Kimham het saam met hom getrek, en die hele volk van JeHûWdah en ook die
helfte van die volk van JisraEl het die koning verder gebring.
41 METEENS kom toe al die manne van JisraEl by die
koning aan en sê aan die koning: Waarom het ons broers, die manne van JeHûWdah,
u gesteel en die koning en sy huis en al die manne van Dawid saam met hom oor
die Jordaan gebring?
42 Daarop antwoord al die manne van JeHûWdah die
manne van JisraEl: Omdat die koning aan my verwant is; maar waarom is jy tog
kwaad oor hierdie saak? Het ons ooit iets van die koning geëet, of is iets as
’n porsie vir ons weggedra?
43 En die manne van JisraEl het die manne van
JeHûWdah geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meer
[reg] op Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord
dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maar die woord van die
manne van JeHûWdah was heftiger as die woord van die manne van JisraEl.
20 EN daar was by geval ’n man van Belijaal met die
naam van Seba, die seun van Bigri, ’n Benjaminiet - hy het op die ramshoring
geblaas en gesê: Ons het geen deel aan Dawid, en ons het geen erfdeel aan die
seun van Isai nie: elkeen na sy tente toe, o JisraEl!
2 Daarop trek al die manne van JisraEl van Dawid
af weg, agter Seba, die seun van Bigri, aan; maar die manne van JeHûWdah het
hulle koning aangehang van die Jordaan af tot by Jerusalem.
3 Toe Dawid in sy huis in Jerusalem kom, het die
koning die tien vroue, die byvroue wat hy laat agterbly het om die huis op te
pas, geneem en in ’n bewaakte huis gesit en hulle onderhou, maar nie by hulle
ingegaan nie; en hulle was opgesluit tot die dag van hulle dood as lewenslange
weduwees.
4 Daarna sê die koning aan Amása: Roep vir my die
manne van JeHûWdah binne drie dae byeen; kom staan jy dan hier.
5 En Amása het gegaan om JeHûWdah byeen te roep,
maar het langer weggebly as die bepaalde tyd wat hy vir hom vasgestel het.
6 Toe sê Dawid aan Abísai: Nou sal Seba, die seun
van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom; neem jy die dienaars van jou meester
en jaag hom agterna, sodat hy nie miskien vir hom versterkte stede vind en ons
oog uitruk nie.
7 En daar het uitgetrek, agter hom aan, die manne
van JôWab en die Kreti en die Pleti en al die dapperes - hulle het uit
Jerusalem uitgetrek om Seba, die seun van Bigri, agterna te jaag.
8 Terwyl hulle by die groot klip was wat by Gíbeon
lê, kom Amása voor hulle uit. En JôWab was omgord met sy wapenrok as sy kleed
en daaroor was ’n gord met ’n swaard wat in die skede aan sy heupe vasgemaak
was, en terwyl hy voortgaan, het dit geval.
9 En JôWab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my
broer? En JôWab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom te
soen.
10 En Amása was nie op sy hoede vir die swaard wat
in die hand van JôWab was nie. Toe steek hy hom met haar in die onderlyf en
stort sy ingewande op die Aarde uit sonder om hom ’n tweede steek te gee, sodat
hy gesterf het. Daarop het JôWab en sy broer Abísai, Seba die seun van Bigri,
agternagejaag.
11 Maar ’n man uit die dienaars van JôWab het daar
by hom bly staan en gesê: Wie in JôWab behae het en wie vir Dawid is, laat hom
JôWab volg!
12 Terwyl Amása in die middel van die pad hom in
die bloed lê en wentel en die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy
Amása uit die pad uit weggeneem na die veld en ’n kleed oor hom gegooi, omdat
hy sien dat elkeen wat by hom kom, daar bly staan.
13 Toe hy [hom] uit die pad verwyder het, trek al
die manskappe verby agter JôWab aan om Seba, die seun van Bigri, agterna te
jaag.
14 En dié het deur al die stamme van JisraEl
getrek na Abel en Bet-Máäga en die hele Berim; en hulle het byeengekom en ook
agter hom aan gegaan.
15 En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-Máäga
beleër en ’n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het.
Terwyl al die manskappe van JôWab besig was met verwoes om die muur te laat
val,
16 roep ’n wyse vrou uit die stad: Luister,
luister! Sê tog vir JôWab: Kom hierheen, dat ek met u kan spreek.
17 En toe hy nader kom na haar, sê die vrou: Is u
JôWab? En hy antwoord: Ja. En sy sê vir hom: Hoor die woorde van u dienares. En
hy antwoord: Ek hoor.
18 Daarop spreek sy en sê: Vroeër was hulle
gewoond om só te sê: Laat hulle Abel maar net raadpleeg! en so het hulle ’n
saak afgehandel.
19 Ek is een van die vredeliewendes, van die
getroues in JisraEl. U is daarop uit om ’n stad te vernietig, nogal ’n moeder
in JisraEl. Waarom wil u die Erfdeel van JaHWeH verslind en vernietig?
20 En JôWab antwoord en sê: Dit is ver, ver van
my, dat ek te gronde sou rig en dat ek sou verwoes!
21 Die saak is nie so nie; maar ’n man van die
gebergte van Efraim met die naam van Seba, die seun van Bigri, het sy hand
opgehef teen die koning, teen Dawid: lewer hom alleen uit, dan wil ek van die
stad af wegtrek. En die vrou sê vir JôWab: Kyk, sy hoof sal oor die muur na u toe
gegooi word.
22 En die vrou het haar in haar wysheid tot die
hele volk gewend, en hulle het die hoof van Seba, die seun van Bigri, afgekap
en na JôWab oorgegooi. Toe het hy op die ramshoring geblaas, en hulle is
verstrooi, weg van die stad af, elkeen na sy tente; en JôWab het na Jerusalem,
na die koning teruggegaan.
23 En JôWab was oor die hele leër van JisraEl, en
BenáJaH, die seun van JeHôWjada, oor die Kreti en oor die Pleti;
24 en Adóram was oor die dwangarbeid, en
JeHôWshafat, die seun van Ahílud, was kanselier.
25 En Seja was skrywer; en Sadok en Abjatar
priesters.
26 En ook Ira, die Jaïriet, was priester by Dawid.
21 EN toe daar in die dae van Dawid ’n hongersnood
was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die Aangesig van JaHWeH gesoek; en
JaHWeH het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy
die Gibeoniete omgebring het.
2 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir
hulle - die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van JisraEl nie,
maar by ’n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van JisraEl vir
hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die
kinders van JisraEl en JeHûWdah.
3 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet
ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die Erfdeel
van JaHWeH kan seën?
4 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons
teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons
nie daarom om iemand in JisraEl dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan
moet ek vir julle doen?
5 En hulle sê vir die koning: Die man wat ons
vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in
enige grondgebied van JisraEl kan voortbestaan -
6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word,
dat ons hulle voor die Aangesig van JaHWeH kan ophang in Gibea van Saul, die
uitverkorene van JaHWeH! En die koning het gesê: Ek sal [hulle] gee.
7 Maar die koning het Mefibóset, die seun van
JeHôWnathan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by JaHWeH wat tussen
hulle was, tussen Dawid en JeHôWnathan, die seun van Saul.
8 Toe neem die koning die twee seuns van Rispa,
die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armóni en Mefibóset, en die vyf
seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir AdriEl, die seun van
Barsíllai, die Meholatiet, gebaar het;
9 en hy het hulle oorgegee in die
hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die Aangesig
van JaHWeH, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste
dae van die oes, in die begin van die garsoes.
10 En Rispa, die dogter van Aja,
het ’n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die
oes af totdat daar water uit die Hemele op hulle gegiet het, en sy het die
voëls van die Hemele oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook
nie die diere van die veld in die nag nie.
11 Toe aan Dawid meegedeel is wat
Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,
12 het Dawid gegaan en die bene
van Saul en die bene van sy seun JeHôWnathan van die burgers van Jabes in
Gílead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die
Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilbóa
verslaan het.
13 En hy het die bene van Saul en
die bene van sy seun JeHôWnathan daar-vandaan weggebring. Hulle het ook die
bene van die wat opgehang is, versamel,
14 en die bene van Saul en van sy
seun JeHôWnathan in die Aarde van Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis
begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna
het Elohim Hom oor die Aarde ontferm.
15 EN toe die Filistyne weer oorlog gehad het met
JisraEl, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die
Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.
16 En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die
Refaïete was - die gewig van sy spies was driehonderd [sikkels] koper in gewig,
en hy was omgord met ’n nuwe [swaard] - het gedink om Dawid te verslaan.
17 Maar Abísai, die seun van Serúja, het hom
gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom
besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u
die lamp van JisraEl nie uitblus nie.
18 En daarna was daar weer oorlog met die
Filistyne in Gob. Toe het Síbbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die
Refaïete, verslaan.
19 En daar was weer oorlog met die Filistyne in
Gob; en El-Hanan die seun van Jáäre-Orgim uit Betlehem, het Góliat, die
Gittiet, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was, verslaan.
20 En daar was weer oorlog in Gat; en daar was ’n
baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet,
vier-en-twintig in getal, en hy was ook ’n afstammeling van die Refaïete.
21 En hy het JisraEl gehoon, maar JeHôWnathan, die
seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.
22 Hierdie vier was afstammelinge van die Refaïete
in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy
dienaars.
22 EN Dawid het die woorde van hierdie lied
totJaHWeH gespreek op die dag toe JaHWeH hom gered het uit die handpalm van al
sy vyande en uit die handpalm van Saul.
2 En hy het gesê: JaHWeH is my Rots en my
Bergvesting en my Redder;
3 Elohey, my Rots by wie ek skuil; my Skild en die
Horing van my Lossing, my Rotsvesting en my Toevlug, my Verlosser; van geweld
het U my verlos.
4 Ek roep JaHWeH aan wat lofwaardig is, en van my
vyande word ek verlos.
5 Want die golwe van die Dood het my omring,
strome van Belijaal het my oorval.
6 Bande van die Doderyk/Sheol het my omring,
strikke van die Dood het my teëgekom.
7 Toe ek benoud was, het ek JaHWeH aangeroep, en
ek het geroep; tot my Elohey; en uit Sy paleis het Hy my stem gehoor, en my
hulpgeroep was in Sy Ore.
8 Toe het die Aarde geskud en gebewe, die
fondamente van die Hemele het gesidder en geskud, omdat Hy woedend was.
9 Rook van Woede het opgegaan, en ’n vuur uit Sy
Mond het verteer; kole uit Hom het gebrand.
10 En Hy het die Hemele gebuig en neergedaal, en
wolkedonkerheid was onder Sy Voete.
11 En Hy het op ’n Gérub gery en gevlieg; ja, Hy
het gesweef op die Vleuels van die Gees.
12 En Hy het duisternis rondom Hom as takskuilings
gestel, donker waters en digte wolke-mis.
13 Uit die glans voor Hom het gloeiende kole
gebrand.
14 Uit die Hemele het JaHWeH gedonder, die Hoogste
El het Sy Stem laat hoor.
15 En Hy het pyle uitgestuur en hulle verstrooi,
bliksems en hulle verwar.
16 En die beddings van die see het sigbaar geword,
die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van JaHWeH,
vanweë die Gees van Sy Woede.
17 Uit die hoogte het Hy [Sy Hand] uitgestrek, Hy
het my gegryp, my uit groot waters getrek.
18 Hy het my verlos van my magtige vyand, van my
haters, omdat hulle te sterk was vir my.
19 Hulle het my oorval op die dag van my nood,
maar JaHWeH was my steun.
20 En Hy het my uitgelei in die ruimte, Hy het my
gered, omdat Hy behae in my gehad het.
21 JaHWeH het met my gehandel na my geregtigheid;
na die suiwerheid van my hande het Hy my vergelde.
22 Want ek het die Weë van JaHWeH gehou en nie
besoedel van my Elohey afgewyk nie.
23 Want al Sy Regsprake was voor my, en Sy
Insettinge - ek het van Haar nie afgewyk nie.
24 Maar ek was rassuiwer voor Hom, en ek het my
weerhou van ongeregtigheid.
25 So het JaHWeH my dan vergoed vir my
geregtigheid, na my suiwerheid voor Sy Oë.
26 By die getroue betoon U Uself liefdevol, by die
rassuiwer man, volkome,
27 by die suiwere, suiwer; maar by die verbasterde
betoon U Uself verdraaid.
28 En U verlos die verdrukte volk, maar U Oë is
teen die hoogmoediges; U verneder [hulle].
29 Want U is my lamp, o JaHWeH! En JaHWeH laat my
duisternis opklaar.
30 Want met U loop ek ’n bende storm, met my
Elohey spring ek oor ’n muur.
31 Die Weg van El is rassuiwerheid; die Woord van
JaHWeH is gelouter; Hy is ’n Skild vir almal wat by Hom skuil.
32 Want wie is El buiten JaHWeH, en wie ’n Rots
buiten onse Elohey?
33 El is my Laer en my Sterkte, en Hy berei vir my
die Weg van rassuiwerheid.
34 Hy maak my voete soos dié van herte en laat my
staan op my hoogtes.
35 Hy leer my hande om oorlog te voer, sodat my
arms ’n koperboog span.
36 En U het my die Skild van U Lossing gegee, en U
neerbuigende Suiwerheid het my groot gemaak.
37 U het my voetstap onder my ruim gemaak, en my
enkels het nie gewankel nie.
38 Ek het my vyande agtervolg en hulle verdelg en
nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
39 Ja, ek het hulle vernietig en hulle verbrysel,
sodat hulle nie weer opgestaan het nie, maar onder my voete geval het.
40 En U het my met krag omgord vir die stryd, U
het my teëstanders onder my laat buig.
41 En U het my vyande vir my laat vlug; my haters,
dié het ek vernietig.
42 Hulle het rondgekyk, maar daar was geen
verlosser nie; na JaHWeH, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
43 Toe het ek hulle verbrysel soos die stof van
die Aarde, soos modder van die strate het ek hulle fyngemaal, hulle vertrap.
44 En U het my gered uit die getwis van my volk; U
het my bewaar as ’n hoof van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, het my
gedien.
45 Seuns van die uitlander het al kruipende na my
gekom; sodra hulle van my gehoor het, was hulle gehoorsaam aan my.
46 Seuns van die uitlander word kragteloos en kom
met siddering uit hulle vestings.
47 JaHWeH leef! En geloofd sy my Rots, en laat
verhoog wees die Elohey wat die Rots is van my Lossing!
48 Die El wat my die wraak gee en volke onder my
neerwerp;
49 en wat my uitlei onder my vyande uit; ja, U
verhef my bo my teëstanders, U bevry my van die man van geweld.
50 Daarom wil ek U loof, o JaHWeH, onder die
nasies, en tot eer van U Naam wil ek musiek maak;
51 Hy is die Toring wat die Verlossing van Sy
koning groot maak en wat Medelye het met Sy gesalfde, aan Dawid en aan sy saad
tot in ewigheid.
23 EN dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid
spreek, die seun van Isai, die krygsman wat hoog geplaas was, spreek, die
gesalfde van die Elohey van Jakob en die lieflike in die sange van JisraEl:
2 Die Gees van JaHWeH spreek in my, en Sy Woord is
op my tong.
3 Die Elohey van JisraEl het gesê, die Rots van
JisraEl het tot my gespreek: ’n Regeerder oor adamiete, moet regverdig wees, in
die Vrees van Elohim,
4 is soos die môrelig by sonsopgang, ’n môre
sonder wolke [as] deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die Aarde
[uitkom].
5 Want is my huis nie so by El nie? Want Hy het ’n
Ewige Verbond vir my daargestel wat in alles gereël en verseker is; my Lossing
en my Vreugde, ja, sal Hy Hom nie laat uitspruit nie? [JeshaJaH 11:1]
6 Maar Belijaal, hulle almal is soos weggegooide
dorings, want ’n mens vat dit nie met die hand nie;
7 en elkeen wat hulle wil aanraak, wapen homself
met ’n yster of die steel van ’n spies, en met vuur word hulle op daardie plek
heeltemal verbrand. Dawid se vernaamste
dapperes.
8 Dit is die name van die dapperes wat Dawid gehad
het: Joseb-Bassebet, ’n Tagkemoniet, die hoof van die adjudante; hy was Adino,
die Esniet, teen agthonderd wat op een keer gesneuwel het.
9 En ná hom was El-Azar, die seun van Dodo, die
Ahohiet, onder die drie dapperes by Dawid; toe hulle die Filistyne uitgedaag
het wat daar bymekaar was om te veg, en die manne van JisraEl weggetrek het,
10 het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan
totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat JaHWeH
daardie dag ’n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom
agter hom aan net om te buit.
11 En ná hom was Samma, die seun van Age, die
Harariet. Toe die Filistyne by Legi bymekaarkom, waar ’n stuk land vol lensies
was en die volk vir die Filistyne gevlug het,
12 het hy hom opgestel in die middel van die stuk
Aarde en haar afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat JaHWeH ’n groot
oorwinning bewerk het.
13 En drie van die dertig hoofde het afgetrek en
teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl ’n hoop
Filistyne in die laer staan in die dal Refáim.
14 En Dawid was toe in die bergvesting; en ’n
besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.
15 En Dawid het sy siel voel opkom en gesê: Wie
sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?
16 Toe het die drie dapperes deur die laer van die
Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort
was, en hom gedra en na Dawid gebring; maar hy wou hom nie drink nie, en het
hom tot eer van JaHWeH uitgegiet
17 en gesê: Dit is ver van my, JaHWeH, dat ek dit
sou doen. Is dit die bloed van die manne wat met hulle siel gegaan het? En hy
wou hom nie drink nie. Dit het die drie dapperes gedoen.
18 En Abísai, die broer van JôWab, die seun van
Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie-honderd
wat gesneuwel het, en het ’n naam gehad onder die drie.
19 Was hy onder die drie nie geëer nie? sodat hy
hulle owerste geword het, maar tot by die [eerste] drie het hy nie gekom nie.
20 Verder BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, ’n
sterk man, groot van daad, uit KabtseEl; hy het die twee groot dapperes van
Moab verslaan; en hy het afgegaan en ’n leeu binne-in ’n kuil doodgeslaan op ’n
sneeudag.
21 Hy het ook ’n Egiptenaar verslaan, ’n mooi man;
en in die hand van die Egiptenaar was ’n spies; maar hy het na hom afgegaan met
’n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie
spies doodgesteek.
22 Dit het BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada,
gedoen; en hy het ’n naam gehad onder die drie dapperes.
23 Hy was geëerd onder die dertig, maar tot by die
drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.
24 AsaEl, die broer van JôWab, was onder die
dertig; El-Hanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;
25 Samma, die Harodiet; Elika, die Harodiet;
26 Heles, die Paltiet; Ira, die seun van Ikkes,
die Tekoïet;
27 Abiëser, die Anatotiet; Mebunnái, die Husatiet;
28 Salmon, die Ahohiet; Máharai, die Netofatiet;
29 Heleb, die seun van Baäna, die Netofatiet;
Ittai, die seun van Ribai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin;
30 BenáJaHûW, die Pirhatoniet; Híddai, uit
Nahale-Gaäs;
31 Abi-Albon, die Arbatiet; Asmáwet, die
Barhumiet;
32 El-Jagba, die Sáälboniet; die seuns van Jasen;
JeHôWnathan;
33 Samma, die Harariet; AgiJaH, die seun van
Sarar, die Arariet;
34 EliFelet, die seun van Ahasbái, die seun van ’n
Maägatiet; EliAm, die seun van Agitófel, die Giloniet;
35 Hésro, die Karmeliet; Páärai, die Arbiet;
36 Jigeal, die seun van Natan, uit Soba; Bani, die
Gadiet;
37 Selek, die Ammoniet; Náharai, die Beërotiet,
die wapendraer van JôWab, die seun van Serúja;
38 Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet
39 UriJaH, die Hetiet - almal saam sewe-en-dertig.
24 EN die Woede van JaHWeH het weer teen JisraEl
ontvlam, en hy [Satan] het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel JisraEl
en JeHûWdah. [1 Kronieke 21:1]
2 Toe sê die koning vir JôWab, die leërowerste,
wat by hom was: Trek tog rond onder al die stamme van JisraEl, van Dan tot
Berséba, en tel julle die volk, sodat ek die getal van die volk kan weet.
3 En JôWab het aan die koning gesê: Ja, mag JaHWeH
jou Elohey by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die
oë van my meester die koning dit sien; maar waarom het my meester die koning
behae in hierdie saak?
4 Maar die woord van die koning het die oorhand
gehad oor JôWab en die leër-owerstes, en JôWab het met die leër-owerstes voor
die aangesig van die koning af uitgegaan om die volk JisraEl te tel.
5 En hulle het deur die Jordaan gegaan en laer
opgeslaan by Aroër, regs van die stad wat binne-in die dal van Gad lê, en tot
by Jaéser.
6 Verder het hulle in Gílead gekom en in die Aarde
van Tagtim-Hodsi en na Dan-Jaän gekom en rondom na Sidon.
7 En hulle het gekom by die vesting Tirus en al
die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en hulle het uitgekom in die suide van
JeHûWdah in Berséba.
8 So het hulle dan deur die hele Aarde rondgetrek
en in Jerusalem aangekom aan die einde van nege maande en twintig dae.
9 En JôWab het die getal van die getelde volk aan
die koning gegee; en JisraEl was agthonderdduisend weerbare manne wat die
swaard uittrek, en die manne van JeHûWdah vyfhonderdduisend man.
10 Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy
die volk getel het, en Dawid het aan JaHWeH gesê: Ek het swaar oortree deur wat
ek gedoen het; JaHWeH, vergeef dan nou tog die skuld van U kneg, want ek het
baie dwaas gehandel.
11 Toe Dawid die môre opstaan, het die Woord van
JaHWeH tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:
12 Gaan heen en spreek met Dawid: So sê JaHWeH:
Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen
-
13 toe het Gad by Dawid gekom en dit aan hom
bekend gemaak en aan hom gesê: Wil jy dat daar sewe jaar lank hongersnood in
jou Aarde kom, of wil jy drie maande lank vlug voor die aangesig van jou
teëstanders uit dat hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in
jou Aarde? Ondersoek nou en sien watter antwoord ek my Sender moet bring.
14 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud;
laat ons tog val in die hand van JaHWeH, want Sy dade van Barmhartigheid is
groot, maar laat my in die hand van adamiete nie val nie.
15 En JaHWeH het ’n pes onder JisraEl beskik van
die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die
volk sewentigduisend man gesterwe.
16 Maar toe die Boodskapper sy hand uitsteek na
Jerusalem om haar te verwoes, het dit JaHWeH berou oor die teistering, en Hy
het aan die Boodskapper wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê:
Genoeg, trek nou jou hand terug! Die Boodskapper van JaHWeH was toe by die
dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
17 Toe Dawid sien hoe die Boodskapper onder die
volk doodslaan, het hy tot JaHWeH gespreek en gesê: Kyk, ék het oortree, en ék
het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen
my wees en teen my familie.
18 Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir
hom: Gaan op, bou vir JaHWeH ’n altaar op die dorsvloer van Arauna, die
Jebusiet.
19 En Dawid het opgegaan volgens die woord van
Gad, soos JaHWeH beveel het.
20 Toe Arauna opkyk en die koning met sy dienaars
na hom sien oorkom, het Arauna uitgegaan en hom voor die koning met sy aangesig
na die Aarde gebuig.
21 En Arauna het gesê: Waarom kom my meester, die
koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir
JaHWeH ’n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou.
22 Maar Arauna sê vir Dawid: My meester, die
koning kan neem en opdra wat goed is in sy oë, kyk, daar is die beeste as
brandoffer en die trekgoed en die implemente van die beeste as hout.
23 Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning.
Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag JaHWeH jou Elohey ’n behae in jou
hê.
24 Maar die koning het Arauna ge-antwoord: Nee,
maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan
JaHWeH my Elohey brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die
beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer.
25 Toe het Dawid daar vir JaHWeH ’n altaar gebou
en brandoffers en vergoedings [bydraes] gebring; en JaHWeH het Hom oor die
Aarde ontferm, en die plaag is van JisraEl afgewend.
1 TOE koning Dawid oud en ver op sy dae was, het
hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.
2 En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my
meester, die koning ’n maagd soek, dat sy voor die aangesig van die koning kan
staan en u bedien en in u skoot lê; dan sal my meester, die koning warm word.
3 Hulle het toe in die hele grondgebied van
JisraEl ’n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die
koning gebring.
4 En die meisie was besonder mooi, en sy was vir
die koning ’n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap
met haar gehad nie.
5 Intussen was AdoniJaH, die seun van Haggit, so
vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en
perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
6 En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk
deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte,
en sy [moeder] het hom ná Absalom gebaar.
7 En hy het met JôWab, die seun van Serúja,
onderhandel en met Abjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge
van AdoniJaH.
8 Maar Sadok, die priester, en BenáJaHûW, die seun
van JeHôWjada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die dapperes van Dawid
het nie met AdoniJaHûW saamgegaan nie.
9 En AdoniJaHûW het kleinvee en beeste en
vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan,
en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van JeHûWdah, die
dienaars van die koning, genooi;
10 maar Natan, die profeet, en BenáJaHûW en die
dapperes en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.
11 Toe sê Natan vir Bátseba, die moeder van
Salomo: Het u nie gehoor dat AdoniJaHûW, die seun van Haggit, koning geword het
sonder dat ons meester Dawid dit weet nie?
12 Kom dan nou, laat ek u tog ’n raad gee, dat u u
siel en die siel van u seun Salomo kan red.
13 Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir
hom: Het ú nie, my meester die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U
seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hy sal op my troon sit? Waarom
het AdoniJaHûW dan koning geword?
14 Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek,
sal ék agter u inkom en u woorde aanvul.
15 Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in
die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die
koning bedien.
16 En Bátseba het gebuig en neergeval voor die
koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?
17 En sy antwoord hom: My meester, u het by JaHWeH
u Elohey vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word,
en hy sal op my troon sit.
18 Maar kyk, nou het AdoniJaH koning geword sonder
dat u, my meester, die koning, dit weet.
19 Want hy het beeste en vetgemaakte vee en
kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Abjatar, die
priester, en JôWab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie
genooi nie.
20 Maar op ú, my meester, die koning, is die oë
van die hele JisraEl om hulle te kenne te gee wie op die troon van my meester,
die koning ná hom sal sit.
21 Anders sal dit gebeur, sodra my meester, die
koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou
sal word.
22 En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek,
kom die profeet Natan in.
23 En hulle het dit die koning te kenne gegee en
gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor
die aangesig van die koning met sy neus na die Aarde toe.
24 En Natan sê: My meester, die koning, het ú
gesê: AdoniJaHûW sal ná my koning word, en hy sal op my troon sit?
25 Want hy het vandag gegaan en beeste en
vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en
die leërowerstes en Abjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink
voor hom en sê: Mag koning AdoniJaHûW lewe!
26 Maar my, u dienaar, en Sadok, die priester, en
BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
27 As hierdie saak van my meester, die koning
uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van
my meester, die koning ná hom sal sit nie.
28 Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep
Bátseba vir my! En sy het ingekom voor die aangesig van die koning en voor die
aangesig van die koning gaan staan.
29 Toe sweer die koning en sê: So waar as JaHWeH
leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
30 sekerlik, soos ek u by JaHWeH, die Elohey van
JisraEl, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hy op
my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
31 En Bátseba het met die aangesig na die Aarde
gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my meester, koning Dawid vir
ewig lewe!
32 Verder het koning Dawid gesê: Roep vir my
Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en BenáJaHûW, die seun van
JeHôWjada. Toe kom hulle in voor die aangesig van die koning,
33 en die koning sê vir hulle: Neem die dienaars
van julle meester met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en
bring hom af na Gihon toe;
34 en laat Sadok, die priester, en Natan, die
profeet, hom daar as koning oor JisraEl salf, en julle moet op die ramshoring
blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!
35 Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan
inkom en op my troon sit; want hy moet koning wees in my plek, en ek het hom
aangestel om ’n vors oor JisraEl en JeHûWdah te wees.
36 Toe antwoord BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada,
die koning en sê: Amein! Mag JaHWeH, die Elohey van my meester, die koning, ook
so sê.
37 Soos JaHWeH met my meester, die koning was, mag
Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my
meester, koning Dawid.
38 Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met
Natan, die profeet, en BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, en die Kreti en die
Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon
gebring.
39 En die priester Sadok het die horing met olie
uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas,
en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!
40 Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl
die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die Aarde
geskeur het van hulle geluid.
41 En AdoniJaHûW het dit gehoor en al die genooides
wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; JôWab het ook die geluid van die
ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?
42 Terwyl hy nog spreek, kom JôWnathan, die seun
van die priester Abjatar, daar aan; en AdoniJaHûW sê: Kom in, want jy is ’n
wakker man en bring ’n goeie boodskap.
43 Maar JôWnathan antwoord AdoniJaHûW en sê: Ja,
maar ons meester, koning Dawid het Salomo koning gemaak!
44 En die koning het Sadok, die priester, en
Natan, die profeet, en BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, en die Kreti en die
Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;
45 en Sadok, die priester, en Natan, die profeet,
het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap
opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle
gehoor het.
46 En ook het Salomo op die koninklike troon gaan
sit.
47 Bowendien het die dienaars van die koning gekom
om ons meester, koning Dawid seëninge toe te wens met die woorde: Mag u Elohim
die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon.
Toe het die koning homself op die bed neergebuig;
48 en die koning het ook so gesê: Geseënd is
JaHWeH, die Elohey van JisraEl, wat vandag gegee het dat een op my troon sit
terwyl my oë dit sien.
49 Daarop het al die genooides wat by AdoniJaHûW
was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.
50 Maar AdoniJaHûW was bevrees vir Salomo en het
opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou.
51 Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk,
AdoniJaHûW is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die
altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie
met die swaard sal ombring nie.
52 Daarop sê Salomo: As hy ’n betroubare man sal
wees, sal geen haar van hom op die Aarde val nie; maar as daar besoedeling in
hom gevind word, moet hy sterwe.
53 En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom
van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo
neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.
2 EN toe die dae van Dawid nader kom dat hy sou
sterwe, het hy sy seun Salomo bevel gegee en gesê:
2 Ek gaan heen op die weg van die hele Aarde: wees
dan sterk en word ’n man;
3 en onderhou die Ordening van JaHWeH jou Elohey
deur te wandel in Sy Weë, deur Sy Insettinge, Sy Gebooie en Sy Regspraak en Sy
Getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die Wet van Moshè, sodat jy
voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;
4 sodat JaHWeH Sy Woord mag vervul wat Hy oor my
gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor My Aangesig
in Waarheid te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar
nie vir jou ’n man op die troon van JisraEl ontbreek nie.
5 En jy weet ook self wat JôWab, die seun van
Serúja, my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van JisraEl, Abner, die
seun van Ner, en Amása, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor
en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en
die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.
6 Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet
jy nie met vrede in die Doderyk/Sheol laat neerdaal nie.
7 Maar met die seuns van Barsíllai, die Gileadiet,
moet jy medelye hê, en hulle moet wees onder die wat aan jou tafel eet; want so
het hulle na my toe aangekom toe ek vir jou broer Absalom gevlug het.
8 Verder is daar by jou Símeï, die seun van Gera,
die Benjaminiet, uit Bahúrim; hy naamlik het my gevloek met ’n hewige vloek die
dag toe ek na Mahanáim gegaan het; en hy het afgekom om my te ontmoet by die
Jordaan, sodat ek vir hom by JaHWeH gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die
swaard doodmaak nie.
9 Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie,
want jy is ’n wyse man; daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy
grys hare met bloed in die Doderyk/Sheol laat neerdaal.
10 Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is
begrawe in die Stad van Dawid.
11 En die dae wat Dawid oor JisraEl geregeer het,
was veertig jaar; in Hebron het hy sewe jaar geregeer, en in Jerusalem het hy
drie-en-dertig jaar geregeer.
12 DAARNA het Salomo op die troon van sy vader
Dawid gaan sit, en sy koningskap is goed bevestig.
13 Toe kom AdoniJaHûW, die seun van Haggit, na
Bátseba, die moeder van Salomo, en sy vra: Is jou koms vrede? En hy antwoord:
Vrede.
14 Verder sê hy: Ek het ’n woord vir u. En sy
antwoord: Spreek.
15 En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en
die hele JisraEl sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die
koningskap het oorgegaan en my broer s’n geword, want deur JaHWeH was sy vir
hom bestem.
16 En nou doen ek een versoek aan u; wys my nie af
nie. En sy antwoord hom: Spreek.
17 Toe sê hy: Spreek tog met koning Salomo, want
hy sal u nie afwys nie, dat hy Abísag, die Sunamitiese, aan my as vrou moet
gee.
18 En Bátseba sê: Goed, ék sal met die koning oor
jou spreek.
19 Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met
hom oor AdoniJaHûW te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en
voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die
koning ’n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem.
20 Toe sê sy: Een klein versoek doen ek aan u; wys
my nie af nie. En die koning antwoord haar: Vra, my moeder, want ek sal u nie
afwys nie.
21 En sy sê: Laat Abísag, die Sunamitiese, aan u
broer AdoniJaHûW as vrou gegee word.
22 Daarop antwoord koning Salomo en sê aan sy
moeder: Maar waarom vra u Abísag, die Sunamitiese, vir AdoniJaHûW? Vra ook die
koningskap vir hom, want hy is my broer wat ouer is as ek, ja, vir hom en vir
Abjatar, die priester, en vir JôWab, die seun van Serúja!
23 En koning Salomo het gesweer by JaHWeH en gesê:
Mag Elohim so aan my doen en so daaraan toedoen - sekerlik, AdoniJaHûW het
hierdie woord ten koste van sy siel gespreek.
24 En nou, so waar as JaHWeH leef wat my bevestig
het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my ’n huis gestig het
volgens Sy Belofte - AdoniJaHûW sal sekerlik vandag gedood word!
25 Daarop het koning Salomo gestuur deur die diens
van BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada; en dié het op hom aangeval, sodat hy
gesterf het.
26 En vir Abjatar, die priester, sê die koning:
Gaan na Anatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou
nie doodmaak nie, omdat jy die Ark van my Meester JaHWeH voor die aangesig van
my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader
gely het.
27 So het Salomo dan Abjatar verdrywe, sodat hy
nie meer priester van JaHWeH was nie, om die Woord van JaHWeH te vervul wat Hy
oor die huis van Eli in Silo gespreek het.
28 Toe die gerug by JôWab kom - want JôWab was aan
die kant van AdoniJaH, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie - het JôWab
gevlug na die Tent van JaHWeH en die horings van die altaar vasgehou.
29 En aan koning Salomo is meegedeel: JôWab het
gevlug na die Tent van JaHWeH, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat
Salomo aan BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, weet: Gaan heen, val op hom aan.
30 Daarop het BenáJaHûW by die Tent van JaHWeH
gekom en vir hom gesê: Só spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want
hier wil ek sterf. En BenáJaHûW het die koning ’n antwoord gebring en gesê: So
het JôWab gespreek, en so het hy my geantwoord.
31 Toe beveel die koning hom: Doen soos hy
gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat
JôWab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder; [Númeri 35:33]
32 en dat JaHWeH sy bloed op sy eie hoof laat
neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en suiwerder as hy, aangeval en
hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die
seun van Ner, die leërowerste van JisraEl, en Amása, die seun van Jeter, die
leërowerste van JeHûWdah;
33 en dat hulle bloed op die hoof van JôWab en op
die hoof van sy saad vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy saad en sy huis en
sy troon Vrede kan hê van JaHWeH tot in ewigheid.
34 Toe het BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada,
opgegaan en op hom aangeval en hom gedood; en hy is begrawe in sy huis in die
wildernis. [Levítikus 16:10]
35 Daarop het die koning BenáJaHûW, die seun van
JeHôWjada, in sy plek oor die leër aangestel; en Sadok, die priester, het die
koning aangestel in die plek van Abjatar. [JeségiEl 44:15]
36 Verder het die koning Símeï laat roep en vir
hom gesê: Bou vir jou ’n huis in Jerusalem, en jy moet daar woon en mag
daarvandaan nie uitgaan, nêrens heen nie;
37 die dag dat jy uitgaan en oor die spruit Kidron
trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe; jou bloed sal op jou
hoof wees.
38 En Símeï sê vir die koning: Dit is goed; soos
my meester, die koning gespreek het, so sal u dienaar doen. En Símeï het baie
dae in Jerusalem gebly.
39 Maar aan die einde van drie jaar het twee van Símeï
se slawe weggeloop na Agis, die seun van Máäga, die koning van Gat; en aan
Símeï is meegedeel en gesê: Jou slawe is daar in Gat.
40 Toe maak Símeï klaar en saal sy esel op en
vertrek na Gat, na Agis toe, om sy slawe te soek; en Símeï het gegaan en sy
slawe van Gat af gebring.
41 Maar aan Salomo is meegedeel dat Símeï uit
Jerusalem na Gat weggegaan en teruggekom het.
42 Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir
hom: Het ek jou nie by JaHWeH besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat
jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal
sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.
43 Waarom het jy dan die eed by JaHWeH en die
gebod wat ek jou opgelê het, nie gehou nie?
44 Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken self al
die besoedeling waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het;
daarom laat JaHWeH jou besoedeling op jou eie hoof neerkom.
45 Maar mag koning Salomo geseënd wees en die
Troon van Dawid bevestig word voor die Aangesig van JaHWeH tot in ewigheid!
46 Daarop gee die koning bevel aan BenáJaHûW, die
seun van JeHôWjada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het.
En die koningskap is bevestig in die hand van Salomo.
3 EN Salomo het hom verswaer met Farao, die koning
van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar in die Stad van
Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy huis en die Huis van JaHWeH en die
muur van Jerusalem rondom klaar sou wees.
2 Alleenlik het die volk gedurig op die Hoogtes
geslag, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van JaHWeH gebou
was nie.
3 En Salomo het JaHWeH liefgehad deur in die
Insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die Hoogtes
geslag en rook laat opgaan.
4 En die koning het na Gíbeon gegaan om daar te
slag, omdat dit die Groot Hoogte was; duisend brandoffers het Salomo op daardie
altaar opgedra.
5 Toe verskyn JaHWeH in Gíbeon in ’n nagtelike
droom aan Salomo; en Elohim het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.
6 En Salomo sê: U het met U kneg, my vader Dawid,
Medelye gehad, net soos hy voor U Aangesig gewandel het in Waarheid en in
Geregtigheid en in opregtheid van hart met U; en U het vir hom hierdie groot
guns bewaar, dat U hom ’n seun gegee het wat op sy troon sit, soos dit vandag
is.
7 Nou dan, JaHWeH my Elohey, U het U kneg koning
gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is ’n jong seun; ek weet nie om uit
of in te gaan nie.
8 En U kneg is midde onder U volk wat U verkies
het, ’n groot volk wat nie getel of bereken kan word weens die menigte nie.
9 Gee dus aan U kneg ’n verstandige hart om Reg te
spreek oor U volk, om tussen suiwer en besoedel te onderskei, want wie sou
hierdie talryke volk van U kan regeer?
10 En dit was suiwer in die Oë van Majesteit
JaHWeH dat Salomo hierdie ding begeer het.
11 En Elohim het vir hom gesê: Omdat jy hierdie
versoek gedoen het en nie vir jou ’n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom
begeer het en nie die siel van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand
begeer het om Regspraak te doen,
12 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee
jou ’n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en
een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.
13 Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou
gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al
jou dae nie.
14 En as jy in My Weë wandel, deur My Insettinge
en My Gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou
dae verleng.
15 Toe word Salomo wakker, en - dit was ’n droom!
Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die aangesig van die Verbondsark van
JaHWeH gaan staan en brandoffers gebring en vergoedinge berei en ’n maaltyd vir
al sy dienaars aangerig.
16 In dié tyd kom daar twee vroue wat hoere was,
na die koning, en hulle gaan voor hom staan. [JeségiEl 23:4]
17 En die een vrou sê: Ag, my meester, ek en
hierdie vrou woon in een huis, en ek het by haar in die huis gebaar.
18 En op die derde dag ná my bevalling het hierdie
vrou ook gebaar terwyl ons saam was; geen verbasterde was by ons in die huis
nie, maar net ons twee in die huis.
19 En die seun van hierdie vrou het in die nag
gesterwe, omdat sy op hom gelê het.
20 Toe staan sy in die middel van die nag op en
neem my seun langs my weg terwyl u dienares slaap; en sy het hom in haar skoot
neergelê, maar haar dooie seun in my skoot neergelê.
21 Toe ek die môre opstaan om my seun te soog, was
hy dood; maar in die môre het ek hom goed bekyk, en dit was nie my seun wat ek
gebaar het nie!
22 Maar die ander vrou sê: Nee, maar die lewendige
is my seun, en die dooie is jou seun. Maar die eerste sê: Nee, maar die dooie
is jou seun, en die lewendige is my seun. So het hulle dan voor die aangesig
van die koning gestry.
23 Toe dink die koning: Die een sê: Dit is my
seun, die lewendige, en jou seun, die dooie. En die ander sê: Nee, maar die
dooie is jou seun, en die lewendige my seun.
24 Daarop gee die koning bevel: Bring vir my ’n
swaard! En hulle het die swaard voor die aangesig van die koning gebring.
25 En die koning sê: Sny die lewendige kind in
twee stukke, en gee die helfte aan die een en die helfte aan die ander.
26 Maar die vrou wie se kind die lewendige was,
het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun - sy
het gesê: Ag, my meester, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood
nie! - terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joune wees nie; sny
deur!
27 Toe antwoord die koning en sê: Gee haar die
lewendige kind en maak hom in geen geval dood nie: sy is die moeder.
28 En die hele JisraEl het gehoor van die
Regspraak wat die koning uitgespreek het, en was met ontsag vervul vir die
koning; want hulle het gesien dat daar Wysheid van Elohim in sy binneste was om
Reg te doen.
4 SO was koning Salomo dan koning oor die hele
JisraEl.
2 En dit was sy hoofamptenare: AzárJaHûW, die seun
van Sadok, was die priester;
3 Elijgorêf en AgiJaH, die seuns van Sisa, was
skrywers; JeHôWshafat, die seun van Ahilud, was kanselier.
4 En BenáJaHûW, die seun van JeHôWjada, was oor
die leër, en Sadok en Abjatar was priesters.
5 En AzárJaHûW, die seun van Natan, was oor die
bestuurders; en Sabud, die seun van Natan, ’n priester, was die vriend van die
koning.
6 En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die
seun van Abda, was oor die dwangarbeid.
7 Verder het Salomo oor die hele JisraEl twaalf
bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het ’n maand
in die jaar die onderhoud op hom gehad.
8 En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte
van Efraim;
9 Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en
Elon-Bet-Hanan;
10 Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele
Aarde van Hefer gehad;
11 Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het
Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.
12 Báäna, die seun van Ahílud, [het gehad]: Táänag
en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant JizreEl lê, van
Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.
13 Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die
dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die
landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en
kopergrendels.
14 Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.
15 Ahímaäs in Náftali; hy het ook ’n dogter van
Salomo, Basmat, as vrou geneem.
16 Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in
Alot;
17 JeHôWshafat, die seun van Parúag, in Issaskar;
18 Símeï, die seun van Ela, in Benjamin;
19 Geber, die seun van Uri, in die Aarde van
Gílead, die Aarde van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning
van Basan; die enigste leërowerste in die Aarde.
20 JeHûWdah en JisraEl was talryk soos die sand
wat aan die see is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.
21 Verder was Salomo vors oor al die koninkryke
van die Eufraat af tot by die Aarde van die Filistyne, en tot by die grens van
Egipte; hulle het spysbydraes aangebring en Salomo gedien al die dae van sy
lewe.
22 En Salomo se brood vir een dag was dertig kor
fynmeel en sestig kor meel;
23 tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste
en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde
takbokke en vetgemaakte ganse.
24 Want hy het geheers oor alles wes van die
Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en
vrede gehad aan alle kante rondom;
25 sodat JeHûWdah en JisraEl veilig gewoon het,
elkeen onder sy Wingerdstok en onder sy Vyeboom, van Dan tot Berséba, al die
dae van Salomo.
26 Verder het Salomo veertigduisend krippe gehad
vir sy trekperde, en twaalfduisend ryperde.
27 En daardie bestuurders het elkeen in sy maand
koning Salomo onderhou en almal wat aan die tafel van koning Salomo kom; hulle
het niks laat kortkom nie.
28 En die gars en die strooi vir die perde en die
renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy
reg.
29 EN Elohim het aan Salomo Wysheid gegee en ’n
baie groot Verstand en ’n ruimte van Insig soos die sand wat aan die seestrand
lê,
30 sodat die wysheid van Salomo groter was as die
wysheid van al die kinders van die Ooste en as al die wysheid van Egipte.
31 Ja, hy was wyser as al die adamiete, as Etan,
die Esrahiet, en Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Mahol, sodat hy
beroemd was onder al die nasies rondom.
32 En hy het drieduisend spreuke uitgespreek, en
sy liedere was duisend-en-vyf.
33 En hy het oor die bome gespreek, van die seder
op die Líbanon tot die hisop wat teen die muur uitspruit; ook het hy gespreek
oor die vee en oor die voëls en oor die kruipende diere en oor die visse.
34 En van al die volke het hulle gekom om na die
wysheid van Salomo te luister, van al die konings van die Aarde wat van sy
wysheid gehoor het.
5 EN Hiram, die koning van Tirus,het sy dienaars na
Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning
gesalf het, want Hiram was altyd ’n vriend van Dawid.
2 Daarop laat Salomo aan Hiram weet:
3 U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die
Naam van JaHWeH, sy Elohey kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom
omring het, totdat JaHWeH hulle onder sy voetsole gebring het.
4 Maar nou het JaHWeH, my Elohey, my rus gegee
rondom; daar is geen teëstander en daar is geen teëspoed wat dreig nie.
5 En kyk, ek is van plan om vir die Naam van
JaHWeH, my Elohey ’n huis te bou soos JaHWeH met my vader Dawid gespreek en
gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die Huis vir
My Naam bou.
6 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit
die Libanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van
u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand
is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.
7 Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy
baie bly en sê: Geseënd is JaHWeH vandag wat vir Dawid ’n wyse seun gegee het
oor hierdie groot volk.
8 Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor
wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en
die sipreshout.
9 My dienaars sal dit van die Libanon na die see
afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my
sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat
wegneem; en ú moet doen wat ek verlang deur brood aan my huis te lewer.
10 So het Hiram dan aan Salomo sederhout en
sipreshout gelewer, soveel as hy wou hê,
11 terwyl Salomo aan Hiram gelewer het
twintigduisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte
olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer.
12 En JaHWeH het aan Salomo Wysheid gegee volgens
Sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het ’n
verbond gesluit.
13 Verder het koning Salomo uit die hele JisraEl
die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertigduisend man was.
14 En hy het hulle gestuur na die Líbanon,
tienduisend elke maand by beurte; ‘n maand was hulle op die Líbanon, twee
maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid.
15 Salomo het ook sewentigduisend draers en
tagtigduisend klipkappers op die gebergte gehad,
16 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor
die werk was, drieduisend-driehonderd wat bevel gevoer het oor die mense wat
die werk doen.
17 En die koning het bevel gegee om groot klippe,
kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te
lê.
18 En die bouers van Salomo en die bouers van
Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om
die huis te bou.
6 EN in die vierhonderd-en-tagtigste jaar ná die
uittog van die kinders van JisraEl uit die Aarde van Egipte, in die vierde jaar
van Salomo se regering oor JisraEl, in die maand Zif - dit is die tweede maand
- het hy die Huis vir JaHWeH gebou. [2 Ezra 10:46]
2 En die Huis wat koning Salomo vir JaHWeH gebou
het, was sestig voorarm in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig voorarm
in sy hoogte.
3 En die voorportaal, aan die voorkant van die
hoofvertrek van die Huis, was twintig voorarm in sy lengte, oor die breedte van
die Huis; tien voorarm in sy breedte aan die voorkant van die Huis.
4 En hy het aan die Huis vensters gemaak met smal
latwerk.
5 En teen die muur van die Huis het hy rondom ’n
aanbousel opgetrek, aan die mure van die Huis rondom die hoofvertrek en die
binneste vertrek, en hy het dit rondom in verdiepings gemaak.
6 Die onderste verdieping was vyf voorarm in haar
breedte en die middelste ses voorarm in haar breedte en die derde sewe voorarm
in haar breedte; want hy het vir die Huis rondom buitekant inkortings gemaak,
om nie in die mure van die Huis in te las nie.
7 En toe die Huis gebou is, is dit opgetrek van
klippe, kant en klaar uit die breekplek: hamers en koubeitels, enige
ystergereedskap, is nie gehoor by die Huis toe hy gebou is nie.
8 Die ingang van die onderste verdieping was aan
die suidelike sykant van die Huis, en wenteltrappe het opgegaan na die
middelste, en van die middelste na die derde.
9 En toe hy die Huis klaar gebou het, het hy die
Huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.
10 En hy het die aanbousel teen die hele Huis
gebou; vyf voorarm was [elke verdieping] hoog; en hy het dit aan die Huis
bevestig met sederbalke.
11 En die Woord van JaHWeH het tot Salomo gekom en
gesê:
12 Wat hierdie Huis betref, wat jy besig is om te
bou - as jy wandel in My Insettinge en My Regspraak uitvoer en al My Gebooie
onderhou om daarin te wandel, dan sal Ek My Woord wat Ek tot jou vader Dawid
gespreek het, aan jou vervul;
13 dan sal Ek onder die kinders van JisraEl woon
en My volk JisraEl nie verlaat nie.
14 Toe Salomo die Huis klaar gebou het,
15 het hy die mure van die Huis van binne bedek
met sederplanke; van die vloer van die Huis af tot by die balke van die plafon
het hy dit van binne met hout belê, en die vloer van die Huis het hy met
sipresplanke belê.
16 Verder het hy die twintig voorarm van die
agterkant van die Huis met sederplanke bedek, van die vloer af tot by die
balke, en dit aan die binnekant as ’n binneste vertrek, vir die Apartheid van
die Aparthede, gebou.
17 En vooraan was die Huis, dit is die
hoofvertrek, veertig voorarm.
18 En sederhout was aan die Huis binnekant:
snywerk van kolokwinte en oop blomknoppe, dit alles van sederhout; geen klip
was daar te sien nie.
19 So het hy dan ’n binneste vertrek binnekant in
die middel van die Huis ingerig om die Verbondsark van JaHWeH daar neer te sit.
20 En die binneste vertrek was twintig voorarm in
lengte en twintig voorarm in breedte en twintig voorarm in sy hoogte, en hy het
dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.
21 Verder het Salomo die Huis van binne met fyn
goud oorgetrek, en hy het ’n afsluiting met goue kettings gemaak voor die
aangesig van die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.
22 En die hele Huis het hy met goud oorgetrek,
totdat die hele Huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste
vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek.
23 Verder het hy in die binneste vertrek twee
Gérubs gemaak van oliewenhout, tien voorarm hoog.
24 En vyf voorarm was die een Vleuel van die
Gérub, en vyf voorarm was die ander Vleuel van die Gérub: tien voorarm van die
een punt van sy Vleuels tot by die ander punt daarvan.
25 En tien voorarm die tweede Gérub: altwee die
Gérubs het een maat en een gestalte gehad.
26 Die hoogte van die een Gérub was tien voorarm,
en net so die ander Gérub.
27 Toe het hy die Gérubs in die middel van die binneste
vertrek gesit, en die Vleuels van die Gérubs was uitgesprei, sodat die Vleuel
van die een aan die een muur en die Vleuel van die ander Gérub aan die ander
muur raak, terwyl hulle Vleuels, na die middel van die vertrek toe, Vleuel teen
Vleuel raak.
28 Verder het hy die Gérubs met goud oorgetrek.
29 En aan al die mure van die Huis rondom, van die
binneste en die buitenste [vertrek], het hy figure van Gérubs en palmbome en
oop blomknoppe laat uitsny. [JeségiEl 41:18]
30 En die vloer van die Huis, van die binneste en
die buitenste [vertrek], het hy met goud oorgetrek.
31 En as ingang van die binneste vertrek het hy
deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het
die vorm van ’n vyfhoek gehad.
32 En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en
daarop het hy figure van Gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en
dit met goud oorgetrek, en die goud op die Gérubs en op die palmbome ingeslaan.
33 En net so het hy vir die ingang van die
hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig;
34 en twee deurvleuels van sipreshout: die een
vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare
helftes.
35 En hy het [daarop] Gérubs en palmbome en oop
blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.
36 Verder het hy die binneste voorhof gebou van
drie lae gekapte klip en een laag sederbalke.
37 In die vierde jaar is die fondament van die
Huis van JaHWeH gelê, in die maan [maand] Zif,
38 en in die elfde jaar, in die maan Buwl - dit is
die agtste maand- was die Huis voltooi in al sy dele en volgens al sy
vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.
7 MAAR aan sy huis het Salomo dertien jaar gebou en
die hele huis voltooi.
2 Hy het naamlik die huis van die Líbanon-bos
gebou, honderd voorarm in sy lengte en vyftig voorarm in sy breedte en dertig
voorarm in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare.
3 En dit was van bo oordek met sederhout, op die
verdiepings wat rus op die pilare, vyf-en-veertig [bo-vertrekke], vyftien in ’n
ry.
4 En daar was drie rye vensters van latwerk; en
oop venster teenoor oop venster, drie maal.
5 En al die deure met die vensters was vierkantig
van houtwerk, en venster was teenoor venster, drie maal.
6 En die pilare-voorhuis het hy gemaak, vyftig
voorarm in sy lengte en dertig voorarm in sy breedte, met ’n voorportaal
daarvoor, naamlik pilare en ’n afdak daaroor.
7 Verder het hy die troonsaal gemaak waar hy
Regspraak beoefen het, die regsaal, en hy was bedek met sederhout van vloer tot
vloer.
8 Ook sy huis waar hy gewoon het, in die ander
voorhof, van die saal af binnekant toe, was van dieselfde maaksel; en hy het
vir die dogter van Farao wat Salomo geneem het, ’n huis gemaak soos hierdie
saal.
9 Hy was alles van kosbare klippe, volgens die
maat van gekapte klip, aan die binne- en buitekant met die saag bewerk, naamlik
van die fondament af tot by die muurplate, en van die buitekant af tot by die
groot voorhof.
10 En die fondament was van kosbare klippe, groot
klippe, klippe van tien voorarm en klippe van agt voorarm.
11 En daar bo-op was kosbare klippe, volgens die
maat van gekapte klip, en sederhout.
12 En die groot voorhof was rondom van drie lae
gekapte klip en ’n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die
Huis van JaHWeH en by die saal van die paleis.
13 En koning Salomo het Hiram uit Tirus laat haal.
14 Hy was die seun van ’n weduvrou uit die stam
van Náftali, en sy vader was ’n man van Tirus, ’n kopersmid; en hy was vol
Wysheid en Verstand en Kennis om allerhande werk in koper te maak. Hy het toe
by koning Salomo gekom en al sy werk uitgevoer.
15 HY het naamlik die twee pilare van koper
gevorm; agttien voorarm was die hoogte van die een pilaar, en ’n lyn van twaalf
voorarm kon die tweede pilaar omspan.
16 En hy het twee kapitele gemaak om op die toppe
van die pilare te sit, gietwerk van koper; vyf voorarm was die hoogte van die
een kapiteel, en vyf voorarm was die hoogte van die ander kapiteel.
17 Daar was vlegwerke - die maaksel van die
vlegwerk was gedraaide drade, ’n maaksel van kettinkies - vir die kapitele op
die top van die pilare; sewe vir die een kapiteel en sewe vir die ander
kapiteel.
18 Verder het hy die granaatjies gemaak, naamlik
twee rye rondom oor die een vlegwerk, om die kapitele op die top van die pilare
te bedek; en net so het hy vir die ander kapiteel gemaak.
19 En die kapitele op die top van die pilare aan
die voorportaal was vier voorarm, lelievormig,
20 naamlik die kapitele op die twee pilare bo-aan,
verby die vlegwerk wat vlak op die bol was. En die granaatjies was tweehonderd,
in rye rondom, [ook] oor die tweede kapiteel.
21 En hy het die pilare opgerig by die voorportaal
van die hoofvertrek. Toe hy die regterpilaar opgerig het, noem hy dit Jagin; en
toe hy die linkerpilaar opgerig het, noem hy dit Boas.
22 Toe die leliewerk op die top van die pilare
was, was die werk aan die pilare voltooi.
23 Verder het hy die bad gemaak van gietwerk; van
rand tot rand was tien voorarm, heeltemal rond; en die hoogte daarvan was vyf
voorarm, en ’n lyn van dertig voorarm kon hom rondom omspan.
24 En kolokwinte onder die rand van hom het hom
rondom omring; tien op die voorarm het hulle die bad rondom omring: twee rye
kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is.
25 Hy het gestaan op twaalf beeste: drie kyk na
die noorde, en drie kyk na die weste, en drie kyk na die suide, en drie kyk na
die ooste toe, terwyl die bad bo-op hulle was, en al hulle agterdele was
binnekant toe.
26 En die dikte van hom was ’n handbreedte, en sy
rand was in die vorm van ’n bekerrand, soos ’n lelieblom; hy het tweeduisend
bat gehou.
27 Hy het ook die tien afspoelwaentjies van koper
gemaak; die lengte van elke afspoelwaentjie was vier voorarm, en vier voorarm
haar breedte en drie voorarm haar hoogte.
28 En dit was die maaksel van die bak: hy het
sluitplate gehad, naamlik sluitplate tussen die sporte;
29 en op die sluitplate tussen die sporte was
leeus, beeste en Gérubs; en net so op die sporte; bokant en onderkant die leeus
en beeste was afhangende kroonlysversierings.
30 En elke afspoelwaentjie het vier koperwiele en
koperasse gehad, en haar vier hoekstyle het skouerstukke gehad; onder teen die
wasbak was die skouerstukke vasgegiet; teenoor elkeen was kroonlyste.
31 En die opening daarvan was binnekant die kraag,
en boontoe een voorarm; en haar mond was rond, in die vorm van ’n voetstuk, ‘n
voorarm en ‘n halwe voorarm; en haar mond was graveerwerk, maar die sluitplate
van haar was vierkantig, nie rond nie.
32 En die vier wiele was onder die sluitplate, en
die kloue van die wiele was in die bak, terwyl die hoogte van elke wiel 'n
voorarm en ‘n halwe voorarm was. [JeségiEl 1:21]
33 En die maaksel van die wiele was in die vorm
van ’n wawiel; die kloue en die vellings en die speke en die nawe daarvan was
alles gietwerk.
34 En vier skouerstukke was aan die vier hoeke van
elke afspoelwaentjie; die skouerstukke daarvan was met die bak saam uit een
stuk.
35 En bo-aan die afspoelwaentjie was daar ’n kraag
van ’n halwe voorarm hoog, heeltemal rond; en bo-op die bak was die kloue en
haar sluitplate, uit haar een stuk.
36 En hy het op die vlakke van die kloue en haar
sluitplate Gérubs, leeus en palmbome gegraveer volgens die ruimte van elkeen,
en blomkranse rondom.
37 So het hy die tien afspoelwaentjies gemaak: een
en dieselfde gietwerk, een maat, een vorm het hulle almal gehad.
38 Verder het hy tien koperwaskomme gemaak; elke
kom het veertig bat gehou; elke kom was vier voorarm; een kom was op elke bak
van die tien afspoelwaentjies.
39 Toe het hy die afspoelwaentjies opgestel: vyf
aan die suidekant van die huis en vyf aan die noordekant van die huis; maar die
bad het hy aan die suidekant van die huis opgestel, teen die ooste na die suide
toe.
40 Verder het Hiram die potte en die skoppe en die
sprinkelflesse gemaak. So het Hiram dan al die werk voleindig wat hy vir koning
Salomo in die Huis van JaHWeH gedoen het:
41 twee pilare met die twee bolle van die kapitele
wat op die top van die pilare was, en die twee stukke vlegwerk om die twee
bolle van die kapitele op die top van die pilare te oordek;
42 en die vierhonderd granaatjies vir die twee
stukke vlegwerk: twee rye granaatjies vir elke vlegwerk, om die twee bolle van
die kapitele bo-op die pilare te oordek;
43 en die tien afspoelwaentjies en die tien
waskomme op die afspoelwaentjies;
44 en die een bad en die twaalf beeste onder die
bad;
45 en die potte en die skoppe en die
sprinkelflesse: al hierdie voorwerpe wat Hiram vir koning Salomo in die Huis
van JaHWeH gemaak het, was van gepolyste koper.
46 In die Jordaanstreek waar die Adamah[adamiet se
Aarde] diep was, tussen Sukkot en Sartan, het die koning dit gegiet.
47 En Salomo het al die voorwerpe ongeweeg laat
bly vanweë die baie groot menigte; die gewig van die koper is nie bereken nie.
48 Verder het Salomo al die voorwerpe wat in die
Huis van JaHWeH was, gemaak: die goue altaar en die tafel waar die toonbrode op
[moes lê], van goud;
49 en die kandelaars, vyf regs en vyf links, voor
die aangesig van die binneste vertrek, van fyn goud; en die blomwerk en die
lampe en die snuiters, van goud;
50 en die skottels en die messe en die
sprinkelflesse en die panne en die koolpanne, van fyn goud; en die skarniere
vir die deure van die binneste vertrek: vir die Apartheid van die Aparthede,
[en] vir die deure van die saal, van die hoofvertrek, van goud.
51 En toe al die werk wat koning Salomo in die
Huis van JaHWeH gemaak het, gereed was, het Salomo die apartheids[dinge] van sy
vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die
skatkamers van die Huis van JaHWeH neergesit.
8 DAARNA het Salomo die oudstes van JisraEl en al
die stamhoofde, die hoofdelike vaders van die kinders van JisraEl, by koning
Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die Verbondsark van JaHWeH uit die Stad
van Dawid, Sy is Sion, op te bring.
2 En al die manne van JisraEl het by koning Salomo
op die Fees vergader in die maand Étanim, dit is die sewende maand.
3 Toe al die oudstes van JisraEl daar kom, het die
priesters die Ark opgeneem
4 en die Ark van JaHWeH en die Tent van Samekoms
gebring saam met al die voorwerpe van die Apartheid wat in die Tent was;
naamlik die priesters en die Leviete het dit gebring.
5 En terwyl koning Salomo en die hele vergadering
van JisraEl wat byeengekom het, saam met hom voor die aangesig van die Ark
staan, het hulle kleinvee en beeste geslag wat vanweë die menigte nie getel of
bereken kon word nie.
6 Verder het die priesters die Verbondsark van
JaHWeH na haar plek gebring, in die binneste vertrek van die huis, na die Apartheid
van die Aparthede, onder die Vleuels van die Gérubs.
7 Want die Gérubs het die Vleuels uitgesprei oor
die plek van die Ark, sodat die Gérubs die Ark en haar draaghoute van bo af
beskut het.
8 En die draaghoute was so lank, dat die punte van
die draaghoute uit die Apartheid vooraan die Binneste vertrek gesien kon word,
maar [verder] buitentoe was hulle nie sigbaar nie; en hulle is daar tot vandag
toe.
9 Daar was niks in die Ark nie buiten die twee
Kliptablette wat Moshè by Horeb in haar neergelê het, toe JaHWeH ’n Verbond met
die kinders van JisraEl gesluit het by hulle uittog uit die Aarde van Egipte.
10 En toe die priesters uit die Apartheid uitgaan,
het die Wolkkolom die Huis van JaHWeH gevul.
11 En die priesters kon vanweë die Wolkkolom nie
staan om diens te doen nie, want die Glansrykheid van JaHWeH het die Huis van
JaHWeH gevul.
12 TOE het Salomo gesê: JaHWeH het gesê dat Hy in
donkerheid wil woon.
13 Verseker het ek vir U ’n woonhuis gebou, ’n
vaste plek vir U om ewig in te woon.
14 Daarop draai die koning sy aangesig om en seën
die hele vergadering van JisraEl, terwyl die hele vergadering van JisraEl
staan.
15 En hy sê: Geloofd sy JaHWeH, die Elohey van
JisraEl, Wie se Hand volbring het wat Sy Mond met my vader Dawid gespreek en
gesê het:
16 Van die dag af dat Ek My volk JisraEl uit
Egipte uitgelei het, het Ek geen stad verkies uit al die stamme van JisraEl om
’n huis te bou, dat My Naam daar sou wees nie; maar Ek het Dawid verkies om oor
My volk JisraEl te wees.
17 Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was
om ’n Huis te bou vir die Naam van JaHWeH, die Elohey van JisraEl,
18 het JaHWeH aan my vader Dawid gesê: Dat dit in
jou hart was om vir My Naam ’n Huis te bou - daarin het jy suiwer gehandel, dat
dit in jou hart was.
19 Net maar, jy sal die Huis nie bou nie, maar jou
seun wat uit jou lendene sal voortkom, dié sal vir My Naam die Huis bou.
20 En JaHWeH het Sy Woord vervul wat Hy gespreek
het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die
troon van JisraEl soos JaHWeH gespreek het; en ek het die Huis gebou vir die
Naam van JaHWeH, die Elohey van JisraEl,
21 en daar ’n plek ingerig vir die Ark, waarin die
Verbond van JaHWeH is, wat met ons vaders gesluit is toe Hy hulle uit die Aarde
van Egipte uitgelei het.
22 Toe het Salomo voor die aangesig van die altaar
van JaHWeH gaan staan, teenoor die hele vergadering van JisraEl, en sy
handpalms uitgestrek na die Hemele [2 Ezra 7:38]
23 en gesê: JaHWeH, Elohey van JisraEl, daar is bo
in die Hemele of onder op die Aarde geen Elohim soos U nie, wat die Verbond hou
en die Medelye het met U knegte wat voor U Aangesig wandel met hulle hele hart,
24 wat vir U kneg, my vader Dawid, U belofte aan
hom gehou het; ja, met U Mond het U dit gespreek en met U Hand volbring soos
dit vandag is.
25 Hou nou ook, JaHWeH, Elohey van JisraEl, die
belofte wat U aan U kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou
nooit ’n man voor My Aangesig ontbreek wat op die troon van JisraEl sal sit nie
as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor My Aangesig soos jy
voor My Aangesig gewandel het.
26 Laat dan nou, o Elohey van JisraEl, U Woord tog
waar gemaak word wat U gespreek het tot U kneg, my vader Dawid.
27 Maar sou Elohim werklik op die Aarde woon? Kyk,
die Hemele, ja, die hoogste Hemele kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie
Huis wat ek gebou het.
28 Wend U dan tot die gebed van U kneg en tot sy
smeking, JaHWeH my Elohey, deur te luister na die geroep en die gebed wat U
kneg vandag voor U Aangesig bid;
29 sodat U Oë daar mag wees, nag en dag oor
hierdie Huis, oor die plek waarvan U gesê het: My Naam sal daar wees! sodat U
mag luister na die gebed wat U kneg na hierdie plek toe sal bid.
30 Luister dan na die smeking van U kneg en van U
volk JisraEl wat hulle na hierdie plek toe sal bid; ja, mag U hoor [elke gebed]
na U woonplek, na die Hemele toe, en as U dit hoor, vergewe dan.
31 As iemand teen sy naaste oortree en hulle hom
’n eed oplê om hom tot selfvervloeking te bring en hy voor die aangesig van U
altaar in hierdie Huis kom sweer,
32 wil U dan hoor in die Hemele en handel en U
knegte Reg verskaf deur die besoedelde besoedeld te verklaar en sy wandel op sy
hoof te lê en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy
Geregtigheid.
33 As U volk JisraEl verslaan word voor die
aangesig van ’n vyand, omdat hulle teen U oortree het, en hulle hul tot U
bekeer en U Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie Huis,
34 wil U dan hoor in die Hemele en die oortredinge
van U volk JisraEl vergewe en hulle terugbring na die Adamah[adamiet se Aarde]
wat U aan hulle vaders gegee het.
35 As die Hemele toegesluit bly, dat daar geen
reën is nie, omdat hulle teen U oortree het, maar hulle na hierdie plek toe bid
en U Naam bely en van hulle oortredinge hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,
36 wil U dan hoor in die Hemele en die oortredinge
van U knegte en van U volk JisraEl vergewe - want U leer hulle die suiwer Weg
waar hulle in haar moet wandel - en gee reën op U Aarde wat U aan U volk as ’n
erfenis gegee het.
37 As daar hongersnood is in die Aarde, as daar
pes is, as daar brandkoring, heuningdou, sprinkane, kaalvreters is, as sy vyand
hom in die Aarde, in sy poorte dit benoud maak, watter plaag, watter siekte ook
al,
38 enige gebed, enige smeking wat ‘n adamiet van U
hele volk JisraEl sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy
handpalms na hierdie Huis toe uitstrek -
39 wil U dan hoor in die Hemele, U vaste woonplek,
en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken - want
U alleen ken die hart van al die seuns van die Adamiete -
40 sodat hulle U kan vrees al die dae wat hulle
leef op die aangesig van die Adamah[adamiet se Aarde] wat U aan ons vaders
gegee het.
41 Ja, ook na die uitlander wat nie van U volk
JisraEl is nie, en uit ’n ver deel van die Aarde ter wille van U Naam kom -
42 want hulle sal hoor van U grote Naam, U Sterke
Hand en U Uitgestrekte Arm - as hy kom en bid na hierdie Huis toe,
43 wil U dan hoor uit die Hemele, U vaste woonplek,
en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al dié volke
van die Aarde U Naam mag ken, om U te vrees soos U volk JisraEl, en mag gewaar
word dat U Naam uitgeroep is oor hierdie Huis wat ek gebou het.
44 As U volk uittrek in die oorlog teen sy vyand
op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot JaHWeH in die rigting van die
Stad wat U in haar verkies het, en van die Huis wat ek vir U Naam gebou het,
45 wil dan in die Hemele hulle gebed en hulle
smeking hoor en [aan hulle] hul Reg verskaf.
46 As hulle teen U oortree - want daar is geen
adamiet wat nie oortree nie - en U op hulle toornig is en hulle aan ’n vyand
oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer voor die aangesig van
die Aarde, van die vyand, ver of naby,
47 en hulle dit ter harte neem in die Aarde
waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in
die Aarde van die wat hulle weggevoer het, en sê: Ons het oortree en verkeerd
gehandel, ons het besoedel opgetree -
48 en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en
met hul hele siel, in die Aarde van hul vyande wat hulle weggevoer het, en
hulle bid tot U in die rigting van hulle Aarde wat U aan hulle vaders gegee
het, van die Stad wat U verkies het, en die Huis wat ek vir U Naam gebou het,
49 wil dan in die Hemele, U vaste Woonplek, hulle
gebed en hulle smeking hoor en [aan hulle] hul Reg verskaf,
50 en vergeef U volk wat hulle teen U oortree het,
ja, al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het; en laat hulle
barmhartigheid vind voor die aangesig van hulle wat weggevoer het, dat dié
hulle barmhartig kan wees.
51 Want hulle is U volk en U Erfdeel wat U uit
Egipte uitgelei het uit die yster-smeltoond.
52 Mag U Oë dan daar wees vir die smeking van U
kneg en vir die smeking van U volk JisraEl, om na hulle te luister so dikwels
as hulle U aanroep.
53 Want U het hulle vir U as Erfdeel afgeskei uit
al die volke van die Aarde, soos U deur die hand van U kneg Moshè gespreek het
toe U, my Meester JaHWeH, ons vaders uit Egipte uitgelei het.
54 Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed
en smeking tot JaHWeH te bid, het hy voor die altaar van JaHWeH opgestaan uit
sy knielende houding, met sy handpalms na die Hemele uitgestrek;
55 en hy het gaan staan en die hele vergadering
van JisraEl hardop geseën en gesê:
56 Geloofwaardig is JaHWeH wat aan Sy volk JisraEl
rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly
van al die suiwer woorde wat Hy deur die hand van Sy kneg Moshè gespreek het
nie.
57 Mag JaHWeH onse Elohey met ons wees soos Hy met
ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie -
58 deur ons hart tot Hom te neig om in al Sy Weë
te wandel en om Sy Gebooie en Sy Insettinge en Sy Regsprake wat Hy ons vaders
beveel het, te onderhou.
59 En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor
die Aangesig van JaHWeH gesmeek het, dag en nag naby JaHWeH onse Elohey wees,
sodat Hy Reg kan verskaf aan Sy kneg en aan Reg aan Sy volk JisraEl na die dag
tot dag se woorde [aan hulle];
60 sodat al dié volke van die Aarde kan weet dat
Hy, JaHWeH die Elohim [is], niemand meer nie.
61 Laat julle hart dan volkome met JaHWeH onse
Elohey wees om te wandel in Sy Insettinge en Sy Gebooie te onderhou, soos
vandag.
62 En die koning, en die hele JisraEl saam met
hom, was besig om slagdiere voor die Aangesig van JaHWeH te slag.
63 En Salomo het slagdiere van vergoeding geslag
wat hy aan JaHWeH gebring het, twee-en-twintigduisend beeste en
honderd-en-twintigduisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die Huis van
JaHWeH ingewy, die koning en al die kinders van JisraEl.
64 Op dié dag het die koning die middel van die
voorhof skoon gemaak wat voor die Huis van JaHWeH was; want daar het hy die
brandoffer en die spysbydrae en die vet van die vergoedinge berei, omdat die
altaar van koper voor die Aangesig van JaHWeH te klein was om die brandoffer en
die spysbydrae en die vet van die vergoedinge te bevat.
65 So het Salomo dan in dié tyd die Fees gehou en
die hele JisraEl saam met hom, ’n groot vergadering van die ingang na Hamat af
tot by die spruit van Egipte, voor die Aangesig van JaHWeH onse Elohey, sewe
dae en sewe dae, veertien dae lank.
66 Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en
hulle het die koning geseën en na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al
die suiwerheid wat JaHWeH aan Sy kneg Dawid en Sy volk JisraEl bewerk het.
9 NET toe Salomo gereed was met die bou van die
Huis van JaHWeH en die Huis van die koning en elke begeerte wat Salomo wou
uitvoer,
2 verskyn JaHWeH vir die tweede maal aan Salomo
soos Hy aan hom verskyn het in Gíbeon;
3 en JaHWeH sê vir hom: Ek het jou gebed en jou
smeking gehoor wat jy voor My Aangesig uitgespreek het. Hierdie Huis wat jy gebou het, sonder Ek af
deur My Naam daar te vestig tot in ewigheid; en My Oë en My Hart sal daar altyd
wees.
4 En wat jou betref, as jy wandel voor My Aangesig
soos jou vader Dawid gewandel het, met ’n volkome hart en in opregtheid deur te
doen net soos Ek jou beveel het, [en] My Insettinge en Regsprake onderhou,
5 dan sal Ek die troon van jou koningskap oor
JisraEl vir ewig bevestig, soos Ek jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar
sal vir jou nooit ’n man ontbreek op die troon van JisraEl nie.
6 As julle en julle kinders ooit van My afvallig
word en My Gebooie, My Insettinge wat Ek julle voorgehou het, nie onderhou nie,
maar gode van andere gaan dien en voor hulle neerbuig,
7 dan sal Ek JisraEl vanaf die aangesig van die
Adamah[adamiet se Aarde] uitroei wat Ek hulle gegee het, en die Huis wat Ek vir
My Naam afgesonder het, sal Ek van My Aangesig wegwerp, sodat JisraEl ’n
spreekwoord en ’n spotlied sal word onder al die volke.
8 En hierdie Huis [wat] so hoog is - elkeen wat
daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra: Waarom het
JaHWeH so gedoen met hierdie Aarde en met hierdie Huis?
9 Dan sal hulle sê: Omdat hulle JaHWeH, hulle
Elohey verlaat het wat hulle vaders uit die Aarde van Egipte uitgelei het, en
sterk geword het in die gode van andere en voor hulle neergebuig en hulle
gedien het - daarom het JaHWeH al hierdie rampe oor hulle gebring.
10 EN aan die einde van twintig jaar waarin Salomo
die twee huise, die Huis van JaHWeH en die huis van die koning, gebou het -
11 het Hiram, die koning van Tirus, Salomo gehelp
met sederhout en sipreshout en goud soveel as hy wou hê - gee koning Salomo aan
Hiram twintig stede in die Aarde van Galiléa.
12 En Hiram het uit Tirus uitgetrek om die stede
te bekyk wat Salomo hom gegee het, maar hulle was nie reg in sy oë nie.
13 Daarop sê hy: Wat vir stede is dit wat jy my
gegee het, my broer? En hulle noem haar die Aarde van Kabul, tot vandag toe.
14 En Hiram het aan die koning honderd-en-twintig
talente goud gestuur.
15 En dit was die saak van die dwangarbeiders wat
koning Salomo laat opkom het om die Huis van JaHWeH en sy huis en Millo en die
muur van Jerusalem en Hasor en Megíddo en Geser te bou.
16 (Farao, die koning van Egipte, het opgetrek en
het Geser ingeneem en dit met vuur verbrand en die Kanaäniete wat in die stad
gewoon het, gedood en dit as ’n trougeskenk aan sy dogter, die vrou van Salomo,
gegee.)
17 So het Salomo dan Geser opgebou en
Bet-Horon-Onder
18 en Báälat en Tamar in die wildernis, in die
Aarde,
19 en al die voorraadstede wat Salomo gehad het,
en die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en wat Salomo
graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele Aarde van sy
heerskappy.
20 Al die mense wat oorgebly het van die Amoriete,
Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, wat nie uit die kinders van JisraEl
was nie -
21 hulle kinders wat ná hulle in die Aarde
oorgebly het, wat die kinders van JisraEl nie met die banvloek kon tref nie,
dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.
22 Maar van die kinders van JisraEl het Salomo
niemand ’n slaaf gemaak nie, maar hulle was krygsmanne en sy dienaars en sy
owerstes en sy adjudante en owerstes oor sy strydwaens en sy perderuiters.
23 Dit was d